onnie prestasies gedagte vir die week belangrike datums · die beheerliggaam wil alle ouers wat...

7
ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief 30 Augustus 2018 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 6066/7 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK Groen, Geel, Oranje Pers! Uitbundige Pers! Lente is in die lug en alles om ons reageer uitbundig. Die natuur reageer spontaan op die draai van die seisoene en bome, blomme en gras besing die grootheid van God, van Sy liefde en sorg. Die beste van alles is … alles gebeur spontaan. Daar word nie vergaderings gehou en beplanning gedoen en strategië uitgewerk oor hoe die natuur op God se genadegawes gaan reageer nie. Dit gebeur onvermydelik en spontaan. Dit is wat gebeur met elke kind van die Here wat by God is. Hoe nader jy aan Hom lewe, hoe meer spontaan groei jy. Hoe meer jy groei, hoe meer leer jy Hom vertrou. Hoe groter die vertroue, hoe meer uitbundig die bloeisels en gesonder die vrug wat jy dra. Leef dankbaar. Leef uit vertroue. Dra vrug tot eer van God. “Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei. Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg. Ek sal altyd vir U met my hele hart dankie sê vir alles wat U vir my doen. U is so wonderlik goed vir my. Saam met u kinders sal ek U loof.” Psalms 52:10-11 ONNIE PRESTASIES Mnr Jacques le Roux is verkies as deel van die Blou Bulle Sewesspan wat die naweek van 31 Augustus, deelgeneem het aan die Zambië Internasionale Sewes Toernooi gaan deelneem in Lusaka. Die Blou Bul span het algeheel tweede geeïndig uit n total van 20 spanne! Baie geluk Jacques, ons glo dit was n heerlike ervaring en dankie dat jy jou kennis en passie ook met ons Eldos deel! BELANGRIKE DATUMS 6 September: - Krieket 0/15A vs John Vorster 7 September: - Drakiades 8 September: - Sagtebal: Sonitus Uitspele (A- spanne) - Eldo 7’s Rugby & Hokkie - Trompoppies Snr. @ Dowerglen - SA Landloop @ PE - Krieket: 1 e Liga @ Montana 2 e Liga @ Garsfontein 3 e Liga @ Oos-Moot 13 September: - Interhuis Swemgala 14 September: - Atletiekbyeenkoms (Tuis) - 7’s Toernooi @ Menlopark 24 September - Eldoraigne Kuierfees WEEK SE HOOGTEPUNT Hierdie Vrydag is dit weer tyd vir Drakiades! Ons sien uit daarna om die Eldo’s te sien hulle talente uitleef en die dag geniet!

Upload: others

Post on 26-Jun-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 30 Augustus 2018

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 6066/7 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Groen, Geel, Oranje Pers! Uitbundige Pers! Lente is in die lug en alles om

ons reageer uitbundig. Die natuur reageer spontaan op die draai van die

seisoene en bome, blomme en gras besing die grootheid van God, van Sy

liefde en sorg. Die beste van alles is … alles gebeur spontaan. Daar word

nie vergaderings gehou en beplanning gedoen en strategië uitgewerk oor

hoe die natuur op God se genadegawes gaan reageer nie. Dit gebeur

onvermydelik en spontaan.

Dit is wat gebeur met elke kind van die Here wat by God is. Hoe nader jy aan Hom lewe, hoe meer spontaan groei jy. Hoe meer jy groei, hoe meer leer jy Hom vertrou. Hoe groter die vertroue, hoe meer uitbundig die bloeisels en gesonder die vrug wat jy dra. Leef dankbaar. Leef uit vertroue. Dra vrug tot eer van God. “Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei. Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg. Ek sal altyd vir U met my hele hart dankie sê vir alles wat U vir my doen. U is so wonderlik goed vir my. Saam met u kinders sal ek U loof.” Psalms 52:10-11

ONNIE PRESTASIES

Mnr Jacques le Roux is verkies as deel van die Blou

Bulle Sewesspan wat die naweek van 31 Augustus,

deelgeneem het aan die Zambië Internasionale

Sewes Toernooi gaan deelneem in Lusaka. Die

Blou Bul span het algeheel tweede geeïndig uit ‘n

total van 20 spanne! Baie geluk Jacques, ons glo dit

was ‘n heerlike ervaring en dankie dat jy jou kennis

en passie ook met ons Eldo’s deel!

BELANGRIKE DATUMS

6 September:

- Krieket 0/15A vs John Vorster

7 September:

- Drakiades

8 September:

- Sagtebal: Sonitus Uitspele (A-

spanne)

- Eldo 7’s Rugby & Hokkie

- Trompoppies Snr. @ Dowerglen

- SA Landloop @ PE

- Krieket: 1e Liga @ Montana

2e Liga @ Garsfontein

3e Liga @ Oos-Moot

13 September:

- Interhuis Swemgala

14 September:

- Atletiekbyeenkoms (Tuis)

- 7’s Toernooi @ Menlopark

24 September

- Eldoraigne Kuierfees

WEEK SE HOOGTEPUNT

Hierdie Vrydag is dit weer tyd vir

Drakiades! Ons sien uit daarna om die

Eldo’s te sien hulle talente uitleef en

die dag geniet!

Page 2: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

1

AKADEMIE

IT PROGRAMMERING OLIMPIADE

Baie geluk aan Aylana Vorster en Cobus Redelinghuys, twee van ons graad

12-leerders wat vir die tweede rondte van die IT Programmerings Olimpiade

gekwalifiseer het.

Beide het 100% vir rondte 1 behaal. Wat ‘n ongelooflike prestasie!

Die tweede rondte plaas gevind op Woensdag 5 September. Hulle skryf die

Olimpiade aan lyn.

Baie sterkte aan ons IT-ghoeroes – ons is trots op julle.

BELANGERIKE KENNISGEWING

ALGEMENE OUERVERGADERING - GOEDKEURING BEGROTING

2019

DATUM : WOENSDAG 26 SEPTEMBER 2018

TYD : 18:30 VIR 19:00

PLEK : SKOOLSAAL

LEERLINGAKTIWITEITE

REKORDEKSAMENROOSTER

6 September

Visuele Kuns Teorie

IT Teorie (14:00)

7 September

Wiskunde V2

Wiskunde Geletterdheid V2

10 September

Alpha Wiskunde

11 September

Afrikaans Huistaal V2

12 September

Ekonomie V2

13 September

Dramatiese Kunste Teorie

14 September

Fisiese Wetenskap V2

15 September

Dramatiese Kunste Prakties

17 September

Fisiese Wetenskap V2

Ontwerp Teorie

18 September

Gasvryheidstudies Teorie

English FAL Paper 1 (14:00)

20 September

Geografie Teorie

Geografie Kaartwerk (14:00)

21 September

Lewenswetenskap V1

26 September

Lewenswetenskap V2

27 September

Toerisme

Page 3: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

1

SPORT

RUGBY

Baie geluk aan ons O/17 en O/15 Sewes Rugbyspanne wat puik presteer het by die jaarlikse Montana Sewes toernooi.

Ons O/17’s eindig 5de en kwalifiseer vir die Noordvaal kompetisie en ons O/15’s eindig algeheel 7de.

Hierdie naweek is die weer ons jaarlikse sewes toernooi! Hou gerus die Communicator en Sosiale Media dop vir meer

inligting!

TENNIS

Ons skool kampioenskappe het reeds VRYDAG 17 AUGUSTUS begin en is mooi op dreef. Vrydagmiddae is Wierdapark

se bane vol met Eldo-tennisspelers wat mekaar die stryd aansê met voorhande, rughande en groot afslane.

Elkeen speel vir ‘n beter posisie op die rangleer. Maandagmiddae word die wedstryde voortgesit by die skool se bane.

Dit is lekker om entoesiastiese Eldo’s die heel week op die tennisbane te sien. Dit is in ‘n rondomtalie formaat.

Wedstryde vind plaas op:

Maandagmiddae by die skool - (20, 27 Augustus 3, 10, 17 September)

Vrydagmiddae by Wierdapark - (17, 24 en 31 Augustus, 7, 14 September)

PERDESPORT

Ruiter Dissipline Gauteng Span

Hanri Swanepoel Dressage C

Lara Gray Performance Riding A

Jacques van Staden Showjumping 90cm Accumulator A

Showjumping 90cm Competition B

Working Hunter 80cm A

Heinrich Nel Showjumping 110cm Accumulator A

Showjumping 110cm Competition A

Esmarie Swanepoel Stadium Eventing 70cm B

Eventing B

Jacques Horn Mounted Archery Korean 1 A

Mounted Archery Korean 2 A

Mounted Archery Korean 3 A

Baie geluk aan die bogenoemde ruiters met hulle uitstekende prestasies! Ons is voorwaar trots op julle en waardeer die

tyd wat julle insit. Hierdie is welverdiend!

Page 4: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

1

SAGTEBAL

Die Sagtebalseisoen is goed op dreef. Die liga is afgehandel en die A-spanne is besig met uitspele vir die Plaat

Kampioenskappe. Die B-spanne speel tans `n 2de rondte liga. Die hoogtepunte van die week was O/15B wat Centurion

met 10-5 gewen het asook die 1ste span en O/15A wat hulle uitspele-wedstryde baie oortuigend gewen het teen

onderskeidelik Hartebeespoort en Akasia. Sterkte vir al die spanne met hul volgende wedstryd.

Page 5: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

1

KULTUUR

ELDO TONEEL STOOM VOORT!

Die volgende toneel aan die beurt was ‘WAT!?’ wat deelgeneem aan die gesogte ATKV Tienertoneelkompetisie. Hierdie leerders, wat aan die Potchefstroom streeksfees deelgeneem het, het hulself weer uitstekend van hul taak gekwyt. Die beoordelaars was in absolute verwondering oor hierdie produksie wat deur slegs leerders behartig is. Dit beteken die regie, skryfwerk, tegnies, spel, dekor – alles is deur slegs leerders gedoen. Hierdie produksie bestaan uit ‘n klomp Gr 12 leerders en was onder die mentorskap van Mnr Quintin Wils en Me Vinkie Schaap. Die leerders is Joshua Lotz, Andrea Walker, Megan Muller, Anje Franken, Sumari Viljoen, Shane Klopper, Stefan Naudé en Wean Bekker. Die leerders het altesaam 11 Goue toekennings, 6 Silwer en 4 Brons toekennings ingepalm. Hulle het verder ook na die Streeksfinaal deur gedring en uiteindelik as WENNERS van die streek uit die stryd getree! Altesaam het Eldoraigne geskiedenis gemaak deur 3 stukke in Streeksfinale die ATKV Tienertoneelkompetisie te hê, ASOOK om die troste wenners van twee van die streke te wees. Maar… alles is nog nie gese nie! Maandag 3 September het ons ook gehoor dat nie een nie, maar dat dié twee tonele deel uit maak van die Top 15 toneelstukke uit ‘n allemuntige 200 ander skole – nasionaal! Ons is ongelooflik trots op hierdie groepering en wens hulle alle sterkte toe met die ATKV Tienertoneel se Nasionale Finaal wat 1 – 6 Oktober plaasvind!

Page 6: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

1

ELDO MUSIQUE ENSEMBLE

Die Eldo-Musique Ensemble het ʼn A+ verwerf by die Centurion Kunstefees op 28 Augustus 2018. Die program het bestaan

uit 4 komposisies van verskillende genres. Die ensemble oefen elke Maandag van 16:00-17:00. Dis lekker om saam musiek

te maak. Baie geluk aan hierdie kinders wat so gedissiplineerd hul instrumente beoefen.

Baie geluk aan die volgende Klavierleerlinge o.l.v. Me. Polyda van Niekerk wat deelgeneem het aan die Centurion

Kunstefees met hul uitslae:

Bernard Swart Klavier Gr 1 A A Marné Zeelie Klavier Gr 3 A+ A Alina Snyman Klavier Gr 3 A A Jean-Minique White Klavier Gr 5 A+ A+ A B+ Carmie Arpin Klavier Gr 5 A+ A B+ B+

Van Links ne regs: Willem Hart (Viool), Carina Pretorius (Dwarsfluit), Ruben Brits (Dwarsfluit), Lisa Kettles (Klavier), Johan

Piek (Tjello), Charilize Hanekom (Kitaar), Tommy Peyper (Kitaar) Nie op foto: Carmie Arpin (Klavier).

Page 7: ONNIE PRESTASIES GEDAGTE VIR DIE WEEK BELANGRIKE DATUMS · Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. 1. Die telefoon stelsel

1

FINANSIES

Die beheerliggaam wil alle ouers wat getrou hul skoolgeldverpligtinge nakom, hartlik bedank daarvoor. Kragtens Artikel 39 en 40 van die Suid-Afrikaanse Skolewet is beide ouers aanspreeklik vir die betaling van verpligte skoolgelde. Ten einde behoorlike finansiële bestuur van die skool te verseker, effektiewe onderrig en skoolaktiwiteite op ‘n hoë vlak aan leerlinge te bied is die skool afhanklik van die stiptelike betaling van skoolgelde. Die ouers wat nie hulle statutêre (wetlike) verpligting om skoolgelde te betaal nakom nie, bemoeilik die bestuur van die skool se uitgawes/begroting. Die beheerliggaaam versoek ouers met agterstallige skoolgelde om dit asseblief dringend op datum te vereffen of ‘n skriftelike reëling met Me. Meiring te tref. Indien ons geen betaling of skriftelike onderneming ontvang nie sal die skool genoodsaak wees om u rekening aan die skuldinvorderaars te oorhandig met die opdrag om regstappe te neem indien nodig. Gebruik asseblief u kind se skoolgeldrekeningnommer vir alle skoolgeldbetalings, die rekeningnommer verskyn op u skoolgeldstaat. Ons ontvang gereeld betalings met geen of verkeerde verwysings wat dus nie korrek geallokeer word nie. Hou ons asseblief op hoogte indien u e-posadres verander, aangesien skoolgeldrekeninge maandeliks per e-pos gestuur word.

TEGNOLOGIE

1. Die opstelling van die telefoon stelsel is besig om tot ‘n einde te kom. Dankie vir almal se geduld in die verband. 2. Graad 12 Rekord eksamens is suksesvol afgelê in die labratoriums. 3. Labs en leerling profiele word voor berei vir die Graad 11 toetse wat later hierdie week begin. 4. Beplanning vir volgende jaar se uitbreidings en/of opgraderings is onder weg.

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Klerebank tye: Maandag – Donderdag: 07h00 – 15h30 (Uitgesluit pouses) Vrydag: 07h00 – 14h00 Voornemende Gr8-ouers kan Vrydagdrag en sportklere pas vir 2019 (T&V geld). Klere is tans nog teen ou pryse beskikbaar. Krieket, Fietsry, Sagtebal en Atletiek klere is ook tans beskikbaar, sowel as serpe.

Skoolrugsakke (Ramble-swart & grys) vir voornemende Gr8 en ander leerders is ook beskikbaar.

BEMARKING Sekretaressedag:

Die administratiewe personeel van die skool word op Vrydag 7 September

(Sekretaressedag) op ‘n ontbyt getrakteer by die Royal Elephant Hotel. Die

dames word bederf om dankie te sê vir hul lojaliteit en harde werk by die skool.

Gr 9-vakkeuses (Administrasie/Akademie):

Die Gr 9-leerders se vakkeuses word tans verwerk. Indien ‘n leerder nog

aan sy vakkeuse wil verander moet ‘n e-pos aan die gr 9-graadhoof gestuur

word, sodat die vakkeuse op die rooster vir 2019, reggestel kan word.

Sommige leerders moet nog hul vakkeuses hersien met die oog op ‘n

sinvolle vakkeuse. Hierdie proses word deurlopend bestuur.