nuusbrief nr 24 2014 doc

4
1 LEEUWENHOF AKADEMIE NUUSBRIEF NR. 24 VAN 2014 21 JULIE 2014 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geagte ouers en personeel Die afgelope week het ek so ‘n kykie gekry in die akademie van ‘n prominente staatskool in in ‘n naburige dorp. Dit het my opnuut laat besef dat ons by Leeuwenhof Akademie ‘n baie hoë akademiese standaard handhaaf. Ek is trots op ons personeel en leerders wat baie hard werk by ons pragtige skool. Ons as personeel besef dat ons ouers baie diep in hul sakke moet delf om die skoolfonds te betaal. Ons het groot waardering dat u by verskeie skole verby ry om u kind in Leeuwenhof Akademie te laat onderrig. Ons het groot waardering vir ouers wat belê in Afrikaanse Christelike onderwys en so ook ‘n erfenis nalaat vir ons kinders se kinders. AKADEMIE Vorderingsverslae Hierdie week ontvang die leerders hul rapporte. Ek is trots op leerders wat baie hard werk in hul akademie en wil ons leerders en hul ouers komplimenteer daarvoor. Die prestasies moet nooit gekoppel word aan persentasies of punte nie maar eerder die hoeveelheid harde werk wat ons leerders insit. Met my eie dogter wat op universiteit is het ek gesien dat sy by Leeuwenhof geleer het om hard te werk vir die punte wat sy gekry het. Die Laerskool het haar voorberei om die IEB - kursus by die Hoërskool suksesvol te voltooi. Ons Laer en Hoërskool het haar gestaal om ure voor die boeke te kan spandeer. Sy pluk nou die vrugte as eerstejaar deur haarself baie goed te handhaaf op akademiese gebied. Lees tot 11 Eerskomende Vrydag, 25 Julie, vind hierdie baie interessante funksie by die skool plaas. Heerlike aktiwiteite word beplan om leerders konstruktief te laat deelneem aan die aand se pret en plesier. Die verwagting is dat al ons leerders hierdie funksie sal bywoon. ‘n Brief met die reëlings gaan vroeg in die week aan die ouers gestuur word. Die laerskool sluit Vrydag om 13:00. Die leerders moet dan weer 18:00 by hul registerklasse aanmeld. Busse vertrek normaalweg soos elke Vrydag.

Upload: tame-times

Post on 01-Apr-2016

233 views

Category:

Documents


11 download

DESCRIPTION

Nuusbrief nr 24 2014 doc

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief nr 24 2014 doc

1

LEEUWENHOF AKADEMIE

NUUSBRIEF NR. 24 VAN 2014

21 JULIE 2014

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte ouers en personeel

Die afgelope week het ek so ‘n kykie gekry in die akademie van ‘n prominente staatskool in

in ‘n naburige dorp. Dit het my opnuut laat besef dat ons by Leeuwenhof Akademie ‘n baie

hoë akademiese standaard handhaaf. Ek is trots op ons personeel en leerders wat baie hard

werk by ons pragtige skool.

Ons as personeel besef dat ons ouers baie diep in hul sakke moet delf om die skoolfonds te

betaal. Ons het groot waardering dat u by verskeie skole verby ry om u kind in Leeuwenhof

Akademie te laat onderrig. Ons het groot waardering vir ouers wat belê in Afrikaanse

Christelike onderwys en so ook ‘n erfenis nalaat vir ons kinders se kinders.

AKADEMIE

Vorderingsverslae

Hierdie week ontvang die leerders hul rapporte. Ek is trots op leerders wat baie hard werk in

hul akademie en wil ons leerders en hul ouers komplimenteer daarvoor. Die prestasies moet

nooit gekoppel word aan persentasies of punte nie maar eerder die hoeveelheid harde werk

wat ons leerders insit. Met my eie dogter wat op universiteit is het ek gesien dat sy by

Leeuwenhof geleer het om hard te werk vir die punte wat sy gekry het. Die Laerskool het

haar voorberei om die IEB - kursus by die Hoërskool suksesvol te voltooi. Ons Laer en –

Hoërskool het haar gestaal om ure voor die boeke te kan spandeer. Sy pluk nou die vrugte

as eerstejaar deur haarself baie goed te handhaaf op akademiese gebied.

Lees tot 11

Eerskomende Vrydag, 25 Julie, vind hierdie baie interessante funksie by die skool plaas.

Heerlike aktiwiteite word beplan om leerders konstruktief te laat deelneem aan die aand se

pret en plesier. Die verwagting is dat al ons leerders hierdie funksie sal bywoon. ‘n Brief met

die reëlings gaan vroeg in die week aan die ouers gestuur word. Die laerskool sluit Vrydag

om 13:00. Die leerders moet dan weer 18:00 by hul registerklasse aanmeld. Busse vertrek

normaalweg soos elke Vrydag.

Page 2: Nuusbrief nr 24 2014 doc

2

Uitbreiding van tegnologie

Ons is alreeds in die finale beplanningsfase vir die projek en behoort in die

Augustusvakansie alreeds te begin met die installering van projektors. Rekenaars vir die

personeel word voor die vakansie alreeds aangekoop.

SPORT

Krieket

Hierdie week begin die ligawedstryde. Baie sterkte aan al die krieketseuns en afrigters. Elke

seun moet ten alle tye sy beste gee. Die verwagting is dat die spelers reg geklee sal wees

soos wat in die kommunikasie uiteengesit is.

Krieketoefeninge tydens vakansie

Ouers moet asseblief daarop let dat al die krieketspanne vanaf 0/9 tot 0/13 op die volgende

datums oefen:

3 September

4 September

5 September

SOR Krieketproewe

Spelers, wat deur afrigters genomineer gaan word vir streekkrieketproewe moet die volgende

datums beskikbaar wees asseblief:

1 Augustus

15 Augustus

22 en 23 Augustus

MANDELADAG

Baie dankie aan ouers wat hul beursies, klerekaste en koskaste oopgemaak het ter

ondersteuning van die verskillende uitreikaksies. Ek is trots op ons leerders se pragtige

dissipline en uitreik tydens die aksies. Pragtige komplimente is alreeds ontvang oor ons

leerders se gedrag en uitreik. Trots Leeuwenhof!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

HOËRSKOOLRUGBY

Die 0/14, 0/15 en 0/16 rugbyspanne speel eerskomende Saterdag, 26 Julie in die Goue

Leeus finale. Ons wens elke seun en afrigter baie sterkte toe vir die finale. Laerskoolleerders

wat gaan ondersteun moet in volle wintersdrag geklee wees.

GHOLFDAG

Ons groot Gholfdag is op hande. Ons het groot waardering vir die reëlingskomitee wat al ure

spandeer het rondom die beplanning en organisering van hierdie groot dag. Baie dankie vir

ouers wat alreeds reuse bydraes gelewer het deur in te skryf om te speel en pryse te skenk.

Indien ouers ons kan help met nog enige pryse sal dit hoog op prys gestel word. Kontak

gerus vir Disney Evans op 0833194984 of by [email protected]

Page 3: Nuusbrief nr 24 2014 doc

3

WÊRELDBEKERKOMPETISIE

Ons maak baie staat op ons ouers se samewerking in hierdie verband. Ouers moet asb.

hierdie aangehegte advertensie uitstuur aan mense op u e-pos se adreslyste.

ALGEMENE JAARVERGADERING

Die Algemene Jaarvergadering vind op 22 Julie om 18:30 in die Laerskool se saal plaas.

Indien u nie die vergadering kan bywoon nie, vra ons dat u ‘n Volmagvorm sal invul en

saamstuur skool toe asseblief. Volmagvorms is verlede week elektronies aan u gestuur.

Volmagvorms is ook by die Laerskool se ontvangs beskikbaar.

JAARKALENDER 2015

Aangeheg aan hierdie nuusbrief is die Jaarkalender vir 2015. Ouers moet hulself deeglik

vergewis van die termyne se datums vir 2015

BUITESKOOL PRESTASIES

Naam van leerder Graad Aktiwiteit Prestasie

Michaela Janse van

Rensburg

6 Perdry Michaela het oor 7 dae tydens die

reses aan die SA Pony Rider

Championship in Kyalami

deelgeneem, en het die volgende

prestasies behaal:

Twee eerste plekke, ‘n 6de, twee

8ste plekke en ‘n twaalfde vir

showjumping en ‘n 5de vir

Equitation. Veels geluk aan

Michaela, veral omdat dit ‘n

Nasionale Kompetisie was!

BELANGRIKE DATUMS

21 Julie Skaak teen L/s Elsburg

22 Julie Akademiese ondersteuning om 07:30

Tafelolimpiade

Krieket vs. L/s Randhart: 1 ste s en 2 des

ALGEMENE JAARVERGADERING

24 Julie Gewyde sang

Rapporte na ouers

Krieket vs. L/s Randhart: 0/10 en 0/11

Page 4: Nuusbrief nr 24 2014 doc

4

25 Julie Lees tot 11(23:00) Alle leerders moet teenwoordig

wees asb. Krieket vs.

L/s President Steyn: 1 stes en 2 des

28 Julie Instrumentale kunswedstryd

29 Julie Akademiese ondersteuning om 07:30

Algemene Kennis: Toets

30 Julie Oueraand

31 Julie WIJ

Oueraand

1 Augustus Fanie Viljoen besoek die skool

Leeuwenhof Gholfdag

2 Augustus Klankemodeparade: Graad 1

Leeuwenhof - groete

____________________

MNR W UYS

LAERSKOOL HOOF

(Waarnemend)