onderwerp 3: klimaat en plantegroei oor die wêreld heen

19
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3 1 Kopiereg voorbehou@ Onderwerp 3: Klimaat en plantegroei oor die wêreld heen Eenheid 3: Warmwoestyne warmwoestyn landgebied waar baie min reën val en temperature baie hoog is lewenstyl manier van lewe nomadies mense wat van plek tot plek trek op soek na water en weiding vir hul diere Europese setlaars mense wat van Europa gekom het om in 'n ander land te woon oase 'n plek in die woestyn waar jy water kan vind Woestyne is warm gebiede wat minder as 250mm reën per jaar kry. Party woestyne is warm en ander is koud. Die wêreld se grootste warmwoestyn is die Sahara in Noord-Afrika.

Upload: others

Post on 03-Oct-2021

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Natuurwetenskappe en Tegnologie: graad 4Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
1 Kopiereg voorbehou@
Eenheid 3: Warmwoestyne
warmwoestyn landgebied waar baie min reën val en temperature baie hoog is
lewenstyl manier van lewe
nomadies mense wat van plek tot plek trek op soek na water en weiding vir hul diere
Europese setlaars mense wat van Europa gekom het om in 'n ander land te woon
oase 'n plek in die woestyn waar jy water kan vind
Woestyne is warm gebiede wat minder as 250mm reën per jaar kry.
Party woestyne is warm en ander is koud.
Die wêreld se grootste warmwoestyn is die Sahara in Noord-Afrika.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
2 Kopiereg voorbehou@
Ligging op aarde
Die kaart hieronder toon waar die wêreld se vernaamste warmwoestyne
aangetref word.
Sahara-Woestyn Noord-Afrika
Kalahari-Woestyn Suider-Afrika
Australiese-Woestyn Australië
Mojave-Woestyn Noord-Amerika
Arabiese-Woestyn Midde-Ooste
Atacama-Woestyn Suid-Amerika
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
3 Kopiereg voorbehou@
Klimaat: temperatuur- en reënvalpatrone
Die temperatuur in warmwoestyne is gewoonlik tussen 20 °C en 25 °C.
In sommige plekke kan die temperatuur bedags tot 50 °C haal en kan dit snags
baie koud word.
Warmwoestyne kry baie min reën en daar is dikwels maande lank geen reën
nie.
Die grafiek hieronder toon die gemiddelde temperatuur- en reënvalpatrone in
'n warm woestyn.
Natuurlike plantegroei en natuurlewe in 'n woestyn
Min plante groei in woestyne omdat baie min reën daar val.
Die plante wat wel in woestyne groei, het nie baie water nodig nie of
het maniere gevind om te oorleef:
sommige plante het lang wortels wat water soek
sommige plante kan water in hul stingels of blare stoor
sommige plante het skerp punte/gif wat keer dat
hulle geëet word
Die diere wat in woestyne leef, het maniere gevind om die
warm son te ontsnap.
Hulle grawe gate in die grond en rus in die koel, donker
gate wanneer dit warm is.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
4 Kopiereg voorbehou@
Sommige van die plante en diere wat in die woestyn aangetref word:
Die vatkaktus is 'n blomkaktus wat in die Noord-Amerikaanse woestyne aangetref word. Die inheemse Amerikaners wat in die woestyn gewoon het, het die water gedrink wat daarin gestoor is en die skerp punte as vishoeke gebruik.
Hierdie is Sturt se woestynertjie. Dit word in die Australiese woestyn aangetref. Dit is vir die grootste deel van die jaar 'n saad en ontkiem net in die reënseisoen. In die reënseisoen word nuwe sade vir die volgende seisoen geproduseer.
Die Dromedariskameel is 'n kameel met een bult wat in die Arabiese woestyn voorkom. Die kameel stoor vet in sy boggel en kan vir drie of vier dae sonder water klaarkom. Die kameel se harde bek laat dié dier toe om doringagtige woestynplante te eet.
Meerkatte word in die Kalahari- woestyn aangetref. Hul lang kloue help hulle om insekte uit te grawe en te eet. Hulle leef in groepe en waarsku mekaar as gevaar (roofvoëls) dreig. Gif van slange en skerpioene kan hulle nie kwaad aandoen nie.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
5 Kopiereg voorbehou@
Hoe mense in 'n woestyn leef
Warmwoestyne is nie maklike plekke om in te leef nie, tog het baie groepe
mense oor duisende jare hierdie plekke hul woning gemaak.
Hul lewenstyl het hulle in staat gestel om in die woestyn te oorleef.
Die Toeareg van die Sahara hou troppe skape, bokke en kamele aan. Hulle is nomadies (hulle trek van plek tot plek namate die seisoene verander, op soek na weiding en water). Hulle doen dit al duisende jare en weet watter roetes hulle moet volg. Hulle eet die vleis en drink die melk van hul diere. Hulle gebruik dierevelle om tente en ander goedere te maak.
Australiese inboorlinge het in die Australiese woestyn geleef. Hulle was nomade wat van die land geleef het deur woestyndiere te jag en sommige plante te eet. Hulle het geweet waar en wanneer dit sou reën en het daarheen getrek. Hulle het nie baie besit nie maar het altyd hul jag- en versamelgereedskap saamgedra.
Oases is plekke in 'n woestyn waar water permanent voorkom. Mense bou nedersettings naby oases en kan selfs gewasse soos olywe, vye en dadelpalms plant. Die dadelpalm is 'n bruikbare plant. Die vrugte kan geëet word, die stam verskaf hout en van die blare kan tou gemaak word. (Dit word in die dakke van geboue gebruik.)
Woestynbewoners het lank terug gelede maniere gevind om onder-grondse water na die oppervlakte te bring. Hulle het bv. putte gegrawe of waterkanale gebou om water van die bron na hul gewasse te lei. Vandag lê mense ondergrondse pype, bou moderne pompe, of gebruik selfs vragwaens om vars water te bring na gebiede waar dit benodig word.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
6 Kopiereg voorbehou@
1. Die _ _ _ _ _ _ is die grootste warmwoestyn in die wêreld.
2. Om van plek tot plek te trek op soek na water en weiding vir hul diere.
3. Die _ _ _ _ _ _ _ van die Sahara hou troppe skape, bokke en kamele aan.
4. Die Sahara-woestyn is in _ _ _ _ _-Afrika.
Dwars:
1. Landgebied waar baie min reën val en temperature baie hoog is.
2. Woestyne is _ _ _ _ gebiede wat minder as 250mm reën per jaar kry.
3. Warmwoestyne kry baie _ _ _ reën en daar is dikwels maande lank geen reën nie.
4. 'n Plek in die woestyn waar jy water kan vind.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
7 Kopiereg voorbehou@
Woordsoek
w e d r t j y h u j m k i o
f l e w e n s t y l g r t n
t w s a d e t h n u k o u d
o s e r b k h n j u i o d e
a v d m t a b g y u i o e r
s g t w e l b g t y y m r g
e h n o m a d i e s t n f r
s n d e v h a g t y g h v o
g m t s g a d c f k f t g n
h k g t y r c b g t c f h d
b l u y u i a f s d h g j s
n o j n k l a r a b i e s e
m b g e a g s h d j f l k n
Leidrade:
2. Jou _ _ _ _ _ _ _ _ _ is jou manier van leef.
3. _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ is nie maklike plekke om in te leef nie.
4. Australiese inboorlinge was _ _ _ _ _ _ _ _ en het rondgetrek agter reën aan.
5. Woestynbewoners het maniere gevind om _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ water na die oppervlak te bring.
6. Die Dromedariskameel kom in die _ _ _ _ _ _ _ _ woestyn voor.
7. Party woestyne is warm, maar dit kan ook _ _ _ _ wees.
8. Meerkatte word in die _ _ _ _ _ _ _ _-woestyn aangetref.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
8 Kopiereg voorbehou@
Pas Kolom B by Kolom A
Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. warmwoestyn
2. Sahara
3. vatkaktus
4. Dromedaris-kameel
sou reën en het daarheen getrek.
5. meerkatte
6. nomadies
F. Hul lang kloue help hulle om insekte uit te grawe om te eet.
7. oase
8. Europese setlaars
9. Toeareg
10. Australiese inboorlinge
J. Mense van Europa wat in 'n ander land kom woon.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
9 Kopiereg voorbehou@
Waar of Onwaar:
1. Woestyne is droog maar kry tog meer as 250mm reën per jaar.
2. In warmwoestyne is die temperatuur baie hoog.
3. Al reën dit min in woestyne, is daar baie plante wat daar kan groei.
4. Die vatkaktus is 'n blomkaktus wat in Noord-Amerika se woestyne gevind word.
5. Diere wat in woestyne leef het geen manier om van die son te ontsnap nie.
6. Alle kamele het twee boggels.
7. Sturt se woestynertjie kom in Australië voor.
8. Dit is nie so maklik om in woestyne te oorleef nie.
9. Om nomadies te wees beteken om van plek tot plek rond te trek.
10. Die dadelpalm is nie 'n baie bruikbare plant nie.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
10 Kopiereg voorbehou@
1. Die temperatuur in warmwoestyne is gewoonlik tussen _____ en _____.
2. In sommige plekke kan die temperatuur bedags tot 50 °C haal en kan dit snags baie _____word.
3. Warmwoestyne kry baie min reën en daar is dikwels _____lank geen reën nie.
4. Min _____groei in woestyne omdat baie min reën daar val.
5. Die plante wat wel in woestyne groei, het nie baie _____nodig nie of het maniere gevind om te oorleef.
6. Sommige plante het lang _____wat water soek wat diep ondergrond is.
7. Sommige plante kan water in hul _____of blare stoor.
8. Sommige plante het skerp punte of gif wat keer dat hulle _____word.
9. Die diere wat in woestyne leef, het maniere gevind om die _____ _____te ontsnap.
10. Hulle grawe gate in die _____en rus in die koel, donker gate wanneer dit warm is.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
11 Kopiereg voorbehou@
Vraag en antwoord:
Sahara
Kalahari
Mojave
Arabiese
Thar
2. a) Waar kom die vatkaktus voor?
b) Hoe was hierdie plant nuttig vir die Inheemse Amerikaners wat in die woestyn gewoon het? Noem twee redes.
3. a) Waar word Sturt se woestynertjie aangetref?
b) Wanneer ontkiem hierdie plantjie?
4. a) Hoeveel boggels het 'n Dromedaris-kameel?
b) Waarvoor word sy boggel gebruik?
c) Hoe is hy aangepas om doringagtige woestynplante te eet?
5. a) In watter woestyn word meerkatte aangetref?
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
12 Kopiereg voorbehou@
c) Hoe beskerm hulle mekaar teen gevaar soos roofvoëls?
d) Hoe is hulle nog aangepas om in die woestyn te leef?
6. a) Die Toeareg van die Sahara is nomadies. Wat beteken dit?
b) Op watter maniere is hulle diere vir hulle bruikbaar?
7. a) Die Australiese inboorlinge het van die land geleef. Wat beteken dit?
b) Hulle het nie baie besit nie, maar wat het hulle altyd by hulle gehad?
8. a) Waar in die woestyn kom water altyd voor?
b) Die dadelpalm is 'n bruikbare plant. Noem drie maniere waarom:
9. a) Op watter twee maniere kry woestynbewoners water?
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
13 Kopiereg voorbehou@
S N 1 3 4
W A R M W O E S T Y N
H M O O
D R O E D A R 3
A M I N R D
E E 4
Leidrade:
Af:
1. Die _ _ _ _ _ _ is die grootste warmwoestyn in die wêreld. Sahara
2. Om van plek tot plek te trek op soek na water en weiding vir hul diere. nomad.
3. Die _ _ _ _ _ _ _ van die Sahara hou troppe skape, bokke en kamele aan. Toea.
4. Die Sahara-woestyn is in _ _ _ _ _-Afrika. Noord
Dwars:
1. Landgebied waar baie min reën val en temperature baie hoog is. warmwoesty.
2. Woestyne is _ _ _ _ gebiede wat minder as 250mm reën per jaar kry. droë
3. Warmwoestyne kry baie _ _ _ reën en daar is dikwels maande lank geen reën nie. min
4. 'n Plek in die woestyn waar jy water kan vind. oase
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
14 Kopiereg voorbehou@
Woordsoek
w e d r t j y h u j m k i o
f l e w e n s t y l g r t n
t w s a d e t h n u k o u d
o s e r b k h n j u i o d e
a v d m t a b g y u i o e r
s g t w e l b g t y y m r g
e h n o m a d i e s t n f r
s n d e v h a g t y g h v o
g m t s g a d c f k f t g n
h k g t y r c b g t c f h d
b l u y u i a f s d h g j s
n o j n k l a r a b i e s e
m b g e a g s h d j f l k n
Leidrade:
1. Plekke in die woestyn waar water permanent voorkom. oases
2. Jou _ _ _ _ _ _ _ _ _ is jou manier van leef. lewenstyl
3. _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ is nie maklike plekke om in te leef nie. warmwoestyne
4. Australiese inboorlinge was _ _ _ _ _ _ _ _ en het rondgetrek agter reën aan. n
5. Woestynbewoners het maniere gevind om _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ water na die oppervlak te bring. ondergrondse
6. Die Dromedariskameel kom in die _ _ _ _ _ _ _ _ woestyn voor. Arabiese
7. Party woestyne is warm, maar dit kan ook _ _ _ _ wees. koud
8. Meerkatte word in die _ _ _ _ _ _ _ _-woestyn aangetref. Kalahari
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
15 Kopiereg voorbehou@
Pas Kolom B by Kolom A
Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. warmwoestyn C
2. Sahara G
3. vatkaktus H
4. Dromedaris-kameel
sou reën en het daarheen getrek.
5. meerkatte F
6. nomadies I
F. Hul lang kloue help hulle om insekte uit te grawe om te eet.
7. oase B
8. Europese setlaars J
9. Toeareg
weiding en water vir hul diere aan.
10. Australiese inboorlinge D
J. Mense van Europa wat in 'n ander land kom woon.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
16 Kopiereg voorbehou@
Waar of Onwaar:
1. Woestyne is droog maar kry tog meer as 250mm reën per jaar. Onwaar
2. In warmwoestyne is die temperatuur baie hoog. Waar
3. Al reën dit min in woestyne, is daar baie plante wat daar kan groei.
Onwaar
4. Die vatkaktus is 'n blomkaktus wat in Noord-Amerika se woestyne gevind word.
Waar
5. Diere wat in woestyne leef het geen manier om van die son te ontsnap nie.
Onwaar
7. Sturt se woestynertjie kom in Australië voor. Waar
8. Dit is nie so maklik om in woestyne te oorleef nie. Waar
9. Om nomadies te wees beteken om van plek tot plek rond te trek.
Waar
10. Die dadelpalm is nie 'n baie bruikbare plant nie. Onwaar
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
17 Kopiereg voorbehou@
1. Die temperatuur in warmwoestyne is gewoonlik tussen _____ en _____.
20oC, 25oC
2. In sommige plekke kan die temperatuur bedags tot 50 °C haal en kan dit snags baie _____word.
koud
3. Warmwoestyne kry baie min reën en daar is dikwels _____lank geen reën nie.
maande
4. Min _____groei in woestyne omdat baie min reën daar val.
plante
5. Die plante wat wel in woestyne groei, het nie baie _____nodig nie of het maniere gevind om te oorleef.
water
6. Sommige plante het lang _____wat water soek wat diep ondergrond is.
wortels
7. Sommige plante kan water in hul _____of blare stoor.
stingels
8. Sommige plante het skerp punte of gif wat keer dat hulle _____word.
geëet
9. Die diere wat in woestyne leef, het maniere gevind om die _____ _____te ontsnap.
warm son
10. Hulle grawe gate in die _____en rus in die koel, donker gate wanneer dit warm is.
grond
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
18 Kopiereg voorbehou@
Vraag en antwoord:
Sahara Noord-Afrika
Kalahari Suider-Afrika
Mojave Noord-Amerika
Arabiese Midde-Ooste
In die Noord-Amerikaanse woestyne.
b) Hoe was hierdie plant nuttig vir die Inheemse Amerikaners wat in die woestyn gewoon het? Noem twee redes.
Hulle het die water gedrink wat daarin gestoor was;
Hulle het die skerp punte as vishoeke gebruik.
3. a) Waar word Sturt se woestynertjie aangetref?
In die Australiese woestyn.
Net in die reënseisoen.
Net een
Hy stoor vet daarin, sodat hy vir lank sonder water
kan klaarkom.
c) Hoe is hy aangepas om doringagtige woestynplante te eet?
Hy het 'n harde bek.
5. a) In watter woestyn word meerkatte aangetref?
In die Kalahari-woestyn.
Sosiale Wetenskappe - Geografie Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 3
19 Kopiereg voorbehou@
Om insekte uit te grawe om te eet.
c) Hoe beskerm hulle mekaar teen gevaar soos roofvoëls?
Hulle leef in groepe en waarsku mekaar.
d) Hoe is hulle nog aangepas om in die woestyn te leef?
Hulle is immuun teen gif van slange en skerpioene.
6. a) Die Toeareg van die Sahara is nomadies. Wat beteken dit?
Hulle trek van plek tot plek soos die seisoene
verander.
b) Op watter maniere is hulle diere vir hulle bruikbaar?
Hulle eet die vleis en drink die melk, en maak tente
en ander goedere van die diervelle.
7. a) Die Australiese inboorlinge het van die land geleef. Wat beteken dit?
Hulle het woestyndiere gejag en party plante geëet.
b) Hulle het nie baie besit nie, maar wat het hulle altyd by hulle gehad?
Jag- en versamelgereedskap
8. a) Waar in die woestyn kom water altyd voor?
Oases
b) Die dadelpalm is 'n bruikbare plant. Noem drie maniere waarom:
Die vrugte kan geëet word;
Die stam verskaf hout;
9. a) Op watter twee maniere kry woestynbewoners water?
Hulle grawe putte en bou waterkanale om water
bronne na gewasse te lei.