ontmoet ella angus winterhoop - ‘n uitdaging aan die …€¦ · voete afgeskud en ‘n...

4
WINTERHOOP - ‘N UITDAGING AAN DIE HELE LAND! 1 – 20 JUNIE Die winter is om die draai en winter beteken koue, ongemak en ontwrigting vir baie arm mense. MES tree vir die sewende keer op as koördineerder van die landswye Winterhoop-projek. Die hele land word opgeroep om deel te neem en om in dié tyd ‘n verskil te maak in mense se lewens. Die Winterhoop –projek is ‘n spontane insameling van kos, klere en komberse om gedurende die winter in die nood van armes te kan voorsien. Die Media- instansies Monitor en Spektrum, (RSG) Beeld, Volksblad, Burger, Burger (Oos Kaap), Rapport en Ontbytsake op KykNET help met koerantartikels of programme om mense te motiveer om die nood van armes gedurende die winter te help verlig. ‘n Sentrale Winterhooprekening is beskikbaar, en fondse wat daar inbetaal word, word verdeel tussen PEN, (Pretoria) Maranatha, (Port Elizabeth) Straatwerk, (Kaapstad) Insinkwa Setheku (Durban) en MES (Johannesburg) vir hulle werk onder behoeftiges in die middestede. Die bankbesonderhede sal telefonies verstrek word en in die media bekend gemaak word. Ondersteuners wat spesiaal vir MES wil bydra, kan die geld direk in ons rekening deponeer en merk “Winterhoop.” Die gemeentes wat elke jaar as aflaaipunte vir MES optree, is die NG Gemeentes Farrarmere, Johannesburg-Noord Andrew Murray, Kemptonkruin, Lindenpark, Melville Kruisgemeente, Fontainebleau Gemeenskapskerk, Roodekrans en Riebeeckpark. Indien daar nog gemeentes is wat as aflaaipunte wil dien, kan hulle met ons skakel. Maak gerus van die aflaaipunte gebruik! Die direkte Winterhoop telefoonlyn (011) 725-0001, is weer geaktiveer van 1 – 20 Junie. ONTMOET ELLA ANGUS Ons is bevoorreg om ‘n nuwe Hoofbestuurder vir Ontwikkelingsprogramme in die persoon van me. Ella Angus by ons te verwelkom. Sy is vanaf 20 Maart 2007 aangestel in die plek van me. Delene van Wyk, wat ‘n pos by die Universiteit van Johannesburg aanvaar het. Ella is in Delmas gebore en het op ‘n plaas tussen Delmas en Bapsfontein grootgeword. Sy het haar skoolopleiding aan die Hoërskool Noord-Oosrand naby Benoni voltooi en aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hier het sy die grade BA, BA Honneurs (Sielkunde) en BA Honneurs (Afrikaans) verwerf. Sy vertel self verder: Alles daarna was ‘n wonderlike voorbereidingstydperk vir hierdie pos by MES. Ek het as vertaler/taalversorger op vryskutbasis begin, is in dié hoedanigheid by Rapport Uitgewers aangestel en was later die Senior Medianavorser by RCP Media in Auckland Park, Johannesburg. Ek het toe Melville gebly en so half ongemerk Johannesburg en sy mense leer lief kry. As lidmaat van Melville NG Gemeente en later gemeente- afgevaardigde op MES se Direksie, het ek ook die voorreg gehad om MES beter te leer ken. Die saadjie wat my so ‘n liefde en deernis vir Johannesburg se middestad sou gee, is sekerlik alreeds daar geplant. Ongeveer 3 jaar gelede het ek eers Johannesburg se stof van my voete afgeskud en ‘n Sabbatsjaar in Onrus (naby Hermanus) gaan geniet. Hierdie was ‘n besonderse tydperk van seën waarin die Here my keer op keer van Sy liefde vir my oortuig het. Terug van Onrus het ek vir ‘n tydperk by ‘n ouetehuis in Waterkloof, Pretoria gewerk, voordat ek as Hoofbestuurder aangestel is. Net die Here kon my lei na hierdie geleentheid waar ek my gawes en talente, belangstellings en vaardighede, so ten volle kan benut. Die uitdaging is baie groot, veral omdat soveel menselewens deur die programme geraak word, maar dit hou my op my knieë en diep afhanklik van God. En alhoewel ons by MES sekerlik hoofsaaklik hier is om mense se nood te verlig, is daar ‘n ander kersie van hoop wat ek wil aangee: vreugde, of nog mooier gestel, sielsgenot. People need joy. Quite as much as clothing. Some of them need it far more - Margaret Collier Graham …. en so kan ons dalk iets daarvan oordra dat Hy gekom het sodat ons die lewe kan hê, en dit in oorvloed (Joh 10:10).

Upload: others

Post on 11-Nov-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ONTMOET ELLA ANGUS WINTERHOOP - ‘N UITDAGING AAN DIE …€¦ · voete afgeskud en ‘n Sabbatsjaar in Onrus (naby Hermanus) gaan geniet. Hierdie was ‘n besonderse tydperk van

WINTERHOOP - ‘NUITDAGING AAN DIEHELE LAND!1 – 20 JUNIEDie winter is om die draai en winter beteken koue,ongemak en ontwrigting vir baie arm mense. MEStree vir die sewende keer op as koördineerder van dielandswye Winterhoop-projek. Die hele land wordopgeroep om deel te neem en om in dié tyd ‘n verskilte maak in mense se lewens.

Die Winterhoop –projek is ‘n spontane insamelingvan kos, klere en komberse om gedurende die winterin die nood van armes te kan voorsien. Die Media-instansies Monitor en Spektrum, (RSG) Beeld,Volksblad, Burger, Burger (Oos Kaap), Rapport enOntbytsake op KykNET help met koerantartikels ofprogramme om mense te motiveer om die nood vanarmes gedurende die winter te help verlig.

‘n Sentrale Winterhooprekening is beskikbaar, enfondse wat daar inbetaal word, word verdeel tussenPEN, (Pretoria) Maranatha, (Port Elizabeth)Straatwerk, (Kaapstad) Insinkwa Setheku (Durban)en MES (Johannesburg) vir hulle werk onderbehoeftiges in die middestede. Die bankbesonderhedesal telefonies verstrek word en in die media bekendgemaak word.

Ondersteuners wat spesiaal vir MES wil bydra, kandie geld direk in ons rekening deponeer en merk“Winterhoop.” Die gemeentes wat elke jaar asaflaaipunte vir MES optree, is die NG GemeentesFarrarmere, Johannesburg-Noord Andrew Murray,Kemptonkruin, Lindenpark, Melville Kruisgemeente,Fontainebleau Gemeenskapskerk, Roodekrans enRiebeeckpark.

Indien daar nog gemeentes is wat as aflaaipunte wildien, kan hulle met ons skakel. Maak gerus van dieaflaaipunte gebruik! Die direkte Winterhooptelefoonlyn (011) 725-0001, is weer geaktiveer van1 – 20 Junie.

ONTMOET ELLAANGUSOns is bevoorreg om ‘n nuwe Hoofbestuurdervir Ontwikkelingsprogramme in die persoonvan me. Ella Angus by ons te verwelkom. Sy isvanaf 20 Maart 2007 aangestel in die plek vanme. Delene van Wyk, wat ‘n pos by dieUniversiteit van Johannesburg aanvaar het.

Ella is in Delmas gebore en het op ‘n plaas tussen Delmas enBapsfontein grootgeword. Sy het haar skoolopleiding aan dieHoërskool Noord-Oosrand naby Benoni voltooi en aan dieUniversiteit van Pretoria studeer. Hier het sy die grade BA, BAHonneurs (Sielkunde) en BA Honneurs (Afrikaans) verwerf.

Sy vertel self verder:Alles daarna was ‘n wonderlike voorbereidingstydperk virhierdie pos by MES. Ek het as vertaler/taalversorger opvryskutbasis begin, is in dié hoedanigheid by Rapport Uitgewersaangestel en was later die Senior Medianavorser by RCP Mediain Auckland Park, Johannesburg. Ek het toe Melville gebly enso half ongemerk Johannesburg en sy mense leer lief kry.

As lidmaat van Melville NG Gemeente en later gemeente-afgevaardigde op MES se Direksie, het ek ook die voorreg gehadom MES beter te leer ken. Die saadjie wat my so ‘n liefde endeernis vir Johannesburg se middestad sou gee, is sekerlikalreeds daar geplant.

Ongeveer 3 jaar gelede het ek eers Johannesburg se stof van myvoete afgeskud en ‘n Sabbatsjaar in Onrus (naby Hermanus)gaan geniet. Hierdie was ‘n besonderse tydperk van seën waarindie Here my keer op keer van Sy liefde vir my oortuig het. Terugvan Onrus het ek vir ‘n tydperk by ‘n ouetehuis in Waterkloof,Pretoria gewerk, voordat ek as Hoofbestuurder aangestel is.

Net die Here kon my lei na hierdie geleentheid waar ek mygawes en talente, belangstellings en vaardighede, so ten vollekan benut. Die uitdaging is baie groot, veral omdat soveelmenselewens deur die programme geraak word, maar dit houmy op my knieë en diep afhanklik van God.

En alhoewel ons by MES sekerlik hoofsaaklik hier is om mensese nood te verlig, is daar ‘n ander kersie van hoop wat ek wilaangee: vreugde, of nog mooier gestel, sielsgenot.

People need joy.Quite as much as clothing.Some of them need it far more - Margaret Collier Graham

…. en so kan ons dalk iets daarvan oordra dat Hy gekom hetsodat ons die lewe kan hê, en dit in oorvloed (Joh 10:10).

Page 2: ONTMOET ELLA ANGUS WINTERHOOP - ‘N UITDAGING AAN DIE …€¦ · voete afgeskud en ‘n Sabbatsjaar in Onrus (naby Hermanus) gaan geniet. Hierdie was ‘n besonderse tydperk van

2 M E S N u u s b r i e f M e i 2 0 0 7

REDAKSIONEEL

Dis herfs hier in Hillbrow. Die bome,aan weerskante van die strate, se blareverkleur stadig maar seker. Meestal nageel. Daar is ‘n koeligheid in die lug watjou wil, wil na jou baadjie laat gryp.Herfs is ‘n wonderlike seisoen. Dit is ‘nseisoen van dankbaarheid en seëningetel. Die volheid van die somervrug isgeoes en dan besef mens dat Godweereens geseën het.

Hier by MES wil ons ook dankie sê virdie oes van finansiële ondersteuningwat ons ontvang het gedurende 2006/7.Ons oudit is so te sê afgehandel en dieHere het werklik in al ons behoeftesvoorsien. Lees gerus meer oor dieterugvoerfunksie wat in Junie gaanplaasvind waar ons in detail sal vertelhoe die Here in ons behoeftes voorsienhet.

Herfs is die voorloper van winter. Ensaam met winter kom dieWinterhoopprojek. MES, saam metander organisasies, is reg om behoeftigemense te voorsien met noodsaaklikhedeom dié winter die hoof te bied. Leesasseblief die Winterhoop artikel ommeer uit te vind oor die praktiesereëlings rondom deelname aan diéprojek.

Ella Angus, ons nuwe HoofbestuurderOntwikkelingsprogramme, deel ‘nbietjie meer oor haarself mee in diéuitgawe. U kan ook die volledige artikellees oor Nomsa en haar skoolavontuur -dis nou vir diegene wat nog nie diewebtuiste kon besoek nie!

Omdat dit herfs is en ons gereed maakvir winter, het ons vir Charles Hahngevra om ‘n artikel te skryf oor dieGemeenskapsorg -program.Gemeenskapsorg is vir baie mense dieeerste skakel met MES en ook die plekwaar ons in hul basiese behoeftes kanvoorsien.

Ons seënwense vir u, ons lesers, vir herfsis Psalm 128:1-2:“Dit gaan goed met elkeen wat die Heredien en sy wil doen. Die vrug van jouarbeid sal jy geniet, gelukkig envoorspoedig sal jy wees”.

Vriendelike groete,Elmari Swart

MES CHARITY GOLF DAY 2007

We are proud to report that we had a very successful Charity Golf Day atZwartkop Country Club on 2 March 2007. The MES Charity Golf Daydawned bright and sunny with the promise of fun and excitement. Asfrom early morning staff members set up their equipment and bannersfor the day. There was an atmosphere of anticipation and everybodyshared in the fun and laughter.Although the players sufferedfrom the heat, they thoroughly en-joyed the day. Part of the fun wasthe Coloured Ball competitionand only ONE team managed tokeep their coloured ball for 18holes – well done Gerry Pienaarand team!

We were honoured to have 20four balls taking part in our event.After everybody had finishedtheir games, Dale Hayes enter-tained the players with his GolfClinic. He was also the master ofceremonies for the evening func-tion. The players each receivedan embroided golf towel, a mag-net marker and a ball bag madeby the Tswelopele Job CreationProgramme of MES.

We would like to thank our sponsors and players – you enabled us toraise R45 000 towards the activities of MES.Your contribution is much appreciated. Our next MES Charity GolfDay will be hosted in March 2008!

The following sponsors

are gratefully acknowledged:

ATKV

Avroy Shlain

BHP Billiton

Burger Broers

Carel Vosloo

De Villiers Myburgh Inc. Chartered Accountants

Distell

GEMS

Gerry Pienaar & Associates

Golf Connection

Medi-Clinic Morningside Hospital

Medi-Clinic Limited Private Hospital Group

Nico Schoeman

Novo Nordisk

PCR

Pro Deo Trust

Proshop (Worldwear)

Rembrandt Butchery

Rand Merchant Bank

Summerfields River Lodge + Spa

VW Connections

WestRand Fire

Wynand van der Linde

Page 3: ONTMOET ELLA ANGUS WINTERHOOP - ‘N UITDAGING AAN DIE …€¦ · voete afgeskud en ‘n Sabbatsjaar in Onrus (naby Hermanus) gaan geniet. Hierdie was ‘n besonderse tydperk van

M E S N e w s l e t t e r M a y 2 0 0 7 3

KOM SWERF OP DIEMES WERF

Nomsa* is ‘n twaalfjarige meisie met ‘ngeweldige honger vir kennis. Gedurende Sep-tember 2006 is sy opgeneem by die Zaziwe Hoop

vir Lewe Versorgingsentrum. Nomsa, watvir ‘n groot gedeelte van die dag op suurstofis, het met verlangende oë na die anderkinders gekyk wanneer hulle skool toegaan. So uitgehonger is sy vir kennis dat sydie kleiner kindertjies begin onderrig het.Sy het, voordat sy by ons opgeneem is, ‘nskootrekenaar by “Reach for a Dream”gekry. Sy het elke dag ure daarop spandeeren lessies uitgewerk om haar kennis verderuit te brei. Ongelukkig kon sy nie self skooltoe gaan nie, a.g.v. haar afhanklikheid vansuurstof. Huidiglik het haar gesondheidsodanig verbeter dat sy wel sou kon skoolbywoon met spesiale reëlings rondomsuurstof.

Aan die begin van die jaar het die personeelvan Zaziwe ‘n donateur genader om te vraof dit moontlik is om hierdie leergierigemeisie in die skool te plaas. Sy sou graad 8kan begin indien die aansoek om fondsesuksesvol sou wees. As gevolg van haargesondheidstoestand sou daar dan ook ‘nskool gevind moes word wat bereid souwees om haar te akkommodeer. Dieonderhandelinge was …..’n reuse suksesgewees!

Aberdare Cabelling Group, ‘n maatskappy watnaby die Zaziwe Versorgingsentrum geleë is, het‘n bedrag bewillig wat die koste van Nomsa seskoolklere dek. ‘n Skool in Jeppestownomgewing, Jules High School, was bereid omNomsa in Graad 8 op te neem. En om alles tekroon staan hulle in vir al haar skoolfooie! Sy isso opgewonde en in haar noppies! Sy wordsoggens skool toe geneem en smiddae gehaal. Diewonder hiervan is dat die skool Nomsaakkommodeer ten spyte van die feit dat sy haarsuurstofbottel saam met haar neem.

‘n Droom isbewaarheid enons leergierigemeisie kan nouleer soveel as wathaar hart begeer.Die foto hierbytoon Nomsa waarsy trots in haarnuwe skoolklerespog.

A FOCUS ON COMMUNITY CARE

Community Care is a program that cares about people in deprivedcommunities. The Community Care Programme strives to reach thebroader community of the Inner City of Johannesburg by launchingseveral projects. The following projects are currently underway:

For many people The Helpdesks and theHomeless Adults Project provide the firstcontact with MES. After consultation withthe clients, we refer them to otherprogrammes within MES according to theirneeds and the services offered. There isalso the Thursday evening Outreach, whichis an opportunity for churches and groupsto assist with providing food and minister-ing to people living on the streets.

Genesis is an emergency accommodationoption for abused women and children.Emergency accommodation up to 72 hoursis provided to those in need thereof. Dur-ing this timeframe our social worker as-sesses and refers the person/s to relevantdepartments and service providers that willbe able to assist with qualified help.

Ekhaya, an overnight shelter, is a facilitythat caters for people living on the streets.A homeless person may obtain shelter forthe night at a very small cost. Spiritualprogrammes are provided at Ekhaya in theevenings to ensure that each person has theopportunity to hear the message of Jesus.

The Community Care Programme reaches out to the Senior Citizenswithin the Inner City. We have regular tea and cake parties where weget together with the old people. It is wonderful to hear their storiesand to share the Gospel with them. We are investigating a “Meals onWheels” unit to supply in the basic food needs of senior citizens that areneedy. We have an annual sea camp for the elderly, which proves to befun every time! The Senior Citizens participate in the annual sportsday too. Boy, can they run!

We continually witness the grace of God in what we do. We are gratefulthat we can assist in providing in the basic needs of the community andwe are hopeful that we can encourage our clients to live meaningfullives. Charles Hahn is the Programme Manager of Community Care.He can be contacted on (011)725-6531 or 083-307-6989.

Page 4: ONTMOET ELLA ANGUS WINTERHOOP - ‘N UITDAGING AAN DIE …€¦ · voete afgeskud en ‘n Sabbatsjaar in Onrus (naby Hermanus) gaan geniet. Hierdie was ‘n besonderse tydperk van

4 M E S N u u s b r i e f M e i 2 0 0 7

MES BANKBESONDERHEDEBank: ABSA, ParktownRekening: TjekRekeningnaam: MES AlgemeenRekeningnommer: 3240140208Takkode: 514205

PERSONEELNUUSIn ‘n groot organisasie soos MES is dit onvermydelikdat daar personeelwisseling is. Die toevoeging vannuwe personeellede bring altyd vreugde en die verliesvan ou personeellede hartseer.

Mathilda Myburgh is die nuwe Kerkskakelbeamptevir MES. Sy is baie opgewonde oor die nuwe uitdagingom skakeling tussen MES en gemeentes te hanteer.Mathilda is ook verantwoordelik vir die besprekingvan gemeenteoptredes. Sy is ‘n bondel energie watalmal om haar aan die brand steek met haarentoesiasme en vuur.

Hubert Mochaecho het by MES aangesluit as OpenbareBetrekkinge beampte. Hy is verantwoordelik vir aldie mediaskakeling asook die beplanning van spesialegeleenthede wat gedurende die jaar plaasvind. Huberthet voorheen Bemarking studeer en sien uit daarnaom praktiese ondervinding in die veld op te doen.

Esther de Villiers is aangestel as dieProgrambestuurder van Tswelopele. Tswelopele is diewerkskeppingsprogram by MES. Ons wens haar baiesterkte toe vir die taak wat op haar wag.

Ons is baie hartseer om te rapporteer dat Esther vanNiekerk bedank het. Esther was 5 jaar by MESwerksaam gewees. Esther gaan voltyds ma wees vir ‘n tydjie en gaan ookkursusse aanbied in Babagebaretaal. Dit leer babas om te kommunikeervoordat hulle kan praat. Ons is baie dankbaar vir die tyd wat Esther by onsgewerk het. Ons gaan veral haar entoesiasme, deernis vir mense en haarkreatiwiteit mis. Ons wens haar sterkte toe met al haar toekomsplanne.

Die volgende persooneellede het ook bedank: Gert Theron, Johan Breedt &Sello Ramaema.

Die volgende posisies is tans beskikbaar:• 2 Professionele verpleegsusters • 1 Maatskaplike werker• 1 Kinder- en jeugversorger • 1 Voedingsekuriteitsbestuurder• 1 Sekuriteitsbestuurder

ONS BENODIGSelfone, Fietse, Nie-bederfbare kosse, Kinderklere, Formule Melk,Linne en handdoeke vir die Versorgingsentrum.

Gebedsversoeke• Vakante posisies wat gevul moet word• Implementering van al ons strategieë• Veiligheid en die gesondheid van ons personeel• Die nuwe Bybelskool wat Februarie geopen het• Die opening van ons nuwe kleuterskool vir 150 kinders

MESTERUGVOERFUNKSIEDie jaarlikse MES Terugvoerfunksie insamewerking met Madulamoho, MES sesuster-maatskappy wat op bekostigbarebehuising fokus, vind op 21 Junie 2007 plaas.Dit sal die vorm aanneem van ‘n vroeë-oggendontbyt by Mediapark in Aucklandpark.

Indien u sou belangstel om die funksie by tewoon, kontak asb. vir Hubert Mogaecho om uplek te bespreek by 011-725 6531 [email protected]

MES FEEDBACKFUNCTIONOn the 21st of June 2007 MES will be hostingour Annual Feedback Function in partnershipwith our sister company Madulamoho. Thiswill be in the form of an early morning break-fast at Mediapark Auditorium.

Contact Hubert Mogaecho at 011-725 6531or [email protected] should you be inter-ested to attend.