ons verwelkom ds. mizelle prinsloo · ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n...

6
30 Augustus 2015 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel 19:00 Regeneration diens Ouditorium Wynand Breytenbach Deuroffer: Bediening aan Dowes 6 September 2015, Doop Biddag vir Dowes, VELDTOG: Die Wonderwerker NUUSFLITS: 29 Aug: Betesdamark 30 Aug: Bevestig Mizelle Prinsloo & Afskop van Koninkrykbestuursveldtog 6 Sept: Cassie Carstens: Hoe is ek ’n mentor? Sien bladsy 5 vir meer inligting. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 19:00 Regeneration diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Deuroffer: Christelike Lektuur- fonds 30 Aug. 2015, Bybelsondag, Bevestiging: Ds. Mizelle Prinsloo Koninkrykbestuursveldtog Daar is twee maniere om te lewe. Die een asof niks wonderlik is nie, en die an- der is om alles as 'n wonder uit God se hand te beskou. Dít is Mizelle se lewens- motto. Haar intreepreek by Dur- banville-Bergsig handel dan ook oor Jesus se heel eerste wonderwerk: Johan- nes 2: 1-12 waar Jesus water in wyn verander by die bruilof in Kana. Die afskoptema van die Koninkrykbestuursveldtog is: Die Wynmaker. (Lees meer oor die veldtog op bladsy 5.) Op ’n jong ouderdom het Mizelle die roeping ontvang om haar lewe as instrument te gebruik om God se liefde, verlossing, genade, vrede, vreugde en hoop aan sy mense oor te dra. sy het altyd geweet die Here wil haar in sy kerk gebruik. Mizelle het in 2006 by Hoërskool Stellenberg ge- matrikuleer en sy het haar Lisensiaat in Teologie in Stellenbosch voltooi in 2013. Haar skripsietitel is baie relevant vandag: Op soek na God buite die kerk. Dit vat mooi hande met Bergsig se dissipelskap- fokus. Mizelle het haar prakties by die gemeente in Danabaai en Parke Kraaifontein, ge- doen. Daarna het sy by die si- nodale sentrum se Ar- moede- en sorgafdeling ingeskakel totdat sy dié jaar na Bergsig beroep is. Sy was daar verantwoordelik om te netwerk met ge- meentes en was onder an- dere ook betrokke by Vroeë Kindontwikkelingsprojekte . Haar bedieningpassies sluit in: Prediking, Pastoraat, Bejaardebediening, Jeug- bediening en Jong Volwas- senes. Haar bedieningsveld by Bergsig omvat: Gebed, Gesinne, Vroue en Enkello- pendes. Mizelle is jonk, vol energie en opgewonde oor haar begin by Durbanville- Bergsig. Sy is gelukkig getroud met Carlo (’n loodgieter van beroep) en Milla, hul eersteling, is vandag nege weke oud. Ons verwelkom Mizelle as Bedienaar van die Woord en wens julle as gesin ’n geseënde nuwe lewens- fase toe as Bergsig lidmate. Die jaar se Koninkrykbe- stuursveldtog se naam is: Die Wonderwerker. Dit is ’n fantastiese 7 week- preekreeks wat handel oor Jesus se wonderwerke van- uit die Johannes-evan- gelie. Die klem val spesifiek daarop om die persoon Je- sus agter die wonderwerke beter te leer ken. Jy kan met hierdie preekreeks die verwagting hê dat jou intie- me lewe met Jesus gaan groei. Lees meer op bl. 5 Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo Vandag word Mizelle Prinsloo as nuwe leraar by Durbanville-Bergsig bevestig. Ons is opgewonde en sien uit daarna om haar te verwelkom as deel van die span. Ons nooi alle lidmate uit om die geleent- heid by te woon en ons sal by beide ere- dienste die bekendstelling hanteer. Gemeentelede word genooi vir tee na die diens om Ds. Mizelle en haar gesin te ontmoet. Kom ons gee haar ’n lekker Lig- draerverwelkoming! Kom ontmoet die nuwe leraar

Upload: others

Post on 26-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo · Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n

30 Augustus 2015

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

10:00 In formele d iens Oudi tor ium Ds. Eric Swanepoel

19:00 Regeneration diens

Ouditorium

Wynand Breytenbach

Deuroffer: Bediening aan

Dowes

6 September 2015, Doop Biddag vir Dowes, VELDTOG: Die Wonderwerker

NUUSFLITS:

29 Aug: Betesdamark

30 Aug: Bevestig Mizelle

Prinsloo & Afskop van

Koninkrykbestuursveldtog

6 Sept: Cassie Carstens:

Hoe is ek ’n mentor?

Sien bladsy 5 vir meer inligting.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Mizelle Prinsloo

19:00 Regeneration diens

Ouditorium

Ds. Mizelle Prinsloo

Deuroffer: Christelike Lektuur-

fonds

30 Aug. 2015, Bybelsondag, Bevestiging: Ds. Mizelle Prinsloo Koninkrykbestuursveldtog

Daar is twee maniere om te lewe. Die een asof niks wonderlik is nie, en die an-der is om alles as 'n wonder uit God se hand te beskou. Dít is Mizelle se lewens-motto.

Haar intreepreek by Dur-banville-Bergsig handel dan ook oor Jesus se heel eerste wonderwerk: Johan-nes 2: 1-12 waar Jesus water in wyn verander by die bruilof in Kana.

Die afskoptema van die Koninkrykbestuursveldtog is: Die Wynmaker. (Lees meer oor die veldtog op bladsy 5.)

Op ’n jong ouderdom het Mizelle die roeping ontvang om haar lewe as instrument te gebruik om God se liefde, verlossing, genade, vrede, vreugde en hoop aan sy mense oor te dra. sy het altyd geweet die Here wil haar in sy kerk gebruik.

Mizelle het in 2006 by Hoërskool Stellenberg ge-matrikuleer en sy het haar Lisensiaat in Teologie in Stellenbosch voltooi in 2013. Haar skripsietitel is baie relevant vandag: Op soek na God buite die kerk. Dit vat mooi hande met

Bergsig se dissipelskap- fokus.

Mizelle het haar prakties by die gemeente in Danabaai en Parke Kraaifontein, ge-doen.

Daarna het sy by die si-nodale sentrum se Ar-moede- en sorgafdeling ingeskakel totdat sy dié jaar na Bergsig beroep is. Sy was daar verantwoordelik om te netwerk met ge-meentes en was onder an-dere ook betrokke by Vroeë Kindontwikkelingsprojekte .

Haar bedieningpassies sluit in: Prediking, Pastoraat, Bejaardebediening, Jeug-bediening en Jong Volwas-senes.

Haar bedieningsveld by Bergsig omvat: Gebed, Gesinne, Vroue en Enkello-pendes.

Mizelle is jonk, vol energie en opgewonde oor haar begin by Durbanville-Bergsig. Sy is gelukkig getroud met Carlo (’n loodgieter van beroep) en Milla, hul eersteling, is vandag nege weke oud.

Ons verwelkom Mizelle as Bedienaar van die Woord en wens julle as gesin ’n geseënde nuwe lewens-

fase toe as Bergsig lidmate.

Die jaar se Koninkrykbe-

stuursveldtog se naam is:

Die Wonderwerker.

Dit is ’n fantastiese 7 week-

preekreeks wat handel oor

Jesus se wonderwerke van-

uit die Johannes-evan-

gelie. Die klem val spesifiek

daarop om die persoon Je-

sus agter die wonderwerke

beter te leer ken. Jy kan

met hierdie preekreeks die

verwagting hê dat jou intie-

me lewe met Jesus gaan

groei. Lees meer op bl. 5

Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo

Vandag word Mizelle Prinsloo as nuwe leraar by Durbanville-Bergsig bevestig.

Ons is opgewonde en sien uit daarna om haar te verwelkom as deel van die span.

Ons nooi alle lidmate uit om die geleent-

heid by te woon en ons sal by beide ere-dienste die bekendstelling hanteer.

Gemeentelede word genooi vir tee na die diens om Ds. Mizelle en haar gesin te ontmoet. Kom ons gee haar ’n lekker Lig-draerverwelkoming!

Kom ontmoet die nuwe leraar

Page 2: Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo · Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n

Bergsig-Uitreikhulp

Vanuit die Uitreikkantoor ...

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Hierby is die datums vir die jaar se Moslemuitreike:

Sept: 5 en 19, Okt: 17 en 31, Nov: 14 en 28, Des: 5

Bel vir Andre van der Westhuizen om meer hieroor te hoor 074 330 4431.

Moslembediening

Ons benodig 'n paar vrywilligers om te help op 'n Maandag van 9:00 - 13:00 met naaldwerk, kreatiewe handwerk, maak van tee, (klein takies) te Morningstar, Durbanville. Skakel 021 976 3275 of 082 353 8260.

BADISA

Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n behoefte aan toiletware soos deodorant, sjampoe, handeroom, sanitêre doekies. Ons het ’n paar tienerdogters wat ons ondersteun en aan wie ons maandeliks die nood-saaklikhede moet verskaf. Miskien is daar ’n omgeegroep of twee wat ons hiermee kan help en sulke “care bags” kan opmaak. Baie dankie vir julle ondersteuning. Ons waardeer die hulp geweldig baie.

ELNA FRANCKE, MAATSKAPLIKE WERKER

TEL: 021 987 2940

Daar is ‘n pos beskikbaar by

FCD as opleidings-beampte.

Die aansoeke sluit 7 Sept. Vir

die volledige ad-vertensie e-pos

vir Annamaré by

[email protected]

en sy sal dit vir jou aanstuur.

NGK DURBANVILLE - BERGSIG

GGO-VERDELING : 2014/15 Hartlik dankie aan elke Bergsiglidmaat wat verbind was en bygedra het tot Bergsig se Geloofsgelofte- offerprojek (GGO) gedurende die afgelope 2014/15 kerkjaar. U het weereens meegehelp om 'n baie mooi bedrag van R944 817 ge-durende gemelde jaar vir hierdie doel by te dra (vergeleke met R957 761 tydens 2013/14).

God illustreer Sy seën aan ons in hierdie projek ongeag taai ekonomiese tye wat ervaar word. Ons loof en prys en dank Hom daarvoor. Hierdie GGO-fondse Is versprei oor 48 uitreikprojekte / instansies, waarby Durbanville-Bergsig bevoorreg was om by betrokke te kon wees en finansieel kon ondersteun.

Van die totale GGO-fondse ontvang, is 49.3% aangewend aan projekte / instansies "op ons voorstoep", terwyl 50.7% van die totaal aan projekte / instansies "oor grense heen" gegaan het.

Baie hartlik dankie vir die getroue wyse waarvolgens u, u geloofsgelofte nagekom het. Ons opregte dank en alle eer aan ons hemelse Vader wat hierdie projek op so 'n wonder-like wyse jaarliks in stand hou en laat groei en aldus ook Bergsig inskakel by sy Koninkrykswerk.

Bergsig se GGO-projek belewe vanjaar al sy 18de bestaansjaar.

Met woorde kies jy om te vernietig of te skep.

Page 3: Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo · Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Oswald by 079 108 9697 om deel van die gebedsketting te word

of e-pos na [email protected]

KNIELTYD: 30 Augustus

“Ek het meesal alleen gevoel in die kerk. Eers na 'n lang ruk het my verhoudinge met nie-gestremdes begin groei tot ware vriendskappe. Ek het dikwels gevoel ek word aangesien vir iemand wat net altyd hulp nodig het. Mense verstaan nie dat ek op gelyke vlak ook 'n vriend vir ander wil wees nie”. Steven, 'n jong man wat 'n rolstoel gebruik.

Die tema vir hierdie jaar “Die mooiste van vriendskap”, wil fokus op die verrykende ervarings wat moontlik is waar gestremde en nie-gestremde persone op gelyke vlak deelneem in vriendskappe van egte wederkerigheid. Op die RampUp webwerf is daar 'n aflaaibare pamflet met vars in-ligting en idees oor gestremdheid in die wêreld asook in kerke, in-teraksie tussen gestremdes en nie-gestremdes: www.rampup.co.za

SONDAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEID

NAAM ADRES REDE BID VIR

Carola de Wet Rocktree Crecent 2, 021 975 9934 Operasie Genesing en geduld

Lorraine Blignaut Murraystraat 33, 021 976 8012 Operasie Herstel en bemoediging

Francois van Wyngaardt Andre (pa) 082 465 4957 Duikongeluk Bid vir gebruik van hande en arms

Heleen Rossouw Koedoestraat 10, 021 976 8966 Man oorlede Troos en bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Operasie Verligting van pyn

Mara van Zyl Fairtrees 22 Operasie Herstel en bemoediging

Raadjie Pretorius Alkmaarstraat 26 Operasie Herstel en bemoediging

Tania de Villiers Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging

Jacques Boonzaaier Klipheuwel Kry tans chemo Volkome herstel

Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging

Rhalene Uys Murraystraat 62, 021 979 2415 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Operasie Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.

Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.

Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.

Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.

Bid vir die Regering en leiers van ons land.

Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Page 4: Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo · Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Dissipelskapsessie met

Ds Cassie sal die 6de September 17:30 tot 19:00 by Bergsig wees om die tweede deel te bespreek wat handel

oor hoe om ’n mentor te wees.

Program vir die week:

Kan ons Genesis letterlik glo, of is wetenskap reg? Wat van evolusie? Is die aarde miljoene jare oud en maak dit saak? Wie was Kain se vrou? Waar pas dinosourusse in die Bybel? Was Adam en Eva regte mense? Hoe het Noag al die diere in die ark gepas? Is ons afstammelinge van ape?

Hierdie en baie soortgelyke vrae word gedurig aan ons as Christene gerig. Die Bybel se relevantheid word al hoe meer in die media, in die klaskamer en in die werkplek be-vraagteken.

Die Bybel onderrig ons as Christene “…wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n ver-duideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God..” (1 Pet 3: 15 -16)

Hierdie kleingroepie beoog om ons as Christene toe te rus in ons kennis van die Bybel en om ’n sinvolle gesprek te kan voer met enige persoon wat vrae het oor die Bybel en hoe dit relevant is tot vandag se moderne tyd.

Die kleingroepie is vir jonk en oud, gesin of enkelpersoon wat in die onderwerp belangstel en gaan een keer per week bymekaar kom by Hermonstraat 27, Durbanville.

Kontak asb vir Charl Laas by [email protected] of Juanita Fourie by [email protected].

Apologie Kleingroep

Die tyd waarin ons leef het

’n beslissende tyd geword

vir baie dinge! Ons mo-

derne leefstyl het die

planeet aarde se

hulpbronne totaal oorbenut

en energiebronne gedrei-

neer. Niemand wat hierdie

lees is onskuldig daaraan

nie. Ons verbruik water,

houtprodukte, brandstof in

ons motors, elektrisiteit -

asof daar geen einde is nie!

Ons weet nou dat die

klimaat besig is om te pro-

testeer en ons vergrype tee-

noor die natuur nie langer

sal duld nie. Maar terwyl

hulpbronne uitgeput raak is

daar ‘n oorvloed aan in-

ligting. En om ingelig te

wees is die mens se manier

om homself op te hef tot

iemand wat weer nuut dink,

ver anderkant die hier en

nou en persoonlike gerief.

Die nuwe drywer is meer

vanuit die hart met ’n nuwe

bewussyn van ons plek in

die lewensiklus in sinchro-

nisasie met die natuur. En

soos ego deur eko vervang

word, waardeer ons weer

elke aspek van ons lewens

en leer ons om nederig te

wees in die aanskoue van

God se wonderlike skep-

ping!

Hier is ’n meevallertjie! Kyk

gerus na hierdie

video van ’n olifant se in-

teraksie met mense. Jy sal

dit baie geniet!

http://youtu.be/Z0HJRww0dp4

Die Regeneration aan-derediens word baie goed bygewoon en die behoefte het ontstaan vir ’n Kinderoppasdiens tydens die diens (19:00-20:15) veral tydens ons sewe weke Die Won-derwerkerreeks.

Sou jy graag hier wou help? Ons Junior Jeug-bedienaar, Bea, sal help met materiaal om die kinders besig te hou. Dit sal van hulp wees. Bel Ds Johan Els as jy beskikbaar is by 084 672 0626.

Doel van bediening

Om ‘n verwelkomende, gasvrye (‘inviting’)

kultuur by Bergsig te skep.

Wanneer nuwelinge by die gemeente

aankom, en nog nie besluit het of hulle

weer sal terugkom nie, word die besluit in

baie gevalle gebaseer op hulle heel eerste

ervaring van die gemeente. Wat is dit wat

mense heel eerste ervaar wanneer hulle

by ons gemeente aankom – hoe hulle

gegroet word by die deur …?

Hoof verantwoordelikheid

Om nuwelinge in te skakel by die ge-

meente en bekend te stel aan aktiwiteite

van die gemeente.

Koördineer alle verwelkomingsinisia-tiewe

vir die gemeente.

Vestig ’n kultuur van gasvryheid en

vriendelikheid waar almal gemaklik en

ontspanne kan voel.

Bedien mense met Jesus se liefde

sodat elkeen geliefd en tuis voel.

Wie behoort deel te wees van die span

Indien jy glo dat mense moet welkom voel

by ons gemeente.

As jy hierin ‘n bydrae wil maak ongeag jou

gawes of persoonlikheid.

Bel Johann van Tonder as jy wil deel raak

van die gasvryheidsbediening by 083 463

5050 of e-pos hom by:

[email protected]

Gasvryheidsbediening

VAN EGO NA EKO

Dalk kan jy ons help?

Program vir die week:

Page 5: Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo · Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n

Wees deel van

Bergsig se

Facebook-blad

Durbanville-Bergsig

kerk - Sy ligdraers

Klik op “hou hiervan”.

(673 hou van Bergsig )

Bergs ig Boodskap

Baie baie dankie aan diegene wat reeds aangemeld het om te kom help, vele hande maak ligte werk. Dankie, vir julle FUNtastiese gesindheid.

A-Koord gaan tot verdere ken-nisgewing finansiële hulp aanbied aan die Hanno Fourie Trust. Hanno het al baie le-wens aangeraak in sy kort lewe en so ons wil graag op ons ma-nier deel in die vreugde wat hy aan mense bring. 50% van die netto opbrengs op Sondae gaan aangewend word om spesifiek te help met Hanno se maande-likse apteekrekening.

Ons het egter steeds ’n tekort aan hande om te help op Son-dae. Indien jy dus lekker kan bak, graag mense bedien of LIEF is vir OPWAS wil ons graag met jou hande vat. Ons gaan spanne maak sodat elkeen net een keer per maand aan diens sal wees. Die gedagte is dat die bakkers hulle gebak sal skenk vir die verkope. Dit gee ons die geleentheid om jou bydrae te verdubbel deur die verkope.

Kontak gerus vir Heidi (083 399 2013) Oswald (079 108 9697) of Wilna(082 575 9505)

“A cord of three strands

is not easily broken”

Bladsy 5

Die jaar se Koninkrykbe-

stuursveldtog se naam is:

Die Wonderwerker.

Dit is ’n fantastiese 7 week-

preekreeks wat handel oor

Jesus se wonderwerke van-

uit die Johannes-evan-

gelie. Johan Smith wat on-

langs ons getuienisweek

gelei het, getuig oor Die

Wonderwerker - dat dit een

van die mees “geestelik

verrykende reekse was wat

hulle tot dusver gedoen

het”.

Die klem val spesifiek daar-

op om die persoon Jesus

agter die wonderwerke be-

ter te leer ken. Jy kan met

hierdie preekreeks die ver-

wagting hê dat jou intieme

lewe met Jesus gaan groei.

Ons loods dit op 30 Au-

gustus met die eerste te-

ma: Die Wynmaker.

6 Sept. - Die Choreograaf

13 Sept. - Die Rebel

20 Sept. - Die God van Al-

gebra

18 Okt. - Die Waterloper

25 Okt. - Die Oogspesialis

1 Nov. - Die Grafdief

Ander goeie nuus is dat die

oggend- en aand-

eredienste dieselfde temas

gaan volg. Jy sou ook

saans een van jou vriende

kan nooi om die preek te

kom luister indien die og-

gendtema jou aangespreek

het. Die junior en senior-

kategese sluit ook by ‘Die

Wonderwerker’ preekreeks

aan. Families kan dus

saam op reis gaan omdat

almal in die gesin deur die

reeks bedien word.

Ons benodig gasheerhuise

vir lidmate wat vir die duur

van die veldtog in ’n groep

wil inskakel. As jy weet hoe

’n DVD speler werk kan jy

’n gasheer wees (geen

opleiding is nodig). Om as

gasheer te ‘volunteer’ bel

Juanita 082 963 3333.

Daar is kleingroepmateriaal

beskikbaar. Kleingroepe kry

’n spesiale DVD (R20 een

per groep) en Afrikaanse

handleiding teen R10 per

persoon. Vir navrae oor

materiaal bel kerkkantoor

021-976 4106.

Die Wonderwerker-reeks is

gebaseer op die boek van

Mark Batterson “The Grave

Robber”. Ons wil baie

graag ons lidmate aan die

oorspronklike werk bloot-

stel. Om regtig optimaal

geestelik te groei tydens die

reeks beveel ons ten sterk-

ste aan dat die boek

aangekoop word. Die goeie

nuus is, ons kry dit teen

45% goedkoper as wat die

rakprys is. Boeke is vanaf

12 Augustus by die kerk-

kantoor beskikbaar teen

R100.

Die 20ste September is ons

spesiale dankoffer-oggend

as deel van die reeks en

spesiale koeverte word dan

uitgedeel. By die afsluiting

van die Koninkrykbe-

stuursveldtog op 25 Okt.

neem ons weer die

koeverte op. Koeverte en

ander inbetalings is steeds

welkom tot Febr. 2016

Alle veldtognavrae kan aan

Ds. Johan Els gerig word.

Die Christelike Lektuurfonds

(CLF) bring steeds vir meer as

55 jaar die Boodskap van die

Bybel aan almal deur gratis en

bekostigbare lektuur.

Bestel gerus CLF pamflette in

die tale van SA met onderwerpe

wat wissel van geestelik tot so-

siaal-maatskaplike probleme en

vra God om jou te wys hoe om

dit daagliks te gebruik om ander

van Sy Liefde, Hoop en Verloss-

ing te vertel. Ons het ook by die

deure pamflette beskikbaar wat

jul gratis kan neem om uit te

deel aan die wat dit nodig het.

Raak betrokke by die

1 MILJOEN BYBELS VIR 1

MILJOEN KINDERS PROJEK

om die Boodskap na die kinders

van ons land in Afrikaans, En-

gels, Xhosa, Sotho, Tswana,

Zulu en Pedi te bring.

Vir meer inligting of indien jy self

die projek vir kinders in jou area

wil aanpak, kontak Hedwig

Moore by 021 864 3707. Be-

soek ons webwerf by

www.clf.co.za of skakel 021 873

6964 vir meer inligting.

Praat met mense oor Jesus deur die kanaal ...

Page 6: Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo · Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

11-13 September 2015 MANNEKAMP Die jaarlikse mannekamp vind weer plaas

by Boegoeberg. Die begintyd is vanaf

laatmiddag.

Beau de Klerk is die spreker.

Navrae: Andries [email protected]

Ankia du Plooy van die Sinodale Vrouekomissie gesels met ons oor

Vroue met Vlerke en daarna Lizel Stephens (’n lewensafrigter).

Ons bied ’n driegang maaltyd aan na

afloop van die sprekers.

‘n Vrolike boodskap by Gesinsweek 2015 Dink jouself gelukkig, ’n verfrissende tema in ’n strak wêreld!

Dr. Pieter van Jaarsveld het dit met soveel ‘flair’ kom deel

en dit was soms skreeusnaaks!

Hy noem dat deur visualisering, meditasie en asamhalings

oefeninge jy klaar jou ligaam positief kan instel. Ook dat ons

vir elke negatiewe gedagte, vyf positiewe gedagtes moet

terugsê aan onsself voordat ons dit uitkanselleer.

Gretha Wiid, bekende spreker oor huwelik en gesinsver-

houdings het by die afsluiting van die gesinsweek

beklemtoon wat die belang is om elke week vir jou geliefdes

dankie te sê, ’n kompliment te gee en respek te wys vir

hulle. Die drie lewensbeginsels sal ons help om baie van

ons verhoudingsprobleme te oorkom. Dink die week na

daar-oor en bêre dit nie net weg nie, maar beoefen dit.

Die VVV kleingroep bederf die SAPD vroue van Durbanville elke jaar. Maché Smith (’n junior ambassadeur vir gestremdes)

was die gasspreker en het met haar getuienis die mense in trane gehad. Die jaar was daar ’n ‘twist’ of eerder ’n gedans van

’n ander aard. Caley Jäck (fiksheid-instruktrise by Planet Fitness) het die vroue danse aangeleer. ’n Jolige affêre!