overvaal 07 oktober 2011

8
30 Sept - 7 Okt 2011 Hoërskool Wolmaransstad het onlangs sy jaarlikse matriekafskeidsfunksie gehou. Die pragtige foto van Kolin van der Westhuizen is deur Amanda Robbertse geneem. (Nog foto’s van matrieks verskyn op bladsy 5).

Upload: johann-erlank

Post on 26-Mar-2016

247 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Overvaal Nuus, 07 Oktober 2011

TRANSCRIPT

Page 1: Overvaal 07 Oktober 2011

30 Sept - 7 Okt 2011

Hoërskool Wolmaransstad het onlangs sy jaarlikse matriekafskeidsfunksie

gehou. Die pragtige foto van Kolin van der Westhuizenis deur Amanda Robbertse

geneem.(Nog foto’s van matrieks

verskyn op bladsy 5).

Page 2: Overvaal 07 Oktober 2011

Bladsy 2 OVERVAAL 30 September - 7 Oktober 2011

Dringend benodigOns is dringend opsoek na goeie

gebruikte motors of bakkies asook karavane om vir kontant te koop.

Skakel dadelik vir Oupie Deetlefs by Telefoon (018) 596 1177of

sel: 082 923 4255 of besoek ons by

R.A. MOTORSBroadbentstraat Wolmaransstad

Die Graanprodusent en Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar-toeken-nings is ʼn hoogtepunt op die jaarlikse landboukalender en vanjaar was geen uitsondering nie. Die glansgeleentheid het plaasgevind op Vrydag, 30 September 2011 by die Velmore Estate buite Pretoria en talle rolspelers oor die hele landbou-spektrum het die geleentheid bygewoon. Die toekennings is daarop gemik om erken-ning te gee aan suksesvolle graanprodusente wat met passie en toewyding hul onderne-mings sodanig bedryf dat dit ʼn voorbeeld en inspirasie vir ander kan wees. Graan SA het nie net aan hierdie finaliste en uiteinde-lik die Graanprodusent en Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar 2011 erken-ning gegee nie, maar ook aan alle graanpro-dusente van Suid-Afrika.

Graanprodusent van die JaarDie Barnard-familie van Vlakplaas Boerdery naby Hoopstad is aangewys as Graanpro-dusent van die Jaar 2011. Mnr. Koos Bar-nard en sy seuns Janes, Abraham en Kobus funksioneer soos ʼn goed ge-oliede masjien en werk in perfekte harmonie saam. Hulle

verbou hoofsaaklik mielies, met koring en grondbone as wisselbougewasse. Die Bar-nards kyk lank reeds nie meer na prys as R/ton nie, maar as R/ha. Hulle is ook ter-deë bewus van die uitdagings wat landbou in Suid-Afrika inhou, maar voel dat dit elke produsent se keuse is om dit met ʼn positiewe of negatiewe gesindheid te benader. Hulle deelname en lidmaatskap van Graan SA strek reeds sedert die SAMPI- en NAMPO-era en volgens hulle kan hulle nie dink dat ʼn graanprodusent sonder ʼn bedryfsorganisasie kan voortbestaan nie. Die ander finaliste in die kategorie was mnr George Barnard van Groblersdal en mnr Bennie van Niekerk van Prieska.Syngenta is reeds vir etlike jare hoofborg van hierdie geleentheid en ook die borg van die Graanprodusent van die Jaar-toeken-ning.Ontwikkelende Graanprodusent Mnr. Koos Mthimnkulu van Senekal is as vanjaar se Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar aangewys. Mnr. Mthimkulu is op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing ge-bore waar hy op ʼn jong ouderdom take op dié plaas begin verrig het. Hy het op 26-ja-

rige ouderdom na die plaas, Mieliebult, ver-huis waar hy onder leiding van mnr. Frikkie du Preez kennis opgedoen het van imple-mente en gewas-aanplanting. In 2007 is hy die plaas, Astoria, deur die Departement van Landbou en Grondsake aangebied. Hy is ʼn suksesvolle produsent en word ondersteun deur sy seun, Clifford, wat saam met hom boer. Hulle is baie dankbaar vir die onder-steuning wat hulle van Graan SA ontvang. Die ander finaliste in die Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar-kategorie was mnr Malefane Makubo van Witsieshoek en mnr Thando Lolwane van Bapong.Absa is die medeborg van die geleentheid en ook die borg van die Ontwikkelende Graan-produsent van die Jaar-toekenning.Graanwetenskaplike van die JaarBo en behalwe produsente is daar ook an-der rolspelers wat die sukses van die bedryf bepaal. Hoewel Graan SA nie noodwen-dig op ʼn jaarlikse basis toekennings binne hierdie kategorie maak nie, bly dit belangrik om op ‘n deurlopende basis kennis te neem van die waardetoevoeging wat wetenskap-likes en landboukundiges maak ten opsigte van produsente se winsgewendheid en vol-

houbaarheid. Die Graanwetenskaplike van 2011 is Prof André Agenbag van die Universiteit van Stellenbosch. Na die verwerwing van ‘n BSc Agric graad in 1973 aan die Universi-teit van Stellenbosch, verwerf hy ook sy MSc (1976) en PhD (1987) grade aan die-selfde universiteit. Gedurende sy professio-nele loopbaan het prof Agenbag 59 wetens-kaplike en 90 populêre artikels gepubliseer. Die ander genomineerde in dié kategorie was mnr Kobus van Zyl van Omnia.Eretoekennings Dr Jan Dreyer en Prof Alan Bennie se be-trokkenheid by en aktiewe bydrae tot die graanbedryf in die algemeen het daartoe gelei dat die gesogte toekenning van Graan-wetenskaplike van die Jaar beide al te beurt geval het. Dit was egter sedert die eerste toekennings as Mielieman van die Jaar, tans Graanpro-dusent van die Jaar, dat Dr Dreyer en Prof Bennie instrumenteel betrokke was as lede van die paneel beoordelaars. Graan SA hul-dig hul kundigheid en oordeel as beoorde-laars, ʼn taak wat hulle albei vir meer as twintig jaar reeds met passie vervul om ʼn

Graanprodusent van die jaar aangewys

Met kundigheid van die Noordwes-Uni-versiteit se Potchefstroomkampus, het die plaaslike Tlokwe Munisipaliteit in Potchefstroom aangekondig dat die wyer Tlokwe munisipale gebied, amptelik tot rampgebied verklaar is. Dit volg na verwoestende brande wat duisende hektaar weiding en honderde vee in Augustus verwoes en verbrand het. Die Afrika Sentrum vir Rampstudies aan die Noordwes-Universiteit se Potchef-stroomkampus werk al die afgelope vyf jaar baie nou saam met die plaaslike en distrik munisipaliteit. Hulp is verleen met betrek-king tot die implementering van die Wet op Rampbestuur en ook om al die nodige struk-ture in plek te sit. Volgens prof. Dewald van Niekerk, wat aan die hoof was van dié rampbestuurverslag wat aan die munisipaliteit oorhandig is, is dié bogenoemde sentrum ook ‘n lid van die Tlokwe Munisipaliteit se ramprisikobestuur advieskomitee. “Toe die brande op 23 Au-gustus plaas gevind het, het ek my sentrum se dienste vrywillig beskikbaar gestel om die “Rapid Impact Assessment” te doen. Ons het nou saam met al die verskillende rolspel-ers op die komitee gewerk. Deur gebruik te maak van ruimtelike data (satelliet beelde ens) kon ons ‘n akkurate skatting doen in terme van die totale gebrande area.” Van Niekerk sê hulle het saam met die De-partement van Landbou van die Noordwes provinsie gewerk om die skade-assessering en analise te doen. “Ons kon dus die verliese soos deur die boere beskryf korreleer met ons data. Hy sê hul rampbestuurverslag het gelei tot die verklaring van ‘n ramptoe-stand wat pas tydens ‘n vergadering van die Tlokwe munisipaliteit aangekondig is. “Dit blyk of die ramptoestand opgetrek sal word na provinsiale vlak. Dit is egter die eerste keer in die geskiede-nis dat ‘n universiteit so leiding neem in ‘n operasionele optrede en waar wetenskaplike kennis deel van so ‘n proses was. Die Tlok-we munisipaliteit is ook die eerste plaaslike munisipaliteit wat ‘n ramptoestand deur dié proses aankondig.

aktiewe bydrae te maak tot hierdie projek, maar ook tot landbou in die algemeen.

Universiteit kundigheid help Tlokwe

munisipaliteit

Page 3: Overvaal 07 Oktober 2011

30 September - 7 Oktober 2011 OVERVAAL Bladsy 3

Page 4: Overvaal 07 Oktober 2011

Bladsy 4 OVERVAAL 30 September - 7 Oktober 2011

WesvaalOns bied vertroosting.

Ons gee om. Wesvaal Begrafnisondernemers

Alle ure: (018) 5961126/7 Faks: (018) 5962025.

Sel: 083 4192350 Eienaar: J.A.Coetsee

en personeel

POTCHEFSTROOM -Die opwindende Noord-wes Wielefees vind op 29 en 30 Oktober by die Trimpark in die stad plaas. Versamelaars van vete-raanvoertuie word uit-genooi om hul rygoed gratis te kom uitstal. Alle modelle is welkom, so-lank die voertuie ouer as 20 jaar is of dat dit ‘n spe-siale voertuig is waarmee die eienaar wil spog. Uitstallers kan hul voer-

tuie reeds vanaf Don-derdag 27 Oktober na die Trimpark bring. Daar sal voldoende wagte wees om die veiligheid van die voertuie te verseker. Motorfietseienaars en motorfietsklubs word ge-nooi om die Saterdag en Sondag ‘n heerlike ontbyt te kom nuttig en die uit-stalling te bewonder. Die uitstallers van voer-tuie is welkom om ‘n gas saam te bring want die eerste twee persone

kan die fees gratis by-woon. Daarna geld die voorgeskrewe tarief van R30 per volwassene en R10 per kind. ‘n Spesiale ruimte is af-gekamp vir ‘n uitstalling van trekkers, landboutoe-rusting, bakkies en vrag-motors. Dit bied die plaas-boere die geleentheid om met hul waardevolle vers-amelings te kom spog. Kundiges is welkom om te kom demonstreer hoe herstelwerk en goedere

destyds gedoen is. Daar sal ‘n ystersmeespan wees wat gaan demon-

streer hoe daar destyds met yster gewerk is, voor-dat moderne toerusting op die toneel verskyn het. Die span sal op albei dae voor die oop vure die hammers kom slaan en wys hoe om ysters rooiwarm te maak. Op die plaaswerf sal skaapskeerders nuus-kieriges wys hoe om ‘n skaap te skeer en verder gaan die Potchefstroom Museum hul vyftigste verjaar met ‘n ware kul-tuuruitstalling vier. Die waaghalsiges kan selfs ‘n slukkie mampoer proe. Die kos- en kunsstalletjies sal sorg dat almal langer wil kuier. ‘n Bekende in Noordwes, Chris Windell, sal agter die mikrofoon wees en deurlopend onderhoude voer met uitstallers en die besoekers. Daar sal ook ‘n Absa OTM op die terrein wees-vir die gerief van die fees-gangers. Vir meer inligting ska-kel Pieter van Rooyen by 082 338 9856 of per e-pos by [email protected] of vir Chris Windell by 082 568 1501.

Noordwes Wielefees

Voertuie soos hierdie salvanjaar by Noordwes Wielefees te sien wees.

Page 5: Overvaal 07 Oktober 2011

30 September - 7 Oktober 2011 OVERVAAL Bladsy 5

BO: Neels Scheepers en Ankabé Kirsten het vanjaar Hoërskool Wolmaransstad se ma-triekafskeidsfunkjsie saam bygewoon. REGS: Alette Kasselman afgeneem kort voor die afskeidsfunksie.

Page 6: Overvaal 07 Oktober 2011

Bladsy 6 OVERVAAL 30 September - 7 Oktober 2011

BOEDELKENNISGEWINGLIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING IN DIE BESTORWE BOEDEL WAT TER INSAE Lê In die bo-edel van wyle: PIETER ERNST DU TOIT Boedelnommer: 9092/10 Identiteits- nommer: 3004085008083 Adres: Plaas Katdoornkraal, Makwassie, North West Datum van afster-we: 13 Maart 2010 Nagelate gade: CATHARINA MAGDA-LENE DU TOIT Identiteitsnommer: 33080170036085 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in die bogenoemde boedel sal ten kantoor van die Meester van Hooggeregshof, PRETORIA, en die Landdros, WOLMA-RANSSTAD, ter insae lê vir ‘n tydperk van 21 dae vanaf 7/10/2011 NAME EN ADRES VAN AGENT: BRUCE DU PLOOY PO BOX 6216 BAILLIE PARK 2526 TEL: 018 297 6473 FAKS: 018 297 6489.

LOST TITLE DEEDNotice is hereby given that under the provisions of Section 38 of the Deeds Registries Act. 1937, I, the Registrar of Deeds at Pretoria, intends to issue a Certificate of Registered Title in lieu of DEED OF TRANSFER T 111049/2007 passed by: ESTATE LATE FREDA CHRISTINA VAN WYK. In favour of ALTA CARIEN ROOS Identity Number 770818 0107 08 9 Married out of community of property in respect of: ERF 510 LEEUWDOORNSSTAD TOWNSHIP REG-ISTRATION DIVISION H.P, PROVINCE OF NORTH-WEST MEASURING 1181 (ONE THOUSAND ONE HUNDRED AND EIGHTY ONE) SQUARE METRES which has been lost or destroyed. All persons having objec-tions to the issue of such Deed are hereby required to lodge same in writing with the Registrar of Deeds at PRETORIA within 6 (six) weeks after date of the first publication in the Gazette. DATED at PRETORIA on 29 SEPTEMBER 2011.

REGISTRAR OF DEEDS PRETORIA

Kennisgewing/ Legal Notice

‘n Splinternuwe, ultramoderne inge-nieurskompleks is pas op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voltooi. Volgens die NWU se hoofdirekteur van

fisiese infrastruktuur en beplanning, Louis van der Ryst, is dié R106-miljoen projek, die grootste wat die Potchefstroomkampus

NWU se ingeneurs kry nuwe kompleks

nóg aangepak het. Die gebou was aanvank-lik beplan vir die noordkampus waar die asbesgeboue afgebreek is, maar die terrein was te klein en moes verskuif word. “Die behoefte aan ingenieurstudies bly aan

die toeneem en dit was juis vir dié rede dat ons ‘n nuwe, groter fasiliteit moes bou”. Die fakulteit beplan om die aantal ingenieurs wat by die NWU opgelei word te verdub-bel binne die volgende paar jaar. Dit is as gevolg van die nypende tekort aan ing-enieurs in Suid-Afrika, asook die besef dat opleiding van ingenieurs tot werkskepping

en welvaartskepping lei. Die kompleks bestaan uit ‘n kantoor, labora-torium en werkswinkelfasiliteite. Meerdoe-lige lesinglokale vorm ook deel van hierdie projek. Die dekaan van die fakulteit sal ook

daar gehuisves word. Chemiese- en min-eraalingenieurswese, asook elektriese- en elektroniese- en rekenaaringenieurswese sal hier tuis wees. Slegs meganiese ingenieur-swese sal aanbly in hul huidige gebou,” sê van der Ryst. Die gebou is ontwerp om projekgedrewe en probleem gebasserde onderrig moontlik te

maak, en dosente kan die nuutste leerstrate-giëe toepas omdat die ondersteunende teg-nologie in die gebou beskikbaar is. Die bouwerk is pas voltooi en eerste oor-name sal in die komende week plaasvind.

Afronding aan laboratorium- en werkwin-kel areas is reeds in proses en personeel sal teen die einde van Oktober daarheen trek. As gevolg van spesialisapparate en toerust-ing wat nog geïnstalleer moet word, sal die gebou in geheel, vroeg in volgende jaar op-erasioneel sal wees. “Dit is vir ons ‘n voorreg om een van die

modernste ingenieursopleidingskomplekse in die land op die been te kon bring. Hierdie is ‘n duidelike bewys van die NWU se in-novasie en sy volgehoue verbintenis tot top-kwaliteit tersiêre onderrig.”

Die splinternuwe, ultramoderne ingenieursfakulteit van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, in volle glorie.

Page 7: Overvaal 07 Oktober 2011

30 September - 7 Oktober 2011 OVERVAAL Bladsy 7

Kleinadvertensies/ Smalls

Department of Social Development, Women, Children and People with Disabilities

ScholarshipAs part of the recruitment and retention strategy and initiative to address critical and scarce skills in the sector, the National Department of Social Development is hereby making a Scholarship (Bursary) available in the field of Social Work.Applications are open to current Social Work students as well as prospective students who would like to enrol for a Social Work degree. Students who are currently holders of a National Department of Social Development Scholarship do not have to apply. The Scholarship will cover registration, tuition, prescribed books, stipend for practicals and official accommodation provided by the University (only accommodation which has been contracted by the relevant university might be considered).The applicant must:�������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������� �������������� ���������� ������������������� ��������� ��������� �������� ���������������������������������� ����������� ��������� ��������� ���� ������ ������ ��� ������� �� ��� ��������� ��� ������ ����� ���agreement for counter-service with the Department of Social Development.��� ���� ������ ���������� ���� ���� ��������� ��� ����� ������������ ����� ����� ����� ������������ ����� ���� ���considered.All applications are to be posted to Private Bag X6, Mmabatho 2735 or hand-delivered at 1st Floor, Provident House, University Drive, Mmabatho 2735 for the attention of Solomon Leteane.The closing date is 20 October 2011.

Kone Solutions K80670

Wil u ‘n motor koop met geen deposito? Geen bestuurs-lisensie nodig nie! Skakel 079 702 4993 of 082 078 4687Krediet waardige kliënte alleen

----------------LEOMAR TUINDIENSTE

Gratis kwotasie vir die uitlê van enige tuin, plaveisel. Ons doen besproeiings en tuindienste. Ons werk is van kwaliteit gehalte en is oral te sien. Kom besoek ook ons kwekery vir u saailinge, struike, roosbome en vrugte-bome. Skakel Leonie 071 340 6094 of Marius 083 695 4137

----------------SPRINGKASTEEL

Te Huur in Wolmaransstad en omgewing. Spring-kasteel of waterglybaan vir partytjies, funksies of som-mer net vir die pret. Skakel my by 083 483 8039 of 083 544 1158

----------------BETON SUIPKRIPPE TE KOOP

Suipkrippe mate: 2,6m x 60cm x 45cm. Kapasiteit: 340LAfleweringsdiens beskikbaar. Kontak vir besonderhede 079 193 5256 Wolmaransstad.

----------------SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTAD

Tel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakrei-niger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------KLERE / GORDYNE

Ons herstel en doen verstelwerk aan mans, dames en kinderklerasie. Ons maak ook gordyne. Navrae van 8vm - 1nm by RA Motors. Wolmaransstad.

----------------NAELS

Ek kan jou leer om jou eie naels of ander dames se naels te doen. Art Design en Gel. Ek doen ook naels. Skakel Halusya Pretorius 072 341 3165 of 082 453 0227

----------------HUIS TE KOOP - WOLMARANSSTAD

4 Slaapkamer, 2 en ‘n half badkamers op dubbel erf. Toegeruste boorgat. Skakel 072 341 3165.

-------------BESIGHEID TE KOOP

Gevestigde hardeware besigheid in Wolmaransstad te koop. Skakel 072 341 3165.

----------------

MASSERINGSPrivaat. 7am tot 7pm. Wolmaransstad en Makwassie omgewing. Tel: 076 249 7973.

----------------HEERLIKE GROOTMAAT KOEKSISTERS

Te koop vir funksies, tuisnywerhede, verjaarsdae, troues ens. Wolmaransstad. Skakel 083 985 4444.

---------------PALM PETSHOP

Koop en verkoop voëls en toerusting, sade, neste, vis-kos, vissies ens. Soek 2de handse vistenks benodighede. Vrede Straat 54, Wolmaransstad. Nogsteeds dieselfde adres. Nuwe gebou. Skakel Hennie 072 532 7207.

----------------DIE HUISTUIN KWEKERY - WOLMARANSSTAD

Spesiale aanbiedinge op kruie en groente. R16-00. Hoek van Konigstraat en Piet Retief Straat. Besoek my gerus. Kontak: Belinda 084 888 2525.

----------------

GRETHA WIIDPlek: Hoërskool Wolmaransstad, Datum: 13 Oktober 2011, Tyd: 19H00, Toegangsgeld: R50 p.p, Navrae: Casper Pretorius 083 228 9510, Marlene Schutte: 082 541 0396, Elize Jacobs: 082 623 0932

----------------HUIS TE KOOP - WOLMARANSSTAD

4 Slaapkamer, 2 en ‘n half badkamers op dubbel erf. Toegeruste boorgat. Skakel 072 341 3165.

----------------BESIGHEID TE KOOP

Gevestigde hardeware besigheid in Wolmaransstad te koop. Skakel 072 341 3165.

----------------TE KOOP

6 Silinder Perkins Engin. Goeie lopende toestand. Prys: R12 000. Kontak: 018 596 1707 of 083 285 9138.

----------------

BELONINGMotorsleutels verloor in Wolmaransstad. Daar is 2 re-motes, bieroopmaker en 2 sleutels aan. Skakel Ben Van Niekerk by sel: 083 613 0465 of die koerant by 018 596 1777.

----------------LUTEA PARFUUM

134 geure om te bemark! - Uitstekende kommissie! 083 655 0445 / [email protected] / www.lutea-perfume.co.za

----------------PAAIEMENT PROBLEME?

Vermy terugname en swartlys; Delg agterstallige skuld; Performance motors vanaf 1981. Skakel Pierre 076 309 9909. Voertuie, Bakkies, Dubbel Cabs ens. ook beskik-baar

----------------TE KOOP

Trojan Enspire 330 Treadmill. Prys: R4500. Soos nuut. Skakel: 083 554 0528.

----------------TE KOOP

Mercedes 1997, C250, Turbo Diesel. Mercedes 1980, 300D. Kontak: 082 927 8877.

----------------WOONSTEL TE HUUR - WOLMARANSSTAD

Tweeslaapkamer woonstel te huur. R2000 per maand. 50% van die bedrag sleuteldeposito. Water en ligte vir eie rekening. Beskikbaar 1 Oktober 2011. Skakel 083 298 1961 of 018 596 1322.

----------------HONDE TE KOOP - WOLMARANSSTAD

Goed versorgde, opregte, geregistreerde St. Bernard teelpaar te koop. Prys: R11 000. Skakel: 083 726 5332.

----------------Over 40 cars to choose from, cars from R25 000 to R120 000. No licence, No deposit. Nett salary R4 000. Terms and conditions apply. Anika. Neels Loots Motors, Wel-kom. 079 334 0202.

----------------EIERHOUERS TE KOOP

30 eier spasies per rakkie, 160 rakkies per stapel. Prys R273. Skakel 072 540 7980.

----------------TE KOOP

Emboya Geelhout eetkamerstel te koop. Baie goeie toestand. Skakel: 072 635 8567.

----------------TE KOOP

Wit wolfhondjies te koop teen R100 stuk. Leeudorings-tad. Kontak nr: 071 684 0740.

----------------DESPERADO HARDEWARE

Kompos @ slegs R21 per sak. Potgrond @ slegs R23 per sak. Nuwe PVC Ceilings - Verskeidenheid van ont-werpe. Polistireen cornices - Verskeidenheid. Hondekos - met volstruis in. Laminated wood floors. Navrae: Des-perado 018 596 2596 / 2275.

----------------LONG LIFE ROSES

Hou 6 maande PLUS sonder water - 18 verskillende kleure. Kontak Bertina 083 7922 757 of by Desperado 018 596 2596.

----------------TUPPERWARE

Special: On-the-go-drinking bottle set. 1 x 1L, 2 x 500mlbottles @ R149 or want to join tupperware. Con-tact: Bertina 083 7922 757 / Desperado.

----------------JUSTINE

Special: New tissue oil, Golden Beauty Collection, Cream Weave Vanity bag, T/oil 100ml, T/oil Nourish-ing hand & nail cream 50ml and T/oil skin repair. Face cream SPF 20, 50ml @ only R249. Save R271. Bertina 083 7922 757 / Desperado 018 596 2596.

----------------AVROY SHLAIN

Special: Cappélia Eau de Parfum 60ml PLUS Free Cappélia Eau de Parfuum 30ml @ R369. Save R229. Bertina 083 7922 757 / Desperado 018 596 2596.

----------------AVON

Special: New 3D rescue @ R49-95 (save 35%). 3 Years of hair damage, looks repaired in 3 days! Shampoo & Conditioner @ R19-95 (Save 40%) or want to become a rep? Contact Bertina 083 7922 757 / Desperado 018 596 2596.

----------------

Page 8: Overvaal 07 Oktober 2011

Bladsy 8 OVERVAAL 30 September - 7 Oktober 2011

Sewe van KHS se atlete is gekies om Noordwes by die “SA Games” te gaan verteenwoordig wat van 1 tot 12 Oktober in Polokwane plaasvind. Hulle is Jay-Bé van Rooyen (800m), Estiaan Fourie (800m), Tabitha Visagie (400m Hekkies), Nico J van Rensburg (Gewigstoot), Chanté Joubert (400m), Pieter Kriel (Spiesgooi) en Waldo Kriel (400m).

KHS se koshuishoofleiers vir 2012 is JG de Kock (onderhoofseun), Arcon Otto (hoofseun), Venita Steyn (koshuishoofmeisie) en Ly-lette Scheepers (onderhoofmeisie).

Skole

in die

OVERVAAL

area is

welkom

om nuus

en foto’s

aan ons

te stuur

vir

plasing.

E-pos

dit aan

cobus@

overvaal

nuus.

co.za

SKOLE /SCHOOLS

Hierdie dogters van Laerskool Meiringspark het uitgeblink in tennis! Hulle het hulle enkelafdeling gewen en was ook naaswenners in die Junior Liga van die KOSH streek. Voor: Leoné Wilkens en Leandri le Grange. Agter: Shani Smith en Dominique Benadé.

Die 3 seuns van Laerskool Meiringspark

is verkies tot KOSH-krieket-spanne wat dié

vakansie aan verskeie distrikte weke deelneem.

Vlnr: Zander Lamprecht o/11;

Damon Ivens o/12 en Wernu

Swanepoel o/11.

DROSTDY ANTIQUES

Drostdy VillageWolmaransstad

Ons koop en verkoop alle antieke ware

Skakel Gert 083 262 0387