nuusbrief november 2017 -...

12
NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 Beste Ouers Met dank aan ons Hemelse Vader kan ons terugkyk aan die einde van 2017 na ‘n jaar vol hoogtepunte. Ons was op verskeie terreine geseën en het vele mooi prestasies behaal. Ons doen graag verslag oor die afgelope kwartaal se gebeure. AKADEMIE Baie geluk aan al die leerders wat geslaag het en volgende jaar in ‘n nuwe graad sal wees. Vir die leerders wat nie geslaag het nie, wens ons sterkte toe. Moenie tou opgooi nie. Die slaagsyfers in: Graad 11 = 97% Graad 10 = 98% Graad 9 = 99% Graad 8 = 92% Hou so aan en laat hierdie sukses jul motiveer tot steeds hoër hoogtes. Mag dit jul dryfveer word vir nog beter resultate. U kan die koerante dophou vir ons matriekuitslae wat op Saterdag, 6 Januarie 2018, in die koerant sal verskyn. Matriekleerders kan hul uitslagadvies op Vrydag, 5 Januarie 2018, om 12:00 by die skool kom afhaal. Geen Gr. 12uitslae is voor 12:00 beskikbaar nie! Vakveranderings vir 2018 moet voor die volgende datums afhandel word. Na die datums is GEEN vakveranderings vir 2018 moontlik nie: Gr.12 vakveranderings: GEEN VAKVERANDERINGS WORD TOEGELAAT NIE! Gr.11 vakveranderings sluit op 31 Maart 2018 Gr.10 vakveranderings sluit op 30 Junie 2018 Op die graad 10- en 11-rapporte verskyn daar twee punte. Kwartaal 4 se punt asook ‘n finale punt. Die kwartaal 4-punt word gebruik om die skool se top 10- leerders in die graad te bepaal. Die finale punte word gebruik vir bevorderingsdoeleindes! GRAAD 11 GRAAD 10 1 Alet-Mari Snyman 1 Yvette Boshoff 2 Jillian John 2 Emily Gugel 3 Jeanne-Mari du Toit Lianne Steyn 4 Mariana van Deventer 4 Maret Swart 5 Marlé Marx 5 Amy Hugo 6 Marleen Harmse 6 Mia Groenewald 7 Louis van Eeden 7 Maria Gugel 8 Inamari Neethling 8 Andrea Auret 9 Chrisna Odendaal 9 Karla Koekemoer 10 JB Steyn 10 Jade du Plessis 11 Cornel Brink 11 Jaydin Agus 12 Robin Bruce 12 Franco Munnik

Upload: others

Post on 31-Oct-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

NUUSBRIEF NOVEMBER 2017

Beste Ouers

Met dank aan ons Hemelse Vader kan ons terugkyk aan die einde van 2017 na ‘n jaar vol

hoogtepunte. Ons was op verskeie terreine geseën en het vele mooi prestasies behaal.

Ons doen graag verslag oor die afgelope kwartaal se gebeure.

AKADEMIE Baie geluk aan al die leerders wat geslaag het en volgende jaar in ‘n nuwe graad sal wees. Vir die

leerders wat nie geslaag het nie, wens ons sterkte toe. Moenie tou opgooi nie.

Die slaagsyfers in:

Graad 11 = 97%

Graad 10 = 98%

Graad 9 = 99%

Graad 8 = 92%

Hou so aan en laat hierdie sukses jul motiveer tot steeds hoër hoogtes. Mag dit jul dryfveer word vir

nog beter resultate.

U kan die koerante dophou vir ons matriekuitslae wat op Saterdag, 6 Januarie 2018, in die

koerant sal verskyn. Matriekleerders kan hul uitslagadvies op Vrydag, 5 Januarie 2018, om

12:00 by die skool kom afhaal. Geen Gr. 12–uitslae is voor 12:00 beskikbaar nie!

Vakveranderings vir 2018 moet voor die volgende datums afhandel word. Na die datums is GEEN

vakveranderings vir 2018 moontlik nie:

Gr.12 vakveranderings: GEEN VAKVERANDERINGS WORD TOEGELAAT NIE!

Gr.11 vakveranderings sluit op 31 Maart 2018

Gr.10 vakveranderings sluit op 30 Junie 2018

Op die graad 10- en 11-rapporte verskyn daar twee punte. Kwartaal 4 se punt asook ‘n finale

punt. Die kwartaal 4-punt word gebruik om die skool se top 10- leerders in die graad te

bepaal. Die finale punte word gebruik vir bevorderingsdoeleindes!

GRAAD 11 GRAAD 10 1 Alet-Mari Snyman 1 Yvette Boshoff 2 Jillian John 2

Emily Gugel

3 Jeanne-Mari du Toit Lianne Steyn 4 Mariana van Deventer 4 Maret Swart 5 Marlé Marx 5 Amy Hugo 6 Marleen Harmse 6 Mia Groenewald 7 Louis van Eeden 7 Maria Gugel 8 Inamari Neethling 8 Andrea Auret 9 Chrisna Odendaal 9 Karla Koekemoer 10 JB Steyn 10 Jade du Plessis 11 Cornel Brink 11 Jaydin Agus 12 Robin Bruce 12 Franco Munnik

Page 2: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

GRAAD 9 GRAAD 8

1 Mari Koegelenberg 1 Anke van der Straeten

2 Hennie van Deventer 2 Nimya Venter

3 Cheranie van Niekerk 3 Anmari Bruwer

4 Michaela Badenhorst 4 Klara van Niekerk

5 Carlin-Lee Stewart 5 Eslé le Roux

6 Cobus du Toit 6 Marenelle van Zyl

7 Wilfred Sefoor 7 Mia von Wielligh

8 Kayla Baartman 8 Kira Groenewald

9 Chanelle van Antwerpen 9 Nicolette Jacobsz

10 Lizelle Arlow 10 Hanli Franken

11 Audrey Lee 11 Amy Coetzee

12 Anique Cronjé 12 Rianette Swart

SLAAGVEREISTES: GRAAD 8 EN 9 Huistaal 50% Vlak 4

Addisionele Taal 40% Vlak 3

Wiskunde 40% Vlak 3

Enige drie ander vakke 40% Vlak 3

2 van die oorblywende vakke 30% Vlak 2

SLAAGVEREISTES: GR.10 - 12 Huistaal 40% Vlak 3

2 ander vakke 40% Vlak 3

3 ander vakke 30% Vlak 2

LEWENSORIËNTERING EN WATERAKTIWITEITE Gedurende die eerste kwartaal is ons bevoorreg om die swembad te gebruik vir prakties. Daar sal

egter 'n paar praktiese reëlings moet wees. Ons vra dat die dogters asseblief met 'n eenstuk “navy”

of swart swembroek sal swem. Dit is die gewone gala-swembroek wat by Ackermans en

Woolworths se skoolklere-afdeling te koop is. Dit is ook belangrik dat hulle met 'n swempet sal

swem. Dit is ook beskikbaar by sportwinkels. Daar sal ook in Januarie swempette by die skool

beskikbaar wees, teen min of meer R35, vir die gewone Latex en min of meer R55, vir die duurder

silicon een. Die seuns mag in 'n “navy” of swart swembroek swem. Kinders moet ook hul eie

swemhanddoek bring. Ons wil graag die regte swemkultuur by ons leerders kweek, vir die

toekoms.

Ons wil graag hierdie jaar 'n swemgala aanbied voor die kleuresport. Hiervoor is bogenoemde in

elk geval nodig. Niemand moet inskryf wat nie kan swem nie. Dis op eie risiko en ons wil hê die

ouers moet hiervan kennis dra. Daar sal slegs een lengte vryslag geswem word en dan sal daar

ook aflos wees. Ons sal die opname van wie wil deelneem die eerste dag van die nuwe jaar doen.

Onthou in die LO-praktiese klasse is daar nie swemafrigting nie. Dis wateraktiwiteite waarvoor die

leerders ook geassesseer word.

S Weichelt

Page 3: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

KLEURE – ATLETIEK Ons poog om weer volgende jaar vir die blou en rooi spanne eenvormige T-hemde te laat dra. Die

koste sal R40 per hempie wees en kan in die eerste week by die skool bestel word. Daar sal

voorbeeldhempies wees wat aangepas kan word, sodat jy kan seker wees van jou grootte.

S. Weichelt

O/15-KRIEKET Die O/15-krieketspan het ’n kwartaal van gemengde sukses beleef. Die span het 4 wedstryde

gespeel waarvan ons 2 gewen en 2 verloor het. Hier volg meer informasie oor die wedstryde:

Weg teen Montana (Worcester): Wen met 68 lopies

Beste kolwer: Handré Buis (33 lopies)

Beste bouer: Jacques Carolus (3 paaltjies)

Tuis teen Robertson: Verloor met 3 paaltjies

Tuis teen Swellendam Sekondêr: Wen met 83 lopies

Beste kolwer: Wilfred Sefoor (42 lopies)

Beste boulers: Drie boulers neem drie paaltjies: Franklin Stuart, Wilfred

Sefoor, Handré Buis

Weg teen Montagu: Verloor met 60 lopies

Baie dankie aan Simon van der Merwe vir sy gewaardeerde insette as afrigter van die span. Ons

kan nie genoeg dankie sê nie!

J. Kristen

NETBAL Hoërskool Swellendam gaan die wonderlike geleentheid benut om gedurende die Maart-vakansie

(29 Maart tot 2 April 2018) die HTS Prestige netbaltoernooi in Worcester by te woon. Drie spanne

(O/18, O/16 en O/14) gaan die toernooi bywoon. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid waar spelers

nie net afrigting kry nie, maar ook geleentheid kry om taai wedstryde te speel. Dit is die perfekte

begin vir ‘n heerlike netbalseisoen! Spelers maak asseblief seker jy het jou inskrywingsvorms in jou

rapport koevert gekry!

C le Roux

INTERACT-KLUB Die Interact-klub het omtrent 'n besige kwartaal agter die rug. Hulle het afgeskop met 'n "Family

Health Day"- projek, waar hulle Rotary bygestaan het in die verskaffing van gratis mediese dienste

aan minder bevoorregtes. Hulle het veral hier met die kleiner kinders toe doen gekry waar hulle die

belangrikheid van hande was beklemtoon het, asook gesond eet. Daarna het hulle 'n heerlike ontbyt

saam met Rotary geniet waartydens hulle 'n splinternuwe skootrekenaar ontvang het vir die klub.

Hulle het ook 'n "town clean up"-projek beplan wat as gevolg van reën uitgestel is na vroeg

volgende jaar. Die projek wat egter die meeste sukses behaal het, was die “Santa Shoebox”-

projek. Interact-lede het van hulle kant af 12 bokse oorgetrek en die skool se hulp gevra om hulle

Page 4: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

vol te maak! Hulle het ook self 'n paar bokse geskenk. Al die bokse het bygedra tot die dorp se

bestaande Santa Shoebox-projek.

Van die Interact se kant af wil ons net baie dankie sê vir Rotary se volgehoue ondersteuning en

bydrae tot ons klub. Ons sien uit na die jaar wat voorlê en daar is 'n paar groot projekte wat ons nog

gaan aanpak!

J. Kirsten

GRAADSENIORSTELSEL Alle aansoeke vir 2018-Graadseniorstatus is reeds ontvang en sal vroeg in 2018 bekend gemaak

word. Daar was 99 aansoeke ingedien, wat neerkom op ’n deelnamekoers van 34% van leerders.

Daar sal net na bekendmaking van die 2018-Graadseniors ’n komitee verkies word wat die

voorregte gekoppel aan elke status sal heroorweeg en moontlik uitbrei indien nodig. Baie dankie

aan al die aansoekers vir jul moeite met die voltooiing van jul aansoeke.

J. Kirsten

ATLETIEK Atlete het die afgelope kwartaal ‘n goeie voorseisoen-basis gebou deur hul voorbereidings vir die

Hoërskool Punt Top 10-byeenkoms wat plaasgevind het op 30 September 2017. 15 atlete het hier

deelgeneem aan verskeie baan- en velditems en ons kon 11 medaljes huis toe bring. Op 21

Oktober 2017 het 11 atlete aan Bredasdorp se Top 10-byeenkoms deelgeneem en ook baie goed

presteer.

Alle atlete het oefenprogramme ontvang en word aangemoedig om hul fiksheid te behou. Op 20

Januarie 2018 is daar vir hekkie-atlete ‘n geleentheid om ‘n kliniek op Bredasdorp by te woon en

belangstellendes moet so gou moontlik vir mev. Van der Merwe in kennis stel.

C van der Merwe

TOUTREK MC Willemse en Pine Pienaar het reeds hierdie kwartaal begin oefen met die seuns en dogters. Die

ouers is ook reeds besig met 'n fondsinsamelingspoging in die vorm van hamburgers wat op 1

Desember 2018 by die skool se sportgrond, regoor die Laerskool, verkoop is. Die groep kort baie

fondse, aangesien SA's gedurende Maart 2018 in Kimberley gehou sal word. Die wêreld-

kampioenskappe word gedurende September 2018 in Kaapstad gehou.

C. Theron

ROLBAL Ons getalle bly konstant op 10 leerders van HS Swellendam (en 2 van ander skole) wat Dinsdag-

middae kom oefen. Dit is merkbaar hoe die belangstelling en entoesiasme vir die sport toeneem.

Die jong spelers word nou ook gereeld gesien by tabs-in en ander kompetisies by die klubs.

Die naweek van 29 September tot 1 Oktober het 9 spelers (1 van Olyfkrans en 1 van LS

Swellendam ingesluit) Overberg-Streek verteenwoordig by die Envar Buys-Jeugtoernooi op

Beaufort-Wes. Daar is teen Eden en WP gespeel. Die span van Adré Steyn, Ben Meyer, Pieter

Marais en nog ‘n speler van Bredasdorp het brons verower in die O.15-Ope afdeling. Twee nuwe

spelers, Brandon Hains en Janu Luyt het naelskraap uitgemis op brons in ‘n ander afdeling.

Ons is ook baie trots op JB Steyn wat by die Prestasieaand aangewys is as Sportman van die Jaar

weens sy deelname aan rolbal en toutrek.

Page 5: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

In Oktober is eerste rondte Bolandproewe gehou en die volgende spelers is gekies vir die Boland-

oefengroep: JB Steyn, Ben Meyer, Adré Steyn, Pieter Marais, Brandon Hains en Xander

Germishuys (LS). Hierdie spelers gaan op 14 Januarie 2018 die volgende rondte Boland-proewe

bywoon.

Ons sluit die jaar af met ons klubprysuitdeling Dinsdag 5 Desember om 18:00 by Swellendam

Rolbalklub.

L. Brown

VRL- EN MATRIEKRAAD Die raad en hul leiers is reeds vroeg in die kwartaal bekendgemaak. Die graad 12's woon almal in

Desember 'n Jeugberaad te Goudini by. Baie geluk ook aan Jeanne-Mari du Toit wat gekies is om

die Burger se Jeugleierskonferensie in Kaapstad by te woon. 'n Prestasie waarop ons baie trots is.

C. Theron

OUERKOMITEE Die ouerkomitee het hierdie jaar baie hard gewerk en kon hul deel van die begroting met 'n ope

hand bydra. Baie dankie aan elke lid van hierdie komitee wat regtig baie baie hard gewerk

het. Dankie aan Riana en Gerrit Cronje wat ekstra ure ingesit het om van elke projek 'n groot

sukses te maak.

C. Theron

TONEEL EN KUNSTEFEES Die onderwysers is reeds hard aan die werk om vir hul grade 'n lekker toneelstuk te kry om

gedurende Mei 2018 op te voer. Dankie ook aan mnr. Cornelissen wat besig is met die

hoofproduksie.

C. Theron

BUITELUGFLIEK Die buitelugfliek was ‘n groot sukses met oud en jonk wat lekker onder die sterre saam gefliek het.

Dankie aan almal wat behulpsaam was in die snoepie en met opruim na die tyd. Ons sal kyk om dit

in die toekoms weer te doen.

E. Cornelissen

LEWENSWETENSKAPPE Dertig graad 10-Lewenswetenskappe-leerders het die voorreg gehad om die Mediese Morfologiese

Museum te besoek. Hul is op ‘n begeleide toer deur die Mediese Museum waar hul onder andere

die fases van swangerskap, misvorming tydens swangerskap en die effek van die gebruik van

alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook sien hoe lyk kankergewasse, die

effek van beroerte en hartsiektes, sowel as ‘n wye verskeidenheid ander interessante mediese

verskynsels.

Hul het ook ‘n lesing in die dissekteerlokaal op kadawers bygewoon waar hul al die organe en hul

funksies kon besigtig. Hier het ‘n nagraadse student ‘n baie interessante demonstrasie gehad en ek

is seker leerders het met ‘n baie goeie begrip van die menslike liggaam en sy werking daar

uitgestap. Die derde demonstrasie was oor die skelet. ‘n Uiters leersame lesing deur ‘n nagraadse

student met ‘n baie fyn humorsin wat sal verseker dat die fyn detail oor die skelet altyd onthou sal

word. Dit was vir my ‘n voorreg om hierdie leerders te neem. Hul was werklik ambassadeurs vir ons

Page 6: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

skool - nie net was hul gedrag onberispelik nie, hul het ons beeld uitgedra met hul goeie antwoorde

in die verskeie lesings en demonstrasies.

Ek glo dit was ‘n leersame ondervinding vir elke leerder betrokke en is oortuig dat leerders daaruit

stap met net groter waardering vir lewe en gesondheid. Baie dankie aan mev. Theresa Crafford

(para-medikus) dat u u dag opgeoffer het om saam te gaan en te help met die toesig van leerders.

C le Roux

MARKDAG Ons jaarlikse Markdag is weer vanjaar op Vrydag 13 Oktober gehou. Dit word bedryf deur die gr. 8

& 9 EBW- leerders, Gr.10-Besigheidstudiesleerders en ‘n Gr.10-komitee vanuit die

Besigheidstudies-klas. Hierdie markdag het nou al ‘n instelling geword, nie net by die skoolleerders

en onderwysers nie, maar ook in die gemeenskap. Ons kry reeds ondersteuning van die

omliggende skole, ouers, families en besoekers van buite. Elke jaar verras leerders met hul

vindingrykheid en interessante produkte!

Wenners vanjaar is:

Meeste wins - Halloween

Mooiste stalletjie - Bon Appetit

Kreatiefste stalletjie en produkte - Ineffeable

En vir die wat nie so baie wins gemaak het nie ... beter beplanning volgende keer!

In vandag se ekonomiese tye is dit belangrik om die entrepreneursvaardigheid, wat hierdie dag se

fokus is, aan te leer.

Baie dankie aan elke ouer vir jul ondersteuning!!

L. Brown

WISKUNDE Die X-Faktor en ander vraestelboeke kan in 2018 by die skool bestel word. Alle vraestelboeke word

by mev. Jooste bestel en betaal. ( NIE BY DIE FINANSIËLE SEKRETARESSE NIE.)

Die X-Faktor se pryse is as volg:

Gr 8, 9: R115

Gr 10: R120

Gr 11, 12: R130

SELFOONSLUITKASSIES

Ons doen ‘n dringende beroep op ouers en leerders om hul te vergewis van die skool se

selfoonbeleid vir 2018. Die beleid is hersien deur die SBL en is beskikbaar op die Communicator en

die skool se webblad.

Leerders mag voortaan geen selfoon gedurende skooltyd in hul besit hê nie. Selfone moet

toegesluit word gedurende skooltyd. Selfoonsluitkassies is deur die skool aangekoop en word aan

leerders verhuur. ‘n Selfoonsluitkassie word teen R60 per jaar verhuur. Vir meer besonderhede,

skakel gerus met mev. Anel Olivier by die finanskantoor.

SKOOLDAG VIR 2018

Die skool open en sluit deur die loop van die jaar as volg:

Maadae tot Vrydae van 07:30 – 14:00.

Detensie vind op Vrydae na skool plaas vanaf 14:15 tot 16:15.

Page 7: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

VOORKOMSINSPEKSIE Ouers moet asseblief toesien dat leerders op Woensdag 17 Januarie 2018 voldoen aan die

voorkomsinspeksiereëls, soos uiteengesit in die skool se gedragskode. In kort beteken dit:

Hare netjies; skoon; kort (seuns); korrek vasgebind (dogters).

Naels kort, skoon en sonder gekleurde naellak.

Korrekte oorbelle.

Netjies geskeer.

Korrekte skooldrag.

Formele baadjie en das is verpligtend by saalbyeenkomste op Maandagoggende.

JAARPROGRAM 2018

Ingesluit die volledige jaarprogram vir 2018. Ons doen ‘n dringende beroep op alle ouers om

vroegtydig u beplanning, rakende 2018 se skoolkwartale, te doen. Ons vra asseblief dat ouers nie

versoeke moet rig wat die skoolprogram ontwrig nie. Dit is veral problematies gedurende

toetsreekse en eksamens.

Lisensie- afsprake moet ook asseblief sover moontlik buite skooltye geskeduleer word.

Ons verwag van leerders om na die Maart-toetsreeks, Junie –eksamen asook September-

toetsreeks skool by te woon tot op die laaste dag wanneer die skool sluit!

HANDBOEKINSPEKSIE Leerders ontvang alle handboeke vir 2018 gratis vanaf die department. Daarom versoek ons dat

alle handboeke asseblief met dik plastiek/"contact" oorgetrek word, dat u kind se naam voorin

geskryf word en dat alle handboeke weer aan die einde van die jaar in `n goeie toestand ingehandig

word.

Daar is enkele werkboeke (IGO gr. 10 - 12, Rekeningkunde gr. 10 - 12 en EBW gr 8 - 9) wat bestel

moet word. Inligting hieroor is reeds aan die leerders deurgegee. Betaling van die boeke moet

asseblief so spoedig moontlik geskied by mev. Anel Olivier.

Die leerders het ook `n skryfbehoeftelys ontvang wat benodig word vir elke vak. PNA het ook `n lys

en kan vir u behulpsaam wees. Sien toe dat leerders asseblief toegerus is met die nodige

skryfbehoeftes wanneer die skole begin.

Indien u `n rekening van uitstaande boeke ontvang het, moet u dit asseblief so gou as moontlik

vereffen, aangesien leerders nie hul handboeke gaan ontvang vir 2018 voor die uitstaande bedrae

nie betaal is nie.

Alle skoolboeke ( handboeke, werkboeke, lêers, ens. ) moet teen Dinsdag 24 Januarie 2018

oorgetrek en reg wees vir inspeksie. Die inspeksie sal die hele week van 24 - 27 Januarie geskied.

Daar is genoeg tyd vir alle leerders en koshuisleerders om te voldoen aan die uiteengesette datum!

FINANSIES Aan al ons ouers wat so getrou hul skoolfonds betaal, wil ons ons dank en waardering uitspreek!

Ons doen ‘n ernstige beroep op ons ouers om asseblief hul skoolfonds getrou te betaal. Ons

kantore sal vir hierdie doeleindes oop wees tot 8 Desember 2017. Ongelukkig beteken dit dat na 8

Desember 2017 alle uitstaande skoolfonds aan die prokureurs oorhandig sal word vir invordering.

Page 8: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

SKOOLFONDS 2018 Skoolfondsbydraes vir 2018 beloop R11 550 per leerder, per jaar. Gr. 8 - 11-leerders betaal R1 050

per maand oor 11 maande. Gr.12-leerders betaal R1 155 per maand oor 10 maande.

Koshuisgelde vir 2018 beloop R13 280 per leerder, per jaar. R1 328 per maand betaalbaar oor 10

maande.

Ons herinner alle ouers daaraan dat skoolfonds jaarliks vooruitbetaalbaar is, en indien u versuim

om ‘n paaiement voor 7 Februarie 2018 te maak, u aanspreeklik gehou kan word vir die volle jaar

se skoolfonds, asook oorhandig kan word vir die volle bedrag. Ons gee egter aan ouers die opsie

om dit ook maandeliks (van Januarie tot November) of kwartaalliks te betaal, voor die 7de van elke

maand. U sal elke maand ‘n rekeningstaat ontvang, behalwe vir Januarie.

Vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolfondsbydraes is beskikbaar aan alle ouers wat

daarvoor kwalifiseer en die nodige aansoekprosedures gevolg het. Enige navrae in die verband

moet aan mev. Olivier (finansiële beampte) gerig word.

DONASIES: HOËRSKOOL SWELLENDAM Indien daar enige instansie of persone is wat ‘n donasie of skenking vir enige onderwysgerigte

projek aan Hoërskool Swellendam wil maak, kan ‘n Artikel 18A- kwitansie deur die skool uitgereik

word.

Die SBL/Skoolhoof kan genader word om uit te vind watter projekte vooraf deur die skool

geïdentifiseer is.

Skenkings of donasies word spesifiek vir hierdie projekte bekom en ‘n Artikel 18A kwitansie kan

namens die skool aan ‘n donateur uitegreik word, waar die donateur belastingverligting kan kry.

Indien u sou belangstel, of weet van ‘n instansie wat dalk sou belangstel om aan Hoërskool

Swellendam ‘n donasie of skenking te maak, kan u die skool skakel om te verneem watter

spesifieke projekte vir die toekoms beplan word.

Artikel 18A (1)(a) van die Inkomstebelastingwet, 2000 (Wet 30/2000) soos gewysig deur die

negende skedule van die Inkomstebelastingwet, 2002 (Wet 30/2002) maak voorsiening dat daar

aan alle openbare skole goedkeuring verleen word om donasie-kwitansies uit te reik wat, in die

hande van die donateur, belasting aftrekbaar is.

Mev. Olivier

INTERVENSIEKLASSE / ONDERSTEUNINGSKLASSE

Intervensieklasse word op Dindae en Donderdae aangebied van 14:00 – 14:45.

Dinsdae sal die ondersteuningsklasse aan vakgroepe aangebied word en sal die onderwyser

die leerders betyds in kennis stel hiervan.

Donderdae is vir individuele ondersteuning. Opvoeders sal leerders identifiseer en leerders

uitnooi om die ondersteuningsklasse by te woon.

Dit staan leerders ook vry om afsprake met opvoeders self te maak.

Ons versoek leerders en ouers om bg. reëling as ‘n geleentheid tot groei te sien en u samewerking

in die verband te gee.

SPORTDRAG 2018 Onderstaande die skool se sportdrag wat by die skool self verkoop word. Plaas asseblief alle

bestellings vir 2018 vroegtydig!

Page 9: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

1. SWEETPAKBAADJIE EN SWEETPAKBROEK

2. SPORTHEMP

3. PT - BROEK

4. ATLETIEKHEMP

Sweetpakbroek

Sweetpakbaadjie

Dogters sporthemp (dogters “kapmou”)

Seuns sporthemp

Seuns Dogters

Dogters en seuns

Page 10: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

Die skool se amptelike verskaffer van SKOOLDRAG is: DE JAGERS, wat in die SwellenMark Mall

is.

SPORTDRAG word by die SKOOL verkoop. Maak kontak met mev. Anel Olivier by: 028-514 1361

indien u enige vrae of bestellings wil plaas.

DIE SKOOL SE REËNBAADJIE MAG SLEGS IN DIE WINTER GEDURENDE REËNDAE GEDRA

WORD.

Alle graad 8 - 12 leeders van 2018 is verplig om die skool se nuwe sportdrag aan te koop.

BESOEK GERUS DIE SKOOL SE WEB-TUISTE VIR KLEURFOTO’S VAN BG. SPORTDRAG!

LO–DRAG Dogters en seuns gebruik voortaan die rooi T–hemp en kortbroek / oorvouromp vir LO-doeleindes.

Leerders mag ook die skoolsweetpak aantrek indien hul LO–prakties het.

Tekkies moet nog steeds eenvormige sporttekkies wees. Oorwegende wit tekkies word voorgeskryf!

Aangesien die sportdrag ingefasseer word en verpligtend is vir gr. 8 en alle nuwe inskrywings, mag

gr. 11 - 12 nog steeds die “ou sportdrag” as LO–drag gebruik.

SKOOLTASSE 2018 Verder het ons ons skool se skooltasse vir 2018 gestandaardiseer. Ons het navorsing gedoen

rakende skooltasse wat duursaam is asook geskik is om die skool se handboeke, werkboeke en

skryfbehoeftes te beskerm.

Daar is 3 voorstelle van tasse wat aangekoop kan word. Tans word die tasse deur leerders in die

skool gebruik. Die tasse is van ‘n goeie gehalte, is bekostigbaar en het oor die bestek van ‘n jaar

goed gehou, weens die feit dat hul met sorg hanteer was.

1. 2.

Posture Pro-rugsak wat spesiaal ontwerp word om leerders se postuur en kroniese pyn simptome (voete, rug, nek en skouers) te ondersteun.

Die tas kos ongeveer R495 en is tans beskikbaar by SSK Landmark. ‘n Skoolwapen kan ook op die voorkant van die tas aangebring word.

Beskikbaar by De Jagers takke, asook Handelshuis Riversdal teen ongeveer R215.

Page 11: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

3. Beskikbaar by De Jagers takke, Checkers, Makro en Game teen ongeveer R275. Indien die bogenoemde foto’s onduidelik is, gaan asseblief na die skool se webtuiste om na die kleurfoto’s te kyk.

Baie leerders maak tans gebruik van Billabong, Lizard, Volcom en ander sakke. Die pryse van

hierdie sakke wissel tussen R450 en R700. Dit is onnodige uitgawes.

Ons wil hierdie skooltasse standaardiseer en stel 3 tasse aan u bekend wat voortaan vir alle graad

8 leerders, asook graad 11 -12 leerders wat nuwe skooltasse moet aankoop, as verpligtend beskou

word.

GRAAD 8 – BEKENDSTELLINGSDAG

Alle leerders wat betrokke is by die bekendstelling van ons skool se aktiwiteite, moet op 15 Januarie

2018 om 08:00, die oggend, by die skool wees. Alle stalletjies moet teen 10:00 gereed wees. Sorg

asseblief dat alle reëlings met die onderskeie onderwysers betyds getref word. Alle helpers moet

seker maak dat hul geklee is in skooldrag en voldoen aan die skool se voorkomsreëls.

Mev. Weichelt

SOMERSPORT TYE

MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE

VRYDAE

KOOR : Krieket 0/19 Krieket 0/19 Detensie

14:00 – 15:00

15:30 – 17:00 15:30 – 17:00 14:00 -16:15

Krieket 0/15 Rolbal Swem Swem

16:00 – 18:00

15:00 -16:30 14:15 -15:15 14:15 -15:15

Atletiek Fiksheid Dog. Krieket Krieket 0/15 Dog. Krieket

15:30 – 16:30 15:00 – 16:30

16:00 – 18:00 15:00 – 16:30

Tennis Tennis Atletiek Fiksheid

15:00 – 16:00 15:00 – 16:00 15:30 – 16:30

Toutrek Toutrek Toutrek Toutrek

17:00 – 19:00 17:00 – 19:00 17:00 – 19:00 17:00 – 19:00

Page 12: NUUSBRIEF NOVEMBER 2017 - hsswellendam.co.zahsswellendam.co.za/wp-cache/wp-content/uploads/2013/05/Nuusbriefdes... · alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien. Hul kon ook

Atletiek Die eerste twee weke tot en met die kleure-atletiek: Dinsdae en Donderdae 17:00 tot 18:00. * Daarna sal gespesialiseerde oefentye deurgegee word.

WEBBLADSY Besoek gerus ons skool se webbladsy by www.hsswellendam.co.za. Daar is heelwat interessante

inligting asook foto’s ens. waarna u kan kyk.

M Groenewald

‘n Baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar word aan u almal toegewens!!!