piketberger februarie nuusbrief
DESCRIPTION
nuus, piketbergerTRANSCRIPT
1
Jaargang 19 Nr. 1 022-913 1796
Piketberg se koerant
vir Piketberg se
mense...
Langstraat 58 Piketberg
022-913 1505 022-913 2410
Lees binne Onderwysers tree uit...p6 Kinderweek op Eende-kuil...p7 Trippe Trappe se Super Cool bootrit...p12 Fokus op...p13 Nobody’s Perfect Ballet-konsert...p15 PHA se graad 1’s...p16 Steynville se nuwe leer-ders...p17 PHS Kleure Atletiek...p18
www.piketberg.com
altyd u beste keuse...
R2,00
Februarie 2012
A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T
O N E S T O P M O T O R P A R T S H O P
P IK E T B E R G
0 2 2 9 1 3 1 9 3 9
0 2 2 9 1 3 2 4 0 4
Alle korrespondensie aan [email protected]
PHS Dinaledi Fokusskool
PHS se 2011-matrieks het weereens puik prestasies behaal met ‘n 100% slaagsyfer, ses gemiddelde A-kandidate en 58 vak A’s. As gevolg van vorige prestasies in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe is PHS aangewys as ‘n Dinaledi fokusskool vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Die ses
A-kandidate is agter Celia Brink, Anja Venter, Charné Augustyn, Maritza Conradie en Estelle van der Merwe. Voor sit Jacques Rossouw met mnre Charlie Mouton, onderhoof en Marius Scholtz, skoolhoof.
Foto: Lindie Jordaan
Bederf you geliefde met sjokolade, biltong/
droëwors of wyn hierdie VALENTYNSDAG en staan ‘n kans om ‘n
Romantiese Ete vir 2 by
Laffie’s Grill te WEN! Skryf jou kontakbesonderhede op jou
inkopiestrokie indien jy enige van die bogenoemde produkte gekoop het en
gooi dit in die inskrywingsbus voor in die winkel! Sluitingsdatum: 14-2-2012
500g Cheese Chicken Viennas
R13.95
Pork Texan R45.95/kg
Diced Bacon R49.95/kg
2
Redaksioneel
Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop
en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging.
Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer
023 232 0422 of 082 704 3276
Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die
buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)
Redaksie
Redakteur: Kenneth Smit
Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796;
Advertensiebestuur-
der: Margaret Smit 022-913 1777
Uitleg: Barbie Breunissen en
Kenneth Smit
Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter
Volblad: R435 Halfblad: R295
Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag.
DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD
GEBORG DEUR DOKTER SCHEEPERS.
Briewe van ons lesers... Elmirique Smit skryf… Eerstens wil ek almal 'n voor-spoedige nuwe jaar toewens en glo almal het goed uit-gerus die Kersvakansie. Vir my was dit een heerlike Kersvakansie asook 'n nuwe jaar. Ek was die Kersfees saam met my gasgesin na Hamburg, Duitsland, na die broer van die pa. Dit was 'n onvergeetlike Kersfees en met die beste kersgeskenk van my gasgesin af, 'n splin-ternuwe Nikon Coolpix kam-era om onvergeetlike herin-neringe te kan vaslê. Ons het Kersfees gevier net soos die Duitsers kan, heelnaweek Monopoly gespeel, gaan stap in Hamburg se park, heerlike ete op Kersdag en 'n Kersdiens in Duits by 'n kerk. Vanaf Duitsland is ek direk na Parys, Frankryk via Amsterdam met die bus. Wat 'n lang rit was dit nie. Dit was so 14 ure met die bus. Ek het Parys aangedurf saam met 'n au pair wat vanuit Amerika kom. Sy is nogals goeie reisgeselskap. Ons het vir drie dae in Parys rondgeloop, die Eifeltoring per hysbak op-gegaan, die Louvre besoek waar die bekende Mona Lisa skildery hang, die Arc de Triomphe wat net so ‗n belan-grike toeriste-aantreklikheid is naas die Eifeltoring, die kersmarkte besoek en geskaats met die Eifeltoring digby jou. Ons het ook besoek afgelê by die Notre Dame kerk, sjoe pragtig. Ons het ook die Moulin Rouge besoek en 'n bootrit op die Seine Rivier geneem. Parys is AMAZING, meer as wat mens sien in die films. Dis 'n moet besoek plek vir almal wat graag oorsee wil gaan. My 21ste was net so lekker, my gasgesin het vir my 'n lekker koek met 21 kerse gekry en die oulikste geskenkies ook. Ons het die hele middag gaan skaats. Dankie vir elkeen se mooi wense en boodskappe. Ek waardeer dit so baie. Volgende bestemming is België of Italië, moet nog kies. Geniet als wat mooi is in die nuwe jaar en gryp elke geleentheid aan wat na jul kant kom! Au Pair is iets wat ek vir enige meisie sal aanbeveel wat 'n brugjaar wil neem! NS. Ek sal 'n blog begin, dan kan julle meer van my reis-verhale lees Groete uit ‗n koue Holland
Die volgende Piketberger verskyn op 23 Februarie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen
Dinsdag 14 Februarie 2012 om 17:00.
Mighty Kids Arise 14 April 2012
Koester jou mense “Loop dikwels na jou vriend se huis; „n ongebruikte voetpad groei gou toe...” Heeltemal waar. Ek leen die aanhaling by die VLV se berig op p8.
Op Loslip word daar verlede week gesels oor hoog-tepunte van die afgelope vakansie. Ek kon nie ―saam ge-sels‖ oor interessante avonture, veraf paaie of eksotiese toeriste bestemmings nie...my vakansie het heel gewoon geklink, en tog was dit vir my interessant, kosbaar en ek beskou myself as ‗n begenadigde. Wat jaar na jaar oen-skynlik dieselfde is, soos kuier by die familie, om elke dag ‗n lekker ma-gekookte bord kos te eet, te swem in die see, ver ente te stap, ‘n boek te lees en ‗n jaar se stories met die niggies in te haal, word ‗n onverdiende guns alleen, ‗n onuitspreeklike voorreg en voel ek gekoester deur my ouers se gasvryheid, familie se liefde en aan-vaarding en die rustigheid van die bekende dinge. En heimlik was my vakansiebestemming eksoties! Ek voel of ek weer op die voetpaadjie geloop het en sover ek sien, loop daar nog voetpaadjies om oop te trap...
Marietha
3
Te Huur Koringberg—Klein gemeubileerde huisie, water en
elektrisiteit ingesluit. R2000,00 pm. 022 423 8015
Sel: 0767406395
Mien Lambrechts ontvang 'n paar sandale van Hanna-
tjie Steenkamp van Perskepot wat sy in 'n Green
Cross kompetisie gewen het.
Foto: Pierre Steenkamp
Perskepot Wenner Oudste katte
Nicoline Mostert, vroeër van Mossienes Piketberg,
skryf…
―Ek dink Kietie Kat en Patat was seker van die oudste wat
katte al geword het. Altwee katte het op Piketberg groot-
geword en altwee is 2011 (April en Julie 2011 onderskei-
delik) dood sonder dat hulle ooit siek was of enige onge-
lukke hulle getref het. Kietie Kat was Patat se ma, sy het
19 jaar en 9 maande oud geword en Patat was 18 jaar
oud. Ek het Kietie Kat in Oktober 1991 gekry terwyl ons
op Piketberg gebly het en Patat is in 1992 gebore. Altwee
katte het saam met ons van die dorp af plaas (Sauer Es-
tate) toe getrek in Mei 2005, waar hulle verlede jaar sag-
gies heengegaan het.‖
Onthou Tillies begin weer op 27 Januarie 2012 by die ACVV
Kantoor. Koffie, tee, eetgoed en marktafel teen billike
pryse.
4
Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak
Winkel 022-913 2418
022-942 1787
Riana Smit 022-942 1787
082 921 1977
Hoenderslaai met pynappel
1 blik pynappelstukke 2 koppies gerookte hoender, opgesny 1/2 koppie seldery, in dun skywe gesny 1/2 koppie rosyntjies 2 sprietuie, opgekap 1/3 koppie mayonnaise 1/3 koppie suurroom 1/4 teelepel mosterdpoeier Gemengde slaaiblare Meng hoender, pynappel, seldery, rosyntjies en uie in ‗n bak. Meng mayonnaise, suurroom en mosterd-poeier. Voeg slaaisous by hoendermengsel en be-dien bo-op slaaiblare of op ‗n toebroodjie.
Kekkel & Kraai
Langstraat 79
Piketberg
022-913 2297
deur Jannie Lategan
Feestafels versus diefstal: Vir weke voor die tyd is dit daardie "beplanning" wat in menige huishouding plaasvind om die Kers- en Nuwejaars-maaltye te laat kreun onder die oorlopende, stylvolle en ongelooflike braaigeregte en fyngebak waarmee die tafels letterlik mee opgestapel word. Is dit straks vir honger mense, sou 'n mens kon vra......helaas is dit juis vir diè feesganger wat by die noenmaal aansit, nodig om van slegte cholestrol stadig oor die klippe te gaan wat drank en kos betref. Tog, ten spyte van dit alles, word daar tydens die feesseisoen in oormaat gesmul aan ryk en ongesonde disse. Een feesmaal na die ander gaan verby en die oor-skiet vind helaas sy weg na die asblik. Watter verskriklike onreg word gepleeg terwyl die honger hand na binne ryk om, maar net tevrede te wees met 'n ietsie van die oorskot. Hoe word armoede en rykdom vriende in versoening? Hoe diep is die kloof tussen die wat werklik het en die wat werk-lik nie het nie? Hoe word hierdie diep kloof oorbrug? 'n Tafereël wat hom daagliks afspeel, nie net ter plaatse nie, maar selfs in die rykste lande ter wêreld. Paleis en plakker-skamp staan sy aan sy in Istandbul, Turkye. Oral is daardie groter wordende kloof tussen die wat het en die wat nie het nie. Reisigers bly in luukse oorde op eilandgroepe en word soos konings met koningskos getrakteer, maar onmiddellik buite die perseel, staan die honger en armlastige. Teenoor dit alles staan die euwel diefstal. Die vraag bly: Hoekom daardie naarstigtelike ontembare drang en begeerte wat dit ten doel het om ander se goed te steel en vir homself toe te eien. Ander se besittings dikwels sonder toestemming te neem ....in die meeste van gevalle wat die inbreker nie eens self kan gebruik nie. Is dit straks om dit, maar net te gaan verkwansel vir enkele rande? .....is dit vir brood, vir dwelms of drank? .......of sou dit tog vir brood aangewend word? Die ware verhaal ken niemand nie en ons kan die skuld op werkloosheid plaas .......of dit kan verreken word deur 'n eenvoudige ingesteldheid om net te neem wat nie aan jou behoort nie........waarskynlik of moontlik 'n modus operandi net om te steel sonder om die waarde van daardie artikels wat geneem word, se waarde te besef. 'n Tragedie is egter besig om hom af te speel terwyl daar aangesit en gesmul word aan die feestafels. Raar maar waar, is dit meestal die werksku mens wat hom daarin ver-lustig om te neem wat nie aan hom behoort nie. Wie is die argitek en boumeester wat aangestel moet word vir die bou van hierdie byna onoorbrugbare kloof? Feestafels en Dief-stal word vriende van mekaar en veral in die Feesgetye. ...eintlik twee ongelooflike teenpole. Die wens van hierdie rubriek is dat die feesmaaltye in 2012, spreekwoordelik sal kreun onder die kos en dat daar ook aan die wat nie het nie gedink sal word in uitvoerende terme. "Seën ons by die gebruik van hierdie liefdegawe en dink aan hulle wat minderbevoorreg is".
Anthea Delmotte, bekende en hoogaangeskrewe kun-stenaar en eienaar van AntheA Delmotte Galery op Piketberg is onlangs aangewys as naaswenner in die Weskus Toerisme-toekenningsgeleentheid se Toeris-mepersoonlikheid van die jaar. Lees ons volledige onder-houd met haar in ons volgende uitgawe.
Anthea se toerisme
Froggie, Green Cross en Tsonga skoene beskikbaar
Groot Someruitverkoping
5
Winkelshoek
Aroma het in Desember verskeie kompetisies geloods en die wenners word hieronder bekend gestel.
Baie geluk aan almal!
Links oorhandig Hestrolene van
Aroma die Namaqua geskenkpak
aan Me.Anna Julies.
Regs is ‘n trotse Mnr. Lionel New-
man wat die Heineken kompetisie
gewen het.
Elroy Small oorhandig links die
Strongbow aan Me.Dorothy Masiza,
bo die Black Label pak aan Edo
Mostert en links die Wellington pak
aan Mnr. Tommie Calldo.
Baie geluk ook aan Mnr. Wayne
Salie wat die Amstel iPOD docking
station gewen het en aan Me.
Jeannie Broad wat die Savannah
geskenkpak gewen het. Die wen-
ners was ongelukkig nie teen druk-
tyd beskikbaar vir ‘n foto nie.
Bo oorhandig Cathleen Ockhuis
die Castle pak aan Mnr.Lionel
Rosenberg.
Bo oorhandig Cathleen Ockhuis
die Johnnie Walker geskenk aan
Me. Sophia Dietrich.
Baie geluk
aan al die
wenners!
6
022-913 2646
Ons is nog steeds u
Nommer 1 voorsiener van
die nuutste DVD’s
Dankie vir u
volgehoue
ondersteuning!
Kom loer in om ons
“specials” te sien!
MEDIESE PRAKTISYNS
Drs Smit & Morrison
Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG
7320
022-913 1172 alle ure / all hours
022 913 1907
Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri
Sat 08:00 - 13:00
Nuwe onderwysers by PHS is agter Christelle Span-genberg (gr 4 en 5 Afrikaans en Engels), Dalene Con-
radie (gr 8-10 Afrikaans), Vasti Grobbelaar (Lewenswetenskap) en Sanri Joubert (gr 10-12
Geografie). Voor is Jani Hougaard (gr 3), Wian Koch (gr 10-12 RTT) en Sanet Ackermann (gr 8-10
Wiskunde). Foto: Marietha Goosen
Madelie Burger, Pierre Steenkamp en Nolie Eksteen het einde 2011 as onderwysers by PHS uitgetree.
Madelie het na ‗n paar aflosjare amptelik in 1997 weer
begin skool hou en Aardrykskunde en Rekenaarstudie
(later RTT) onderrig tot einde 2011. Dit was vir haar heer-
lik en ‗n voorreg om by PHS skool te hou. Sy sal al haar
wonderlike vriende en die pragtige, vriendelike, omgee-
kinders mis. Pierre was vir 14 jaar aan PHS verbonde.
Hy het in die tydperk die volgende vakke onderrig. Natuur
-en Skeikunde, Wiskunde, Lewensoriëntering, RTT,
Rekenaar Geletterdheid en Wiskundige Geletterdheid.
Nolie het sedert 2002 verskeie vakke aangebied,
waaronder Afrikaans, Geskiedenis, Geografie, Kuns en
Kultuur en Lewensoriëntering. As oudleerling van PHS
was dit vir haar besonders om in dieselfde klaskamer te
werk waar sy by oom Fanie le Roux Duits gehad het. No-
lie se amptelike verbintenis met PHS verstryk einde van-
jaar wanneer haar jongste, John, die skool verlaat. Dit sal
dan van 1969, haar Sub A-jaar by juffrou Bester, wees tot
einde 2012. Foto: Marietha Goosen
PHS kry nuwe onderwysers
Sout van die aarde tree uit by PHS
7
4U VERVOER
vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …
6 ton en 8 ton platbak vragmotors
2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie
Nou beskikbaar:
Tuinsand en plaas-
mis teen
billike pryse
Voldoende transito dekking. Vooraf
bespreking noodsaaklik.
Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie
082 660 2470 022-913 3984
Ons reël alles en maak die kos.
Ons maak u funksie vir u maklik. Reël
alles van begin tot opruim.
Verskaf alles (kos, eetgerei,
alle glase ens.)
Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys
VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE
EK KAN SPOG MET DIE WORS
Digger Loader werk
Uitgrawe van grond en sand
Skakel Adam 078 148 1771 of
Fourie Lötz 082 660 2470
022-913 3984
PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34
2 Spitbraaie en/of -braaier te huur
Tuisgebak ook beskikbaar
Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde
abattoir geslag is
Kinderweek op Eendekuil Beatrix Mouton, Getuieniskommissie Eendekuil, skryf... Graag deel ons met elkeen wat saam gebid en gewerk het, ons ervarings van ons Kinderweek 2011. Vir die af-gelope 17 jaar is ons elke Dinsdagmiddag saam met van die kinders van die Gemeenskap van Eendekuil om God en Sy Woord beter te leer ken. Die behoefte om saam met die kinders Bybel te lees raak al groter, maar ons besef die meeste kinders het nie hulle eie Bybels nie. ‗n Droom word gebore!! Helderberg-gemeente in Somerset-Wes se KIX begin deur ‗n wakkerbly-aand te hou om By-bels te borg, maar ons het R15 000+ nodig vir die 300 Bybels. Leë pillehouertjies word by ons gemeente uit-gedeel, mense gooi hul kleingeld (en dikwels note ook) daarin, bring dit terug en neem ‗n volgende leë een. Daar kom ‗n stewige bydrae uit die Sinodale Kantoor se Reser-wefonds en 15 Bybels gratis van die Bybelgenootskap en teen 1 November 2011 koop ons 310 Bybels en 100 Kin-derbybels (vir die voorskoolse kinders). Daar kom selfs bydraes van buite Eendekuil. Dankie Vader God, U is groot. Tannies van Eendekuil, mammas uit die gemeen-skap en tieners kom help ons om die Bybels oor te trek en elke kind se naam in te skryf. Ons gebed is – Here net soos wat ons hierdie name voor in die Bybel skryf, skryf U asseblief hul name in U handpalm. 6 Desember 2011 breek aan en ons ontvang 400 kinders van Eendekuil Primêr en Laerskool Eendekuil. Wonderlik om Kinder-bond en KIX kinders saam te bedien. Vir die volgende drie dae ervaar ons groot genade deur koeler weer en baie van God se guns op ons. Een van ons hoogtepunte elke jaar is die tieners, studente en tannies wat opdaag
om elke dag vir elke kind ‗n onvergeetlike ervaring te maak. Tieners en studente wie se lewens getuig dat God se Woord die lamp en lig vir hul pad is. Hierdie jaar het ons Bybel gelees. Elke kind het Joh 3 vers 16 self onder-streep. Ons bid ook elke dag vir een van Geopende Deure se vervolgde kinders. Ons het ook heerlik gesing en gespeel en koeldrank en lekkers geniet. Baie baie dankie aan Eendekuil se Gemeenskap – dit is ‗n voorreg om lid van so ‗n liggaam te wees. Dankie vir elkeen se gebede en bydrae. Foto‘s: Beatrix Mouton
8
Minimax Vervoer
Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,
losmaat asook bourommel en vullisverwydering.
Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)
Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en
Ligter voertuig met sleepwa
André Yardley 079 994 5435
Die Vroue Landbouvereniging van Piketberg herdenk op 23 Mei vanjaar haar 80ste bestaansjaar. Alle dank aan ons Hemelse Vader vir vroue, uniek geskape met gawes en vermoëns, wat hierdie tak help bou het. Alle eer aan Hom vir elke voorreg, geleentheid en uitdaging aan el-keen wat ‗n pad met VLV gestap het. “Ek gaan op my pad deur die lewe net een keer. Laat my daarom elke opregte daad van liefde wat ek kan, nou doen; Laat my dit nie uitstel of nalaat nie, want ek sal langs dié weg nooit weer gaan nie” Etienne de Grellet VLV lede nooi dames om hul maandelikse byeenkomste by te woon of by hulle aan te sluit en lid te word van ‗n vereniging met volwasse opvoeding en gemeenskapsbe-trokkenheid ten doel. Hou die datums van byeenkomste op die NG Kerk se almanak en kennisgewings by die munisipale biblioteek dop of kontak Dinette Lochner (sekretaris) by 083 564 5643 of Riana Richter (voorsitter) by 083 455 1022. Die eerste byeenkoms vanjaar word beplan vir Donderdag 16 Februarie om 14:30 in die Piketberg Museum. Adelé Cruywagen, betrokke by die Eenheidsklas by Steynville Primêr, sal gesels n.a.v. haar ervaringe in haar buitengewone beroep as onderwyseres vir kinders met gestremdhede. Alle dames welkom! VLV van Kaapland se jaartema vir 2012 is ―Bou ‗n Brug‖ en die projektema, ―VLV raak harte en hande”. Die 2012 bestuur en lede van VLV Piketberg wens die gemeen-skap ‗n seënryke en voorspoedige jaar toe en bedank die volgende persone en instansies hartlik vir hul ondersteun-ing, vriendskap en omgee vir die vereniging: Avroy Shlain
Die Bestuur van VLV Piketberg vir 2012 is agter v.l.n.r.: Marlize Rossouw (Landbou en Tuinbou), Frannie Botha
(Leefstyl en vise-voorsitter), Antoinette Smit (Opvoeding en Kultuur), Stella van Niekerk (Gesondheid), Marthie du Toit (Openbare Sake en sameroeper van VLV projek Vroue van
Môre), Dinette Lochner (sekretaris), Doreen du Plessis (Kunste en Handvlyt) en voor: Nicoline Brown (tesourier)
en Riana Richter (voorsitter) Afwesig: Dete Hanekom (addisioneel). Foto: Berenice Scheepers
Vroue Landbouvereniging Joan van Kraayenburg, Boland SuperSpar, De Berge Gastehuis, Dup Meubels, Foto First, Gee-C-Es, Keyah Skin & Body, Kochelmanders, La Petite, Liebco, Mountain Creek Spur Piketberg, Oregon & More, Perskepot Bou-tique, Piketberg Drukkers, Praktika, Pulpetaan Gastehuis, Dr Sam Scheepers, Skoonheidsalon Sanet, Stella van Niekerk Nail & Suncare, Sweets Mania, Tandartse Piketberg en Total Winkelshoek. Iemand het gesê: ―Loop dikwels na jou vriend se huis; ‗n ongebruikte voetpad groei gou toe‖. Mag die gemeenskap van Piketberg voet-paaie ooptrap in 2012!!
9
REG. NO. 2006/152059/23
Professionele Installeerders van
Warm Water Verhitting Swembad Verhitting
Die Tyd is Nou: Die toestel wat help om jou swembad langer Om die grootste krag gebruiker in u Huishouding te gebruik deur die jaar. met tussen 60 – 80% te sny. Die son word gebruik as gratis verhitter. Ons natuurlike hulpbron, die son, is ± 89% van Die swembad is ‗n plesier, maar kan ‗n die jaar beskikbaar en gratis tot u diens. groter plesier wees. Sit daardie ekstra paar rand terug in u begroting en laat die son die werk doen.
*Geen Middelman, *Personlike Diens, *Bekostigbare Installasies, *15 Jaar Paneel Waarborg
Die Maatskappy doen die werk omdat dit ‘n passie is, nie net nog ‘n werk nie.
Ons dien die gemeenskap met die beste.
Areas: Piketberg, Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Velddrift, Hopefield, Langebaan, Darling, Malmesbury, Saldanha, Vredenburg, Laaiplek, St. Helenabaai en omliggende dorpe en plase.
Vir Enige Navrae Kontak Shane Capes Cell: 079 475 6016 Faks: 021 945 1529 Epos: [email protected]
10
Nutsman
Enige herstel werk in en om die huis Hang van deure
Inbou van vensters en deure
Sweiswerk
Installering van kragproppe, ligte en geysers
Verfwerk
Loodgieterwerk
Dakke wat lek
Sakkie Koegelenberg
078 276 2065
Nag Ou Grote Einde 2011 is Piketberg Hoërskool se ou bekende bus vir die laaste keer in sy garage getrek. Wanneer dit weer uitgetrek word, sal hy in 'n volgende leeftyd ingaan. Die
Piketberger plaas spe-siaal hier-die foto vir alle oud-l e e r d e r s wat moont-lik heim-weë het en kan terug-dink aan m e n i g e
voorval en staaltjie. Die bus is destyds tweedehands op huurkoop aangeskaf teen R28 000 en deur Thys Basson, wat steeds op Piketberg is, in Johannesburg gaan haal. Persone wat gereeld die bus oor die jare bestuur het en leerlinge veilig van Punt A na Punt B gebring het, is André van Ellewee, Cecil van Wyk, Deon van Dyk, Han-nes Lambrechts, Jacques Schreuder, James Roelofse, Laggies Gelden-huys, Le Roux van Wyk, Neil Viljoen, Thom as de Kon ing, P ier re Steenlamp, Peertjies Liebenberg, Anton van Rooyen en Rossouw van Niekerk. Cecil van Wyk (foto regs), het alleen ongeveer 200 000km af-gelê. Foto‘s: Marietha Goosen
11
Piketberg Museum Nuus
Onder die leiding van Sannie Klaase het 14 van Steynville Primêr se opvoeders die Piketberg Mu-seum op 9 Desember 2011 besoek. Dit was 'n baie leersame en lekker besoek waartydens Elizabeth
Coetzee hulle meer oor Piketberg se geskiedenis en hoe die museum tot hul kurrikulum van 2012 kon by-dra vertel het. Van die oud Piketbergers in die groep kon op hulle beurt weer brokkies inligting uit hulle
verlede met Elizabeth deel.
As deel van die
Piketberg Olimpiese
Spele 2011 het 63
kinders en vier
spanleiers die
Piketberg Museum op
15 Desember 2011 be-
soek. Die besoek is
deur Jerome Smit, die
organiseerder van die
Spele, gereël.
Die bekende kliniese sielkundige, skrywer en mo-
tiveerder, dr ST Potgieter, was die gasspreker by die
onlangse afsluitingsvergadering van die Piketberg VLV-
tak. Dr Potgieter het die groot gehoor geboei met sy raad
oor die hantering van krisisse en die wyse waarop jy die
lewe en sy uitdagings aanpak.
VLV Jaarafsluiting
Saam met Dr S T Potgieter op die foto is Riana
Richter (voorsitter) en Dinette Lochner (sekretaresse).
Foto: Berenice Scheepers
Yskas, Vrieskas &
Lugverkoeling (voertuig en residensieël)
Herstel,
Installasie en Hergas
Kontak:
Henk Pieters 071 583 6164
Woman Alone Foundation sê dankie
Die Woman Alone Foundation het 'n dankie-sê
geleentheid gereël waar van die produkte wat deur
die jaar gemaak is, uitgestal is. Om aan dié or-
ganisasie te behoort, beteken dat jy in jou vryetyd
baie leer en jou gees verryk. Op die foto is die lede
van die Woman Alone Foundation Trust. Agter Joyce
van Rooy, Annabelle Lawrence, Dannelene Noach en
Joan Booys. Voor is Joan Links, Lena Sofat, Jenny
Klaasen en Eileen Johnathan.
Foto: Marietha Goosen
Foto‘s: Elizabeth Coetzee
Onthou om te herwin
12
Trippe Trappe se Super Cool bootrit
Foto‘s: Kinna Rossouw
13
Splinternuut uit die Hugenote Kollege op Wellington, splin-ternuut in Piketberg by 'n splin-ternuwe werk, is Jaendri Smith van Middelburg in die Oos-Kaap. Jaendri is as Maatskap-like Werker gekwalifiseer en het die pos as Maatskaplike Werker by die ACVV aanvaar. Jaendri is reeds tuis en vind almal in haar omgewing aan-genaam. Baie welkom—Red.
Nuwe uitdaging vir Jaendri
Jaendri Smith
Foto: Marietha Goosen
André van Zyl en Annalize Fox is op 5 November 2011 in die NG Kerk Piketberg getroud. Die onthaal was by De Berge Gastehuis Foto: Giliam Olwage
Johan van Lill en Hendrien Joubert is
op 17 Desember 2011 in die NG Kerk
op Montagu getroud.
Foto: Germinate
Fokus Op...
Die Liefde
Nuwe Maandelikse Fokusblad ‗n Nuwe jaar bring nuwe planne en geleenthede. Hierdie maand begin ons met ‗n splinternuwe blad wat fo-kus op ‗n spesiale geleentheid. Hierdie maand fokus ons op die liefde aangesien Februarie die maand van liefde is. Ons versoek ons adverteerders/voornemende adverteerders om ‗n spesiale advertensie op hierdie blad te plaas. Moontlike ―Fokus op…‖ blaaie vir die res van die jaar is Maart-Dieresorg; April-Jou Kind; Mei-Moedersdag; Junie-Vadersdag; Jul ie -Mediese sorg/ l iggaam/fiksheid; Augustus-Die vrou; Sep-tember-Huis en Tuin; Oktober-omliggende dorpe/coffee shops/oornagplekke; November-Jou motor en Desember -Vakans iep re t /Kersfees. Indien u ‗n spesiale diens of produk
in een van hierdie uitgawes wil adverteer of natuurlik ook enige an-der uitgawe kan u gerus vir Marga-ret Smit kontak by 022-913 1777 of
u kan ‗n e-pos stuur na [email protected]
Wolwekuil en CANSA bied aan 'n aand saam met
Andries Vermeulen Datum: 25 Februarie 2012
Tyd: 19:00 vir 20:00 Plek: Wolwekuil Piketberg
Koste: R100 p/p sluit 'n ete in Kontakpersone vir kaartjies:
Mirina 072 399 5447, Tertia 083 229 7433, Corene
022 913 2007, Piketberg Apteek: 022 913 1600. Kontantkroeg (geen eie drank) Wynveiling ten
bate van CANSA. Ook rugby memoribilia, geskenkbewyse en gelukkige trekkings.
Februarie is die maand van liefde
Bederf jou geliefdes op Valentynsdag—Dinsdag 14 Februarie
14
Al weer sulke tyd
- magdaleen van zyl - As ek by my ma kuier, dan kla sy altyd so ‗n rukkie lank omdat ek te min met haar praat en my neus alweer in tyd-skrifte begrawe is. Ek koop nie eintlik tydskrifte nie, so as ek by hulle kuier, lees, of altans blaai ek al die stapels
deur wat opgehoop het vandat ek laas daar was en dis nogal lywige hopies van al wat ‗n bekende en onbekende tydskrif. Die goed oor naaldwerk en handwerk ignoreer ek natuurlik summier, want almal weet tog ek kan nie eens ‗n knoop aanwerk nie, maar dan is daar nog steeds ‗n hoërige hoop. My pa raak gou kriewelrig vir enige iets wat net lyk na ophoop en bied dadelik aan dat ek sommer als kan huis toe neem, tot my ma se misnoë wat nog die helfte van die tydskrifte wil deurblaai en die ander helfte se resepte en wenke moet sy nog uitskeur. Ek dink laas-genoemde gebeur net nooit, maar dit is in haar gedagtes. So blaai ek nou vanaf die afgelope maand weer ekstra getrou in al wat ‗n tydskrif is, want dit is alweer daardie tyd van die jaar: swembroek-soek-tyd! Mmmmm……… dis nogal nie vir sissies nie. ‗n Bladsy vol swembroeke vir mense met ‗n appel-figuur. Dan ‗n bladsy vol swem-broeke vir mense met ‗n peer-figuur. Ek voel of ek som-mer ‗n hele vrugteslaai verteenwoordig, en kan my lyf nie in enige van die voorgestelde swembroeke sien nie. Als lyk vir my so mikroskopies en die modelle se baba-piesang-figuurtjies help ook nie eintlik nie. Nee-wat, my ou swembroek moet maar doen. Een van my oues, ek het ‗n paar. Ek is eintlik geholpe, dink ek! Ag, ek voel net te dankbaar dat ek nie deur die winkels hoef te dwaal vir ‗n swembroek nie. Ek hou mos hoeka niks van shopping nie. Terug by die huis, kos dit omtrent grawe in my kas om die ou swembroeke op te spoor. As jy die een sien, sal jy verstaan hoekom ek gesukkel het om dit op te spoor: die bostuk(KIE) lyk soos twee posseëls met ‗n ver-bindingskoord en die onderstuk lyk soos ‗n klein koevert-jie. Wanneer het ek dit gedra? In standerd twee of wat???? Dis nogal so ‗n swart ―leatherlook‖ besigheid. Dan is daar ‗n rooi nommertjie wat ek nie lekker onthou nie en ook nie verstaan wat van my daarin gegaan het nie. Ek laat myself nou bietjie ‗gewaagd‘ klink en moet myself nou eers daaraan herinner dat ek op ‗n stadium wel 50kg geweeg het. Lank gelede. Dis lank terug, so konsentreer op die hede: dan is daar ‗n ander, skaflike swembroek wat nogal pas ook, maar so deurgeskif is van die chloor dat ek dit summier moet weggooi, ai, net toe ek dink ek het nou die swembroek-krisis opgelos. Ek lê later op my maag om doer in die agterste hoek van die onder-ste kasrak te grawe en kom sowaar op nog twee swem-broeke af. Een is bietjie uitgerek, maar kan darem seker doen hier in my eie swembad (gelukkig duik ek nooit woes nie!) en die ander een is sowaar nommer pas. Kan een enkele vrugteslaai-figuur dan nou so gelukkig wees. Maar verstaan my mooi: net soos baie van julle se swem-broeke is dit wel nommerpas, ek sê nou net nie hoe ek daarin lyk nie!!
Piet Bruwer se stories vervolg…. deur Pierre Steenkamp
Die grootste rotskuns tekening in die wêreld. Ek en Piet het een aand Kaapstad toe gery om na ‗n be-spreking oor rotskuns vanoor die hele wêreld te luister. Gedurende die aand is ‗n dokumentêre film gewys wat handel oor die ooreenkomste en verskille tussen die rots- kuns in Suid-Afrika en die in Australië en Frankryk. Daar is ook parallelle getrek tussen die manier hoe die sja-mane mense geteken het wat in vervoering was en hoe die renaissance skilders heiliges met ‗n stralekrans bo hulle kop geteken het. Piet vertel my toe dat daar in een van die koppe wat uitkyk oor Verlorenvlei, ‗n oorhang is met ‗n skildery van drie buffels. Een van die buffels is van sy kop tot sy stert ongeveer twee meter lank. Hierdie twee meter lange buffel is blykbaar die grootste rots-tekening in die wêreld. Die meeste rotstekeninge bevat slegs klein figuurtjies en daarom is hierdie tekening uitsonderlik. Piet vertel dat die tekening deur ‗n man wat op soek was na een van sy skape, ontdek is. Die man was blykbaar baie moeg nadat hy die kop uitgeklim het en het op ‗n klip gaan sit met sy rug na die Verlorenvlei en sy gesig na die rotswand. Voor hom het hy behalwe die kleiner figure van mense en elande ‗n interessante okerkleurige ronde kol gesien. Hierdie kol was vreemd omdat hy nog nie iets soortgelyk onder rotstekeninge ge-sien het nie. Hy het effens agteruit beweeg en skielik be-sef dat die kol saam met ander lyne op die rots ‗n groot skets van ‗n buffel is. Nadat hy die eerste buffel kon uit-maak het hy nog twee verdere buffels kon herken. As ‗n mens voor hierdie tekening sit dan kry jy amper dieselfde gewaarwording as wat jy kry wanneer jy na een van die 3-D tekeninge kyk wat soms in Die Huisgenoot verskyn. Die een oomblik sien jy nog niks en ewe skielik sien jy die prent duidelik. Met die buffel se skets is dit ook so. Die een oomblik sukkel jy om die buffel raak te sien en die volgende oomblik staan hy glashelder voor jou.
DUP MEUBELS
Soek!!!!!
Strooi om te baal!
Skakel Michael Smuts 083 603 0007
Mnr D van Wyk en
Mnr C Adams het elk
‗n Pioneer DVD-speler
gewen in Dup Meu-
bels se gelukkige trek-
king kompetisie. Dup
bedank elke pesoon
vir hul volgehoue
ondersteuning en in
besonder aan die
onderskeie pryswen-
ners. Jacques Du
Plessis oorhandig die
pryse aan die wen-
ners. Dup Meubels se
personeel wens almal
n voorspoedige 2012
toe.
Foto‘s: Doreen Du
Plessis
15
Nobody’s Perfect Balletkonsert Die leerlinge van Biddy Langenhoven Balletskool het die geleentheid gekry om self die choreografie vir hulle kon-sert te doen. Hul oorsrponklike en oulike choreografie het gesorg vir ‗n baie vermaaklike program.
Jomari Rossouw Marianne van der Merwe
Christine van der Merwe
Petro Grundlingh, Janke van Schalkwyk, Ané
Rheeder en Carli Rossouw
Jané Eksteen Andrea Visser
Carina Smit en Yvona Louw
Foto’s: Kinna Rossouw
KLEREHANGERS Die ACVV benodig klerehangers. Indien u beskikbaar
het, kan dit tussen 08:00 en 13:00 by die ACVV kantoor afgelewer word.
Man met ‘n stem
Johan Myburgh het onlangs deelgeneem aan ‗n nasionale sangkompetisie in die Voda-dome in Johannesburg. Tydens die SATCH (South Africa Talent Search) kompetisie het hy weg-gestap met Goud vir Country, Silwer vir Gospel en Silwer in die Ope Afdeling. Baie geluk, Johan—Red.
Foto: Verskaf
Die Bolandsuperspar Musiekbeurs vir ‘n belowende
student is vanjaar toegeken aan Izandro Claasen. By
hom is Marius Scholtz, Tertia van Dyk en Alison
Muller, musiekonderwyseres.
Meer as 100-tal vir Dewald
Erekleure vir twee sportsterre
Suzaan Bassett en Nicol van Schalkwyk het erekleure ontvang vir onderskeidelik tennis en atletiek.
Foto‘s: Karien Bassett en Marietha Goosen
D e w a l d K i r s t e n , 0 / 1 5 krieketspeler van PHS, het die nuwe jaar op ‗n hoogtepunt af-geskop deur 153 lopies aan te teken in ‗n wedstryd teen Parel Vallei op Saterdag 14 Januarie te Piketberg. In die proses het sy span hulle seisoen afgeskop met ‗n wen! Sover bekend is dit die eerste 150 lopies op PHS se veld. Hy het onder andere veer-tien sesse geslaan. Foto: Jaco Joubert
16
PHS se Graad 1’s begin hul skoolloopbaan
Carika Carstens met De Wet Juffrou Hanlie Kleynhans
verwelkom Juné Osborne
Jacques en Carmen Lambrechts met klein
Jacques
Mamma Lizl Rossouw praat 'n laaste woordjie met
Jomari
Sydney en Elise Pietersen met Jeeno
Maritza van der Merwe met Mika
Klein Alna Dippenaar met ma Belinda
Mamma Lizl Kotzé met Leandri
Jorina Brand met Gerhard
Annetjie van Zyl met Manus in gr 1 en kleinsus Wilmari Juffrou Hanlie Kleynhans met haar Gr 1-klas
Ilse Bruwer en kleinsus Lize sê tatta vir Anette
Ma Annie met Leanne Diederick
Links Ma Alicia Niang met klein Abdoulaye Roland Jelliman en Elsje Basson
Foto’s:
Marietha Goosen
17
Die Gr R(2)-klas met Juffrou Mariaan Fortuin
Die Gr R(1)-klas met Juffrou Gerty Esau
Juffrou Elmarie Abrahams met haar Gr R(3)-klas Foto‘s: Marietha Goosen
Die Gr R(4)-klas met Elouise Julius
Juffrou Lynette Williams met haar Gr R(5)-klas
Steynville se nuwe leerders
18
B Blou Span wen PHS se Kleure Atletiekbyeenkoms Foto‘s: Kenneth Smit
Robert Edmonds en Junanri Richter, blou
span se leiers
JJ Stander senior Victor Ludorum
Marijke Visser senior Victrix Ludorum
Nicol van Schalkwyk Junior Victor
Ludorum
Janke van Schalk-wyk Junior Victrix
Ludorum
Die rooi span wen die groep aflos, hul leiers Labozet Tre-
doux en Carike Wiggins
AJ de Wilzin, snr seun worpe
Herbst van der Merwe, snr seun,
langafstand
Roman Zaal, snr seun, verspring
Reinhardt Smith, snr seun hekkies
Lize-Mari Engel-brecht, snr meisie,
hekkies
Karli Truter en Vivian Human, deel die snr
spronge beker
Suzaan van der Merwe, snr meisie,
langafstand
Karli Truter, snr meise, naellope
Anke Schreuder, jnr meisie, velditems
Elske Pieters, jnr meisie, langafstand
Bendert Smit, Blou span jnr kaptein, Laerskool puntebeker
Harry Roux, jnr seun, hekkies
Janét Stander, jnr meisie, naellope
Duan Janse van Rensburg, jnr seun
langafstand
19
Onthou elke Vrydag is Markdag by Boland Superspar!
Kersvader en sy elfies het hierdie jaar gesorg vir groot opwinding
tydens die Boland Superspar Laataand Kersinkopie Karnaval.
Die wenners van die Boland Superspar Inkleurkompetisie het
elkeen ‘n geskenkpak van Kersvader ontvang. Daar was elke 15 minute
’n gelukkige trekking waar 13 kliënte ietsie ekstra hierdie jaar in
hul kerskous ontvang het. Kersvader en sy elfies het die
jongspan vermaak deur gesigverf en ietsie vir die soettand.
BOLAND SUPERSPAR DESEMBER R1000 KOOPBEWYS WENNER
Boland Superspar het vanjaar dit
moontlik gemaak
dat een kliënt die nuwe jaar afskop
op ‘n hoë noot! Die gelukkige
wenner van ver-lede maand se
R1000 Koop-
bewys kompetisie is Leandra Loub-
ser. Hier oor-handig Delanie
Jooste die bewys
aan haar.
Baie geluk aan Mev Elizabeth Esau wat hierdie maand ’n koopbewys ter waarde van R441 gewen het. Hier oor-
handig Hester Hagen (Bestuurder) die koopbewys aan
haar. Baie Geluk!
PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR FEBRUARIE
BOLAND SUPERSPAR LAAT-AAND KERSINKOPIE
KARNAVAL
Baie geluk aan die Boland Superspar-span! Boland
Superspar is aangewys as een van die EERSTE PLEK
wenners in die ‘SPAR LADDER OF SUCCESS’
kompetisie. Sien die volgende uitgawe vir meer inligting.
20
BOLAND SUPERSPAR TOEKENNINGS-AAND IN ‘LAS VEGAS’! Op 6 Desember het Boland Superspar hul Toekennings-aand en Jaareind-viering gehad “’Las Vegas Style”. Die vol-
gende spog toekennings is uitgedeel: 5-Jaar Langdiens toekennings; Cecelia Benjamin, Liezel Benjamin, Nadia
Klaase, Patricia Bowers, Elizma Claasen, Mervin Dietrich, Nadia Dirks, Charleen Fortuin, Genevieve Javan, Carmon
Miggel, Shireen Okkerstein, Jenecke Owies, Margie van Wyk, Leze Marie Vaughan, Delanie Jooste, Jeremy Cleophas.
20-Jaar Langdiens Toekenning; Marlene Visagie. ‘n Handjie vol individue is ook uitgesonder vir onder andere Beste
Vordering (Deonett Adams), Beste Kliëntediens (Flip Markus), Staatmaker van die jaar (Cicero Pedro) en Spanlid van
die jaar (Pieter Moore). Die personeel het omtrent opgetof vir hierdie glansgeleentheid, en ons het tot ‘n bruidspaar
met hul gevolg gehad om dit ‘n eg ‘Las Vegas’ ervaring te maak.
Baie Geluk Pieter Moore. Spanlid van die Jaar!
Baie Geluk Marlene Visagie. 20 Jaar Langdienstoekenning!
Baie Geluk Cicero Perdo. Staatmaker van die Jaar!
Baie Geluk Deonett Adams Beste Vordering!
Baie Geluk aan al die personeel wat ‘n 5 Jaar Langdienstoekenning ontvang het
Baie geluk aan Katinka Morrison wat die geluk-kige wenner was van ‘n Fondue Stel in
Desember, oorhandig deur Shireen Okkerstein.
Hou die kassie dop vir die
opwindende NUWE TOPS
BEMARKINGSVELDTOG wat beloof om enige
partytjie op te kikker met
‘n unieke woordeskat, alles
saam gevat in die
‘TOPS DRINKTIONARY’! Besoek gerus die TOPS blad
op Facebook vir meer
inligting! www.facbook.com/topsatspar