nuusbrief van die vriende van afrikaans...nicolette van den heever, ‘n kundige op die gebied, het...

5
Ons Ommietafelgesprek by Middelvlei Wynlandgoed in samewerking met Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en Afrikaans.com was ‘n reusesukses. Ons tema hierdie jaar was Vrouwees met Diana Ferrus en Anzil Kulsen as sprekers en Rene Arendse as gesprekleier. Ons het onder andere gepraat oor vroue se bydrae tot nasiebou, die welslae van vroue en uitdagings wat vroue tans moet oorkom. Dit was ‘n verrykende en inspirerende aand. Diana Ferrus het die waarde van ‘n vrou deur die voorlees van haar gedigte voorgestel. Dit het die hartsnare behoorlik geroer. Anzil Kulsen het ook gesels oor die krag wat in ‘n vrou lê. Dit was veral indrukwekkend dat skoolleerders ook die ge- leentheid bygewoon het. Die Ommietafelgesprek poog daarin om ook gesprekke rondom die gekose tema aan te wakker. Dit was interessant en lekker om te hoor hoe ons jongmense ‘n vrou se plek in die samelewing sien. Wat ‘n merkwaardige geleentheid. Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 24: Nommer 4: Oktober 2019 Ommietafelgesprek Bo – Al die rolspelers en sprekers; Onder links – Leerder van HMS Bloemhof lewer kommentaar; Onder regs – Rene Arendse (Afrikaans.com) aan die word saam met die sprekers Diana Ferrus en Anzil Kulsen.

Upload: others

Post on 21-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans...Nicolette van den Heever, ‘n kundige op die gebied, het leesondersteuning in Kylemore aangebied. Nicolette is tans besig met haar meestersgraad

Ons Ommietafelgesprek by Middelvlei Wynlandgoed in samewerking met Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en Afrikaans.com was ‘n reusesukses. Ons tema hierdie jaar was Vrouwees met Diana Ferrus en Anzil Kulsen as sprekers en Rene Arendse as gesprekleier. Ons het onder andere gepraat oor vroue se bydrae tot nasiebou, die welslae van vroue en uitdagings wat vroue tans moet oorkom.

Dit was ‘n verrykende en inspirerende aand. Diana Ferrus het die waarde van ‘n vrou deur die voorlees van haar gedigte voorgestel. Dit het die hartsnare behoorlik geroer. Anzil Kulsen het ook gesels oor die krag wat in ‘n vrou lê.

Dit was veral indrukwekkend dat skoolleerders ook die ge-leentheid bygewoon het. Die Ommietafelgesprek poog daarin om ook gesprekke rondom die gekose tema aan te wakker. Dit was interessant en lekker om te hoor hoe ons jongmense ‘n vrou se plek in die samelewing sien.

Wat ‘n merkwaardige geleentheid.

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans

Jaargang 24: Nommer 4: Oktober 2019

Ommietafelgesprek

Bo – Al die rolspelers en sprekers; Onder links – Leerder van HMS Bloemhof lewer kommentaar; Onder regs – Rene Arendse (Afrikaans.com) aan die word saam met die sprekers Diana Ferrus en Anzil Kulsen.

Page 2: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans...Nicolette van den Heever, ‘n kundige op die gebied, het leesondersteuning in Kylemore aangebied. Nicolette is tans besig met haar meestersgraad

Bladsy 2Oktober 2019

Piketberg en Velddrif

WOW Leeskompetisie

Die Vriende van Afrikaans (VVA) het opvolg-opleiding in Piketberg gedoen en ‘n boektrommel in Velddrif oorhandig. Ons het einde September volledige opleiding in die leesprogram in Velddrif aangebied.

Ons samewerking met WOW gaan van krag tot krag. Chareldine, Mandie en Dokka het as beoordelaars tydens WOW se eerste leeskompetisie vir laerskole opgetree. Die VVA gaan ook as deel van die beloning aan elk van die vyf deelnemende skole ‘n boektrommel skenk. Die finale was op 10 September in Stellenbosch.

Die FDSA Jeugsentrum in Velddrif ontvang ‘n boektrommel van die VVA en Doen en Leer werkboeke vir die leerders wat die program gebruik. Die Doen en Leer boeke is moontlik gemaak ‘n skenking van die AON.

Chareldine doen ‘n demonstrasie van die Doen en Leer leesprogram.

Mandie Ehlers (ATKV) en Patsy Marthinussen (WKOD) links en Dokka Swart (Doen en Leer) en Chareldine van der Merwe (VVA) regs.

Page 3: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans...Nicolette van den Heever, ‘n kundige op die gebied, het leesondersteuning in Kylemore aangebied. Nicolette is tans besig met haar meestersgraad

Nicolette van den Heever, ‘n kundige op die gebied, het leesondersteuning in Kylemore aangebied. Nicolette is tans besig met haar meestersgraad waarin sy die Doen en Leerprogram as oplossing vir fetale alkoholsindroom gebruik. Die opleiding is bygewoon deur ATKV-personeel en opvoeders van die Nasorgsentrum en Breytenbach Sentrum, wat die Doen en Leerprogram tans gebruik.

Dit was ‘n verrykende geleentheid. Dit het almal weereens laat besef hoe belangrik speel en lees vir ‘n kind se ontwikkeling is.

Aitsa Nasorg

Kollegas ontspan tydens die opleiding by Aitsa Nasorg Sentrum se nuwe perseel.

Nicolette tydens die aanbieding van haar opleiding.

Die VVA kry ‘n nuwe stem op Radio Kaapse Kansel

Ons het ‘n voorleeswerkswinkel en ‘n demonstrasie van ons leesprogram by Heide Primêr aangebied met die moontlikheid om by die Vrystaat Kunstefees deur middel van gemeenskapsprojekte betrokke te raak.

Bloemfontein

Dokka Swart doen ‘n demonstrasie van die Doen en Leerprogram.

Melinda van der Molen lees nou saam met Chareldine van der Merwe stories voor namens die VVA op Radio Kaapse Kansel. Ons nooi julle uit om elke Dinsdagmiddag om 14h00 in te skakel en saam met die kleingoed na die stories te luister.

Bladsy 3

AM 729

Oktober 2019

Page 4: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans...Nicolette van den Heever, ‘n kundige op die gebied, het leesondersteuning in Kylemore aangebied. Nicolette is tans besig met haar meestersgraad

Bladsy 4

Op 4 September het die VVA saam met die Afrikaanse Taalraad (ATR) ‘n boektrommel aan Nantes Primêr oorhandig. Die kleuters het lekker na die voorlesings deur Chareldine van der Merwe en Mandie Ehlers geluister. Deel van die plan was om vir die onderwysers en ouers ‘n voorleeswerkswinkel aan te bied, maar as gevolg van die onluste in Pretoria is die geleentheid na Oktober uitgestel.

Op 5 September het die VVA en die ATR saam met die AON nog ‘n trommel gaan oorhandig. Die boektrommel is aan Laerskool Hermanstad se Graad

R-klas oorhandig. Die kleuters kon nie wag om ná die voorlees self in die trommel te grou en te begin lees nie.

Die middag is daar ‘n voorleeswerkswinkel vir onderwysers en ouers in die omgewing aangebied. Die terugvoer was baie goed en almal het dit baie geniet. Ons wil graag vir Merlyn van der Rheede van die ATR en ook vir Yolandé de Nysschen van die AON bedank.

Hieronder volg ‘n artikel deur Pretoria Moot Rekord:

4-5 September – Nantes Primêr

Die VVA het ʼn voorleeswerkswinkel in samewerking met die Moedertaalinisiatief en Doen en Leer aangebied. Die werkswinkel het in Kuilsrivier plaasgevind en is deur ouers, kleuterskool- en laerskoolopvoeders bygewoon. Die skool se Graad 1-klas het ook ‘n boektrommel uit fondse van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) ontvang.

Irista Primêr

Geletterdheid word bevorder op internasionale dag“Die tema was bevordering van lees, geletterdheid en moedertaal – om die noodsaaklikheid van lees te beklemtoon.”

14 September 2019

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het onlangs Laerskool Hermanstad besoek om Interna-sionale Geletterdheidsdag te vier.

Die besoek is afgelê in samewerking met die ATKV en Vriende van Afrikaans (VVA).

“Die tema was bevordering van lees, geletterdheid en moedertaal – om die noodsaaklikheid van lees te beklemtoon,” vertel projekbestuurder Merlyn van der Rheede.

“’n Groot groep geesdriftige onderwysers en ouers was gretig om hul kennis wat hulle tydens die werkswinkel opgedoen het, aan hul kinders te gaan oordra,” sê sy.

VVA het ook ’n boektrommel aan Nantes Primêre Skool in Eersterust geskenk.

“Daarmee saam het hulle die nodige boekopvoeding gegee om leerders die waarde van boeke aan te leer, asook die waarde van lees,” sê sy.

Verskeie boeke is deur Chareldine van der Merwe en Mandie Ehlers van die VVA voorgelees.

“Entoesiastiese graad R-leerders het spontaan aan die verrigtinge deelgeneem en het dit terdeë geniet.”

Oktober 2019

Page 5: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans...Nicolette van den Heever, ‘n kundige op die gebied, het leesondersteuning in Kylemore aangebied. Nicolette is tans besig met haar meestersgraad

Bladsy 5

VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF

Doendinge in Afrikaans

NUUSBRIEF

Redakteur: Mandie Ehlers

Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe

Bladuitleg: Sunflood Studios

ALGEMENE INLIGTING

Straatadres:Eenheid 2013, Datevoice House,Elektronstraat 16, Tegnopark Stellenbosch 7600

Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599

Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743

Faksnommer: 021 880 1946

E-posadres:

Mandie Ehlers:[email protected]

Chareldine van der Merwe:[email protected]

Webtuiste: www.atkv.org.za

Bank:ABSA, TjekrekeningRekeningnaam: ATKVRekeningnommer: 0170166728Takkode: 632005

Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende

“Swift Code”: ABSA ZA JJ

As verwysing gebruik asb: VVA en die item (bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel ens.) E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naam en van en ook bedrag wat inbetaal word.

Koopdinge in Afrikaans

DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIE KANTOOR TE KOOP:

1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100

2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20

3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R160

4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120

5. Basic Afrikaans – the top 1000 words and phrases teen R135

6. Joernaal van Jorik – in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R120

7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, ‘n A3-formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120

(R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word)

Oktober 2019