oërskool waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die martiensredaksie...

6
r. arilize verts (Akademie) Marilize ontvang die L’Oreal-Unesco for Women in Science Sub-Saharan Africa Postdoctoral-toekenning einde 2018. oërskool Waterkloof bring met trots die eerste uitgawe van ons Alumni-nuusbrief, die Oud-KlofieKAN, uit. In hierdie kwartaalikse nuusbriewe gaan ons erkenning gee aan oud-Klofies wat uitsonderlike prestasies behaal het. Ons gaan gesels met oud-Klofies wie se lewens interessante draaie gemaak het en gaan saam nostalgies oor vervloë dae raak. Verder gaan ons oud- Klofies help om op hoogte te bly met gebeure by hulle almamater en inligting deurgee oor hoe hulle in kontak met mede oud-Klofies en die skool kan bly. Ons oud-Klofies is dwarsoor die hele wêreld versprei en sommige het al kontak met hulle skoolmaats verloor, maar elke oud-Klofie dra nogtans iets van sy / haar almamater met hom / haar saam. Of jy nou jou tyd op hoërskool verpes of geniet het, die feit bly staan dat jou mede-Klofies (die onderwysers, leerlinge en ouergemeenskap) jou help vorm het tot die mens wat jy vandag is. Daarom sien ons uit om die oud-Klofie-gemeenskap, met behulp van hierdie nuusbrief, ons oud-Klofie Facebook-bladsy en die skool se webblad, nader aan mekaar en aan die skool te trek. Met trots het jy die geel, wit en blou baadjie (of dalk net die blou baadjie) gedra. Jy het hier ingestap as ‘n Druppel en ná vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee. Stap van vandag af nóg ‘n paar treë saam met jou almamater en help om Hoërskool Waterkloof dié skool te maak wat die leiding in opvoedende onderwys neem. ander ombard (Gholf) Zander eindig derde tydens die Alfred Dunhill Kampioenskappe by Leopard Creek: 13 — 16 Desember 2018. OUD-KLOFIE NUUS IN DIE KOLLIG Dr. Marilize Everts: Navorser van formaat ARTIKELS Marthinus Visser: Elke donker wolk het ‘n silwer randjie Steyn en Leonita Jacobsohn: Skoolkys...nou 31 jaar HOOGTEPUNTE REGISTREER anneman alan (Krieket) Janneman vervang Quinton de Kock in die laaste twee wedstryde van die KFC T20 Internasionale reeks teen Pakistan in Februarie 2019. adine e lerk (Vrouekrieket) Nadine is in die Proteaspan vir vroue opgeneem in Februarie 2019. arnus choeman (Rugby) Marnus druk drie drieë vir die Leeus-rugbyspan teen die Jaguars van Argentinië in Februarie 2019. einrich alan (Krieket) Heinrich is as die veldwerkafrigter van die Nieu-Seelandkrieketspan aangewys in 2018.

Upload: others

Post on 13-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: oërskool Waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar

r. arilize verts (Akademie)

Marilize ontvang die L’Oreal-Unesco for Women in Science Sub-Saharan Africa Postdoctoral-toekenning einde

2018.

oërskool Waterkloof bring met trots die eerste uitgawe van ons Alumni-nuusbrief, die Oud-KlofieKAN, uit. In hierdie kwartaalikse nuusbriewe gaan ons erkenning gee aan oud-Klofies wat uitsonderlike prestasies behaal het.

Ons gaan gesels met oud-Klofies wie se lewens interessante draaie gemaak het en gaan saam nostalgies oor vervloë dae raak. Verder gaan ons oud-

Klofies help om op hoogte te bly met gebeure by hulle almamater en inligting deurgee oor

hoe hulle in kontak met mede oud-Klofies en die skool kan bly.

Ons oud-Klofies is dwarsoor die hele wêreld versprei en sommige het al kontak met hulle skoolmaats verloor, maar elke oud-Klofie dra nogtans iets van sy / haar almamater met hom / haar saam. Of jy nou jou tyd op hoërskool verpes of geniet het, die feit bly staan dat jou mede-Klofies (die onderwysers, leerlinge en ouergemeenskap) jou help vorm het tot die

mens wat jy vandag is.

Daarom sien ons uit om die oud-Klofie-gemeenskap, met behulp van hierdie nuusbrief, ons oud-Klofie Facebook-bladsy en die skool se webblad, nader aan mekaar en aan die skool te

trek.

Met trots het jy die geel, wit en blou baadjie (of dalk net die blou baadjie) gedra. Jy het hier ingestap as ‘n Druppel en ná vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee. Stap van vandag af nóg ‘n paar treë saam met jou almamater en help om

Hoërskool Waterkloof dié skool te maak wat die leiding in opvoedende onderwys neem.

ander ombard (Gholf)

Zander eindig derde tydens die Alfred Dunhill Kampioenskappe by Leopard Creek: 13 — 16 Desember 2018.

OUD-KLOFIE NUUS

IN DIE KOLLIG

Dr. Marilize Everts:

Navorser van formaat

ARTIKELS

• Marthinus Visser:

Elke donker wolk het

‘n silwer randjie

• Steyn en Leonita

Jacobsohn:

Skoolkys...nou 31 jaar

HOOGTEPUNTE

REGISTREER

anneman alan (Krieket)

Janneman vervang Quinton de Kock in die laaste twee wedstryde van die KFC T20 Internasionale reeks teen

Pakistan in Februarie 2019.

adine e lerk (Vrouekrieket)

Nadine is in die Proteaspan vir vroue opgeneem in Februarie 2019.

arnus choeman (Rugby)

Marnus druk drie drieë vir die Leeus-rugbyspan teen die Jaguars van Argentinië in

Februarie 2019.

einrich alan (Krieket)

Heinrich is as die veldwerkafrigter van die Nieu-Seelandkrieketspan aangewys in 2018.

Page 2: oërskool Waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar

DR ARILIZE VERTS

at het jy na skool gaan studeer?

Ek het meganiese ingenieurswese aan die Universi-

teit van Pretoria gaan studeer.

aar in die land bevind jy jou tans?

Ek bly in Pretoria en is tans besig met my na-

doktorale navorsing aan die Universiteit van Pretoria.

at doen jy vir ontspanning?

Lees, bak en naaldwerk

oekom sal jy leerders aanmoedig om Wiskunde

en Wetenskap op skool te neem? Indien jy nie Wiskunde en Wetenskap op skool neem nie, maak jy jou opsies vir rigtings om aan die Univer-siteit te gaan studeer, baie minder. Dit is ook bel-angrik dat jy hard werk en goed doen in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, want baie rigtings soos bv. Ingenieurswese het minimum vereistes waaraan jy moet voldoen om tot dié studierigting toegelaat te

word.

Buiten vir die feit dat dit ‘n sleutel is tot baie loop-baanopsies aan die Universiteit, ontwikkel dit ook jou brein om probleme te kan analiseer en op te los. Verder leer dit jou ook om baie alledaagse verskyn-sels en gebeurtenisse (soos bv. weerlig, die impak van ‘n motorongeluk of hoe lank dit neem vir die motor om tot stilstand te kom) te verstaan. Dit lê dus die basiese fondasies vir ‘n verskeidenheid beroepsvelde. Indien hierdie fondasie goed en stewig is, is dit maklik om op Universiteit daarop voort

te bou.

oekom dink jy is meisies huiwerig om ‘n loop-

baan in meganiese ingenieurswese te volg? Ek was een van daardie meisies wat baie huiwerig was om vir ander te vertel dat ek beplan on mega-

niese ingenieurswese te gaan studeer!

Die wêreld het ‘n persepsie dat mans van “dinge” hou en vrouens van “mense”. Daarom word sekere beroepe soos meganiese ingenieurswese eerder aan motors en mans verbind, terwyl vrouens makliker met beroepe soos verpleegkunde geassosieer word. Die geheim is egter dat jou talente en belangstellings die bepalende faktor moet wees en nie jou geslag

nie.

Ek het van kleinsaf ‘n groot liefde vir wiskunde, wetenskap en tegnologie gehad. Dit het my baie geïnteresseer om te weet en te verstaan hoe dinge in mekaar pas en funksioneer. Verder het ek dit ook van kleinsaf baie geniet om met my hande te werk en dinge te bou. Alhoewel meganiese ingenieurswese na die geskikte loopbaan vir my gelyk het, was ek steeds huiwerig om dit bekend te maak, want op daardie stadium was ek ‘n ballerina en dié twee is

wêrelde uit mekaar!

“Mans hou van ‘dinge’ en vrouens hou van ‘mense’.”

BO: Dr. Marilize Everts

By die Universiteit van Pretoria se opedag het die Departementshoof van Meganiese en Lugvaartkundi-ge Ingenieurswese, prof. Josua Meyer, sy lesing begin met ‘Vroue in Meganiese Ingenieurswese’. Ek het net daar besef dat ek vir seker op die regte plek is

en dat ek ‘n meganiese ingenieur gaan word.

Mans en vrouens het hulle eie manier van probleme benader en oplos. Alhoewel albei benaderings moontlik gaan werk, het elkeen sy eie sterk– en swak punte. Dus, indien mens die sterk punte van albei kombineer, kan mens ‘n ‘best of both worlds’-oplossing kry. Dit is vir my baie belangrik dat elkeen gaan studeer dit waarvoor hy / sy ‘n passie en talent het en dat dit nie deur verkeerde persepsies of tradi-

sies beïnvloed word nie.

at is sover vir jou die hoogtepunt van jou loop-

baan? Ek is geseën met baie hoogtepunte sover. Die ware hoogtepunt bly egter vir my die wete dat ek met my navorsing ‘n verskil maak, nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Dinge wat voorheen vir mense onbekend of onverstaanbaar was, word nou

duidelik deur my navorsing geopenbaar .

ie was jou gunsteling onderwyser by Hoërskool

Waterkloof?

Mnr. Vorster, my wiskunde-onderwyser

at het jy die meeste van jou tyd as Klofie ge-

niet? Skool was net tot 13:50, dan het jy die res van die dag oop om al jou buitemuurse aktiwiteite te beoefen. Indien jy mooi in die klas opgelet het, kon jy jou

huiswerk maklik en vining in die aand afgehandel het.

atter belangrike lewensles het jy op skool

geleer? Maak nie saak wie jy is en wat ander mense van jou dink nie, gee altyd jou bes en ken die Here in al jou weë. Vertrou op Hom en moenie twyfel nie, want Hy

lei jou op ‘n pad wat jou grootste verwagtinge oortref.

IN DIE KOLLIG

Page 3: oërskool Waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar

LKE ONKER OLK

ET ‘N ILWER ANDJIE Marthinus Visser is vanaf 1 Januarie 2018 die nuwe Groep Hoof Uitvoerende Beampte van OUTsurance Holdings Ltd. Hy is ook vanaf 1 Januarie 2018 ‘n Nie-Uitvoerende Direkteur van Youi Holdings Pty Ltd.

arthinus Visser het in 1992 aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer. ‘Kinders moet geleer word hoe om te dink, nie wat om te dink nie,’ is duidelik van toe-

passing op Marthinus.

Marthinus sê vir hom was dit altyd lekker om te presteer. Hy was die toppresteerder in sy standerd vanaf standerd 6 tot standerd 10. Aan die einde van sy matriekjaar is hy aangewys as die Duxleerling van die skool.

Tussendeur het hy ‘n blaaskans gevat, weg van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar.

‘Die kameraadskap van geleenthede soos die Interhoër waaraan ons elke jaar deelgeneem en gewen het,’ was een van die hoogtepunte van Marthinus se skoolloopbaan. Die aanloop tot die Inter-hoër was Marthinus se gunstelingtradisie. Gedurende hierdie tyd het hulle baie gees gevang.

Nog ‘n hoogtepunt in sy skoolloopbaan was toe die skool vir die eerste keer die Direkteurstrofee vir rugby in 1992 gewen het. Dit was baie lekker om die vriende op die veld te ondersteun en te sien hoe hulle geskiedenis maak.

Op sosiale gebied was die sokkies Vrydagaande ‘n tyd om te leer dans en lekker met vriende te kuier. ’Die veldskool in 1990 was fantasties!’

Soos vir enige skoolkind, was die kuier saam met sy maats elke pouse ook vir hom lekker. Hy sê hy is steeds vriende met baie van die Oud-Klofies.

Sy gunstelingonderwysers was me. Carin de Beer, Trudi Malan en Augusta Jordaan.

ARTIKEL

Loopbaan

Marthinus het na skool B.Com (Versekeringswese) Aktuariële Wetenskap aan Tukkies studeer en as ’n “fellow of the institute of Actuaries London” gekwalifiseer.

Hoogtepunte in sy professionele loopbaan is beslis om ‘deel te wees van twee groot suksesvolle “start-ups”’, nl. OUTsurance in Suid-Afrika en Youi in Australië, asook om as Groep Hoof Uitvoerende Beampte van die OUTsurance groep oor te neem.

Persoonlike hoogtepunte

Marthinus en Maretha is nou al 15 jaar getroud en het twee seuns.

Vir ontspanning ry hy bergfiets, lees graag, braai (soos ‘n tipiese Suid-Afrikaner), eet uit, kyk sport en speel steeds ‘n bietjie ten-nis.

‘Gebruik jou brein, luister na jou hart, werk hard, moet nooit moed opgee nie, omring jou met die beste moontlike mense en bly positief,’ is Marthinus se leuse en dit het hom al goed in sy lewe te staan gekom.

Hy weet ook dat, wanneer tye moeilik raak, het elke donker wol ’n silwer randjie.

Page 4: oërskool Waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar

Nou 31 jaar getroud eonita Jacobsohn (nee Van Zyl) het in 1980 van Hoërskool Framesby in Port Elizabeth na Hoërskool Waterk-loof toe gekom. Steyn was toe reeds van 1979 in Hoërskool

Waterkloof. Hulle is in dieselfde voogklas waar hulle mekaar dan nou ook raaksien en toe uiteindelik beter leer ken. Steyn het vir Leonita ‘n geel briefie (‘ons het daardie tyd ‘n “lovefold” van briefies gehad’) saam met een van sy vriende gestuur om te vra of sy saam met hom sal gaan fliek. Daardie aand het hy haar gevra om te kys. Dit was Mei 1980 en albei was in

standerd 8.

Steyn het aan die 100m- en 200m-naellope deelgeneem en was ook die Senior Victor Lu-dorum. Hy het vir die eerste rugbyspan uitgedraf en die eerste drie in die eerste wedstryd met die huidige eerste rugbyspantruie gedruk. Hy het ook tennis gespeel. Leonita het netbal gespeel en was die eerste amptelike eerstespankaptein. Sy het ook geswem en tennis gespeel. Vanaf standerd 8 tot matriek

was sy ‘n Interhoërdirigent.

Steyn en Leonita sê hulle gunsteling- onderwysers was mnr. A. van Deventer (bynaam Saint) (geskiedenis), me. R. Snod-grass (Engels), me. R. Luus (voog), mnr. D. de Bruin (biologie) en die hoof, mnr. P. v. d. M.

Martins (bynaam POT).

Hulle sosiale dae het bestaan uit grasplant en klippe optel, ’want daar was niks by die skool nie, net ’n gebou en rooi grond. In afperiodes moes hulle klippe optel - die seuns het die kruiwa gestoot en die dogters het die klippe opgetel. Almal moes gras van die huis af bring en die skool het ook gras verskaf,’ sê Leonita. Hulle het die A-rugbyveld se gras geplant. In hulle matriekjaar was die rugbyveld klaar, asook ‘n kwart van die huidige pawiljoen. Dit was deel

van hulle matriekgeskenk aan die skool.

Leonita-hulle het netbal geoefen op die tydelike netbalbaan wat op die plaveisel voor die kantoor se ingang was. Intussen moes hulle ander skole, Lyttelton Manor en Verwoerdburg (Centurion), se bane gebruik. In matriek was daar drie grasnetbalbane waarop hulle kon

speel.

Steyn en Leonita was deel van ’n groep van 140 matrieks - 70 seuns en 70 dogters. Hulle ma-triekgroep het die standerd 6-groep begin

Steyn Jacobsohn en Leonita van Zyl was in 1980 in dieselfde voogklas. Daar het hulle mekaar gesien en leer ken. Steyn en Leonita het in 1982 gematrikuleer as deel van Hoërskool Waterkloof se eerste matriekgroep en is in 1988 getroud. Hierdie jaar is hulle al 31 jaar getroud, maar 39 jaar saam.

se “Druppel” in 1982.

Vir die matriekafskeid mag hulle net seuns en dogters van die skool vir die matriekafskeid gevra het. Die matriekafskeid was nog in die

skoolsaal aangebied.

Na skool is Steyn vir vier jaar polisie toe. Hy het egter in 1987 B.Comm Regte begin studeer. Sy pa het hom in 1988 genooi om saam met hom ’n besigheid te begin, waar hy dan ook nou nog werk. Hy is tans die Direkteur van Jacobsohn &

Mellet en nog twee ander maatskappye.

Leonita het na skool vir ’n jaar onderwys gaan studeer, maar het in 1984 by Barclays Bank (First National Bank) begin werk en later ’n bestuurspos beklee. Sy het vir 14 jaar daar gewerk totdat Anelia, haar dogter, skool toe is.

Van toe af is sy ’n tuisteskepper.

Steyn en Leonita het drie kinders. Anelia was in 2007 en Zanelle in 2017 in matriek in Hoër-skool Waterkloof. Steyn, hulle middelste kind, was in 2010 in matriek aan Hoërskool Centuri-

on.

Die Jacobsohns was nie die enigste skoolkys wat uiteindelik tot trou gekom het nie. Riaan en Clovilda is ook ‘n paartjie wat in 1982 saam in

matriek was en getrou het.

ARTIKEL

Bo: Hier het Steyn en

Leonita in standerd 8

(graad 10) begin uitgaan

Page 5: oërskool Waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar

SPORT ATLETIEK A-Bond-Interhoër Tweede plek Noordvaal (PUK A-Interhoër) Derde plek SA-skole byeenkoms Vyf Klofies kwalifiseer om deel te neem. Een SA-kampioen ASA SA-KAMPIOENSKAPPE Een SA-kampioen

KRIEKET Coca Cola T-20 Eerstespan Titanskampioene Finsbury Superreeks Eerstespan naaswenners van Finsbury-Superreeks o. 15A wenners Finsbury Superreeks Pitchvision-reeks Tweedespan Pitchvision-reeks wenners

SWEM Interhoër A-span eindig derde en B-span sesde tydens Interhoër. Gauteng Kampioenskappe Twaalf swemmers neem deel aan Gauteng Kampioenskappe. Midmar-Myl Dertien swemmers neem deel aan die Midmar-Myl.

TENNIS Gerrie Berner-toernooi Seuns– en dogterspanne eindig derde. Gauteng-Noord Ope Drie-en-twintig tennisspelers neem deel. Twee spelers in Gauteng-Noord skolespan. Drie spelers is in die SA-skolespan opgeneem.

SKAAK D4-distriksfinaal Ses skaakspelers presteer goed by D4-distriksfinaal.

GHOLF Gauteng-Noord o. 15-kampioenskappe Een gholfspeler wen ‘n goue medalje.

YSHOKKIE Twee leerders lid van o. 18-Nasionale Yshokkiespan.

HOKKIE Een speler s vir Northerns o. 21 “Outdoor Inter Provincial”-span gekies.

PERDRY Een perdryer wen die “International Vaulting CVI”.

BOOGSKIET Een eerste plek tydens SA-Kampioenskappe vir Veldboogskiet.

SPOGBLAD

KULTUUR REDENAARS Van Huyssteens Oratorsfees Vier spanne aangewys as wenners tydens Van Huyssteens Ora-torsfees.

ATKV DEBAT Een span eindig onder top 12 senior debatspanne in Gauteng-Noord.

KULTUURSENTRUM Klofie Kultuursentrum is ingewy.

SIMFONIA JUVENTI Vier leerders gekies vir Simfonia Juventi.

JOHANNESBURG YOUTH ORCHESTRA Een leerder is as lid van die Johannesburg Youth Orchestra gekies.

MISS TEEN GALAXY 2019 Dogter aangewys as Miss Teen Galaxy 2019

TALENT AFRICA Een leerder vir die SA-span vir dans en en een vir sang gekies. AKADEMIE IPhO Graad 12-leerder gekies om aan die Internasionale Fisika Olimpiade in Tel Aviv deel te neem.

ROBOTIKA SA-FTC Robotika-kampioenskappe Twee spanne wen vir derde jaar agtereenvolgens SA-FTC Robotika Kampioenskappe.

SOS AKADEMIESE TOEKENNINGS Die skool ontvang verskeie toekennings as toppresterende Afrikaans skool tydens 2018 NSS-eksamen, onder andere die meeste onderskeidings landswyd in Fisiese Wetenskappe.

MATRIEK 2018 Hoërskool Waterkloof behaal 100%-slaagsyfer en aangewys as topskool in Gauteng. 79% van die leerders slaag met universiteitsvrystelling.

TAIWAN INTERNATIONAL SCIENCE FAIR ‘n Graad 11-leerder eindig vierde in sy kategorie.

LUGVAART ‘n Graad 12-leerder ontvang sy privaatvlieënierslisensie.

ALGEMEEN MY SCHOOL ROCKS Neem deel aan Breakfast with Martin Bester van Jacaranda FM se kompetisie. Onder die Top 5-skole.

KLOFIETV Die skool het ons eie TV-kanaal, KlofieTV, op DigiTV.

Page 6: oërskool Waterkloof bring met trots die eerste …...van die akademie, deur op die Martiensredaksie te dien, sport te kyk, ten-nis te speel en rakette vir ekstra sakgeld te hersnaar

Jy het hier ingestap as ‘n Druppel en na vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee. Stap van vandag af nog ‘n paar treë saam met jou Almamater en help om Hoërskool Waterkloof dié

wêreldklasskool te maak wat die leiding in opvoedende onderwys neem.

Die Oud-Klofie Trust streef daarna om Oud-Klofies in voeling te hou met Hoërskool Waterkloof en om hulle die geleetheid te bied om in kontak met mekaar te bly. Ons hou julle op hoogte van skoolnuus en skep geleenthede waar Oud-Klofies sosiaal met mekaar kan verkeer, asook sodat julle julle vaardighede en kundigheid met ons

kan deel.

Indien jy nog nie by die Oud-Klofie Trust geregistreer het nie, kan jy op die Oud-Klofie facebookblad of by die

onderstaande skakel registreer:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe7AqKtcb0XO8eSMN3DyOPRSK587GJsF5Vdqg3nq3MI4amH1A/

viewform?vc=0&c=0&w=1

REGISTREER NOU

Oud-Klofies

[email protected]

Indien julle weet van Oud-Klofies wat presteer, of indien jy self presteer, stuur ‘n epos na [email protected]. Ons hoor graag

van jou en wil jou storie met jou almamater deel.