iederark okt.pdf · 05/10 jan kotze paula pretorius rika scholtz 06/10 riëtte de witt trien...

8
iederark Inhoudsopgawe Sendingkantoor ..................2 Sending Gebedsversoeke ...3 Allerlei.................................4 Growth Point ......................5 Die Huwelik .........................6 Verjaarsdaglys ....................7 Advertensies .......................8 Wat gebeur DV hierdie week….…… 12 Oktober 2014 Uitgawe 36/2014 Ds Willem Louw Ds Okkie Cill iers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za E-pos [email protected] Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113 Jeugkantoor 0760202662 Sondag 12 Oktober Botswana uitreik Gebedskrygers Erediens Geen Koffiediens 07:30 09:15 17:30 Maandag 13 Oktober SKOLE OPEN Gebedskrygers Eiendom Bestuursvergadering 07:00 18:00 Dinsdag 14 Oktober Gebedskrygers FB Vergadering Ouderling vergadering Kollektante vergadering 07:00 07:30 18:00 18:00 Woensdag 15 Oktober Tribe-C Sending Bestuursvergadering Growth Point 16:00 18:00 18:30 Donderdag 16 Oktober Gebedskrygers Vroue Bybelstudie Getuienisbediening vergadering 07:30 09:30 18:00 Vrydag 17 Oktober Gebedskrygers 07:00 Gebedskrygers Mannebiduur 06:30 07:00 Saterdag 18 Oktober

Upload: others

Post on 08-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

iederark

Inhoudsopgawe

Sendingkantoor ..................2

Sending Gebedsversoeke ...3

Allerlei.................................4

Growth Point ......................5

Die Huwelik .........................6

Verjaarsdaglys ....................7

Advertensies .......................8

Wat gebeur DV hierdie week….……

12 Oktober 2014 Uitgawe 36/2014

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

E-pos [email protected]

Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113

Jeugkantoor 0760202662

Sondag 12 Oktober

Botswana uitreik Gebedskrygers

Erediens Geen Koffiediens

07:30

09:15 17:30

Maandag 13 Oktober

SKOLE OPEN

Gebedskrygers Eiendom Bestuursvergadering

07:00 18:00

Dinsdag 14 Oktober

Gebedskrygers FB Vergadering Ouderling vergadering Kollektante vergadering

07:00 07:30 18:00 18:00

Woensdag 15 Oktober

Tribe-C Sending Bestuursvergadering Growth Point

16:00 18:00 18:30

Donderdag 16 Oktober

Gebedskrygers Vroue Bybelstudie Getuienisbediening vergadering

07:30 09:30 18:00

Vrydag 17 Oktober

Gebedskrygers 07:00

Gebedskrygers Mannebiduur

06:30 07:00

Saterdag 18 Oktober

Page 2: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

2

“It’s amazing what can be accomplished if you don’t worry about who gets the credit.”

Ondersteun die sendinggeloofsoffer deur ‘n aftrekorder te teken.

Bankbesonderhede:Absa Bank

Takkode 632 005Rek nr 405 041 9146

Ons kan saam ‘n verskil in die wêreld maak!!

Baie dankie aan elkeen wat reeds ‘n bydrae maak.

Page 3: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

SENDING GEBEDSVERSOEKE

HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Bid asb vir: Miederpark groep wat vandag by die

hospitaal die boodskap bring.

PETRO ZAAYMAN SE GEBED VIR POTCH HOSPITAAL Bid vir beskerming en wysheid vir Hospitaal en personeel in krisis situasies. Vader ons kom na U toe in die Naam van Jesus Christus en ons verklaar ons totale afhanklik-heid van U. Ons gee elke personeellid en dok-ter van Potchefstroom hospitaal vir U – laat U wil geskied en U koningkyk kom. Geen wapen wat teen enige een gesmee word sal stand hou nie en elke tong wat teen iemand daar opstaan verwerp ons. Ons geregtigheid is van U, o Here van die leërskare. Ons bid vir beskerming teen enige gevare en aansteeklike siektes. Ons bid vir dokters en personeel vir insig en wysheid, veral in krisis situasies waar besluite geneem moet word. Nou verklaar ons o Here, dat U alleen ons God is, en dat daar buiten U, geen ander is nie – ‘n regverdige God en Redder, die Vader, die Seun en die Gees en ons aanbid U. Ons bid die beskermende bloed van Jesus Christus oor elke dokter en personeellid. En dat U, U engele sal opdrag gee om ‘n muur van vuur om die hospitaal self te bou. Ons verklaar dat ons sterk en vol moed is, en nie bevrees en verskrik is nie, want dit is U Here ons God wat saam met ons trek, U sal ons nie begewe of verlaat nie (Deut 31:6). Die Here ons God is met ons, oral waar ons heengaan (Jos 1:9). In die Naam van Jesus Christus, die Naam bo elke Naam, Amen.

3

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Dankie vir: Die uitreikspan wat so baie vir ons beteken en

doen vir die uitbreiding van die Here se konink-ryk.

Bid asb dat die Here meer siele tot ons ge-meente sal toevoeg.

Oral waar ek die evangelie neem, hul ontvank-lik sal wees.

MALAWI SENDING (Pieter) Bid asb: Pieter stuur ‘n boek wat hulle in Yao vertaal

het, na OM in Suid-Afrika vir druk. Bid asb daar-voor.

Bid vir ’n Christen wat vir Pieter kom raad vra het. Hy sê hy het dinge in sy lewe toegelaat wat maak dat hy nie stiltetyd kan hou nie. Bid asb dat sy ore sal oop wees sodat hy die stem van die Here kan hoor.

Bid asb elke dag vir die Christene. Dat hul Jesus se liefde sal uitdeel aan die wat hul nie goedgesind is nie.

Bid asb vir die village-mense wat almal besig is in hulle lande. Ons is so dankbaar dat hul nou groente uit die tuin kan eet. Ons sukkel net baie met die siektes wat die tamaties so aanval.

Page 4: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

4

HOSPITAAL OPNAMES

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld dat

hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is.

Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle

tydens die weeklikse hospitaalbesoeke

(Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

GEBEDSVERSOEKE

By die sydeur en in die ingansportaal is ’n

houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As

jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n

saak of dat ons by jou huis saam met jou

moet kom bid, gooi jou versoek in die

houer en dit sal opgevolg word.

KLEREBANK

Die klerebank het dringend van die volgende items nodig as u kan help asseblief. Gordyne en beddegoed; Mans/vroue tekkies 6-8; Mans/vroue/kinders sweetpakbroeke alle groottes; Daar is ‘n groot tekort aan enige skoene asb. Vir mans vrouens en kinders. Enige ou klere of bruikbare items sal waardeer word. Sonet Brooks 083 308 7796

GEBEDSKRYGERS Die Heilige Gees het ‘n paar gebedskrygers bymekaar gebring om elke oggend in die gebedskamer saam te bid vir die werking van die Heilige Gees . Indien die Heilige Gees met jou nou praat om ook deel te word van die gebedskrygers is jy baie welkom om deel van die groep te word. Hier is ‘n geleentheid waar jy ‘n verskil kan maak !!

VERITAS SENDING (Ds Dawie en Naomi) Vir die volgende twee weke sal ons nie tuis wees nie, daarom vra gee ons vandag net verskeie sake vir voorbidding in hierdie tyd:

Ons besoek aan Marianne en Thomas in Londen volgende week. Marianne (ons jongste dogter) is op die einde van haar swangerskap en haar dogtertjie kan nou enige tyd haar opwagting maak. Bid asb vir die bevalling en ook vir die nuwe aanpassing vir Thomas en veral vir klein Hugo (2).

Dan gaan ek ook by André en Hannien le Roux inloer. Hulle is besig met kerkplanting en werk onder moeilike omstandighede in Zutendaal, België. Bid asb vir hulle bediening en dat die besoek daar vir ons almal nuwe deure sal oopmaak. Vandaar gaan ek na Johan en Rita Bloemhof aan die suidwestelike buitewyke van Parys in Frankryk. Daar gaan ons vier lede van die groepie wat verlede jaar as fasiliteerders vir Module 1 toegerus is, ook toerus as fasiliteerders vir Module twee. Bid asb vir hierdie opleiding maar veral vir die groei van die werk in Frankryk. Dit is ‘n baie moeilike gebied om in te werk. Ons kan ook die Here dank vir die volgende:

Ons het verlede week voorbidding gevra vir die een gemeente in die Kaap wat tevore ‘n gebou in Woodstock gehuur het waarvan die eienaar nie die huur wou verleng nie. Ons is saam met hulle dankbaar dat hulle ‘n baie dienlike bovertrek in Soutrivier ‘n blok van die stasie af en op ‘n MyCity busroete gekry het. Dit is dus maklik bereikbaar vir opleiding.

Ons is ook dankbaar vir die groepe wat besig is met opleiding in die Wes-Kaap. Bid ook vir die groepie bekeerde M o s l e m s in die Strand wat Kobus Cilliers fasiliteer; vir Philip Coetzee wat ‘n interkerklike Bybelstudiegroep in die Strand met Module 1 fasiliteer en dan vir die Franssprekende groepe van Jean-Blaise en sy span.

Page 5: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

5

Page 6: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

6

Huwelik : Raad oor die huwelik uit die mond van die suigling. Hoe besluit jy met wie om te trou? Jy moet iemand soek wat van dieselfde goed as jy hou. Soos bv. As jy van sport hou moet sy daarvan hou dat jy van sport hou en die chips en dip bly aandra. (Alan, 10) Geen mens besluit regtig voor hulle groot is met wie om te trou nie. God besluit dit lank voor die tyd, en jy vind eers later uit met wie jy sit. (Kirsten, 10) Wat is die regte ouderdom om te trou? Drie en twintig - want dan ken jy die persoon vir 'n ewigheid. (Camile, 10) Geen ouderdom is 'n goeie ouderdom nie. Jy moet simpel wees om te trou (Freddie, 6) Hoe kan 'n vreemdeling getroude paartjies uitken? Jy sal maar moet raai, maar kyk of hulle op dieselfde kinders skree. (Derrick, 8) Wat dink jy het jou ma en pa in gemeen? Nie een van hulle wil nog kinders hê nie. (Lori, 8) Wat doen meeste mense as hulle uitgaan? Uitgaan is vir die plesier en mense moet dit gebruik om mekaar beter te leer ken. Selfs seuns het iets om te sê as jy lank genoeg luister. (Lynette, 8) As mense die eerste keer uitgaan vertel hulle vir mekaar 'n klomp leuens wat hulle genoeg interesseer om weer uit te gaan. (Martin, 10) Wat sal jy doen as jou eerste afspraak skeef loop? Ek sal huistoe hardloop en maak of ek dood is. Die volgende dag sal ek al die koerante bel om seker te maak dat hulle oor my skryf in die doodsberigte. (Graig, 9) Wanneer kan jy iemand soen? As hulle ryk is. (Pam, 7) Die wet sê jy moet 18 wees en ek gaan nie daarmee stry nie. (Curt, 7) Die reël sê as jy iemand soen, dan moet jy met haar trou en kinders hê. Dis die regte ding om te doen. (Howard, 8) Is dit beter om te trou of moet mens alleen bly? Dis beter vir meisies om alleen te bly maar seuns het iemand nodig om agter hulle aan te loop en skoon te maak. (Anita, 9) Hoe sal die wêreld anders wees as mense nie getrou het nie? Daar sal verseker 'n klomp kinders wees wat verduidelikings soek (Kelvin, 8) And the winner is.... Hoe sal jy 'n huwelik laat werk? Vertel vir jou vrou dat sy mooi lyk al lyk sy soos 'n lorrie. (Kelvin, 8)

Page 7: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

7

Okto

ber verja

ars

da

e

01/10 Jacqueline Storbeck

02/10 Sorika Nieuwoudt

Nadene Smith

Santies Smith

03/10 Hannetjie Deysel

Sarie Labuschagne

04/10 Norman Tullues

05/10 Jan Kotze

Paula Pretorius

Rika Scholtz

06/10 Riëtte De Witt

Trien Engelbrecht

Simone Pretorius

Poppie Swanepoel

07/10 Gerard Van Zyl

08/10 Nielen Conradie

Janie Lindeque

09/10 Morne Meyer

Ruan Vinger

10/10 Cynthia Meyer

11/10 Leon Nel

12/10 Stoney Steenkamp

Arend Van Wyk

Anika Venter

13/10 Frans Kearney

Klits Viljoen

14/10 Bianca De Klerk

William Pansegrauw

Danie Rossouw

Riekie Van Niekerk

15/10 Marli Janse van Rensburg

16/10 Johan Swart

Gert Venter

17/10 Dale-Mari Dahms

Jenny Pieterse

Margareth Van Niekerk

18/10 Brendon Venter

19/10 Ria Freund

Natie Kearney

20/10 Kai Van Heerden

Erna Van Rooyen

22/10 Baby Brits

Trudy Brooks

23/10 Elize Oosthuizen

Pieter Van Greunen

24/10 Seth Froneman

Des Humpel

Augusta Le Roux

Eugene Le Roux

Cobe Strauss

Olaf Strauss

25/10 Fran Olwagen

Thom Swart

26/10 Leon Greyling

27/10 JP Du Toit

Rudi Mieny

Dawid Strydom

Petro Van der Merwe

Anita Van Heerden

28/10 Ansu De Klerk

29/10 Leande Britz

Jose Castanho

30/10 Stiaan Calitz

Freda Esterhuizen

31/10 Sharon Beyers

Maxie Du Toit

Jean Jacobs

Esme Oosthuizen

Sally Schoeman

Page 8: iederark Okt.pdf · 05/10 Jan Kotze Paula Pretorius Rika Scholtz 06/10 Riëtte De Witt Trien Engelbrecht Simone Pretorius Poppie Swanepoel 07/10 Gerard Van Zyl 08/10 Nielen Conradie

IEDERARK KLEIN ADVERTENSIES

Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein advertensies @ R100 pm (vir vier plasings)

vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n outomatiese verskyning op die webblad in.

Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600 pm. Inbetalings word by die kerkkantoor ge-

doen. Advertensies word vooraf opgestel en elektronies tesame met die inbetalings-

bewys na Naomi gestuur. (Naomi en die Mediabestuur hou die reg voor om adverten-

sies wat indruis teen die etos van die gemeente, nie te plaas nie. Die voorreg om in die

Iederark te adverteer is slegs vir ingeskrewe lidmate van die gemeente beskikbaar.)

Die grootte van die oplaag word nie gewaarborg nie en word steeds gedruk na die be-

hoefte van gemeente getalle.

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of

bydraes na:

[email protected]

(Kritiek Welkom!)