od is aar gaan jy hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. bid vir die diakonie en die armes...

9
| 1 | R33.00 (BTW ingesluit) Uitgegee deur die GKSA 2015/2016-2 UITGAWE 35 staan vas Hoop Waar gaan jy KAMP? God is MY VASTE ANKER ONTMOET Johannes Hus

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 1 |

R33.00 (BTW ingesluit)

Uitgegee deur die GKSA 2015/2016-2

Uitgawe 35

staan vasHoop

Waar gaan jy kamp?

God is my vaste ankerontmoet Johannes Hus

Page 2: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

inHoUdNuus: Kruispad se webblad 4red@kruispad: Is R5 genoeg? 5Fokus: Hoop is Christus 6Fokus: Ek weet verseker 10Fokus: God is getrou 12Geopende Deure: 31 Ligte van hoop 14Feitegids: Bad guys van die Bybel 18Leefstyl: Rassisme: ’n sluimerende monster 20Bybelstudie: My vaste anker 24Gebed: Dink oor jou gebed 28Bybelstudie: Christus, jou anker 31Binneblad: Die Romeinse pad 32Hulp: Vrede veg vrees 35Tydgleuf: Adventskalender 38Intekenvorm 41Jy het ‘n sê 42Rubriek: Jaïrus het hoop 44Leefstyl: Nuwe jaar, nuwe plan 46Leefstyl: Dien die kerk met jou tyd 48Lank gelede: Ontmoet Johannes Hus 51Resensies: Kruispad se keuses 54Kampe: Skolieskamp 56Kampe: 1 ... 2 ... 3 Mootkamp! 58Uitreike: Vol moed na Volmoed 60Aanlyn: Kyk en luister op die web 62Tong in die kies: As die skoolklok lui 63

Page 3: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 4 || 4 |

dis dieselfde webadres, maar heeltemal oorgedoen! ons tydskrif se eie webblad waar jy artikels kan lees en Bybelstudies kan aflaai. gaan lees artikels oor: studentelewe; gebed; leefstyl; hulp; en vele meer. Jy kan ook hier op Kruispad inteken. Besoek ons sommer dadelik.krUispad-tydskrif op Kruispad se facebook-blad word teksverse geplaas. wanneer nuwe artikels op die web gelaai word, sal jy dit hier sien. ons adverteer ook kampe van die gksa hier. deel al ons teksverse met jou vriende!

krUispad-nUUsBriefKruispad het ook ‘n nuusbrief! ons vertel jou wanneer daar nuwe artikels op die webwerf is. Hierdie brief is ideaal om te gebruik om aan te stuur aan vriende en familie wat jy graag deur opbouende leesstof wil bereik. ons laat weet jou ook wanneer die nuwe uitgawe in die pos is. Jy kan op die nuusbrief gaan inteken op die facebook-blad of op die webwerf. vra jou Bybelstudie-groep vir hul e-posadresse sodat ons aan al hoe meer mense kan skryf. «†»

Artikels Jy kan nou baie maklik ons artikels gaan lees op jou rekenaar of jou foon.

www.kruispad.net

net waar jy kyk

Page 4: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 5 |

red@kruispad

| 5 |

Lei ‘n lewe van dankbaarheid en maak seker jy gee jou deel vir die minderbevoorregtes.

as jy die R2 of R5 in die kollektesakkie gooi kan jy gerus dink wat die diakonie daarmee moet koop.

wat kan jy met r5 koop? ‘n Halwe brood of ‘n halwe liter melk of ‘n halwe kilogram suiker en nie eers 6 eiers nie. was jy al regtig honger? Ek dink nie een van my vriende, familielede of kennisse was al dae lank sonder kos nie. Nie een van my mense moes al vrugteskille en ou gemufde brood uit die asblik krap nie. Mense sal net dit doen as hulle regtig baie honger is. Hoeveel kos jou gemorskos, fliekkaartjie, sjokolade? Jy het nie een van hierdie nodig om te oorleef nie. Dis die Here wat so oorvloedig

genoeg?vir jou sorg. As jy volgende keer uitgaan en jouself geniet sê dankie vir die Here vir elke bederf wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop hand vir die armes.Die Here het baie medelye met die armes, wese en weduwees en Hy sê dat die armes altyd by ons sal wees. Ons as kinders van Here moet uit die genadegawes wat die Here aan ons gee vir dié mense gee wat nie so bevoorreg is nie. «†»

Karin Bain

Is R5

| 5 |

Page 5: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 6 |

ChristusisDie vergelyking tussen wêreldse hoop en Christelike hoop wys ons hoe ons moet leef. | marCo Le roUx (Gk neWCastLe) |

HoopHoop| 6 |

Page 6: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 7 |

fokus

Laat ons styf vashou aan die hoop wat

ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het

(Hebreërs 10:23).

D ie hoop van Christus verskil radikaal van die hoop wat die wêreld gee. By wêreldse hoop is iets altyd onseker. Dit klink só: “Ek hoop ek het die toets deurgekom, maar ek is nie seker nie.” Op Christelike

hoop kan jy egter 100% vertrou. Hierdie hoop staan vas en seker.

ö “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie” (1 Korintiërs 13:13). In ons Christelike lewe en hoe ons die wêreld sien, kan geloof, hoop en liefde nie van mekaar geskei word nie. As daar nie liefde en geloof is nie, dan skiet ons hoop tekort. Wanneer ons geloof en liefde het, dan is ons hoop volmaak, want dan is daar geen twyfel nie.

ö Hebreërs 10:23 wys vir ons waarom ons hoop seker en vas is – God doen wat Hy belowe vir sy kinders.

ö Christelike hoop se sekerheid lê nie daarin hoe goed ons kan hoop nie. Dit gaan nie oor ons of ons vermoë om te hoop nie. Christelike hoop se sekerheid en vervulling lê by God. Hy vervul self sy beloftes. Daar is by ons ‘n sterk verwagting wat seker en vas is.

D | 7 |

Page 7: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 8 |

Dít is Christelike hoopHoop is nie net ‘n entiteit of gevoel nie, hoop is ‘n Persoon. Jesus Christus is ons hoop, wat ons verlos het van die sonde en ons ook volmaak van hierdie stukkende wêreld sal verlos wanneer Hy weer kom (1 Timoteus 1:1, Lukas 2:25, Spreuke 10:28). Hierdie hoop is vas en seker omdat God sy beloftes getrou uitvoer (Hebreërs 10:23, Psalm 39:8).

Hoop laat ons uitsien na Christus se wederkoms, waar ons ten volle verlos sal word. Ons hoop gee vir ons vrede en blydskap (Romeine 12:12, 1 Tessalonisense 5:8).

God het reeds die belofte vervul dat Hy sy Seun gestuur het. Daardie belofte is vas. Daarom kan ons ook verseker hoop dat Christus weer kom, want die Here voer sy beloftes getrou uit: “Kyk, Ek kom gou… ” (Openbaring 22:7).

| 8 |

Hierdie teksvers som dit mooi op: “Die verwagting van die regverdiges

is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan”

(Spreuke 10:28).

Hoop laat jou voluit leefDie gemeente in Tessalonika het die fout gemaak om stil te sit en te wag totdat Christus kom. Hulle is baie ernstig daaroor vermaan. “Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig” (1 Tessalonisense 5:14). Christelike hoop laat ons nie stilsit en niks doen nie. Ons het ‘n vaste anker, daarom kan ons voluit vir Christus leef.

Hierdie Christelike hoop leef nou in ons harte. Ons hoop is gegrond op God se beloftes.

Page 8: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 9 |

fokus

Ons leef nou hoopvol. Ons leef nie in onse­kerheid nie. Ons hoop is seker en vas, want ons weet: God se beloftes staan vas. Dit is soos Paulus aan die Romeine skryf: “Mag

God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:13) «†»

skrifgedeelte Betekenis

“Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry” (Romeine 8:25).

Ons moet regtig uitsien na Jesus Christus se wederkoms. Dit sal vir ons ‘n wonderlike dag wees want ons sal volkome bevry word. Ons hoop staan vas!

“Verbly julle in die hoop” (Romeine 12:12). Ons kan bly wees in hierdie lewe. Vreugde en blydskap is deel van ons lewe.

“…want U Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou” (Psalm 71:5).“Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra …” (Klaagliedere 3:25).

Ons moet ‘n lewende verhouding met die Here hê, waar ons volkome op Hom vertrou en sy wil soek.

“Ek vestig my hoop op hulp van U, Here, u gebooie gehoorsaam ek” (Psalm 119:166).

Gehoorsaamheid aan die Here wys dat ons hoop.

“Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is” (Hebreërs 6:19).

Vas, veilig, en onbeweeglik is die anker van hoop, want Jesus Christus se versoeningswerk staan vas. Dit gee vir ons in hierdie lewe vrede. Maak nie saak wat gebeur nie, ons behoort aan Christus.

| 9 |

Bybelse riglyne vir jou leweDie Bybel gee vir ons riglyne sodat ons hoopvol kan lewe totdat Christus kom en ons volkome verlos.

Page 9: od is aar gaan jy Hoop staan vas - kruispad.net · wat jy kry. Bid vir die diakonie en die armes wanneer jy jou kollekte gee. ‘n Lewe van dankbaarheid lei noodwendig tot ‘n oop

| 64 |

Die Here is mysterkte en

my beskermer, op Hom het ek vertrou.

Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.

Psalm 28:7‘‘ ‘‘