oral, altyd en in alles hartklop 1 april 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met...

6
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK ONS WAAG DIT MET DIE HERE VAN DIE OPSTANDING Hoe dringend is ‘n boodskap en ‘n leefwyse van HOOP deur elke kind van God nie juis nou op hierdie tyd en oomblik in ons gemeenskap nodig nie! Toe Jesus Homself as offer gegee het, was dit selfloos, totaal oorgegee aan die wil van Sy Vader. Toe Hy opgewek is uit die dood was daar vir Hom een doel voor oë, naamlik die Koninkryk van God. Hy verskyn aan verskillende mense om te wys dat dit Hy is, dat die dood en alle bose magte en kragte end ie duiwel self finaal oorwin is. So is dit ook met SY kerk en SY kinders. In SY voetspore vra Jesus selflose sterwe van onsself en dan wek Hy ons as’t ware op, kry ons deel aan SY opstanding om in oorwinning saam met Hom te leef. HY bemagtig ons vir die Koninkryk van SY Vader. Hy belowe: “Onthou, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld”. Juis wanneer ons besig is om die Koninkryksopdrag uit te voer. Nou is die vraag: “Hoe gaan ons opstaan en in die Opstand- ingskrag in oorwinning die pad vorentoe stap in Hermanus?” Rassehaat en verwyte is nie die antwoord nie. Nee, die hart van God, geregtigheid vir ALLE mense, menswaardigheid, dienende leierskap en selflose uitreik en luister om regtig te hoor. Ja, die voetewasliefde van Jesus Christus is die oorwinningspad van SY Koninkryk. Kom ons doen dit saam met al Sy kinders in ons hele gemeenskap en land. Michiel TEKS VIR 8 APRIL DR CLIFFORD HEYS OPENBARING 1:7-18 Vir 46 dae het ons Jesus op Sy lydensweg gevolg. Ons het Hom aan die kruis gesien – bebloed en ten dode toe gemartel. Intussen het Jesus die dood oorwin en hemel toe gevaar. Hoe lyk Jesus nou? Stefanus kon in sy sterwens- oomblikke vir Jesus in die hemel sien - Hy staan aan die regterhand van God (Hnd. 7v5). Johannes sien ook vir Jesus in die hemel – en hy val neer op die grond in aanbidding (Opb. 1v12-17). Hoe sou jy nou vir Jesus in die hemel kon voorstel .....? Hoe lyk jou prentjie van Jesus? Lees Opb. 1v12-17. HARTLIK WELKOM! U sou dit opgelet het: Op dié dag – Paassondag – is daar ‘n opgewektheid te bespeur. En as die mense vra: “Waarom is julle vanoggend so opgewek?” Dan antwoord ons: “Omdat die Here Jesus opgewek is. Hy is uit die dood uit opgewek! Sy graf is leeg!” Dit is vandag Paassondag. En dit is waarom ons vanoggend douvoordag by die begraafplaas bymekaar kom. Dit is die rede waarom ons mekaar anders groet as ander dae: Die een sê: “Die Here het opgestaan” en die ander antwoord: “Die Here het waarlik opgestaanDit is die rede waarom ons van ons mooiste kerkliedere sing soos .... Die Heer, die Heer het opgestaan die Heer het waarlik opgestaan vir sondaars het die Heer gesterf, die lewe deur sy dood verwerf hy het oorwin die dood en hel laat ons dit wêreldwyd vertel! (Liedboek #422) Iemand vertel dat hulle iewers in Europa gery het en voor hulle is ‘n motor met ‘n bufferplakker op: “AS JOU GOD DOOD IS, NEEM MY GOD AAN – HY LEEF!” Ons verwelkom u vanoggend met ‘n vriendelike uitnodiging: “AS JOU GOD DOOD IS, NEEM ONS GOD AAN – HY LEEF!” Wees LIG! GEEN AANDDIENS

Upload: others

Post on 26-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die grond is U sn. Mense het so skade gely en

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop 1 APRIL 2018

VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK ONS WAAG DIT MET DIE HERE VAN DIE OPSTANDING Hoe dringend is ‘n boodskap en ‘n leefwyse van HOOP deur elke kind van God nie juis nou op hierdie tyd en oomblik in ons gemeenskap nodig nie! Toe Jesus Homself as offer gegee het, was dit selfloos, totaal oorgegee aan die wil van Sy Vader. Toe Hy opgewek is uit die dood was daar vir Hom een doel voor oë, naamlik die Koninkryk van God. Hy verskyn aan verskillende mense om te wys dat dit Hy is, dat die dood en alle bose magte en kragte end ie duiwel self finaal oorwin is. So is dit ook met SY kerk en SY kinders. In SY voetspore vra Jesus selflose sterwe van onsself en dan wek Hy ons as’t ware op, kry ons deel aan SY opstanding om in oorwinning saam met Hom te leef. HY bemagtig ons vir die Koninkryk van SY Vader. Hy belowe: “Onthou, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld”. Juis wanneer ons besig is om die Koninkryksopdrag uit te voer.

Nou is die vraag: “Hoe gaan ons opstaan en in die Opstand-ingskrag in oorwinning die pad vorentoe stap in Hermanus?”

Rassehaat en verwyte is nie die antwoord nie. Nee, die hart van God, geregtigheid vir ALLE mense, menswaardigheid, dienende leierskap en selflose uitreik en luister om regtig te hoor. Ja, die voetewasliefde van Jesus Christus is die oorwinningspad van SY Koninkryk. Kom ons doen dit saam met al Sy kinders in ons hele gemeenskap en land. Michiel

TEKS VIR 8 APRIL

DR CLIFFORD HEYS OPENBARING 1:7-18

Vir 46 dae het ons Jesus op Sy lydensweg gevolg. Ons het Hom aan die kruis gesien – bebloed en ten dode toe gemartel. Intussen het Jesus die dood oorwin en hemel toe gevaar. Hoe lyk Jesus nou? Stefanus kon in sy sterwens-

oomblikke vir Jesus in die hemel sien - Hy staan aan die regterhand van God (Hnd. 7v5).

Johannes sien ook vir Jesus in die hemel – en hy val neer op die grond in aanbidding (Opb. 1v12-17).

Hoe sou jy nou vir Jesus in die hemel kon voorstel .....? Hoe lyk jou prentjie van Jesus? Lees Opb. 1v12-17.

HARTLIK WELKOM!

U sou dit opgelet het: Op dié dag – Paassondag – is daar ‘n opgewektheid te bespeur. En as die mense vra: “Waarom is julle vanoggend so opgewek?” Dan antwoord ons: “Omdat die Here Jesus opgewek is. Hy is uit die dood uit opgewek! Sy graf is leeg!” Dit is vandag Paassondag. En dit is waarom ons vanoggend douvoordag by die begraafplaas bymekaar kom. Dit is die rede waarom ons mekaar anders groet as ander dae: Die een sê: “Die Here het opgestaan” en die ander antwoord: “Die Here het waarlik opgestaan” Dit is die rede waarom ons van ons mooiste kerkliedere sing soos ....

Die Heer, die Heer het opgestaan die Heer het waarlik opgestaan

vir sondaars het die Heer gesterf, die lewe deur sy dood verwerf hy het oorwin die dood en hel laat ons dit wêreldwyd vertel!

(Liedboek #422)

Iemand vertel dat hulle iewers in Europa gery het en voor hulle is ‘n motor met ‘n bufferplakker op:

“AS JOU GOD DOOD IS, NEEM MY GOD AAN – HY LEEF!” Ons verwelkom u vanoggend met ‘n vriendelike uitnodiging: “AS JOU GOD DOOD IS, NEEM ONS GOD AAN – HY LEEF!”

Wees LIG!

GEEN AANDDIENS

Page 2: oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die grond is U sn. Mense het so skade gely en

MAANDAG 2 APRIL GESINSDAG DINSDAG 3 APRIL SOPKOMBUIS

JEUG UITREIK: KOUEBOKKEVELD (3-7 April) Ds Anton en die span van 36 tieners, ouers en jongmense vertrek vandag. Ons bid hulle ‘n veilige reis toe en ‘n wonder-like, Geesvervulde, geseënde tyd in Ceres en omgewing toe. WOENSDAG 4 APRIL 10:00 KUDDEKERK BY KIDBROOKE 11:00 KUDDEKERK BY NEGESTER (Dr Clifford Heys gaan voor. Welkom) DONDERDAG 5 APRIL 14:40 Die Vriende van Huis Lettie Theron en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Vriende vergadering by die tehuis. SONDAG 8 APRIL 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 38)

09:00 EREDIENS: Dr Clifford Heys gaan voor. Welkom!

18:00 GEEN AANDDIENS 18:00 KUDDEKERK BY ONRUS MANOR (Dr Clifford Heys)

SPORE VAN SEËN DIE GODSTORIE VAN

ONRUSGEMEENTE

Wil u graag geïnspireer word? Gehoor van al die wonderwerke wat al in hierdie gemeente gebeur het?

Clifford het God se storie van Onrusgemeente gaan soek, gaan luister na vriende en neergepen soos net hy kan. Maak seker u mis nie een kosbare verhaal van hoe ‘n Vader sorg vir Sy kinders nie. Dit is ook ‘n pragtige geskenk vir iemand wat inspirasie en be-moediging nodig het. Beskikbaar by die kerkkantoor teen ‘n donasie van R150. Welkom.

SIMBOLE, RITUELE EN GEBRUIKE

MET PAASFEES

Paasfees is die hoogtepunt van die kerklike jaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Alles wat ons doen, herinner ons daaraan dat hierdie tyd die klimaks van die hele jaar is vir die gelowiges. Dit is byna asof die gelowiges op hierdie dag nie genoeg kan kry van die viering van die oorwinning nie, en daarom strek die viering van die opstanding oor vyftig dae.

Die belangrikheid is so sentraal in die evangelie dat dit byna onmoontlik is om ‘n Christen te wees en nie die opstanding te vier nie. Tog is dit asof die viering van die opstanding net te verrassend is, asof die verbasing hieroor te groot is vir gelowiges om dit voluit te vier. Wie die opstanding werklik ernstig opneem, sal gou vind dat dit hier om veel meer gaan as oppervlakkige goedgelowigheid in die positiewe dinge in die lewe. Die opstandingsevangelie dryf die spot met ons ongeloof en ons verkleefdheid aan die dood.

Dit is belangrik dat ons oorweldig word deur die wonder van die opstanding, en ons nugterheid en beredeneerdheid getemper word deur die vreugde van die feestelikheid. Dit is dramatiese oomblikke wat op velerlei maniere gesimboliseer word: Die sentrale simbool met Paasfees en in die tyd daarna is lig wat deurbreek. Die opkomende son herinner ons elke dag aan Christus se oorwinning oor die dood. In die tyd van die opstanding is musiek weer baie belangrik. Die vreugde oor die opstanding is so groot dat dit ons laat oorgaan in lofprysing. Hoewel die Paaseier ‘n baie kommersiële Paassimbool geword het, is die bedoeling van die versierde eiers om ons aan nuwe lewe te herinner. Lofliedere en trompetgeskal is in kontras met die stilte van die vorige dag.

In kontras met die vas van Lydenstyd, word daar in Paastyd en veral met Paasfees heerlik feesgevier deur allerlei lekkernye te geniet. Soet is tog die smaak wat ons aan die oorwinning laat dink. Die oorwinning is nie maar net ‘n private aangeleentheid nie, maar ook ‘n openbare saak, en daarom is daar die gebruik om in hierdie tyd ‘n optog in die strate te hou met musiek en simbole.

Met al hierdie dinge herinner ons mekaar op hierdie dag aan die grootste van alle dramas:

Die Heer het opgestaan, die Heer het waarlik opgestaan.

Paastyd is ‘n tyd waarin nuwe lewe gevier word. Ons moet hierdie tyd aangryp as ‘n tyd waarin ons opnuut kan identifiseer met die drama van nuwe lewe uit die dood. So maak ons gereed in die Paastyd vir die uitstorting van die Heilige Gees. By ons aan die Suidpunt van Afrika, is dit herfs – dit word stadigaan weer winter. Dit lyk of die bome sterf as hulle die goue blare afgooi. Vir ons kan die natuur nou eerder wys presies hoe diep ons geval het en hoe dood ons was. Dan kan ons vreugde soveel groter wees as ons daaraan dink dat Jesus hierdie dood vir ons oorwin het deur op te staan uit die graf.

Op Paassondag en deur die hele Paastyd is die dominante kleure wit en goud. Kleure van oorwinning en vreugde. Ander vrolike kleure wat die glorie van Christus se heerskappy oor die dood beklemtoon, kan ook gebruik word. Dit is belangrik om ons huise en kerke in hierdie tyd met baie blomme te versier.

OPLOSSING: Kruisigingblokraai (Goeie Vrydag blaadjie) Dwars 1 Kruis 4 Moeder 8 Spies 9 Latyn 10 Suur 11 Bokleed Af 1 Keiser 2 Golgota 3 Vrydag 5 Dood 6 Pilatus

Page 3: oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die grond is U sn. Mense het so skade gely en

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Thea Kruger, Marie Mostert, Linda du Preez, Krappies Carstens, Lynette Crafford, Ernie Stephan, Etienne Louw

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Francois van der Merwe (na 2 maande uit hospitaal ontslaan, herstel nog), Frans Snyders, Leonie Koekemoer, Frans Bothma, Marianna Olivier, Alrich Warmenhoven, Andries van Niekerk, Boma vd Westhuizen

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Hanlie Chambers – wag op lewer- en nieroorplanting (Ina & Rassie Erasmus se dogter), Pauli & Duifie Theunissen, Ilana Myburg & dogters, Ina Bezuidenhout, Deon Terblanche, Bertie Kotze, Quentin van Eeden

MEEGEVOEL MET FAMILIES VAN ...

Francois Goosen, Johanna Toerien, Lena Swiegers. Ons gebede is met julle almal.

ONS BID OOK VIR elke persoon wat die af-gelope Paasfees die dienste by Onrusgemeente bygewoon het. Kom Heilige Gees, en wees u die na-prediker.

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Dierbare Vader, Geloof, Hoop, Genade en Liefde is

seker die mooiste seën wat ons van U ontvang

elke dag. Vader, daar het so baie dinge gebeur die afgelope dae. Ons dra al die

besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die

grond is U s’n. Mense het so skade gely en daar is lewens wat verloor is in

hierdie proses. Ons bid vir hulle gesinne en die eienaars.

WEEK 2-8 APR

MAANDAG 2 APR

Vader, U Woord gee vir ons die belofte dat dit

goed gaan met die mense wat U vertrou en by U ʼn

veilige vesting soek. Help ons om stil te word, rondom U Woord, en te luister

na U wil. Here, ons bid vir almal se veiligheid. Dankie dat ons ons lewens in U

Hande kan vertrou. Gee ons wysheid, krag en liefde. Maak ons dankbaar vir

dit wat ons het.

DINSDAG 3 APR

Dierbare Vader, ons bid vir ons siek mense. Al

leef ons in ʼn besige tyd, vou ons elkeen in ons

gebede toe en plaas hulle by U, Jesus se voete neer. Mag Vader, vir hulle ʼn

genade gee met liefde, gesondheid en vrede. Ons bid dat Vader hulle sal seën

in hierdie dae van siekte. Mag hulle goeie rus kry en die genade van Ons

Vader ervaar en vashou aan U Ons Vader se hand.

WOENSDAG 4 APR

Liewe Heer, laat die werke van die Heilige

Gees waardig raak in elkeen van ons lewens.

Sodat ons tot ʼn besef sal kom, dat daar net een God en Vader is. Wat aan al

ons behoeftes voorsien. Asook in ons tye van nood en verdrukking. Dankie

Here, dat U ons God en Vader is. Maar die meeste van alles, baie dankie dat

U ons groot voorsiener in alles is. Ons loof en eer U daarvoor.

DONDERDAG 5 APR

GEBED

OPSTANDINGSGEBED Die voorhangsel het geskeur, ons kan

in die Allerheiligste in! Ons het toegang deur Jesus, die opgestane

Heer. Sjoe Jesus, ons kan net sing en dans en u naam besing. Dit is ‘n naam wat oor die hele aarde geloof word. U het dit vir ons, vir my, gedoen! Amen!

Vader, soms kom daar ʼn tyd in ons lewe wat ons ʼn

stukkie woestynpad moet loop en alleen en verlate

voel. Maar dankie, Vader, U sal ons nooit alleen los nie. U sal ons toerus vir

die reis en wanneer ons voete sleep en ons knieë knak, sal U ons dra.

Daarom Vader, ons moet nooit sonder Hoop wees nie, want U is nooit sonder

Genade nie.

VRYDAG 6 APR

KLEINGROEPE

Indien u belangstel om deel van ‘n

kleingroep te wees, kontak gerus vir

Deon Terblanche op 083 400 9010 of

[email protected]

Let’s just be who we really are.

You are not what you have done,

what you haven’t done or what you

are going to do. You are not what

other people think of you.

You are chosen!

You are loved!

You are the child

of the King!

Page 4: oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die grond is U sn. Mense het so skade gely en

HAARKAPPER: Ester is ons haarkapper. Kontak vir haar by 081 453 8130 indien u enige haarbehoeftes het. Onthou daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KLINIEK: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede.

NAALDWERK OM 9H30 - 10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

SITKAMER OM 10H00 (LET WEL DIE TYD): ONDERSTEUNINGSGROEP vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons, Alzhei-mer en Demensie ly. By hierdie geleentheid gaan ons weer lekker gesels oor ons bekommernisse en raad/advies/ondersteuning by mekaar kry.

VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat

spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KERRIE-EN-RYS: 'N GROOT ASSEBLIEF: Kom haal u kerrie en rys voor 12h30. Welkom! (Ongelukkig net vir die wat bestel het).

TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 pm vir lede van die Dienssentrum en R60 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

SITKAMER OM 10H00: KOM SPEEL RUMMIKUB en ander speletjies. Dit is lekker ontspannend en gesellig. Welkom!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 3 APR

WOENSDAG 4 APR

DONDERDAG 5 APR

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 6 APRIL 09:30 - 11:30 Wat 'n voorreg om 'n wonderlike teetuin hier by die Dienssentrum te kom ge-niet. Daar is lekker geselskap, nuwe vriende word gemaak en ons ontmoet ook

nuwe lidmate. Kom drink tee/koffie en geniet 'n eetdingetjie R30 (spesiale prys van R20 vir lede). 'n Ekstra (2de) koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Dit is

voorwaar die lekkerste eetgoed in Hermanus. U word bedien deur die vriende-likste kelnerinne in die dorp. Loer in by die kombuis en sien die vriendelikste

mense agter die tee/koffiekanne en die skoonmakers. Nooi u verjaardaggroepe/selgroepe/bybelstudiegroepe en kom drink saam. Kontak vir Siska Conradie

by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe. As u betrokke wil raak by die maak van eetgoed vir die teetuin of om Vrydae by die teetuin te help - ons

soek altyd vrywilligers. Kontak vir Siska en meld aan. Baie dankie!!

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Ons het soveel verskillende aktiwiteite by die Dienssentrum en wil so graag hê dat oud en jonk dit saam met mekaar moet geniet. Ongelukkig is ons aktiwiteite in die oggend, maar nietemin, kom

maak gerus 'n draai! Die Dienssentrum bedien nie sogenaamde "ou mense" nie. Niemand by die Dienssentrum is oud nie - hulle is net afgetree of uitgetree en geniet die lewe. Dis slegs ons lede wat bo 60 jaar moet wees.

DONDERDAG FLIEK 5 APRIL @ 15:00 KONSISTORIE

Ons volgende fliek is UITVLUCHT

van Regardt van den Bergh. Slegs donasies.

Almal baie welkom!

Page 5: oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die grond is U sn. Mense het so skade gely en

LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.

BEGROTING: Die Dienssentrum se begroting en verduideliking wat met die geld gedoen word, is by Mervian/Hannie/Joan/Teetuin beskikbaar. Lees dit gerus en indien u enige navre het, kontak vir Erika Oosthuysen of Piet Vorster.

GESKENKBEWYSE OF GESKENKE: Dit is nie altyd so maklik om geskenke uit te soek nie. Onthou dat u altyd 'n geskenkbewys by Marilyn Prinsloo (082 532 6931) kan kry vir 'n voete- en/of handeversorging. Onthou ook dat ons by die Kolwyntjie Teetuin (028 316 1745 vra vir Joan/Hannie) geskenkbewyse het. U kan u vriendin/vriend van 'n geskenkbewys voorsien om heerlik by die teetuin te kom ontspan. U kan selfs 'n maand of meer se Trimgim by Mathilda (082 339 1085) borg vir u vriend/vriend. Wat van 'n haarver-sorging by Ester (081 453 8130). Ons vrouens wil tog altyd mooi lyk! Bettie (076 129 3788) bak koeksisters, op bestelling, op die laaste Maandag van elke maand. Wat van 'n pakkie heerlike koeksisters as 'n geskenk vir 'n vriend/vriendin? Die Dienssentrum kan u help met die besluit vir 'n geskenk! PLAASBOTTER: Die Dienssentrum verkoop plaasbotter teen R50 per 500gram. Kom koop by Hannie/Joan.

WAT HET ONS NODIG?

Baie dankie vir die bydraes wat reeds ingekom het. Ons het veral die volgende

nodig: Boeke, CD’s, DVD’s, legkaarte, Kinder- en grootmensspeelgoed,

Wit Olifant items (groot en klein), breekware, koppies, borde, glas, eetgerei,

potte en panne. Ons vra ook enige elektroniese toestelle (werkende

toestand asb). Bring dit asb na die kerkkantoor. Ons het stoorplek, ons sal dit baie graag by u wil oorneem.

Baie, baie dankie!!

KLEINKOEKIES- EN KOEKSISTER-SPANNE

SOEK NUWE KOÖRDINEERDERS

DIE KOEKSISTER- ASOOK DIE KLEINKOEKIE-SPANNE SOEK BAIE DRINGEND 2 PERSONE OM HIERDIE SPANNE OOR TE NEEM. HULP SAL VERLEEN WORD TOTDAT DIE PERSONE GEREED IS

OM OP HUL EIE TE WERK. KLEINKOEKIES WORD SLEGS 2 MAAL PER JAAR VIR DIE BASAAR EN DIE VOEDSELFEES GEBAK. DIE

KOEKSISTER-SPANNE BAK KWARTAALLIKS VIR ONS DIENSSEN-TRUM, DIE BASAAR EN DIE VOEDSELFEES.

SKAKEL ASB. MET RIA NIEMANN

INDIEN U BELANGSTEL. SEL: 082 971 8257

DIE TUISTESKEPPINGTAFEL SOEK ASB DIE VOLGENDE:

ONS BENODIG DRINGEND mense wat klein naaldwerktakies kan doen. Ek sal

alles sny, ek wys hoe. Ek het klomp halfklaar items ingekry soos wasgoedpennesakkies wat ons

moet klaar maak. Soek nog bic-penne en vadoeke! Kontak asb vir

Veronica O’Connell op 082 776 4848.

BRAAIERS GESOEK ASOOK HULP BY BRAAIGEREGTE TAFELS

Ons weet almal dat braai een van die heerlikste tyd-verdrywe is vir Suid-Afrikaners. Hier is nou ‘n geleent-heid waar jy jou braaivernuf kan deel met die gemeen-skap. Kom kuier saam met die manne om die heerlike braaivleisvuur. Ons soek ook asb mense wat kan hand bysit by die tafels. Kom sommer as man en vrou, bring die kinders en kom kuier saam op Basaardag. Kontak asb so gou moontlik vir Johan Lesch op 083 283 9817 om jou naam op die lys te sit.

NOG IETS VIR DIE BASAAR? BASAARLYSTE EN HULP

Basaarlyste is beskikbaar in die wyke, of u is welkom om by die kerkkantoor ook in te vul. Ons benodig ook enige

lekkergoed vir die kindertafel.

Laastens, enige persoon wat graag wil help by enige stalletjie, kontak

asb vir Mervian by die kerkkkantoor. Baie dankie!!

BASAAR 28 APRIL 2018

PLANTE ASSEBLIEF

Ons benodig nog heelwat plante vir ons planttafel.

Enige plante in potjies, steg-gies in sakkies, gesnyde

blomme - ons het hulle almal baie nodig!

Bring dit gerus na die kerk-

kantoor of kontak vir Reinhardt op 082 859 0997 vir meer inligting. Hy sal dit ook graag kom oplaai. Dankie!

Page 6: oral, altyd en in alles Hartklop 1 APRIL 2018 · 2018. 3. 30. · besighede wat skade gely het met hierdie probleme aan U op. Here, al die grond is U sn. Mense het so skade gely en

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop

[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Baie dankie vir ons Hartklopborg wat die druk van die Hartklop moontlik

maak. Ons bid Vader se seën vir jou.

NOOD / BARMHARTIGHEID / HULP GESOEK

WERK GESOEK: 'n Middeljarige man wat 'n beroerte gehad het, sukkel om werk te kry. Hy wil so bitter graag werk. Weens die beroerte is hy in 'n mate fisies gestremd. Hy is "en route to market specialist" wat in die vinnig bewegende verbruikersomgewing (FMCG) gewerk het. Hy het vir jare oorsee gewerk vir ‘n groot-maatskappy. As enigiemand kan help om vir hom werk te gee/te kry sal dit ontettend baie waardeer word. Kontak vir Erika by 079 322 0998 of stuur 'n epos na [email protected]

ENKEL- EN DUBBELBED GESOEK ASB: Erika benodig 'n enkel- en 'n dubbelbed vir 'n gesin. Indien u oor so iets beskik kontak haar asseblief by 079 322 0998/028 316 3115 of [email protected]

YSKAS GESOEK ASB: Hennie se yskas het ingegee. Hy benodig 'n klein tweedehandse yskas/vrieskas. As iemand dalk kan help, kontak hom asseblief op 061 300 4577.

BEHUISING: Ons soek baie dringend na 'n woonstel of tuinwoonstel vir lang verhuring. Dit is vir myself en my man. Kontak Irene by 082 7117 866.

KOSPAKKIES: Baie dankie vir al u getroue bydraes elke maand. Dit maak ‘n groot verskil in behoeftige gesinne se lewens. Die lys vir watter item u wyk kan bydrae, is agter in die ge-meentekalender. U is welkom om dit in die houtkratte by die deure te plaas. Baie dankie!

PAASFEES: OPSTANDINGBLOKRAAI

Lees Johannes 19 en 20. 1. Nikodemus en .............. van Arimatea het Jesus in ‘n nuwe graf begrawe (19:38-42). 2. Hulle het Jesus se liggaam met geurolie behandel en hom in ............toegedraai voordat

hulle Hom begrawe het. (19:40) 3. Maria Magdalena het vroeg die Sondagoggend gesien dat die klip van die graf ................... is (20:1). 4. Petrus en die ander dissipel het net die doeke in die graf gesien, maar hulle het nog nie die

skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet ...................... nie (20:5-9). 5. Maria het twee ..........................sien sit waar Jesus se liggaam in die graf gelê het (20:12). 6. Sy het vir die engele gesê sy huil omdat Jesus se liggaam weggevat is en sy nie weet waar Hy nou ...............is nie (20:13). 7. Jesus het vir Maria op haar naam genoem en sy het in Hebreeus vir Jesus ............. .................... gesê (20:16). 8. ...............................het die Sondagaand aan die dissipels verskyn en vir hulle gesê soos Hy

gestuur is, stuur Hy ook vir hulle (20:19-21). 9. .............was nie by die dissipels toe Jesus aan hulle verskyn het nie. Hy het nie geglo dat

hulle vir Jesus gesien het nie (20:24-25).

1

e

2 e

3 g g

4 o

5 e

6 b

7 b b

8 s

9 a