iederark oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die...

12
1 13 Oktober 2013 Uitgawe 30/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor; geloof is om op die maat daarvan te dans. - RUBEN ALVES Sondag 13 Oktober Erediens Sondagskool Gr 16 Kruislig Koffiediens TienerdiensGr 711 09:15 17:30 Maandag 14 Oktober Gebedseminaar Dinsdag 15 Oktober Woensdag 16 Oktober Internasionale Sendingkonferensie Donderdag 17 Oktober Internasionale Sendingkonferensie Vroue Bybelstudie 10:00 Vrydag 18 Oktober Internasionale Sendingkonferensie Internasionale Sendingkonferensie Mannebiduur 07:00 Saterdag 19 Oktober Wat gebeur DV die volgende week ….

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

1

13 Oktober 2013 Uitgawe 30/2013

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK

Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor; geloof

is om op die maat daarvan te dans.

- RUBEN ALVES

Sondag

13 Oktober

Erediens

Sondagskool Gr 1—6

Kruislig Koffiediens

Tienerdiens—Gr 7—11

09:15

17:30

Maandag

14 Oktober

Gebedseminaar

Dinsdag

15 Oktober

Woensdag

16 Oktober

Internasionale Sendingkonferensie

Donderdag

17 Oktober

Internasionale Sendingkonferensie

Vroue Bybelstudie

10:00

Vrydag

18 Oktober

Internasionale Sendingkonferensie

Internasionale Sendingkonferensie

Mannebiduur

07:00

Saterdag

19 Oktober

Wat gebeur DV die volgende week ….

Page 2: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

2

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

018-2948197 018-2977926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

018-2948121

Faks—018-2943900

Sluit by ons aan op

NG Kerk Miederpark

-2-

HOSPITAAL OPNAMES

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi-Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld

dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te

spoor.

BANKBESONDERHEDE:

NG Kerk Miederpark,

ABSA Tjekrek 680 590

591 , Potchefstroom

NG Kerk Miederpark

Sending, ABSA Tjekrek

405 041 9146,

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Page 3: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

3

KONGO VERITAS

Ds Dawie en Naomi

Baie dankie vir julle volgehoue voorbidding vir ons werk. Dankbaar vir die seën wat ons be-leef in ons bediening, wat ons direk in verband bring met die voorbidding daarvoor.

Vra voorbidding vir ons kerklike situa-sie. Volgens die media aanvaar die Algemene Sinode van die NG Kerk “.....die werklikheid dat daar ‘n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die Bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is lidmate wat die persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate wat die nie-persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar...” Ek wil dit net vir al ons voorbidders duidelik stel wat my (Dawie se) standpunt hieroor is: Toe ek 37 jaar gelede as leraar van die NG Kerk gelegitimeer is, het ek met ‘n eed beves-tig dat ek die Woord van God as hoogste ge-sag aanvaar, en daarmee saam die kerk se be-lydenis wat op die Woord gebaseer is. Ek is nog steeds met vreugde aan hierdie belofte gebind, wat leer dat ek deur die bloed van Jesus Christus vrygemaak is van my sonde en dat Hy my daagliks deur Sy Gees bystaan om volgens Sy wil te lewe. Nou neem die Algemene Sinode ‘n besluit wat direk indruis teen die Woord van God (vgl. Joh. 8:44) en die belydenis van die kerk (vgl. NGB Art 12) en grond dit op die “werklikheid” van wat sekere lidmate sê. Waarom word die af-wykende beskouings van daardie lidmate nie

aan die hand van die Skrif en die belydenis reggehelp nie? In stede daarvan word geïnsi-nueer dat dit liefdeloos is om mense wat in sonde lewe of dwaalleer aanhang, reg te help. Dis tog dwaasheid! Dis juis liefdeloos om broers en susters wat in sonde of dwaalleer lewe, te laat begaan! Nou weet almal presies waar ons staan. Die werklikheid wat die Sinode miskyk, is dat die wêreld ‘n behoefte aan die Suiwer Woord van God het. Die ontploffing wat ons by Veri-tas College beleef, bewys dit, en daarvoor kan ons die Here dank. Ons het reeds tevore ge-meld dat ons Augustus vanjaar begin het om die onafhanklike kerke te help om hulle leraars beter met die Woord toe te rus. Hierdie kerke het tans in Suid-Afrika meer as dubbeld die aantal lidmate as al die gevestigde kerke saam.

Dan het van die gevestigde kerke, soos die VGK, ons ook gevra om te help met die oplei-ding van hulle lekewerkers. Verder het ons ook uitnodigings na Kinshasa en Brazzaville Kongo, waarvoor ons nie tans die begroting het om dit te oorweeg nie. Bid asb dus vir die nodige mannekrag en fondse om aan hierdie behoeftes te kan aandag gee. Mag die Here julle almal ryklik seën in hierdie week. Dawie en Naomi de Wet.

SENDING GEBEDSVERSOEKE

-3-

Page 4: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

4

MALAWI SENDING

(Pieter Loots)

Dit is ’n tyd wat almal baie hard werk in die lande om hul lande gereed te kry vir plant. Maar daar is ook iets wat almal siek maak, want meeste mense is lam in hulle lywe, half asof mens heeltyd koors het. Bid asb vir hulle almal. Bid asb vir die Bybelstudies by die volgende villages.

MPUMBE: Dit gaan baie goed. Die Here is besig om ’n sterk groep daar te vestig.

NTAKA 2: Daar is groei en kinders, vroue en jong manne word ook deel.

MAKUMBA: Dit sukkel daar en ek het ervaar hoe ’n dogter daar ons spot. Bid asb vir haar siel.

Catherin is deur malaria. Sy was baie siek en is eergister vir die eerste keer weer terug. En onthou sy is ver swanger.

Juma lyk nie goed nie. Sy is moeg en seer. Doricas is nog die enigste een wat probeer

sterk wees maar kan nie al die Bybelstudies bywoon nie omdat sy so hard in die lande moet werk.

Golden se vrou (wat hul baba verloor het) lyk nie goed nie. Hou asb aan om vir haar te bid.

BOTSWANA SENDING

(Jerry en Magda)

Bid asb: Magda is nog in Pretoria. Sy het nog erge pyn. Moet daar bly vir nog 3 weke. Ons ds Roy is nog siek, hy het baie koors. Troos vir die mense wat ’n geliefde verloor het met krokodil aanval. Leiding deur die Heilige Gees vir die kerk en bediening in Shakawe. Die Here is besig om ’n nuwe jong evangelis op te rig. Ek doen my bes met hom. Hy het so mooi Bybelstudie gehou oor tiener onsekerheid. Ek het goed ingepas by my diens. Dank God vir alles want Hy is in ALLES behalwe sonde.

SENDING GEBEDSVERSOEKE

-4-

‘Die Here het toe vir my gesê: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geant-

woord: “Ek sien ‘n amandeltakkie”’ - JEREMIA 1:11

Page 5: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

5

-5-

HOSPITAAL SENDING

(Petro)

Dit is vandag Riaan en Sanet Marx se beurt om die boodskap van bed tot bed by die hospi-taal te bring. Bid asb vir hulle. Hou asb vir Petro Zaayman elke dag in julle gebede vir die groot taak wat sy het om die hele hospitaal te besoek, te be-moedig en voor te bid.

ANGOLA SENDING

(Freddy)

Daar was nog ’n BOFF-Kursus in Sept wat Freddie moet afhandel. In Oktober kom ’n span om te help met die bou van die Sondagskool lokaal. Novembermaand is daar weer ’n EBC – kursus van 3 weke.

Die werk in Zimbabwe vorder fluks. Norman wat daar werksaam is sukkel net met die nodige fondse.

Bid asb dat sy finansiele versorging sal groei. Ook vir die BOFF – kursus wat hy daar begin het – 18 pastore stel belang. Dankie aan die Here vir soveel belangstelling in die “Building on firm fondation“ kursus. Dankie vir Norman wat die werk van die Here daar

doen, al gaan dit baie moeilik.

MARELET SENDING

Bid asb ernstig vir ons hoof. Sy het baie kwaai rug-pyn. Sy het behandeling

gekry, maar hulle het nou vir haar gesê dat hulle niks vir haar kan doen nie, sy moet operasie in Dubai kry, maar die mediese assuransie wil dit nie betaal nie. Bid vir die land en sy mense. Hoewel hulle oor-wegend M is, is hulle baie min gespin oor hulle geloof. Bid dat hulle ‘n behoefte na die Verlosser sal hê en Hom sal vind. Baie dankie vir julle ge-bede. Ek het die eerste maand baie gesukkel om aan te pas, maar ek is nou op daardie punt waar ek kan sê dat ek gelukkig is. Ek is geluk-kig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis kan sien!), gelukkig by die werk en ek begin om die stad (nog net hier naby ons woon-stel) te verken. Bid asseblief nog steeds vir T, J en Z wat baie sukkel met verskeie vakke.

Bid ook asb vir ‘n vorige kollega van my Magdeleen Kok en haar familie wat deur ‘n baie hartseer tyd gaan. Baie dankie vir omgee, gebede en bydraes. Mag ons Here Jesus jul omvou met Sy liefde.

Juffrou: Wie het vir Simson verlei? Jannie: Dit was 'n Steyn-meisietjie, Juf-frou. Juffrou: Steyn????? Jannie: Ja Juffrou, Phillis Steyn.

Page 6: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

6

-6-

WELKOM IN ONS GEMEENTE!!!!

Leon en Hester Greyling vanaf De Aar. Peter en Magdalena Jacoba van Eldik vanaf Elarduspark, Pretoria.

VERKOPING Selgroep 64 beplan om teen einde Oktober ‘n verkoping van tweedehandse items te hou. Dit is nou lente en ons sorteer mos nou ons kaste uit. ENIGE oortollige items sal welkom wees:

klere (ook kinder-en babaklere) Skoene Beddegoed Gordyne Enige breekgoed en kombuisware Ornamente Ensovoorts!

Ons beplan om met die fondse loophulp/loophulpe aan te skaf vir bejaardes in ons gemeente. Indien u kan help, sal ons dit waardeer as u dit by die kerkkantoor aflewer. Merk dit asseblief “Sel 64-projek”. U kan dit ook by Dassie Lombaard, Uitsigstr 28 (0845004828 / 018-2932437) besorg. Ons is ook bereid om dit by u af te haal.

“As ‘dankie’ jou enigste gebed ooit is, is

dit voldoende” - Meister Eckhart

Page 7: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

7

-7-

OKTOBER VERJAARSDAE

Susan Jacobs 2/10 Sorika Nieuwoudt 2/10

Santies Smith 2/10 Nadene Smith 2/10

Jean-Pierre Smith 2/10 Hannetjie Deysel 3/10

Sarie Labuschagné 3/10 Norman Tullues 4/10

Paula Pretorius 5/10 Annemie van Vuuren 5/10

Rika Scholtz 5/10 Jan Kotze 5/10

Riette Louw 6/10 Trien Engelbrecht 6/10

Poppie Swanepoel 6/10 Simoné Pretorius 6/10

Gerard van Zyl 7/10 Janie Lindeque 8/10

Nielen Conradie 8/10 Morné Meyer 9/10

Ruan Vinger 9/10 Cynthia Meyer 10/10

Leon Nel 11/10 Anika Venter 12/10

Stoney Steenkamp 12/10 Arend van Wyk 12/10

Klits Viljoen 13/10 Pieter vd Merwe 13/10

William Pansegrauw 14/10 Danie Rossouw 14/10

Rieke v Niekerk 14/10 Bianca de Klerk 14/10

Marli J v Rensburg 15/10 Minnet du Preez 16/10

Gert Venter 16/10 Johan Swart 16/10

Margareth v Niekerk 17/10 Dale-Mari Dahms 17/10

Brendon Venter 18/10 Ria Freund 19/10

Hesta v Schalkwyk 20/10 Erna v Rooyen 20/10

Kai van Heerden 20/10 Trudy Brooks 22/10

Baby Brits 22/10 Hansie Swanepoel 22/10

Elize Oosthuizen 23/10 Augusta le Roux 24/10

Eugene le Roux 24/10 Cobé Strauss 24/10

Seth Froneman 24/10 Olaff Strauss 24/10

Des Humpel 24/10 Fran Olwagen 25/10

Thom Swart 25/10 Pieter Troskie 25/10

Petro vd Merwe 27/10 Dawid Strydom 27/10

JP du Toit 27/10 Rudi Mieny 27/10

Anita v Heerden 27/10 Ansu de Klerk 28/10

Leandé Britz 29/10 Jose Castanho 29/10

Freda Esterhuizen 30/10 Stiaan Calitz 30/10

Sharon Beyers 31/10 Sally Schoeman 31/10

Maxie du Toit 31/10 Jean Jacobs 31/10

Esmé Oosthuizen 31/10 Jacques du Preez 31/10

Mikayla Wiese 31/10

Wees stil en weet, Ek is die Heer. Elke mens sal erken dat Ek die belangrikste is. Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek

is nie. Psalm 46:1 (Die Boodskap)

Page 8: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

8

-8-

Die Gees maak my vry van die neerdrukkende wet van die sonde en die dood. Hy breek daardie magte se houvas op my

lewe vir altyd. Romeine 8:2

DORINGS EN ROSE

Dorings en Rose bied ʼn komiese, leersame kyk na die verskille tussen mans en vroue, en watter ver-wagtinge elkeen het in terme van hul verhoudings met mekaar. Dit steek die draak met paartjies aan die hand van skreeusnaakse situasies en om uit te beeld wat met paartjies gebeur vanaf ontmoeting tot oudword stadium. Hoe dikwels die verwagting van ʼn verhouding heeltemal verskil van die reali-teit en hoe paartjies daardie verskil hanteer. Dit word aangebied in NG Kerk, Die Bult kerkgebou, DV 6 November 2013 om 18:00. ʼn Ligte ete word daarna aangebied en die koste beloop R 80 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Die Bult kerkkantoor.

Biltongprojek

As deel van fondsinsameling ten bate van sending verkoop ons baie lekker biltong en droë wors teen ‘n baie billike prys. Vir enige bestellings kontak gerus die sendingkantoor in die oggend by 018 2946900. Daar sal ook na die oggend-diens biltong en droë wors beskikbaar wees by die saal.

Page 9: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

9

-9-

B.i.b.l.e.: Basic Instructions Before Leaving Earth!

Is my boetie se beurt......

'n Verhaal word vertel van 'n matriekklas by 'n sekere skool wat geregeer is deur die belhamel-element.

Die klas het haas onregeerbaar geword en een ná die ander onderwyser het sy of haar goed gevat en

geloop omdat dit nie vir hulle enigsins moontlik was om dissipline en orde te handhaaf nie. Daar is ad-

vertensies in al die koerante geplaas, maar soos wat die onderwysers aangestel is, so het hulle 'n paar

weke later maar weer hul goed gevat en geloop.

Maar een oggend was daar 'n ligte kloppie aan die skoolhoof se deur en n tingerig geboude man het

daar gestaan. Die skoolhoof het gegroet en toe stel die man homself voor: Ek is Mnr Buys en ek het

kom aansoek doen vir die pos van matriekonderwyser. Die skoolhoof het die man op en af gekyk en toe

vir hom gesê: Dankie Mnr Buys, maar groter en sterker manne as jy het al aansoek gedoen en het maar

weer stert tussen die bene 'n paar weke later weggesluip.

Mnr Buys het die skoolhoof in die oë gekyk en toe gesê: Dan het jy mos niks om te verloor deur my 'n

geleentheid te gee nie. Ek sien kans vir hierdie klas. Die skoolhoof het sy bedenkinge gehad, maar het

te sleg gevoel om vir hierdie man te sê dat hy heeltemal te klein en maer is vir hierdie klomp belhamels

en het hom toe aangestel.

Die volgende oggend was die matriekklas op hul beste, die geraas is deur die hele skool gehoor. Daar

was 'n vreeslike rumoer wat deur die gange ge-eggo het. Die klasdeur het oopgegaan en mnr Buys het

stadig by die deur ingeloop terwyl hy die hele spul so op en af bekyk, hy het agter sy tafel gaan staan

en net gekyk, nie 'n woord gesê nie.

Daar het skielik 'n doodse stilte oor die matriekklas neergedaal. Of dit verbasing was omdat so 'n klein

verpiepte mannetjie die mannemoed gehad het om by hulle klas in te stap, en of dit net die atmosfeer

was wat die man omvou het - wat ook al die rede - die stilte was voelbaar.

Mnr Buys het van die geleentheid gebruik gemaak om die klas te groet, homself voor te stel en hulle te

vra om asb hulle plekke in te neem. Hy verduidelik toe vir hulle dat hy orde en dissipline gaan toepas,

maar met die verskil, dat hulle die reëls en die straf sal bepaal. Hy gaan staan toe voor die swartbord en

vra hulle watter reëls hulle wil instel. Die een groot belhamel met die naam van Jakobus spring toe op

en skree:"Daar mag geen diefstal wees nie", en mnr Buys skryf toe GEEN DIEFSTAL.

Die volgende ou spring toe op en sê daar mag geen vloekery wees nie, en mnr Buys skryf GEEN VUIL

TAAL, en so het die klomp hul totaal en al oorgegee aan die genot van die maak van die reëls. Toe

staan mnr Buys eenkant en sê dit is nou goed so, maar wat van die straf as een van hierdie reëls ver-

breek word. O dit is maklik skree ou Jakobus weer, 10 van die bestes met die rottang. Goed sê mnr

Buys, so sal dit wees en skryf toe die straf ook op die bord.

Die dag het redelik vlot verloop en die pouse het aangebreek.

Page 10: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

10

-10-

Na pouse storm Jakobus die klas binne en sê vir mnr Buys, "My toebroodjies is gesteel, en die reëls sê

daar mag nie gesteel word nie, so die skuldige moet asb gestraf word". Mnr Buys vra toe of hy weet

wie die brood gesteel het, Ja, sê Jakobus, dit was Klaas. Mnr Buys vra toe wie Klaas is, en agter in die

klas staan 'n maer, verwaarloosde seun stadig op. Mnr Buys vra hom toe of hy die brood geneem het

en hy sê toe ja, hy het. Mnr Buys kyk toe vir die kind en sien dadelik die hongerpyne op die seun se

gesig raak, maar hy het ook besef as hy nie die nodige disipline toepas nie, gaan hy ook druipstert die

skool verlaat. Hy versoek toe vir Klaas om vorentoe te kom.

Klaas was die toonbeeld van armoede, die skoene was stukkend, en oor sy skoolbroek het hy 'n oor-

grote baadjie gedra wat hy styf voor toegevou het. "Klaas trek uit jou baadjie en kom buk". Klaas kom

toe vorentoe en buk met die baadjiepante nog steeds styf vasgehou. "Nee Klaas, die baadjie is te lank

en dit hang oor jou boude, jy moet dit asb uittrek". "Ag meneer", smeek Klaas, "ek sal buk want ek is

skuldig, maar asb meneer, net nie my baadjie nie".

Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar ter wille van die dis-

sipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sy baadjie uit te

trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind: "Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb me-

neer, ek kan nie die baadjie uittrek nie".

Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sê weer: "Kom Klaas, uit met die baadjie" en toe Klaas sien hy

gaan die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die onder-

wyser met net die broek aan sy lyf.

"Klaas waar is jou hemp" vra mnr Buys. "Meneer, in ons huis is daar net een hemp en een baadjie en

dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En meneer ek het nie bedoel om die brood te

neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer in die asblik gooi soos elke dag, en ek was so hon-

ger, toe dink ek hy sal nie eens agterkom dat die brood weg is nie".

Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee om sy emosies onder

beheer te kry. Toe draai hy om en sê: "Klaas, jy verstaan dat ek wel die dissipline moet toepas. Jy ver-

staan dat ek nie 'n uitsondering kan maak nie", en Klaas kyk hom in die oë en sê: "Ja meneer, ek ver-

staan" en toe buk hy, en Mnr Buys tel die rottang op om die eerste hou te slaan, toe breek Jacobus se

stem die stilte in die klas, "Wag Meneer moenie hom slaan nie." Mnr Buys kyk na Jacobus en sê: "Nee

die straf moet toegepas word vir die oortreding van die reëls". "Nee meneer, moenie hom slaan nie, hy

was honger, los hom ek sal in sy plek kom buk om die straf te kry."

Daar was nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het daar Iemand ook voor die

Vader gestaan en gesê, Asseblief Vader moenie hulle straf nie, Ek sal in hulle plek die straf neem.

Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie nuwe dag, hierdie nuwe week opnuut vir ons Hemelse

Koning dankie te sê vir die straf wat Hy namens ons verduur het. Laat mens dink, dink voor jy praat

en doen aan andere wat jy graag wil hê gedoen moet word aan jou.

Sien ook die nood raak van die ander met wie jy 'n pad kruis.

“Ek sal hulle versorg en beskerm. Niemand sal hulle

uit My versorgende hand kan ruk nie. Daarvoor sal

Ek Self sorg.”

- Joh 10:28, Die Boodskap

Page 11: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

11

-11-

OEFENING VIR MENSE OOR 30

Begin deur op ‘n gemaklike oppervlak te staan, met genoeg spasie weerskante van jou. Hou ‘n 2 kg aartappelsak in elke hand, strek arms uit kante toe en hou daar solank as jy kan. Probeer ‘n volle minuut bereik, en ontspan. Jy sal vind dat jy hierdie elke dag ‘n bietjie beter sal doen, en hierdie posisie net ‘n bietjie langer sal hou. Na ‘n paar weke kan jy opskuif na ‘n 5 kg aartappelsak. Daarna kan jy 7 kg sakke probeer en uiteindelik probeer jy om ‘n 10 kg aartappelsak in elke hand te hê en jou arms reguit te kan hou vir ‘n volle minuut. (Ek is op hierdie vlak!) Nadat jy gemaklik is op hierdie vlak, kan jy ‘n aartappel in elke sak sit!

Meraai sê vir Gatiep: "Djy moenie dink djy sal by die hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!" Gatiep: Dja Meraai, djy hou djou baie slim né, maar daar is ‘n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie. My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier yt!"

Page 12: IEDERARK Oktober.pdfkig in die woonstel (al moet jy ‘n heuwel uitklim om daar te kom, want die beloning is dat jy die see vanuit die kombuis werk en ek begin om die stad (nog net

12

-12-

Jesus Christ

-> Relax and concentrate on the four small dots in the middle of the picture for about

30 seconds.

-> Then take a look at a wall near you (any smooth, light colored surface), you will

see a circle of light developing.

-> Start blinking your eye a couple of times and you will see a figure emerging.

-> What do you see? ... JESUS CHRIST ...

Redaktrise: Naomi Scheepers - 0791349256 [email protected]