on sandwater êrel sw woensag 2017 bushalte lyk nou mooi · quena adia uiters en adine uiters. raad...

4
on SW Sandwater Primêr êreld Woensdag 8 Nov 2017 Bushalte lyk nou mooi Esmerelda Maquena D ie bushalte by die ingang van die dorp lyk som- mer nou spoggerig nadat Sandwater se leerders dit met veelkleurige verf verfraai het. Dit is verlede jaar deur die Oesterbaai Inwo- nersvereniging (OIV) op- gerig nadat daar ’n groot behoefte geïdentifiseer is by die inwoners van Umzamowethu wat in wind en weer vir vervoer dorp toe moes wag. Die bushalte is egter onlangs deur graffiti ont- sier. Die OIV het verf aan- gekoop en die skool by die verfraaiing van die bushalte betrek. Die leerders het die taak met groot entoesi- asme aangepak. Eers is ’n wit onderlaag geverf. Daarna het die gr. R- en gr.1-leerders onder lei- ding van juffrou Liesbeth veelkleurige handjies in die vorm van ’n brander gemaak. Gelukkig was dit verf met ’n waterbasis en kon hulle hul hande darem maklik afwas. Juffrou Liesbeth het ook ’n boom en ’n har- tjie geverf. Meer senior leerders het vir die ander prentjies gesorg. Die OIV is verheug oor Sandwater se hoof, on- derwysers en leerders se betrokkenheid by die ver- fraaiing van die bushalte Volgens mnr. Walter Kurten, voorsitter van die OIV, was die entoesiasme waarmee die verwery aangepak is, wonderlik. “Ons is bly en glo dat dit gemeenskapsame- horigheid skep. Ons vertrou dat die leerders geleer het dat hulle trots kan wees as hulle omge- wing netjies is en verfraai word,” het hy gesê. Die personeel hou ook van die leerders se werk. “Dit lyk vrolik en inte- ressant,” het mnr. Hennie Ferreira, hoof, gesê. Juffrou Van Rooyen het gesê dat sy nie ge- dink het dit gaan so mooi wees nie. Justin Mkuma, gr. 6, help om mooi prentjies op die bushalte te verf. Luwellyn Oliphant, gr. 6, is een van die leerders wat gehelp het om die bushalte te verfraai. Gr.R- en 1-leerlinge wys opgewonde aan verbygangers hoe hulle die handjies met veelkleurige verf op die bushalte by die ingang van die dorp aangebring het. FOTO: HETTIE JOOSTE, OIV

Upload: others

Post on 24-Apr-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: on Sandwater êrel SW Woensag 2017 Bushalte lyk nou mooi · quena adia uiters en adine uiters. raad -leerders loriana odewyk orn alan en Yoland alan. estuurders nr. anie Groenewald

onSWSandwater

Primêrêreld Woensdag

8 Nov 2017

Bushalte lyk nou mooiEsmerelda Maquena

Die bushalte by die ingang van die dorp lyk som­

mer nou spoggerig nadat Sandwater se leerders dit met veelkleurige verf verfraai het.

Dit is verlede jaar deur die Oesterbaai Inwo­nersvereniging (OIV) op­gerig nadat daar ’n groot behoefte geïdentifiseer is by die inwoners van Umzamowethu wat in wind en weer vir vervoer dorp toe moes wag.

Die bushalte is egter onlangs deur graffiti ont­sier.

Die OIV het verf aan­gekoop en die skool by die verfraaiing van die bushalte betrek.

Die leerders het die taak met groot entoesi­asme aangepak. Eers is ’n wit onderlaag geverf.

Daarna het die gr. R­ en gr.1­leerders onder lei­ding van juffrou Liesbeth veelkleurige handjies in die vorm van ’n brander gemaak. Gelukkig was dit verf met ’n waterbasis en kon hulle hul hande darem maklik afwas.

Juffrou Liesbeth het ook ’n boom en ’n har­tjie geverf. Meer senior leerders het vir die ander prentjies gesorg.

Die OIV is verheug oor Sandwater se hoof, on­derwysers en leer ders se betrokkenheid by die ver­fraaiing van die bushalte

Volgens mnr. Walter Kurten, voorsitter van die OIV, was die entoesiasme waar mee die verwery aangepak is, wonderlik.

“Ons is bly en glo dat

dit gemeenskapsame­horigheid skep. Ons ver trou dat die leerders geleer het dat hulle trots

kan wees as hulle omge­wing netjies is en verfraai word,” het hy gesê.

Die personeel hou ook

van die leerders se werk.“Dit lyk vrolik en inte­

res sant,” het mnr. Hennie Ferreira, hoof, gesê.

Juffrou Van Rooyen het gesê dat sy nie ge­dink het dit gaan so mooi wees nie.

Justin Mkuma, gr. 6, help om mooi pren tjies op die bushalte te verf.

Luwellyn Oliphant, gr. 6, is een van die leer ders wat gehelp het om die bushalte te verfraai.

Gr.R- en 1-leerlinge wys opgewonde aan verbygangers hoe hulle die handjies met veelkleurige verf op die bushalte by die ingang van die dorp aangebring het. FOTO: HETTIE JOOSTE, OIV

Page 2: on Sandwater êrel SW Woensag 2017 Bushalte lyk nou mooi · quena adia uiters en adine uiters. raad -leerders loriana odewyk orn alan en Yoland alan. estuurders nr. anie Groenewald

onSWSandwater

Primêrêreld

Uit die hoof se kantoor:

Mnr. Hennie Ferreira

onSWSandwater

Primêrêreld

RedaksieGraad 7-leerders: Esmerelda Ma-quena, Nadia Ruiters en Nadine Ruiters. Graad 6-leerders: Floriana Lodewyk, Morné Malan en Yolandé Malan. Bestuurders: Mnr. Fanie Groenewald en mev. Cornelia Groenewald.

Woensdag 8 November 2017onSWSandwater

Primêrêreld2

Die jaar lê op sy rug en die groot druk van hierdie tyd van die jaar het reeds begin kop uitsteek.

Die skool is gelukkig om dalk bin-nekort ’n departementshoof aan te stel a.g.v. leerdergetalle wat gegroei het. Die negatiewe egter, is die feit dat een van die posvlak 1-poste oortollig verklaar is. Ons bly positief en wag geduldig om te sien wat die uiteindelike uitkoms sal wees.

Die personeel het ’n paar fonds-insame lings gereël. ’n Deel van die geld is gebruik om ’n snymasjien aan te koop. Assesseringsprogramme vir die grondslagfase en graad R is ook aangekoop tot voordeel van die onderwysers en leerders.

Madelein Viljoen en twee jong-mense uit die VSA doen goeie werk onder ons leerders. Hulle help met rekenaarlesse asook die fisiese en geestelike ontwikkeling van ons leerders. Die skool en gemeenskap is altyd baie dankbaar vir hierdie inisiatiewe.

Wat baie kommerwekkend is, is die hoë afwesigheidsyfer van som-mige van ons leerders. Die skool het briewe aan alle ouers gestuur om te verduidelik wat die prosedure is wat gevolg moet word wanneer leerders afwesig is. Die gevolge is ook duidelik uitgespel. Ons vertrou dat die ouers hierdie brief ernstig sal opneem.

Die NSRI het die skool geduren-de die kwartaal besoek en al die leerders het onderrig ontvang om drenkelinge by te staan asook om basiese noodhulp te verleen indien hulle in so ’n situasie sou beland.

Baie sterkte aan ons leerders met hul finale eksamen. Ons versoek die ouers om hul kinders by te staan gedurende hierdie tyd.

Ons sê baie dankie aan al mal wat ons skool so getrou ondersteun.

Ons dank ook aan die hele span wat van hierdie koerantjie so ’n groot sukses maak.

In ons vorige uitgawes het redaksielede van onSWêreld met al die onderwysers en administratiewe personeellede van Sandwater onderhoude gevoer. Nou is dit die hoof se beurt. Morné Malan het met mnr. Ferreira in sy kantoor gaan gesels

en ook by ander gaan hoor wat hulle oor die hoof te sê het.

Hoe noem die leerders van die skool u?

Baie leerders noem my Meester en ander noem my Meneer.

Hoe lank is u al by Sandwater en waar het u voorheen skool gehou?

Ek is al vier jaar hier. Ek was eers by P.K. de Villiers Se­kondêr in Keetmans­hoop, Namibië en toe by Voorpos Primêr in Oos­Londen.

U sien u vrou net elke tweede naweek. Hoe so?

My vrou bly in Oos­Londen waar sy skool hou. Ons dogter, ’n apteker, en twee klein kinders is ook daar.

Waarvan hou u van Sandwater?

Die kinders. Ek is baie lief vir kinders.

Waarvan hou u nie?Die slegte grond­

pad na Oesterbaai.Watter planne het

u nog vir Sandwater?Ek wil baie graag

’n goeie buitemuurse program vir die leer­ders vestig.

• Leerders, per-soneellede en ouers stem saam dat hulle ’n baie goeie hoof het.

Elrico van Rooyen, gr. 6: “Hy is die beste Meneer.”

Pe t rus A lexan­der, gr. 6: “Ek hou baie van Meneer se grappe.”

Devino Skosana, gr.

7: “Hy help jou met jou skoolwerk as jy sukkel.”

Juffrou Van Rooy­en: “Hy gee goeie leiding en hy gee om vir die skool.”

Juffrou Liesbeth: “Meneer is baie be­hulpsaam en vrien­delik.”

Mev. Charmaine Kettledas, voorsitter van die skool se be­heerliggaam: “Hy is ’n goeie leier en help waar hy kan.”

Morné Malan voer ’n onderhoud met mnr. Hennie Ferreira in sy kantoor.

Morné Malan, Avuyile Mafa, Petrus Alexander, Litha Vuthuza en Devino Skosa-na is baie trots op die Lego-model wat hulle gebou het. Dit is deur Volvo, Swede aan die skool geskenk.

Leerders bou netjiese Lego-model uit Swede

‘Hy is die beste Meneer’

Page 3: on Sandwater êrel SW Woensag 2017 Bushalte lyk nou mooi · quena adia uiters en adine uiters. raad -leerders loriana odewyk orn alan en Yoland alan. estuurders nr. anie Groenewald

Woensdag 8 November 2017 onSWSandwater

Primêrêreld 3

Nadine Ruiters

Twee jong Ameri­kaners het die af­gelope ruk deel

van Sandwater Primêr geword.

Hulle besoek die skool in ’n uit reikingsprogram in samewerking met Liv­ing Water.

Anna Wilde kom van Wisconsin en Vanessa Martinez van Kalifornië. Hulle wil graag aan jongmense hul waarde in Christus en sy liefde vir hulle oordra.

Vanessa, ’n verpleeg­ster en ook ’n jeugpas­toor, gaan 8 November terug Amerika toe.

Anna vertrek 4 Desem­ber na Amerika. Sy wil ’n onderwyseres word omdat sy so graag met kinders werk.

“Die jongmense is ’n groot hulp vir ons skool,” het die hoof, mnr. Hennie Ferreira, gesê.

“Hulle gee ekstra reke­

naarlesse vir die grond­slagfase en help ook met die fisiese en geestelike ontwikkeling van ons leerders.”

Joe­Wilfred Kgarebe en Iminathi Bonani, gr. R, het altwee gesê dat hulle baie van Anna en Vanessa hou. Hulle geniet die pret

en speletjies.Aluthando Keyi, gr. R,

het gesê, “Ek hou van die rekenaarlesse. Dis baie lekker.”

Yolandé Malan

Die NSRI het Sandwater verlede maand besoek om die leerders touwys oor lewensredding te maak.

Die geleentheid is deur Kouga Windplaas ge­borg.

Euodia Erasmus van die NSRI se hoofkantoor in Kaapstad en haar twee helpers, Vuyo en Doreen, het die leer ders geleer hoe gevaarlik die see is en ook gewys wat om te doen as iemand in die nood is.

Die drie stappe is ‘Haz­ard, Hello, Help’.

Hulle het geleer om eers te kyk dat daar nie iets is wat gaan maak dat die drenkeling nie kan asemhaal nie, soos byvoorbeeld seegras in die keel.

Dis ook belangrik om altyd iets by jou te hê waaraan die drenkeling kan vashou as jy hom uithelp.

As dit moontlik is moet

NSRI maak ons leerders strandslim

Amerikaners help by Sandwater

iemand ook gaan hulp soek.

Mnr. Ferreira het gesê dat dit baie sinvol was omdat ons ’n see­ge­meenskap is. “Dit is

nood saaklik dat leerders weet hoe om drenkelinge te ondersteun en te han­teer. Dit kan lewens red.”

D i e l e e r d e r s h e t saamgestem dat dit baie

leersaam was.Abigail Malan, gr. 1:

“Ek was baie bly om te hoor hoe om mense te red.”

Linché Witbooi, gr. 2:

“Dit was baie goed om alles van die see te leer.”

Ronel Jansen, gr. 6: “Ek weet nou wat om te doen as iemand besig is om te verdrink.”

Anna Wilde help met die rekenaarlesse vir die leerders in die grondslagfase.

Vanessa Martinez speel saam met ’n groepie leerders om hul balvaardighede te verbeter.

Een van die NSRI-vrywilligers, Doreen, verduidelik aan die leerders wat om te doen as iemand besig is om te verdrink.

Sange Mh lakana kry ook ’n beurt om te wys hoe ’n om ’n drenkeling by te staan.

Page 4: on Sandwater êrel SW Woensag 2017 Bushalte lyk nou mooi · quena adia uiters en adine uiters. raad -leerders loriana odewyk orn alan en Yoland alan. estuurders nr. anie Groenewald

Woensdag 8 November 2017onSWSandwater

Primêrêreld4

Umzamowethu kry spoggerige gimpark

Nadia Ruiters

Um z a m o w e t h u spog nou met ’n splinternuwe

gim park regoor die skool.Die opelug gimnasium

is deur Kouga Windplaas geskenk en opgerig deur mnr. George Williams (Oom Koksie soos almal hom ken).

Mnr. Trevor Arosi, openbare skakelbeampte van Kouga Windplaas, het gesê dat die gim­

park ’n geleentheid aan plaaslike inwoners en ook van omliggende ge­meenskappe bied om fiks en gesond te wees.

Hy het gesê oud en jonk kan saam oefen.

Van die apparaat is só ontwerp dat meer as een persoon dit gelyktydig kan gebruik.

Die doel van die gim­park is ook om sosiale samesyn te skep en om gemeenskapsbande te versterk.

Hy het gesê dat Kou­ga Windplaas graag wil bydra tot die fisiese en geestelike welsyn van die gemeenskap.

Mnr. Zolani Mayoni, stadsraadlid vir Wyk 1, Kouga Munisipaliteit, is baie bly oor die gimpark. “Dit gaan baie mense gesond en fiks hou,” het hy gesê.

Lede van die gemeen­skap is in hul skik met die gim.

“Ek dink die gim is

’n baie goeie ding vir Umzamowethu,” het mej. Charmain Boesak gesê.

Mnr. Jannie Kok het al ’n draai daar gemaak. “Dit was vir my baie lek­ker,” het hy gesê.

Mnr. Hennie Ferreira, hoof, voel ook positief oor die gimpark. “Dit is ’n wonderlike aktiwiteit vir die leerders en die gemeenkap.

“’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees,” het hy gesê.

Sandwater se leerders sien uit daarna om die gim te gebruik.

Paula Goeda, gr. 7: “Dit is baie goed om te gim want jy word lekker fiks.”

Petrus Alexander, gr. 6: “Ek voel baie goed oor die gim.”

Floriana Lodewyk

Die kompetisie ter vier­ing van onS Wêreld se

Kompetisie met onSWêreld se tiende uitgawe sorg vir prettiende uitgawe wat in Augustus verskyn het, het vir groot pret gesorg.

Drie leerders se gesigte

is agter nommers weg­gesteek op ’n foto van ’n groepie wat aan hulle worsbroodjies sit en

smul. Deelnemers moes die name van die drie neerskryf en hul inskry­wings in die kompetisie­boks plaas.

Die prystrekking is gedurende pouse ge­hou. Terwyl die gr. 6­ en 7­leerders hul rap­lied “Kompetisie, kompetisie, kompetisie” gesing het, is die drie wenners se name getrek.

Daisy Sotyelwa, Oya­ma Mbopa en Siphokazi Mekana het elkeen ’n verrassingspakkie met lekkergoed, blinkhelder potlode en ’n bal gekry.

Mnr. Ferreira, hoof, het gesê dat hy altyd van die kompetisies hou, veral as hy die blydskap op die pryswenners se gesigte

sien.Die leerders het dit ook

geniet.Alicia Louis, gr. 6: “Ek

was baie opgewonde oor die kompetisie.”

Jonathan Khayi, gr. 5: “Ek is bietjie teleur­gesteld want elke keer as daar ’n kompetisie is, hoop ek om te wen.”

George Willemse, gr. 4: “Ek was geskok! Ek het nog nooit rap by die skool gehoor nie.”

Die nuwe opelug gimnasium in Umzamo-wethu word eers teen die einde van die maand amptelik geopen maar inwoners en veral leerders van Sandwater maak al reeds gebruik daarvan.

Die trekking word gedoen terwyl die gr. 6- en 7’s “Kompetisie, kom-petisie, kompetsie” en toe “Trek, trek. trek” rap.

Siphokazi Mekana en Oya ma Mbopa.