parktown oys [ high s hool - pasella.weebly.com · teks d: tydskryfartikel lees hierdie...

15
PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) GRAAD : 12 DATUM : SEPTEMBER 2015 VRAESTEL : TAAL IN KONTEKS TYD : 2 UUR PUNTE : 80 _____________________________________________________________________________________ EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson _____________________________________________________________________________________ INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taal (40) 2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy. 5. Trek ‘n streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Upload: vuongxuyen

Post on 20-May-2019

227 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL

(TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE)

AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

GRAAD : 12 DATUM : SEPTEMBER 2015 VRAESTEL : TAAL IN KONTEKS TYD : 2 UUR PUNTE : 80 _____________________________________________________________________________________ EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson _____________________________________________________________________________________ INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taal (40)

2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy.

5. Trek ‘n streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.

8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Page 2: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

2 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

(Verwerk uit: Sarie, Augustus 2014)

Page 3: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

3

1.1 Watter WOORD sê vir ons dat mense sedert die Victoriaanse tyd sprokies bespreek? (1)

1.2 Wat is die DRIE belangrike bestanddele wat van ‘n verhaal ‘n sprokie maak? (3)

1.3 Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE in PARAGRAAF EEN sê vir ons dat nie almal saamstem oor die waarde van sprokies nie? (1)

1.4 Wat is die belangrike verskil in kenners se siening van sprokies? (1) 1.5 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. Die uitdrukking ‘n lelike eendjie is een van ‘n paar uitdrukkings in Afrikaans wat eend as kern het. Watter een van die volgende uitdrukkings beteken: Sy kry dinge sonder veel moeite reg?

A. Die belofte is goed, maar die een lê ‘n eier. B. Soos water op ‘n eend se rug. C. Die gebraaide eend vlieg in haar mond. D. So gelukkig soos ‘n eend in water. (1)

1.6 Watter rol speel ouers, volgens dr. Lynn Dunstan, in sprokies? Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan uit PARAGRAAF TWEE. (1) 1.7 Wie se sprokies bevat die meeste geweld en gee ‘n voorbeeld van die geweld wat daarin voorkom? (2)

1.8 Watter WOORD in PARAGRAAF DRIE sê vir ons dat dit nie net dié persoon(e) se sprokies is

wat gewelddadig is nie? (1)

1.9 - Pas die BOODSKAP in KOLOM B by die SPROKIE in KOLOM A. - Skryf slegs die LETTER en NOMMER neer.

KOLOM A

KOLOM B

1.9.1 Sneeuwitjie 1.9.2 Aspoestertjie

A. ‘n Vrou is niks sonder ‘n man nie. B. Geweld is onaanvaarbaar. C. Uiterlike skoonheid is belangrik.

(2)

1.10 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag se antwoord te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Page 4: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

4

Waarom is dit, volgens dr. Dunstan, belangrik om sprokies, soos Aspoestertjie, vir kinders in perspektief te plaas? Hulle ...

A. slaap dan rustiger. B. is dan minder gewelddadig. C. ontgroei sprokies so. D. sal ‘n gesonde liggaamsbeeld ontwikkel. (1)

1.11 Ouers moet die boodskap van sprokies van hulle kinders weerhou. 1.11.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. 1.11.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.11.1. (1) 1.12 - DRIE van die volgende antwoorde voltooi die stelling KORREK. - Watter antwoord is NIE korrek NIE? ‘n Gesonde liggaamsbeeld vereis dat ‘n kind verstaan dat

A. dit mooi is om anders en spesiaal te wees. B. ander se persepsies van jou belangrik is. C. mooi ‘n relatiewe begrip is. D. geluk nie van uiterlike skoonheid afhang nie. (1)

EN

Page 5: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

5 TEKS B: STROKIESPRENT Lees die strokiesprent hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

1

2

3

4 5

(Uit: www.versindaba.co.za)

Page 6: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

6

1.13 Watter EEN WOORD in RAAM 1 is ‘n aanduiding dat hierdie strokiesprent op ‘n sprokie gebaseer is? (1) 1.14 Watter tipe skulpvis het die meermin op haar waterpad vergesel? Noem slegs EEN. (1) 1.15 - Kies die korrekte antwoord tussen hakies. - Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. Aanvanklik het die meermin geen spesifieke 1.15.1 (begeerte / droom) gehad nie. Toe die Titanic by haar verbyvaar, het sy baie jaloers geword omdat sy baie graag met die man op die dek wou 1.15.2 (praat / trou). (2) 1.16 Watter DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE in RAAM 2 beskryf die jongman op die dek van die Titanic as baie aantreklik? (1) 1.17 Watter verwysing na die Titanic in RAAM 1 sinspeel daarop dat hy baie groot was? (1) 1.18 Toe die meermin die jongman op die Titanic se meisie die see ingestamp het, het hy

“O wee!” geskree. Hierdie uitroep en gesigsuitdrukking van die jongman sê vir ons dat hy

A. baie hartseer en depressief was. B. woedend vir die meermin was. C. om hulp geskree het. D. geskrik het en nie sy oë kon glo nie. (1)

1.19 Hoe het die Titanic, volgens die geskiedenis en die strokiesprent, aan haar einde gekom? (1)

EN

Page 7: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

7

TEKS C: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Marcellus-teater, Emperors Palace, Johannesburg, Gauteng

ASPOESTERTJIE is ’n romantiese komedie vir die hele gesin

Datums: 1 – 31 Mei 2015

Afrikaanse Musiekspel, Pantomime

Kaartjiepryse: R160 – R250 Hoofrolle: Karlien van Jaarsveld, Soli Philander, Izak Davel, Marlee van der Merwe

Kaartjies beskikbaar: www.computicket.com of 0861 915 8000 Afslag beskikbaar: 10% afslag vir pensionarisse

10% afslag vir groepe van 10 of meer Vervaardigers: Add-Life Productions

Regisseur: Weslee Lauder Musikale Regisseur: Machiel Roets

Stelontwerp: Renier Keyser en Nadine Minnaar Choreografie: Nicol Sheraton

(Verwerk en aangepas uit: Beeld, Julie 2015)

1.20 “Aspoestertjie is ‘n romantiese komedie vir die hele gesin.” 1.20.1 Watter EEN WOORD sê vir ons dat almal in die gesin hierdie musiekspel of pantomime sal geniet? (1) 1.20.2 Wat is die verskil tussen ‘n gesin en ‘n familie? (2) 1.20.3 Sommige resensente gebruik die woord _____ (EEN WOORD) om na ‘n film as ‘n “romantiese komedie” te verwys. (1)

Page 8: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

8

1.21 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. ‘n Groep van 8 pensionarisse het kaartjies vir Aspoestertjie teen R 200 - 00 elk gekoop. Hoeveel het hulle gesamentlik vir die kaartjies betaal?

A. R 1, 600 - 00 B. R 2, 000 - 00 C. R 1, 440 - 00 D. R 2, 500 - 00 (1)

1.22 Watter webwerf kon jy besoek het indien jy jou kaartjies met jou rekenaar, tablet of slimfoon wou bespreek? (1) TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 9: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

9

AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2: SUPERREDES OM ‘N STORIE TE DEEL TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som die superredes waarom ouers stories met hulle kinders moet deel in SEWE sinne op. 2. Skryf die redes PUNTSGEWYS neer. Nommer die sinne van 1 tot 7. 3. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 4. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

SUPERREDES OM ‘N STORIE TE DEEL

Dit maak nie saak hoe oud ons is nie, ons gebruik almal stories om ons lewens te verken. Stories lees en vertel bied ons ‘n veilige ruimte om te verken en die lewe se struikelblokke te navigeer. Stories deel is so natuurlik soos eet, slaap en dit is belangrik vir ‘n kind se ontwikkeling.

1. Stories help om jou kind se verbeelding en kreatiwiteit te ontwikkel. Jy kan sommer al op ‘n baie vroeë

ouderdom vir jou kind begin stories lees. Dit is nooit te vroeg hiervoor nie. Die skool sal jou baie dankbaar wees vir hierdie bydrae tot jou kind se verbeelding en kreatiwiteit.

2. Stories help jou kind se taalvaardighede en denkprosesse ontwikkel. Veral wanneer hulle die storie in

hulle moedertaal hoor of lees. Hulle dink in prentjies en verwoord dit in hulle moedertaal. Moet nooit die waarde van hierdie proses onderskat nie.

3. Stories verskaf voorbeelde van hoe jou kind struikelblokke kan oorkom. Daar is gereeld raad in stories

oor hoe om ‘n mens se uitdagings te oorkom. Kinders wil dit eerder in ‘n storie hoor as om dit as ‘n lewensles by hulle ouers te moet hoor. Praktiese voorbeelde inspireer jong kinders.

4. Stories moet vroeg in jou kind se lewe begin. Of jou baba aan ‘n kartonboek kou of jou kleuter oor en

oor dieselfde storie wil hoor, kry hulle noodsaaklike taalkennis wat hulle later in die lewe gaan help. Lees maar gerus dieselfde storie weer voor hulle gaan slaap.

5. Stories sal help dat jou kind vroeg op skool begin presteer. Kinders wat op ‘n vroeë ouderdom aan

stories blootgestel is, het ‘n definitiewe voorsprong op skool. Ouers moet nie hulle kinders hierdie geleentheid ontsê nie.

6. Stories sal jou kind motiveer om self te lees. Voor jy jou oë kan uitvee, glip jou kind self weg vir ‘n lekker

leeservaring op sy eie. Kinders deel ook so hulle ontdekkings met hulle ouers.

7. Stories stel jou kind aan miljoene nuwe woorde bloot. Selfs ‘n kwartier se lees ‘n dag maak ‘n verskil.

Jou kind sal ‘n voorsprong bo die ander kinders in die klas hê. (Verwerk uit: Huisgenoot, Mei 2014)

TOTAAL AFDELING B: [10]

Page 10: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

10

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3 TEKS E: FACEBOOK Die taalvrae wat volg, is op die internetfoto en -kommentaar hieronder gebaseer.

(https://af-za.facebook.com/Karlien.van.Jaarsveld)

3.1 “Ek en Izak Davel in #Aspoestertjie #1Mei #emporerspalace” 3.1.1 Wat is die naam van die pantomime waarin Karlien van Jaarsveld te sien was? (1) 3.1.2 Die onderstreepte tekens in die aanhaling hierbo staan in Engels as ‘n hashtag bekend. Wat noem ons hierdie teken in Afrikaans? Gee slegs EEN WOORD. (1) 3.2 Skryf die sinne oor in die ONTKENNENDE VORM. Zandri Potgieter hou van Karlien van Jaarsveld se Facebook-status. Kayla Naude hou van Karlien van Jaarsveld se Facebook-status. Begin só: Nie alleen ... (1)

Page 11: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

11

3.3 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. Izak Davel het die rol van die prins gekry omdat hy (aantreklik) is en boonop goed kan sing. (1) 3.4 Renel Eland het vir Karlien van Jaarsveld gevra: “Gaan julle in die Kaap kom optree?” 3.4.1 Skryf die sin hierbo oor in die INDIREKTE REDE. (1) 3.4.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Die woord optree hierbo is ‘n voorbeeld van ‘n (skeibare / onskeibare) werkwoord. (1) 3.4.3 Maak ‘n sin van jou eie waarin jy die woord optree in die INFINITIEF gebruik. (1) 3.5 Kies die korrekte WERKWOORD tussen hakies. Shasha.1998 (belowe / glo) dat Karlien van Jaarsveld selfs in ‘n lelike rok pragtig sal lyk. (1) 3.6 - Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi.

- Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. Cailyn Harford sê: “Sal dit nie mis nie!” Met die gebruik van die woord mis bedoel sy dat sy

A. die pantomime ongelukkig gaan misloop. B. nie sal omgee as sy die pantomime misloop nie. C. dit nie sal mis om Karlien van Jaarsveld in hierdie pantomime te sien nie. D. definitief nie die pantomime gaan misloop nie. (1)

3.7 Kom daar ‘n fliek Aspoestertjie uit? 3.7.1 Verander die VRAAGSIN in ‘n STELSIN. (1) 3.7.2 Gee ‘n SINONIEM vir die woord fliek hierbo. (1) 3.8 Gee die KORREKTE VORM van die VOORNAAMWOORD tussen hakies. 3.8.1 Marlize van der Merwe sê: “Hoekom toer julle nie (met + dit) nie?” (1) 3.8.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Hierdie tipe woordsoort word ‘n (betreklike / besitlike / persoonlike) voornaamwoord genoem. (1) 3.8.3 Gee die AFKORTING vir voornaamwoord. (1) [14]

EN

Page 12: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

12 VRAAG 4 TEKS F: BOEKRESENSIE - Die taalvrae wat volg, is op die boekresensie hieronder gebaseer. - Opsetlike taalfoute kom voor. - Voer die instruksie by elke vraag uit.

VAN SPROKIE TOT TRAGEDIE IN DIE KOLLIG

Die tragedie op 4.1 (Valentyn + dag) 2013 het die wêreld 4.2 (aangryp) en al is Oscar Pistorius reeds aan 4.3 (strafbaar) manslag skuldig 4.4 ( _____ ) en gevonnis vir die dood van Reeva Steenkamp 4.5 ( _____ ) gaan daar nog lank oor die saak gepraat word. Nie almal kon egter elke woord in die media of op televiesie volg om tussen feit en fiksie 4.6 (onderskei) nie. En selfs die wat kon, stem steeds nie altyd saam nie.

4.7 (Die skrywer vors wyd na.) Ook op Twitter –

en haal nie minder as 73 bronne in die boek aan

nie. 4.8 (Verskeie) kenners gee ook hul menings

oor aspekte van die saak en hoe die reg in 4.9

(Suid-Afrika) werk. Hilton Botha, die oorspronklike

ondersoekbeampte wat aan die begin van die saak

afgehaal is, vertel sy storie en sê wat hy 4.10 (op

die toneel aangekom het / toe hy kort na die

skietery / in Oscar se huis gesien het). Die leser

leer ook vir Reeva Steenkamp van nader ken. Sy

was 4.11 (ambisie) en het groot drome gehad.

Haar ouers se smart na die verlies van hul liefling-

kind word ook belig.

(Verwerk en aangepas uit: Sarie, Maart 2014) 4.1 Vorm ‘n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. “Die tragedie op (Valentyn + dag) 2013 ...” (1) 4.2 Gee die KORREKTE TYDSVORM van die woord tussen hakies. “… het die wêreld (aangryp) en al is Oscar Pistorius ...” (1)

Page 13: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

13

4.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

“... reeds aan (strafbaar) manslag skuldig ...” (1)

4.4 - Kies die KORREKTE WERKWOORD om die aanhaling te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

“... aan manslag skuldig _____ en gevonnis vir die dood van Reeva Steenkamp”

A. gekry B. bevind C. gepleit D. gevind (1)

4.5 Benoem die KORREKTE LEESTEKEN wat weggelaat is.

“... en gevonnis vir die dood van Reeva Steenkamp _____ gaan daar nog lank oor die saak gepraat word.” (1)

4.6 Skryf die woord tussen hakies oor in die INFINITIEF. “... om tussen feit en fiksie (onderskei) nie.” (1) 4.7 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Die skrywer vors wyd na. (1) 4.8 Gee ‘n SINONIEM vir die woord tussen hakies.

“(Verskeie) kenners gee ook hul menings oor aspekte van die saak...” (1) 4.9 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. “... en hoe die reg in Suid-Afrika werk.” Die SKRYFTEKEN in die EIENAAM hierbo noem ons ‘n (aandagstreep / koppelteken). (1) 4.10 Skryf die volgende SINSDEEL tussen hakies in die KORREKTE WOORDORDE neer.

“...en sê wat hy (op die toneel aangekom het / toe hy kort na die skietery / in Oscar se huis gesien het).” (1)

4.11 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. “Sy was (ambisie) en het groot drome gehad.” (1) 4.12 Identifiseer en korrigeer die FOUTIEWE SPELVORM in PARAGRAAF 1. (1) [12]

Page 14: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

14

EN

VRAAG 5 TEKS G: STROKIESPRENT Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

(Uit: www.versindaba.co.za)

5.1 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Sara kry waterpokkies. Sy kry goue lokkies. (nadat) Begin só: Nadat ... (1) 5.2 Skryf die woorde tussen hakies as ‘n AFKORTING neer. Sara het (onder andere) muisvaal en toiing-hare gehad. (1)

Page 15: PARKTOWN OYS [ HIGH S HOOL - pasella.weebly.com · TEKS D: TYDSKRYFARTIKEL Lees hierdie tydskrifartikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit. INSTRUKSIES 1. Som

15

5.3 - Kyk na die verkorte woordeboekinskrywing van die woord waterpokkies. - Skryf die woord in lettergrepe neer en onderstreep die lettergreep wat die klem dra. wa’terpokkies mv. Onskuldige velsiekte wat soos pokkies lyk. (1) 5.4 - Pas die BESKRYWING in KOLOM B by die WOORD(e) in KOLOM A.

- Skryf slegs die LETTER en NOMMER neer.

KOLOM A

KOLOM B

5.4.1 wanaangepas(te) 5.4.2 goue 5.4.3 muisvaal

A. afleiding B. samestellende afleiding C. samestelling

(3)

5.5 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Óf Sara se ma óf haar pa weet waarom sy goue lokkies gekry het. (1) 5.6 “ ... maar darie hare groei al digter ...” 5.6.1 Gee die korrekte vorm van die woord darie hierbo. (1) 5.6.2 Wat noem ons hierdie taalverskynsel? (1) 5.7 Gee die ENKELVOUD van die woord tussen hakies. Sara los haar (speelgoed) buite die toilet. (1) 5.8 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM. Sara het in die toilet gerook. (1) 5.9 Gebruik jou kennis van die INFINITIEF en voltooi die sinne hieronder. Sara het op ‘n baie jong ouderdom Black Label bier begin drink. 5.9.1 Blykbaar ... (1) 5.9.2 Dit blyk ... (1) 5.10 Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies. Sara klim (in / deur / by) die venster om by die huis in te breek. (1) [14] TOTAAL AFDELING C: [40] GROOTTOTAAL: [80]