pekanneute - senwes...die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van suid-afrika met die kort,...

14
Tydskrif van die Senwes Groep • Desember 2006 Pekanneute as alternatiewe gewas Pekanneute as alternatiewe gewas Die nuwe Toyota Avensis Die nuwe Toyota Avensis Kersgroete Kersgroete Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes.

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

10 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

Tydskr i f van d ie Senwes Groep • Desember 2006

Pekanneute aass aalltteerrnnaattiieewwee ggeewwaass

Pekanneuteaass aalltteerrnnaattiieewwee ggeewwaass

Die nuweTTooyyoottaa AAvveennssiiss

Die nuweTTooyyoottaa AAvveennssiiss

KersggrrooeetteeKersggrrooeettee

Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes.

Page 2: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

Oorsig oor die bedryfWaterskaarste, oorproduksie, invoere en die wisselkoersmaak die tradisionele produksie van kontantgewasse min-der winsgewend en produsente soek na stabiele alter-natiewe om die risiko te versprei. Pekanneute is een vandie gewasse wat, vanweë die uitvoerpotensiaal, grootbelofte toon. Deeglike beplanning is egter baie belangrik,veral finansiële beplanning. Die probleem met die oorska-keling na pekanneute is dat daar ‘n lang tydperk van uit-gawes sonder enige inkomste is. Die produsent moet dusander bronne van inkomste hê om die uitgawes te dek.Hoe gouer die bome begin dra, hoe gouer is die terugbe-taling. Die groot voordeel as die bome eers dra, is dat dievertakking die oorlewingsvermoë van die boerdery kanvergroot indien die kontantgewasse as gevolg van

eksterne faktore onder druk kom. Die volgende is belang-rike aspekte wat in ag geneem moet word voor jy pekanneutbome plant.

KlimaatsvereistesDie pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warmsomers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie totAugustus is ‘n vereiste vir suksesvolle bot- en blomvor-ming. Gedurende die somermaande (Oktober tot April)vereis die boom hoë temperature vir vruggroei.

Temperatuurnorme kan dus soos volg opgesomword:• ‘n Gemiddelde maandelikse maksimum temperatuur

Pekanneute – suksesvollealternatief op Vaalharts

Die probleme van winsgewendheid en wisselvalligheid wat met kontantgewasseondervind word, maak die oorskakeling na permanente gewasse, veral pekanneute,meer rooskleurig en selfs noodsaaklik. Jaco Vermeulen (Agronoom van Senwes Land-boudienste) gee meer inligting oor dié gewas, wat tans op Vaalharts sterk veld wen.

‘n Pragtige tros pekanneute met geen tekorte.

10 Senwester, Desember 2006

hoofstorie

Jaco VermeulenLandboudienste

12 �

Page 3: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

Produsente by ‘n boeredag op Vaalharts in ‘n netjiese egalige boord.

moet hoër as 280C gedurende die somer styg en laer as230C gedurende die winter daal.

• ‘n Gemiddelde maandelikse minimum temperatuur moetgedurende die somer bo 160C styg, maar laer as 80C gedurende die winter daal.

Ryp mag voorkom gedurende die winter, maar van 15 September tot 15 Mei moet dit rypvry wees. Vaalharts isbaie geskik volgens die temperatuurvereistes.

GrondvereistesDie pekanneutboom groei die beste in vrugbare, goedgedreineerde diep grond met los tot medium tekstuur.Pekanneute hou nie van ‘n vlak watertafel nie, aangesien ditworteldiepte beperk. Die voorkoms van ondeurlaatbare laevir water sal dreinering beperk, terwyl deurlugting baiebelangrik is vir wortelontwikkeling. Die aanwesigheid vanlopende water is voordelig, maar die voorkoms van ‘n stag-nante watervlak is uiters nadelig.

BesproeiingIn Suid-Afrika is reënval nie voldoende om te voorsien indie waterbehoeftes van pekanneutbome vir optimale pro-duksie nie. Gewoonlik word bykomende besproeiing be-nodig tydens die kritieke groeistadia om goeie opbrengsen kwaliteit te verseker. Kennis oor die fisiese eienskappe,sowel as die waterhouvermoë van die grond, is nodig om‘n besproeiingstelsel te beplan.

Te veel water is baie nadelig, maar watertekorte tydensdie kritieke tye (soos neutvorming en neutvul) kan tot swakgradering, lae oesopbrengste en swak oopmaak van neutelei. September is hier die belangrikste tydperk van oor- enonderbesproeiing.

SinkSink is een van die elemente wat seker die belangrikste isby pekanneute. By jong, nie-draende bome is sink belang-rik vir maksimum blaarontwikkeling, wat weer groeitempobepaal. By draende bome moet sink gespuit word wanneerdie blaarbloeisels 50 mm lank is. Herhaal die bespuiting

minstens drie keer, met tussenposes van twee tot drieweke. Selfs vyf bespuitings kan nodig wees indien bomeswaar dra.

KultivarsDie neutprodusent, verwerker en verbruiker stel almal ver-skillende vereistes aan die eindproduk. Daar is verskeiefaktore wat ons beperk as dit kom by kultivarseleksie.Kruisbestuiwing, skurfsiekte, kouebestandheid, sinkte-korte, windskade en alternatiewe drag is alles faktore watin ag geneem moet word by die selektering van kultivars.

Hier is die eienskappe van drie kultivars wat baiegoed presteer op Vaalharts:

WitchitaVoordele• ongeveer 2 ton kultivar, baie hoë opbrengs• kom vroeg in produksie (4 - 5 jaar)• baie hoë uitdoppersentasie (61%)• hoë koue-verdraagsaamheid• het homself reeds in Suid-Afrika bewys

Nadele• baie swak mikke• sinktekort• moeilik om te dop (gebuigde neutvorm)• neutkern geneig om te verdonker na uitdop• beskikbaarheid van plantmateriaal• baie swak weerstand teen skurfsiekte (beperk kultivar

tot weste van die land)

PawneeVoordele• 2 ton kultivar, hoë opbrengs• hoë uitdoppersentasie (58%)• goeie dopeienskappe met dun dop• uitstekende neutkernkwaliteit• groot neute• baie sterk mikke

Pekanneute – suksesvolle alternatief op Vaalharts10 �

12

Page 4: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

hoofstorie

• plantmateriaal geredelik beskikbaar• hoë weerstand teen insekte• baie hoë koue-verdraagsaamheid• matige weerstand teen skurfsiekte

Nadeel• kom later in produksie (vat langer om te dra)

Western SchleyVoordele• 1,8 ton kultivar, hoë opbrengs• baie lae geneigdheid tot sinktekorte• sterk mikke en raamtakke• baie hoë koue-verdraagsaamheid• uitstekende dop en neutkerneienskappe• hoë uitdoppersentasie (58%)

Nadele• baie swak weerstand teen skurfsiekte, wat aanplantings

beperk tot die weste en droër binneland• plantmateriaal is moeilik bekombaar

GroeipotensiaalPekanneute op Vaalharts toon die afgelope paar jaar sterkgroei en daar is voldoende groeipotensiaal.

Pekanneute maak tans 6% van alle neutproduksie oordie wêreld uit. Soos gesondheidsbewustheid interna-sionaal toeneem, neem die verbruik van neute ook toe endit skep groot moontlikhede vir uitbreiding. Goeiebestuur van boerderypraktyke, om kwaliteit neute telewer, is egter baie belangrik.

Wat ook baie belangrik is, is dat die pekanbedryf regbestuur moet word op ‘n gekoördineerde wyse.Statistieke is belangrik om groei in die bedryf te bepaal,markontwikkeling te doen en vir finansiering en navorsingvoorsiening te maak. Produsente en voornemende pro-dusente word aangeraai om aan te sluit by SAPPV (Suid-Afrikaanse Pekanneut Produsente Vereniging), ten eindedie bedryf reg te bestuur en aandag te gee aan generiesebemarking om die vraag na die produk uit te bou.

SensusIn September 2005 is daar ‘n sensus-opname vanpekanneut-aanplantings op Vaalharts en die omgewinggedoen:

Uit bogenoemde kan ons aflei dat daar groot vesti-ging plaasgevind het en dat daar oor ‘n paar jaar rede-lik groot hoeveelhede pekanneute geoes gaan word.

GesondheidsvoorkeureNeute is propvol energie en volgens ‘n studie gedoen indie VSA is daar ‘n duidelike verband tussen neutever-bruik en die liggaamsgewigsindeks. Neute is vullend enkan in ‘n dieet ingeskakel word om gewigsverlies te

bewerkstellig. Neute is ook ryk aan Vitamien E, kalsium,magnesium, kalium en vesel. Neute bevat ook verskeie ele-mente of plantkomponente wat die mens beskerm teenhartsiektes, kanker en ander chroniese siektes.

SamevattingPekanneute is voorwaar ‘n alternatiewe gewas wat grootpotensiaal toon onder besproeiing op Vaalharts. Dit isegter baie belangrik dat die voornemende produsent sybeplanning deeglik sal doen. Dit is beslis nie net van bomeplant met groot sukses nie. Die produsent sal ‘n voorliefdevir bome moet hê. Hy sal voortdurend aandag moet geeom foute te beperk en maksimum opbrengste van diehoogste kwaliteit so spoedig moontlik te produseer.Sleutelwoorde is kwaliteit, volgehoue produksie van goeiegehalte en samewerking op bemarkingsgebied. Dit kanslegs geskied as produsente saamstaan en hul vereniging,die SAPPV, ondersteun.

NavraeVir verdere navrae, skakel gerus die SAPPV-kantoor by(012) 329-9868 in die oggend vir spesifieke verwysings ofgesels met Jaco Vermeulen van Senwes Landboudiensteby (053) 474-9647.

VerwysingsSA Pekan tydskrifte van SAPPV. Die Verbouing van Pekanneute deur dieInstituut vir Tropiese en Subtropiese gewasse. Mnr Bill Smith, SAPPVStreeksbestuurder streek 8.

HANDEL HANDELSWINKELS ONDERDELE HEELGOEDERE PRESISIEBOERDERY BESPROEIING

www.senwes .co .za

Senwes Gebruikte Onderdele en Heelwerktuie

Conna Campher

het dalk‘n nuwe naam, maar by ons word trekkers, stropers enimplemente steeds daagliks gekoop, verkoop en landswydafgelewer. Ons is ook een van die grootste handelaars vangebruikte trekkeronderdele.

Skakel vir by (056) 212-4241 of ons be-markers, Johan Wessels by 083 454 6631 of Ben Kruger by083 381 7746 (onderdele).

Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes.

‘n Nuwe naam...dieselfde voortreflike diens

SEN1009GH003

Vaalharts 2 884 hektaar 80% 1 tot 5 jaaroue bome

Sentrale areas 1 600 hektaar 87% 1 tot 5 jaaroue bome

KwaZulu-Natal 1 125 hektaar 31% 1 tot 5 jaaroue bome

Page 5: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

Die uitdrukking wat in die volksmond lê is dat ‘n mens niebesigheid met familie moet doen nie. In Ben Rabé se gevalsteek daar egter nie ‘n greintjie waarheid in nie. Die Rabé-gesin boer al vir meer as tien jaar saam en Ben is onlangsaangewys as die wenner van die Landbouskrywers seBoer van die Jaar-kompetisie in die Gauteng provinsie.Ben se seun, Albert, is ook as TLU SA se Jongboer van dieJaar aangewys.

Waar het dit begin?Die familieboerdery het begin as ‘n eenmansaak in die laatsewentigerjare, toe Ben sy eerste stukkie grond van 62hektaar gekoop het. Dit was sy droom om eendag ‘n pro-dusent te wees en sy werk as hysmasjinis te laat staan. Totin 1989 het Ben as deeltydse produsent sy droom uitgeleefen deur die jare grond gekoop om weer te verkoop.Tydens sy jare as hysmasjinis het hy ook kort kursussevoltooi in die hantering van vleisbeeste, weidingsbestuur,akkerbou, grondkunde en inligtingstegnologie.

Vandag boer Ben en sy twee seuns, Albert en Bernard, opmeer as 5 000 hektaar. Dié indrukwekkende getal sluit vierplase in, naamlik Tweefontein (1 495 hektaar), Geluksdal (1 449 hektaar), Doornfontein (727 hektaar) en Kingsley (1 478 hektaar). Die eerste drie plase is in die Vereeniging-omgewing en die plaas Kingsley is in die Vryburg-omgewing.

Volgens Ben is hy en sy vrou, Ina, baie familievas en ditis vir hulle ‘n seën dat albei seuns en hul eggenote by dieboerdery betrokke is. Albert is getroud met Elmarie enhulle het twee kinders, Annelise (5) en Jan (2 maande).Bernard het twee seuns, Nardus (5) en Carel (1). Hy isgetroud met Wynanda.

Profiel van die boerderyRabé Boerdery (Edms) Bpk is uitgebrei om verskeiebedryfsvertakkings in te sluit om sodoende by die veran-derende omstandighede in landbou en die ekonomie aante pas en steeds volhoubaar te kan boer. Die boerdery is

Deursettingsvermoë

Van ‘n beskeie 62 hektaar grond het Ben Rabé sy plaas uitgebou tot ‘n spoggerige 5 000 hektaar. Met besigheidsvernuf, akkurate rekordhouding, passie en “’n goeieskoot geluk” het hy daarin geslaag om sy droom om ‘n produsent te wees, tebewaarheid. Elmarie Cronje het meer uitgevind oor dié suksesvolle familieboerdery endie patriarg wat aan die voorpunt staan.

15Senwester, Desember 2006

Elmarie Cronje

profiel

16 �

Deursettingsvermoëmmaaaakk ffaammiilliieebbooeerrddeerryy ‘‘nn ssuukksseess

Die drie R

abés wat in beheer is van sake by R

abé Bo

erdery(Edm

s) Bpk, is van links: B

ernard, Ben en A

lbert.

Page 6: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

16

gediversifiseer om saaigewasse, teelkoeie, ‘n voerkraal endie produksie van eiers in te sluit.

GewasseDie gronde wat aangewend word vir kontantgewasse wordjaarliks chemies ontleed en tekorte word deur middel van‘n bemestingsprogram reggestel. Hierdie grond word virwitmielies (30%), geelmielies (30%) en sonneblom (30%)benut. Sonneblom word as ‘n wisselbougewas aange-wend. Bernard, ‘n gekwalifiseerde passer en draaier, isverantwoordelik vir hierdie been van die boerdery.

Bewerking van grondDie landerye word gesny en geploeg, die saadbed wordvoorberei en dan word daar geplant. Kunsmis word tydensaanplantings toegedien en rybespuiting met onkruiddo-ders en plaagbeheermiddels vind plaas. Daar word slegseen keer geskoffel, waartydens stikstof ook toegedienword. Hierna word heeltemal bespuit en geen bewerkingvind verder plaas nie. Na stroping word die mieliereste asvoer deur die teelkoeie benut.

Stroop- en perseelproewe word gedoen om kultivars teevalueer en die kultivar wat die beste by die omgewingaanpas, te identifiseer. “Ons het onlangs besluit om die ry-wydtes aan te pas van 2,35 meter na 1,5 meter. Die veran-dering behoort te lei tot groter oessekerheid en verhoogdeopbrengs,” het Ben gesê.

MeganisasiebestuurBernard gebruik 15 New Holland-trekkers en vyf JohnDeere-trekkers. Die trekkers word gemiddeld elke ses jaarvervang. Dieselrekordhouding word streng toegepas met

behulp van die rekenaarprogram Africlock, wat dit moontlikmaak om dieselverbruik te kontroleer.

BemarkingDie bemarking van witmielies word in derdes verdeel: ‘nderde word voor-seisoen bemark, ‘n derde in-seisoen en‘n derde na-seisoen. Geelmielies word gewoonlik in Maartbemark in geval van ‘n oorskot. Andersins word dit vir eiegebruik in die voerkraal en eierproduksie gehou.Sonneblom-bemarking geskied voor- en in-seisoen. DieRabés maak gebruik van Senwes se bemarkingskennisom hulle in hierdie deel van die boerdery by te staan.

Kommersiële beesteDie kudde bestaan uit 500 Bonsmara-koeie, waarvan 150op die plaas Kingsley aangehou word en 350 op die plasein die Vereeniging-omgewing. Albert, wat na skool ‘n drie-jaar landbou-diploma aan die Potchefstroom Land-boukollege verwerf het, is in beheer van die boerdery seveefaktor.

DekseisoeneDie kudde word in twee dekseisoene bestuur, wat strekvan Desember tot Februarie en Julie tot Augustus. ‘nBesetting- en speenpersentasie van meer as 90% worddeurlopend gehandhaaf. Tydens die dekseisoen word diebeeste só verdeel dat daar slegs een bul per trop is, watbakleiery onder die beeste uitskakel en die oordrag vangeslagsiektes beperk.

Keuring, inenting en rekordhoudingVervangingsverse word streng gekeur op die ouderdom

Deursettingsvermoë mmaaaakk ffaammiilliieebbooeerrddeerryy ‘‘nn ssuukksseess

15 �

Bernard se ambagskwalifikasie kom goed te pas aan die meganisasie kant van in die saaiboerdery.

Page 7: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

van 18 maande. Beeste word nougeset ingeënt teen diebelangrikste siektes. Daar word ook rekord gehou van elketeelkoei om prestasie te kan meet.

Voerkraal Die voerkraal word ook deur Albert bestuur en het syontstaan te danke aan die weidingsomskakeling-skemawat die staat in die vroeë negentigerjare geïmplementeerhet, waartydens Smutsvinger op marginale lande geplantis. Om elke hektaar tot die maksimum potensiaal te benuten omdat te min kalwers self geproduseer word, is besluitom kalwers in te koop.

Klassifisering van kalwersLigte kalwers (tussen 180 kg en 240 kg) word op aange-plante weiding aangehou om struktuur te bou en groei tebevorder. Dié kalwers kry hoë-proteïene byvoeding watlaag is in energie. Die byvoeding wat op die veld gegeeword, help ook om die kalwers aan te pas vir die voerkraalrantsoen. Sodra die kalwers ‘n gewig van 240 kg bereik,word hulle na die voerkraal verskuif. Afgeronde kalwersword op 430 kg bemark.

Die gewig van die kalwers word voortdurend gemoni-tor en die diere word duidelik gemerk. Inenting en dose-ring word ook nougeset gedoen.

EierproduksieDie produksie van eiers is ‘n redelike nuwe bedryfsver-takking, wat deur Ina, Elmarie en Wynanda behartig word.

profiel

18 �

Sodra kalwers ‘n gewig van 240 kg bereik, word hulle na dievoerkraal geskuif.

Page 8: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

18 Senwester, Desember 2006

profiel

“Die verwagting is dat hierdie vertakking nog heelwat gaanuitbrei,” sê Ben. Dié deel van die boerdery het in 2002 met50 lê-henne begin. Tans is daar 7 500 lê-henne.

ArbeidsbestuurRabé Boerdery het 37 permanente werkers in diens, waar-van ses vrouens is. Daar word ook werk aan ‘n groot aan-tal seisoenale arbeiders verskaf. Elke bedryfsvertakkinghet sy eie werkers wat opgelei word soos die vertakkingsuitbrei. Werkers word deur buite-instansies opgelei inareas soos veehantering, draadspan en trekkerhantering.Werkers kry ook bevorderingsgeleenthede.

‘n Elektroniese “klokstelsel” word gebruik om werkersse werksure en oortyd so akkuraat moontlik te bepaal.Lone word ook daarvolgens uitgewerk. Alle arbeiders beginmet die minimumloon en soos hulle vorder en opleidingontvang, word dit aangepas. Rabé Boerdery maak gebruikvan dienskontrakte en elke bedryfsafdeling het ook ‘n segs-man wat namens die arbeiders optree. Arbeiders krybehuising met water, elektrisiteit en riool. Rabé Boerderydra die helfte van arbeiders se voorsorgfonds by.

Wat maak die boerdery suksesvol?Dit is nie altyd maklik om as pa en seun saam te boer nie,

maar volgens Albert lê die geheim daarin om “nie opmekaar se tone te trap nie”. Verder verg dit harde werk,deursettingsvermoë en strategiese beplanning. Rekord-houding en sekure finansiële bestuur is uiters belangrik,omdat dit beplande uitbreidings en die vroegtydige identi-fisering van risiko’s vergemaklik.

Gemeenskapsbetrokkenheid Ben ag dit belangrik om ook by die gemeenskap betrokkete wees. Hy is onder andere voorsitter van dieVanderbijlpark-tak van Graan SA en dien op die bestuurvan die Vereeniging distrikslandbou-unie. Al drie Rabés isaktiewe lede van die Buurtpatrollie-groep, wat omsien nadie plaasgemeenskap se veiligheid.

Hulle woon gereeld boeredae, kongresse, seminare enwerkswinkels by. “Dit help ons om op hoogte te bly vannuwe verwikkelinge in die landbou,” sê Ben.

SlotOm as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar in dieGauteng provinsie aangewys te word, is vir Ben net ‘npluimpie. “Ek het maar net geboer. Ek boer nie om boervan die jaar te wees nie, ek boer omdat dit my passie is.”

Deursettingsvermoë mmaaaakk ffaammiilliieebbooeerrddeerryy ‘‘nn ssuukksseess 17 �

Rabé Boerdery het 20 trekkers wat gemiddeld elke ses jaar vervang word.

Page 9: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

20 Senwester, Desember 2006

Irrespective of the new laws, the best argument to promotethe effective use of water is if one realises that a 10% sa-ving in water actually means that one can irrigate 10%more hectares. The objective of this article is thus to reviewthe basic factors influencing the water balance so thateffective water use can be implemented.

The water balanceThe components of the soil water balance (SWB) aredepicted in Figure 1.

The water balance can be summarised as in equation 1:

ÄSm = Sm + P – T – E – I – R – D Eq 1

Simply put, equation 1 states that the change in the soilwater content (ÄSm) over a period of time depends on theoriginal water content (Sm) plus precipitation (rain and irri-gation, P) minus transpiration (loss of water by plants, T)minus evaporation (loss of water from the soil surface, E)minus interception (water held in the plant canopy, I)

minus runoff (surface water not pene-trating the soil and running away, R)minus drainage (water draining awaybelow root zone, D).

The componentsThe only component in the water bal-ance where water is used to promotecrop growth and yield, is transpira-tion. All the other components (E, I, Rand D) are a direct loss and waste ofwater. Basically, water is taken up bythe plant’s roots and transported tothe leaves. The leaves are the plant’s“factory” where solar energy istrapped and used to fix carbon diox-ide (CO2) and form plant buildingblocks, such as sugar and starch. Forthe plant to do this, it must get CO2

from the air. Uptake of CO2 occurswhen the stomata in the leaves areopen, but, by opening the stomata,the plants lose water. In fact, waterloss through the open stomata (tran-spiration) is the plant’s tax for accessto CO2. This is why there is a directrelationship between transpirationand plant growth: the higher the tran-spiration, the greater the plant’sgrowth. So, within reason, one muststrive to keep transpiration high(reduce water stress) to maximiseyield.

Evaporation from the soil surface

Effective irrigationusing soil water balance principles

“The only constant thing in life is change!” This saying certainly applies to the rulescovering water availability to commercial agriculture over the last few years. SinceSouth Africa is a water deficit country characterised by frequent droughts, water is ascarce and valuable natural resource that must be carefully used by all agriculturists,industrialists and the residential sector. Dr Neil du Sautoy (Senior Soil Scientist,Senwes Agricultural Services) shows producers how to use water effectively.

Figure 1: Diagrammatic representation of the components of the soil water balance.

Dr Neil du SautoyAgricultural

Services

Page 10: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

agriculture in practice

is a direct loss and waste of water. Evaporation is primari-ly driven by the solar energy striking the soil surface, thespeed in which moist air is removed (wind) and the mois-ture content of the soil. A wet soil facilitates high water lossif there is energy to evaporate water. Thus, the best way tokeep evaporation to a minimum is to restrict solar energyreaching the surface (by using stubble mulch) and not irri-gate frequently. It is better to use deeper irrigations atlonger intervals than frequent light irrigations. Frequentlight irrigations keep the topsoil moist, thereby promotingevaporation.

Interception of water by the crop is directly related tothe size and density of the crop canopy. Normally, thiscomponent is minimal and rarely exceeds about 2 mm to5 mm. To keep interception minimal, the principle of deep-er irrigations at longer intervals applies.

Runoff occurs when the precipitation rate exceeds thewater infiltration rate into the soil. The infiltration rate isdependent on soil texture, soil water content and soil struc-ture. Little can be done about the soil texture except torealise that sandy soils have higher infiltration and internalredistribution rates than clay soils. A drier soil absorbswater quicker than a moist soil, so the principle of deeperirrigations at longer intervals will assist to reduce runoff.The practice of stubble mulch does reduce runoff.

Uncontrolled drainage below the root depth is a wasteof water. If there are problems with salt, drainage does

serve a good purpose by flushing salts out of the rootzone. However, if there are no drains to remove the excesssalts, the deep leached salts can re-enter the root zonethrough capillary rise when the water table rises.

The soil moisture content is a very important componentin the SWB. The nearer Sm is to the field capacity (FC, i.e.effective maximum water holding capacity), the easier wateris available to the plants. As Sm approaches the wiltingpoint (effective lower limit of available water) so water is lessavailable to the crop. In essence, it is preferable to keep theSm near FC. However, if the soil is near FC and a useful rain-fall (30 mm) occurs, there is the possibility that the FC canbe exceeded and then the soil can become saturated,resulting in runoff and excessive drainage. So, during therainy season, it makes sense to irrigate to a point wherethere is “room for rain”. In the above case, keep the soilmoisture at FC – 30 mm.

Monitor the componentsWith modern day technology, it is a simple matter to mon-itor these components. Senwes Irrigation, as well asSenwes Agricultural Services, can assist with advice andequipment to facilitate proper irrigation scheduling.

Phone Theuns Dreyer at (018) 469-1331 or 082 5645955 or Neil du Sautoy at (018) 464-7391 or 082 419 0949for more information on the Aquacheck soil moisture mon-itors and Metcheck electronic weather stations.

Senwes se handelswinkels het hul besproeiingsreekseuitgebrei en aangevul met voldoende voorraad.Verkoopspersoneel is opgelei om volledige kwotasies tekan doen – en boonop is die eerste kwotasie gratis!Enige produk wat nie op die winkelrak beskikbaar is nie,kan ook spesiaal vir die klant bestel word. Sodoendeword onnodige moeite uitgeskakel.

Hou gerus jou posbus dop vir pamflette met spesialebesproeiingsaanbiedinge.

Senwes maakbesproeiing maklik

Besproeiing is een van die areas waarSenwes Handel graag die lewe vir syklante wil makliker maak. Daarom fokusdie handelswinkels op tuinbesproeiing,met die doel om dié winkel ‘n eenstop-winkel te maak waar jy as klant al joubesproeiingsaankope maklik en vinnigkan doen.

“Christmas waves a magic wandover this world, and behold, every-thing is softer and more beautiful.”

– Norman Vincent Peale

Page 11: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

22

KnopvelsiekteKnopvelsiekte kom hoofsaaklik voor in die laat-somer, vanFebruarie tot April, maar in ‘n goeie seisoen kan diegevaartydperk langer wees.

OorsaakDie siekte word deur ‘n virus veroorsaak, wat deur bytendeinsekte, soos steekvlieë, oorgedra word. Die siekte kanook deur ‘n besmette naald versprei word en kalwers kanmoontlik reeds in die baarmoeder aansteek, indien diekoei besmet word.

SimptomeDie broeitydperk van die siekte is tussen sewe en tien dae,waarna die dier se neus begin loop en ‘n geringe mankheidwaargeneem kan word. Speekselvloei kan ook voorkom.Na nog ‘n week vorm daar knoppe op die lyf, wat wissel ingrootte van een tot vier sentimeter. Sommige diere kryslegs een tot twee knoppe, terwyl ander se hele lyf oortrek

kan wees. Na ‘n tydperk verdwyn die knoppe en die vel kandoodgaan en lostrek van die weefsel. Die dooie vel val naso twee weke af en los sere wat mettertyd genees.

Knoppe kan ook in die lugpyp, dermkanaal of uiervorm. Knoppe in die lugpyp kan akute probleme veroor-saak, omdat dit die pyp toedruk en die dier kan versmoor.Letsels in die uier kan ‘n daling in melkproduksie tot gevolghê en in ernstige gevalle tot permanente skade lei.

By bulle kan die siekte swelling in die testes en skro-tum veroorsaak. Die bul kan tydelik steriel wees vankoorsreaksie en in ernstige gevalle selfs permanent sterielraak. ‘n Bul kan agt tot twaalf weke ná hy herstel het,getoets word vir vrugbaarheid.

Voorkoming en behandelingEnt voorkomend in op ‘n jaarlikse basis. Kalwers van koeiewat voorheen ingeënt is, kan op ses maande ingeënt word.Daarna kan kalwers jaarliks ingeënt word, verkieslik in dievoorsomer. Volwasse diere kan op enige ouderdomingeënt word.

Algemene siektes onderbeeste en skape – deel II

Die volgende siektes kan ‘n probleem wees gedurende die somerseisoen en pro-dusente moet op die uitkyk wees vir simptome. Gedurende hierdie warm seisoen isdit veral siektes wat deur insekte oorgedra word – soos knopvelsiekte, bloutong enAfrika perdesiekte (onder perde) – wat geneig is om kop uit te steek. Die onus rusop die produsent om seker te maak dat sy inentingsprogram op datum is om hierdiesiektes te voorkom.

Elmarie Cronje

Page 12: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

landbou in praktyk

23

Behandeling is nie-spesifiek. Langwerkende antibiotikakan help om sekondêre infeksies te voorkom. ‘n Anti-inflammatoriese middel en vitamien B-kompleks kan dierewat nie wil vreet nie, se eetlus stimuleer. Waak teenmaaierbesetting as die vel begin afsterf. Gewone wond-aërosol behoort voldoende beskerming te bied.Vliegbeheer is baie belangrik en vliegwerende dipstowwekan help om die oordrag van die virus te beperk.

NB: Daar is ‘n ander siekte wat deur die Herpes-virusveroorsaak word en soos Knopvelsiekte mag lyk. Dierekom egter nie siek voor nie. Die knoppie is ook kleineren platter en verdwyn na ‘n redelike kort periode.

PasteurelloseOorsaakPasteurellose kom voor in tye van abnormale stres,byvoorbeeld na speen, wanneer diere oor lang afstandevervoer word, in stowwerige en winderige toestande enwanneer groot groepe diere bymekaar geplaas word (soos in voerkrale).

Simptome‘n Hoë koors, lusteloosheid en neusafskeiding kan waar-geneem word. Die dier haal ook vinnig en geforseerdasem en kan soms hoes. Diere wat in ‘n mindere mateaangetas is, verloor baie gewig in ‘n kort tyd. In ernstigegevalle kan diere binne etlike ure vrek.

Voorkoming en behandelingVerskeie virussiektes maak die dier meer vatbaar vir pas-teurellose. Ent kalwers teen hierdie siektes vóór hullegespeen word of na voerkrale geneem word. Ent met ‘n

kombinasie van entstowwe ten minste vier weke voorspeen en daarna jaarliks.

Miltsiekte (ook bekend as antraks)Miltsiekte is ‘n ernstige, dodelike, hoogs aansteeklike siek-te wat algemeen op die oewers van die Oranjeriviervoorkom. Die toestande in hierdie gebied is uiters gunstigvir dié bakterie wat deur spoorvorming oorleef. Akute vrek-tes as gevolg van dodelike bloedvergiftiging is algemeenmet hierdie siekte. Diere word gewoonlik dood aangetref,dikwels met donker bloeduitloopsels by die neus en anus.

OorsaakDie siekte word deur die Bacillus anthracis-bakterie veroorsaak.

NB: Waar daar enige vermoede van miltsiekte is, moet diekarkas NIE oopgemaak word nie, aangesien miljoenespore vorm wanneer die organisme met suurstof in aan-raking kom. Hierdie spore kan na bewering eeue lank oor-leef.

SimptomeSimptome word nie maklik opgemerk nie, aangesien dieduur van die siekte minder as twee uur is. In die enkelegevalle waar siek diere wel waargeneem is, is hoë koors,donker slymvliese en ‘n totale lusteloosheid gemerk.

NB: Miltsiekte moet aangemeld word en die naaste kan-toor van die staatsveearts moet onmiddellik verwittig wordvan enige verdagte gevalle. Uitbreking word beheer deurinenting en deur diere onder kwarantyn te plaas.

25 �

Page 13: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

landbou in praktyk

Voorkoming en behandeling Daar is geen behandeling vir die siekte nie. Entvoorkomend in deur jaarliks ‘n dosis van miltsiekte-entstoftoe te dien. Die inenting van beeste is verpligtend en klein-vee in risikogebiede moet ook ingeënt word. Die eersteinenting is gewoonlik wanneer die dier tussen drie en sesmaande oud is. Diere moet nie met penisillien, tetrasiklieneof ander antibiotika behandel word tien dae vóór en náinenting nie. Dit neutraliseer die entstof en keer dat die dierimmuniteit teen die siekte opbou.

Let daarop dat miltsiekte deur mense opgedoen kanword, gewoonlik deur die hantering van die velle van dierewat gevrek het. Bloedvergiftiging met swere by wonde endie limfkliere ontwikkel en mediese behandeling is nood-saaklik. Die toestand kan beheer word deur die vroeë toe-diening van antibiotika. Mense kan ook teen die siekteingeënt word.

Verwysings:www.proteaanimalclinic.co.zawww.nda.agric.zawww.elsenburg.comwww.dairymail.co.za

Algemene siektes onder beeste en skape – deel II

23 �

Lees altyd die voorskrif of etiket van die produk ofraadpleeg jou veearts voordat jy jou diere inent of in-dien jy nie seker is van die simptome of diagnose van‘n siekte nie.

Page 14: Pekanneute - Senwes...Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie

26 Senwester, Desember 2006

Soil and chemical maps are obtained by soil grid mappingwhere soil classification is done and soil samples aretaken. The grid size varies, based on economic scale andproduction volume of the production area. With irrigation,the producer increases the natural production volume ofan area. The effects of soil physical and chemical vari-ances are much higher because of the higher productionvolume and will be reflected in the yield.

This practice causes higher uptake of nutrients and thecosts escalates because of higher input costs. It is recom-mended that the distances between grid points aredecreased to have a higher density grid. The followingexample illustrates the effect of using dry land (3 ton yieldfor maize) grid interval for irrigation (10 ton yield for maize).A 200 x 200 meter interval is recommended for dry landproduction of maize below 5 tons. The representative areaof one grid point is 4 hectares, which translates to (3 tonsx 4 hectares) = 12 tons of maize. The same area under irri-gation will yield (10 tons x 4 hectares) = 40 tons of maize.If there is an anomaly in the 4 hectares, which has a detri-mental effect on yield, the loss in an irrigation practice ismuch more costly.

The soil physical survey reflects not only on the growthmedium of the plant, but also the water storage capacity ofit. In an irrigation practice it is important to know the waterstorage capacity and the absorption rate of the soil and thevariances thereof in the production area. This has an influ-ence on the quantity of water and frequency of irrigation.

The water storage capacity is influenced by organiccarbon, clay percentage and clay mineral type. Giventhese factors, let‘s start with the application of water. Insandy topsoil, water is absorbed into the soil quickly,whereas in a relatively high clay percentage topsoil thewater will be absorbed slower up to a certain point andexponentially slower over time. A dry Hutton soil form witha topsoil clay percentage of 30% will absorb 10 mm ofwater in approximately 20 minutes. The next 10 mm ofwater will take between 50 to 60 minutes to be absorbed.It is clear that in this instance there will be water runoff ifthere is more than 1 mm applied per two minutes forlonger than 20 minutes.

Sector control on pivots allows the producer to vary theapplication of water. With a soil physical map the variousareas could be marked and the application of water beadjusted according to the recommended amounts asdepicted in Figure 1. It will be advisable to irrigate less percycle, but more often.

With irrigation, the leaching of nutrients happens at a muchhigher rate and the clay content in the soil plays an impor-tant role in it. The higher the clay percentage of the soil, theslower the leaching of nutrients. The producer, therefore,must apply the leachable nutrients throughout the seasonas needed. With fertiliser recommendation (chemicalapplication) maps the producer can determine in whichsectors of the pivot more water-soluble nutrients can beapplied where a higher yield is expected.

ConclusionIt is clear that soil and chemical maps are of great impor-tance for the irrigation producer to reduce risk and optimiseagronomic practises and maximise profit. These servicesare rendered by Senwes Agricultural Services at highlycompetitive prices. Call us for a quotation and start optimis-ing your business. Speak to Esmond Coen at (018) 464-7382 or Neil du Sautoy at (018) 464-7391 for furtherinformation.

ReferenceIrrigation in Natal (1993) – Co-ordinated extension in Natal.

Using soil and chemical maps in

irrigation croppingThrough irrigation, the producer is able to increase the production volume of a specif-ic area. Esmond Coen (Head, GIS and mapping, Senwes Agricultural Services)explains the important role that soil and chemical maps play in irrigation cropping.

Figure 1: Clay percentage map

Esmond CoenAcricultural

Services

agriculture in practice