nuwe generasie inligting
DESCRIPTION
Inligting oor Nuwe GenerasieTRANSCRIPT
NUWE GENERASIE INLIGTING 2010
Nuwe Generasie Inligting Bl 2
RAAK BETROKKE! Die doel van hierdie boekie is om jou te inspireer om:
• te weet wat aangaan • te weet wie kontak jy vir wat • betrokke te raak en in te skakel
WIE IS NUWE GENERASIE? Nuwe Generasie is NG Lynnwood se bediening vanaf graad 7 tot en met jong volwassenes. Nuwe Generasie koördineer al die aktiwiteite en bedieninge van hierdie verskillende lewensfases in die gemeente. ONS DROOM? Dat jy sal leef wie jy is – en so 24/7 Christenskap ‘n lewensstyl maak! WAARUIT BESTAAN NUWE GENERASIE? Nuwe Generasie bestaan uit twee bene: lewensfases (ouderdomme) en bedieninge. Die twee oorvleuel maar die basiese fokus is – die bedieninge ondersteun en beïnvloed die jongmense in hierdie drie lewensfases. Al die aktiwiteite van die totale Nuwe Generasie word deur ‘n Dagbestuur bestuur en gekoördineer. Lede van die Dagbestuur verteenwoordig Nuwe Generasie op die Kerkraad van die gemeente. Kontak: Voorsitter: Johan Marais (082 552 0184) Sekretaresse: Mari Mostert (072 712 6661) Predikant: Zander van der Westhuizen (082 883 2302)
Nuwe Generasie Inligting Bl 3
HOE LYK NUWE GENERASIE SE ORGANOGRAM?
WAT IS DIE KANTOOR SE BESONDERHEDE? Die Jeugkantoor is op die grondvloer van die Jeugsentrum (A1) E‐pos: [email protected] Web: www.nglynnwood.co.za Tel: 012 348 1245 (x215) Kantoortye: Daar is gewoonlik in skoolkwartale iemand by die kantoor van 14:30‐16:30, Maandae, Dinsdae en Donderdae. Dit wissel egter na gelang van almal se akademiese roosters!
Nuwe Generasie Inligting Bl 4
INLIGTING OOR DIE AKTIWITEITE VAN DIE VERSKILLENDE LEWENSFASES / OUDERDOMME IN NUWE GENERASIE
GRAAD 7 TOT 11 Alle graad 7 – 11’s in Nuwe Generasie vorm deel van ons Kategese bediening. Hierdie jaar gebruik ons die materiaal van Bybelmedia: FACEBOOK en leer ‘n klomp nuwe Bybelkarakters ken. Kategese vind plaas op ‘n Sondag van 17:17‐18:18 in die Jeugsentrum Die graad 7‐10’s kom bymekaar in groepe saam met opwindende jong leiers wat die gesprekke lei, terwyl die graad 11’s vir belydenis by die predikante in groepe inskakel. Alle kategese groepe neem deel aan die uitreike wat per graad gereël word onder die leiding van die uitreik bediening. Kontak: Immanuel van Tonder (083 540 6015) Zander van der Westhuizen (082 883 2302) MATRIEKS EN STUDENTE Matrieks en studente skakel in by die CHRISTUS KARTEL wat die aktiwiteite van die matrieks en studente koördineer. Hierdie aktiwiteite sluit in:
• Uitreike • Selgroepe • Dissipelskap • Sosiale bymekaarkomste en kampe
Hierdie is ‘n opwindende span mense wat jou graag wil betrek as jy ‘n studente of matriek is!
Nuwe Generasie Inligting Bl 5
Kontak: Jacques (Skillie) Botha (073 156 5902) JONG VOLWASSENES Generasie Groen X (GgX) is die bediening vir jong werkende volwassenes in NG Lynnwood gemeente, ongeveer tussen ouderdom 22 en 35. Die naam Groen X verduidelik wie en wat hierdie groep jongmense is. Groen is lewe! Groen is oorvloedig in die natuur, verteenwoordig groei, hoop en herlewing! Dis ‘n kleur wat herinner aan God wat die almagtige Skepper is. ‘n Kleur wat wys dat ons wil groei in ons geloof saam in ons geloofsfamilie en God se Evangelie wil laat groei in die wêreld. Dis ‘n kleur wat dui op die hoop wat ons het waarvan Paulus praat in Romeine 5:2. Groen is ‘n kleur wat ons herinner dat ons jonk is, en lewe in oorvloed gekry het! Dis ‘n kleur wat ons herinner om te gaan LEEF in die gemeente, die gemeenskap om ons, en die groter wêreld daar buite. Die letter X in ons taal is afgelei van die Griekse letter Chi, wat die eerste letter van die Griekse woord Χριστός is, vertaal as Christus. Daarom is die letter X simbolies van ons anker in Christus. Ons naam dui dus op die hoop wat ons het dat ons ín Christus saam met die gemeente se leuse oorvloedig wil LEEF as 24/7 Christene! Skakel in by:
• Selgroepe • Sosiale bymekaarkomste • Dissipelskap • Uitreike
Kontak: Hannelie Labuscagne (084 677 2655)
Nuwe Generasie Inligting Bl 6
INLIGTING OOR DIE VERSKILLENDE BEDIENINGE VAN NUWE GENERASIE
AANDDIENS Die aanddienste in Lynnwood is gemik op die hele gesin maar fokus op die styl van die Nuwe Generasie lewensfases. Dit is ‘n opwindende diens met baie interaksie, musiek en aktuele prediking. Die aanddienste het baie mense nodig! Die aanddiens‐span help met die regmaak van die gebou, dankoffers, nagmaal asook die verwelkoming van mense. Die tegniese span is verantwoordelik vir klank, ligte en audio‐visuele inhoud. Kontak: Marius du Preez (083 473 9587) DISSIPELSKAP Die dissipelskap proses by Nuwe Generasie is ‘n 12 weke verbintenis tot geestelike groei. Dit help jou om as deel van ‘n groep deur ‘n “meester” begelei te word om dissipelskap in jou lewe grond te laat vat. Die proses verg persoonlike inset en deelname met die uiteindelike vrug dat jy self ‘n “meester” word wat die dissipelskap filosofie uitleef na ander. Kontak: Zander van der Westhuizen (082 883 2302) JEUGVISIE Jeugvisie is ‘n fonds wat al vir 10 jaar dit moontlik maak dat die bediening van Nuwe Generasie finansieël moontlik is. Jeugvisie dra tans al drie die
• van die aanddiens‐span
• van die tegniese‐span
Raak deel:
• Woon die 12 weke proses by
Raak deel:
Nuwe Generasie Inligting Bl 7
studente poste en die jeugkantoor se uitgawes. Donateurs help dat meer as die helfte van Nuwe Generasie se begroting in ‘n jaar moontlik is. Sonder Jeugvisie donateurs is die werk nie moontlik nie. Kontak: Johan Marais (082 552 0184) KAMPE Alhoewel ons in 2010 minder kampe as in vorige jare aanbied weens die uitreike en Wêreldbeker projekte, is daar steeds hierdie jaar ‘n paar kampe wat deur die loop van die jaar plaasvind:
• Leierskamp • Belydeniskamp • Uitreik‐opleidingkamp • Afskopkamp vir graad 8’s
Kontak: Mari Mostert (072 712 6661) KANTOOR Die funksie van die kantoor is om al die bedieninge te ondersteun en help. Die kantoor maak dit makliker vir vrywilligers om betrokke te wees by projekte deur administratiewe ondersteuning te gee aan al die leiers. Tans is daar vier persone in die kantoor wat hierdie ondersteuning bied. Die inligting oor die kantoor is op bladsy 3 van hierdie boekie. Kontak: Mari Mostert (072 712 6661) – ADMINISTRASIE Coenraad Bekker (082 471 2048) – UITREIK: graad 7‐11
• word ‘n Jeugvisie donateur en dra by tot die ontwikkeling van nuwe projekte
Raak deel:
• gaan op ‘n kamp • help reël aan ‘n
kamp
Raak deel:
• kom kuier in die kantoor en drink saam koffie
Raak deel:
Nuwe Generasie Inligting Bl 8
Teodor van der Spuy (072 433 0034) – UITREIK: matrieks en na‐skool Zander van der Westhuizen (082 883 2302) ‐ PREDIKANT MEDIA Ons visuele kommunikasie is baie belangrik. Hierdie bediening sorg vir berigte, videos en fotos om die stories van Nuwe Generasie te vertel. Jy kan ook inskryf op ons e‐pos nuusbrief by www.nglynnwood.co.za. Kontak: Valize Scholtz (072 148 7071) MENTORSKAP Die Mentorskap program by Nuwe Generasie bestaan al ‘n hele paar jaar. Die program fokus veral op die belydenisjaar van die graad 11’s maar is oop vir enige iemand wat ‘n mentor wil wees of ‘n mentor gekies het in hul lewe. Die program hardloop oor ‘n jaar. In so ‘n jaar kies ‘n mentee ‘n mentor. Die mentor word opgelei en beide mentee en mentor word deel van die jaar se program waarin daar terugvoer en ondersteuning plaasvind. Kontak: Hanlie Bezuidenhout (082 255 2849) MUSIEK Die musiekbediening by Nuwe Generasie is verantwoordelik vir die aanddienste se begeleiding asook die lof en aanbidding op kampe en by ander geleenthede. Die musiekbediening is sleutel tot die aanbidding by Nuwe Generasie en gaan bedien baie keer elders waar daar behoefte is. Nuwe Generasie het
• wees ‘n mentor • kies ‘n mentor vir
jou
Raak deel:
• van die musiekgroep
• begin jou eie een
Raak deel:
• help deur video of fotos te neem
• help deur berigte te skryf en stories te kry
Raak deel:
Nuwe Generasie Inligting Bl 9
ook ‘n musiekateljee by die gemeentesentrum waar opnames gemaak kan word. Kontak: Willem Snyman (082 670 1037) OUERS Daar is ‘n groot behoefte dat meer ouers betrokke sal wees en raak by die bediening van Nuwe Generasie. Die belangrikste manier is om te groei in jou ouerskap en saam met jou kind verantwoordelikheid te neem vir sy/haar geestelike groei. Van tyd tot tyd reël Nuwe Generasie of Lewenskuns praatjies of kursusse oor ouerskap. Kontak: Johann Doms (083 652 2746) SOSIAAL (CONNECT) Kuier en saam‐wees is baie belangrik in ons gemeente. Nuwe Generasie se sosiale aktiwiteite word onder die sambreel van CONNECT georganiseer. Daar word veral na Aanddienste op ‘n Sondag saam gekuier en dan van tyd tot tyd deur die jaar by spesiale geleenthede. Kontak: Marna Cronje (082 781 4856)
• kom saam met jou kind kerk toe
• woon ‘n gesprek of kursus by
Raak deel:
• kuier saam • van die span wat
sorg dat daar lekker gekuier word
Raak deel:
Nuwe Generasie Inligting Bl 10
UITREIK Ons gemeente fokus daarop om Christene te wees wat 24/7 lewe om in die wêreld ‘n verskil te maak! Ons doen dit orals waar ons leef elke dag. Ons doen dit ook van tyd tot tyd saam waar daar nood is. Ons is betrokke by ‘n hele paar projekte en ons het jou hulp nodig. Ons het hierdie jaar ‘n baie groot projek tydens die Wêreldbeker sokker in Junie in Mamelodi. Ons gaan Holiday Club en Ubabalo aanbied vir honderde kinders oor die vier weke tydperk. Ander plekke waar jy deur die loop van die jaar kan inskakel:
• PEN ‐ kinderhuis • Mabopane • Jakaranda Kinderhuis • Kategese uitreike • Scaffolding projekte (lees meer later) • Sosiale geregtigheid (lees meer later)
Uitreike en 24/7 Lewenstyl is prioriteit by Nuwe generasie – daarom is daar twee persone aangestel om hierop te fokus. Kontak hulle gerus. Kontak: Coenraad Bekker (082 471 2048) Teodor van der Spuy (072 433 0034)
• leef ‘n 24/7 lewenstyl
• gaan op ‘n uitreik • help reël aan ‘n
uitreik • begin ‘n uitreik • vertel jou uitreik
storie aanlyn by www.nglynnwood.co.za
Raak deel:
Nuwe Generasie Inligting Bl 11
ANDER BELANGRIKE INTERESSANTHEDE LEWENSKUNS Deur die loop van die jaar is daar Lewenskuns kursusse oor verhoudings, leierskap, geestelike groei, grense oorsteek en uitreike. Woon gerus so ‘n kursus by. Inligting op die afkondigings en web. Kontak: Lindy Jordaan (072 461 4022) FOTOGRAFIE Indien jy belangstel in fotografie – raak deel van ons gemeente se fotografie klub! Hulle organiseer spesiale bymekaarkomste om meer te leer van fotografie en om saam fotos te neem en te bespreek. Kontak: Hendrik Kotze (082 417 6689) HOËRSKOOL MENLOPARK OMGEE Nuwe Generasie is betrokke by ons plaaslike hoërskool waar daar op ‘n Woensdag en Donderdag terapeutiese dienste deur van ons gemeente en ring se personeel verskaf word. Ons ondersteun ook graag die skool op ander terreine. Kontak: Zander van der Westhuizen (082 883 2302) – PASTORALE TERAPEUT Petro Barnard (012 348 1245 x214) – MAATSKAPLIKE WERKER
Nuwe Generasie Inligting Bl 12
SCAFFOLDING Scaffolding is ‘n studente organisasie wat fokus op uitreik en sending mobilisasie. Baie van ons studente is betrokke by die ekumeniese inisiatief en op Woensdae aande skakel ons studente groepe in by Scaffolding se projekte oor die hele stad heen. Op die manier vat ons saam met ander Christene en ander kerke hande. Kontak: Teodor van der Spuy (072 433 0034) Lindie Pienaar (083 947 7749) SOSIALE GEREGTIGHEID Sosiale geregtigheid is ‘n dringende saak wat wêreldwyd op die kerk en veral ‘n nuwe generasie van jongmense se tafel is. Ons probeer tans instrumenteel wees in die begin van ‘n beweging vir jongmense hierrondom. Ons kort mense wat hiermee kan help. Kontak: Teodor van der Spuy (072 433 0034) Zander van der Westhuizen (082 883 2302) Y‐NETWERK EN ANDER NETWERKE Nuwe Generasie is al vir ‘n paar jaar saam met vier ander gemeentes in ‘n netwerk wat fokus op jeugbediening. Die jaarlikse seekamp in September is ‘n projek van hierdie netwerk. In 2010 vorm NG Pierre van Ryneveld, NG Skuilkrans en NG Lynnwood deel van ‘n groter netwerk om die uitreik van die 2010 Wêreldbeker sokker in Mamelodi te organiseer. Kontak: Zander van der Westhuizen (082 883 2302)