oorkonde p - historical papers, wits university hand gedoen dat dit nie ’n waarborg vir die staat...

26
assegaai gehad het. Hy noem dat hy nie gesien dat hy met die assegaai huistoe gegaan het nie. Oorkonde p.27 Die Staat maak gewag daarvan dat hy KOL DAVIDSON se getuienis staaf deurdat hy op 23 Junie 1992 om 4-uur buite die kamers was. As Beskuldigde 62 se getuienis deeglik gelees word moet dit tog baie duidelik wees dat hy praat van die oggend toe daar foto’s geneem is van al die inwoners en Beskuldigde 73 hulle versoek het om uit die kamers uit te kom. Hy maak geensins hier melding van die nag waarop daar uitgegaan was om te gaan bid nie. Dit word respekvol aan die hand gedoen dat dit nie ’n waarborg vir die Staat daarstel ten opsigte van die getuienis van die twee medepligtiges. Sy getuienis hier is oor ’n voorval wat op 22 Junie 1992 plaasgevind het. Beskuldigde 64 Hy getuig dat hy sedert sy intrek te Kwa Madala hostel in kamer 2002 woon. Dit verskil met wat namens hom gestel is aan die medepligtige getuies, te wete dat hy in kamer 2003 gewoon het. Hy getuig dat hy tydens die aanval op 17 Junie 1992 beseer was en nie kon meedoen aan sodanige aanval nie. Dit verskil eweneens met die objektiewe feite dat hy eers na die voorval in die hospitaal opgeneem is met ’n skietwond. Tydens sy kruisondervraging gee hy toe dat hierdie ’n ou gebeurtenis is en dat hy ’n fout kon gemaak het oor die datum. Hy ont^en dat hy ’n vuurwapen en/of lisensie vir ’n vuurv'aper* besit. Hy ontken dat

Upload: doannhan

Post on 07-Sep-2018

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

assegaai gehad het. Hy noem dat hy nie gesien dat hy met die assegaai huistoe

gegaan het nie.

Oorkonde p.27

Die Staat maak gewag daarvan dat hy KOL DAVIDSON se getuienis staaf

deurdat hy op 23 Junie 1992 om 4-uur buite die kamers was. As Beskuldigde 62

se getuienis deeglik gelees word moet dit tog baie duidelik wees dat hy praat van

die oggend toe daar foto’s geneem is van al die inwoners en Beskuldigde 73 hulle

versoek het om uit die kamers uit te kom. Hy maak geensins hier melding van

die nag waarop daar uitgegaan was om te gaan bid nie. Dit word respekvol aan

die hand gedoen dat dit nie ’n waarborg vir die Staat daarstel ten opsigte van die

getuienis van die twee medepligtiges. Sy getuienis hier is oor ’n voorval wat op

22 Junie 1992 plaasgevind het.

Beskuldigde 64

Hy getuig dat hy sedert sy intrek te Kwa Madala hostel in kamer 2002 woon. Dit

verskil met wat namens hom gestel is aan die medepligtige getuies, te wete dat

hy in kamer 2003 gewoon het. Hy getuig dat hy tydens die aanval op 17 Junie

1992 beseer was en nie kon meedoen aan sodanige aanval nie. Dit verskil

eweneens met die objektiewe feite dat hy eers na die voorval in die hospitaal

opgeneem is met ’n skietwond. Tydens sy kruisondervraging gee hy toe dat

hierdie ’n ou gebeurtenis is en dat hy ’n fout kon gemaak het oor die datum. Hy

ont^en dat hy ’n vuurwapen en/of lisensie vir ’n vuurv'aper* besit. Hy ontken dat

hy verder meegedoen het aan die aanval op Boipatong. Hy ontken dat hy

goedere uit Boipatong geneem het. Namens hom het BUSISIWE MGULI getuig

dat hy inderdaad op die 17de Junie 1992 reeds beseer was. Hierdie is eweneens

n fout wat sy begaan. Sy noem dat sy dink hy het na die robotte gegaan die

volgende dag omdat sy hom nie by die kamer gesien het nie. Sy noem verder dat

sy nie ’n Lucky Stikenyou ken nie. Sy ontken dat THERESA MOFOKENG haar

die aand van 17 Junie 1992 besoek het. Benewens haar verskil met Beskuldigde

64 se getuienis kan dit nie per se aanvaar word dat sy oor alles leuenagtig is nie.

Hier gaan dit veral oor waar haar getuienis direk teenstrydig is met die van

THERESA MOFOKENG.

Beskuldigde 65

Hy kan eweneens nie as ’n indrukwekkende getuie beskou word hie. Eweneens

kan die Staatsgetuies wat hom impliseer ook nie as indrukwekkend beskou word

nie. Daar was weersprekende getuienis tussen BAJOSI en MOLOI oor watse tipe

wapen Beskuldigde 65 sou gehad het. BAJOSI dig aan hom ’n 7.65mm pistool

toe. MOLOI dig aan hom die besit van ’n kierie toe waarmee hy vensters in sy

groep gebreek het. Beskuldigde 65 ontken dat hy op daardie stadium in die

hostel gewoon het. Hy ontken dat sy naam Stikenyou is. Hy noem dat as die

Beskuldigdes miskien na hom verwys agter sy rug, sal hulle van hom praat as

Stickenyou. Dit was veral ’n situasie wat ontstaan het nadat BAJOSI begin getuig

het. Dit word namens die Staat as ’n bewese feit aanvaar dat dit inderdaad

Beskuldigde 65 is wat op die video-band voorkom. Dit word toegegee dat daar

baie sterk ooreenkomste is maar in die lig van Bes.'iuJdigde se ontkenning kan dit

nie as afdoende geargumenteer word me. Beskuldigde 65 gee die verduideliking

dat dit moontlike ene SIMON MDEBATSI kan wees. THERESA MOFOKENG

se getuienis dat sy na BUSISIWE se kamer gegaan het, waar sy Beskuldigdes 66

en 64 gesien het, kan nie staan teen die getuienis van Beskuldigdes 64 en 65,

BUSISIWE en MANOSI.

Beskuldigde 68

Hy het getuig dat hy sedert 13 Julie 1988 by Iskor werksaam is. Hy het

gedurende Junie 1992 dagskof gewerk. Hy verlaat die hostel om 6vm en keer om

4.30nm weer terug. Hy ontken BAJOSI se bewering dat hy op 17 Junie 1992

versoek was om ’n vuurwapen by Beskuldigde 70 af te neem. Dit val nie vreemd

op dat MOLOI getuig dat hy weet Beskuldigde 68 het ’n vuurwapen nie. Hy kon

hiervan by enige ander persoon in die hostel gehoor het. MOLOI sonder

Beskuldigde 68 van die begin af uit as een van die persone met wie hy

moeilikheid gehad het in die hostel.r

Oorkonde p.45

Die Staat steun op die onkunde van Beskuldigde 68 met betrekking tot "Ntelezi"

om onder andere aan te dui dat Beskuldigde 68 se weergawe nie aanvaarbaar is

nie.

-114-

Beskuldigde 69

Hy skep vir die Staat ’n probleem. Aldus 3AJOSI was Beskuldigde 69 een van

die persone wat by die stadion "Ntelezi" toegedien het aan die mede-beskuldigdes.

Hy het ook ’n AK47 ontvang. MOLOI plaas Beskuldigde 69 hoegenaamd in die

hostel op 17 Junie 1992 nie. Beskuldigde 69 noem dat hy saam met Beskuldigde

72 in Natal was. Die Staat maak gewag daarvan dat die Beskuldigde versuim het

om ’n getuie uit Natal te roep dat hy op daardie stadium daar was. Hierdie

argument van die Staat gaan mank aan oortuiging. Word so ’n persoon geroep,

word deur die Staat geargumenteer dat hy ten gunste van die Beskuldigde kom

getuig. Sien in hierdie verband die bespreking van die getuienis van BESINA

NTULI - Staatsargument p. 110 par 19.3.2 waar dit geargumenteer is dat sodanige

getuie subjektief positief ingestel is ten opsigte van die Beskuldigdes. Beskuldigde

69 se getuienis was nie enigsins afgebreek tot sodanige effek dat gese kan word

dat dit stawing verleen aan die Staat se weergawe nie.

Beskuldigde 70

Sy getuienis is dat hy ten tye van die voorval op Vereeniging gewoon het. Hy wasi

daar betrokke gewees in ’n hofsaak. Hierdie is gemenesaak tussen die Staat en

die Verdediging dat die saak begin het op 6 Junie 1992 en klaargemaak het op

19 Junie 1992. Dit is eweneens gemeensaak dat die saak om 9vm in die oggende

begin het tot 4nm. Beskuldigde 70 ontken die bewerings van BAJOSI, MOLOI

en NYETI. Beskuldigde 70 was wel op die middag van 18 Junie 1992 by Kwa

Madala hostel. Hy noem dat hy gaan geld haal het deurdat die saak feitlik klaar

was en hy die advokaat in fondse moes plaas. Toe dit aan hom gestel is dat

Beskuldigde 70 op 18 Junie 1992 by die hof was en nie by Kwa Madala kon wees

soos deur MOLOI beskryf nie, antwoord MOLOI: "Hy het vir u gelieg."

-115-

Oorkonde p.229

Hierdie aspek is geensins met Beskuldigde 70 in kruisondervraging opgeneem nie.

Beskuldigde 70 se getuienis was in wese geensins aangeval nie. Oor die feit dat

Beskuldigde 70 se getuie nie geroep was om te getuig nie, geld dieselfde

argument as vir Beskuldigde 69. Dit was eweneens gestel aan die Staatsgetuies

en was die Staat deurgaans hiervan bewus gewees. Ten opsigte van Beskuldigde

70 kan nie van staatwee gevra word dat sy getuienis as ongeloofwaardig verwerp

word nie.

Beskuldigde 71

Hy gee onmiddellik in sy getuienis toe dat hy aanvanklik aan sy

regsverteenwoordigers ’n Ieuen vertel het deur te noem dat hy gedurende Junie

geensins by Kwa Madala hostel was nie. Hy getuig dat hy inderdaad daar

aangekom het op die 18de Junie 1992. Hy het dagga by hom gehad want hy is

’n daggasmous. Met al die polisie daar in die omgewing die middag het hy

bekommerd geraak oor sy dagga en daama weer weggevlug na Natal. Hy is in

Maart 1993 gearresteer. Hy het hom gedurende kruisondervraging vir ’n nag in

die selle bevind toe dit blyk dat sy antwoorde op vrae van die Staat nie baie

duidelik is nie. Die Staat maak groot gewag van die getuienis van MOLOI wat

hom in huis 761 en 765 te Boipatong plaas. As MOLOI se getuienis oor wat in

765 plaasgevind het krities ontleed word, kan dit geensins versoen word met die

getuienis van NONJOLI nie. NONJOLI het getuig oor die gebeure in huis 765

Hlubistraat.

GEBEURE HLUBISTRAAT 765

MOLOI het getuig dat toe hy in die huis ingegaan het, het hy deurgestap na ’n

kamer, hy het daar in die deur gaan staan waarop hy toe vir Beskuldigde 71

gesien het wat in die bed insteek. Daar het ook ’n kind op ’n kopstuk gesit. Die

kind het gesoebat dat sy nie doodgemaak moet word nie. Die kind het te kenne

gegee dat haar moeder in ’n volgende kamer in ’n hangkas was. Beskuldigde 71

het in die bed gesteek waar ’n persoon onder die bed was. In die kamer het hy

later skote gehoor. In kruisondervraging kan hy nie meer se hoeveel nie. Hy het

die vertrek verlaat en in die badkamer het hy die fiets van die muur afgehaal. Hy

is in ’n ander kamer in waar hy die hangkas oopgemaak het en ’n vroumens daar

binne in gesien het. Hy kon nie sien of die persoon ’n kind by haar gehad het

nie. Beskuldigde 67 het later in die kamer ingeloop waarop hy toe uitgeloop het.

Uit hierdie kamer het hy toe ’n skoot gehoor nadat Beskuldigde 67 daar ingestap

het. Hy noem dat Beskuldigde 67 die vrou in die hangkas geskiet het. Daarna

het hy nog ’n persoon in die eetkamer aangetref waarop hy die persoon aanr

Beskuldigde 71 uitgewys het omdat hy kon sien dat dit vir hom lekker is om die

mense te steek. Hy is daarna uit waarop hy die oorblywende vensters van Huis

765 Hlubistraat stukkend geslaan het. Hierdie huis se foto in die album toon

duidelik dat al die vensters nie stukkend geslaan is nie.

Oorkonde p. 194 en verder

Hierteenoor het ALICE NJOLI getuig dat sy op 17 Junie 1992 gewoon het te 765

Hlubistraat. Sy het ga?.n slaap en ongeveer 10-uur wakker geword van vensteis

-117-

wat breek. Sy het by die huis uitgekyk waarop sy ’n groep mense in die kruising

van die straat gesien staan het. Hulle was baie en het oorpakke gedra. By hulle

hoofde het hulle wit lap opgehad. Sy het gesien dat van die mense hardloop na

haar huis waarop sy die kindjie gegryp het en na ’n ander kamer gehardloop het.

Sy kon niks by die mense opmerk nie. Sy en die kind het in die ander kamer in

’n hangkas ingespring. In dieselfde vertrek was daar twee ander mense, te wete

NDOU en ZEKELI wat onder ’n bed gele en slaap het. Die hangkas waar sy

ingespring het is in dieselfde vertrek as die een waar die twee persone in slaap.

Die ligte in die kamer was af toe sy in die hangkas klim. Sy het haar

skoonmoeder in die voorkamer agtergelaat. Die mense het by haar huis se

venster ingekom deurdat hulle nie die deur kon oopkry nie. Hierdie persone het

in haar kamer ingekom en die ligte aangesit. Een het daarna die kamer verlaat.

Die twee wat in die kamer agtergebly het, het die kind gedreig om geld te gee.

Hierop is die kind geskiet. Die kind onder die bed is met J ju n e s -o ^ n spies

gesteek. Volgens haar was die kind 8 keer geskiet met ’n ldein vuurwapentjie.

In kruisondervraging het sy genoem dat sy die persone duidelik kon sien. Niks

het haar uitsig versper nie. Die klere kon sy duidelik sien te wete dat dit blou

oorpakke was. Die drie persone wat weggebreek het en in haar huis gekom het,

het almal blou oorpakke en wit kopdoeke aangehad. Sien hier ook MNQNITHI

se getuienis op p.97 waar hy beweer Beskuldigde 67 ’n "spooty" en nie ’n witbanfc/

opgehad het nie. Die eerste persoon wat haar kamer verlaat het, het dit verlaat

voordat enige iets gebeur het in die kamer. Sy het gesien dat die kind onder die

bed net eenmaal gesteek was. Na die skote wat in die kamer geskiet was waarin

sy was, het sy nie verdere skote in die huis gehoor nie. Voordat die persone die

kamer ingekom het, het sy eweneens ook geen skote gehoor nie.

-119-

Dit word respekvol gesubmiteer dat Beskuldigde 71 se leuen oor 17 Junie 1992

en sy besoek aan Natal nie die res van sy getuienis negatifeer nie. Daar kan nie

aanvaar word dat die leuen wat hy vertel het, die res van sy alibi as onsinnig en

belaglik afmaak nie. Ten slotte kan dit nie geargumenteer word namens die Staat

dat die leuen die Staat se weergawe verskerp nie.

Hy bevind horn eweneens in dieselfde bootjie dan Beskuldigde 69. BAJOSI se

dat Beskuldigde 72 in besit van ’n AK47 was. MOLOI kan niks van Beskuldigde

72 se nie. Hierteenoor noem Beskuldigde 72 dat hy saam met Beskuldigde 69

daardie tyd in Natal was. Die Staat versoek die Hof om die getuienis van

Beskuldigde 72 te verwerp weens dieselfde redes dan Beskuldigde 69. Hier word

eweneens gewag daarvan gemaak dat Beskuldigde 72 nie ’n getuie geroep wat sy

weergawe kon staat nie. Hierdie argument is geensins waterhoudend nie.

Beskuldigde 72 se getuienis is nie in wese aangeval en word dit gesubmiteer dat

dit aanvaarbaar is.

Beskuldige 73

Hy getuig dat hy in diens van Yskor is sedert 1971. Gedurende Junie 1992 was

hy in Kwa Madala Hostel gewees. Hy was in beheer van die hostel namens die

Yskor werkers. Daar was op daardie stadium 410 persone wat by Yskor gewerk

het en ’o verdere 350 persone wat uitgewekenes is uit die woongcbiede wat in die

Beskuldigde 72

hostel gewoon het. Hy was verantwoordelik vir die kamertoekennings van

persone wat in Kwa Madala hostel gewoon het. Die R5-heffing waarvan

Beskuldigde 65 melding gemaak het, was toe die Ooshek by Yskor

verantwoordelik was vir die beheer na Kwa Madala hostel. Hy is voorts ’n lid van

die werkerskomitee van Yskor. Hy noem dat hy slegs ’n gewone lid is van Inkata.

Die voorsitter van die Inkata komitee is ene KUMALO. Hy getuig dat daar

inderdaad ’n gat in die draad is aan die agterkant van Kwa Madala hostel en dat

persone daar kan uitgaan en die terrein kan verlaat daardeur. Die megafoon was

in n kantoor en het hy die aand van 17 Junie 1992 die megafoon vir geen

persoon gegee nie. Hy was gedurende die aand wakker gemaak deur NTULI

waarop hy toe vir STEYN van Yskor sekuriteit by die hek aangetref het. Later

het die Suid-Afrikaasen weermag ook by die hek opgedaag en was. hy weer geroep

deur NTULI. Hyself het nie n groep mense daardie aand gesien nie. Hy het op

die 18de Junie 1992 voor 9-uur die oggend verneem van die aanval wat op

Boipatong plaasgevind het. Hy het ’n oproep van buite gekry deur ’n onbekende

vrouepersoon wat genoem het daar is 37 persone die vorige aand gedood. Hy

ontken dat hy enigsins gesing het dat die spies rooi van bloed is. Hy ontken dat

hy op enige stadium ’n vergadering toegespreek het waar TEMBA KHOZA en

NDLOVU was, waar die mense aangese was om die goedere wat uit Boipatong

geneem was te verbrand. Hy gee ’n verduideliking hoekom die inwoners op 23

Junie 1992 vroeg die oggend byeengeroep is om te kom bid. Die Staat se betoog

-120-

daarvan die aanval sou sanksioneer. Indien dit die geval was, sou mens verwag

dat Beskuldigde 73 baie vroeer gearresteer sou gewees het in veiband met hierdie

aanval. Die Staat noem dat dit ’n skrydende onwaarskynlikheid is dat

Beskuldigde 73 die aand van 17 Junie 1992 nie die inwoners wakker gemaak het

nie, maar hulle wel opl87ume~T992 gemobiliseerHetr-Hier-was-BeskuldigdeTB-

se getuienis dat die boodskap wat hy op die 18de Junie 1992 ontvang het, is dat

daar ’n aanval geloods gaan word op Kwa Madala. Dit is teenstrydig met die

inligting wat hy die vorige aand van Yskor sekuriteit en die weermag ontvang het.

Daar was nie sprake van enige aanval op Kwa Madale Hostel nie. Voorts wordV----

dit respekvol gesubmiteer dat Beskuldigde 73 se verduideliking oor hoe hy besluit

het om ’n gebedbyeenkoms te hou op 23 Junie 1992, nie onwaarskynlik is nie. Hy

getuig dat hy nie geweet het die polisie gaan weer op daardie stadium die plek

deursoek nie. Hy noem dat hy in die Here glo en dat hy die gebed op ’n tyd wil

doen wat nie die ander sal pla nie. Die Staat argumenteer dat Beskuldigde 73

roep meer mense byeen op die 18de Junie 1992 om die polisie se taak te

bemoeilik. Die Staat submiteer dan dat Beskuiatge-73-dit-docn dcurdnt hv

verduidelik dat hy "ontevrede" was met die polisie-optrede en noem dan verder

dat hierdie gedrag in kontras was met sy samewerking aan die polisie op ander

aangeleenthede. Beskuldigde 73 getuig inderdaad dat hy nie die wyse waarop die

hek gebreek was, aanvaar het nie en hy nie teen die polisie-optrede in die

algemeen. Hy ontken dat hy enigsins die polisie wou hinder. Hy getuig dat nadat

die polisie na hom toe gekom het en ’n versoek aan hom gerig het was hy toe in

staat was om die inwoners mee te deel. Daarna het dinge verbeter. Verder is

dit die onbetwiste getuienis van KOL DAVIDSON en die ander polisiebeamptes

wat in hierdie agbare Hof getuig het dat Beskuldigde 73 deurgaans sy

samewerking aan die polisie gegee het. Beskuldigde 73 was deeglik deur die

Staat onder kruisverhoor geneem, maar word dit respekvol aan die hand gedoen

dat sy weergawe onaangetas bly staan.

Rp.skuldigde 74

BAJOSI gee aan Beksuldigde 74 ’n haelgeweer en noem dat hy op verskeie kere

geskiet het. MOLOI noem dat Beskuldigde 74 inderdaad by die stadion was.

THERESA MOFOKING betrek Beskuldigde 74 ook in die prentjie. Beskuldigde

74 het in getuienis in hoof sy agtergrond aan die hof geskets. Daar het hy dit

duidelik gemaak dat hy nie ’n persoon is wat weens sy omstandighede op sosiale

vlak in ’n hostel sal verkeer en/of vergadering sou bywoon nie. Hier kan dit nie

geargumenteer word dat Beskuldigde 74 se ontkenning van ’n vergadering en ’n

oproep daartoe in die geheel van die getuienis verwerp behoort te word nie. Dit

is nie kritiek teen Beskuldigde 74 dat MANJOSI beweer dat sover sy weet,

THERESA MOFOKENG op 20 Junie 1992 in Beskuldigde 74 se kamer geslaap

het nie. Sy kan nie getuig oor wat vooraf gebeur het nie. Daar is inderdaad die

weerspreking tussen Beskuldigde 60 en Beskuldigde 74 'oor of THERESA

MOFOKENG die aand van 17 Junie 1992 in kamer 3019 geslaap het, maar dit

negativeer geensins Beksuldigde 74 se verduideliking hieromtrent nie. Dit word

eweneens respekvol aan die hand gedoen dat Beskuldigde 74 onder mtensiewe

kruisondervraging onderworpe was, maar dat hy deurgaans by sy weergawe gebly

het. Beskuldigde 74 ontken dat hy enigsins die volgende dag ’n televisiestel gehad

het en dit verbrand het.

MANJOSI se getuienis dat sy nie op 17 Ji'nie 1992 in Kwa Madala hostel gewoon

-122-

KOL DU PONT

KOL DAVIDSON

Die Beskuldigdes en hulle getuies onder andere THEMBA KHOZA

Die getuienis deur die Staat aangebied oor hierdie aspek is so deurspek

met weersprekings en onwaarskynlikhede dat die weergawes ten opsigte

van die verbranding van goedere net nie aanvaar kan word nie. Aangesien

die getuienis van medepligtiges met versigtigheid benader moet word, is

die weersprekings en onwaarskynlikhede in hierdie verband fataal vir die

Staat om aan te toon dat daar wel so ’n verbranding plaasgevind het.

Daar is ook nie stawing te vind vir die medepligtiges uit ander bronne nie

aangesien THERESA MOFOKENG se weergawe hieroor ook direk

weersprekend is tenoor wat die medepligtiges getuig het. -

Die ontkennende getuienis van die Beskuldigdes oor hierdie aspek moet

geinterpreteer word in die lig van die aansluitende getuienis van KOL DU

PONT asook die getuienis van KOL DAVIDSON dat daar gaan sodanige

verbrande goedere gevind is in die hostel nie. Hier moet in gedagte gehou

word dat daar wel ’n deursoeking van die hostel was en dat indien daar ’n

groot aantal goedere in die vuilishouers was, sou dit waarskynlik deur die

polisie opgemerk gewees het.

Die getuienis van die verskillende medepligtiges en THERESA

MOFOKENG in verband met die verbranding is kortliks soos volg:

-124-

BAJOSI se Beskuldigde 71 en 53 was betrokke by die verbranding. Later

los hy Beskuldigde 53 uit. Opdrag was op die 19de gegee deur

Beskuldigde 58, THEMBA KHOZA en HUMPHREY NDLOVU. Die

verbranding het gedurende die dag plaasgevind.

L J -

Bajosi p.87, 246 en 247

MOLOI se die verbranding het op die 18de plaasgevind. THEMBA

KHOZA en Beskuldigde 9 gee die opdrag. Mense was gekies om te help.

Hulle is Beskuldigdes 31, 64 en ene LUCKY. Die verbranding het in die

aand plaasgevind terwyl die helikopter bo die hostel gevlieg het. Later het

hy getuig dat THEMBA KHOZA en HUMPRHEY NDLOVU nie by die

vergadering was waar die verbranding bespreek is nie.

Moloi p.32, 73, 74 en 87

f

MNQNITHI getuig THEMBA KHOZA het die opdrag gegee ten opsigte<h

van die verbranding. Dit het volgens hom eers op Sater die 20ste Junien

1992 plaasgevind.

Mnqnithi p.21, 76 en 83

THERESA MOFOKENG getuig dat die opdrag ten ospigte van die

verbranding wat op 18 Junie 1992 gegee deur NTWANA, Beskuldigde 73

-125-

en ene MAKWANA.

Dit is dus duidelik dat hierdie vier getuies mekaar oor-en-weer weerspreek

het.

Die getuienis van THEMBA KHOZA is ook in hierdie verband van

belang. Hy getuig soos Beskuldigde 73 dat die polisie teenwoordig was op

die stadium toe hierdie vergadering gehou sou word. Dit is ondenkbaar

dat enige sodanige opdragte gegee sou word in die teenwoordigheid van

die polisie. Dit is in elk geval ook onwaarskynlik dat THEMBA KHOZA

hierdie opdragte sou gegee het in teenwoordigheid van die voile

vergadering al was die polisie nie teenwoordig nie. Ook is dit

onwaarskynlik dat die getuienis op hierdie manier uitgewis sou word.

Sekere van die artikels is nie van so ’n aard dat dit heeltemal uit sou kon

brand nie. Die getuienis sou dus steeds bestaan het maar net in verbrande

vorm. Indien die verbrande artikels gevind sou wOrd, sou dit eerder

aandui op die skuld van die inwoners van Kwa Madala hostel. Want

waarom sou sodanige artikels verbrand word? Dit sou makliker vir die

inwoners gewees het om te se dat dit hulle eie artikels was.

In die lig van bogenoemde word dit respekvol aangevoer dat die Staat nie

daarin geslaag het om hulle van die onus wat op hulle rus te kwyt nie en

dat dit nie bewys is dat die voorval plaasgevind het nie.

DIE GETUIENIS OOR POLISIEBETROKKENHEID EN DIE KFFKK

DAARVAN

Hierdie aspek sal meer volledig ten opsigte van spesieke vrae wat die Hof gevra

het, aangespreek word op ’n ander plek.

Sien: Aparte hoofde

Dit dien egter gemeld te word dat polisiebetrokkenheid as sulks, nie soos die

Staat dit stel, deel van die saak van die Beskuldigdes gevorm het nie. Dit

Beskuldigdes se saak is ’n algehele ontkenning van die aanklagtes teen hulle.

Die bewerings van polisiebetrokkenheid het direk na die voorval ontstaan en is

gemaak deur die ANC en inwoners van Boipatong. Insoverre as wat

polisiebetrokkenheid al dan nie asook bewerings daarvan betrekking mag he op

die evaluasie van die medepligtiges se getuienis, is polisiebetrokkenheid natuurlik

relevant in hierdie saak. Insoverre verder, as wat dit tot die' kennis gestrek het

van die Verdediging dat sulke getuienis bestaan, en voorgele is aan die Goldstone

Kommissie, was dit nodig om die aangeleentheid vanaf Verdedigingskant aan te

raak. Om dit te ignoreer sou neerkom op pligsversuim.

Die bewerings deur die ANC gemaak het behels:

(a) dat die sogenaamde "Comrades" oftewel "Self Defence Units” vroeer die

aand voor die aanval verjaag is;

(b) dat die aanvallers aangery is na Boipatong met Kasspirs; en

(c) dat die aanvallers terug vervoer is en meegehelp is deur Kasspirs van die

polisie en/of weerma;

(d) dat die polisie sover gegaan het as om getuienis wat die Kwa Madala

hostel-mense impliseer, te onderdruk en die ondersoek swak gedoen is.

Ten opsigte van (a) hierbo word die volgende kommentaar gemaak. In die Staat

se eie saak is daar getuies geroep wat geredelik toegegee het onder kruisverhoor

dat hulle Comrades" was. ALhoewel die Staat dit nie in hoofgetuienis aangebied

is nie, het dit geblyk dat die getuies onder kruisverhoor se dat vroeer die aand

van die 17de Junie het die polisie die "Comrades" verjaag deur met traangas op

hulle te vuur en ook op hulle te vuur met vuurwapens. Hierdie getuienis is deel

van die Staat se saak en kan nie geignoreer word nie. Dit is dan ook deur

sommige van hierdie getuies aangevoer dat die verjaging van die "Comrades" of

Self Defence Units" nie voor hierdie voorval ooit in Boipatong plaasgevind het

nie en dat dit ’n uitsonderlike gebeurtenis was. Die vraag ontstaan of hierdie

getuienis aanduidend is van polisiebetrokkenheid. Dit word respekvol aan die

hand gedoen dat dit inderdaad aanduidend sou wees van polisiebetrokkenheid

indien dit aanvaar sou kon word.

Dit is in hierdie verband dat die aspekte hierbo genoem in paragraaf 4 en

paragraaf 5 natuurlik van belang is. Die ANC soos dit geblyk het op die

-128-

Goldstone Kommissie, het ’n direkte politieke belang gehad by die aanwysing van

polisiebetrokkenheid. Die vraag is dus of getuies van die Staat deur die buite-

instansie soos die ANC of die sogenaamde "Civics" van Boipatong en masse

beinvloed kon gewees het. Dit word respekvol aan die hand gedoen dat dit die

enigste verklaring vir hierdie getuienis wat deur die Staat aangebied is, kan wees

anders as dat dit die waarheid is. As dh waar is, dan kon die bei'nvloeding van

die ANC natuurlik ook verder gestrek het soos byvoorbeeld die medepligtiges en

spesifiek die getuie MNQNITHI wat deur die ANC onverklaarbaar en skielik na

die Staat aangebring is.

Verder in hierdie verband dien dit vermeld te word dat die bewering was dat

spesifiek in Slovopark van die aanvallers geklee was in uniform en Afrikaans

gepraat het. Ook hierdie bewering wat die ANC op die Goldstone Kommissie

gemaak het word ondersteun deur die getuienis wat deur die Staat aangebied is.

Hier byvoorbeeld het ’n getuie wat deur die Staat geroep is, gese dat van die

aanvallers Afrikaans gepraat het. Van die getuies het ook gese dat die aanvallers

in die omgewing van Slovopark geklee was in uniform. Weereens ontstaan die

vraag of hierdie weergawe wat in die Staat se eie saak aangebied is en geblyk het

uit kruisverhoor, die waarheid is en of dit na vore kom as gevolg van bei'nvloeding

van een of ander buite-instansie.

Uit die getuienis het dit ook geblyk dat verskeie van die inwoners wat in

Boipatong woon die suggestie laat in hulle getuienis onder kruisverhoor dat daar

inderdaad polisievoertuie tesame net die aanvailers was. In hierdie verband is

-129-

dit nodig om te meld dat hierdie getuies dan uitkom met hierdie weergawe

hoofsaaklik onder kruisverhoor. So byvoorbeeld is daar getuienis dat die gebrul

van voertuie gehoor is direk voor of direk na die aanval of gesamentlik met die

aanvalle. So byvoorbeeld is daar getuienis dat daar traangas terselfdertyd met die

aanval gebruik is. Weereens in hierdie verband ontstaan die vraag of daar

moontlikheid van bei'nvloeding van buite-instansies op hierdie getuies was en dan

moet dit spesifiek in gedagte gehou word dat die getuies, nadat die verhoor ’n

aanvang geneem het, uit Boipatong na die Staat gebring is en dat hierdie getuies

klaarblyklik kontak moes gehad het met die ANC oftewel die "Civic Association"

van Boipatong en die moontlikheid van bei'nvloeding duidelik daar was. Dit met

respek, reflekteer dan ook op die getuienis van die medepligtiges en spesifek

MNQNITHI soos hierbo genoem.

Dieselfde kan natuurlik gese word ten opsigte van die getuienis van SELO en

MABUSA as wat deur die Staat in hulle aanval op hierdie getuies se getuienisr

genoem is.

Dit kan nie gese word dat al die getuienis wat dui op polisiebetrokkenheid en wat

beskikbaar is enigsins in hierdie saak aangebied is of tot op die been oopgekloof

is nie. Dit moet onmiddellik toegegee word, dit sal ook elders toegegee word, dat

op die getuienis wat aangebied is, die Hof nie ’n konklusiewe bevinding kan maak

dat daar wel polisiebetrokkenheid in hierdie saak was nie. In hierdie verband

egter word die volgende opmerking gemaak. Die effek wat die beweringe van

polisiebetrokkenheid op die Staat gebad he‘, is verstommend. Getuies waaroor

-130-

die Staat beskik het maar wat polisiebetrokkenheid beweer het, is nie deur die

Staat geroep nie. Daar is selfs sover gegaan as om te versuim om die getuie

MOLETI wat ’n moordklag kon bewys, te roep. Dit is die getuie wat op ’n M-Net

program aangedui het gedurende die verhoor dat daar blankes betrokke was by

die moorde in haar huis. Klaarblyklik is sy nie geroep as getuie nie omdat die

getuie betrokkenheid van blankes beweer het.

Geen enkele polisiebeampte wat direk betrokke was by die medepligtiges is deur

die Staat geroep om te getuig nie. Hierdie aspek soos hierbo genoem moet

ernstiglik reflekteer op die waarde wat aan die medepligtiges in hierdie saak se

getuienis geheg kan word. Wat die kwessie van polisiebetrokkenheid aanbetref,

probeer die Verdediging nie voorgee dat hulle daarin sou kon slaag om in hierdie

saak spesifiek en met die beperkte ondersteuningsbasis wat tot ons beskikking

was, daarin sou kon slaag om polisiebetrokkenheid te bewys nie. Dit is nie eers

seker dat die ANC wat met groot regsspanne en ’n groot ondersteuningsbasis gesit

het, dit suksesvol op die Goldstone Kommissie sou kon doen nie. Dit word egter

respekvol aan die hand gedoen dat die relevansie van die beweringe van

polisiebetrokkenheid daarin gelee is dat die polisie onder geweldige druk verkeer

het selfs gedurende hierdie verhoor en dat die versoeking om getuies en veral

medepligtige getuies wat ’n misdadige agtergrond het, te beinvloed oftewel te

"prompt" om Beskuldigdes valslik te impliseer baie groot moes wees.

SLOTOPMERKINGS

Die Staat se betoog is dat daar getrouheidswaarborge te vinde is vir die skuld van die

Beskuldigdes uit die volgende;

stawing

omstandigheidsgetuienis

die waarskynlikhede soos blyk uit die bewese feite

faktore uit die verdedingsaak

Die volgende opmerkings word hieroor gemaak.

By n ontleding van die Staat se argument blyk dit dat daar stawing gevind word in die

feit dat die misdade werklik gepleeg is en die medepligtiges daarom wel deel gehad het

aan die aanval in Boipatong. Hierdie feite kan egter met respek nie gebruik word ter

stawing van die implisering van ’n beskuldigde nie.

Sien in hierdie verband die opmerking van Potgieter A R in S v Mhlabathi and Annthpr

1968(2) SA 49 A op 50 G - H:

"This is clearly not a case where the judge a quo found that the merits o f the accomplice’s

evidence and the demerits o f the accused were beyond question, and that therefore no

corroboration was required. It is clear from the authorities that i f corroboration was required

it had, for the purpose o f the so-called cuationary rule, to be corroboration implicating the

accused and not merely corroboration in a material respect or rcspects."

en verder op 51 A:

"Once, however, the court decides that in order to be so satisfied it requires corroboration,i

it would be pointless to "hook for corroboration other than corroboration implicating the

accused. ’

In die saak was die aard van die impliserende getuienis dan ook die volgende (op 51 A -

B):

"There was the evidence that the plan, which purported to set out the extension o f

complainant’s office where the robbery took place, was found in accused’s wardrobe. There

was furthermore the evidence o f Lucas and Lawrence as to why the plan was drawn and

how it came into accused’s possession. These facts undoubtedly constitute corroboration o f

the accomplice’s evidence implicating accused no 1."

en verder op 50 F:

"In my judgtnent, the trial court could not rightly have found any corroboration o f the

accomplice’s evidence implicating accused no 2. The fact that there was independent

evidence that three persons entered the premises clearly cannot constitute such

corroboration."

en verder op H:

"Mr Tucker for the State, conceded that there was no corroboration o f the accomplice’s

evidence implicating accused no 2, but submitted that, because the trial court found accused

-133-

no 2 to be a lying witness, there was, in terms o f the authorities I have referred to, no need

for such corroboration."

en verder op 52 B - C:

In any event I do not understand the trial judge to have considered that because accused . 1 '"

no 2 told th istle would have been prepared to convict on Nelson’s evidence alone. He

distinctly stated that he needed corroboration."

Sien ook S v Dladla supra waar sy Edele Appelregter Miller die volgende se op 530 B -

C:

... it appears to me that corroboration o f such a witness, in a respect not implicating his co­

accused in the crime, does not cognizably reduce the risk. Nor is it effectively reduced in

such circumstances by the added factor that such witness’ co-accused was untruthfull in

certain collatoral aspects and was also a poor witness whose evidence in certain respects

might appear to be improbable."

Dat beide BAJOSI en MOLOI huise uitgewys het in Boipatong is onbetwis. Daar is

egter ook onbevredigende aspekte van hulle getuienis oor die misdade wat gepleeg is in

Boipatong. Vergelyk byvoorbeeld BAJOSI se getuienis oor Zondo’s Tavern en MOLOI

se getuienis oor huis 773 Hlubistraat.

Beide van hulle getuig ook oor ’n Sierra voertrig wat uitgewys word as synde staande by

-134-

t\

1

ou

huis 773 en beide getuig dat die voertuig beskadig is.

MNQNITHI getuig ook daaroor. Die volgende is van belang:

MEV MBELE getuig dat die voertuig voor hear kombuisdeur gestaan het, voor die

raotorhuis en nie in die nuwe motorhuis wat aan die straat se kant is nie. Sy getuig dat

dit ’n groen voertuig is en nie ’n witte nie.

Wanneer na die medepligtiges se getuienis oor hierdie aspek gekyk word, is dit so vol

weersprekings dat dit gemeet teenoor MEV MBELE se getuienis, blyk dat hulle

getuienis oor hierdie aspek op samespanning of bemvloeding berus en hulle nie die

kloutjie by die oor kan bring nie.

Sien: Bajosi

Moloi

Mnqnithi

Die Staat steun sterk op die omringende omstandighede as waarborg vir die

medepligtiges se getuienis.

In R v Gumede 1949 AD 749 op 759 word die volgende bevind deur sy Edele Van den

Heever A R:

-135-

" Where an accused person although directly implicated by the evidence o f an accomplice

does not go into the witness box to deny such allegations, the surrounding circumstances

though not directly implicating the accused may serve as strong corroboration o f such

imcriminating evidence."

In hierdie saak vind dit natuurlik nie toepassing nie, al die Beskuldigdes het die getuienis

teen hulle in die getuiebank gaan ontken.

Ook in S v Francis waarop die Staat steun, het die Beskuldigde nie direk inkrirainerende

getuienis onder eed gaan ontken nie. Verdere stawing is gevind in dit wat by wyse van

stellings aan die getuie inderdaad erken was.

Sien: P-205 en 206 van die uitspraak in S_vFrancis aangehaal deur

die Staat

Die vraag of die vergadering waarop dit gese word die Beskuldigdes was, is ’n geskilpunt.

Soos hierbo aangetoon, is dit onwaarskynlik dat so ’n vergadering inderdaad gehou is.

Daar kan nie stawing vir die vergadering in die ontkenning daarvan gevind word nie.

Selfs al word van die standpunt uitgegaan dat inwoners van die hostel betrokke was by

die aanval, kan dit nie gese word dat die ontkenning van die vergadering of kennis van

die aanval, aandui dat ’n beskuldigde skuldig is en daarom lieg nie. Selfs al het ’n groot

groep aanvallers uit die hostel gegaan, sou dit, as dit in die geheim gedoen is, nie

noodwendig tot die kennis van al die inwoners gestrek het nie. Die strekking van die

getuienis van die Beskuldigdes is dat indien ’n vergadering gehou is o p die w v s p getuig

-136-

deur die medepligtiges, dan sou hulle kennis daarvan gedra het.

Dit word respekvol aangevoer ten slotte dat die Staat nie geslaag het om bo redelike

twyfel te bewys dat enige van die Beskuldigdes skuldig is aan die misdade gepleeg in

Boipatong nie.

BYGEVOLG word die agbare Hof versoek om die Beskuldigdes te ontslaan.

GETEKEN TE JOHANNESBURG HIERDIE 14de DAG VAN MAART 1994.

V BOTHA

R STRYDOM

J A C VAN ECK

ADVOKATE VIR BESKULDIGDES

Collection Number: AK2672 Goldstone Commission BOIPATONG ENQUIRY Records 1990-1999 PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers, University of the Witwatersrand Location:- Johannesburg ©2012

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.

Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of the collection records and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document is part of a private collection deposited with Historical Papers at The University of the Witwatersrand.