nuusbrief nov des 2013

8
Dienssentrum vir Pretoria-Oos NPC 2012/215457/08 (Geregistreer in terme van Artikel 14 van die Maatskappywet, 2008) The Service Centre for Pretoria East Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102 SILWER STERRE BUSTOER NA WILDTUIN VROEëR VANJAAR Om 5.30vm was die bus van Pretoria gelaai, en was elke toeris – met of sonder kierie - opgewonde, vol verwagting, en gereed om, kamera om die nek, die tog na Satara aan te pak. Aanvanklik was daar 'n stil lomerigheid waarneembaar, maar reeds voor Lydenburg het die “oohs” en “aahs” en geklik van talle kameras almal regop laat sit (of staan – vir die korteriges) oor die kronkelende Santa-pas, en later ook tussen die asemrowende kransformasies wat vir kilometers aaneen oor die Abel Erasmus-pas strek. In die wildtuin was dit duidelik dat dit oral goed gereën het. Die gras was groen en die welige bruin-rooi saad het ons soos golwe in die briesie begroet. Water en voeding was volop en by verskeie kampe het enkele Impala-lelies al rooi geblom. Ook vir die toerlede was kos en drank oorvloedig en was daar nooit enige tekorte nie. Elke ete het so tussen die gesingery en staaltjies-vertellery vir verrassings gesorg. Almal het geskater toe Manie vertel van die slang wat met sy tande aan 'n voertuig se band vasgesit het en opgeswel het terwyl die band pap geword het, net om weer sy ou vorm in te neem toe die lug uit hom getrap was terug die band in. Met verwondering, en darem ook vertwyfeling, was vertel hoe behendig 'n miskruier met 'n leë blikkie kan wees! Ter wille van sedelikheid en om verleenthede te vermy sal die bewerings van verlore onder-kleertjies (nogal met die naamplaatjie op) liefs verswyg word! Die skops-uil het by almal wat dit, ten spyte van die mees doeltreffende kamoeflering kon sien, groot waardering vir die kragte van die natuur ontlok. Elke ete was op sy eie 'n besondere belewenis om die kampvuur. Almal was dit eens dat die wors wat so behendig en smaakvol deur dominee se eggenote (voorwaar 'n wors kenner van formaat!) gemaak was, asook die “bababad”-vol roereiers, wat oor die kole gebak was, onvergeetlike hoogtepunte was. Om vir meer as vyftig eiesoortige smake die perfekte biefstukke te braai sit ook nie in elke kok se broek nie. ………………►►►► NOVEMBER DESEMBER 2013 LIDMAATSKAP REGISTRASIE EN DIENSTE MEMBERSHIP REGISTRATION AND SERVICES Maandae/Mondays 10:00 – 12:00 Valleisig NG Woensdae/ Wednesdays 10:00 – 11:00 Garsfontein NG Donderdae/ Thursdays 10:00 – 11:00 Oosterlig NG

Upload: zander-van-der-westhuizen

Post on 07-Mar-2016

238 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief nov des 2013

Dienssentrum vir Pretoria-Oos NPC 2012/215457/08

(Geregistreer in terme van Artikel 14 van die Maatskappywet, 2008)

The Service Centre for Pretoria East

Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102

SILWER STERRE BUSTOER NA WILDTUIN VROEëR VANJAAR

Om 5.30vm was die bus van Pretoria gelaai, en was elke toeris – met of sonder kierie -

opgewonde, vol verwagting, en gereed om, kamera om die nek, die tog na Satara aan te pak.

Aanvanklik was daar 'n stil lomerigheid waarneembaar, maar reeds voor Lydenburg het die

“oohs” en “aahs” en geklik van talle kameras almal regop laat sit (of staan – vir die

korteriges) oor die kronkelende Santa-pas, en later ook tussen die asemrowende

kransformasies wat vir kilometers aaneen oor die Abel Erasmus-pas strek.

In die wildtuin was dit duidelik dat dit oral goed gereën het. Die gras was groen en die

welige bruin-rooi saad het ons soos golwe in die briesie begroet. Water en voeding was

volop en by verskeie kampe het enkele Impala-lelies al rooi geblom. Ook vir die toerlede

was kos en drank oorvloedig en was daar nooit enige tekorte nie. Elke ete het so tussen die

gesingery en staaltjies-vertellery vir verrassings gesorg. Almal het geskater toe Manie vertel

van die slang wat met sy tande aan 'n voertuig se band vasgesit het en opgeswel het terwyl

die band pap geword het, net om weer sy ou vorm in te neem toe die lug uit hom getrap was

terug die band in. Met verwondering, en darem ook vertwyfeling, was vertel hoe behendig 'n

miskruier met 'n leë blikkie kan wees! Ter wille van sedelikheid en om verleenthede te

vermy sal die bewerings van verlore onder-kleertjies (nogal met die naamplaatjie op) liefs

verswyg word!

Die skops-uil het by almal wat dit, ten spyte van die mees doeltreffende kamoeflering kon

sien, groot waardering vir die kragte van die natuur ontlok.

Elke ete was op sy eie 'n besondere belewenis om die kampvuur. Almal was dit eens dat die

wors wat so behendig en smaakvol deur dominee se eggenote (voorwaar 'n wors kenner van

formaat!) gemaak was, asook die “bababad”-vol roereiers, wat oor die kole gebak was,

onvergeetlike hoogtepunte was. Om vir meer as vyftig eiesoortige smake die perfekte

biefstukke te braai sit ook nie in elke kok se broek nie. ………………►►►►

NOVEMBER — DESEMBER 2013

LIDMAATSKAP REGISTRASIE EN DIENSTE MEMBERSHIP REGISTRATION AND SERVICES

Maandae/Mondays

10:00 – 12:00 Valleisig NG

Woensdae/ Wednesdays

10:00 – 11:00 Garsfontein NG

Donderdae/ Thursdays

10:00 – 11:00 Oosterlig NG

Page 2: Nuusbrief nov des 2013

◄◄◄◄………………SILWER STERRE BUSTOER

Telkens wat daar om hulp of meer “hande” gevra was, was die reaksie oorweldigend en

veral die sowat agttal manne het nie geskroom om puik dienste te lewer nie. Die dames wat

vir die verskaffing en organisasie van die verskillende disse verantwoordelik was, het hul

take met onbaatsugtige uitnemendheid verrig! Net soos met die “liefdes drankie” wat elk

geniet het, was al hul take ook deur liefde en toewyding gekenmerk. Hoe kan ons hulle ooit

genoeg bedank?

Met die uitsondering van die ontwykende luiperds, wildehonde, jagluiperds en nagdiere, was

ons bevoorreg om baie diere in hul natuurlike habitat te sien en was die leeus, grootste trop

buffels (“soos rosyne gestrooi oor die heuwels” anderkant die Ngotsodam) en bedreigde

bromvoëls, gompoue, saalbek-ooievare en witrenosters – met horings en al – net enkele

hoogtepunte. Dit was ook verrassend om soveel “peuters” in die families van kameelperde,

rooibokkies, blouwildebeeste, olifante en sebras gade te slaan. Ja, aardverwarming ten spyt,

God voorsien in oorvloed! Menings het verskil oor welke uitkykpunt, Olifants of Nwanedzi,

die mooiste was. Ten spyte van die Jupiter-maan, Io, wat wegkruipertjie gespeel het, het 'n

paar mense een aand tyd gemaak om die ander drie groot mane van Jupiter “van nader” te

bekyk. Die onbesoedelde lug en stikdonkerte het dit moontlik gemaak om selfs Calisto(twee

miljoen km vanaf Jupiter) duidelik te sien.

'n Noemenswaardige voorval het een aand plaasgevind terwyl almal jolig om die vure gesit

het. 'n Onbekende man het die groep genader en gevra om met die toerleier te praat. Ons

het ons gestaal teen 'n moontlike aanklag van oproerigheid of rusverstoring, maar was

aangenaam verras toe die man ons prys vir die wonderlike atmosfeer en spontane vrolikheid

wat hy as merkwaardig en pragtig beskryf het. Hy het sy besonderhede aan Manie verskaf

en het versoek om die volgende toer mee te maak! Die enigste noemenswaardige klagte

waarvan wel kennis geneem was, is dat die toer gans en al te kort was en dat die tyd te

vinnig verbygeflits het.

Die enigste diefstalle was dié van die vier-potige ratel en die besige apies, terwyl die twee-

potige ratel en “Roepman” se kattekwaad goedhartig vergewe was – nadat die tafels voor

die deure verwyder en weer regop geplaas was!

Almal sal saamstem dat die kort toer 'n onvergeetlike belewenis was. Al die sterre van die

Silwer Sterre het gevonkel..............wat 'n aangename groep mense! Namens die enkele lede

van El-Pida en elders, nogmaals baie, baie dankie! Verseker sal ons weer van ons laat hoor

en sal die bande wat gesmee is verder met goeie vrug gevoed word! SY NAAM TER ERE!

Soos Groente en Vrugte is ons in die Allerhoogste se tuin:

“Pampoen, moenie Komkommer nie en sing 'n Litchi vir ons HEER!

Jy is Sy Uie kind, Sy oog-Appel!

Laat jou Kersie vir Hom brand, want so by my Kool,

Ons Heer sal jou op-Raap en jou bewaar, al is jou naam Pieter of Sielie!

Hy sal nooit Rissie, in Sy arms het Hy jou Beet,

Met Sy liefde be-Aarbei Hy jou!

Is jy soms harde Koejawel, sal Hy jou nie uit Sy hart Skorsie,

Daar is jy vir altyd inge-Wortel !” - (Onbekend)

Seënwense,

Nico en Lolly Vorster (El-Pidá)

Page 3: Nuusbrief nov des 2013

D A G B O E K - D I A R Y ! ! !

Please confirm all your bookings with: Doen ASB alle besprekings by:

Judy 083 325 2102

19 Okt - Saterdag 06h00 tot 9h00 BOEREMARK KUIER by die Pioniers Museum. Vervoerkoste R40 per persoon. Toegang gratis. Heerlike vars produkte.Geniet vetkoek en kondensmelk-koffie in ‘n blikbeker langs die vuur! Bespreek dadelik !

19 Oct - Saturday 06h00—9h00 Early morning visit to the “BOEREMARK” at Pioneer Museum. Bus departs from

Valleisig NG Church at 6h00am. Enjoy breakfast of real coffee and “vetkoek”. Shop for fresh farm butter, eggs, meat, flowers, veges, and plenty more! R40 per person. Book now!

5 Nov - Dinsdag 09h00 PRETORIA DIERETUIN uitstappie. Geniet ‘n

heerlike oggend in die natuur. Toegang gratis. Bus vertrek om 09h00 vanaf Valleisig. R30 p.p.

12 Nov - Tuesday MOVIE MORNING: “Mamma Mia !“. Join us at

9h30 at Valleisig Church in the outer hall for free popcorn and juice. R10 p.p.

3 Des - Dinsdag 11h30 vir 12h00 JAAREINDFUNKSIE - Spitbraai by Orkneysingel 794, Faerie Glen. Kom geniet ‘n vrolike oggend saam met ons! R130 per persoon.

3 Dec - Tuesday 11h30 for 12h00 YEAR END FUNCTION - Spitbraai at 794 Orkney Crescent, Faerie Glen. Come and share in a joyful morning! R130 per person

El-Pidá HAARSALON SHEILA 0722 193 627

PRYSE

DAMES: KLEUR:

Sny . . . . . . . . . . . . . R80-00 Kleur / Sny / Blaas . . . . . R300-00

Blaas . . . . . . . . . . . R85-00

Perm / Sny / Set . . . . . . R350-00 MANS SNY : . . . . . . . R 50-00

Page 4: Nuusbrief nov des 2013

Persoonlike dienste is net op afspraak beskikbaar. Personal services are done strictly by appointment.

Voetsorg by Valleisig dienspunt op Maandae

Bespreek by SUSAN 082 293 4616

DRINGEND

BENODIG

Iemand word dringend

benodig om te help met

voetsorg op ‘n Woensdag

van 10—11h00 by

Garsfontein se dienspunt. KONTAK ASB vir Judy

083 325 2102

Volledig toegeruste haarsalon by Valleisig - afsprake enige dag, net soos

dit u pas!!

Haarkapster SHEILA - 0722 193 627

LENTETEE

4 X 4 UITSTAPPIE NA RIETVLEI WILDRESERVAAT

REKENAAR HULP EN ONDERSTEUNING

Page 5: Nuusbrief nov des 2013

NEW ATM SCANNING DEVICES

It has recently come to light that criminals are becoming more cunning in their plans to trick unsuspecting ATM users out of their funds. A new device has been discovered, images and descriptions below, which have been found in Shopping Centres, petrol stations and convenience stores all over JHB. Please be aware of these and do not consider this to be something that you will not be a victim of, chances are, they may already have your details without you even knowing.

These devices are used to scan magstrip details directly from your ATM card. Sim-ultaneously, while your magstrip is being read, a camera located in the side of the “Skimmer” is viewing every key you push on the keypad. This means that not only do criminals have your card information but also your pin number, making it simple to transfer your details to any card with a magstrip (Edgars card, expired bank cards, Clicks card, etc) and draw funds from an ATM without your knowledge. Please make your friends and family aware of these devices, with an increase of awareness you may not become a victim.

ATM skimmers: How can you spot a skim-

ming device? Disguised to seamlessly look like part of an ATM, "skimmers" are devices in-stalled by thieves to surrepti-tiously swipe your credit and debit-card information. How can you tell whether an ATM may have a skimmer in-stalled? And what can you do at an ATM to protect your in-formation? If you look at one of these skimmers, they look like part of the machine. Before swiping your debit, cheque or credit card, wiggle the protruding slot in which you slide your card, thieves often in-stall skimmers on top of the ATM's actual slot and secure the skimmer with adhe-sive. Check the device and wiggle it to see if it's loose or if it falls off. Look for remnants or residue of double-sided tape. Anything that looks unusual, check it out.

When you type in your PIN on the machine, cover it up so no one can see it, be-cause some have cameras that is reading or viewing your PIN as you enter it.

Finally, if you're not sure, just don't use the machine!

………………►►►►

Page 6: Nuusbrief nov des 2013

GEKOOKTE ETES El-pidá COOKED MEALS

SPYSKAARTE / MENUS (na gelang van beskikbaarheid / depending on availability)

VALLEISIG Maandae 11h30 OOSTERLIG Thursdays 11h00

14 Oct Beef stroganoff, samp and vegetables 17 Okt Hoender roerbraai, pasta en slaai

21 Okt Bobotie,geelrys en groente 24 Oct Oxtail with pearl wheat and vegetables

28 Oct Ovenbaked chicken, rice, vegetables 31 Okt Frikadelle,kapokaartappels en groente

4 Nov Lamsbredie, met rys en groente 7 Nov Moussaka, brown rice and vegetables

11 Nov Varkfillet,aartappelgebak en groente 14 Nov Cottage pie,basmati rice and vegetables

18 Nov Coldmeats and salads 21 Nov Pikante hoender, pasta en groente

◄◄◄◄………………

However despite their detailed design, the devices rely on double-sided adhesive and can come loose. ATM users are advised to check any machine before they use it. If the keypad is raised above the surface of the desk at the ATM, it may be that thieves have installed a keypad over the existing one. Users are also advised to use only newer ATMs with a green plastic tab protruding from machine next to the slot. The tab makes it much more difficult for a skimmer to be in-stalled.

ATM card skimming device attached to ATM machine.

NUWE PRYS / NEW PRICE Lede / Members R35, Nie lede / Non members R40,

per bord / per plate.

Plaas asb bestellings 4 werks voor dit tyd. Please order 4 work-

ing days in advance. Kontak / Contact Judy 083 325 2102

Page 7: Nuusbrief nov des 2013

HOE LYK JOU MOTOR SE BANDE?

As die slytasie aanwysers gelyk is met die loopvlak, moet die bande vervang word.

Instandhouding van jou bande Die instandhouding van jou bande behels drie dinge: die handhawing van korrekte lugdruk, die gereelde wisseling van die bande en behoorlike balansering en sporing.Korrekte banddruk is belangrik. As ’n band te veel lug het, sal die band in die middel vinniger afloop. Aan die ander kant,

as die banddruk te laag is, sal die band aan die kante gouer afloop en sal brandstofverbruik hoër wees.

Bande kan elke maand 5 kilopascal of meer druk verloor weens lug wat deur die rubber ontsnap. Volgens die Rubbervervaardigersvereniging “kan ’n band tot die helfte van sy lugdruk verloor en nie pap lyk nie”! Gaan altyd die bande elke maand na wanneer jy die enjinolie vervang en slegs wanneer die bande koud is, met ander woorde, nadat die motor ten minste drie uur stilgestaan het of minder as 1,5 kilometer gery het. Banddrukspesifikasies verskyn gewoonlik in die eienaarshandboek, of op ’n etiket naby die bestuurder se deurpilaar of in die paneelkassie.

Bande sal langer hou en egaliger afloop as jy hulle gereeld wissel. Dit is goed om bande elke 10 000 tot 13 000 kilometer te wissel. Raadpleeg weer eens die eienaarshandboek vir die voorgestelde wisselpatroon.

Laastens moet jy jou wielsporing jaarliks laat nagaan of enige tyd wanneer jy ’n ongewone vibrasie of ander probleem in jou motor se stuurstelsel waarneem. Hoewel die veringstelsel van jou motor ontwerp is om die bande onder verskillende vragte in die korrekte sporing te hou, maak normale slytasie dit nodig om die bande van tyd tot tyd na te gaan en te laat herspoor. ’n Motorwerktuigkundige wat gekwalifiseer is om aan veringstelsels te werk en wielsporing te doen, behoort jou motor se wiele in die korrekte sporing te kan hou, wat jou bande se lewensduur sal verleng en ’n aangename rit sal verseker.

Kontrolelys vir die instandhouding van bande Visuele ondersoek: ❑ Is daar bulte in die sywand?

❑ Kan drade in die loopvlak gesien word?

❑Is die groefdiepte binne die veilige grense, of kan ’n mens die

loopvlakdiepteaanwysers sien? Let ook op:

❑ Kom die banddruk ooreen waarmee die motorvervaardiger voorskryf?

❑ Is dit tyd om die bande te wissel? (Gebruik die motorvervaardiger se aanbevole

kilometerinterval en wisselpatroon.) Erkenning: The Goodyear Tire & Rubber Company

Slytasieaanwysers

Page 8: Nuusbrief nov des 2013

TICKS AND FLEAS It's summer! Time for camping, hiking and getting outside to play. Don't let those pesky annoying ticks stop you. Here's how with a simple homemade solution! Repellent for your pets: For pets, add 1 cup of water to a spray bottle, followed by 2 cups of

distilled white vinegar. Ticks hate the smell and taste of vinegar, and will be easily be repelled by this ingredient alone. Then, add two spoonfuls of vegeta-ble or almond oil, which both contain sulphur (another natural tick repellent). To make a repellent that will also deter fleas, mix in a few spoonfuls of lemon juice, citrus oil, or peppermint oil, any of which will repel ticks and fleas while also creating a nicely scented repellent. Spray onto the pet's dry coat, staying away from sensitive areas including eyes, nose, mouth, and genitals. When outdoors for an extended period, spray this solution on two to three times per day.

Gebruik ‘n kam om die spyker vas te hou

wanneer jy dit in die muur wil in slaan.