parktown boys’ high school...parktown boys’ high school afrikaans eerste addisionele taal...

14
Bladsy 1 van 14 GRAAD 12 PUNTE : 60 TYD : 1½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson Parktown Boys’ High School Departement: AFRIKAANS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS (Kyk- en Leesbegrip en Taal) April 2016

Upload: others

Post on 06-Mar-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

Bladsy 1 van 14

GRAAD 12

PUNTE : 60 TYD : 1½ UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson

Parktown Boys’ High School

Departement: AFRIKAANS

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

KLASTOETS

(Kyk- en Leesbegrip en Taal)

April 2016

Page 2: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 2 van 14

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (30 PUNTE) AFDELING B: TAAL (30 PUNTE)

2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin elke afdeling op ‘n NUWE bladsy. 5. Trek ‘n streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is. 7. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 45 minute AFDELING B: 45 minute 10. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 3 van 14

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL Lees die artikel op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg.

2 emmers ..... en ‘n bottel seep

…… en drie jaar later is haar omset R30 000 per maand

1. Sy het begin met twee emmers, 'n bottel seep en 'n bottel motor-politoer. Nou, drie jaar later, spog me. Joyce Ramoloko, eienaar van Joyce Car Wash in Temba, Hammanskraal, met 'n maandelikse omset van R30 000 en 'n onderneming waarmee sy werk aan vyf mense verskaf.

2. Ramoloko se storie is merkwaardig. Dié klein-begin entrepreneur se poging om 'n inkomste met die skoonmaak van motors te verdien, kom nadat sy vir sewe jaar aflos- werkies moes doen. Sy het in 1996 'n onderwysdiploma voltooi, maar kon nie werk kry nie.

3. "Ek wou nog altyd my eie onderneming besit, maar het nie geweet wat 'n mens alles moet doen nie," sê sy. Ramoloko sê dat sy gereeld na televisieprogramme oor ondernemerskap gekyk het en het op grond van advies wat sy op Vukuzenzele ("moenie op ander mense wag om iets vir jou te doen nie") gekry het, by haar plaaslike kantoor van die departement van handel en nywerheid om hulp gaan aanklop.

4. Haar motorwassery het tóé begin, op 'n oop perseel naby haar huis, minder as 'n kilometer van 'n gevestigde motorwassery in die omgewing. "Ek en my seun het net daar met ons emmers gestaan en mense se motors gewas," sê Ramoloko. "Ons het só min geld gemaak dat ek te skaam is om die bedrag hardop te sê."

Page 4: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 4 van 14

5. Sy is toe na SAB se KickStart-program vir beginner-entrepreneurs verwys. Ramoloko moes 'n intensiewe kursus van twee weke bywoon, waarna sy haar sakeplan aan 'n paneel beoordelaars moes voorlê. Die beoordelaars was só beïndruk met die wyse waarop Ramoloko haar idees nagevors het, dat 'n toelaag van R50 000 aan haar toegeken is waarmee sy haar onderneming verder kon ontwikkel.

6. In dié stadium het sy reeds 'n afdak by die motorwassery opgerig, en het die R50 000 meevaller gebruik om 'n hoëdruk-spuit, 'n industriële stofsuier, toerusting om lekplekke in motorbande reg te maak en munttelefone te koop. "My omset tóé was so R10 000 per maand gewees, maar dit het binne vyf maande tot R30 000 verbeter," sê sy.

7. Vir 'n karwas en stofsuig vra sy R20. 'n Volledige valetdiens, waar jou motor ook politoerbehandeling kry en jou onderstel skoongespuit word, kos R180. Hierdie dienste word sewe dae van die week gebied, van 08:00 tot 17:00, hoewel sy "nooit iemand wat in 'n tou staan sal wegwys nie". Buiten die dienste wat sy by haar perseel bied, was en poleer sy twee keer per week die motors by 'n plaaslike Eskom-kantoor.

8. Ramoloko het weer verlede maand 'n meriete-toekenning van R20 000 van die KickStart- program ontvang om in haar onderneming te belê. "Daarmee gaan ek 'n grasdaklapa met 'n braai bou en 'n grootskerm-televisie installeer," sê sy. "Ek dink dit sal die eerste wassery in die land wees wat met só iets kan spog."

(Verwerk uit: www.netwerk24.com)

1.1 Joyce Car Wash het ‘n klein-begin gehad.

Noem die DRIE goed waarmee Joyce Ramoloko haar besigheid begin het. (3)

1.2 Watter EEN WOORD sê dat Joyce Ramoloko baie trots is op die sukses wat sy

bereik het? (1)

1.3 Watter DEEL van ‘n SIN sê dat Joyce Ramoloko haar gemeenskap by haar onderneming betrek het? (1)

1.4 - DRIE van die antwoorde voltooi die stelling KORREK. - Watter stelling is NIE korrek NIE? - Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer. “……… entrepreneur se poging ………” (paragraaf 2) ‘n Entrepreneur is iemand wat ‘n

A. nuwe rigting inslaan. B. onderneming begin. C. vars en oorspronklike idee ontwikkel. D. motorwassery begin. (1)

1.5 Waarom het Joyce Ramoloko met hierdie onderneming begin? (2)

Page 5: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 5 van 14

1.6 1.6.1 Waar het Joyce Ramoloko raad gekry oor die begin van ‘n besigheid? (1)

1.6.2 Wie het Joyce Ramoloko toe besoek wat haar gehelp het? (1)

1.7 Joyce Ramoloko het geen kompetisie gehad toe sy haar besigheid begin het nie. Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1)

1.8 Voltooi:

Joyce Ramoloko het nie alléén die motors gewas nie, want ons lees: __________. (1)

1.9 Wat wou die KickStart-program gehad het moet Joyce Ramoloko met die toelaag

van R50 000 doen? (1)

1.10 Watter EEN WOORD sê dat die beoordelaars van die KickStart-program baie in hulle skik was met Joyce Ramoloko se sakeplan? (1)

1.11 - Pas die in ANTWOORD in KOLOM B by die BEDRAG in KOLOM A. - Skryf slegs die NOMMER en LETTER (A – E) neer.

KOLOM A

KOLOM B

1.11.1 R10 000 1.11.2 R20 1.11.3 R50 000 1.11.4 R30 000

A. basiese prys van ‘n motorwas B. huidige omset C. maandelikse wins D. omset voor finansiële hulp E. ontwikkelingstoelaag

(4) 1.12 Watter maatskappy maak ook van Joyce Car Wash se dienste gebruik? (1) 1.13 Watter EEN WOORD in PARAGRAAF AGT sê dat die KickStart-program Joyce Car Wash meer as een maal gehelp het ? (1)

EN

Page 6: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 6 van 14

TEKS B: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

1. 4. 2. 5. 3.

(Uit: www.santam.co.za)

Page 7: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 7 van 14

1.14 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

In die Santam-advertensie is Wolraad Woltemade ‘n

A. perd. B. veearts C. hond. D. skaap. (1)

1.15 - Vul die KORREKTE woord in om die sin te voltooi - Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Wolraad Woltemade “is gister net betyds ... gered”, beteken dat hy nie _____ is nie. (1) 1.16 “Maar toe onthou ek dat my Santam huisinhoudpolis my tot R200 dekking vir veeartsfooie bied.” (paragraaf 1) 1.16.1 Watter tipe maatskappy is Santam? (1) 1.16.2 Watter WOORD sê vir ons dat Santam NIE MEER AS R200 betaal NIE? (1) 1.16.3 Watter tipe werk doen ‘n “veearts”? (1) 1.17 Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE in PARAGRAAF 2 sê vir ons dat dit ‘n wonderwerk was dat Wolraad Woltemade gesond geword het? (1) 1.18 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

“belasting- en 24-uur mediese advies” (paragraaf 3) Die woord “advies” hierbo kan vervang word met

A. raad. B. inligting. C. dekking. D. informasie. (1)

1.19 Noem EEN ding wat ‘n mens moet doen indien jy in ‘n kwotasie vir versekering belangstel? (1) 1.20 “ ... een van ons 125 takke landwyd besoek.” (paragraaf 4)

Wat beteken die woord “landwyd” hierbo? (1)

Page 8: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 8 van 14

1.21 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

“ ... dat Santam nie wolhaarstories praat nie.” (paragraaf 4) “wolhaarstories” verwys na feite wat

A. oor troeteldiere handel. B. nie heeltemal waar is nie. C. interessant en geloofwaardig is. D. oor Karoo-skape handel. (1)

TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 9: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 9 van 14

AFDELING B: TAAL VRAAG 2: ADVERTENSIE TEKS C

Die taalvrae wat volg, is op die advertensie gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

(Uit: www.taalmonument.co.za)

Page 10: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 10 van 14

2.1 Wie is die adverteerder in hierdie advertensie? (1) 2.2 Watter tegniek gebruik die adverteerder om die KOP van die advertensie te laat

uitstaan? (1)

2.3 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Die afkorting OOG (Orion Observasie Groep) vorm ‘n woord wat baie goed aansluit by die advertensie omdat

A. dit die korrekte afkorting is. B. die mense na die sterre gaan kyk. C. dit maklik verstaan kan word. D. die kinders daarvan sal hou. (1)

2.4 Skryf die AFKORTING tussen hakies uit as ‘n woord. Die laaste Sterrekykpiekniek in 2016 was op 12 (Mrt). (1) 2.5 Noem EEN manier waarop jy met die adverteerder kan kommunikeer. (1) 2.6 Gee ‘n ANTONIEM vir die woord tussen hakies. Jou eie piekniekmandjie is (welkom). (1) 2.7 Skryf die BEDRAG tussen hakies uit in woorde. Volwassenes betaal slegs (R35-00). (1)

2.8 - Pas die WOORD in KOLOM B by die BESKRYWING in KOLOM A. - Skryf slegs die NOMMER en LETTER (A – D) neer.

(3) [10]

KOLOM A

KOLOM B

2.8.1 ‘n Toer saam met iemand wat inligting verskaf 2.8.2 ‘n Instrument waarmee iemand oor ‘n groot afstand na voorwerpe kyk 2.8.3 ‘n Informele ete in die natuur

A. piekniek

B. begeleide

C. donkerte

D. verkyker

Page 11: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 11 van 14

29 Januarie 2016

EN

VRAAG 3: ADVERTENSIE TEKS D

Die taalvrae wat volg, is op die advertensie gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

29 April 2016

Page 12: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 12 van 14

(Uit: www.wat.co.za)

3.1 Waarom is die opskrif “Koop ‘n woord!” beter as die opskrif “Jy moet asseblief ‘n woord koop.”? (1) 3.2 Verduidelik in ‘n sin waarom die woord “jy” in plaas van “u” in hierdie advertensie gebruik word. (1)

3.3 Gee die KORREKTE VORM van die VOORNAAMWOORD tussen hakies.

Die woord (wat + vir) jy betaal, sal die taal laat voortbestaan. (1) 3.4 Hoekom is dit effektief om die woord “dié” in die volgende sin te beklemtoon? Al hierdie woorde verskyn in (die / dié) woordeboek. (1) 3.5 - Kies die KORREKTE SINONIEM vir die woord tussen hakies.

- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Jy (kry) ‘n mooi sertifikaat waarop die woord of woorde wat jy koop, groot sal verskyn.

A. wen B. koop C. ontvang D. maak (1)

3.6 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. As TV-aanbieder wil ek (seker) maak dat ek inspirasie uit ander bronne kry.” (1) 3.7 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE. Charlene Truter sê dat sy hierdie woordeboek verkies. (1) 3.8 Skryf die volgende inligting uit die advertensie in ‘n VOLSIN neer. Sluitingsdatum: 29 April 2016 (1) 3.9 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Die wenner van die vorige prystrekking is meneer Rupert van Breda (1) 3.10 Haal ‘n voorbeeld aan van ‘n SAMESTELLING tussen ‘n eienaam en ‘n selfstandige naamwoord. (1) [10]

EN

Page 13: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 13 van 14

VRAAG 4: INTERNETARTIKEL TEKS E

Die taalvrae wat volg, is op die internetartikel gebaseer.

‘n Opsetlike spelfout kom voor.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

Herman van den Berg se stem maak groot opslae in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy was ‘n briljante ingenieurstudent aan Tuks, maar kon hom nie van die musieknote weghou nie. Hy was in 1996 en 1997 ‘n Crescendo-finalis. Sy eerste CD, getiteld Herman van den Berg, bevat ‘n verskeidenheid liekies. Sy musiekbelangstelling word deur hierdie debuut CD weerspieël. Dit is Afrikaans op sy mooiste. Herman het sewe van die lirieke geskryf. Die res is gedigte van onder andere Ingrid Jonker en ID du Plessis. Elke toonsetting is ‘n klein meesterwerk. Herman begelei homself op die kitaar. Hy is altyd alleen op die verhoog.

sel: 083 232 1377 epos: [email protected]

hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu

(Uit: www.hermanvdb.co.za) 4.1 Verander die STELSIN na ‘n VRAAGSIN. Herman van den Berg se stem maak groot opslae in die Afrikaanse musiekbedryf. (1) 4.2 Skryf die ADJEKTIEF in die sin neer. Hy was ‘n briljante ingenieurstudent aan Tuks, maar kon hom nie van die musieknote weghou nie. (1) 4.3 Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Hy was in 1996 en 1997 ‘n Crescendo-finalis. Begin só: Nie alleen ... (1) 4.4 Skryf die volgende sin oor in die BEDRYWENDE VORM.

Page 14: Parktown Boys’ High School...PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016 Bladsy 3 van 14 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL KLASTOETS APRIL 2016

Bladsy 14 van 14

Sy musiekbelangstelling word deur hierdie debuut CD weerspieël. (1) 4.5 Waarna verwys die persoonlike voornaamwoord dit in die volgende sin? Dit is Afrikaans op sy mooiste. (1) 4.6 Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF. Herman het sewe van die lirieke geskryf. Begin só: Herman blyk ... (1) 4.7 Skryf die AFKORTING van die woorde tussen hakies neer. Die res is gedigte van (onder andere) Ingrid Jonker en ID du Plessis. (1) 4.8 Skryf die woord wat verkeerd gespel is, korrek oor. (1) 4.9 Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD. Elke toonsetting is ‘n klein meesterwerk. (1) 4.10 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Herman begelei homself op die kitaar. Hy is altyd alleen op die verhoog. (daarom) (1) [10] TOTAAL AFDELING B: [30] GROOTTOTAAL: [60]