nuusbrief nr 4 2015

5

Click here to load reader

Upload: tame-times

Post on 07-Apr-2016

229 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Nuusbrief nr 4 2015

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief nr 4 2015

1

LEEUWENHOF AKADEMIE

NUUSBRIEF NR. 4 VAN 2015

3 FEBRUARIE 2015

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte ouers en personeel

Dit is baie belangrik vir ons as ouers om baie te belê in ons kinders. Baie dankie aan ons

Leeuwenhofouers en- personeel wat elke dag in ons kinders se lewens belê.

Hier volg sewe dinge wat elkeen van ons kinders elke dag moet hoor en ervaar:

Ek is lief vir jou

Ek is trots op jou

Ek is jammer

Ek vergewe jou

Ek luister

Hierdie is jou verantwoordelikheid

Jy het dit wat nodig is

Baie sterkte met hierdie baie belangrike taak en verantwoordelikheid wat ons as ouers en

personeel het.

AKADEMIE

BENCHMARK: GRAAD 7

Ons het verlede week die uitslae van 2014 se Benchmark ontvang en is baie trots op ons leerders

se pragtige prestasies. Baie geluk aan personeel met harde werk regdeur die jaar.

Die uitslae was as volg:

Vak Leeuwenhof ISASA skole in Gauteng

Wiskunde 69% 63%

Engels 64,57% 67,37%

Page 2: Nuusbrief nr 4 2015

2

Interessante inligting oor die uitslae:

Wiskunde

- Die skole wat dogters en seuns in die skool het se gemiddeld was 60%

- Die skole wat net seuns in die skool het se gemiddeld was 65%

- Die skole wat net dogters in die skool het se gemiddeld was 66%

Engels

- Ons leerders is Afrikaanse kinders wat Engels doen as Huistaal en die gemiddeld is

maar 2,8% onder die ISASA gemiddeld. ‘n Diskrepans van 3% en minder is heel

aanvaarbaar in ag geneem dat ons leerders Afrikaanssprekend is

- Meer as 95% van die skole wat deelneem aan die Benchmark is Engelse privaat skole

waar die meeste leerders groot word in huise waar Engels die Huistaal is

OUERAAND

Daar vind hierdie week ‘n baie belangrike oueraand vir gr. 4 en nuwe leerders se ouers plaas.

Hierdie oueraand gaan suiwer oor die akademie in die skool en is een van die belangrikste aande

wat u nie mag misloop nie. Die oueraand begin om 18:30 in die skoolsaal. Leerders hoef nie

hierdie oueraand by te woon nie.

STUDIEKURSUS

Aangeheg aan hierdie nuusbrief is daar ‘n skrywe oor ‘n studiekursus wat die skool aanbied op 21

Februarie

SPORT

ATLETIEK

Ons is baie trots op die atlete en afrigters van die skool. Die harde werk en oefeninge in die

middae werp vrugte af. Die afgelope naweek het ons teen Laerskool Jan Celliers deelgeneem en

‘n baie goeie oorwinning behaal. Wat opvallend was, was ons atlete se deursettingsvermoë en om

onder baie druk nogsteeds hul beste te doen. Die ouers se ondersteuning was opmerklik en ons

het groot waardering daarvoor. Dit was ook lekker om nie-atlete wat ondersteun het, by die

byeenkoms te sien.

Baie sterkte aan ons atlete wat eerskomende Donderdag by Laerskool Dalview deelneem. Ons

gaan een van vyf skole by hierdie byeenkoms wees en gaan dus minder atlete per item kan

saamneem

SKAAK

Die jaarlikse skaakmarathon vind plaas op 7 Februarie in die Hoërskool se saal. Alle kinders wat

reeds skaak kan speel is welkom om in te skryf. Daar is briewe by me Language beskikbaar. Daar

word 5 rondtes gespeel waarin elke speler teen ‘n ander opponent te staan kom. Die verrigtinge

Page 3: Nuusbrief nr 4 2015

3

begin om 08:30 en die marathon sal ongeveer 13:00 klaar wees. Kinders wat nog wil deelneem, is

baie welkom. Die eerste skaakliga vind op 21 Februarie plaas by Laerskool Baanbreker.

KULTUUR

SENIOR KOOR

Ons Seniorkoor het verlede Vrydag hul koorkamp gehad. Baie dankie vir koorlede wat so hard

geoefen het en die oefening getrou bygewoon het. Die klanke wat alreeds te hore was, is pragtig.

Baie dankie aan die personeel vir harde werk.

MARIMBAS

Die marimbas oefen alreeds hard aan hul musiekstukke vir die jaar. Verlede Maandag het ek gaan

luister hoe ons leerders saam met die afrigter oefen en was aangenaam verras met die vinnige

vordering wat ons leerders daar maak. Ons sien uit na die eerste optrede

WÊRELDBEKERKOMPETISIE

Baie dankie vir ouers wat reeds hierdie projek so pragtig ondersteun. Verlede week het die projek

momentum begin kry en is daar amper 70 kaartjies verkoop. Onthou dat u op Vrydae by Marsha

Wagner se kantoor kaartjies kontant kan koop. Indien sy nie beskikbaar is nie kan u ook by ons

Finansiële kantore kaartjies koop.

SEKURITEIT

Aangeheg aan hierdie nuusbrief is daar twee dokumente wat oor die volgende belangrike aspekte

gaan:

Sekuriteit by die skool

Motorplakkers

PARKERING

Die parkering by die skool is ’n probleem en die Direksie werk hard daaraan om hierdie probleem

op te los.

Ons doen ’n beroep op ons ouers om nie in die oggende en middae die parkering te gebruik waar

die personeel onder die afdakke parkeer nie.

Die areas wat probleme veroorsaak is by die tennisbaan en voor die Laerskool se ontvangs. Baie

dankie dat u ag slaan op hierdie versoek.

Page 4: Nuusbrief nr 4 2015

4

BUITESKOOL PRESTASIES

Naam van leerder Graad Aktiwiteit Prestasie

Zandré Meyer 3 Gholf Verower 1 ste plek by kompetisie op 9 Desember 2014

Verower 1 ste plek by kompetisie op 11 Desember 2014

BELANGRIKE DATUMS

2 Februarie Formele bekendstelling van Huise tydens saalperiode

3 Februarie Akademiese ondersteuning vanaf 07:30

Gr. 4 en nuwe leerders(gr.2 tot 7) ouerinligtingsaand om 18:30

4 Februarie Kaskarvergadering

5 Februarie WIJ

5 Februarie Atletiek by Laerskool Dalview

6 Februarie Opleiding vir konsessie

7 Februarie Skaakmarathon

10 Februarie Akademiese ondersteuning om 07:30

Kaskarvergadering

13 Februarie Marimbakamp

14 Februarie Kaskardag

17 Februarie Voorlopige datum vir Interlaer atletiek

LAERSKOOL BESTUUR:

Skoolhoof: Mnr W Uys [email protected]

Adjunkhoof Akademie: Me A van Zijl [email protected]

Adjunkhoof Organisatories: Mnr D Evans [email protected]

Page 5: Nuusbrief nr 4 2015

5

Afdelingshoof: Kultuur Me C Bosman [email protected]

Afdelingshoof Juniorfase: Me H Pretorius [email protected]

Afdelingshoof Seniorfase: Me C Bosman [email protected]

Afdelingshoof Sport: Mnr W Jacobs [email protected]

Afdelingshoof Musiek: Mnr K Pretorius [email protected]

Bemarkingsbestuurder: Me M Wagner [email protected]

Sekretaresse: Me M Bothma [email protected]

Leeuwenhof - groete

_____________________

MNR WIUM UYS

HOOF: LAERSKOOL