paasfees, paaseiers en die verruklike fabergé · 2015-05-25 · paasfees, paaseiers en die...

4
Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé Tydens Paasfees vier die Christendom die grootste geskenk wat die mensdom ooit gekry het: Jesus en die kruisiging. Vir eeue reeds gee mense aan mekaar paaseiers gedurende hierdie spesiale tyd waar die eier se dop Jesus se graf simboliseer en die eier die nuwe Lewe. Hierdie tradisie het ‘n luisterryke nuwe ‘gesig’ gekry wat in die hart van Tsaar Alexander III sy ontstaan gevind het. Die reeks verruklike paaseiers wat deur Fabergé vir die Russiese Keiserlike familie tussen 1885 en 1916 geskep is, gedurende ‘n buitengewone geskiedkundige agtergrond, word beskou as die kunstenaar-goudsmid se mees duursame prestasie. Die Keiserlike Paaseiers is verseker die mees gevierde en asembenewende van alle Fabergé kunswerke, onlosmaaklik verbind aan die Fabergé naam en legende. Hulle word ook beskou as van die laaste groot kommissies van kunswerke. Die verhaal begin met Tsaar Alexander III wat besluit het om ‘n paaseier met steensetwerk vir sy vrou, keiserin Marie Fedorovna, in 1885 as geskenk te gee, moontlik om hul 20ste huweliksherdenking te vier. Die Tsaar, wat bekend geraak het met die meesterlike kunswerke van Fabergé by die Moskou Pan-Russiese Tentoonstelling in 1882, geïnspireer deur ‘n 18de eeuse eier wat behoort het aan die Keiserin se tante, Prinses Wilhelmine Marie van Denmarke. Die kunswerk het na bewering die verbeelding van die jong Maria aangegryp gedurende haar kinderjare in Denemarke. Tsaar Alexander was blykbaar betrokke by die ontwerp en skep van die eier en het voorstelle aan Fabergé gemaak soos die projek gevorder het. Paasfees was die mees belangrike gebeurtenis in die jaar van die Russiese Ortodokse kerk, soos Kersfees in die Weste. ‘n Eeue oue tradisie om hand-gekleurde eiers kerk toe te bring om geseën te word en om dit dan aan familie en vriende te gee, het oor die jare ontwikkel … tussen die hoëlui van St Petersburg het die gebruik ontwikkel om kosbare geskenke wat met juwele bedek is, tydens Paasfees as geskenke te gee. Dit is toe dat Tsaar Alexander III die idee gekry het om Fabergé te kommissie om ‘n kosbare Paaseier te skep as ‘n verrassing vir die keiserin, en so het die Keiserlike Paaseier sy ontstaan gehad. Bekend as die Hen Eier, dit is geskep uit goud, met die ondeursigtige wit emalje ‘dop’ wat oopmaak om die eerste verrassing te onthul: ’n mat-geel goue dooier. Op sy beurt open die dooier om ‘n veelkleurige, perfek gegrafeerde goue hen te onthul wat ook oopmaak. Dit het oorspronklik ‘n miniatuur diamant replika van die Keiserlike kroon bevat waaraan ‘n klein robyn eier gehang het. Ongelukkig het die laaste twee verrassings verlore geraak. Die pure genot wat die Keiserin uit hierdie interessante geskenk met sy versteekte juweel-verrassings geput het, was net die begin van ‘n jaarlikse Keiserlike tradisie wat vir 32 jaar voortgeduur het tot en met 1917. Vanweë hierdie tradisie is die weelderigste en mees betowerende geskenke vir Paasfees wat die wêreld ooit gesien het, geskep. Hierdie eiers was privaat en persoonlike geskenke, en die hele flambojante reeks het die romantiese en tragiese verhaal tot en met die einde van die magtige Romanovs vasgelê. VILJOEN JUWELIERS NUUSBRIEF #2

Upload: others

Post on 21-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé · 2015-05-25 · Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé Tydens Paasfees vier die Christendom die grootste geskenk wat die mensdom

Paasfees, Paaseiers en die verruklike FabergéTydens Paasfees vier die Christendom die grootste geskenk wat die mensdom ooit gekry het: Jesus en die kruisiging. Vir eeue reeds gee mense aan mekaar paaseiers gedurende hierdie spesiale tyd waar die eier se dop Jesus se graf simboliseer en die eier die nuwe Lewe. Hierdie tradisie het ‘n luisterryke nuwe ‘gesig’ gekry wat in die hart van Tsaar Alexander III sy ontstaan gevind het.

Die reeks verruklike paaseiers wat deur Fabergé vir die Russiese Keiserlike familie tussen 1885 en 1916 geskep is, gedurende ‘n buitengewone geskiedkundige agtergrond, word beskou as die kunstenaar-goudsmid se mees duursame prestasie. Die Keiserlike Paaseiers is verseker die mees gevierde en asembenewende van alle Fabergé kunswerke, onlosmaaklik verbind aan die Fabergé naam en legende. Hulle word ook beskou as van die laaste groot kommissies van kunswerke.

Die verhaal begin met Tsaar Alexander III wat besluit het om ‘n paaseier met steensetwerk vir sy vrou, keiserin Marie Fedorovna, in 1885 as geskenk te gee, moontlik om hul 20ste huweliksherdenking te vier. Die Tsaar, wat bekend geraak het met die meesterlike kunswerke van Fabergé by die Moskou Pan-Russiese Tentoonstelling in 1882, geïnspireer deur ‘n 18de eeuse eier wat behoort het aan die Keiserin se tante, Prinses Wilhelmine Marie van Denmarke. Die kunswerk het na bewering die verbeelding van die jong Maria aangegryp gedurende haar kinderjare in Denemarke.

Tsaar Alexander was blykbaar betrokke by die ontwerp en skep van die eier en het voorstelle aan Fabergé gemaak soos die projek gevorder het.

Paasfees was die mees belangrike gebeurtenis in die jaar van die Russiese Ortodokse kerk, soos Kersfees in die Weste. ‘n Eeue oue tradisie om hand-gekleurde eiers kerk toe te bring om geseën te word en om dit dan aan familie en vriende te gee, het oor die jare ontwikkel … tussen die hoëlui van St Petersburg het die gebruik ontwikkel om kosbare geskenke wat met juwele bedek is, tydens Paasfees as geskenke te gee. Dit is toe dat Tsaar Alexander III die idee gekry het om Fabergé te kommissie om ‘n kosbare Paaseier te skep as ‘n verrassing vir die keiserin, en so het die Keiserlike Paaseier sy ontstaan gehad.

Bekend as die Hen Eier, dit is geskep uit goud, met die ondeursigtige wit emalje ‘dop’ wat oopmaak om die eerste verrassing te onthul: ’n mat-geel goue dooier. Op sy beurt open die dooier om ‘n veelkleurige, perfek gegrafeerde goue hen te onthul wat ook oopmaak. Dit het oorspronklik ‘n miniatuur diamant replika van die Keiserlike kroon bevat waaraan ‘n klein robyn eier gehang het. Ongelukkig het die laaste twee verrassings verlore geraak.

Die pure genot wat die Keiserin uit hierdie interessante geskenk met sy versteekte juweel-verrassings geput het, was net die begin van ‘n jaarlikse Keiserlike tradisie wat vir 32 jaar voortgeduur het tot en met 1917. Vanweë hierdie tradisie is die weelderigste en mees betowerende geskenke vir Paasfees wat die wêreld ooit gesien het, geskep. Hierdie eiers was privaat en persoonlike geskenke, en die hele flambojante reeks het die romantiese en tragiese verhaal tot en met die einde van die magtige Romanovs vasgelê.

VILJOEN JUWELIERS NUUSBRIEF #2

Page 2: Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé · 2015-05-25 · Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé Tydens Paasfees vier die Christendom die grootste geskenk wat die mensdom

Hoe het jou man by die winkel betrokke geraak?Hy is na matriek vir militêre opleiding na Robbeneiland. Na 3 maande het hy teruggekom en sy pa in die besigheid begin bystaan. Elf maande later is sy Pa skielik aan ‘n hartaanval dood en op 19-jarige ouderdom moes hy die leisels oorneem en vir sy ma en 6-jarige boetie sorg.

Dit was moeilike jare en daar was geen geld om die besigheid uit te bou nie. Op 19-jarige ouderdom het hy geen waarborge gehad nie, maar die destydse Volkskas Bank het aan hom ‘n lening toegestaan om die besigheid uit te brei.

Die besigheid het van ‘n beskeie begin tot ‘n suksesvolle onderneming gegroei. Hoe het hy dit reggekry?Hy het ontsettend hard gewerk. Sy hele lewe lank. Elke aand na aandete is hy terug winkel toe om horlosieherstelwerk te doen. In vandag se tye van misdaad is dit ondenkbaar dat hy destyds saans alleen in ‘n juwelierswinkel gesit het. Hy was ‘n uitstekende horlosiemaker.

Watter hoogtepunte was daar?Dit was vir hom ‘n droom en groot hoogtepunt toe Viljoen Juweliers die Omega-agentskap gekry het. Slegs ‘n paar winkels in die land het daarvoor gekwalifiseer. Die koop van die gebou in Hoogstraat was ook ‘n groot hoogtepunt. Dit was vir hom lekker om te trek en sy besigheid in sy eie gebou te vestig.

En laagtepunte?Die verliese wat hy gely het as gevolg van diefstal en inbrake. Dit was vir hom ook sleg as daar personeelprobleme was.

Christine en Spyker Viljoen het mekaar in 1954 as matriekleerders in Worcester ontmoet en in 1961 is hulle op die Bolandse dorp getroud. Hy is op 21 Januarie 2008 aan Pankreaskanker oorlede. So onthou sy hom as juwelier, as pa en as mens.

Hoe het Viljoen Juweliers ontstaan?Die winkel het ‘n beskeie bestaan in die Karoodorpie Victoria-Wes en later De Aar gehad. Sy Pa, Oupa Wiekus, kon alles herstel en het die winkel begin om herstelwerk vir mense aan juweliersware, horlosies en handgravering

Everyone has been made for a particular work, and the desire for that work has been put in every heart - Rumi

Christine Viljoen Ons salueer haar met Moedersdag

2

LEER ONS MENSE KEN

Page 3: Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé · 2015-05-25 · Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé Tydens Paasfees vier die Christendom die grootste geskenk wat die mensdom

‘n besigheid oor te neem en uit te bou tot dit wat sy 2 seuns uiteindelik sou oorneem, was merkwaardig.

Watter tipe pa was hy?Hy was baie trots op sy gesin. Hy sou alles vir hulle gee wat hy kon – finansieël en opvoedkundig. Hy was ‘n diep gelowige mens met ‘n opregte liefde vir sy medemens. Hy was ‘n wonderlike voorbeeld en te alle tye ‘n “gentleman”.Dis nie net Steve Hofmeyer en Frans Marx wat gestalte gegee het aan die sêding “Agter elke man” nie. Christine Viljoen het ook. In haar geval was dit nie net agter haar man nie, maar letterlik langs hom. In alle omstandighede was sy daar vir hom en is steeds vir haar kinders. Sy het diep spore saam met hom geloop om Viljoen Juweliers op te bou. Elke Saterdag en elke Desemberseisoen het sy in die winkel gehelp. Sy het krisisbestuur gedoen, georganiseer en gewerk. Sy was en is alomteenwoordig. Sy het hom vlerke gegee en is steeds onlosmaaklik deel van Viljoen Juweliers en sy nalatenskap. ’n Matriarg, ma en ouma. Ons salueer haar met Moedersdag.

Watter waardes was vir hom belangrik in die bestuur van sy besigheid en sy omgang met mense?Hy het goeie waardes geleef. Die grootste was seker sy nederigheid. Ek dink nie hy het besef watter hoë dink die publiek van hom gehad het nie. Hy was almal se vriend ongeag kleur of agtergrond. Hy was al baie siek toe ‘n man eendag oor hom uitgevra het. Dit was die posman wat al die jare ons pos by ons huis afgelewer het. Hy het gesê dat Mnr VIljoen hom altyd met soveel waardigheid en respek behandel het. Die dag toe ek uit Worcester trek, het dieselfde posman vir my ‘n bos rooi angeliere laat aflewer. Dit was die impak wat hy op mense gehad het. Ons het dit eers besef met sy begrafnis. Sowat ‘n 1000 mense het die kerk volgesit om hulle laaste eer aan hom te betoon.Hy was net so eerlike en opregte mens en dienslewering was vir hom belangrik. Hy sou homself indoen om iemand anders te help.

Watter nalatenskap het hy vir julle gelos?Hy het ons skatryk laat erf aan mensekennis en deursettingsvermoë. Hy was so wonderlike voorbeeld. Om as 19-jarige vir jou ma en broer te sorg en tersefldertyd

Diamante … kosbaar … soos elke vrou se hart en moet net so gekoester word. Om die gepaste steen te kies moet op die ‘four C’s’ gefokus word – Karat (carat); Kleur (colour); Suiwerheid (clarity) en Snit (cut) van die steen. Elkeen van hierdie eienskappe spreek vanself, maar die belangrlikste een wat ook die moeilikste is om met die oog te sien, is die snit. Die snit verwys na hoe goed die steen geslyp is, hoe goed die proporsies van die steen is en ook hoe goed die steen gepoleer is. Hierdie is die enkel eienskap wat ‘n mooi steen van ‘n asemrowende steen onderskei. MEtaalDaar is verskeie metale om van te kies in die vervaardiging van verloofringe, waarvan die bekendstes goud, witgoud en platinum is. Die twee minder bekende metale wat ook deesdae opslae maak in die juweliersbedryf is Roosgoud en Palladium. Roosgoud gee vir die draer die sagtheid van geelgoud, maar die moderne gevoel van witgoud … werklik besonders. Palladium is platinum se eweknie. Palladium het dieselfde karaktereienskappe as platinum (hard en wit) maar is meer bekostigbaar. Die tendens is reeds om mansringe van Palladium te vervaardig. OntwErPDie moeilikste maar mees opwindende faktor in die maak van ‘n verloofring is sonder twyfel die ontwerp daarvan. Daar is geen perke nie … jy kan jou hart laat vlieg! Jou ring is deel van jou, dit sê iets van jou as vrou…en dit moet pas

by die sterre in jou oë! Laat die ontwerp boekdele gesels, modern of klasiek, eenvoudig of multi-dimensioneel. Moet net nie terughou nie, pas honderde ringe aan en geniet elke oomblik van hierdie opwindende en besonderse deel van die proses.

KlEin diaMantEDaar is heelwat nuwe ontwerp style wat die afgelope tyd hulle verskyning gemaak het by die ontwerp van juwele, waarvan die treffendste hiervan die gebruik van klein diamantjies is, en BAIE van hulle. Dit verleen ‘n betowerende en skitterende voorkoms en is verseker hoog mode op die oomblik. Met die groter aanvraag van klein diamante het ons gesoek na ‘n verskaffer wat ons kon voorsien van top gehalte klein diamante. Na ‘n uitgebreide soektog het Viljoen Juweliers Worcester ‘n verskaffer gevind wat aan ons hoë standaarde voldoen. Die klein diamante is van uitmuntende gehalte en ons kan die kleur en suiwerheid daarvan by die van die hoofsteen pas wat verseker dat die ring tot die maksimum skitter! Die diamante, al is hulle klein, het elkeen 58 fasette … dieselfde hoeveelheid as ‘n groot ronde diamant-wat ongetwyfeld die ring ekstra lewe en sprankel gee. Onthou, deur gebruik te maak van klein diamante om jou hoofsteen te aksensueer is jy verseker van ‘n asemrowende resultaat teen ‘n aansienlik billiker prys!

Blink betoweringwenke wanneer dit kom by diamante

Page 4: Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé · 2015-05-25 · Paasfees, Paaseiers en die verruklike Fabergé Tydens Paasfees vier die Christendom die grootste geskenk wat die mensdom

‘n Inspirerende konsep het vorm aangeneem in Worcester…Dowe studente word professioneel opgelei deur Viljoen Juweliers Worcester en Philip Joubert Vervaardigende Juweliers en word dan as gekwalifiseerde goudsmede die arbeidsmark ingestuur. Hierdie juweliers het gedurende 2011 hulle harte vir die studente oopgemaak en werk sederdien saam met die Nasionale Instituut vir Dowes om studente te kwalifiseer. Dit is voorwaar uniek aan Worcester!

Philip Joubert het met opleiding in Worcester begin, en Viljoen Juweliers Worcester en Philip Joubert Vervaardigende Juweliers het dit as ‘n goue geleentheid gesien om terug te gee aan die gemeenskap toe die NID

‘n Blye familie-verrassing

Familie en om in hulle ewigheidsoomblikke te deel is die kern van ons besigheid. Die Everton-familie het oor die afgelope jare deel van ons harte geraak … vanaf die oomblik wat ons Yolanda se verloofring ontwerp en geskep het en later ook haar en Clayton se trouringe. Met die geboortes van Oliver en Jack was ons bevoorreg om vir hulle ook geskenke te skep.

Die Everton-familie het onlangs vir groot opgewondenheid gesorg by Viljoen Juweliers Worcester. Hulle woon tans in Engeland en Clayton werk aan ‘n projek in Afrika. Yolanda en die seuns het kom kuier in Suid-Afrika, maar Clayton sou eers later by hulle aansluit …

hulle gedurende 2011 genader het om deel te neem aan ‘n Goudsmid opleidingsprogram vir dowes. Aangesien die studente ‘n formele curriculum volg word hulle letterlik aan alle metodes van juweliersontwerp blootgestel. Die studente lees lippe en daar is gereeld ‘n tolk, wat spesifiek aangestel is vir bystand met gebaretaal, teenwoordig by die opleiding. Studente word in die werkswinkels opgelei, en hulle kry ook eerstehandse opleiding in die kommunikasie tussen goudsmid en ontwerper.

Die mees opwindende oomblik is wanneer die studente hul sertifikate ontvang na afhandeling van die 4 jaar kursus. Die sertifikate is geakrediteer deur die MQF en sertifiseer dat die studente bevoegde goudsmede is wat werk-gereed is! Die wete dat deur middel van die NID, tesame met die twee juweliers, gehoorgestremde studente hul kreatiwiteit kan uitleef … ’n fenomeen waar iets nuuts en waardevols geskep word … dit is die grootste beloning vir almal wat betrokke is by hierdie wonderlike projek.

Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie en Clayton kon nie wag om sy gesin te sien nie. Yolanda was glad nie bewus van die feit dat Clayton in Suid-Afrika was nie. Met haar en die seuns se aankoms by Viljoen Juweliers Worcester het Clayton vir sy gesin in die winkel gewag … Nodeloos om te sê was daardie ewigheidsoomblik net te veel vir almal … Viljoen Juweliers Worcester personeel ingesluit! Wat ‘n blye tranedal vir almal! Dankie Everton-familie dat julle ons deel maak van julle geluk en liefde! Wat ‘n voorreg …

Skitterende toekoms vir dowe studente