ons is baie trots op julle! fakkel-flitse - framesby...krieket vs nico malan: eerste span: framesby...

6
Sunridge Village · Centre Management 041 360 9442 SATERDAG GEEN SONDAG Kristen Badenhorst Gr12 MAANDAG Mariette Olivier Gr8 Christiaan Schutte Gr12 Juan-Claude Strydom Gr9 DINSDAG Démi Ainslie Gr12 Chanté Gerber Gr8 Tara-Lee Havenga Gr8 Douw Joubert Gr10 Megan Terblanche Gr8 WOENSDAG Tiaan Bouwer Gr11 Waldo van As Gr8 Sémon vd Westhuizen Gr8 DONDERDAG Anke du Toit Gr10 Jason Niemand Gr8 VRYDAG Mekalya Koekemoer Gr10 Harnu Klopper Gr11 Kylie van Greunen Gr10 Dallyn Windvogel Gr11 Kontakbesonderhede: [email protected] FAKKEL-FLITSE UITGAWE 202 · 28 FEBRUARIE 2020 UIT DIE HOOF SE KANTOOR VERJAARSDAE HIERDIE WEEK Weeklikse nuusflitse vir n ingeligte Framesby familie! - Geagte Ouers Ek wil graag die volgende sake onder u aandag bring: GRAAD 8 Kleiner klasse verseker beter onderrig. Om hierdie rede gaan die graad 8-klasse vanaf 2 April 2020 vanaf sewe na agt klasse vermeerder. Dit het egter finansiële implikasies en daarom versoek ons dat u ASSEBLIEF getrou u skoolfonds betaal. AFRIKAANS Daar is ‘n kommerwekkende neiging by die meeste van ons leerlinge om nie vir Afrikaans te studeer nie aangesien hulle moontlik dink dat dit nie nodig is vir ‘n moeder-taal nie. Dit kom duidelik na vore in die swak punte wat hulle behaal. Die nuwe leerplan se inhoud is van so ‘n aard dat daar baie klem op taalwetenskap sowel as literatuurwetenskap geplaas word. Beide hierdie studierigtings vereis dééglike en volgehoue studie. Slegs dán kan daar sukses behaal word. Verder word daar baie hoë slaagvereistes aan Afrikaans Huistaal gestel. In die junior fase (gr 8 & 9) word 50% vereis, terwyl 40% in die senior fase (gr 10–12) behaal moet word. Indien ‘n leerling nie aan hierdie vereistes voldoen nie, slaag hy nie sy betrokke graad nie. Vir alle leerders word daar Meimaand in die namiddag ‘n opskerpingsweek in Afrikaans aangebied. Dit is dus die leerder se verantwoordelikheid om hierdie klasse by te woon. Daar kan ook ‘n studiehulpgids by die departementshoof van Afrikaans bestel word. Ouers, hier rus ‘n groot verantwoordelikheid op u skouers. Maak seker dat Afrikaans ‘n prioriteit op u kind se huiswerkrooster is. Dit is belangrik dat ons Graad 8-leerders verantwoordelikheid neem vir hul huiswerk. Maak dus asseblief seker dat leerders hulle huiswerk in hul dagboekies aanteken en kontroleer dit ook by die huis. HIERDIE WEEK SE FAKKEL-FLITSE WORD MET TROTS GEBORG DEUR SUNRIDGE VILLAGE

Upload: others

Post on 14-Mar-2021

1 views

Category:

Documents

0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ons is baie trots op julle! FAKKEL-FLITSE - Framesby...KRIEKET VS NICO MALAN: Eerste span: Framesby vs Nico Malan (50 Beurte). Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte. Beste boulers

Sunridge Village · Centre Management 041 360 9442

SATERDAGGEEN

SONDAGKristen Badenhorst Gr12

MAANDAGMariette Olivier Gr8

Christiaan Schutte Gr12Juan-Claude Strydom Gr9

DINSDAGDémi Ainslie Gr12Chanté Gerber Gr8

Tara-Lee Havenga Gr8Douw Joubert Gr10

Megan Terblanche Gr8

WOENSDAGTiaan Bouwer Gr11Waldo van As Gr8

Sémon vd Westhuizen Gr8

DONDERDAGAnke du Toit Gr10

Jason Niemand Gr8

VRYDAGMekalya Koekemoer Gr10

Harnu Klopper Gr11Kylie van Greunen Gr10Dallyn Windvogel Gr11

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

Kontakbesonderhede: [email protected]

FAKKEL-FLITSEUITGAWE 202 · 28 FEBRUARIE 2020

UIT DIE HOOF SE KANTOOR VERJAARSDAEHIERDIE WEEK

Weeklikse nuusflitse vir n ingeligte Framesby-familie!‘ -

Geagte Ouers

Ek wil graag die volgende sake onder u aandag bring:

GRAAD 8Kleiner klasse verseker beter onderrig. Om hierdie rede gaan die graad 8-klasse vanaf 2 April 2020 vanaf sewe na agt klasse vermeerder. Dit het egter finansiële implikasies en daarom versoek ons dat u ASSEBLIEF getrou u skoolfonds betaal.

AFRIKAANSDaar is ‘n kommerwekkende neiging by die meeste van ons leerlinge om nie vir Afrikaans te studeer nie aangesien hulle moontlik dink dat dit nie nodig is vir ‘n moeder-taal nie. Dit kom duidelik na vore in die swak punte wat hulle behaal.

Die nuwe leerplan se inhoud is van so ‘n aard dat daar baie klem op taalwetenskap sowel as literatuurwetenskap geplaas word. Beide hierdie studierigtings vereis dééglike en volgehoue studie. Slegs dán kan daar sukses behaal word.

Verder word daar baie hoë slaagvereistes aan Afrikaans Huistaal gestel. In die junior fase (gr 8 & 9) word 50% vereis, terwyl 40% in die senior fase (gr 10–12) behaal moet word. Indien ‘n leerling nie aan hierdie vereistes voldoen nie, slaag hy nie sy betrokke graad nie.

Vir alle leerders word daar Meimaand in die namiddag ‘n opskerpingsweek in Afrikaans aangebied. Dit is dus die leerder se verantwoordelikheid om hierdie klasse by te woon. Daar kan ook ‘n studiehulpgids by die departementshoof van Afrikaans bestel word. Ouers, hier rus ‘n groot verantwoordelikheid op u skouers. Maak seker dat Afrikaans ‘n prioriteit op u kind se huiswerkrooster is.

Dit is belangrik dat ons Graad 8-leerders verantwoordelikheid neem vir hul huiswerk. Maak dus asseblief seker dat leerders hulle huiswerk in hul dagboekies aanteken en kontroleer dit ook by die huis.

HIERDIE WEEK SE FAKKEL-FLITSE WORD MET TROTS GEBORG DEUR

Framesby se interskole gholfspan, bestaande uit ses spelers, het Woensdag 14 Augustus, skoonskip teen Nico Malan gemaak. Hierdie wedstryde is op die Hankey gholfbaan beslis.

Die Framesby span (Michael Randall, Zahn Scholtz, Ferdi Röth, Hughie Moffat, Justin Smit en Christiaan van Vuuren) het almal hulle wedstryde teen Nico Malan gewen. Wat dié wen nog merkwaardiger maak, is dat al die spelers op hulle voorgeë meegeding het. Dit beteken dat die Framesbyspelers tussen ses en veertien houe beter as hulle opponente oor agtien putjies moes speel om te kon wen. Hierdie is ‘n baie goeie prestasie en dit wys dat getroue oefening, gereelde deelname en selfdissipline altyd beloon word. Baie geluk aan die Framesby Interskole Gholfspan. Ons is baie trots op julle!

SUNRIDGE VILLAGE

AFWESIGHEIDIndien u kind(ers) afwesig is van die skool, MOET u asseblief mev. Wait by die Algemene Kantoor skakel (041 360 1257) om die afwesigheid te bevestig.

GRAAD 8 WISKUNDE-HANDBOEKEGraad 8-ouers moet asseblief daarvan kennis neem dat die R220 wat vir Wiskunde betaal is, twee handboeke (een vir elke semester) insluit.

Die leerders gebruik tans die eerste semester se handboek en sal later die jaar die tweede semester se handboek ontvang.

Ouers wat op hierdie stadium nog net R110 (vir die eerste boek) betaal het, moet asseblief teen einde April 2020 die R110 vir die tweede handboek skool toe stuur. Die boeke moet bestel word, want sonder betaling kan ons nie die bestellingplaas nie.AKADEMIEOns toetsreeks begin op 6 Maart 2020 en eindig 13 Maart 2020. Ouers, dit is belangrik dat u sal toesien dat u kind(ers) hom/haar nou al hiervoor begin voorberei.

Ons stel u nou reeds in kennis dat die VOLLE skoolprogram na die toetsreeks normaal sal voortgaan.U kind(ers) kan nie afwesig wees nie, aangesien die leerders volle onderrig sal ontvang.

Vriendelike groeteMnr. M. Germishuys

Page 2: Ons is baie trots op julle! FAKKEL-FLITSE - Framesby...KRIEKET VS NICO MALAN: Eerste span: Framesby vs Nico Malan (50 Beurte). Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte. Beste boulers

7APRIL202018:00

vir18:30

FRAMESBYin wonderland

DAGBOEK DIE DATUM

HOËRSKOOL FRAMESBY BEKENDSTELLINGSAAND

Page 3: Ons is baie trots op julle! FAKKEL-FLITSE - Framesby...KRIEKET VS NICO MALAN: Eerste span: Framesby vs Nico Malan (50 Beurte). Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte. Beste boulers

FRAMESBY IS TROTS OP...

Sunridge Village · Centre Management 041 360 9442

UITSLAE VIR DIE WEEKMETRO-ATLETIEKBYEENKOMS:Sowat 60 atlete het aan die Metro-byeenkoms deelgeneem. Baie geluk aan die atlete wat onder die eerste drie geëindig het en ook almal wat getrou Framesby ondersteun deur wél op te daag en deel te neem. Framesby behaal 25 eerste plekke. Die volgende atlete behaal twee eerste plekke: Zanri Black (dogters 0/15 - 400m en 300m hekkies), Michael Spinks (seuns 0/17- 110m en 400m hekkies) en Keigh-Lee van Tonder (dogters 0/17 - 2000m hindernis en 1500m). Die volgende atlete behaal ook eerste plekke: Casey van der Berg (seuns 0/17- hamergooi), Brian Ellard (seuns 0/16- verspring), Gerhard Venter (seuns 0/16- 2000m hindernis), Logan Muller (seuns 0/15- 1500m hindernis), Schalk Stroebel (seuns 0/15- paalspring), Jewan Wium (seuns 0/14- 3000m), Carli Human (dogters 0/17- verspring), Hanniska van Vuuren (dogters/17-paalspring), Monique van Rooyen (dogters 0/17- spiesgooi- ook tweede in driesprong en derde in gewigstoot), Leigh Snyman (dogters 0/15- paalspring), Trischke Stapelberg (dogters 0/16- 100m hekkies), Mienke Deysel- (dogters 0/15- spiesgooi), Anel Strauss (dogters 0/15- 1500m), Simone Louw (dogters 0/14- 800m), Leolen Peterson (dogters 0/14- verspring), R. du Randt (dogters 0/14- hoogspring), Tiaan Erskine (seuns 0/19- hamergooi), Jason Crouse (seuns 0/19- hoogspring) en Dylan Opperman (seuns 0/19- paalspring). Jaco Pretorius (seuns 0/15) verdien spesiale vermelding, aangesien hy in drie items onder die eerste drie geëindig het - diskus (tweede) ,spiesgooi en gewigstoot (derde).

TENNIS:Derde seunsspan wen VP 11-2Vyfde seunsspan wen DF 12-0Tweede meisiesspan wen Collegiate 9-5Vierde seunsspan verloor teen Harvest 10-2

DOGTERSKRIEKET vs COLLEGIATE:Framesby 161/1 in 20 beurte.Beste kolwers: Monique Ferreira 73* en Kayla Ferreira 43.Collegiate word uitgeboul vir 24 lopies.Beste bouler: Monique Ferreira met 6/6. Framesby wen met 137 lopies.

KRIEKET VS NICO MALAN:Eerste span:Framesby vs Nico Malan (50 Beurte).Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte.Beste boulers JP Snyman 3/5, Corné Gerber 3/16 en Tiaan Black 4/23.Framesby 53/1 in 6.2 beurte.Beste kolwer was Corné Ferreira 32*.Framesby wen met nege paaltjies

Zanri BlackDogters 0/15Eerste in 400m en 300m hekkies

Monique Ferreira

Page 4: Ons is baie trots op julle! FAKKEL-FLITSE - Framesby...KRIEKET VS NICO MALAN: Eerste span: Framesby vs Nico Malan (50 Beurte). Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte. Beste boulers

FRAMESBY IS TROTS OP...

KRIEKET VS NICO MALAN:Tweede span: Gunns wen die loot en kolf eerste en behaal 173 almal uit. Beste kolwers: Thabo Botha 44 (48) en Luke Nell 23 (29). Nico Malan behaal 71 - almal uit.Beste boulers: Neels Greeff 22/4 in 3.2, Dillon Esterhuizen 21/3 in 4 en Cameron Hammond 20/2 in 4. Framesby wen met 103 lopies.

15 A-Span :Nico Malan wen die loot en kolf eerste. Nico behaal 95/6 in 20 boulbeurte. Beste boulers: Juan Grigor 11/2, Teagon Ludwig 6/1 en Luwagean Goliath 9/1. Framesby maak 97/7 in 18.5 boulbeurte. Beste kolwers: Teagon Ludwig 25, Jaden Landman 22 en Robert Capes 15. Framesby wen met drie paaltjies.

o.14 A-Span:Framesby wen die loot en boul eerste. Nico behaal 171/7 in 35 boulbeurte. Beste boulers: Ethan Gunn 16/0 in 7 en Juanre De Vos 28/2 in 7. Framesby maak 172/3 in 20.4 boulbeurte. Beste kolwers: Taine Douw 54 en Hanro 44*. Framesby wen met sewe paaltjies.

Framesby Derdes vs PearsonFramesby 113- almal uit. Pearson - 42 almal uit. Framesby wen met 71 lopies.

Framesby 14 B-span vs BrandwagBrandwag 32 - almal uit. Framesby wen met tien paaltjies

Sunridge Village · Centre Management 041 360 9442

UITSLAE VIR DIE WEEK

Buiteskool prestasies:Charnleigh Kotzé (graad 10) het aan die SA Powerlifting Championship op 22 Februarie 2020 in Johannesburg deelgeneem. Sy het in die sub-junior (15-18 jaar oud) deelgeneem. Hier volg haar uitslae: Squads 95kg - eerste, Bench press 50kg - eerste en Deadlifts 127.5kg - eerste (SA rekord). Sy het ook trofee ontvang vir die beste sub-junior “lifter”.

SA POWERLIFTING CHAMPIONSHIP

Charnleigh Kotze

Taine Douw

Page 5: Ons is baie trots op julle! FAKKEL-FLITSE - Framesby...KRIEKET VS NICO MALAN: Eerste span: Framesby vs Nico Malan (50 Beurte). Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte. Beste boulers

Geagte Ouers

Ek wil graag die volgende sake onder u aandag bring:

GRAAD 8Kleiner klasse verseker beter onderrig. Om hierdie rede gaan die graad 8-klasse vanaf 2 April 2020 vanaf sewe na agt klasse vermeerder. Dit het egter finansiële implikasies en daarom versoek ons dat u ASSEBLIEF getrou u skoolfonds betaal.

AFRIKAANSDaar is ‘n kommerwekkende neiging by die meeste van ons leerlinge om nie vir Afrikaans te studeer nie aangesien hulle moontlik dink dat dit nie nodig is vir ‘n moeder-taal nie. Dit kom duidelik na vore in die swak punte wat hulle behaal.

Die nuwe leerplan se inhoud is van so ‘n aard dat daar baie klem op taalwetenskap sowel as literatuurwetenskap geplaas word. Beide hierdie studierigtings vereis dééglike en volgehoue studie. Slegs dán kan daar sukses behaal word.

Verder word daar baie hoë slaagvereistes aan Afrikaans Huistaal gestel. In die junior fase (gr 8 & 9) word 50% vereis, terwyl 40% in die senior fase (gr 10–12) behaal moet word. Indien ‘n leerling nie aan hierdie vereistes voldoen nie, slaag hy nie sy betrokke graad nie.

Vir alle leerders word daar Meimaand in die namiddag ‘n opskerpingsweek in Afrikaans aangebied. Dit is dus die leerder se verantwoordelikheid om hierdie klasse by te woon. Daar kan ook ‘n studiehulpgids by die departementshoof van Afrikaans bestel word. Ouers, hier rus ‘n groot verantwoordelikheid op u skouers. Maak seker dat Afrikaans ‘n prioriteit op u kind se huiswerkrooster is.

Dit is belangrik dat ons Graad 8-leerders verantwoordelikheid neem vir hul huiswerk. Maak dus asseblief seker dat leerders hulle huiswerk in hul dagboekies aanteken en kontroleer dit ook by die huis.

Framesby se interskole gholfspan, bestaande uit ses spelers, het Woensdag 14 Augustus, skoonskip teen Nico Malan gemaak. Hierdie wedstryde is op die Hankey gholfbaan beslis.

Die Framesby span (Michael Randall, Zahn Scholtz, Ferdi Röth, Hughie Moffat, Justin Smit en Christiaan van Vuuren) het almal hulle wedstryde teen Nico Malan gewen. Wat dié wen nog merkwaardiger maak, is dat al die spelers op hulle voorgeë meegeding het. Dit beteken dat die Framesbyspelers tussen ses en veertien houe beter as hulle opponente oor agtien putjies moes speel om te kon wen. Hierdie is ‘n baie goeie prestasie en dit wys dat getroue oefening, gereelde deelname en selfdissipline altyd beloon word. Baie geluk aan die Framesby Interskole Gholfspan. Ons is baie trots op julle!

·PROGRAM VIR DIE KOMENDE WEEK·SATERDAG

29 FEBSONDAG1 MAART

MAANDAG2 MAART

DINSDAG3 MAART

WOENSDAG4 MAART

DONDERDAG5 MAART

VRYDAG6 MAART

· Krieket VP1ste en 0/15 (W)2de en 0/14 (T)· Swem B-liga Gala - NP

· Filantrope·Toetsreeks begin Gr 8-12 · Atletiek Oos-Kaap Kam- pioenskappe· Netbal NMU Toernooi· Dogtershokkie1ste OP Proewe

· Atletiek Oos-Kaap Kam- pioenskappe · Dogterskrieket Gelvandale (T)· Rugby proewe· Senior English Debating

· Ghofliga· Rugby proewe

· Rugby proewe

AFWESIGHEIDIndien u kind(ers) afwesig is van die skool, MOET u asseblief mev. Wait by die Algemene Kantoor skakel (041 360 1257) om die afwesigheid te bevestig.

GRAAD 8 WISKUNDE-HANDBOEKEGraad 8-ouers moet asseblief daarvan kennis neem dat die R220 wat vir Wiskunde betaal is, twee handboeke (een vir elke semester) insluit.

Die leerders gebruik tans die eerste semester se handboek en sal later die jaar die tweede semester se handboek ontvang.

Ouers wat op hierdie stadium nog net R110 (vir die eerste boek) betaal het, moet asseblief teen einde April 2020 die R110 vir die tweede handboek skool toe stuur. Die boeke moet bestel word, want sonder betaling kan ons nie die bestellingplaas nie.AKADEMIEOns toetsreeks begin op 6 Maart 2020 en eindig 13 Maart 2020. Ouers, dit is belangrik dat u sal toesien dat u kind(ers) hom/haar nou al hiervoor begin voorberei.

Ons stel u nou reeds in kennis dat die VOLLE skoolprogram na die toetsreeks normaal sal voortgaan.U kind(ers) kan nie afwesig wees nie, aangesien die leerders volle onderrig sal ontvang.

Vriendelike groeteMnr. M. Germishuys

· Forté Noot-vir-Noot· Dogterskrieket Gelvandale (T)· Rugby proewe

Sunridge Village · Centre Management 041 360 9442

FRAMESBY KLEREWINKELShinz (Hokkie-ondersokkies)Slegs R120

Page 6: Ons is baie trots op julle! FAKKEL-FLITSE - Framesby...KRIEKET VS NICO MALAN: Eerste span: Framesby vs Nico Malan (50 Beurte). Nico Malan kolf 1ste: 50/10 in 12.4 beurte. Beste boulers