piet se tante ‘n afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (c) nico luwes page...

94
(C) Nico Luwes Page 1 1 PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van “Charleys Aunt" deur Brandon Thomas deur Nico Luwes

Upload: others

Post on 12-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 1

1

PIET SE TANTE

‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van

“Charleys Aunt" deur Brandon Thomas

deur Nico Luwes

Page 2: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 2

2

DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow. Voor loop ‘n tuinpaadjie verby. Die ingangsportaal voor die voordeur is sigbaar. Binne is ‘n lessenaar, ‘n bankie en gemakstoele. Daar is ook ‘n klavier. ‘n venter agter die klavier met gordyne dien as skuilplek. Agter is die kombuisdeur en ‘n eettafel en 6 stoele. Links voor agter die lessenaar is die deur na Koos se slaapkamer.

TYD

Die stuk is in moderne dialoog geskryf, maar werk goed as dit in die omgewing van die dertigerjare afspeel. Dit is vroegaand in die somer.

KARAKTERS

Windvoël – Piet se tuisteskepper by die koshuis Piet Naudé – ‘n Student Koos Joubert – Sy studentevriend

Salie Verschoor – Koos se meisie

Fienie Baron Von Rheede – Piet se meisie

Professor Baron Von Rheede – Haar oom

Willem Moolman – Piet en Koos se ander studentevriend

Elbie – Willem se meisie

Francina Kakebeenwania Naudé – Piet se tante

Kolonel Groot Koos Joubert – Koos se pa

Opvoerregte verkrygbaar by Dalro, Johannesburg, Tel 011 4895000

Page 3: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 3

3

BEDRYF 1

Koos: (Sit en skryf). Deksels! Ek moes haar gevra het om te trou! Op gisteraand

se sokkie. Na vanaand gaan sy Kaap toe en wanneer sien ek haar weer?

Volgende jaar! Na ‘n vakansieromanse heel moontlik verloof! Of erger nog!

Getroud! Vanaand sluit die varsity! Dit nogal met ‘n konsert “Hoe die nuus

versprei”. Verbeel jou! Miskien kan sy haar voog, ou professor Genadendal

Baron van Rheede oortuig om vanaand hier te kom eet.

(Skryf) “Liefste juffrou Malan” Nee dêmmit dis te formeel (Skeur brief op).

“Hoezit, Baby!” Nee dis te familiêr – en hy sal die brief lees. “Tere

beminde….” Nee hel! “Geagte….. dame …” Yes! Dit klink reg!

Wind: Meneer, 'skuus tog meneer.

Koos: (Kyk op). My magtag! Ek was nou net op stryk. Wat’s dit, Windvoël?

Wind: Meneer Kosie, ek stryk nou net meneer Kosie se baadjie van laasjaar, nee

sien hy’s stukkend en goor.

Koos (By brief). So wat traak dit my?

Wind: Vir Meneer traak dit niks, maar vir my traak dit baie! Ek kry mos altyd

Meneer se ou klere.

Koos: Nou vat die ding en move…

Wind: Vele dankies, vele ….

Koos: Min dankies. Vat net die ding en laat waai!

Wind: Meneer is baie goed vir my! (Tersy). Dit werk altyd as hy besig is! Net

jammer hy’s so min baie besig!

Koos: Ek dag jy’s al weg om te gaan aanpas! Ek is besig!

Wind: Nee, dis reg! Die akademie roep! Ek gaan gou kyk of die broek nog skaflik

is (af).

Page 4: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 4

4

Koos: “My liewe geagte dame”…..

(Klop aan deur) Ag my, magtag!

Kry geen student meer rus nie! Ja!

Wind: Meneer!

Koos: Ja! Wat’s dit? “My liewe geagte Salie …”

Wind: Hier’s mense, Meneer, dis Piet van Langsaan.

Koos: Nou sê vir Piet van Langsaan hy moet inkom!

Piet: (In met brief) Heng! maar jy’s vriendelik met Piet van Langsaan! Wat byt?

Koos: Niks byt nie, ek is net so opgewonde soos ‘n hings op stal.

Piet: Jy praat my taal, Buurie! Jy praat my taal!

Koos: Ek is in my maai in verlief!

Piet: Jy praat my taal, Buurie! Jy praat my taal!! Ek is so halfpad oor die staldeur!

Koos: Net so! Ek het nounet ‘n brief aan my nommer geskryf. Sy is so mooi….. so

sag…. So …. Ag hel pêl! Sy’s ….

Piet: ‘n Sekere Salie Verschoor! Niggie van Professor Genadendal Baron van

Rheede. Ou Skrikwekkend!

Koos: Net so!

Piet: En wat skryf jy?

Koos: Dat sy genooi word om vanaand in Reitz te kom eet! In hierdie bungalow,

met haar dierbare vriendin.

Piet: Wragtig! Hier? In Reitz? In die kamers? Vergeet dit, Boet! Ken jy vir

Skrikwekkend van Rheede? Sy niggie hier? Loop wed op die perde, pêl!

Koos: Ontspan, ou perd! Ons kry ‘n chaparone!

Page 5: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 5

5

Piet: Ek ken ‘n Hackney, maar wat se ding is ‘n chaparone?

Koos: ‘n Vrou wat … wel … toesig hou.

Piet: Oor wat?

Koos: Oor die gebeure. Jy weet! Die meisies is “veilig”. Ons is “veilig”. Ons is so

gedek soos die Titanic. Jy ken die reëls van die Universiteit “Geen dames in

manskoshuise sonder volwasse toesig nie”.

Piet: Wat van my tante?

Koos: Ek het nie eens geweet jy’t ‘n tante nie!

Piet: O maar ek het! Die weduwee Mariechen Kakebeenwania Naudé, weduwee

van Slap-Malan Hertzog Naudé miljoenêrboer van Hanover, soos dit in die

Volksblad geskrywe staan. (Gee koerant). Kyk daar! Op besoek in

Bloemfontein. (Lees saam).

“Mevrou Mariechen Kakebeenwania Naudé, weduwee van Slap-Malan

Hertzog Naudé, afgestorwe miljoenêrboer van Hanover, is tans op besoek

aan Bloemfontein om na sakebelange om te sien en heel moontlik een van

Niekerksrus Stoetery van Viljoenskroon se top Vleismerino ramme vir haar

te koop.

Piet: Genadendal!

Koos: Nee, Niekerksrust. “Danksy haar uitstekende kennis van die ras, het sy haar

oorlede man se stoetery opgebou tot een van die beste in SA en beklee tans

miljoenêrstatus in die Bo-Karoo.

Koos: Moerlandspan.

Piet: Nee Potfontein. “Haar enigste erfgenaam is haar neef, student in die

Landbou aan die UOVS te Bloemfontein.

Koos: Gelukkige kêrel!

Page 6: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 6

6

Piet: Ja wragtig! “Piet Stenekamp, seun van haar oorle bankrot broer van

Moordenaarspoort, distrik Jacobsdal.

Piet: Dis ek.

Koos: Dis jy!

Piet: Dis ek.

Koos: Dis jy!

Piet: Is so!

Koos: Net jy. Moerlandspan!

Piet: Nee, Moordenaarspoort!

Koos: Jy is die gelukkige derduiwel!

Piet: Sjoe! Ek ken haar skaars! Wel as sy hier is sal ‘n man haar ‘n neeflike

besoek moet gee! Hoe sê hulle goodwill byes the beer!

Koos: Gaan haal haar op die stasie en sy moet hier kom bly!

Piet: Op die stasie? Daai lady kom hier met ‘n Merc aan, ou Boet! Van hier af tot

op die Rooiplein “stretch” daai wa!

Koos: So? As sy aftjop is daai Merc joune! Kan jy dink hoe seil ons Naval Hill uit

met so ‘n limo! Sorg haar, Pêl, sorg haar! “Nurse” haar! Koester haar soos

‘n torrie wat teen ‘n ruit vasgevlieg het!

Piet: Nou praat jy!

Koos: Nooi haar vir ete! Hier vanaand! Laat sy sien hoe nodig jy haar het!

Piet: Dink jy so?

Koos: Natuurlik! Dan slaan ons 2 of 3 vlieë met een klap!

Piet: Hoe so?

Page 7: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 7

7

Koos: Dan het ons ‘n chaparone! Salie en haar vriendin kan dan hier kom eet –

volgens die reëls van die Universiteit! “‘n Volwasse persoon moet ten alle tye

… Jy weet!”

Piet: Wragtig! Dis die plan!

Koos: Dis die plan!

Piet: Maar sal sy wil kom? Dalk bly sy eerder in ‘n hotel of so …

Koos: Ons bel die Volksblad en vind uit waar sy bly! Sit jou Smartgesig op as jy

haar nooi “Antie, ek is maar ‘n nederige student, maar wil Antie ons nie die

eer aandoen om … ens. ens…”

Piet: Jong ek weet nie. Ek het haar laas op my doop gesien. Ek dink ek was drie

weke … ek ken haar skaars.

Koos: Sy sal jou onskuldige gesiggie nooit vergeet nie. So! Nou skryf ons

onderaan hierdie brief aan die twee dames (Hy skryf). “Piet se tante, die

weduwee Mariechen Kakebeenwania Naudé, sal die ete met ons meemaak.

Ons is dus binne die reëls van die Universiteit. Julle is gedek. Kom gerus.”

Wind: (Op) Meneer! Ek stryk nou net die broek van die baadjie, en ek sien hy’s

ook nie meer lekker nie.

Koos: Maar vir jou is hy nog lekker, nê? Nou toe vat die broek en gaan gee hierdie

brief in die meisies by Prof. Skrikwekkend Baron van Rheede se huis af. In

haar hande! En sorg dat hy jou nie sien nie!

Wind: Meneer kan maar sê ek is klaar terug, Meneer (Tersy) Man, so ‘n broek sal

sit soos ‘n broek moet sit! (Af).

Piet: Die tante doen ons eintlik ‘n hengse guns.

Koos: Weet jy, ek hou sommer al klaar van haar! Ek is eintlik lief vir die ou dier! As

sy nie vanaand hier was nie, het ons nooit die twee vlindertjies gevang nie.

Windvoël!

Page 8: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 8

8

Wind: Ja, Meneer!

Piet: Gee die man ‘n kans man!

Wind: Ek het die brief sommer vir die Fairy by die agterdeur gegee, Meneer. Sy sal

dit in Salietjie se hand stop.

Koos: Pragtig! Nou dek gou vir ons die tafel vir 5 mense.

Wind: Ek dag julle gaan Johnnies toe?

Koos: Nee!

Wind: Messe? Vurke? Borde?

Koos: Die normale: Gaan “leen” by die eetsaal.

Wind: Reg so! Wynglase?

Koos: Selle storie – by die dosente se eetsaal.

Wind: Reg so. En die wyn?

Koos: Daar’s nog 6 bottels OBS oor – onder in daai kas! Ek glo dit sal genoeg

wees.

Wind: Ek glo nie … daar’s net 3 vol.

Koos: 3?

Wind: 3.

Koos: Ek sweer jy’t 3 bottels gesteel!

Wind: Steel is nie wanneer mens goed wegvat nie. Nie as hulle halfleeg is nie. En

daar’s nog ‘n halwe bottel droogwit.

Koos: ‘n Hele!

Wind: Nee, ‘n halwe. Dis net Kaapse klonge wat daai goed kan drink.

Page 9: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 9

9

Koos: Ag, laat ons nou maar nie vanaand gevegte oor die kwaliteit van wyn optel

nie! Beweeg!

Wind: (Tersy). ‘n Student worry net oor 2 goed. Halfvol en halfleeg. (Af).

Piet: So, ek gaan kry die tante!

Koos: Dis die plan. Jy bring die tante en jy vat haar so gou moontlik weer hier uit.

Piet: Vir wat? Ek dag dan sy is die chaperone?

Koos: Piet, Piet, Piet…. ‘n Chaperone het een lastige gewoonte.

Piet: Ja?

Koos: En dis dat hulle altyd by wil wees.

Piet: Maar dis mos soos die reëls van die Universiteit ….

Koos: Ek weet! Maar is dit ons oogmerk van die aand? Wil ons die chaperone

heeltyd by ons hê? Met 2 meisies by ons?

Piet: Maar dis tog die reëls van ….

Koos: Maar is dit die reëls van die NATUUR, Piet?? Het Paulus nie gesê die man

is vir die vrou geskape en die vrou vir die man nie? En dat geen derde party

ooit tussen hulle mag kom staan nie??

Piet: O, nou verstaan ek!!

Koos: En daar was lig!

Piet: En daar was duisternis!

Koos: Net so! My broer! Net so!

Piet: So, die tante gaan in ons pad wees!

Koos: Net so! So! Plan B. Ons pot haar op met die OBS en sy raak VAAK! En sy

word MOEG. En sy wil ‘n uiltjie knip!

Page 10: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 10

10

Piet: En ons wil …

Koos: En daar was lig!

Piet: En daar was duisternis! Daar’s een probleem. Ek weet nie of sy ‘n tap sal

vat nie. Ek kan nie onthou of sy op my doop eers sjampanje gedrink het nie.

Koos: Plan C: Dan nooi ons vir haar ‘n vriend om haar besig te hou!

Piet: Jis! Dis ‘n plan. Maar wie?

Koos: Willem.

Piet: Willem?

Koos: Willem. Hy vermaak haar met sy stories oor toneelspel en ons handel met

die meisies soos die aand ontwikkel. Sien jy die lig, vriend?

Piet: Ek sien die duisternis!

Koos: As jy nie wil nie, het ons nog Plan B.

Piet: Plan B?

Koos: Die wyn-opsie! Willem is vrot van die geld. Ons leen nog wyn by hom.

Windvoël!

Wind: Ja, Meneer?

Koos: Hol oor na Willem Branderbek se bungalow toe en sê ons roep hom.

Dringend!

Wind: Julle kan maar nie, ek is al klaar terug. (Tersy). Dringende sake beteken net

een ding: Leen my daar ‘n paar pitte of ‘n botteltjie wyn (Af).

Piet: As hy nou net sal!

Koos: Wat?

Piet: Hier kom eet.

Page 11: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 11

11

Koos: Hy sal verstaan! Die man het self sy hart verloor – hy ken die dringende

saak van die liefde.

Piet: Hy? Van wanneer af?

Koos: Twee jaar terug – op ‘n CSV kamp sy hart verloor. En nie net dit nie.

Piet: Hoe meen jy?

Koos: Platsak teruggekom. Elke sent verloor, blykbaar sommer sy geld vir ‘n

meisie gegee en toe “drop” sy hom.

Piet: Alles?

Koos: Alles!

Piet: En toe “drop” sy hom?

Koos: Ken jy vrou? Maar hy is nog steeds verlief op haar. Net bietjie skaam oor

die hele affêre. Diep seergemaak sien!

Wind: (Op). Meneer, Meneer Willem sê dankie, maar hy sal nie kan kom nie.

Daar kom ‘n paar manne by hom eet en hy vra of Meneer nie vir hom ‘n paar

bottels OBS kan leen vir die aand nie aangesien dit einde van die maand is

en hy nie tyd gehad het om ietsie te drinke te gaan koop nie. Hy sal dit weer

aan die begin van die maand vir Meneer teruggee.

Koos: Wragtig!

Wind: Wragtag.

Piet: Wragtag? Dis nou vermetel! Ek meen die man ken ons omstandighede!

Koos: En die geleentheid wat vir ons voorlê.

Piet: Dis nou ‘n vriend!

Koos: Die ongenaakbaarheid!

Page 12: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 12

12

Piet: Die....

Wind: Bleddie cheek!

Koos: Kom ons gaan sien hom!

Piet: En ons bring hom.

Koos: Lewendig of dood. Windvoël!

Wind: Ja, Meneer?

Koos: Sit daai OBS solank op ys dat ons die ou tante met ‘n mak slang omkap!

Piet: En dek die tafel vir 6! (Af).

Koos: Kyk bo in die kas is daar sigare! As die tante nie wil drink nie, rook ons haar

in ‘n trance in! (Af).

Wind: Ai, eerlikheid is ‘n moeilike ding! Als is voor jou en jy mag nie. (Hy skink vir

hom ‘n dop). Eerlike mense gaan so vervelig deur die lewe! En dood kan

hulle ook nie maklik nie. Die hele tyd sien en proe hulle net die lekkerte wat

hulle nie gehad het nie. Oe! Ek wil tog nie so swaar dood nie! (Drink lekker

wyn). Die 3 bottels was eintlik vir my verjaarsdag weggebêre. Lyk my ek

moes lankal verjaar het! Maar nou ja! Dan verjaar ek maar wanneer ek die

kans kry! (Weer ‘n dop). Tjorts op my verjaardag! (Slaan dop weg) Haai,

die peper en die sout. (Af).

Willem: (Hamer aan deur. Dan klim hy deur die venster). Koos? Koos? Geen

mens in sig nie. Dêksels, en ek kort ‘n paar bottels wyn! (Sien wyn) Ah: In

the eye of the beholder jumps a canter of wine! Shall I compare thee to a

summers day? You are more welcome than a dog who licks your toes … of

so iets. (Sien ‘n sak vir wyn en sit dit in). And to cover you my precious

friends a cover was provided well, and in this cover no-one in this whole free

world will discover you to tell! (Na venster met sak en wyn).

Koos: (In deur) Willem! Ons soek jou.

Page 13: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 13

13

Piet: Ons was nou net by jou bungalow!

Willem: Kyk net! Die jaar word ryp in goue akkerblare ….

Koos: Is jy mal? Dis somer!

Willem: Nou ja! Netnou is dit winter, ek moet gaan.

Koos: Hokaai nou man! Hoor eers hier.

Piet: Sit eers en luister.

Willem: Ek kan nie!

Koos: Jy kan!

Piet: Jy het ons nou kom soek! Hoekom?

Willem: Ag… ek wou net wyn kom leen.

Koos: As ek gehad het, sou ek soos dit ‘n goeie vriend betaam, enige tyd vir jou

geleen het. Dis mos vriendskap, of hoe sê jy?

Piet: Ongelukkig het Windvoël ons wyn opgedrink.

Willem: Ja wragtig! Dis net soos hy is! Maar wees verseker! As ek dalk iewers ‘n

botteltjie of twee raakloop, sal ek dit graag met julle deel – dis mos

vriendskap nê?

Koos: Pragtig! Willem, as vriend nooi ek jou dus vanaand uit vir ‘n etetjie - by my.

Willem: Ek kry ongelukkig mense.

Piet: Ons ook.

Koos: Bly stil, Piet. Hier kom ‘n nommer van ‘n dame vanaand hier eet.

Willem: Wraggies? Is sy mooi?

Piet: Dit weet ons nog nie.

Page 14: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 14

14

Koos: Heel moontlik. Dis Piet se tante.

Willem: Piet se tante? Mooi? Lekker eet hoor! (Wil uit).

Koos: ‘n Skatryk tante! Jong weduwee – dik in die pitte! Mevrou Mariechen

Kakebeenwania Naudé. Stoetramteler uit Hanover.

Willem: Stoetramteler? Uit Hanover? Kakebeenwania? Lekker eet!

Koos: Dis nie al nie.

Willem: Wie wil meer hoor! Lekker eet!

Piet: Saam met 2 jong poppies!

Willem: Poppies of lammetjies? Dorper of vetstert?

Koos: Nee man! Twee wonderlike dametjies! Opreggeteel, maar homo sapiens!

Piet: Wat?

Koos: Mense Piet, mense!

Willem: Wel dis ‘n ander saak.

Piet: En hulle is mooi!

Willem: So 2 + 2 is 4 + 1! Julle twee ramme vat die 2 ooitjies en ek sit met die tante!

Het die ou-ooi darem nog tande?

Piet: Hey! Jy praat nou van my familie hoor!

Willem: Jammer! So julle kort ‘n chaperone!

Koos: Willem. Ken jy die Liefde! Die neerslag wat dit vind in ons gebroke siele ..

die teerdere …

Willem: Koos asseblief! Jy swot Landbou! Los die digkuns vir teerdere siele soos

ek.

Page 15: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 15

15

Koos: ‘Seblief, Willem. Jy moet ons help. Jy weet van die liefde. Jy’s saggeaard,

jy ken vriendskap, jy is ‘n volwasse verantwoordelike …….

Piet: Jy is eintlik ‘n donnerse goeie ou! Ons kort wyn.

Willem: Nou maar goed. Ek het die idee. Die liefde ken ek …

Piet: Ek het nie geweet jy weet alles van die liefde nie?

Willem: Ek weet maar net so min, ou Piet. Ek weet nie eers waar sy is nie!

Koos: Maak skoon, ou Willem. Kry daai klip van jou hart af.

Willem: Manne. Ek neuk julle as julle uitpraat.

Piet: Sê, Willem, sê

Willem: Dit was by die CSV-kamp. Ek het haar daar leer ken. Haar pa is kort daarna

dood.

Piet: Heng, dis nou treurig nê?

Koos: En brandarm geërf seker ook nog.

Willem: Nee, darem nie. Maar sy was arm. Maar ek wil nie daaroor praat nie.

Piet: Ons verstaan Willem. Ons verstaan … So treurig!

Koos: Nou sien …. Ons het nou die geleentheid om ons lewens --- op ‘n gelukkige

pad te stuur.

Willem: Nou maar goed! Stuur vir Windvoël om my rok te gaan haal.

Piet: Hêh?

Koos: Jy verstaan nie, Willem. Ons is geholpe. Ons het meisies.

Willem: Maar my magtag, man! Natuurlik weet ek julle is geholpe. Ek speel vanaand

Ou Liewe Tant Let in die toneelstuk! “Hoe die nuus versprei!”

Page 16: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 16

16

Piet: Hêh?

Willem: Ja hêh! Stuur vir Windvoël om my kostuumboks te gaan haal. Ek sal later

aantrek en hier sit en die ou tannie vermaak, maar ek eet nie hier nie. Agtuur

begin die opvoering en dan is ek daar – nie hier nie.

Piet: (Af). Windvoël!!

Wind: (Op) Ja, Meneer.

Koos: Gaan haal op Willem se bed sy boks met die kostuum in!

Wind: Ek is klaar terug!

Willem: Het julle dit! Agtuur loop ek! Dan moet die tante maar sit en tande tel – al is

dit net uit jaloesie omdat sy nie meer tande het nie.

Koos: Nee ons verstaan dit, Willem. Ons verstaan. Piet, waar bly Windvoël!!

Piet: (Op). Hier om hy.

Wind: (Op met doos). Hier’s die doos, Meneer Willem. Ou Professor Rondomlelik

is nou-net daar verby.

Koos: Skrikwekkend! Professor Skrikwekkend.

Wind: Sêlle ding! Rondomlelik. Altydkwaai, skrikbek als!

Willem: Wat van die manne wat by my kom eet?

Koos: Windvoël, loop sê vir daai klomp aasvoëls by meneer Willem se bungalow hy

leer in die Biblioteek en speel vanaand toneel, so hulle moet maar by hulle

eie bungalows gaan eet.

Wind: So gesê, so gedoen!

Koos: Gedaan! So gedaan!

Wind: Nog nie gedaan nie – net bietjie moeg gehol – maar ek doen so!

Page 17: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 17

17

Willem: Ek gee jou anderdag ‘n ietsie.

Wind: As daai swart skoene aan hierdie voete sit sal ek sê “Windvoël nou is jy

gedress!” (Uit).

Koos: As ons nou iets gehad het, kon ons iets gedrink het op kameraadskap.

Willem: Ag vriende – ek weet julle is in nood. Daarom het ek maar ‘n bottel wyn

saamgebring. Hier! (Bottel uit).

Piet: Jy’s ‘n maat met deernis en insig, ou Willem.

Willem: Ja, dis maar soos ek is.

Koos: (Skink). Wonderlik! Nou ja! Daar gaat hy!

Koos: Op die liggies van ons lewe!

Piet: En op die duisternis! Tjorts!

Willem: Op Piet se tante. Tot ete! Tjorts!

Koos: Daar gat hy! Sê totsiens vir die sonlig! Tjorts!

Willem: Ek loop voor ete! Waar kan ek aantrek?

Koos: In my kamer. Hier!

Wind: (In). Daai Menere sê dis reg, hulle sal maar vanaand by hulle eie bungalows

eet, maar hulle sal Sondag weer inklok soos Homerduifies vir ete.

Willem: Goed so Windvoël. Ek skuld jou ‘n ietsie!

Wind: Wraggies?

Willem: Ja. (vir Koos) Leen my daar ‘n noot.

Koos: Natuurlik. (Soek, het nie.) Piet, leen my daar ‘n noot!

Piet: Seker. (soek, het nie. Vir Windvoël). Leen my daar ‘n noot.

Page 18: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 18

18

Wind: Altyd, Meneer! (Hy geen die noot vir Piet, Piet gee vir Koos, Koos gee vir

Willem en Willem gee vir Windvoël).

Willem: Daar’s hy! Nou skuld ek jou darem niks, ou Windvoël.

Wind: Dankie, Meneer. Mens kan darem sien, Meneer is ‘n goeie meneer!

Willem: Plesier! Nou laat ek solank gaan regmaak en kyk of die kostuum pas. (Af).

Koos: Alles loop volgens plan!

(Klop aan deur).

Salie: (Buite deur). Hier’s dit. Dis die nommer! Dis tog reg!

Fienie: Klop weer.

Koos: Dis hulle!

Piet: Nou al? My tante is nog nie hier nie!

Koos: Dêksels. Hulle sal nooit hier bly as ons alleen is nie! Wat nou?

Piet: Bly net kalm. Ons verduidelik die hele ding net aan hulle. Maak oop,

Windvoël.

Wind: Meneer kan maar sê hulle sit al (Deur oop).

Koos: Fienie! Hoe wonderlik dat julle kon kom.

Piet: Salie! Dis asof daar lig in die duisternis gekom het. Kom in!

Salie: Ag Piet, jy’s so romanties.

Fienie: Dis vir ons ‘n voorreg om hier onthaal te word, maar ons sou dit nooit kon

doen as jou liewe tante nie hier was nie, julle verstaan? Die reëls sê duidelik

Koos: Ja, die ou reëls.

Page 19: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 19

19

Fienie: Waar is sy?

Piet: Wie?

Salie: Jou tante?

Koos: O! Sy is … hier iewers!

Willem: (In pruik en hemp op) O! Koek! Hy verdwyn weer)

Piet: Bobbejaan!

Fienie: Ekskuus?

Piet: (Begin sing) Bobbejaan klim die berg … tra da dada! Tradadada!

Bobbejaan klim die berg …

(Almal begin saamsing)

Koos: Ag dit was nou lekker!

Almal: Ja!

Salie: Pragtig! En dit lyk nogal gesellig hier!

Fienie: Ja mens kan sien hier word gewerk, gedink en gewoel!

Koos: (Steek bottel weg). Immers, altyd, altoos!

Piet: Ons is so bly dat julle vanaand kon oorkom! Môre is julle alweer op pad

Kaap toe!

Fienie: Oom Baron van Rheede sleep ons altyd saam as hy iewers moet heengaan.

Salie: En gewoonlik so vêr weg waar ons niemand ken nie.

Fienie: Of enige hoop het om te ontmoet nie.

Piet: Dis wreed!

Page 20: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 20

20

Koos: Dis mos eensame opsluiting! So in die duister!

Salie: Pla dit jou?

Koos: Natuurlik!

Fienie: En vir jou?

Piet: Vra jy nog?

Koos: Vir wat is hy so kwaai.

Salie: Mens sou sweer hy is jaloers op my! Dalk het hy nog ‘n oog op my! Al was

dit ook maar net oor my geld.

Koos: Dit sal die dekselse dag wees!

Salie: Hy sluit my omtrent met my niggie op. Veral as hy gaan golf speel!

Piet: Ek sal julle red uit die pote van daai ou wolf.

Fienie: Maar waar is die Tante?

Salie: Ja! Sy’s nog nie hier nie.

Piet: Sy... sy... sy ….

Salie: Ek hoop nie julle lei ons om die bos nie? Kom sy?

Piet: Maar natuurlik nie. Ek meen … sy gaan nog kom – sy’s net nie op die

oomblik hier nie, sy’s nog in Limbo…

Salie: Limbo?

Piet: Ja... Limbo…. Op pad hiernatoe.

Salie: So, sy’s nog nie hier nie?

Fienie: En julle sê dit nou-eers.

Page 21: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 21

21

Koos: Ja, maar haar Limo kan enige oomblik hier stop. Enige oomblik!

Salie: Maar dan mag ons nie hier wees nie.

Fienie: Die reëls!

Salie: Ons sal later weer kom.

Piet: Maar voor julle die nuus sal kry, sal sy seker al hier wees! So bly!

Fienie: Ek weet nie….

Salie: Ek ook nie… Kom ons gaan maar eers (Uit).

Koos: En daar gaan hulle! Alleen die duisternis in!

Fienie: Sien julle later … (Af).

Salie: Totsiens! (Af)

Koos: Nou moet ons gou speel. Gaan stasie toe en bring die ou haasbek.

Piet: Haasbek?! Sy’s gin oud nie! ‘n Paar jaar ouer as ek.

Koos: Hoe weet jy dit? Het jy haar “gekokkenollie” uit jou dooprok uit?

Piet: Hoe werk jou kop, Koos?

Koos: Net soos joune, nadat jy jou poppie weer gesien het.

Piet: Dis waar!

Koos: So, gaan kyk by die hoofhek of jou tante nie dalk padsoek hiernatoe nie.

(Piet uit).

Koos: En nou vir die aanloop tot oorgawe … KOS!

Willem: Koos, het jy vir my ‘n haarnaald om te spaar nie.

Koos: Haarnaald? Vir wat?

Page 22: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 22

22

Willem: My pruik neuk af! ‘n Haarnaald!

Koos: Jou pruik?

Willem: Man! Ou Liewe tant Let kort ‘n haarnaald vir “Hoe die nuus versprei”.

Koos: So ek leen jou ‘n haarnaald! Kan jy dink gaan “Hoe gaan die nuus versprei”.

“Koos leen vir Willem sy haarnaald!” Vergeet dit.

Willem: Man! Al die vroue rolle word deur mans gespeel! Leen my dan net ‘n noot!

Ek sal vir Windvoël stuur.

Koos: Wat ek nou waar moet kry?

Willem: Windvoël!

Wind: (Op). Ja, Meneer?

Willem: Ek het jou netnou ‘n noot gegee.

Wind: Ja, Meneer!

Willem: Leen my gou daai noot. Jy moet gaan haarnaalde koop.

Wind: Haarnaalde?

Willem: Haarnaalde! Opskud! Hol!

Wind: Haarnaalde? Hie! Die Boervolk is nie reg nie! Haarnaalde!

Koos: Maak tog gou, Windvoël!

Wind: Sjoe (Af).

Willem: Nogal twee mooi poppies wat netnou hier was nê!

Koos: Soos die son en die maan! Die lig en die ….

(Klop aan deur)

Page 23: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 23

23

Willem: Voordeur vir jou! Cheers ek gaan klaar aantrek. (Af).

(Klop aan deur)

Koos: Kom in! Magtag!

Groot: Kan ek? (In).

Koos: Hond se doilie! Vader?

Groot: Seun! Allakragtie, seun! Ek dag dat hier dalk ‘n meisie op besoek is?

Koos: Vader!! Maar hoe bly is ek om Vader weer te sien. (Tersy)

Fanflippentasties.

Groot: Jong sê sommer “Pa”. Hoe “Vader” jy dan tog nou so vir jou Pa?

Koos: Ja, Vader… ek meen, Pa! Nou wat maak Pa hier??

Groot: Jong, dis die einde van die maand. Ek ken julle jongklonge! Jy kort seker ‘n

paar pitte in die sak.

Koos: Ja, Pa! Nou wat maak ek nou met Pa?

Groot: Hêh? Hoe meen jy nou?

Koos: Nee, ek meen wil Pa nie sit nie?

Groot: O! Ja. Nou hoe lyk jy dan so deur die war soos ‘n eerstejaar voor

administrasie jong? Is daar fout?

Koos: Nee, nee, nee! Niks plan nie, Pa!

Groot: Mooi. Ek dag maar so met die afsluitingsdinees en formele partytjies kort jy

dalk ‘n paar note – toe kom ek oor.

Koos: (Vat geld). Dankie, Pa! Pa is ‘n Pa!

Groot: Nee, maar ek verstaan sulke dinge! Op my ouderdom het ek ook geldnood

geken.

Page 24: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 24

24

Koos: Is so, Pa.

Groot: Eintlik nou nog!

Koos: Hoe so, Pa?

Groot: Jong, ek gaan reguit praat! Die dinge druk waar hulle nie moet druk nie. Met

die wat ek Noorde toe is, het my aanwas op die plaas nie aangewas nie,

maar weggewas!

Koos: Hoe praat Pa nou?

Groot: Jong! Daai grensplaas, Grensdrif, met die klomp spekulasievee het mos ‘n

drif.

Koos: Ja, Pa?

Groot: Nou smaak dit my die tyd wat ek weg was Noorde toe het die bees spontaan

die drif gevat annerland toe.

Koos: Maar dan loop haal ons daai bees terug!

Groot: In mieliesakke?

Koos: Pa?

Groot: Seun die natuur het ‘n manier om in sirkels te gaan. Die bees vreet die gras,

die mens eet die bees, en die mielies .. die mielies vreet weer die …

oorblyfsels van die mens.

Koos: Pa meen…..

Groot: Ja ek meen .. die bees is opgeëet en hoe laat weet jy nou watter mieliepit het

op wie se watsem gegroei.

Koos: Pa meen ons het die bees verloor.

Groot: Opgeëet ja. Ek is onderdeur.

Page 25: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 25

25

Koos: Maar Pa? Heeltemal?

Groot: Soort van ja.

Koos: Maar ek wou nog getrou het…

Groot: Dis nou ‘n ding! Geld is daar nie nou vir sulke prettige, binneshuise

sportsoorte nie.

Koos: Maar…

Groot: Jong, ek is jammer, maar dis soos dit is… oor ‘n paar jaar miskien….. Ek het

vir jou ‘n pos gekry by Volkskas. In Grahamstad.

Koos: Grahamstad? Maar dis te vêr van Salie af.

Wind: Môre, Oubaas!

Groot: Middag, Windvoël! Dis nou lekker om jou te sien!

Wind: Ook so, Oubaas. Meneer, hier’s Meneer se haarnaalde.

Groot: Haarnaalde? Wat vang jy nou met haarnaalde aan.

Koos: Eksperimente Pa. Eksperimente.

Groot: Allakragtie!

Wind: Allerhande eksperimente (Af).

Groot: Genadendal maar ek is honger. Hoe laat eet ons.

Koos: Eet?

Groot: Ja eet! Of gee jou eksperimente jou nie meer tyd om te eet nie?

Koos: Natuurlik pa! Haai, Pa! Hoe sal pa daarvan hou om Chaperone te speel?

Dan kan ou Willem gaan, paradeer op “Hoe die nuus versprei”

Groot: Jong is jou kop nog reg? Waarvan praat jy?

Page 26: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 26

26

Koos: Sien Pa, die saak staan so Pa, ons onthaal vanaand 2 dames vir ete – mooi

dames … hier …

Groot: Teen die reëls?

Koos: Nee. Pa! Piet se tante is ook hier! Mevrou Mariechen Kakebeenwania

Naudé.

Groot: Genade! Wat ‘n naam! Ek lees juis in die Volksblad aanmekaar van haar

doen en late. Blykbaar ’n ryk ou fossiel!

Koos: Klink my ook so, Pa. Sy eet hier – dan breek ons nie die reëls nie.

Groot: Wat wil jy sê?

Koos: Wil Pa nie kom saam eet nie. Dan’s ons heel veilig.

Groot: Jong, moet ek nou saam met ‘n ou Rimpelbek aan tafel sit? Ek is honger!

Koos: Ek hoor sy’s baie sjarmant. Pa! En ryk! Dalk kan Pa sommer nog ‘n slag

ook slaan! Ek meen met die verlore bees en so.

Groot: Lyk ek vir jou soos ‘n ou os wat agter droë koeie aanloop? Ag nee man!

Koos: Nee, ek meen maar net Pa. Pa kyk haar net deur …. Soos op ‘n vendusie…

Miskien kan sy nog ‘n goeie spekulasiekoei uitmaak.

Groot: Jong! Jy weet! Ek moes jou kleintyd meer gefoeter het. Hoor net wat sê jy?!

Koos: Nee ek terg sommer. Pa. Kom eet net vanaand vir die sports. Dit kan tog

nie skade doen nie. (Tersy) Dalk kan ek nog vanjaar trou

Groot: As jy dink ek gaan vanaand alleen sit in ‘n hotelkamer maak jy ‘n fout. Nou

goed! Ek gaan maak vir my netjies en dan kom klas ek die ou koei! Gee my

‘n uur of wat.

Piet: (In). Koos! Koos! Die hele spul is in sy m….

Koos: Piet, dis Pa. Pa dis Piet.

Page 27: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 27

27

Groot: Dag Piet!

Piet: Dag pa …. Ek meen oom …

Groot: Groot Koos.

Piet: Groot Koos … ek bedoel oom. (Hy sak in die stoel neer).

Koos: Pa, dis nou Piet. Peetkind van die tante .. die ryk een.

Groot: Ag so, ag so!

Koos: Maar Pa moet roer – dis amper etenstyd.

Groot: (Op pad na deur) Jong ek weet nie. Ek weet wragtig nie.

Koos: ‘Seblief, Pa!

Groot: Wat ‘n man ook nie vir sy kinders sal doen nie! (Af).

-oOo-

Koos: Wat gaan aan?

Piet: Lees self. (Met telegram).

Koos: “Mev. Mariechen Kakebeenwania kan ongelukkig nie die afspraak soos

bespreek nakom nie.”

Piet: Sy kom nie meer nie.

Koos: Maar sy moet! Die reëls…

Piet: Ek weet!

Koos: Hier kom die meisies!

Piet: Hulle sal nooit bly nie.

Koos: Maar hulle moet! Wat gaan ons doen …

Page 28: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 28

28

Willem: (Op in rok). Nou toe! Wat sê julle? Lyk ek darem .. nou vir wat kyk julle my

so… snaaks aan?

Piet: Hello…

Willem: Piet???

Koos: Se tante!!

Willem: Ekskuus?

Koos: Piet se tante!

Piet: Nee, Koos! Dit sal nooit werk nie.

Koos: Sê wie? Dis ‘n saak van Universitêre belang!

Willem: Wat gaan aan?

(Klop aan deur)

Willem: Wie’s daar?

Koos: Die meisies wat by ons kom eet.

Willem: Tata! Hulle sien my nie so nie!

Koos: Jy bly net hier!

Piet: My tante kan nie kom nie.

Koos: So jy bly!

Willem: Nie in hierdie klere nie! Wat gaan hulle van my dink?

Koos: As jy uittrek waai hulle – verstaan jy nie?

Piet: ‘Seblief! Speel net asseblief Piet se tante!.

Koos: Piet se tante!

Page 29: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 29

29

Willem: Is julle nou heeltemal koekoes???? Ek loop nou.

Piet en Koos: Jy moet ons help!

(Hulle is bo-op Willem)

(Fienie en Salie onverwags in)

Fienie: Ekskuus. Ons het geklop!

Salie: Toe dag ons hier’s niemand.

Koos: Ons is so bly ons is hier. Ek bedoel julle is hier!

Salie: Fienie het eers gaan blomme koop vir Piet se tante. Het sy gekom?

Fienie: Waar is sy?

Piet: Hier’s sy! Hier’s sy! (Af van haar af) Ons het haar net bietjie kunsmatige

asemhaling gegee.

Koos: Sy raak partykeer bietjie flou … hitte uitputting jy weet.

Salie: Ag, siestog!

Fienie: Kyk net hoe bleek is sy!

Koos: Kan ek julle voorstel? Mevrou.. kan ek u aan die twee jonge dames

voorstel? Salie en Fienie – mevrou Mariechen Kakebeenwania Naudé .. Piet

se tante.

Willem: Aangenaam. Uiters aangenaam! Ensovoorts.

Salie: Aangenaam! Ons was vroeër hier om te ontmoet maar toe was u nog nie

hier nie.

Fienie: Ek het vir u ‘n bossie blomme gebring. Tekoemaria Capensis!

Willem: Ungratitude miracles! (Tersy) Wat ‘n blom! Dankie my diertjie, so lief vir jou!

Page 30: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 30

30

Salie: Het u lekker gery mevrou?

Willem: Nou waar sou ek nou ry (Koos knyp) sonder om lekker te ry, my ou

Smaraggie! (Tersy). Pragtige stukkie vleis! (Koos knyp) ook genuttig langs

die pad jy weet!

Salie: (Tersy) Vreemde vrou, maar heel vriendelik!

Willem: Nou wat maak ek met die blomme? (Steek dit voor haar rok in).

Fienie: Hoekom is jy so bleek, Piet?

Piet: Ek.. ek…

Koos: Hy is ook oorweldig deur die eerste ontmoeting met sy tante.

Piet: En sy is … so ‘n formidabele vrou.

(Stilte)

Koos: (aan Willem) Praat!

Willem: Wat moet ek sê?

Koos: Praat oor enigiets! Die weer.

Willem: Die weer is mooi nê, dames?

Salie-Fienie: Ja, pragtig.

Willem: Maar, my ou wêreld. Nie eers ‘n donderwolkie in die lug nie.

Fienie: U blomme lyk bietjie ongemaklik, sal ek enetjie vassteek en die ander in ‘n

pot sit?

Willem: Natuurlik, Liefie. (Sy doen dit) Natuurlik!

Wind: (Op met skinkbord). Hiert'jou!

Koos: Hou jou mond!

Page 31: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 31

31

Wind: (Dek tafel) Hiert jou, hiert jou, hiert jou, ja-nou.

Salie: Kan ek help? (Sy dek tafel). U moet nie ‘n woord glo wat hulle van ou

Bloemfontein sê nie, Mevrou. Dis ‘n pragtige plek.

Willem: Wat bedoel sy?

Koos: Onnosel! Jy was nog nooit hier nie!

Willem: Ag so! Ek is vreemd. En wat is my naam?

Koos: Mariechen Kakebeenwania Naudé.

Willem: Ag so! En waar kom ek vandaan?

Koos: Hanover! Onnosel!

Willem: Ek sien.

Koos: Jy’s ‘n ryk weduwee.

Willem: In sulke toiings?

Piet: Maak nie saak nie!

Willem: Het ek kinders?

Piet: Nee, jou aap!

Willem: Ek wou maar net weet! Nou weet ek ten minste iets! (Op). Dames! Waar in

die hele ou wye wêreld kry ‘n mens wonderliker weer as in ons sonnige Suid-

Afrika!

Salie + Fienie: Ja!

Willem: Ag, so oulik! Kan ek vir hulle Naval Hill gaan wys? (Vir Piet).

Koos: (Sit hom op stoel). Nee wat, Tante, dit sal ons self doen.

Salie: Was u al in Bloemfontein, Mevrou?

Page 32: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 32

32

Willem: So effetjies, ja …

Salie: Ek en Fienie sal u graag dieretuin toe wou neem.

Willem: Alte graag! (Hulle druk hom vas) Wat van ‘n Zoo Snooze!.

Koos: Ons moet seker eet.

Salie: U bly tog seker ‘n rukkie, Mevrou?

Willem: (Aan Piet en Koos) Bly ek?

Koos: Nee!

Willem: Tot my innige spyt, nee dames.

Fienie: Ag nee, u moet bly – ten minste nog ‘n rukkie! Of hoe, Piet?

Piet: Ek vrees my tante kan nie veel langer bly nie.

Fienie en Salie: Ag, nee!

Koos: Sy het nog soveel om te doen! Sy moet nog ‘n ram gaan uitsoek.

Willem: Ja, die ou ooie raak so eensaam…

Fienie: Ag, en ek wou u so graag beter leer ken.

Willem: En ek vir jou, my ou diertjie… en ek vir jou.

Salie: Daar’s soveel wat ek nog met u wou deel, Tante

Willem: En ek met jou , ou Blommetjie, en ek met jou!

Albei: (Om hom) Ag, wil u nie maar bly nie?

Willem: Ag, ek is nou so lus om te bly!

Fienie: U het so ‘n goeie hart om ‘n weeskind soos Piet so onder u pleegsorg te

neem.

Page 33: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 33

33

Salie: U bedoel dit so goed.

Willem: Maar natuurlik. Dis hoekom ek so lief is vir sy dierbare vriendinne.

Salie: Ek sal al my diepste geheime vir u kan vertel.

Fienie: En ek ook … al my diepste begeertes.

Koos: Piet: Wat?

Willem: Julle is sulke liewe ou goedjies! Gee my ‘n ou drukkie. Ag hoe lekker tog!

Wind: (Op). Meneer, Meneer, Juffrou, Juffrou, Meneer-mevrou.

Almal: Ja?

Wind: Die Prossessor is op pad hiernatoe.

Almal: Wie?

Wind: Ou Prossessor Skrikwekkend Sonder Reede.

Almal: Professor Baron van Rheede?

Fienie: My oom?

Salie: My voog?

Wind: Dis hy! Net so! Tjie, tjie tjie!!! En daardie Kompressor. Hy blaas soos die

gifslang!

Fienie: Wat nou?

Salie: Ag, Mevrou! Wat moet u van ons dink?

Willem: Ek vrees ek koester geen edele gedagtes nie dogters.

Koos: Verdwyn!

Fienie: Waarnatoe?

Page 34: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 34

34

Koos: Gordyn!

Salie: Hy word regtig briesend.

Fienie: En heeltemal onredelik!

Willem: (Op) Nou ja! Dan gaan ek maar bietjie toilet toe.

Koos: Tante! Asseblief!

Piet Bly net hier.

Koos: U moet ons help. U is so saghartig. U weet. Die reëls… geld almal…

Piet: Geen dames in mans koshuise...

Koos: ‘Seblief! Ons wil nie ALMAL geskors word nie.

Willem: ALMAL?

Koos en Piet: ALMAL TEENWOORDIG!

Willem: (Begryp) Maar wat moet ek vir die nare ou man sê?

Koos: Enige iets!

Piet: Enigiets! Kry hom net kalm! En weg!

(Klop aan deur)

Piet: En nou?

Koos: Gordyn! (Gaan met meisies agter gordyn in.)

-oOo-

Willem: Scott, nou’s jy alleen op die Noordpool.

Skrik: Maak oop die deur.

Willem: Sonder slee, sonder honde, sonder als!

Page 35: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 35

35

Skrik: (Op) Waarom word die deur nie oopgemaak nie!?

Willem: Maar nê! Wat kan ek vir u doen meneer?

Skrik: Ek soek na meneer Koos Joubert.

Willem: Alla mapstieks! Waar kry u daardie hoed?

Skrik: Hê?

Willem: Wat ‘n mooie hoed.

Skrik: By Awerbachs gekoop, vele note betaal daarvoor.

Willem: En die tarentaal?

Skrik: Hê?

Willem: Die tarentaal! Wat moes sneuwel vir die veertjie? Het u daarvoor ook

betaal?

Skrik: Hê?

Willem: Ek neem aan die kaalgeplukte geveerde voël sit nog daaronder?

Skrik: Hêh?

Willem: Daarom haal u dit nie af nie.

Skrik: (Hoed af, kyk, weer op). Ek is nie hier om oor kaalgeplukte tarentale te praat

nie. Mevrou!

(Hy sit)

Willem: Verskoon my, maar het ek u genooi om te sit?

Skrik: (Op). Nee. Kan ek meneer Joubert sien?

Willem: Wel ek sien hom nie? Het u swak oë, Meneer?

Page 36: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 36

36

Skrik: Nee.

Willem: So ek neem aan nie een van ons sien hom nie.

Skrik: Hêh?

Willem: So ek neem aan hy’s nie hier nie.

Skrik: Wel Windvoël sê dat hier 2 jong dames in is, my niggie en haar vriendin!

Willem: Ag die Wynvoël. Nee meneer…

Skrik: PROFESSOR!

Willem: Nee, meneer, die professor Wynvoël sien spoke. Ek is die enigste vrou hier.

Skrik: Dalk is hulle in die kamer! Hy het hulle sien ingaan.

Willem: En hy het hulle seker net so weer sien uitgaan. Uitgaan.. Jy weet…

Toedeldoe!!!

Skrik: Hy het nie!

Willem: Hy het.

Skrik: Hy het!!

Willem: Nou goed! Hy het hulle weer sien uitgaan!

Skrik: Dalk is hulle in die tuin!

Willem: 2 Dames deur daardie venster?

Skrik: Ja.

Willem: Meneer, betwyfel u die woord van ‘n dame?

Skrik: Dan’s hulle dorp toe!

Page 37: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 37

37

Willem: Vra vir Professor Windvoël. Heel moontlik ja! U moes eerder daaraan

gedink het. So! Nou dat u weet dat hulle daar is, kan u maar verkas!

Skrik: Ek is al op pad.

Willem: (Plak die hoed plat op sy kop) Sonder u hoofdeksel? Tog wie! U geplukte

tarentaaltjie sal verkoue kry! (Die hoed is plat).

Skrik: (Bol sy hoed uit). Hierdie hoed het ek vanmôre gekoop. Mevrou! Vele note

daarvoor betaal. (Af).

-oOo-

(Willem, Koos, Salie, Fienie en Piet agter gordyne uit).

Willem: Wat ‘n opgeklitste snuiter?! Hy’s weg!

Salie: Ag, baie dankie, Mevrou!

Fienie: U is ‘n engel!

Willem: Ek sal enige iets doen om julle ou twee duiweltjies te plesier. (Klop aan deur)

O, heng! Hier’s die ou derduiwel weer!

Groot: Hiert! Koos, maak oop! Dis jou Pa, Groot Koos!

Koos: Dis my Pa! Ek het hom al skoon vergeet! Hoe nou??

Willem: Sê my, hoe steek hy en ek inmekaar?

Koos: Geheel en al glad nie! Jy is Piet se tante, uit Hanover waar al die skape

goue tande het.

-oOo-

Groot: (Op in aandpak, roos in lapel – die lot) Nou my allakragtie, ja! Hier’s mense!

Koos, stel ‘n man darem voor jong!

Koos: Piet, stel jy eerder voor!

Page 38: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 38

38

Groot: Piet? So dis jou tante?

Piet: Ja! Mariechen Kakebeenwania Naudé, Kolonel Groot-Koos Joubert, Koos se

pa.

Willem: Oehoe! Oeha!

Groot: So! Dis die geëerde tante!

Willem: Ja! Ek is die Hanover tante waar al die skape goue tande het.

Koos: (Tersy) Stadig! Stadig, stadig! Pa, kom kyk net die Tekoemaria Capensis!

(Neem hom venster toe).

Groot: Is die ..

Koos: Nou wat?

Groot: Nou sy! Die weduwee?

Koos: Wel omtrent…

Groot: Omtrent heel anders het ek haar my voorgestel.

Willem: (Fluister) Hoe sê die ou bul?

Piet: Hy sê… jy lyk walglik!

Willem: Ek? Walglik? O hiervoor sal hy boet!

Groot: Koosman, ek sou graag ryk wou trou, maar wragtag.. ek is deur oorloë, maar

vir hierdie veldslag teen die Gorgoon/Amazoon sien ek nie kans nie.

Totaalgeheelenalgladnie!

Koos: Maar Pa?

Groot: Niks maar Pa nie, man. Kyk net na die dierasie.

Koos: Nee, ek stem saam Pa. Laasjaar se bek en klou het darem nie so op onse

koeie uitgeslaan nie.

Page 39: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 39

39

Groot: So! Ek is darem uit die dipkrip uit! Genade! Dit was amper!

-oOo-

Wind: (Op) Die spys is klaar, meneer Kleinbasie en meneer Oubaas. Dis tyd vir sit

en lekker dikvreet!

Willem: Hoe aangenaam! Ek het reeds so ‘n holkol op my maag! Waar’s die steun?

Groot: (Bied sy arm aan) Mag ek die eer hê… mevrou?

(Almal gaan sit aan tafel)

Willem: U is die gaafste van die Genadegawes!

Groot: Goeie genade! Sit gerus!

Willem: Dankie!

Groot: U het seker baie rondgereis en so, Mevrou.

Willem: Ja! Kolonel, vreeslik rondgereis in my korte ou lewetjie. Milaan, Ispanjoel,

Toerbekistan, Magelaan… en so aan…

Groot: (Tersy) Mens raak haar lelike bakkies nogal gou gewoond.

Willem: Zirnovalaan… Leeubekkielaan… en so aan…

Piet: (Gee hom ‘n bord) Mevrou..

Willem: Zarhoelaan…

Piet: Mevrou!! Van Rensburg! Tante.. TANTE

Willem: Fontenlosië, Arotiogië…

Koos: Tante! Antwoord tog u neef!

Willem: O ja? Wat’s dit Neef?

Page 40: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 40

40

Piet: Sop vir jou?

Willem: Sop vir jou!!!!

Koos: Sal u sop neem??

Willem: O! ja seker! Dit maak my immer so gas…

Piet: Gaste! Salie, Fienie sal u sop neem?

Salie-Fienie: Dankie!

Willem: Ag, Kolonel! U het so ‘n mooie blom daar in u knoopsgat!

Groot: O! Geval dit u? Gee my die eer! (Hy gee dit vir haar).

Willem: Ag, hoe galant!

Piet: (Skink wyn in bord) Sop vir jou, Koos?

Koos: Ja… Ja…. Ja…

Salie: Wat ‘n pragtige kamer, Koos!

Koos: Dankie!

Fienie: So smaakvol, of hoe dink u, Kolonel?

Groot: Pragtige, veral met 3 sulke aanskoulike dames in.

Salie/Fienie/Willem: Oe!!! Kolonel!!

Groot: Nou ja! (Lig glas) Op die mirakels wat geskape is! Die vroue hier! (Drink),

Sjoe! Maar hoe smaak dit my dit is pure asyn hierdie! Windvoël?

Windvoël: Ja, Oubaas?

Groot: Dis pure asyn man!

Page 41: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 41

41

Wind: Nie Oubaas, dis maar die droëwit wat die klonge van die Kaap so drink. Hy’s

nog net 2 weke oop.

Groot: Nee, magtig! Gee daar iets soets man! Ons is mos Vrystaters!

Wind: Die soetigheid is op en gedaan, meneer Oubaas.

Koos: Op? Alweer op?

Willem: Ag here, wat ‘n geluk! Ek dag die arme studente sal nooit wyn in hulle

kamers aanhou nie, toe bring ek maar 2 bottel soetes, net vir die wis en die

ongeluk. Windvoël! Kyk daar in die sak! 2 Bottels van die ou staatmaker

teen die koue. Old Brown sjerrie.

Groot: (Tersy) Magtag, dan ken sy nog van goeie wyn ook.

Wind: Dis darem ‘n ou bekende hierdie nê? Hy kom sommer in onse eie sak! (Hy

gee aan). Oubaas kan skink!

Groot: Nou ja! Op die gesondheid van die drie pragtige dames in ons geselskap.

Laat hy val waar hy wil!

Koos: Oeps!, sê die hoender!

Piet: Tjorts!, sê die aap!

Skrik: (Klop) Maak oop die deur!!

-oOo-

Skrik: (In) Aha! Nes ek gedink het!! (Almal staan op, behalwe Willem) Hier is die

hele lot en daai halfmal vrou wat my wou wysmaak hulle is dorp toe!

Koos: (Tersy) Dis “goodbey”! En hoe gaan dit met Professor, Genadendal, Baron

van Rheede?

Page 42: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 42

42

Skrik: Hoe dit met my gaan het maar allermins met jou te make, meneer Koos

Joubert! My saak is met die twee meisies wat net wag tot ek gaan golf speel,

en dan maak wat hulle wil!!

Koos: Maar, Professor?

Skrik: Met jou voer ek geen diskoers nie, Meneer!

Piet: Maar Prof… kan ons verduidelik…

Skrik: Man! Prof se … ek praat nie met jou nie. (Ore toe) Ek luister nie!

Willem: Nou hoe gaan u ooit iets weet as u nie luister nie?

Skrik: Luister, Mevrou! Bemoei u met u eie sake!

Willem: Sit u tarentaaltjie nog steeds onder u hoed?

Skrik: (Hoed af) Nou kyk hier, Volstruis! My tarentaal het niks met u uit te waaie

nie!

Groot: Hônou, hônou, hônou! Mag ek u daarop wys dat hier dames in hierdie kamer

is, Meneer?

Skrik: Professor vir jou! (Hoed op) En dis juis hulle teenwoordigheid hier wat my so

die hoenders in maak!

Willem: Of die tarentaal in maak!

Skrik: (Hoed af) Wat sê u?

Willem: U is buite u humeur meneer! Gaan koel af in die visdam!

Skrik: Luister, Kalkoenkop! Ek versoek u beleef om u gekekkel te laat staan.

Meisies! Kom!

Groot: Nee, magtag! So gaan jy hulle nie beledig nie!

Skrik: Wat traak dit my? Ek ken hierdie … mens nie!

Page 43: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 43

43

Groot: Koosman! Stel my voor, allakragtie!

Koos: Professor, dis Kolonel Groot Koos Joubert, pa dit is Professor Genadendal

Baron von Rheede, Ph.D., Wysbegeerte.. Amsterdam…

Groot: En so voorts ja! Nou ja, kyk Professor. Hierdie is my seun, Koos Joubert. Die

naam van daardie dame hoef ek seker nie eers aan u te noem nie. U is mos

‘n ingeligte man.

Willem: Ek wil nie aan die man voorgestel word nie. Ek is innig bedroef en beledig!

Groot: Nee wag nou! U is in fatsoenlike geselskap, Professor.

Skrik: Werklik?!

Groot: Dit is mevrou Mariechen Kakebeenwania Naudé. Mevrou, Professor

Genadendal, Baron sonder Rheede ensovoorts.

Skrik: U bedoel… mevrou.. die weduwee van die Volksblad.

Groot: Nee, van Hanover!

Skrik: Met die skape met die goue tande?

Koos: Net so!

Skrik: Maar kan dit tog moontlik wees? Ek meen te sê… is u neef nie dan ook

student hier aan die UOVS nie?

Willem: Ja. En hier is hy. My dierbare Piet.

Skrik: Mevrou Naudé… ek vra u nederig om verskoning…

Koos: (Tersy) Nou’ het ons hom! Sy knieg is geknak! Professor, wil u ons nie die

eer aandoen om saam met mevrou Naudé en saam met ons te eet nie.

Skrik: Dit sal gaaf wees. ‘n Eer…

Willem: Net op een voorwaarde.

Page 44: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 44

44

Skrik: Ja?

Willem: Dat ons die eer mag hê om ook die twee aanvallige jong dames ook

teenwoordig te mag hê.

Skrik: Maar verseker.

Willem: (vir Groot Koos) En jy sê mos ek is walglik nê! (Neem blom en gee vir

Skrik). Neem hierdie vredesoffer aan ter bevestiging van vergiffenis en

vriendskap!

Skrik: Dis is my eer. (Hy hou arm).

Groot: Nee, gee my die eer. (Hy hou arm).

Skrik: Neem my arm.

Groot: En hier is myne.

Skrik: O nee.

Groot: O ja.

Willem: O KOEK!

(In die gestoei trek albei die stoel uit net as Willem gaan sit en hy land op die

vloer met die tafel doek en al die breekware op hom)

Verdonkering en gordyn

-oOo-

Page 45: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 45

45

BEDRYF 2

Tuin buite en Koos se kamer binne.

Wind: (Sit stoele reg). Hmm, vanaand loop die dinge die kant, daai kant toe! Hulle

sit lekker hier agter in die tuin en praatjies maak! Meneer Willem is sommer

klaar reg vir die sirkus! Ek dag hulle speel die konsert eers vanaand agtuur.

(Af).

Koos: (Op). Die dekselse Willem is op sy eie deur ‘n half bottel OBS. En hy praat

soos ‘n grammafoon! As Salie tog net kan wegglip hiernatoe, soos ons

afgespreek het.

Piet: (Op) As Fienie tog nou net kan wegglip hiernatoe soos ons afgespreek het.

(Sien Koos). Hiert, wat maak jy hier?

Koos: Ek wag – soos jy!

Piet: Kan jy nie ‘n ander bos gekry het nie?

Koos: Ek wag hier vir Salie.

Piet: Ek ook!

Koos: Vir Salie?

Piet: Nee man, vir Fienie! Jy sal tog nie omgee om te skoert nie nê? Ek moet met

haar praat!

Koos: Skoert jy! Hier kom Salie.

Salie: Koos, ek het na jou gesoek.

Koos: En ek het gewag en gewag!

Salie: O, ek dag jy is alleen.

Koos: Piet was nou net op pad om te waai!

Page 46: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 46

46

Piet: Maar ek wag…

Fienie: Hallo, Piet?

Piet: Hello, Fienie.

Fienie: O, ek dag jy is alleen?

Piet: Nee, Koos en Salie is ook hier, maar hulle was nou net op pad om te waai!

Totsiens Koos, totsiens Salie!

Koos: Fienie, hou jy van aarbeie?

Fienie: Nogals ja!

Koos: Nou Piet, gaan wys vir Fienie die aarbeie.

Piet: Wat?

Koos: En sê sommer vir haar jou gediggies op.

Piet: Wat?

Fienie: Ek het nie geweet jy’s ‘n digter nie?

Piet: Ek ook nie.

Koos: O hy is, hy is!

Fienie: Nou gee my jou arm en dan sê jy vir my jou gedigte op. Kom.

Koos: Geniet die aarbeie!

Piet: Dis nie eintlik my gedigte nie. Dis Koos sin!

Fienie: Regtig?

Piet: (Op pad uit) Ja! Die donderslae donder deeglik deur die dik denneboord.

Dinsdag en Donderdag dreun dit deur die dikke denneboord,

Page 47: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 47

47

Saterdag skyn die son…. Die honde blaf heel skaflik…. (Af).

Fienie: (Half verleë) Wel nou ja... Gelukkig is dit darem Koos s’n. (Af)

Koos: Uiteindelik!

Salie: Wat?

Koos: Is ons alleen.. ek.. ek… ek…

Salie: Ja?

Koos: Ek, ek, ek,,,, wou jou nog ‘n ding sê.

Salie: Maar, sê maar.

Koos: Ag, Salie. Ek wou so graag met jou trou.

Salie: Wou??

Koos: Nog steeds, maar my Pa..

Salie: Ja?

Koos: Hy sê my vandag Grensdrif het ‘n drif..

Salie: Hoe nou?

Koos: Grensdrif het ‘n drif, en hy is onderdeur.

Salie: Onderdeur die drif?? Nou hoekom sou hy dit wou doen?

Groot: (Op) Oeps! O! Dis jy Koos.

Koos: Ja, so heerlik en so treurig!

Groot: ‘Skuus juffrou, ek wil net gou met my seun praat.

Salie: Nouja, dan loop ek maar.

Koos: Nee wag!

Page 48: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 48

48

Salie: Toemaar, ek sal gaan kyk hoe lyk die aarbeituin. (Af).

Groot: ‘n Pragtige dametjie! Jy’t jou Pa se fyn oog geërf, ou Seun.

Koos: En dis ook maar al. Ek wou haar nou net sê van die beeste wat Pa verloor

het.

Groot: Nee, hônou! Koosman! Moet nou nie oorhaastig die separator stop nie.

Koos: Hoe meen Pa nou?

Groot: Ou seun, ek weet dat jy enige iets vir jou Pa sal opoffer.

Koos: Natuurlik.

Groot: Wel, ek het die saak deurdink. Ek dink jy moet maar aanhou studeer.

Koos: Pa meen? Ek hoef nie Grahamstad toe te gaan nie?

Groot: Nee. Ek dink ek het ‘n middel gevind om jou hier te hou.

Koos: En die middel is?

Groot: Ek sal jou raad maar vat.

Koos: My raad?

Groot: Ja, jou raad. Ek dink ek sal maar weer trou.

Koos: Trou? Maar wie sal nou met Pa wil trou?

Groot: Wel aanskoulik is sy nie, maar geld die het sy. Dis mevrou Mariechen

Kakebeenwania Naudé.

Koos: Wil Pa nou vir my sê dis … sy?

Groot: Ja! Dit was mos jou voorstel!

Koos: Maar, Pa!

Page 49: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 49

49

Groot: Niks maar Pa nie! Sy hou vir haar so hoogmoedig, maar dis soos ek van ‘n

versie hou!

Koos: Maar, dink Pa sy sal belangstel in Pa?

Groot: Wel die blom het haar nie beïndruk nie, dit moes my voorkoms gewees het!

Jy weet ek lyk darem sommer nog fiks vir my jare! Of hoe?

Koos: Ja seker maar…

Groot: En kyk, ‘n ou tengerige Professortjie gaan my nie die loef afsteek nie! Ek is

‘n Kolonel. Vir my wen hy nie op die slagveld nie.

Koos: Wil Pa sê Professor van Rheede is ook verlief.

Groot: Hups jong! Sommer so ‘n trippel in sy stap! Smaail soos ‘n pasgesnyde

troukoek!

Koos: Heigent hert.

Groot: Nou, ek gaan gou ‘n sjampanje wegslaan. Jy weet dit gee ‘n man altyd

koerasie om sy sê te sê. En jy weet ek praat maar moeilik van liefdesdinge.

Dan sal jy sien hoe praat ek daai loslip Professortjie in sy peetjie in (Af).

Piet: (Op). Koos! Jy moet met Willem kom praat. Hy vat eenvoudig vir Fienie van

my af en loop nou saam met haar botaniese tuine toe.

Koos: Dis niks. My Pa het gaan sjampanje soek om koerasie te kry om vir Willem

om sy hand te vra. As my arme Pa die waarheid uitvind, slaat hy my dood.

Piet: Nou wat vang ons nou aan?

Koos: Kry vir Willem en sê hom hy moet keer vir sy wickets. My Pa vat nie nee vir

‘n antwoord nie.

Piet: Waar dink jy gaan ek hom en Fienie kry? Hy neuk al in die bosse in.

Page 50: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 50

50

Koos: Goed, vat jy die tuin van daai kant af en ek vat hom van duskant af. Kry sal

ons hom kry! Dis doodsake!

-oOo-

Groot: (Op). So ja! Nou’s ek reg vir aksie! Voorwaarts mars. (Kyk horlosie). Dis

tog al lankal tyd! Ons het tog afgespreek om mekaar hier te kry. Waar sal

die ou dierasie dan vashaak? (Sit op bank)

Skrik: (Op) Dis tog al lankal tyd. Ons het tog afgespreek om mekaar hier te kry.

Waar sou die ou skatlam tog bly?

Groot: Naand, Professortjie?

Skrik: O gedorie! O dit is u, Kolonelietjie!

Groot: Ja. Nog woedend oor die voorvalletjie aan tafel.

Skrik: Soos water op ‘n eend se rug laat ek dit afloop. Soos water... Ek het

belangriker dinge wat my aandag okkupeer.

Groot: Ag maar nou is ek heel gepussileer!

Skrik: Akskuus?

Groot: Gepussileer! Soos in ge”puzzeld”! Soek jy iemand?

Skrik: Nee, ek bewonder die aand! U behoort ietwat onder die sterre te gaan

wandel. So daarlangs af.

Groot: Ek sit lekker (Sigaar aan).

Skrik: Ag, tog!

Groot: Sigaar?

Skrik: Nee, niks in sig nie.

Groot: Hêh?

Page 51: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 51

51

Skrik: Weet u dat daar vanaand ‘n opvoering in die Scholtzsaal is?

Groot: Ja. “Hoe die nuus versprei” sê die plakkaat.

Skrik: O, u lees wel. U behoort te gaan kyk! Gaan u nie?

Groot: Nee wat. En u?

Skrik: Nee dankie, nie vanaand nie.

Groot: So u rook nie?

Skrik: Nie nou nie, dankie.

Groot: Ek kry so ‘n groot lus vir rook, ek moes die dames op die agterstoep los om

eers gou ‘n dampie te kom slaan.

Skrik: Op die stoep?

Groot: Ja.

Skrik: U sal my moet verskoon. Ek het nog navorsingswerk wat ek vanaand moet

gaan afhandel.

Groot: Dis nou jammer! So jammer.

Skrik: Glad nie. Rook u sigaar maar rustig en in vrede, Goeienag (Af).

Groot: Die aap!

(Koos en Piet van weerskante op).

Koos: Hy’s nie daar nie.

Piet: Ook nie hier nie!

Groot: Wie? Ou Skrikbewind?

Koos: Mens kom maar so sê.

Page 52: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 52

52

Groot: Seker een of ander ding gaan bestudeer.

Piet: Ag, nee!

Koos: Net nie dit nie!

Groot: (Stram op) Nou ja. Ek gaan net gou nog ‘n versterkingkie neem. My moed

sak al weer. Sê my as mevrou Naudé dalk hier êrens opduik! (Na kombuis)

Koos: Sou Willem wraggies met my Pa ‘n afspraak gemaak het?

Piet: Dis net hy is. Wil alles altyd vir homself hê. Eers ons meisies en nou jou

Pa.

Koos: Hier kom hy. Die vark!

Willem: Ag, maar dis so koel, loop tog so bietjie nader aan Tante! O, het julle bietjie

verdwaal?

Salie: Ag, was dit nou nie ‘n heerlike wandeling nie, Tante.

Willem: Heerlik, my ou Liefie. Daar’s nog soveel dingetjies wat ek julle sou wou wys!

Koos: Waar was julle heen?

Piet: Verwaande vent!

Koos: Tante! Het u ‘n afspraak met ou Skrikbewind en my Pa gemaak?

Willem: Ag, die twee ou ramme! Ek kan op geen ander manier van hulle ontslae

raak nie!

Koos: Hy wou u om u hand vra!

Salie en Fienie: Ag, dis tog so romanties!

Willem: Ag wat, ek is al so baie gevra ek is al gewoond daaraan. Ek sal hom weier.

Koos: Nou ja, dan stap ek maar saam met Salie ‘n draaitjie.

Page 53: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 53

53

Piet: En Fienie ek wil jou ook ietsie gaan wys.

Salie en Fienie: Graag! (Hulle af)

Willem: Kan ek saam wandel?

Koos en Piet: Nee!

Willem: (Alleen) Wat ‘n pragtige ou paar meisietjies! Ek het nog nooit so lekker

gespeel nie! (Kurkprop af iewers) Dit klink soos sjampanje (Horlosie) O

genade. Dis tien voor agt! Agtuur moet ek op die planke wees (Af – hy hol in

Groot Koos vas). Oepsie! Daar draf ek amper ‘n tonnel deur u buik!

Groot: Mevrou Naudé! Uiteindelik is u tog hier. Ek het al begin wanhopig raak,

maar sit gerus!

Willem: O nee, ek kan nie, ek moet konsert toe!

Groot: Ag wat! Dis sommer studentekapperjolle! En ek hoor al die rolle word nog

deur mans ook gespeel – verbeel jou! Tot die vrouerolle! Wie kan nou sulke

nonsies glo?

Willem: Raai nê!

Groot: Wie dink hulle gaan hulle om die bos lei?

Willem: Maar, ek sou tog so graag eerder daar wou wees!

Groot: Nonsens! Ek wil met u praat! (Tersy) Heigent hert, nie eers die maanskyn

versag haar gevreet nie! Wees jou vader dankbaar seun!

Nou ja mevrou Naudé! Hier gaat ek: “U moet ‘n ou krygsman nie kwalik

neem as hy aamborstig raak met woorde nie, maar as ek u so aanskou, klop

my hart soos voor ‘n veldslag! Ek het u vandag eers ontmoet, maar ek

voel…. Ek voel…. So verlore soos ‘n wandelaar in die nag …. Soos ‘n

soldaat op wag tussen 2 en 4 en dan sien ek u … ‘n Sewejaartjie langs die

grootpad.”

Page 54: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 54

54

Willem: Praat u met my?

Groot: Natuurlik, my ou Dahlia! Verstaan jy dan nie?

Willem: Is ek nou ‘n Dahlia of ‘n Sewejaartjie?

Groot: ‘n Ridderspoor! Dis jy. (Tersy) Die ou ding is in elk geval so oud sy sluk me

komplimente soos ‘n sinker! Mev. Naudé, weet u wat ‘n man die graagste

wil hê wat so eensaam langs die grootpad van die lewe staan?

Willem: ‘n Dop?

Groot: Allakragtie! Maar jy vat dit raak – so vir eers! Maar wat sal kleur gee aan so

‘n man se lewe?

Willem: Ag, hoe kleurvol!

Groot: Ek kom uit die Noorde om die Ridderspoor te pluk. Aan my tafel sal sy sit,

aan my sy sal sy wandel, aan my katel....

Willem: O! ‘n wandelende blom! Gaan die ding nie verlep nie?

Groot: Watse ding?

Willem: Die Ridderspoor! So wandelend langs die grootpad.

Groot: Dit lyk my u verstaan nie. Nou goed! Mevrou, ek is ‘n reguit man.

Willem: Dit lyk nie so nie.

Groot: Ek soek jou as my vrou.

Willem: O aardetjie, nee!

Groot; Hoekom nie?

Willem: Wel… u sien…. Ek is ‘n vrou met ‘n reputasie. ‘n Huwelik met u is totaal

buite die kwessie!

Groot: Ai, is dit dan moontlik? U? Het ‘n reputasie!

Page 55: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 55

55

Willem: Ja… ek… stort graag eerder saam met mans!

Groot: Heiden hert! En hiervoor het ek twee bottels sjampanje uitgedrink?!

Willem: Jou ou stouterd!

Groot: Wel ek.. ek is ook darem nie ‘n onskuldige lammetjie nie, maar…

Willem: Toemaar ek verstaan. Jy sien nie meer kans nie. My verlede nê. Beloof my

net asseblief….

Groot: Ek beloof jou… nIe ‘n woord hieroor aan die ander nie.

Willem: Dankie! U kan maar nou gaan. Daar is nog sjampanje!

Groot: (Op pad af) Jammer ou seun, maar wragtig sy word net leliker hoe nader jy

aan haar kom! Heigent! Dit was amper. (Af na tuin).

Willem: (Kyk horlosie) En hier sit Madame en keer vir haar reputasie en die

toneelstuk begin oor ‘n paar minute. Kan jy jou voorstel watter

deurmekaarspul daar aangaan sonder my! (Tel rokke op en begin hol).

Skrik: Ag, daar is jy! En kyk tog daardie bekoorlike kuitjies! (Af agter haar aan).

Hartjie! Hartjie!!

-oOo-

Elbie: Die tweede bungalow regs, dis tog wat die man gesê het.

Tante: Die tweede deur het hy gesê.

Elbie: (Lees op deur) Koos Joubert. Dis nie hier nie…

Tante: “Koos Joubert” Daardie naam herinner my aan lank lank gelede…

Elbie: A, hier is dit. Piet Naudé. Sal ek klop?

Tante: Natuurlik. (Sy klop).

Elbie: Niemand antwoord nie.

Page 56: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 56

56

Tante: Ag, dis nou jammer.

Elbie: Maar,Mevrou het mos gesê u kan nie meer kom nie.

Tante: Ag, ek wou maar net sien hoe hy werklik as student lewe, jy weet mense kan

hulle heeltemal anders voordoen as hulle weet hulle kry besoek.

Elbie: Dit lyk darem skaflik. Die moet wonderlik wees om so te leef. Jou eie baas,

so mooi kampus. Dit lyk so romanties.

Tante: Ai, die ewige romantikus! Verlang jy nog steeds?

Elbie: Ai, Tante.

Tante: Dis al twee jaar terug en jy kan die jongman op die CSV-kamp maar net nie

vergeet nie!

Elbie: Ai. Tante, hy was so ‘n wonderlike jong man.

Tante: Die jonge heer Moolman.. Wat was sy naam nou weer?

Elbie: Willem, Tante. Willem Moolman.

Tante: So ‘n mooi manlike naam…. Willem… en waarvoor bloos jy nou so?

Elbie: Ai, was Tante nooit verlief nie?

Tante: Natuurlik Elbie! Maar dit was jare gelede! My spesiale geliefde – die een

wat jy nooit vergeet nie.

Elbie; Was dit nou oom Slap-Willem?

Tante: O nee! Lank voor hom! Hy was ‘n offisier in die weermag tydens die oorlog.

En soos die Noodlot dit wou hê het ek hom die aand ontmoet voor hy Noorde

toe is. En dit was die laaste sien…

Elbie: Dis verskriklik! Het Tante hom nooit weer gesien nie?

Page 57: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 57

57

Tante: Nee, ons het kontak verloor. So, my ou dierbare mensie. Die lewe loop

soms paaie met mense. Dis tyd dat jy ophou droom oor die Willem

Moolman. Dalk sien jy hom nooit weer nie.

Elbie: Waar daar lewe is, is daar hoop, Tante.

Groot: (In) Ag askies tog! Ek hoop ek is op die regte plek.

Tante: Verskoon ons, ek hoop ons is op die regte plek.

Groot: Hele moontlik. Daar’s vanaand ‘n konsert aan op die kampus en die

vreemdste mense verskyn op die snaaksste plekke.

Tante: Ek sien. (Tersy) Maar sou dit kan moontlik wees?

Groot: (Tersy) Maar, van waar af ken ek die vrou?

Elbie: Wat’s fout, Tante?

Tante: Niks, niks, niks.

Groot: Wel as u enige hulp wil hê... Ek begin die kampus besonder goed ken.

Hierdie is by voorbeeld my seun se kamer.

Tante: Is u seun se van dalk Joubert?

Groot: Soos ek dit het, ja! (Tersy) Van waar af ken ek die vrou?

Tante: Hoe sê u?

Groot: Nee, ek sê ek dag ek herken u van êrens af.

Tante; Wat ‘n eer. Van waar sou u reken?

Groot: Nee, ek is nie seker nie, maar ek weet ek ken u van êrens af.

Tante: Jeuk u voete nie?

Groot: Ekskuus?

Page 58: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 58

58

Tante: Jeuk u voete nie? Het u nie eenmaal tydens ‘n dans ‘n sekere dame feitlik

aanbid met net een wals nie?

Elbie: Tante? Is dit hy?

Tante: My dierbare meisie, so gaan dit in die lewe. Hulle sweer hulle sal jou hul

lewe lank lief hê en twintig jaar later onthou hulle nie eens jou naam nie.

Wel, Luitenant Joubert, of dis dit nou al Majoor, dit lyk my ek het ‘n beter

geheue as u!

Groot: Nee ek ken u, natuurlik! U is… Verbrands! U is… juffrou…

Tante: Toemaar! Toemaar! My naam was Fransiena van Biljon.

Groot: Natuurlik! Fransiena van Biljon. Die meisie op die dans, voor my vertrek

Noorde toe.

Tante: ja. Dis twintig jaar gelede.

Groot: Dis soos gisteraand! Dieselfde oë, dieselfde aangename persoonlikheid, die

vonkel in die oë.. dis…. Jy…

Tante: En u nog steeds die sjarmante heer wat toe nie juis veel kon praat nie?

Groot; Wel… ja… welsprekendheid was nog nooit een van my sterkpunte nie.

Tante: En hoe het die lewe vir die talentvolle jong luitenant verloop?

Groot: Wel.. van luitenant tot kolonel, getroud, een seun, gewewenaar en eensaam.

Dis basies dit. En u?

Tante: Omtrent dieselfde. Eensaam. Getroud, geen seun, geen dogter, een

peetkind en een kleinniggie, Elbie hier en ook... geweduwee.

Groot: Maar my allakragtie! Ek sal u graag aan my seun wou voorstel. Ek sal graag

wil hê hy moet sien hoe u lyk!

Tante: Met graagte!

Page 59: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 59

59

Groot: Hy is hier buite iewers in die tuin saam met sy vriend, Piet Naudé.

Tante: Piet Naudé? Nou werklik!

Groot: Ja, hulle en hulle twee meisies gesels met Piet se tante.

Tante: Piet se tante?

Groot; Ja! Piet se tante uit Hanover.

Tante: Hanover?

Groot: Ja, daar waar die skape goue tante het.

Tante: Goue tande?

Groot: Ja! Mevrou Franciena Kakebeenwania Naudé. Ek wil haar graag aan u

voorstel.

Tante; Wel, dit sou ek baie graag wou doen! Besonder graag!

Elbie: Maar, Tante?

Tante; Sjuut kind. Het ek u reg verstaan? Mev. Fransiena Kakebeenwania Naudé,

uit Hanover.

Groot: Waar die skape goue tande het, ja! Ken u haar?

Tante: Ek het al so verlangs van haar gehoor!

Elbie; Maar, Tante?

Tante: Sjuut kind! Is sy nog hier rond?

Groot: Ja, hier iewers in die tuin. Hoe voer u die van tans, Fransiena?

Tante: (Kaartjie uit) Uhhhm...Mevrou Morkel.

Groot: Morkel?… Wat ‘n skade.

Page 60: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 60

60

Elbie: Tante? U is mos... (Tersy vir Elbie)

Tante: (vinnig vir Elbie) My buurvrou sal moet instaan.

Groot: Nou ja, sal ek die eer hê om u te gaan voorstel.

Tante: Graag, bittergraag!

Groot: Stap voor! (Hulle af). Allakragtie. As sy nou die weduwee Naudé was, het

ek geen oomblik gehuiwer nie! Wat ‘n vrou van ‘n vreugde van ‘n vrou. (Af

agtertoe agter hulle aan).

-oOo-

Willem: (Op voor) Magtig! Ek het skaars my draai op die verhoog gemaak en ou

Bokbaard is weer agter my aan. (Af)

Skrik: (Op) Waar’s sy? Waar’s sy? Daar’s sy. Hartjie... Hartjie, Wat ‘n fikste

frikkedel! (Af).

Wind: (Op) Sie! Hier hol die mense vanaand rond soos op die July! Ek wonder of

hier nie ‘n proe'dingetjie of ‘n rookdingetjie oor is nie? (In huis – kry sigare)

Ai, maar hy ruik darem lekker! So uit die donkie se…

Koos: (Op). Windvoël! Wat maak jy!

Wind: Ek ruik net aan die lelike goed wat die mense in hulle monde sit. Sies!

Koos: Nou los dit maar, as dit jou pla.

Wind: (Sit sigaar in sy bosak) Reg so, Meneer. Nou hoekom lyk Meneer so sleg?

Koos: Jy sal tog nie verstaan nie!

Wind: Probeer maar, ou Windvoël luister.

Koos: Salie sê net Piet se tante sal ou Skrikwekkend kan oortuig dat sy met my kan

trou! Verbeel jou.

Page 61: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 61

61

Wind: Ou Rondomlelik?

Koos: Net so. En Piet se tante moet hom oortuig.

Wind: Nooi hulle vir tee. Ek sal regmaak hier.

Koos: Dankie Windvoël. Ek skuld...

Wind: My iets! Ja ons praat daaroor!

Koos: Kry die tee.

Wind: Reg, Meneer! (Af).

Koos: Voorwaarts burgers, wat sal wees, sal wees.

Piet: (op) So zyn die helde gevallen?

Koos: Hoe nou?

Piet: Ek het vir Fienie gevra om te trou. En as ou Skrikbewind sy toestemming

gee dan is dit so!

Koos: Dink jy hy sal?

Piet: As onse tante Willempie Naudé hom kan oortuig!

Koos: Ons maak vir wolf skaapwagter ek sê jou!

(Willem op – agter deur in)

Skrik: (Soek hom) Hartjie! Hartjie! “Ai, ‘n ou bok lus mos groen blare, groenblare”

ens. (Af na agter)

Koos & Piet (Ruk kas oop) Blok jou patilê!

Willem: Baie snaaks! Dink julle ek speel wegkruipertjie vir my plesier? Weet julle

wat sê ou Skrikbewind als vir my!

Koos & Piet: Nee sê.

Page 62: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 62

62

Willem: My beenhare het skoon gerys: Hy sê ….. hy sê …. Nee, julle is nog te jonk

daarvoor!

Koos: Maar gedra jou soos ‘n fatsoenlike vrou, Willem!

Piet: Jy lok die man uit! En ons meisies!

Willem: Nou goed as ek nie goed genoeg is nie (Hy begin uittrek).

Koos: Wag nou eers, Willem!

Piet: Ja wag nou! Ons het dit nie so bedoel nie.

Willem: Nee, ek is nou klaar! En die strêppe en goeters knel my bloedsomloop. (Uit

rok).

Koos: Jy kan ons mos nie so in die steek laat nie!

Piet: Pasop! (Hy sien Skrikwekkend kom)

(Willem agter deur in).

Skrik: (In) Pardon, nou het u nie dalk die aanvallige mevrou Naudé hier êrens

gesien nie.

Koos: Sy staan agter daai deur!

Skrik: Ag, regtig!

Koos: Sonder haar rok!

Skrik: U weet meneer Joubert – u humorsin staan my nie aan nie. Waar is sy?

Piet: In die tuin, daar buite! Oral rond!

Skrik: Dankie, Piet! Jou kan ‘n mens nog glo. (Uit tuin toe) “Want ‘n ou Bok lus

mos groen blare…” ens. (Af)

Willem: (Loer uit kas) Is jy heeltemal mal!

Page 63: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 63

63

Koos: (Pluk deur oop) Ja! Willem! Nou trek jy hierdie rok aan.

Piet: (Help aantrek) Jy moet net, Willem!

Willem: Hoekom trek een van julle nie die ding aan nie! Ek begin nou op raak vir

die affêre.

Koos: Maar, Willem! Jy het die lyf!

Piet: En die kop vir die pruik!

Koos: En die delikate hande…

Piet: Waarmee hy ons meisies bevoel!

Willem: Ag nou ja! Dalk skuld ek julle iets!

Koos: Kry net vir ou Skrikbewind om toestemming te gee vir ons troues met die

meisies.

Willem: Nou goed! Maar dit gaan julle elkeen 6 bottels OBS kos!

Piet: Enige tyd – aan die einde van die maand.

Koos: Pasop! Hier kom die meisies!

-oOo-

Salie: O liewe, Mevrou …

Fienie: Hier is die dierbare tante!

Salie: Jou Pa is in die tuin iewers. Koos, sal julle omgee as ons bietjie privaat met

Piet se tante gesels?

Piet: Hoe privaat?

Willem: Ag, sommer so oor die ditjies en die datjies! Julle is verskoon!

Koos: Maar…… Tante?

Page 64: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 64

64

Willem: Skoert! Ons meisies het geheime om te deel. (Mans af) Ons wil net tussen

ons meisies wees.

Salie: Ag, Tante is so ‘n engel!

Fienie: So aangenaam om mee te praat.

Koos: (Buite) Ek gaan Willem se patella aftrap.

Piet: Steek eerder sy loef af (af). Gaan kry jou Pa! Hierdie tante kan nie alleen

gelaat word met die onskuldige sieletjies nie!

Fienie: Tante.

Willem: Ja, sê maar?

Fienie: U sien, Tante, ek en Piet … het mekaar verskriklik lief en…

Willem: Julle sal so graag wil trou nê?

Fienie: O, Tante!

Willem: O, ja!

Salie: En ek vir Koos net so lief!

Willem: O aarde, o ja! En nou?

Salie: Maar ons het my voog se toestemming nodig.

Fienie: En u, as Piet se tante, is tog sy enigste familie.

Willem: Ag, my kind! Gaan voort! Gaan trou! Vermeerder die Boerenasie. Natuurlik

het julle my toestemming!

Meisies: (Op en oor hom/soene, ens). Ag Tante! U is so dierbaar! So wonderlik! So

“cute”.

Willem: Ag, dankie! Julle ou dierbare sagte dingetjies! Bedank my weer!

Page 65: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 65

65

Meisies: Ag, natuurlik, Tante. Danke! Wonderlik!...

Willem: Ag, ek raak eintlik uitasem vir julle opgewondenheid! Ek spring sommer uit

my borsrok uit!

Fienie: Maar Tante. Ons het ook die Professor se toestemming nodig.

Willem: Vir altwee?

Salie: Ja!

Fienie: En hy is ‘n baie knorrige ou man! Ons moet sy skriftelike toestemming hê.

Willem: O! Skriftelik! A B C D (Skryf op haar hand).

Fienie: Tante, u kielie my??

Willem: Ag so fyngevoelig? En Salie moet jy dit ook skriftelik hê? A B C D E.

Salie: U kielie my ook!?

Willem: Ek kielie julle albei! So skriftelik! A B C D E! Is dit nie heerlik nie!?

Fienie: Baie lekker ja, maar Tante, u is die enigste een wat hom kan oorreed om sy

hand op papier te sit en toestemming te gee.

Salie: Ja! Net u!

Willem: Ag, my diertjies, ek het geen mag oor hom nie!

Salie: Natuurlik het u! U is so verstandig .. en aantreklik.

Willem: Raai!

Fienie: En so ryk!

Willem: Natuurlik! Al my ramme het goue stopsels!

Fienie: Ag, sal u probeer? (Hulle kielie hom)

Page 66: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 66

66

Salie: Asseblief!

Willem: Ag, hoe heerlik kielie julle my nie nou nie!

Fienie: U is ons enigste hoop.

Salie: U was tog ook seker eenkeer verlief, u weet!

Willem: Ag, ek is sommer nou weer dubbeld verlief!

Fienie: Sal u?

Salie: Met hom praat? Hom oortuig?

Willem: Ag, kindertjies ek is nou so gereed ek sal enigiemand oortuig. Bring die ou

Bok!

Salie & Fienie: Ag dankie, Tante U is dierbaar!

Willem: Is dit hoe mens dankie sê?

Salie & Fienie: (Soen hom op sy wange) Ekskuus Tante! Natuurlik!

Willem: “Salig hy wat in die lewe ….” Nou toe (Hulle is af). Ag hoe verlang ek nou na

my dierbare Elbie! Elbie! My Elbie!

-oho-

Skrik: (Op) Ag, Mevrou … my dierbare Mevrou! Hoe jag ek u spoor nie al die

heeldag lank nie!

Willem: O, Ek trap maar vreemde spore, Professor!

Skrik: O nee! U het ‘n huppel in u stap! ‘n Spoor der spore!

Willem: Nou kom ons vat ‘n dop op my spoor!

Skrik: Maar natuurlik, my ou Bokkie. Neem my arm!

Willem: Nee, ek terg net!

Page 67: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 67

67

Skrik: Maar, ek het soveel om u te sê!

Willem: Moet u dit dan nie maar eerder gaan neerskryf nie?

Skrik: O, maar ek het al! (Lees brief).

“Uit my maagdelike hart sien ek die lig uit eensame smart,

O, hoe ontluik die môreson!

Om u alleen... ja u alleen...alôm!”

Willem: O aarde! Versies? Van versies maak is ‘n broertjie van my oorlede.

Skrik: O, maar ek het veel dieper gevoelens!

Willem: O, gorrelgat!

Skrik: (Lees) “U wese is my ondergrond.....

Waar dwaal dan nou my diep gedagtes rond….”

Willem: O! Willehond!

Skrik: “Die nawel van u buik so rein…

verswelg my met ‘n hunkerend’ pyn!”

Willem: O, wyn! O, waar’s die wyn!

-oOo-

Tante: (Op) Professor Baron van Rheede?

Willem: O, hel!

Skrik: Ag, die Morkel vroumens! Alweer ontydig!

Tante: Professor, sal u so gaaf wees om my aan die dame voor te stel?

Skrik: Natuurlik! Mev. Morkel … dis mevrou Franciena Kakebeenwania Naudé.

Willem: Ag, nou ja…

Page 68: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 68

68

Tante: Ek wou u so graag ontmoet, Mevrou.

Willem: Nou hoekom?

Tante: Herken u nie my van nie?

Willem: Morkel? Morkel? Ha, het u nie meubels gemaak in u jong dae nie?

Tante: Nee! Ek was besonder goed bevriend met u man… u weet?

Willem: Werklik?

Tante: Ja! Ou Slap-Willem ….. u weet.

Willem: Slap-Willem? Nee u verwar my – ek het seker maar dieselfde naam…

Tante: Mariechen Kakebeenwania?

Willem: Wel, ek kom uit Hanover waar die ooie goue spene het.

Tante: Maar natuurlik! Wel daar uit Hanover se wêreld het ek ‘n Slap-Willem Naudé

geken … ‘n Baie intieme vriend van my..

oOo

(Koos , Piet, Salie en Fienie in)

Piet: Ag, nee!

Koos: Ontspan net!

Willem: Raai nê, die Antie sê sy ken my oorlede man! Intiem! Ag, hier is my ou twee

lammetjies!

Koos: Als in orde?

Willem: Natuurlik! Sy ken my oorlede man. Intiem!

Windvoël: Teetyd! Teetyd!

Page 69: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 69

69

Willem: Ag, mense! Daar is die tee!

Koos: Tante sit gerus aan die punt! Sal u so vriendelik wees om ma te speel?

Willem: Ek is net die tante!

Piet: Wil Tante nie vir ons skink nie!

Willem: O ja! Natuurlik!

Skrik: Ai, en ek was op die punt om ‘n deurbraak te maak!

Tante: Ek neem aan u is nog nie lank in die stad nie.

Koos: Praat oor iets anders! Koppie tee, Mev Morkel?

Tante: Dankie!

Koos: Skink!

Willem: Skink? (Hy sukkel sy alie af).

Willem: Hier is room! (Hy skink die room in Skrik se hoed)

Skrik: Allamagtig! En ek het ‘n paar note hiervoor betaal.

Willem: Ekskuus! Ek stel dit reg! (Hy neem die hoed, smyt room oor sy skouer en

skink nou weer tee in die hoed). Bietjie sterker vir u?

Skrik: Wel… dit pla my nie in die minste nie, skone dame.

Willem: Ag, hoe gaaf van u! Nog room?

Skrik: Ek het ‘n voorstel!

Willem: En ek het ‘n agterstel!

Skik: Ekskuus?

Koos: Nee, hy praat maar sommer!

Page 70: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 70

70

Skrik: Ek het ‘n voorstel! Ek nooi almal om op my rekening ‘n likeurtjie in die

Universiteitstuine te kom drink! Onder President Brand se voetsole!

Willem: Ag, hoe gaaf! Hoe gaaf!

Skrik: Ag, mevrou! Kan ek u daarheen vergesel? En u ook mev. Morkel?

Tante: Met genoeë! Kan ek my niggie saamnooi.

Skrik: U niggie?

Tante: Ja, mej. Elbie le Roux. Sy’s tans op avontuur soek in die tuine! So ‘n

pragtige plek!

Willem: Elbie le Roux?

Tante: Ja! Elbie le Roux

Willem: Ek is verdoem!

Tante: Verdoem?

Willem: Verdoem tot vreugdevolle herinneringe! Elbie! So ‘n mooi naam!

Skrik: Nou kom ons gaan!

Willem: (Tersy As Elbie my so sien! Verdoem! Dit spyt my Professor Rondomlelik,

maar ek het ‘n ander afspraak!

Skrik: Pardon?

Tante: Ag, hier is sy! (Elbie in)

Elbie: Is dit sy stem? Daardie stem?

Willem: Sy! Dit is sy! Wat ‘n vreugde! Wat ‘n tragedie! (Hy val in Skrik se arms met

sy rok opgetrek. Piet en Koos keer vir die broek wat uitsteek).

Page 71: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 71

71

Gordyn

OOo

BEDRYF 3

Wind: (In tuin – Met likeurglas en bottel. Hy het al vir hom geskink) Ai, maar die ou

professor Rondomlelik het die lekkerste soetlekker-blymaak goed! Pure

Richelieu! (Sien Willem) En nou? Wie’s die?

Willem: (In) Ek het flou geword en deur die badkamervenster gespring. Windvoël!

Gaan gee vir die mense die likeur en kry my gewone klere deur die

kamervenster!

Wind: Ai! Die een is uit en die ander een in! (Op pad deur toe)

Willem: Maak net so! Ek skuld jou ‘n wit hemp met moue!

Wind: Sjoe! Vanaand is Windvoël gedress. Ek soek daai een met die “double

cuffs” (Af en skink likeur binne vir gaste).

Koos & Piet: (In tuin toe vanaf voordeur) Waar die duiwel is jy?

Koos: Jy lê skaars op die bed …

Piet: Toe, drink jy verdwynpille!

Willem: Stellenbosch die roep my en ek moet gaan…..

Koos: Jy gaan nêrens heen nie!

Piet: Jy bly net hier!

Willem: Ag, regtig! Julle vry na die meisies en ek moet heelaand ou Skrikbewind se

voorstelle aanhoor! Weet julle wat sê hy vir my? Nee! Julle is nog te jonk!

Koos: Moenie so skreeu nie!

Willem: Ek skreeu nie! Ek is ernstig!

Page 72: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 72

72

Piet: Hoekom het jy weggehol?

Willem: Ek hou my fatsoenlik!

Koos: Fatsoenlik? Om deur ‘n venster te klim?

Piet: Of om ‘n hele kan tee in die ou buffel se hoed te skink? My Tante sou nooit

so iets doen nie!

Willem: Ek het krag vir verdediging nodig gehad! Ken julle die ware Skrikbewind?

Ek het gehol omdat Elbie daar is.

Koos: Elbie?

Willem: Elbie le Roux!

Piet: Die meisie van die ACSV?

Willem: Ja sy! My verlore geliefde!

Piet: Elbie? Van die ACSV-kamp.

Willem: Net so! Ek kan mos nie dat sy my so sien nie! Ek verkas!

Koos: Maar jy kan nie!

Willem: Ek kan! Kyk! Hier gaan ek!

Piet: Ons sal maar sê Tante se maag werk!

Koos: Ag, nee my magtag! Sê eerder ….

Willem: Haar ingewande draai.

Piet: Dis beter ja!

Willem: Sê groete vir Fienie en Salie! Sê hulle attensies het my verveel!

Piet & Koos: Wat?

Page 73: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 73

73

Willem: Ja, hulle is nog amateurs! Hulle kort leiding! Piet se tante se leiding!

Koos: Luister hier, ou perd! Wanneer laas is jou bek mooi blou gemoker!?

Piet: Slaan Koos! Ek staan agter jou!

Willem: Jammer, Menere, maar julle vergeet dat julle nog niks op skrif het van ou

Skrikbewind nie! So sterkte met julle trouplanne!

Koos: Ou Willem, ons speel maar net.

Piet: Wie sal nou vir jou wil slaan?

Koos: Asseblief! Net 5 minute Willem!

Piet: Net 5 minute om die knoop deur te haak!

Willem: O! Is dit wat hulle dit noem! Die knoop…. Nou goed! Maar dit gaan julle

vele bottels OBS kos!

Koos: Kom net terug!

Willem: Nou goed. (Op pad terug)

-oOo-

(Piet in)

Tante: Ek hoop nie u tante is soek nie, Piet?

Piet: Nee wat, sy het net êrens lug gaan soek!

Willem: (In) Ag, hoe heerlik bedompig is dit nie hier nie! Hallo mense!

Elbie: Is dit die tante? Goeienaand!

Tante: Ek dag reeds die lug is so vars! So koel!

Koos: (In). Presies. Die nat koel lug van die stad vang die tante van die droë

Karoo!

Page 74: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 74

74

Elbie: Wat van ‘n bietjie vlugsout, Mevrou? Om u asem te gee? (Sy druk Sal

Volatlie onder neus) Hoe voel u nou?

Willem: Hoog gevlogeld, dankie!

Elbie: (Weer) En nou?

Willem: Deuskant die maan! Hallo engeltjies! Wat maak julle daar??? (Sien Salie)

Hallo, jou ou Pronkertjie! Wanneer spring jou pitte uit?

Salie: O, aarde!

Elbie: Nog een? (Druk weer die sakdoek onder neus).

Willem: O, ek soek ‘n stoetery! ‘n Stoetery van faam! Ek’s lus en vry jou dat jou ore

hang!

Tante: Wêreld, maar die Tante is nie op haar mond geval nie!

Koos: Wat verwag u van ‘n vrou van ‘n veggeneraal!?

Tante: Generaal? ‘n Veggeneraal?

Koos: Ek bedoel ‘n miljoenêr.

Fienie: Is Tante nou weer reg?

Willem: So reg soos ‘n oorgehaalde roer!

Salie: Is u by u positiewe?

Willem: Positief, ja!

Tante: Nou vertel ons iets positiefs oor die vreemde geskiedenis wat u altyd so

graag van u man vertel het.

Elbie: Ja, asseblief! Ek is so mal oor u stem!

Willem: Die geskiedenis? Van my man?

Page 75: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 75

75

Tante: As dit u welgeval!

Willem: O, heng! (Improviseer) Nou ja, my man was maar ‘n stouterd in sy jong dae

hoor!

Tante: Mensig! Nou vertel my?! Seker uit sy rugby dae!

Willem: Net so! U sien u man, dis nou ou....

Tante: Slap-Willem.

Willen: Ou Slap-Tjips Naudé.

Tante: O, aarde!

Willem: Net so! Nou Slap-Tjips en Jan Pikkerel het gaan rugby kyk.

Tante: (Tersy). Ek neem aan dis Jan Pickard!

Willem: Jan Pickard. Net so! En Schalk Spannenberg. Nou hulle ry van Calvinia af

met ‘n ou Commerbakkie Nuweland toe!

Tante: En?

Willem: (Begin lag). Is dit nie snaaks nie!? Die skatryke Jan Pickard in ‘n Commer

bakkie!?

Tante: Ek neem aan dit was in hulle jonge dae!

Willem: Natuurlik! Een, twee en twintig!

Tante: En toe?

Willem: En toe wat?

Tante: Toe gaan hulle Nuweland toe van Calvinia af.

Willem: O!

Page 76: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 76

76

Tante: In die Commerbakkie. Jan Pickard en my Slap-Willem en Schalk

Spannenberg!

Willem: O ja! En halfpad in Moornaars'kroo toe stamp die ratkierie Jan Pickard se

knieknop jy weet … so (beduie).

Tante: Ja…

Willem: En dit irriteer hom en dit maak sy knieg seer en hy stoot die ratkierie weg.

Tante: My wêreld! En toe?

Willem: Maar elke keer kom die ratkierie terug en stamp hom weer op die bene!

Tante: Op dieselfde teer plekkie?

Willem: (Begin wind kry) Ja! En Jan Pickard vra vir Schalk Spannenberg of hulle die

besigheid nodig het – die ratkierie sien!

Tante: Natuurlik! Dis mos gelyk wêreld.

Willem: Net so! Wie wil nou ratte ruil in die Moornaars'kroo! En Schalk sê ons het

nie nou ratte nodig nie! En Jan Pickard pluk die kierie uit die boks uit en gee

dit vir Slap-Willem wat by die venster sit! En Willem draai die ruit oop en

gooi die kierie tussen Sutherland en Ceres op die Moornaars'kroopad by die

venster uit.

Elbie: Maar is dit waar, Tante?

Tante: Natuurlik my kind! Slap-Willem het dit so graag vertel!

Willem: (Nou heeltemal beïndruk, met sy storie) Maar mense! Toe hulle by Ceres

se berge kom toe vat-vat Schalk Spannenberg na die ratkierie om die eerste

bult te ry met die Commerbakkie.

Tante: En die kierie lê in die Karoo!

Page 77: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 77

77

Willem: Net so! U vertel asof u daar was! En Schalk Spannies vat die verlore kierie

mis en stamp amper die botteltjie mampoer tussen Jan Pickard se bene om!

So vat hy na die ratkierie! En Slap-Willem sê: Jong dis nie die kierie wat jy

daar beet het nie! Die Commer sal nie kan change nie!

Elbie: En toe, Tante?

Willem: Ag my kind! Ou Slap-Willem besef toe hulle sal op dale kan ry sonder ratte,

maar nie soos die Psalms sê: “Op berge en in dale nie.” Toe stop hulle.

(Stilte)

Tante: Is dit toe al?

Willem: Ag mens! Natuurlik nie! Hulle stap toe na die naaste boer toe en hulle luister

na die toets oor die radio!

Elbie: En toe?

Willem: Ag, my kind! En na die toets toe gaan slaap almal maar die stoute Slap-

Willem Naudé en Jan Pickard vat toe nog ‘n paar kappe uit die mampoer

bottel!

Tante: Werklik? Slap-Willem???

Willem: Ja! En die laaste ding wat die twee toe doen voor hulle omkap is om hulle

vals tande uit te haal en in die glasies met die Steradent te sit. Voor hulle

beddens!

Tante: Vals tande!? Wat vertel jy my nou! Ek het nooit eers geweet Slap-Willem

het vals tande gehad nie??

Willem: O, maar hy het! Schalk Spannenberg kan dit bevestig. Want toe Slap-Willem

en Jan Pickard lê en snork toe ruil Schalk die twee glasies tande om!!

Tante: Ag, aarde!

Elbie: Hoe wreed!

Page 78: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 78

78

Willem: En die volgende more toe Slap-Willem wakker word was die eerste ding wat

hy gedoen het om sy tande in te sit!

Elbie: Wat? Die verkeerde...

Willem: Ag kind! Hy het Jan Pickard se tande so probeer insit… en so.. en so… die

onderstes bo… en die agterstes voor.. en later voor die spieël probeer om

die rooispan mooi ingespan in sy mond te kry, maar sonder sukses! Die

goed het naderhand gelyk soos ‘n afgeskilde groenmielie wat jou wil

bespring!

Tante: (Nou self dik van die lag). En toe?

Willem: En toe sê Slap-Willem: “Ou Jan!! Schalk!! Word wakker! Ek sweer ek het

laasnag ‘n “stroke” gehad!

Tante: Wel, nou werklik! Ek het vanaand twee dinge van Slap-Willem geleer wat ek

nooit geweet het nie. Dat hy as totale geheelonthouer mampoer gedrink het –

en dat my intieme vriend vals tande gehad het!

Willem: Ja! So het ons manne maar ons geheimpies!

Fienie & Salie: Ag, hoe wreed!

Tante: Ja! As my dierbare vriend Slap-Willem net vanaand by kon wees.

Willem: Maar nou is hy gelukkig oorle Slap…

Fienie &Salie: Tante?

Willem: Ekskuus, maar dis mos waar. Oorlê Slap-Willem!

Tante: Hy het my altyd vertel hoe wonderlik u kon klavier speel en sing!

Willem: Werklik!!!

Fienie & Salie: Ag, nou speel dan vir ons iets, Tante!

Elbie: En sing vir ons u geliefkoosde lied.

Page 79: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 79

79

Willem: Ag aarde tog, meisies. Ek het so ‘n parra in my keel!

Elbie: Ag nee! Speel asseblief!

Willem: Ja die dokter het gesê my mangels is groter geswel as my manjeficus

mastitus!

Salie: Fienie: Ag toe....

Willem: Ag Poppies! Dis nou regtig nie nodig nie.

-oOo-

Skrik: Ag ja! Laat ons tog deel in u talente!

Willem: Ag, nou ja! (Voor klavier)

Skrik: Windvoël! Bring sigare – as die dames ons nie sal kwalik neem nie.

Wind: Reg, Kompressor!

Tante: Dis so ‘n interessante aand – ek al nie omgee nie!

Willem: Ek ook nie.

Skrik: Pla dit u nie?

Willem: Nee, geheel en glad nie. (Tersy) Ek sou wat wou gee vir ‘n trek.

Willem (Vir hulle) My bra knyp my.

Skrik: Hoe gaaf van u om ons toe te laat om te rook. (Vir Piet) U tante is werklik so

toegeeflik.

Piet: …. Ja …

Koos: Sal ons mans buite gaan rook?

Skrik: Ek sal by die tante bly.. dis tog so ongeskik om ‘n dame alleen te laat …

Page 80: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 80

80

Willem: O nee. Bly almal. Bly. Ek.. sal vir u ‘n liedjie sing of ‘n walsie speel.

Elbie: Ag dankie, Tante.

Fienie & Salie: Hoe wonderlik!

Willem: Nou ja! (Hy gaan sit voor die klavier) Wat sal dit wees? ‘n Fokstrot, wals of

‘n Square dans wals?

Tante: Speel maar net ‘n 3-slag wals.

Willem: Hier gaat hy (Hy sing). “As een twee drie, en vier vyf ses saam kon leer aan

‘n klavierles, dan’s een twee drie en vier vyf ses, die wenners van die

walsorkes! Mooi nê!

Salie: Pragtig! Kom ons wals mense! Kom, kom, kom!

Willem: Nou goed. Hier gaat ons! “As een twee drie, en vier vyf ses saam kon leer

aan ‘n klavierles, dan’s een twee drie en vier vyf ses, die wenners van die

walsorkes!

(Fienie dans met Piet, Salie met Koos en Windvoël met die doos sigare).

Groot: (Op) Maar dit lyk my hier’s ‘n partytjie aan die gang! Nou hoe lyk dit mev.

Morkel. Sal ons?

Tante: Met graagte… (Hulle dans).

Skrik: (Neem sigare by Windvoël en probeer aanbied). Hoe lyk dit met ‘n

sigaartjie? (Almal ignoreer hom).

Willem: (Hou op speel) So, ja!

Almal: Ag, nee!

Willem: Ag, ja! Fienie, kom vat oor. My walsies is nou op.

(Fienie vat klavier oor. Koos en Willem kom af om te rook. Willem dans met

Salie).

Page 81: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 81

81

Willem: Dis mos nou baie lekkerder.

Salie: U het ons beloof om my oom se toestemming te kry, Tante.

Willem: Natuurlik. Maar as hy my soen slaan ek sy voortande uit!

Salie: Sal u met hom praat, asseblief. Ons sal die mans buite toe lok.

Willem: Vat tog net die ou meisietjie, Elbie, ook saam.

Salie: As tante wil. Kom, kom, kom mense. Dit raak bedompig hier. Asseblief!

Kom ons stap saam en dan gaan rook julle in die tuin. (Mans en vroue af).

Ag dit was nou ‘n lekker aangename aand. (Hulle af).

Groot: Mev. Morkel, sal ons saamstap?

Tante: Wel, dit is ‘n mooi aand. Hoekom nie? Kom Elbie.

Groot; Ai! Elkeen het sy of haar blinkogie. Net sy nie.

Tante: Arme kind. So verlief op ‘n lank verlore droom.

Groot: Ag, die klink my so bekend.

Tante: Werklik. Vertel my.

Groot: Dis ‘n lang storie. Van dertig jaar gelede... (Af).

Willem: Ag, mense. Hier sit ek alleen, met ‘n bokram. Uit dieptes gans verlore.

Skrik: (Maak deur toe). Ag, mevrou. Uiteindelik alleen. Met hierdie drukkende

gevoel op my bors.

Willem: Daar kry hy dit weer.

Skrik: O, vreemde gevoelens van my hierdie hart. Ek voel hoe woel die kloppings

van my Vena Cava Interior…

Willem: O, ridder van die bos-beboste kloof u het my siel van hoop beroof…

Page 82: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 82

82

Skrik: Hoe nou?

Willem: U hou nie u beloftes nie. Dis dit.

Skrik: Ekskuus, o skone Dulcinea!.

Willem: Nee, Don Quixote. U as ridder het ek beloof om u toestemming te gee tot die

liewe kinders se huwelik.

Skrik: Maar, dit kan wag. Ons eie sake is tog nou op hande. Kom voel net hier hoe

pols my pulse!

Willem: Absoluut niks op aarde pols in u hande voor u nie u woord hou nie. Hou u

hande tuis.

Skrik: O, maar hoe wens ek nie...

Willem: (Tersy) O, hoe wens ek nie om u weerbarstige lippe tot barstens toe te slaan

nie. HOU U HANDE TUIS!

Skrik: Maar, hoe moet ek u benader? Wees tog genadig.

Willem: Staan daar.

Skrik: Waar?

Willem: Daar vêr.

Skrik: Ja, ja, ja?

Willem: Hoe beef u vlerke dan soos ‘n sywurmmot in paartyd? Hou dit stil.

Skrik: Ja?

Willem: En luister nou mooi. Ek sal nie… toegeeflik kan wees, voordat u nie u hand

op skrif gesit het dat die jongmense kan trou nie.

Skrik: Gee die papier dan teken ek.

Willem: Nee, ek soek u amptelike briefhoof en u stempel.

Page 83: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 83

83

Skrik: My stempel?

Willem: Ja. Op u briefhoof.

Skrik: Sal ek onse voornemens ook neerskryf?

Willem: Ja. Gaan skryf dit onder u stempel.

Skrik: Ag, Franciena…. Franciena. Jy gee my soveel hoop. (Af).

Willem: Goeie genade. Dit was amper! Nou kort ek ‘n ordentlike dampie. (Hy steek

sigaar aan). A Hoesanna, Hoesanna, Hoesee, jou liefling Havanna. (Hy

rook verwoed).

-oOo-

(Tante en Elbie op)

Elbie: Tante! Sy rook!

Tante: Laat ons alleen kind.

Elbie: Ek kry u jas (Af).

Tante: (In). Mevrou…

Willem: (Steek sigaar agter rug weg). Mevrou!!!

Tante; Wat ruik so na rook?

Willem: Oe,,, dit waai maar so van buite af in. Kom ek gaan sê hulle moet dadelik

ophou.

Tante: Nee. Bly. Ek wil met u gesels.

Willem: En waaroor nogals?

Tante: Oor u oorlede man. Ek het hom so ‘n interessante man gevind.

Willem: So met sy vals tande?

Page 84: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 84

84

Tante: Wel, dit het ek nooit geweet nie. Hoe het hy gesterf?

Willem: (Tersy). Ag aarde tog. Hoe het hy? Hy’t sommer net opgehou asemhaal!

Tante: Werklik!

Willem: Ja. Dis baie gevaarlik weet u!

Tante: Ek het hom geken as ‘n ware heer…. Sober gewoontes.

Willem: As hy nie rugby gaan kyk het nie, ja. Dan was hy ‘n ware sportsmaker.

Tante: Maar, praat ons van dieselfde man?

Willem: Miskien was dit sy vader. Die ou man met die bles en die vals tande?

Tante: Verskoon my, maar rook u?

Willem: Wel… ja. (Sigaar na vore). Op my reise deur Magelaan begin… Die

gewoonte om die muskiete weg te hou … u weet.

Tante; Werklik. Pruim u nie ook nie?

Willem: O ja. Net wanneer daar sparangietes in die land is. U weet in die … met al

die sparkiete. Vreeslik aansteeklik. En u? ‘n Sigaartjie? (Gee aan).

Tante: Nee dankie. Hoeveel kinders het u gehad?

Willem: O min. Waarvan ek weet. Ek het so baie rondgereis. ‘n Mens sal nooit

weet nie nê?

Tante: (Tersy). Kan jy nou meer. ‘n Deurtrapte skelm. Moeilike geboortes?

Willem: Uh....uh....uh....

Elbie: (Met mantel). Hier’s Tante se mantel.

Tante: Dankie Elbie. Ek gaan weer uit tuin toe. Het jy dalk die Kolonel gesien?

Elbie: Ja Tante, hy vra na u.

Page 85: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 85

85

Tante: Nou ja, dis koel kind. Bly jy maar binne terwyl ek gaan hoor wat hy te sê

het. (Tante af).

Elbie: (Gaan sit voor klavier). Ja, Tante.

-oOo-

Willem: Ag, uiteindelik alleen met haar en kyk net na hierdie toiings. (Wil af).

Elbie: Ag, ekskuus, ek het nie geweet ek speel so sleg nie.

Willem: Nee glad nie.

Elbie: Ek sal nie weer speel nie.

Willem: O nee, speel met my… ek meen speel vir my.

Elbie: Wat sal dit wees?

Willem: Wat van… ou ryperd?

(Sy speel hy dans en sing).

Elbie; Haai, daar’s iets so bekends in u stem.

Willem: O.

Elbie: Ja dit klink so bekend. Dit kan mens vertroue inboesem.

Willem: Ai, en ek boesem vandag juis so baie vertroue in.

Elbie: U herinner my aan iemand – iemand wat ek lank gelede op ‘n CSV kamp

ontmoet het.

Willem: Die kampmoeder?

Elbie: Nee, dit was ‘n jong man.

Willem: Ag, wêreld. En hoe het hy gelyk? Gaaf.

Page 86: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 86

86

Elbie: Baie.

Willem: Aantreklik?

Elbie: Verskriklik. Met so ‘n edel hart.

Willem: Ag, hoe fraai!

Elbie: En so goedhartig. Terwyl ek op die kamp was, kom my Pa daar aan en

vertel my dat hy al sy geld op die aandelebeurs verloor het en dat hy ‘n groot

som geld skuld.

Willem: Ag, hoe tragies.

Elbie: Die wonderlike jong man het daarvan gehoor en my pa se skuld by die bank

betaal sonder dat hy daarvan geweet het.

Willem: Ag, hoe gaaf. Hoekom sou hy dit doen?

Elbie: Wel… wel…

Willem: Ja?

Elbie: Ek… dink… ek dink hy was verlief op my.

Willem: Maar, natuurlik. Verskriklik verlief.

Elbie: Toe my Pa kort daarna oorlede is, kon ek die jong man nie opspoor nie.

Willem: Nou hoekom wou jy dit doen?

Elbie: Ek wou sy geld terugbetaal. My Pa het my goed nagelaat met polisse.

Willem: Maar, dit was ‘n geskenk verstaan.

Elbie: Maar, hoekom het hy spoorloos verdwyn?

Willem: Want… want… hy kon dalk dink... jy dink hy wou jou liefde koop.

Elbie: Regtig?

Page 87: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 87

87

Willem: Ja.

Elbie: (Betraand). En ek het gedink hy… hy hou nie meer van my nie.

Willem: Ag, kind. As jy maar net kon weet.

Elbie: Ag, Tante u is die enigste mens met wie ek my hartsgeheime kan deel.

Willem: Hou dit so my diertjie. Hou dit net so. Vir altyd.

Elbie: Nou goed. Vir altyd.

Skrik: (Op). Francientjie! Francientjie! O daar is jy?

Willem: Ja.

Skrik: En hier is ek, met alles onder my stempel!

Willem: So wraggies. Ag Elbie kind, ons praat later weer. Laat ek tog net hoor wat

treiter onse Professor so.

Elbie: (Af). Seker tante.

Skrik: Totsiens, jonge dame. Ek is so bly u verstaan dat grootmense soms

privaatheid nodig het.

Willem: Nou toe? Wat jeuk?

Skrik: Ek het die toestemmingsbriewe geskrywe Francientjie. (Hoed af). Hier is dit.

Salie en Fienie kan trou met Koos en Piet. Geteken Prof. Baron van

Rheede, Ph.D, Wysbegeerte Amster….

Willem: …. Dam. Maar dis pragtig. Gee hier, Professor.

Skrik: Ag, noem my sommer, “Frikkie”. Hier neem dit, ek kan u niks weier wat u vra

nie. Neem my alles!

Willem: (Briewe voor in rok). Die briewe sal vir eers voldoende wees.

Skrik: Kan ek tot hulp wees?

Page 88: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 88

88

Willem: Met wat?

Skrik: Met die briewe.

Willem: Ag nee wat.. Frikkie… Dis mos darem klaar onder u hand geteken, geplak en

getjap!

Skrik: En het u die huwelik oorweeg?

Willem: Trou gaan ek beslis trou, Frikkie, daarvan het ek drie minute gelede van

seker geword. Ek sien reikhalsend uit daarna.

Skrik: (Glo dit is hy). Ag, Francietjie! Ek ook. Ek ook! En jy is so reikhalsend. Ek

kan nie wag nie.

Willem: Ek is nou so opgewonde ek moet eers gou ‘n draai loop. (Hy probeer

wegkom)

Skrik: (Gryp haar rok) O, Dit kan wag!

Groot en Tante: (In). O, verskoon tog.

Skrik: Ag, tog! Al weer die Morkel-vroumens!

Groot en Tante: Sal ons...?

Skrik: Nee! Kom maar binne julle twee. Die slag is geslaan. (Willem af kamer toe).

Groot: So, wragtig?

Skrik: Ja, u het u Waterloo verloor, Kolonel. Sy’s myne.

Groot: Jong, ek het nie eers ‘n longdrop verloor nie. Hoe meen u nou?

Skrik: (Op pad uit). Ek is die gelukkigste man op aarde. Almal moet hiervan weet.

Sjampanje! Sjampanje. (Af).

Groot: Nou wat op aarde het die man oorgekom?

Tante: Maar, kan u nie raai nie? Hy het mevrou Naudé om haar hand gevra.

Page 89: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 89

89

Groot: Allakragtie! En so word die klein stokgogga ook sommer ‘n miljoenêr!

Tante: Hoe lyk dit of u spyt is, Kolonel?

Groot: Hoe nou?

Tante: Oor die miljoene wat so deur u vingers glip!

Groot: Soos ek gesê het, mevrou Morkel. Ek is beslis ietwat van ‘n behoeftige man.

My seun het my amper in die ou Tante ingepraat, maar deur die Genade het

jy toe op die toneel verskyn.

Tante: Haai en daar is ons albei so behoeftig.

Groot: Maar, biedêm dit. Geld is niks! Ek sal vir jou sorg. Ek het nog vir Grensdrif

... en hierdie twee hande werk ek vir jou deur. Ek het ‘n oog vir ‘n spekulasie

koei!. En ek sal sorg dat geen koei van my ooit weer deur die drif nie.

Tante: Dit klink of u baie planne het, Kolonel?

Groot: Ja. Nou het ek planne! Ek het sommer weer moed ook. Ek dit het alles te

doen met die ou Tante.

Tante: Hoe so?

Groot: Nee kyk. Was dit nie vir haar nie, het ek nie grootste ontsnapping in die

geskiedenis van veldslae bedink nie – en daar loop ek my toe in jou vas. Ek

is haar so dankbaar.

Tante; Ja. Is die Mariechen Kakebeenwania Naudé nie wonderlik nie.

Groot: Beslis. Nou hoekom glimlag u so?

Tante: Dit my geëerde Kolonel, is my geheim. Elbie! Kom hier kind. Ek wil jou iets

vertel.

Elbie: (In). Ja tante?

Tante: Kind, onthou jy dat jy gesê het “Waar daar lewe is, is daar hoop”?

Page 90: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 90

90

Elbie: Ja???

Tante: Wel, my kind, Mirakels gebeur nog!

Groot: Wat skinder julle?

Tante: Wag jy maar net!

Skrik: (Op met sjampanje en almal agterna). Mense, mense, mense. Vriende,

vriende, vriende. Staan tog nader. Kom in kom in, kom in. (Almal op

behalwe Willem. Algemene geroesemoes). Mense ek het ‘n aankondiging.

‘n Historiese bekendmaking om te beken … om aan te kondig. Vriende ons

is hier vergader (Soek Willem). Maar waar is mev. Naudé?

Wind: Ek dink sy’t gehol by die klein kamertjie, Professor.

Skrik: Ag, sy dresseer haar vir die geleentheid.

Almal: Watse geleentheid?

Skrik: In haar afwesigheid moet ek u die geheim meedeel. Onder haar teerdere

invloed het ek besluit om toestemming te gee dat Salie met die heer Koos

Joubert in die huwelik kan tree.

Salie: (Omhels hom) Oom Frikkie!!

Skrik: (Half verleë). Ja! Ja! Dan is dit nou so ….

Fienie: Jou tante het ‘n hart van goud!

Skrik: En daarmee gelyklopend vriende ook my konsente dat Fienie haar mag

verloof met die oog op die huwelik met die heer Piet hier teenwoordig,

Amen. Ekskuus.

Wind: Wragtig! Maar die Oubaas... hy kry kop hê?

Almal: Wonderlik, ens,.

Page 91: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 91

91

Skrik: Omdat ek as oom en voog, as oujongkêrel met professorale verpligtinge my

lewe in ‘n wrede, kille wêreld moes voer, het ek die treurigheid van ‘n

eensame lewe in die holte in my hart ervaar. Maar nou…. Maar nou het daar

‘n engel verskyn wat my die lig, die hoop en die lewe bring…

Piet: Wat gaan aan?

Skrik: Vriende. Ek het besluit om meneer Naudé te word. Ek bedoel ek het

mevrou Naudé gevra om Mevrou Professor Dokter Baron van Rheede, Ph.D,

Wysbegeerte, Amsterdam te word.

Groot, Salie & Fienie: Wonderlik!

Wind: Wragtag. (Laat skinkbord val).

Skrik: Vriende. Ek was laas so opgewonde in Standerd 4, derde kwartaal.

Sjampanje!

Piet: Professor.

Skrik: Sjampanje!

Piet: Professor van Rheede. Dit kan nie.

Skrik: O, maar dit kan. Dit kan. Sjampanje!

Piet: Professor.

Skrik: Ja, jonge man.

Piet: Professor. Die Tante is nie my tante nie.

(Almal) Wat?, ens.

Skrik: Wat bedoel u?

Koos: Sy’s nie Piet se tante nie.

Page 92: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 92

92

Skrik: Maar wat maak dit saak. Solank sy net mevrou Franciena Kakebeenwania

Naudé is. Uit Hanover waar al die skape goue tepels het!

Piet: Sy is nie Mevrou Naude nie. (Stilte).

Wind: Ek dink dis tyd dat ek gatskoonmaak.

Skrik: Hoe bedoel u, Meneer?

Piet: U sien… ons het…

Koos: ‘n Chaparone nodig gehad.

Piet; Toe vra ons …

Skrik: Een of ander straatvrou met ‘n klapperhaarpruik?

Groot: Hônou, hônou, hônou.

Tante: Ek dink u beledig mevrou Naudé darem nou kwaadwillig.

Skrik: Wat weet u, mevrou Morkel? Hou u hieruit. Ken u haar? Intiem soos ek?

Tante: Ek dink ek…

Skrik: Nee! Laat ek u sê. Die skepsel se baard is harder as myne.

Willem: (Klop). Kan ek inkom?

Skrik: Hoor daardie stem. ‘n Gans! ‘n Gans!

Almal: Professor.

Skrik: Man! Professor se gat! Smyt die gedrog hier uit.

Willem: (In) Ekskuus, kan ek binnekom.

Elbie: Willem?!

Willem: Elbie!

Page 93: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 93

93

Groot: Was dit jy? Willem! Die...Tante?

Skrik: Willem Moolman. Waar is my papiere. My konsente?

Willem: (Haal die briewe uit). Professor …. Ek …

Skrik: Man, Professor se gat. Gee my my konsente.

Almal: Maar professor…

Skrik: Gee my my konsente. Dis ‘n skande. Valse voorwendsels. Bedrog in die

hoogste graad. Gee my my konsente!

Tante: Verskoon my, professor Baron van Rheede. Daardie toestemmingsbriewe is

aan mevrou Franciena Naudé gerig en dit is haar eiendom.

Skrik: En daar staan sy in haar aandpak. Gee my ….

Tante: Nee. (Sy neem die briewe). Hier staan sy in haar volle glorie.

Almal: Wat?

Groot: Allakragtie!

Tante: Ja Professor. Ek is die Tante en die regmatige eienaar van die briewe, en ek

sal sorg dat u wense hier onderteken uitgevoer word.

Almal: Tante! Dis wonderlik, ens.

Groot: Maar kan dit waar wees? Franciena!

Skrik: Ek sal my bekla by die Rektor. ‘n Raad van ondersoek sal ingestel word. Ek

sal sorg dat alles op die lappe kom en hierdie studente geskors word. Almal!

Groot: Nou luister hier, ou Botterbul. Hol. Rektor toe. Alles sal hier openbaar word.

Ook jou attensies tot ons geërde Tant Willem.

Wind: Wragtag!

Skrik: Ek.. ek... Ek sal prosedeer!

Page 94: PIET SE TANTE ‘n Afrikaanse vertaling en verwerking van … · 2018-04-13 · (C) Nico Luwes Page 2 2 DEKOR Die toneel speel af in ‘n Universiteitskoshuis in Koos se Bungalow

(C) Nico Luwes Page 94

94

Groot: Nee, kom, ou vriend. Jy gaan niemand prosedeer nie! Kom ons tree nou

bietjie met Rheede op.

Skrik: Maar… maar….

Groot: Nie maar nie. Kyk hier om jou. ‘n Gelukkige Koos en Salie, nog meer so Piet

en Fienie, kyk dan daar vir Elbie en Tant Willem. Staan maar nader Willem

en vat die versie vas! Twee jaar was ‘n lang tyd.

Skrik: Dit kan nie. Dit kan nie. Die reël van hierdie Universiteit …

Groot: ...sal nie die liefde kan keer nie, my ou vriend. Hier sit ek self nou ‘n

Penariestraat hopeloos verlief op ‘n vrou met ‘n paar lastige miljoene. Maar

daaraan sal ek seker gewoond raak.

Skrik: Donner...dag! Here.. as u my sal verskoon. Ek het navorsing om te gaan

doen. (Hy stap deur toe) Nooit in my beskeie en eerbare lewe....

Groot: Van Rheede.

Skrik: (Steek vas in die deur).

Groot: Van Rheede! Kom nou... Bly hier... Hierdie hele ou lot is lief vir jou.

Wind: Ja, wragtag. En daar’s nog sjampanje!

Skrik: (Draai stadig om). Mense... Kragtens die magte aan my toeverleen.... is dit

my geoorloof om te sê… dat dit tyd is vir ‘n matige versnapering…

Sjampanje, vriende. Op Piet se Tante).

(Almal juig en die dames omhels hom en party begin).

(Universiteitslied speel en almal sing saam).

-oOo-