omsendbrief 5/2019 1 februarie 2019 geagte ouers …omsendbrief 5/2019 1 februarie 2019 geagte ouers...

19
Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark Winkelsentrum Ons Lardies is goed op dreef en die leerders en personeel is al druk besig met die skoolprogram. Ons wil graag belangrike inligting en reëlings aan u as ouers deurgee om sodoende ingelig en bewus te wees van alle skoolaangeleenthede. 1. ALGEMENE INLIGTING Die skool sluit om 13:10 vir die grondslagfase leerders. Ons doen ‘n beroep op u as ouers om asseblief nie op die stoepe of voor die snoepie vir u kind te wag nie. Die senior leerders is tot en met 13:45 besig met hul akademiese program en dit is baie steurend vir die leerders as daar ouers op die stoepe gesels. U is meer as welkom om vir u seun of dogter te wag op die hokkieveld of op die pawiljoen maar asseblief nie voor die senior klasse nie.

Upload: others

Post on 12-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019

Geagte Ouers

Hierdie brief word geborg deur

Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark Winkelsentrum Ons Lardies is goed op dreef en die leerders en personeel is al druk besig met die skoolprogram. Ons wil graag belangrike inligting en reëlings aan u as ouers deurgee om sodoende ingelig en bewus te wees van alle skoolaangeleenthede. 1. ALGEMENE INLIGTING

Die skool sluit om 13:10 vir die grondslagfase leerders. Ons doen ‘n beroep op u as ouers om asseblief nie op die stoepe of voor die snoepie vir u kind te wag nie. Die senior leerders is tot en met 13:45 besig met hul akademiese program en dit is baie steurend vir die leerders as daar ouers op die stoepe gesels. U is meer as welkom om vir u seun of dogter te wag op die hokkieveld of op die pawiljoen maar asseblief nie voor die senior klasse nie.

Page 2: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

__________________________________________________________________ 2. AKADEMIE

Ons versoek u om asseblief seker te maak dat die leerders elke dag alles inpak wat hul gaan nodig kry. Daar is geweldig baie ouers wat daagliks items by die kantoor kom aflaai wat die administratiewe personeel dan by die leerders moet uitkry. Dis baie steurend vir die personeel wat besig is met akademie as al die leerders oor die interkom geroep moet word. Ons vra asseblief u samewerking in die verband. Indien u seun/dogter iets tuis vergeet het sal hy/sy aan die einde van die dag geroep word om dit by die kantoor te kom afhaal. Geen telefoniese boodskappe kan gemaak word na die administratiewe kantoor om aan u kind oor te dra nie. U is meer as welkom om die voogonderwyser te e-pos.

Geen ouer mag direk na ‘n onderwyser se klas gaan gedurende skoolure nie. Indien u ‘n leerder kom uitteken sal hy/sy kantoor toe geroep word.

Ons formele assesserings vind plaas in klastyd maar ook op Dinsdae en Donderdae. Ouers moet asseblief die kwartaalbeplanning besigtig, dit is op die Kommunikeerder beskikbaar. Leerders moet asseblief vroegtydig voorberei vir die assesserings aangesien alle formele take tel vir rapport-punte. Ons streef na Lardies wat hard werk op die sportveld maar ook

Page 3: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

uitnemend presteer op die akademiese veld. Leerders sal 2 weke voordat ‘n formele toets geskryf word die werksafbakening ontvang.

3. SKRIF Volgens die departementele voorskrifte moet alle Gr. 4 - 6 leerders lopende skrif skryf. Leerders het slegs in Gr. 7 die keuse om lopende skrif of los te skryf. Indien ‘n Gr. 4 - 6 leerder vir watter rede ook al nie lopende skrif kan skryf nie moet daar eers toestemming verkry word. Daar is deur navorsing bewys dat lopende skrif beslis ‘n invloed op ‘n leerder se leesvermoë het.

Toestemming om los te skryf mag slegs deur Me C Hollander (DPO) verkry word, nie deur ‘n Graadhoof nie.

4. AFWESIGHEDE

Indien ‘n leerder afwesig is, bly dit die kind en die ouer se verantwoordelikheid om die huiswerk by ‘n maat te kry. Onderwysers word nie verantwoordelik gehou vir die verkryging van huiswerk of klaswerk by vakpersoneel as leerders afwesig is nie. Leerders en ouers moet asseblief self die nodige reëlings tref. Onthou asseblief dat Gr.7-leerders wel Vrydae huiswerk kry. Laatkom Ons skool begin daagliks om 07:30. Ons versoek u om u kind asseblief betyds by die skool af te laai. Indien ‘n leerder laat is word sy/haar naam afgemerk in die laatkomboek. Na drie keer sal die leerder ‘n inskrywing op die dissiplinestelsel ontvang wat na u toe gestuur sal word per sms. Ons vra u samewerking asseblief! Indien u weet dat u kind die spesifieke dag gaan laat kom as gevolg van ‘n doktersafspraak ens. moet u asseblief die Graadhoof vroegtydig inlig. Indien ‘n leerder die terrein vroeër moet verlaat gedurende die dag moet hy/sy ‘n uitteken briefie voltooi wat deur al die vakonderwysers geteken moet word voordat dit by die kantoor ingehandig moet word.

Kommunikasie

Ons glo dat goeie kommunikasie een van die belangrikste aspekte is vir ouers.

Ons poog om u sover as moontlik op hoogte te hou van alle gebeure in en om die skool. Ons doen ‘n beroep op u as ouers om gereeld u kind se huiswerkboek te besigtig vir alle inligting ten opsigte van skoolaange-leenthede.

Ons administratiewe dames is druk besig met skooladministrasie en moet dikwels baie oproepe beantwoord ten opsigte van inligting wat alreeds in die huiswerkboekie is. Alle liga datums asook toer of uitstappie datums is in die dagboek. Kontak ook die kommunikeerder vir skoolinligting.

Page 4: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

5. BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING Een van ons verkose ouerlede van die Beheerliggaam, Mnr Herman van Zyl se kinders het aanbeweeg Hoërskool toe, sodoende het daar 1 vakature in die Beheerliggaam ontstaan. Die tussenverkiesing sal Maandag, 25 Februarie 2019 om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Nominasievorms is beskikbaar by die kantoor vanaf Maandag, 11 Februarie 2019. Die volgende belangrike inligting vir u kennisname is soos volg: A. Beheerliggaam word saamgestel uit 1. Die Skoolhoof 2. 6 Ouerverteenwoordigers 3 3 Onderwys verteenwoordigers 4. 1 Administratiewe personeel verteenwoordiger B. Registrasie van kiesers Datum : 25 Februarie 2019 Tyd : 17:30 tot 18:00 Plek : Skoolsaal

Let wel: Slegs ouers van ingeskrewe Gr. R – Gr. 7 leerders mag registreer en stem. Bring u identiteitsdokument en ’n pen saam.

C. Nominasievergadering Datum : 25 Februarie 2019 Tyd : 18:00-18:15 Plek : Skoolsaal

Let wel: Nominasies sluit stiptelik om 18:15 op 25 Februarie 2019

D. Voorbereiding van stembriewe: 18:15 – 18:30 E. Voorstelling van genomineerdes: 18:15 – 18:30 F. Verkiesingsvergadering Datum : 25 Februarie 2019 Tyd : 18:30 Plek : Skoolsaal

Page 5: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

G. Belangrike inligting

’n Kandidaat kan op twee maniere genomineer word

a. Deur ’n nominasievorm wat behoorlik en volledig ingevul is deur die voorsteller, sekondant en kandidaat by die kiesbeampte in te dien, nie meer as sewe dae en nie minder as 24 uur voor die nominasievergadering;

b. Deur ’n ouer as lid voor te stel tydens die nominasievergadering,

mits nog ’n ouer wat teenwoordig is, die voorstel sekondeer en ’n nominasie-vorm behoorlik en volledig ingevul is deur die voorsteller, sekondant en kandidaat by die kiesbeampte toegestaan word vir hierdie doel.

Nominasievorms sal beskikbaar wees in die kantoor vanaf Maandag, 11 Februarie 2019. Nominasievorms moet by die skoolkantoor ingedien word wat in ’n geseëlde posbus geplaas word vir die kiesbeampte.

As meer kandidate voorgestel word as die aantal lede wat verkies moet word, sal ’n stemming gehou word. Indien daar slegs een ouerlid voorgestel is, sal geen stemming plaasvind nie.

Page 6: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Slegs wettige ouers en/of voogde van ingeskrewe leerders by Laerskool Elarduspark van Gr. R tot Gr. 7 mag stem, ’n kandidaat, sekondant en/of voorsteller wees.

Slegs twee wettige ouers en/of voogde per leerder van Laerskool Elarduspark mag stem.

Volmagstem (Proxy votes) – Vorms is by die skool beskikbaar vir ouer(s) wat ’n volmagstem namens ’n ander wettige ouer(s) en/of voog(de) van ingeskrewe Gr. R – Gr. 7 – leerders van Laerskool Elarduspark, kan stem vir kandidate wat genomineer is. Ouers en/of voogde wat byvoorbeeld uitstedig of in die buiteland is, kan hiervan gebruik maak. Slegs twee volmagstemme per persoon is geldig.

Kworum: ’n Kworum vir die tussenverkiesing is nie van toepassing nie.

Die Beheerliggaam se take behels ondermeer die bepaling van ons skool se Taal- en Godsdiensbeleid wat belangrike aspekte is in ons gemeenskap. Om u stem te laat geld versoek ons u teenwoordigheid op die dag van die verkiesing.

6. PARKERING Verkeer om die skool is ‘n groot kopseer veral gedurende spitstye. Ons versoek dat u asseblief nie in die erwe, rondom die skool se opritte of voor die skool se hekke sal parkeer nie. Leerders moet asseblief van die voetoorgange gebruik maak.

7. BYBELVASVRA

2019 is die 40ste bestaansjaar van die Nasionale Bybelvasvra-kompetisie en die finaal vind plaas te Hartenbos. Laerskool Elarduspark het ook die geleentheid om in 2019 die Super 12 - Bybelvasvra aan te bied. Uit die aard van die saak wil ons graag twee baie sterk spanne vir die kompetisie inskryf. Indien u kind meer van die Bybel wil leer is die Bybelvasvra net die plek vir hom of haar. Deelname aan die Bybelvasvra het ook die voordeel dat dit leesvermoë, memorisering, groepwerk en studiemetodes verbeter. Ons is opsoek na Gr 5-7 leerders wat gemotiveerd is en hou van ‘n uitdaging. Bestudeer 1 Samuel 1-4 en Johannes 1-3 indien jy wil deelneem aan die uitdunne. Uitdunne vir ‘n plek in die span vind plaas op Maandag, 4 Februarie in Me Carine Badenhorst se klas (T3) om 14:00. Uitdunne behoort ± 20 minute te duur. Leerders wat by ander aktiwiteite betrokke is, is welkom om ‘n reëling te tref met Me Mӧller of Badenhorst vir ‘n meer geleë tyd.

Page 7: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Belangrike datums wat u in ag moet neem vir u besluit is: Eerste rondte kompetisie: 16 – 21 Mei (een van die dae) Bestudeer 1 Samuel 1-11 en Johannes 1-6 Super 12: 7 Augustus Tweede rondte kompetisie: 15 – 20 Augustus (een van die dae) Bestudeer 1 Samuel 12-19 en Johannes 7-12

8. LEESSENTRUM Die Gr. 3 – 7 leerders wat ekstra hulp in lees benodig, sal briefies by hulle taalonderwysers ontvang. Ouers moet asb. op die skeurstrokie aandui watter dag u kind die Leessentrum kan bywoon en dit so gou as moontlik terugstuur na die Registeronderwyser. Hierdie leerders moet die ekstra lees bywoon. Gr. 2 leerders sal vanaf die 2de kwartaal uitgenooi word. Leerders wat verlede jaar die Leessentrum bygewoon het, word aangemoedig om daarmee voort te gaan al het hulle nie ‘n briefie ontvang nie. Gereelde oefening waarborg resultate! Die Leessentrum is in Rekenaarlokaal 1 en sal vanaf Maandag, 4 Februarie 2019 oop wees. Gr. 3 (13:45–14:15) en Gr. 4 tot 7 (14:00–14:30). Vir enige navrae kontak Me Andria Briers ([email protected]).

9. REDENAARS Baie geluk aan elke redenaar wat by die siftingsrondtes gepraat het. Die

standaard was uiters hoog en ons sien uit na ʼn goeie jaar van Redenaars.

Uitslae sal binnekort bekend gemaak word.

10. SENIOR KOOR Die Senior Koor het hul jaar afgeskop met hul eerste oefeninge. Ons spog met 98 pragtige stemmetjies wat die jaar hard gaan werk om die musiek te laat hoor! Oefeninge vind plaas op Maandae 14:00 – 15:00 asook op Woensdae 17:00 – 18:00. Ons is baie opgewonde oor ons koorkamp wat voorlê! Dit vind plaas op 8 & 9 Februarie 2019. Mag 2019 vir elke koorlid ‘n fantastiese jaar wees! Ons sien uit om te hoor watter klanke die jaar gaan bekoor!

11. DISSIPLINE BELEID 2019

Die gedragskode van Laerskool Elarduspark word vervat in die huiswerk-boekie op bl 144-156.

Alle oortredings asook erkennings word deur die onderwyser op die rekenaar ingelees. U as ouer sal binne 24 uur ‘n sms ontvang indien u kind ‘n inskrywing vir ‘n oortreding gekry het.

Erkennings word aan die einde van elke maand uitgedruk saam met die oortredings en aan die leerder gegee.

Page 8: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Indien ‘n leerder ‘n totaal van 15 punte vir oortredings het sal hy/sy op Maandae ‘n detensiebrief ontvang. Die skeurstrokie vir erkenning moet voor of op Woensdae aan die voogonderwyser teruggestuur word. U as ouer hou die detensiebrief aangesien alle oortredings daarop aangedui word. Indien u ‘n probleem het met ‘n inskrywing moet u die personeellid wat die inskrywing gegee het kontak of vir Mnr René du Plessis wat die Dissiplinehoof is.

Neem asseblief kennis dat Detensie plaasvind op Vrydae vanaf 13:30-15:30. Geen leerder sal van detensie verskoon word nie.

12. LARDIEKOMPETISIE 2019

Ons eerste fondsinsamelingsprojek van die jaar skop binnekort af. Ons ouers kan uitsien na fantastiese pryse wat gewen kan word en groot pryse vir die leerders. Volledige inligting van ons Lardie Kompetisie sal binnekort volg.

13. FOTOBESTELLINGS

Individuele en klasfoto’s van Gr 1-7 was op Dinsdag, 22 Januarie 2019 geneem. ʼn Bestelvorm is deel van die proeffoto. U as ouer moet asb. die bestelvorm, korrekte bedrag geld en proeffoto terug skool toe stuur. Bestellings eindig reeds Maandag, 4 Februarie 2019.

14. SEKURITEIT Ons skool het 24 uur sekuriteit en u kind se veiligheid is vir ons belangrik. Maak asseblief seker dat u, u kind uitteken voordat hy/sy die terrein verlaat. Uittekenprosedure

Leerders van Gr. 1 – 3 wat vroeër huis toe gaan voltooi die uittekenvorm by hul klasonderwyser. Gr. 4 – 7 volg die volgende prosedure 1. Gaan in registerperiode na die Graadhoof. 2. Die Graadhoof voltooi die vorm om die terrein vroeër te verlaat. 3. Die leerder neem die vorm na die vakonderwysers wat dit sal onderteken. 4. Die geparafeerde vorm word by die kantoor ingehandig. 5. As die ouer die leerder kom afhaal moet hy/sy die uittekenregister voltooi. 6. Mev van Zijl gee ‘n uittekenkaartjie aan die ouer wat dan by die hekwag

ingehandig moet word. 15. TUINPROJEK

Een van ons skool se mooi tradisies nl. die tuinprojek het begin. Elke graad is verantwoordelik vir die opgradering van ʼn spesifieke gedeelte van die tuin wat aan die spesifieke graadgoep toegewys is. ʼn Vriendelike tog ernstige versoek aan ons ouers wat betrokke is, dat geen plante verwyder mag word alvorens toestemming gegee is nie. Ons beleid is dat alleenlik inheemse plante aangeplant mag word, is steeds die goue reël. Kontak Me L van Rooy of u graadhoof vir enige navrae.

Page 9: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Die projek se sluitingsdatum is 4 Maart, aangesien die Opedag reeds op 9 Maart plaasvind. Ouers, u positiewe insette soos in die verlede word deur die skool opreg waardeer.

16. ATLETIEK

Ons atlete is sterk op dreef en ’n paar byeenkomste het alreeds plaasgevind. Die atletiekbyeenkoms van 17 Januarie 2019 het uitgereën en geen uitslae is bekend nie. Dit gaan baie goed met ons Lardies se deelname tydens die atletiekseisoen. Tydens 24 Januarie 2019 se atletiekbyeenkoms, te Wonderboom, het Lardies 2de geëindig, naas Laerskool Menlopark. Baie geluk aan talle medaljewenners wat ons skool se naam hoog hou. Dankie aan elke atleet wat opdaag by byeenkomste en ons skool met trots verteenwoordig. Dinsdag, 5 Februarie 2019, vind die Clusterbyeenkoms plaas te Hoërskool Garsfontein. Slegs 2 atlete per item neem deel. Die atlete wat 1ste en 2de plekke behaal tydens die Clusterbyeenkoms, sal deurdring na die Distrik Kampioenskappe wat plaasvind op 23 Februarie 2019. Atletiekoefeninge gaan voort vir atlete wat deurdring na die Distrik Kampioenskappe. Afrigters sal oefentye bekend maak aan die betrokke atlete.

17. SKAAK Skaak: Tshwane Registrasie Ope Skaak Toernooi 23 Laerskool Elarduspark spelers het aan die 1ste Skaaktoernooi van 2019 deelgeneem.

Naam Gr Resultaat

Afdeling B

Mikhal Odendaal Gr 7 ⅗ Eindig 13de van 50 spelers

Afdeling C

Liam du Plessis Gr 6 ⅗

Kagan Webb Gr 4 ⅖

Charl Meiring Gr 4 ⅕

Altus Marais Gr 4 Deelgeneem

Afdeling D

Jurgen Lourens Gr 3 ⅘ Eindig 10de van 71 spelers

Nicholis Meiring Gr 4 3.5/5 Eindig 11de van 71 spelers

Stian v d Linde Gr 5 ⅗

Henco Nel Gr 4 2.5/5

Page 10: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Rian Klopper Gr 3 ⅖

Shalane Gous Gr 4 ⅖

Mika Rothman Gr 4 ⅖

Donovan Grobler Gr 4 1.5/5

Anton Beukes Gr 4 1.5/5

Tiaan Henning Gr 4 ⅕

Yunay Sutherland Gr 3 1/5

Amy Rothman Gr 5 0.5/5

E Afdeling

Dehandre v d Merwe

Gr 3 3/5

Hadrian Green Gr 3 2/5

Abbygail Webb Gr 2 2/5

Liam de Beer Gr 2 1.5/5

Ruevan Beukman Gr 3 1.5/5

Inneke van Heerden

Gr 2 1/5

Baie geluk en sterkte aan die spelers wat eerskomende naweek 1 - 3 Februarie 2019 aan die Piet Robbertse Skaaktoernooi deelneem. Kyk gerus op www.tshwanechess.co.za vir inligting t.o.v. ander toernooie gedurende die jaar. Skaak Ouerinligtingsvergadering vir gevorderde spelers vind plaas op Maandag, 4 Februarie 2019 om 18:00 in die personeelkamer.

18. NETBAL EN RUGBY INTERKLAS Ons jaarlikse netbal en rugby Interklas vind plaas op Dinsdag, 12 Februarie 2019. Die Interklas rugby en netbal word ook as proewe gesien. Let asseblief daarop dat leerders wat aan die atletiek deelneem, verskoon word van die Interklas. Dit is uiters belangrik dat die leerders in hulle korrekte ouderdoms-groep deelneem bv indien jy in Gr. 6 is maar in die 0/13 ouderdomsgroep speel gaan jy tydens Interklas vir die Gr.7’s speel. Onderwysers sal leerders bystaan hiermee. Alle Gr. 3 - 7 seuns speel rugby Interklas en slegs Gr.4 - 7 dogters speel netbal Interklas.

19. NETBAL

Die Netbalseisoen is om die draai en ons is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlȇ. Hiermee wil ons graag solank inligting en datums onder u aandag bring. Die vaardigheidsoefeninge begin alreeds op Dinsdag, 5 Februarie 2019 en vind slegs op Dinsdae en Donderdae van 14:00 – 15:00 plaas op die weervastebane. Let asseblief daarop dat hierdie oefeninge slegs vir nie-atlete is.

Page 11: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Netbal Inligtingsvergadering vir o/10–o/13 speelsters vind plaas op Maandag, 4 Februarie 2019 om 18:00. Ons gaan in die onderskeie afrigters se klasse vergader.

Ouderdom Klas Ouderdom Klas

o/10 A Ras (K7) o/12 I Diedericks (G2)

o/11 A Hugo (Lab) o/13 R Fourie (K5)

Dit is baie belangrik dat ouers die vergadering sal bywoon aangesien belangrike inligting ten opsigte van netbal op hierdie aand deurgegee word.

20. MINI-NETBAL

Baie dankie aan almal wat die inligtingsaand bygewoon het, ons sien uit na ’n besige maar opwindende seisoen. Daar vind op Woensdag, 6 en Donderdag, 7 Februarie 2019 ‘n netbal kursus vir al die 0/8 en 0/9 dogtertjies plaas. Die kursus word aangebied deur Me Melinda de Goede. Skeurbriefies moet asseblief voor of op Maandag, 4 Februarie 2019 by Me Cornelli Smit in G3 ingehandig word.

21. RUGBY

Die Rugby-ouerinligtingsaand gaan hierdie jaar slegs in spanverband plaasvind op Maandag, 11 Februarie 2019 om 18:00. Die ouers gaan na die volgende lokale vir vergadering: 0/13’s – Mnr F van Wyk 0/11’s – Mnr C Claassen 0/10’s – Mnr J Andrews 0/9’s – Mnr G van der Merwe

Program van die jaar

Datum Skool Plek

Ma, 11 Februarie Proewe Ls Elarduspark

Di, 12 Februarie Interklas Ls Elarduspark

Wo, 13 Februarie Proewe Ls Elarduspark

Di, 26 Februarie Kenmare Ls Elarduspark

Do, 28 Februarie Helderkruin Ls Helderkruin

Di, 5 Maart Tygerpoort Ls Elarduspark

Do, 7 Maart Van Riebeeckpark Ls Elarduspark

Sat, 9 Maart Midstreamdag Midstream College

Di, 12 Maart Vastrap Ls Elarduspark

12-15 Maart 0/9 toer Camp Discovery

14-16 Maart 0/10 toer Konka

18-21 Maart 0/13 toer Konka

25-28 Maart 0/11 toer Konka

Do, 4 April Wyksproewe Cornwall Hill

Page 12: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Sat, 6 April Super 12 Groepwedstryde Ls Kenmare

9-11 April Wyksproewe Cornwall Hill

Wo, 10 April Super 12 Finale TBC

Di, 16 April Constantiapark (liga) Ls Constantiapark

Do, 25 April Rooihuiskraal Ls Elarduspark

Di, 2 Mei Garsfontein (liga) Ls Elarduspark

4-9 Mei Blou Bulle proewe Grizzlies

Di, 14 Mei Hennopspark (liga) Ls Hennopspark

Do, 16 Mei Wierdapark (liga) Ls Wierdapark

Di, 21 Mei Wonderboom (liga) Ls Elarduspark

Di, 28 Mei Stephanus Roos (liga) Ls Elarduspark

Di, 4 Junie Blou Bulle (Semi-finale) Curro Hazeldean

Di, 11 Junie Blou Bulle (Finaal) Grizzlies

RUGBY OEFENTYE VANAF WOENSDAG, 6 FEBRUARIE 2019 MAANDAE

A - Veld B - Veld Tyd

Kultuur Kultuur 14:00 – 15:00

0/10 A + B + C 0/9 A + B + C 15:00 – 16:00

0/11 A + B 0/13 C + 0/13 D 16:00 – 17:00

0/13 A 0/13 B 16:45 – 18:00

DINSDAE

A - Veld B - Veld Tyd

0/10 A + B + C 0/9 A + B + C 14:00 – 15:00

0/11 A + B 0/13 C + 0/13 D 15:00 – 16:00

0/13 A 0/13 B 15:45 – 17:00

Bulletjies Bulletjies 17:00 – 18:00

WOENSDAE

A - Veld B - Veld Tyd

0/11 A + B 0/10 A + B + C 14:00 – 15:00

0/13 C + 0/13 D 0/9 A + B + C 15:00 – 16:00

0/13 A 0/13 B 15:45 – 17:00

Bulletjies Bulletjies 17:00 – 18:00

DONDERDAE

A – Veld B - Veld Tyd

0/10 A + B + C 0/9 A + B + C 14:00 – 15:00

0/11 A + B 0/13 C + 0/13 D 15:00 – 16:00

0/13 A 0/13 B 15:45 – 17:00

Bulletjies Bulletjies 17:00 – 18:00

Page 13: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

RUGBY PROEWE TYE MAANDAG, 11 FEBRUARIE

A - Veld B - Veld Tyd

Kultuur Kultuur 14:00 – 15:00

0/10 0/9 15:00 – 16:00

0/13 0/11 16:00 – 17:30

DINSDAG, 12 FEBRUARIE Interklas vanaf 14:00 WOENSDAG, 13 FEBRUARIE

A – Veld B - Veld Tyd

0/10 0/11 14:00 – 15:00

0/13 0/9 15:00 – 16:30

22. BULLETJIE-RUGBY

Die nuwe bulletjie seisoen is amper op ons en ons glo dat elke seun opgewonde is vir die seisoen wat voorlê. Hierdie jaar is die proses van bulletjie-rugby soos volg:

Elke ouer moet sy/haar seun gaan registreer op die volgende skakel: https://www.cognitoforms.com/Onlineplatform/ElardusparkBulletjieRugbyRegistrasie Daarna is die registrasiegeld van R250 betaalbaar in die skool se rekening. Onthou asseblief om die regte verwysing te gebruik. Die bewys van betaling moet asb op die volgende skakel aan ons gestuur word: https://www.cognitoforms.com/Onlineplatform/BulletjieRugbyBewysVanBetaling Die volledige Bulletjie brief met die seisoen se bepalings en oefentye is op die skool kommunikeerder beskikbaar. Alle skakels ten opsigte van registrasie en die stuur van bewys van betalings is ook beskikbaar. Die bulletjie inligtingsaand vind plaas op Maandag, 4 Februarie 2019 op die pawiljoen. Hierdie aand gaan gebruik word om die spanne in te deel asook om bekend te raak met die maats en die afrigters. Ons sien uit na ‘n baie suksesvolle seisoen waar die seuns ‘n liefde vir rugby gaan ontwikkel.

23. HOKKIE Ons stuur graag die volgende belangrike inligting ten opsigte van hokkie bepalings vir 2019 aan u deur. Elke span kry twee oefensessies per week, wat ‘n uur en ‘n half sal duur. Oefentye is rondom die netbal, rugby en krieket oefentye bepaal. Daar is sover moontlik probeer om botsings met ander sport en kultuur aktiwiteite te

Page 14: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

voorkom. Indien ‘n hokkie oefening oorvleuel met ‘n netbal of rugby oefening in die 2de kwartaal, kry netbal en rugby voorkeur en kan spelers by hokkie oefening inskakel sodra hulle klaar is met die ander sportsoort. Tydens die 3de kwartaal kry hokkie voorkeur. Elke span sal geleentheid kry vir oefentyd op die skoolgronde en by die NG Kerk Elarduspark. Oefentye op Astro sal later deurgegee word sodra die Hoërskole hulle oefenprogram bekend gemaak het. Indien die plek waar oefening plaasvind verander, sal u vroegtydig in kennis gestel word. Oefentye neem reeds ’n aanvang op 4 Maart vir die aanleer en vaslê van vaardighede. Spanne word eers later bepaal tydens proewe. Verdere inligting sal deurgegee word tydens die Hokkie-ouerinligtingsaande: 26 Februarie – Liga Hokkie ouervergadering 28 Februarie – Mini-hokkie ouervergadering

Dogters

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag

o/7 13:30 – 14:30 3de Kwartaal

14:30 – 15:30 2de Kwartaal

13:30 – 14:30 3de Kwartaal

o/8 14:30 – 15:30 3de Kwartaal

14:30 – 15:30 2de Kwartaal

14:30 – 15:30 3de Kwartaal

o/9 15:30 – 16:30 3de Kwartaal

15:30 – 16:30 2de Kwartaal

15:30 – 16:30 3de Kwartaal

o/10 16:30 – 18:00 Hokkieveld

15:30 – 17:00 Kerk

o/11 17:00 – 18:30 Hokkieveld

14:00 – 15:30 Kerk

o/12 15:00 – 16: 30 Hokkieveld

14:00 – 15:30 Kerk

1ste 18:00 - 19:30 Rugbyveld

14:00 – 15:30 Kerk

o/13B 15:30 – 17:00 Kerk

17:00 – 18:30

Page 15: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Seuns

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag

o/7 13:30 – 14:30 3de Kwartaal

13:30 – 14:30 2de en 3de Kwartaal

o/8 14:30 – 15:30 3de Kwartaal

14:30 – 15:30 2de Kwartaal

14:30 – 15:30 3de Kwartaal

o/9 15:30 – 16:30 3de Kwartaal

15:30 – 16:30 2de Kwartaal

15:30 – 16:30 3de Kwartaal

o/10 17:00 – 18:30 Netbalvelde

15:30 – 17:00 Kerk

o/11 15:00 – 16: 30 Kerk

15:30 – 17:00 Hokkieveld

o/12 14:00 – 15:30 Kerk

15:30 – 17:00 Hokkieveld

1ste 6:15 – 7:15 Rugbyveld

6:15 – 7:15 Rugbyveld

13:30 -14:30

14:00 – 15:30 Kerk

15:30 – 17:00 Hokkieveld

24. TENNIS

Ons tennisliga het afgeskop en ons Lardies het sommer vroeg-vroeg hulle staal gewys. Uitslae: 28 Januarie 2019

SPAN / OUDERDOMSGROEP

OPPONENTE UITSLAG WEN /

VERLOOR

Seuns oop

1e Cornwall Hill 31/24 Wen

2e Monumentpark 44/11 Wen

3e Garsfontein 43/8 Wen

4e Hennopspark 15/40 Verloor

Seuns 0/11

1e Loslootjie

2e Loslootjie

3e Hennopspark 23/20 Wen

4e Voorpos 30/13 Wen

Dogters oop 1e Loslootjie

2e Loslootjie

Dogters 0/11 1e Pta-Oos 38/16 Wen

2e Swartkop 24/19 Wen

Page 16: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

25. KRIEKET

Neem asseblief kennis dat die datum vir die krieketproewe verander het as gevolg van ’n botsing met eksamens. Proewe van 4 – 6 Junie verskuif na Vrydag, 7 Junie en Saterdag 8 Junie. Teken die bogenoemde verandering asb. vroegtydig in die leerders se dagboeke aan.

26. OPEDAG

Dit is amper weer tyd vir ons jaarlikse Opedag wat ons aanbied vir ons toekomstige Graad R en Graad 1 - leerders van 2020. Graag nooi ons alle ouers uit wat leerders vir Graad R en Graad 1 in 2020 wil inskryf om ons skool te besoek op 9 Maart 2019. Ons is opgewonde om elke nuwe gesiggie te ontmoet.

27. SOSIALE MEDIA

Na vele oorweging het ons as skool besluit om ‘n Sosiale Media inligtings- praatjie aan te bied vir alle ouers van Gr. R – Gr. 7 en vir leerders slegs van Gr. 5 – 7.

Me Carla de Beer van “The Digital Law Company” is die gasspreker. Tydens hierdie geleentheid gaan die knelpunte en gevare ten opsigte van Sosiale Media met ons as onderwysers, ouers en Gr. 5-7 leerders gedeel word. Die volgende aspekte gaan gedek word

Sosiale Media Landskap in SA

Die regsaspekte van die gebruik van sosiale media, afbreek van ‘n persoon se reputasie en privaatheid

Page 17: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

Kuberboelie en teistering

“Sexting” en pornografiese oortreding

Dissiplinêre gevolge van die gebruik van sosiale media (kan ek uit die skool geskors word?)

Beheer oor persoonlike reputasie op sosiale media (het dit ‘n invloed op my toekoms)

Aanlyn veiligheid

Hoop dat u as ouers hierdie belangrike geleentheid nie sal misloop nie.

DATUM : 12 FEBRUARIE 2019 PLEK : NG KERK ELARDUSPARK TYD: : 18:00 - ±20:00 KOSTES : GRATIS (Boeke sal te koop wees na afloop

@ R200) GASSPREKER : ME CARLA DE BEER

TEKEN DIE BELANGRIKE DATUM AAN!!!! Neem asseblief kennis dat die Gr. 7 – Sokkie ook plaasvind op 12 Februarie 2019 maar dat alle Gr. 7 – leerders op Maandag, 18 Februarie 2019 gedurende Saalopening toegespreek gaan word deur Ds Danie Vermaak oor dit wat tydens die aand aan u oorgedra gaan word. Tydens hierdie geleentheid sal ons Gr. 7 – leerders ingelig word oor die gevare en gebruik van sosiale media.

28. LARDIES TV

Ons eie Lardies TV kanaal is al goed op dreef, en daar is al baie interessante opnames waarna u kan kyk! Om seker te maak dat u al die opwindende gebeurtenisse van ons mooi blou skool nie mis loop nie, onthou om aan te teken. Sien die maklike stappe om dit te kan doen. Besoek www.digitv.co.za en skep ‘n profiel met jou e-pos adres en ‘n wagwoord.

Aanvaar die terme en voorwaardes en kliek op “create account”

Ignoreer die “voucher” blokkie en kliek op “get access”

Kies spesifieke aktiwiteite waarin u belangstel (nie verpligtend) en beweeg na die volgende skerm

Kliek op “Schools” waar u Lardies TV sal sien

Page 18: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

29. MCLARDIES Ons vestig net weer u aandag daarop dat ons vanaf die tweede kwartaal ten volle gebruik gaan maak van FundiPay, wat ‘n kontantlose stelsel is. Leerders se aankope vind plaas deur gebruik te maak van ‘n bandjie, waarop ‘n bedrag deur u inbetaal word. Inligting rondom die registrasie by FundiPay is beskikbaar op ons skool se kommunikeerder. Ons wil ook graag dat u ‘n foto van u kind oplaai eerder as ‘n geheime kode (pin). Die kinders is geneig om hierdie kode te vergeet en ‘n foto vergemaklik dus net die proses. Indien u enige probleme met registrasie ondervind is u welkom om Me. Viljoen of FundiPay te kontak. Kontakbesonderhede: FundiPay: Boipela Lesiba – 078 736 6184 of [email protected] Me Louwria Viljoen: [email protected]

Aangesien ons aan al ons leerders die geleentheid wil bied om kwaliteit onderrig te kry, gaan daar geen verkope uit die snoepie wees op Maandae tot Donderdae vanaf 13:15-13:45 nie. Dit is die tyd wanneer ons Gr. 4 – 7 leerders nog besig is met onderrig en ons wil onnodige steurnisse uitskakel. Op Sportdae sal daar geleentheid wees vir verkope indien die busse vroeër vertrek.

30. HOËRSKOLE BESOEKE

Die keuse van ‘n hoërskool is ‘n belangrike keuse wat elke leerder moet maak daarom gee ons die geleentheid aan omliggende hoërskole om ons te besoek sodat ons leerders meer van die skool, hul tradisies en leefwyse kan leer. Aangesien leerders al vroeg in Meimaand moet inskryf by die hoërskool van hul keuse het ons dit goed gedink om vanjaar ons graad 6 en 7 leerders te betrek by die hoërskole se besoek aan ons skool. Vanaf 2020 gaan ons die hoërskool besoeke net oopstel vir die graad 6 leerders. Ons voorstel is dat leerders alreeds vanaf graad 6 die hoërskole se Opedae moet bywoon om genoeg tyd te hê om ‘n ingeligte besluit te maak in hul graad 7 jaar. Vanjaar besoek omliggende Hoërskole ons graad 6 en 7 leerders op Woensdag, 13 Maart 2019. Akademiese tyd word minimaal beïnvloed op die dag en besoeke sal gedurende die oggend plaasvind. Leerders bring dus nog steeds hul boeke saam vir die betrokke dag en mag nie tuis bly nie.

31. VALENTYN Valentyn geskenke is reeds vanaf Maandag, 21 Januarie 2019 by die registeronderwyser te koop gewees @ R20.00 Besteldatum is uitgestel tot Woensdag, 6 Februarie 2019. Geskenke word op 14 Februarie 2019 (Valentynsdag) uitgedeel.

Page 19: Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers …Omsendbrief 5/2019 1 Februarie 2019 Geagte Ouers Hierdie brief word geborg deur Ondersteun gerus Pharma Valu Apteek by Elarduspark

32. LAERSKOOL ELARDUSPARK PERDESPORT

Hiermee verwelkom ons perdesport in ons skool. Ons weet ons huidige Lardie Perdesport ruiters gaan hierdie jaar weer lekker ry by die SANESA skoue. Ons ruiters verteenwoordig verskeie dissiplines en hou altyd Lardies se naam hoog. Ons sien daarna uit om hierdie jaar baie nuwe ruiters in ons span te verwelkom. Indien u kind perdry en graag deel wil wees van ons span, is u welkom om juffrou Mignon Thompson te kontak vir verdere inligting en skoudatums. Ons het tans ‘n ouer wat op die Gauteng Equestrian Federation raad dien wat bereid is om ons span te help. Sy het reeds vir ons hierdie besonderse Logo ontwerp waarmee Lardies ruiters trots gaan deelneem. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir enige kind om in te skakel by die Lardie Perdesport span. Kontakbesonderhede: Mignon Thompson, [email protected] 072 802 1948

Vriendelike Lardie-groete ME H BARKHUIZEN MNR T HUMAN ADJUNKHOOF SKOOLHOOF