piketberger maart 2014

32
1 Jaargang 21 Nr. 2 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Maart 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Rekordsprong...p4 ACVV-Nuus...p8 Die Piketberger 20jaar gelede...p10 Troufoto’s...p12 Tuinbouklub-Nuus...p14 Trippe Trappe...p14 Boekverslag...p20 Mnr en Mej Valen- tyn...p24 Doof vir ‘n dag...p26 Wat sê die reg...p28 PHS atletiek trofee- wenners...p30 Janke se Rekordsprong na 39 jaar Janke van Schalkwyk Foto: Marietha Goosen Gedurende die afgelope Kleure atletiekbyeenkoms by PHS het Janke van Schalkwyk, gr 7-leerder, wat reeds vir die afgelope 3 jaar as SA-atleet op nasionale vlak deelneem, in vyf van die ses items waaraan sy deelgeneem het, rekords opgestel. Dis veral verspring, naelloop en hekkies wat Janke laat lyk asof dit baie maklik is, maar hierdie briljante atleet weet van doelgerigte oefening om haar natuurlike talent uit te bou. Janke se verspring afstand was 4,58m, die vorige rekord was 4,48m. Sy het ook re- kords opgestel in 200m, 100m, 200mH en hoogspring (geëwenaar). Janke is ook aangewys as die Junior Victrix Ludorum. By die Sone by- eenkoms het sy rekords op- gestel in die 75mH, 200mH, 200m, 100m en verspring. By die Platteland byeenkoms het Janke ‘n eersteplek in al haar items, 75mH, 100m, 200m, 200mH en verspring behaal en amper gelykop geëindig in die aflos. Op p4 vertel ons van die Re- kordsprong.

Upload: piketberg-tourism

Post on 30-Mar-2016

295 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Local Newspaper

TRANSCRIPT

Page 1: Piketberger Maart 2014

1

Jaargang 21 Nr. 2 � � � � 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Maart 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

℡ 022 913 1939 � 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Rekordsprong...p4 ACVV-Nuus...p8 Die Piketberger 20jaar gelede...p10 Troufoto’s...p12 Tuinbouklub-Nuus...p14 Trippe Trappe...p14 Boekverslag...p20 Mnr en Mej Valen-tyn...p24 Doof vir ‘n dag...p26 Wat sê die reg...p28 PHS atletiek trofee-wenners...p30

Janke se Rekordsprong na 39 jaar

Janke van Schalkwyk Foto: Marietha Goosen

Gedurende die afgelope Kleure atletiekbyeenkoms by PHS het Janke van Schalkwyk, gr 7-leerder, wat reeds vir die afgelope 3 jaar as SA-atleet op nasionale vlak deelneem, in vyf van die ses items waaraan sy deelgeneem het, rekords opgestel. Dis veral verspring, naelloop en hekkies wat Janke laat lyk asof dit baie maklik is, maar hierdie briljante atleet weet van doelgerigte oefening om haar natuurlike talent uit te bou. Janke se verspring afstand was 4,58m, die vorige rekord was 4,48m. Sy het ook re-kords opgestel in 200m, 100m, 200mH en hoogspring (geëwenaar). Janke is ook aangewys as die Junior Victrix Ludorum. By die Sone by-eenkoms het sy rekords op-gestel in die 75mH, 200mH, 200m, 100m en verspring. By die Platteland byeenkoms het Janke ‘n eersteplek in al haar items, 75mH, 100m, 200m, 200mH en verspring behaal en amper gelykop geëindig in die aflos. Op p4 vertel ons van die Re-kordsprong.

Page 2: Piketberger Maart 2014

2

RedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie (((([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen � 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen �022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Nella Steenkamp skryf... Hiermee wil ek baie graag my opregte dank uitspreek teenoor al die omgee-mense vir julle besoeke, drukkies, sms'e en oproepe tydens my operasie. Selfs net die "Hoe gaan dit?" in die verbygaan... Ook baie dankie aan ons dokters, by name drs Schee-pers, Bruwer en Werle, ons predikante, di Johan en Mar-tin en Piketberg Apteek se Dakkie en sy personeel. Aan Roline Kotzé wat altyd gewillig is om te help, soms op kort kennisgewing wat die vervoer betref, dankie Rolinet-jie! Ook aan my kind, Jabez, en sy skoonma daar vanuit Midrand en Secunda, wat gedoen het wat hulle kon en nog meer. Baie dankie ook aan my eie familie en skoon-familie. Immanuel né? Dan ook my dank aan dr Nothling en sy personeel in die Durbanville Mediclinic. Hulle was ongelooflik met my aankoms tot en met my ontslag. Baie dankie ook aan ons Skepper. Christene is mense deur wie se gedagtes God dink, deur wie se harte Hy lief het, met wie se stemme Hy praat en met wie se hande Hy help. Ons ondervind baie waarhede op ons pad. Dan stem ons saam met een van wyle Jim Reeves se liedjies wat sê: "A stranger is just a friend you do not know!" Groot waardering en baie liefde. Winnie Grobbelaar van Huis AJ Liebenberg skryf… Ek is terug in Anneks nr 9. Naas ons Hemelse Vader dankie vir gebede, besoeke, oproepe en hulp. Dit word opreg waardeer. Dit gaan elke dag beter.

Pierre Steenkamp skryf… Baie dankie vir Die Piketberger. Toe ek hom lees het hy my herinner aan toeka se Huisgenoot toe dit nog bekend gestaan het as die arm man se Universiteit. Ek is ook bly om te sien dat die instansies al hoe meer hulle eie foto-grawe gebruik.

Rus ‘n Bietjieklub sê Dankie Die ACVV Rus 'n Bietjieklub wens die volgende borge hartlik te bedank vir hul bydraes om van die Vrugtefees vir Senior Burgers 'n reuse sukses te maak: Pikkie en Annelise Fox (De Berge Gastehuis); Jack en Petra van Renen; Willem Engelbrecht; Eric Jooste (Verkoeling); Stephan en Seun verkoeling; Univeg Piketko; Nico Basson (Heimat); Vernon Basset (Hochland); Hanri Venter (Steenebrug); Tertius Smit (Kruisrivier); Danie Smit (Moutonshoek). Persone bo 60 jaar is welkom om aan te sluit by die klub. Ons gaan gedurende Maart 'n koorfees op Lambertsbaai bywoon. Om aan te sluit by die klub kontak asseblief die ACVV kantoor 022 913 1525.

Die Liefde is vir Almal Dis Februarie en die liefde word op allerhande maniere gevier. Van geheime bewonderaarsbriefies, aantekenborde en mure versier met harte en ballonne, roosblare oral gestrooi, cupcakes en lekker-nye in die vorm van hartjies, spe-

siale moeite met spyskaarte en mense vrolik getooi in wit en rooi. Dis onmoontlik om jou blind te hou vir die liefde, dis die taal wat almal praat, in woorde, gedagtes en dade. Soos dinge uitwerk, kry ek die kans om 'n verskeidenheid van geleenthede by te woon, juis in dié tyd. Die kinders werk vir 'n Valentynsdans en maak 'n draai in Venesië, die Bergrivierkoor hou 'n deftige ete by Org de Rac en die gaste kry 'n hemelse uitsig oor Piketberg se vlaktes, met aangrypende wolkformasies, 'n onbeskryflike sonsondergang en 'n asemrowende volmaan terwyl die aandluggie verfrissend die einde van 'n warm dag aankondig. Vriende van ons trou die volgende oggend en ontvang die seën van die Here en dié van talle gaste en die stralende paartjie begin 'n langverwagte lewe saam. Dieselfde aand vra die gr R-dans met die tema: "Verliefde Bergies" om jou in te dink in 'n lewe wat jy dikwels gade-slaan, maar eintlik niks van weet nie. 'n Lewe van goiing-sak, verslete klere, onpaar skoene tot saamgeflansde vergete modes, kaalvoet en getatoëer. Kix gee Vrydag vir elke kind 'n kaartjie met die opdrag uit Joh 15:12 "Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet". Dankie, Jesus, dat U U deel van die opdrag nakom - son-der voorbehoud, onvoorwaardelik. En dankie dat hierdie liefde vir almal bedoel is.

Gemeentebraai Vrydag 21 Februarie vanaf 18:00 by die Kerksaal

Navrae 082 574 9550

Page 3: Piketberger Maart 2014

3

Page 4: Piketberger Maart 2014

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel ���� 022-913 2418

� 022-942 1787

Riana Smit ���� 022-942 1787

� 082 921 1977

Somer Uitverkoping

Anelia en Janke spring vir die Rekord

Uit dieselfde wyk, feitlik buurplase, kom twee meisies met baie talent. Die een, Anelia Burger van Kolsvlei en die ander, Janke van Schalkwyk van Klipplaat. Albei stel op 12-jarige ouderdom die verspring rekord op vir meisies O/13. Anélia in 1975 met 'n afstand van 4,48m en Janke verbeter die afstand na 39 jaar na 4,58m. Vatso vir die meisies van Serviteurskraal. In 39 jaar kon niemand julle dit nadoen nie. Van Anelia se rekords staan vier nog op PHS se boeke. Die Piketberger het Anelia laat weet van die verspring rekord en sy skryf opgewonde terug: “Baie geluk aan Janke. Onthou ons het kaalvoet gehardloop daardie jare. Oom Gawie Richter en Oom Deon van Dyk noem my nog steeds Bokstert! My ma sê ek het altyd twee bokstertjies gehad toe ek klein was en kon nooit stilsit nie, miere ge-had. Die bokstertjies het altyd op en af gewip. Ek kan nou nog nie stilsit nie. Ek het atletiek gedoen tot op universiteit en toe meer be-gin konsentreer op my netbal. In 1991 het ek na Kanada verhuis. Dit was die jaar nadat ek gekies is vir die Suid-Afrikaanse Squad Netbalspan. Ek het met ‘n swaar hart verhuis omdat dit altyd my droom was om my land te verteenwoordig, maar met die politiek in Suid-Afrika was dit maar altyd beloftes van “volgende jaar”. In 1995 het ek gekwalifiseer vir Kanadese Burgerskap en toe eers kon ek vir Kanada netbal speel. Dit is die jaar wat Suid-Afrika toegelaat is om internasionaal mee te ding. Deesdae hou ek myself besig met Bikram Yoga en kuns. Bikram yoga word in ‘n kamer met 40°C vir 90 minute

Anelia (Burger) Basson en haar dogter, Angelique.

gedoen, ek mis seker die Piketberg hitte! Dis die beste oefening wat ek nog ooit gedoen het. Dit klink maklik, maar elke dag is ‘n uitdaging. Ek het albei my Achilles tendons geskeur, een met netbal en een met sokker. Bikram help my baie met al my pyne! Angelique, my dogter is 17 en in graad 12 en is n "ys" kind - "speed skating, ice hockey and skiing." Haar liefde lê in sang en toneelspel. Sy gaan September 2014, "Acting in Film and Theatre" studeer in Vancouver. My seun, Paul 19, studeer "gaming design" in Vancouver. Ons woon in Chilliwack BC, sowat ‘n uur Noord-Oos van Vancouver. Dit is ’n pragtige dorp teen die Fraser Rivier waar hulle baie salm vang. Hier is baie groot mielieplase, hoenderplase, die grootste melkplaas in die weste van Kanada en ontsettend baie kwekerye.”

Stap vir KANSA 22 Maart 2014 by Scheppie Saus,

Moutonshoek. ±10km heen en weer.

Inskrywings vanaf 07:00. R60,00 per volwassene en hoërskoolleerders, R30 kinders. Ete: visbraai, tuisgebakte brood, slaai, koffie, tee en sap. Eie voertuie kan tot by kampeerterrien geneem word. Program sluit sprekers en kunstenaars in. Geen troeteldiere.

Kampgeriewe beskikbaar. Kontak Danie vir besprekings en tariewe.

Kontak: Danie Smit 083 233 7772

Aasvoëlkop Piket-Bo-Berg Pretdraf/-loop

Saterdag 22 Maart 2014 Aangebied deur die Morawiese Kerk

Kontak Gus Pickard 076 450 7870 of

epos: [email protected]

Page 5: Piketberger Maart 2014

5

Page 6: Piketberger Maart 2014

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg ����022 913 2297

Hoender-en-Peerroerbraai 4 Hoenderborsies, in repe gesny 2ml fyn komyn 2ml fyn koljander Sout en peper 15ml olie 1 ui, gesny 4 pere, in dun skywe gesny 60ml gesplinterde amandels, gerooster

Geur die vleis met die komyn, koljander, Sout en peper. Verhit die olie en braai hoender in sarsies tot bruin. Skep uit en braai ui tot goudbruin. Voeg die hoender by, roerbraai tot gaar en voeg die pere by. Roerbraai ‘n paar sekondes. Sprinkel die amandels en blare oor. Sit voor met rys.

Die volgende Piketberger verskyn 20 Maart

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 11 Maart

Stuur na: [email protected]

Een middag vroeg in die jaar staan ek en tuin natspuit toe ‘n inwoner van Piketberg by my stop en vra of ek asseblief in hierdie kolom iets sal skryf oor honde. Nou kyk, nádat ek reeds 12 maande hier gebly het, en elke nag heerlik deurgeslaap het en van blaffende honde niks geweet het nie, bel ‘n ander inwoner my in Desember 2013 en kla oor die honde wat so blaf daar rondom my huis in die nag. Ek is ‘n goeie slaper en het nie van sout of water geweet nie. Ek het nie self enige honde nie, maar is baie lief vir honde en as ek nie so baie naweke weg was nie, het ek vir my ‘n pragtige ‘Golden Retriever’ aangeskaf. Dis my droom. Ek kom uit ‘n groot huisgesin en moes leer om enige plek in enige geraas heerlik te slaap. Maar van daardie eerste aand af nadat die klagte ingekom het, hoor ek hulle ook nou elke nag! ‘n Ware orkes van honde-geblaf. Die Munisipaliteit het ‘n Verordening (plaaslike wet-gewing) wat geskep is met die doel om ‘n omgewing te skep waarin ons almal in vrede en harmonie veilig en gesond kan saamleef. ‘n Huiseienaar mag slegs twee honde of minder op sy/haar erf aanhou en die Munisipali-teit moet skriftelike toestemming gee vir die aanhou van meer as twee honde. Die eienaar van die dier(e) moet toesien dat die dier(e) nie die gewone gerief, gemak, vrede en rus van ander mense versteur nie. Die eienaar mag verder nie enige dier op enige gedeelte van ‘n open-bare pad los laat rondloop nie. Die hond moet te alle tye in die straat of ander openbare plekke aan ‘n leiband wees. Oortreding van hierdie verordening is ‘n misdryf en kan by skuldigbevinding ‘n boete of gevangenisstraf tot gevolg hê. Nou wil ‘n mens nie ‘n situasie hê waar bure teen mekaar begin “oorlogmaak” as gevolg van honde nie. My advies aan enige persoon oor bure-reg is altyd: red eerstens die verhouding tussen jou en jou bure. Geen saak is die moeite werd om oor kwaai vriende te wees nie. So, as jou bure meer as twee honde aanhou en hulle pla jou, gaan drink koffie daar, gesels vredeliewend en sorteer die saak uit. Ons bly in ‘n wonderlike dorp met wonderlike mense en dit sal die dag wees as ons toelaat dat ‘n paar blaffende honde ons vrede steel. Maar as jy reeds daardie roete gevolg het en daar is geen salf te smeer nie, kan jy die Munisipaliteit se hulp inroep by 083 272 4126. En as jy een van die skuldiges is wat meer as twee honde aanhou, maak ‘n plan! ‘n Wets-gehoorsaamde samelewing begin by hierdie klein goed-jies! Kom ons maak dit vir mekaar lekker om hier te woon.

Page 7: Piketberger Maart 2014

7

Page 8: Piketberger Maart 2014

8

ACVV Piketberg Nuus

Cornel Nel van Moorreesburg, middel, is pas aange-stel as die nuwe Maatskaplike Werker by ACVV

Piketberg. By haar is Annake Bester, Streekskonsul-tant, en Elsabé Liebenberg, ACVV-voorsitter.

Elize Truter, middel, was die spreker by die Algeme ne vergadering van die ACVV. Sy het vertel van haar

7-jarige dogtertjie, Emenick, se stryd teen kanker en die pad na herstel. Emenick ontvang DV op 28 Maart haar laaste Chemo behandeling en sal daarna op 'n Kalsium aanvullingsbehandeling wees. By haar is Ezette Mouton en Angeline Engelbrecht wat die

oggend gereël het. Foto’s: Marietha Goosen

VEILING TE PIKETBERG DATUM : 29 MAART 2014 Het u iets waarvan u wil ontslae raak,

byvoorbeeld: Meubels, ornamente, skilderye, gereedskap, dalk ‘n voertuig of enige iets

anders? Kontak DJB Consulting, by epos

[email protected] of die afslaer,

Diedricht Brand by 081 300 9269

sodat ons die nodige reëlings kan tref.

ALL ABOUT TRAVEL

~ NUWE KANTOORURE ~

Vanaf 1 Maart 2014: Maandae tot Vrydae: oop vanaf 8vm - 12nm te Kerkstraat 33 (oorkant Museum) Middae - beskikbaar telefonies of per epos

Vir enige vlugte/pakette/bootreise/wittebroodreise/familie vakansies, skakel Elzanne as volg: Tel: 022 913 1465 / Sel. 0721302936 Epos: [email protected]

POS BESKIKBAAR:

REISKONSULTANT All About Travel beskik tans oor ‘n posisie vir ‘n Intermediêre / Senior Reiskonsultant. Vereistes:

• Ondervinding in die Toerismebedryf • Ten volle tweetalig • MS Office / rekenaarvaardig • Internasionale Reisondervinding • Goeie sin vir humor Stuur asb CV na: [email protected]

Wêreldbiddag vir Vroue 7 Maart om 07:00

NG Kerk Piketberg

‘n Leser skryf... Dankie aan SAP

“Ek het die huis verlaat om 09:30 en 12:00 teruggekeer, my motor in die motorhuis geparkeer en toe ek die voor-deur wil oopsluit, sien ek die sekuriteitshek is oop en die houtdeur oopgebreek, blykbaar met ‘n skroewedraaier. Ek het besluit om nie in te gaan nie en na die bure ge-hardloop. Ek het die polisie op 10111 gebel en is werklik saaklik en sonder baie vrae gehelp. Ek het gesê ek dink die inbrekers is nog in die huis. Die polisie was binne vyf minute voor die deur. Een van die speurders het in die omgewing gery en ‘n taxi, wat verdag gelyk het, in ons omgewing sien ry. Toe hulle van die inbraak oor die radio hoor het hy die regis-trasienommer neergeskryf. Intussen het van die ander polisielede twee verdagtes sien stap in ons straat. Die polisie se wakker optrede het veroorsaak dat hulle die taxi en verdagtes gekoppel het en die polisie by Moor-reesburg gevra het om die taxi te stop. Een van die verdagtes het inderdaad die rooi hemp aangehad waar-voor hulle uitgekyk het. Die juwele is by hulle gevind. On-gelukkig het hulle van die buit uit die taxi gegooi toe hulle die polisie sien, dus is van die juwele steeds weg. Ek is egter baie dankbaar dat ek feitlik alles teruggekry het. Geld kan nie sentiment vervang nie. Ons vermoed dat ek hulle laat vlug het, want daar was ‘n sak agter die voor-deur met ‘n skootrekenaar, kameras en sonbrille. Ek is baie dankbaar dat ek hulle nie gesien het of gekonfron-teer is nie. Ek dink werklik ons polisie se waaksaamheid en samewerking ook met hul kollegas van buurdorpe, was ongelooflik en dit is prysenswaardig.”

Page 9: Piketberger Maart 2014

9

Page 10: Piketberger Maart 2014

10

VOORBLAD: Piketberg Atlete Presteer Die Westelike Provinsie se junior byeenkoms vir laer-skole en hoërskole het die naweek van 18 en 19 Maart onderskeidelik op Wellington en Stellenbosch plaas-gevind. Op die hoërskoolbyeenkoms het Frank Scheün uit-stekend presteer met ’n afstand van 13,61m in die O.17-driesprong. Hy het ‘n plek in die WP-span losgespring. Op die laerskoolbyeenkoms het Driske Olivier ‘n derde plek behaal in die 75m. Sy is opgeneem in die Boland-span. ANDER BROKKIES: Die Biblioteek se beloofde video-versameling het einde ten laaste aan die begin van Maart 1994 gearriveer. Steynville Primêr Presteer - tydens die jaarlikse skoleatletiekbyeenkoms van Platteland Skole Sportunie het Steynville Primêr sy staal gewys deur as algehele wenner d.w.s. die junior-afdeling, senior-afdeling sowel as wenner van die byeenkoms, die dag af te sluit. Die Hoërskool Edgemead het Hoërskool Piketberg op 3 en 4 Maart besoek as deel van die jaarlikse uitruiling tussen die twee skole. Die uitruiling staan onder die beheer van die organisasie vir die Bevordering van Tweetaligheid. Piketberg besoek weer later in die jaar vir Edgemead.

20 Jaar Gelede — Maart 1994

deur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategan

“Sleeping Beauty on Ice” Watter ongelooflike voorreg om hierdie produksie van wêreldgehalte te kon by-woon. Op een verhoog kom talle kuns-vorme byeen: Bo-gemiddelde kuns-

ysskaatsers en balletdansers wat toneelspel vertolk en waaghalsige artieste is. Die musiek van Tchaikovsky is aangewend om hierdie fenominale fees van ‘n spel in sy verskillende vorme en genre aan te bied. Seepglad sweef die akteurs oor die beperkte “ysblok” van die verhoog sonder om die grense te oorskry. Hulle improviseer en ontaard daar in grasieuse swewers en tel hulle spelmaat op, hou hulle op die een hand in die lug en tol met hulle in die rondte, asof hulle veerlig is. Die dekor wissel van toneel tot toneel: van Hofpaleis tot Oerwoud. ‘n Wêreld nagenoeg aan realiteit word so ge-skep. Wanneer die musiek vir ‘n wyle stil raak, hoor jy hoe die vlymskerp lemme oor die ys oppervlak klief. Die kos-tuums kan nie sommer in woorde omskryf word nie en is beslis deur naaldwerkkenners geskep. Die atmosfeer “ruik” na die kunste en jy is maar net ‘n skamele klein toeskouer van onbeskryflike en groot uitne-mende talent. Staande ovasies laat die ysskaatsers blom en lok hulle om nog meer en meer van hulself te gee. Wanneer daar na so ‘n besondere produksie gekyk word, wonder jy stil-weg, hoeveel daar buite is wat hierdie besondere verto-ning misloop. Meteens besef ‘n mens watter waarde ‘n balletdanser, soos ‘n Biddy Langenhoven aan ons ge-meenskap toevoeg. Insgelyks moet ons dank bring aan talle ander kunstenaars, hetsy skilder in al sy vorme en musiek waaraan ons kinders blootgestel word om ‘n on-derdeel van goeie karaktervorming te maak. Groot dank aan almal wat ‘n bydrae maak tot die kind en jong mens in Piketberg se ervaringsveld en straks so help skryf aan die kind se toekoms. Vergenoegd en tevrede kan ‘n mens die Kunste Kaap Operahuis verlaat, met die wete dat die toegangsgeld goed gespandeer is!

� 022-913 2646

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Leeskring 19 Maart 09:30 Piketberg Biblioteeksaal

Klara — Mariel le Roux Bespreking: Marié Grobbelaar

Almal welkom

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

Page 11: Piketberger Maart 2014

11

Page 12: Piketberger Maart 2014

12

Die liefde Blom

Jacques Blom en Talitha Schreuder is op 14 De-sember 2013 in die NG Kerk Piketberg getroud. Die

onthaal was op Moorreesburg. Foto: Celesté Prince van Aglow Photography

Nicola Smit en Schalk Burger is op 3 Januarie by Oppiduin, Lambertsbaai getroud.

Foto: Edó Photography

Nuwe Jaar se Bruidspaar

Page 13: Piketberger Maart 2014

13

Page 14: Piketberger Maart 2014

14

Lorraine Rose het op 5 Februarie ses prag blomontwerpe aan die tuinbouvergadering van Piketberg gedemon-streer. Die demonstrasie is so goed gedoen dat talle van die lede gevoel het dat hulle die blomontwerpe ook gaan probeer. Dit was blomontwerpe wat almal van ons een of ander tyd in ons huise of by funksies kan gebruik.

Demonstrasie van Blomontwerpe Tuinbouklub-Nuus

Katinka Morrison, Elbeth Liebenberg en Lorraine Rose, demonstrateur van Wes-Kaap Vereniging van

Blommerangskikkers. Foto verskaf

Trippe Trappe Kleuterskool

PAW Sterilisasiedag — 21 Maart Piketberg Animal Welfare in samewerking met Community Vet-erinary Clinic (Envirovet) beplan ‘n sterilisasiedag teen billike tariewe en onder bepaalde voorwaardes op Vrydag 21 Maart 2014 by die Alan Boesak Gemeenskapsaal, Piketberg, vir honde en katte. 'n Beëdigde verklaring van die aansoeker se inkomste moet die aansoekvorm vergesel vir oorweging. Vorms is beskikbaar by die kantore van Badisa (langs Alan Boesak Gemeenskapsaal), LB Wernich Biblioteek en Piketberg Biblioteek. Aansoekvorms sal vanaf 10 Maart oorweeg word vir goedkeuring. Navrae 071 828 7952

Lede en gaste van VLV Piketberg was bevoorreg om te kon luister na ‘n baie dinamiese spreker, Gerald ine Nicol, bestuurder van Stellenbosch Hospice. Synde ‘ n nie-regerings organisasie, sou die geweldige omvang van die hospice se betrokkenheid in hul gemeenskap nie moontlik wees sonder die bystand van Departe-

ment van Gesondheid in die Wes-Kaap en die ongek-ende ondersteuning en vrywillige diens vanuit hul

gemeenskap nie.

Op die foto verskyn Hanlie Linde, Bergrivier Munis i-pale Bestuurder wat die verrigtinge geopen het, VL V voorsitter Nicoline Brown wat verantwoordelik was vir die reëlings van die oggend en Geraldine Nicol.

Foto: Riana Richter

VLV-Nuus

Die volgende Tuinbouvergadering is op 5 Maart in Biblioteeksaal, tee word bedien vanaf 09:00 tot 09:30. Vergadering begin om 09:30. ‘n Landskapargitek Loni Drager , kom praat oor moderne tuinontwerp. Vir die tuinliefhebbers wat nuwe idees soek om hulle ou tuine ‘n bietjie op te kikker, is hierdie vergadering ‘n moet! Gaste is welkom om die vergadering by te woon, ‘n R20 donasie word gevra.

Laurette Burger is die nuwe juffrou by Trippe Trapp e kleuterskool. By haar is Leah de Wee, haar assist ent en Augusta de Wee, student. Laurette se loopbaan as on derwyseres in Kleinkind Ontwikkeling en Graad R het skole soos Kimberley, Vryheid, Piketberg (PHS) en C itrusdal ingesluit. Leah is reeds vir die afgelope 18 jaar verbonde aan Trippe Trappe as Assistent. Augusta he t reeds haar studies voltooi en as kleuterskool ond er-

wyseres gekwalifiseer en is tans besig met verdere studies om haar as gr R-juffrou te bekwaam. Foto: Marietha Goosen

Page 15: Piketberger Maart 2014

15

Page 16: Piketberger Maart 2014

16

Page 17: Piketberger Maart 2014

17

Page 18: Piketberger Maart 2014

18

Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling Lugverkoeling Lugverkoeling Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164

E.mail [email protected] [email protected] [email protected] [email protected]

‘n Brief vir my ma So ons het dit toe gedoen, Ma. Jy en jou dogters. Ons het hierdie maraton as ‘n span klaargemaak. Die span wat ons en ons broer maar van altyd af was. Elke onwerklike swaar skuifeltree tot by die Vrede na wie ons vir drie dae geroep het langs jou hospitaalbed. Ons is hier Ma. Ons gaan nêrens nie. Hier’s ons hande, hou vas aan ons. Jou oë wat soek tot die bevestiging van ons name die vensters verlig van jou huis waar die aand reeds by die agterdeur ingestap het. Hier’s ons Ma. Jy hoef nie bang te wees nie. Ons gaan nêrens heen nie. Dis die einde van gister se bekende onbekende wonings, Ma. Die Kaap se onvoorspelbare draaie, Mosselbaai en die duisend warm witbrode wat ons uit die Sonskynwinkel op ‘n Sondagaand verkoop het, die Namib en Swakop se soutstrate, die wolke bokant Klein-Windhoek, Damara-land se vlaktes, Outjo se watertoring deinserig aan die anderkant van die grondpad, duskant kort skaduwees en die jagluiperd langs die grensdraad. Al die huise, al die strate, tussen stasies, welwitschia mirabilis en stof stof stof in die lug wat toe die sonsondergang geword het wat die mees kritiese asem kon wegslaan. If they could see us now. Ons het die lewe saam gedoen. Keer op keer die front van dapperheid vertoon wat deur jare se saamstaan die suiwerste definisie van aanhou geword het. Hard soos kameeldoringhout sodat ons vure nie deur skemeraande geblus kon word nie. Ons regop getrek en ou koeie laat rus in die sloot en nooit weer ophou vlieg nie. Ons kon, want jy was die wind en die son en die reën en die koelte en die musiek vir ons kinderlywe. Daar’s ‘n goue strand by die bloue see Met die sagste sand

waarmee ek graag speel

12 R5’e maak R60 en is nodig vir ‘n

Kinderbybel in Zoeloe vir Msinga en Makhatini

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

Jy was tot Maandagaand 3 Februarie 2014 om 3minute oor 7 elke liewe dag deel van ons lewens. Soveel vreug-des, soveel vakansies, soveel krisisse, soveel kwaadraak vir mekaar, soveel verlang-dae, soveel braaivleisvure, soveel I did it my Ways. Jy het ons almal bymekaargehou. Geleef daarvoor dat jou kinders altyd daar sal wees vir mekaar. Om te verstaan wie God is neem ‘n ongeduldige leeftyd van geduldig wag. Net ‘n uur voor jou dood, ver anderkant die grens van my afgebakende bestaan, het ek jou vertel hoe lief ek vir jou is. Dankie Ma dat jy daar was vir my toe ek jou onvoor-waardelike liefde die nodigste gehad het. Dankie dat jy vir my gefight het net omdat ek jou kind is. En toe die glimlag. Vlietend en in die oomblik. Maar lank genoeg dat ek God kon sien. Die grootste hiervan bly die liefde: ten spyte van, te midde van. Ons is so trots op jou. Ons is so trots daarop om jou kinders te wees. Ons gaan jou verskriklik mis. Maar jy sal bly voortleef in elkeen van ons. En ons belowe dat ons altyd daar sal wees vir mekaar, vir mekaar sal fight – net omdat jy ons Ma was. Berenice Scheepers Februarie 2014

Jy het vir ons gesing, ‘n duisend nagte lank, en die mooiste Afrikaans op ons harte geskryf. Jy het ons leer lag. En Ma, nou kan niemand lag soos ons nie. Hulle weet nie hoe nie, dis net ons wat weet. Jy het vir ons gewys hoe geloof lyk, ons leer bid tot ‘n God soveel groter as die prentjie deur die wêreld se lens. En jy het nooit opgehou om vir ons te bid nie - later vir elkeen van jou kleinkinders vir wie jy so bitterlik lief is. Op wie jy so trots is.

Petra en Jack van Renen van Piketberg het op 26 Januarie die doopgeleentheid van hul agterkleinkind ,

Janu Blomerus bygewoon in die Woodlands Hill gemeente, Bloemfontein. Hulle dogter, Marette van Wyk en haar man, Erasto is die grootouers en húlle dogter, Maronelle Blomerus en haar man, Johan is

Janu se ouers. Foto: Lynette de Witt

Vierde geslag gedoop

Page 19: Piketberger Maart 2014

19

Page 20: Piketberger Maart 2014

20

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur

Kan daar ooit iets interessant om-trent vuurtorings wees? Ná kennis-making met Southern Lights: Light-houses of Southern Africa (William Water Publications) deur Harold Wil-liams, sal lesers twee keer wil kyk na dié torings wat tussen die rotse en

duine kop uitsteek. In sy inleiding skets die skrywer die geskiedenis van die beskerming van seevaartuie met verwysing na die reuse-vuur beskryf in Homer se Iliad (850 v.C.) en die Pharos in Alexandrië, Egipte, ’n 120 meter hoë marmer toring ge-bou deur Ptolemeus (300 v.C.). Dit word as een van die wonders van die antieke wêreld beskou, alhoewel dit in 1350 n.C. deur ’n aardbewing vernietig is. Dit was eers in die agtiende eeu dat die aansteek van vure langs kuslyne vervang is deur die plasing van olielampe in deur-skynende skoorstene; later sou dié olies plek maak vir geraffineerde petroleum en paraffien. Die gloeiende effek is versterk deur Fresnel-lense wat kragtige flitse uitges-tuur het. Binne ’n eeu en ’n half sou elektrisiteit die stan-daard bron van beligting word. Wat die kuslyn van Suid-Afrika betref, is die eerste vuur-toring in 1824 by Groenpunt en in 1824 by Mouille-punt opgerig. Altesaam 58 torings – elk in ’n hoofstuk op sy eie – word beskryf en in meeste gevalle met kleurfoto’s toegelig. Die laaste twee torings is Jesserpunt in Sod-wana-baai in 1986 en Groenriviermond in die Weskus in 1988. Soos ’n mens deur die boek blaai, is die verskeidenheid boustyle opvallend. Die eerstes was basies kegelvormig, wit geverf met rooi of swart strepe; heel bo was ’n plat-form en apparaat-hokkie. Van die torings is met klippe gebou; ander lyk weer soos Oosterse tempels of mod-erne kerkgeboue. Van die oudste torings, soos dié by Kaap-Agulhas is vervang deur staalstrukture wat herinner aan windpompe, wat hoe funksioneel ook al, nie voldoen aan die eiesoortige argitektuur wat eeue lank die vuurtor-ing gekenmerk het nie. Ook opvallend is die wonings wat langs die vuurtorings gebou is. Oorspronklik het die ‘Lightkeeper’ en sy gesin, mits dié nie te groot was nie, in die onderste verdieping – in werklikheid een vertrek – van die toring gewoon. On-geag omstandighede was die ‘Lightkeeper’ altyd op sy pos. In Hoofstuk 51 vertel die skrywer van heldedade wat verrig is sowel as van tragedies wat beleef of aanskou is. Aangesien Southern Lights in 1993 gepubliseer is, sal belangstellendes verder moet soek vir inligting oor vuur-torings wat sedertdien langs die Suid-Afrikaanse kuslyn

MEDIESE MEDIESE MEDIESE MEDIESE

PRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

� 022-913 1172 alle ure / all hours ���� 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

PIKETBERG LIONSKLUB TELEFOONGIDS

Namens almal bedank Die Piketberger die Lionsklub vir ‘n puik telefoongids wat vir elke inwoner ‘n handige hulpmiddel is.

Page 21: Piketberger Maart 2014

21

*AANBOD

37 Die Trek

Page 22: Piketberger Maart 2014

22

Page 23: Piketberger Maart 2014

23

Fijnbosch Fieterjasies Fijnbosch Fieter-

jasies is Tertia Vis-ser se splinternuwe

winkel in Lang-straat 56, in die

Liebco-gebou. Kon-tak haar vir

funksies, dekor, blomme en ges-

kenke. Mooi plaaslike handge-

maak word uit-gestal en ver-koop - gaan loer gerus in en geniet die mooi.

Mooi in rooi getooi

Elzette van Schalkwyk, Monica Fivaz en Sandra van Wyk van Le Roux van Wyk Makelaars vier Valentyns-

dag. Foto verskaf

Page 24: Piketberger Maart 2014

24

Maria Visser behaal 96%, Diané Ungerer 91% en

Annina Bester 86%. Maria en Diané se name word op UNISA se ererol geplaas wat 'n groot prestasie is.

Al drie is leerlinge by Alison Müller. Foto: Sanet Ackermann

Gr V Teorie UNISA

2014 se Graad R-klas saam met assistent, Maria Joub ert en Juffrou Marili Hanekom. Foto: Ilse Bruwer

PHS se 2014 Gr R-klas

Ruan Brand van PHS het

by die Sprint Gala op Malmesbury twee medaljes verower, Goud vir sy eerste plek in die 50m Rugslag en Brons vir sy derde plek in

die 50m Vryslag. Die swem-afrigting olv Alta Nieu-

woudt is goed op dreef en die swemmers neem

gereeld aan Galas deel (foto langsaan).

Foto verskaf

Goud vir Ruan

Mnr en Mej Valentyn

PHS se Laerskool VRL het die skool feestelik getooi me t rooi harte en geskenkies en briefies vir die onderw ysers en

leerders. Mnr en Mej Junior en Senior Valentyn is aangewys. Hulle is Nicol van den Heever en Con-Li

Halverson, die seniors, foto links en Lee Smith en L ené Nel-son, die juniors.

Foto’s: Marietha Goosen

Cobus Koege-lenberg, Jana Truter, Petro Grundlingh,

Carli Rossouw, Juff Alta en

voor Benjamin Jordaan en Simoné van Deventer.

Foto: Retha van Deventer

Page 25: Piketberger Maart 2014

25

Langstraat 73

Piketberg

Tel: 022 913 3332

Piketberg

Heerlike nuwe spyskaart! Pizzas

Pasteie

Koeldrank

Roomys

Pizza stukke

Kom loer gerus in vir ons spesiale aanbied-

inge en nuwe lae pryse Ma-Do: 10:30 – 20:30

Vrydae: 10:30 – 21:00

Saterdae: 9:00 – 21:00

Sondae: 10:30 – 13:00 & 16:30 – 20:00

NEW BB

Q BASE

BESKUIT GESKIK VIR DIABETE EN NIE-DIABETE

R90/kg.

Kontak Alettha Rust 022 913 1486 of 076 7444 380

Pizza World op Piketberg het 'n nuwe begin gemaak na meer as 10 jaar van goeie en vriendelike diens - hierdie keer met die slag van 'n vrou. Martha Robertson is 'n ge-bore sakevrou. Sy is die eienaar van Martha Robert-son algemene meubelhande-laar in Voortrekkerstraat en sit terselfdertyd die amp van balju op Piketberg voort. Martha is opgewonde oor die nuwe uitdaging wat Pizza World bied en het dadelik aanpassings op die spys-kaart gemaak. Kliënte het

nou ook die geleentheid om hulle eie pizza te bou. Kontak haar gerus en om tyd te spaar, vra sommer die spyskaart per epos aan by [email protected].

Nuwe Eienaar by Pizza World

20 Bybels in Zoeloe

Kix se splinternuwe projek, "Vertel vertel!" wat te n doel het om soveel as moontlik Kinderbybels in

Zoeloe te stuur na Msinga en Makhathini, het met entoesiasme begin. Kix Piketberg het reeds genoeg

R5'e bymekaargemaak om 20 Bybels te skenk. Op die foto is die gr 5B-klas wat reeds 48 kolle geplak he t vir

vier Bybels. Bydraes tot die projek is vrywillig. Foto: Marietha Goosen

Beskuit geskik vir diabete en nie

Page 26: Piketberger Maart 2014

26

Doof vir ‘n dag deur Erin Nel

Horende doof en siende blind het nuwe betekenis gekry toe ek en drie vriendinne op 6 Februarie by Worcester se Instituut vir Dowes (NID) aanklop. Doof vir ‘n dag is ‘n fondsinsamelingsprojek waartydens ons, ons gemaksone agtergelaat het, ons ‘doof’ gemaak is en die dag as horende dowes spandeer het tussen die dowe inwoners wat meestal ook ander gestremdhede het. Besoekende studente uit Oostenryk het ook by ons aangesluit en so het ‘n ongelooflike leerskool afgeskop! Die geleentheid het ons eensklaps laat besef watter enorme struikel-blokke doofheid het op die alledaagse bestaan van ge-hoorgestremdes sowel as hul familie (selfs hoe alleen en verward ons gevoel het wat geen handgebare kon ver-staan nie!) Hartverskeurend is die klein kindertjies wat daar afgelaai word en as gevolg van die afwesigheid van kommunikasie (gebaretaal) op so ‘n jong ouderdom nie verstaan waarom hulle familie hulle net daar los nie. Die personeel is egter engele wat op so ‘n spesiale, liefde-volle manier omgaan met die inwoners; wat jou gou laat besef daar heers ‘n heerlike huislike atmosfeer. Dit was werklik ‘n besonderse belewenis, gekenmerk deur hartseer, ontnugtering, liefde en baie humor. Opnuut besef jy net hoe waardevol kommunikasie is en om ver-staan te word. My hartsbegeerte is dat ‘n groter be-wustheid onder die gemeenskap sal posvat oor die lewe en struikelblokke van die gehoorgestremde; en dat ons harte vir hulle oop sal wees, soos hulle harte beslis vir ons oop was. Om ‘n ‘Horende vennoot’ te word skakel 02334 255 55 of stuur ‘n e-pos na: [email protected] of besoek hul webwerf: www.nid.org.za

Nuwe Begin Fiksheid

Belinda Dippenaar het op 10 Februarie ’n “Nuwe Begin Fiksheid” oefenlo-kaal geopen te Die Trek, oorkant Midas. Sy het haar persoonlike afrig-tingskursus by Trifocus in Kaapstad gedoen in 2012. Dit sal oop wees op Maandae en Woensdae vanaf 08:00 tot 18:00 en Vrydae van 09:00 tot 13:00, maar dit is belang-rik om ‘n afspraak te maak. Almal is welkom, oud en jonk, fiks en onfiks. Spinningklasse sal vanaf 7 April aangebied word. Vir navrae kontak Belinda

082 467 4076.

Page 27: Piketberger Maart 2014

27

Page 28: Piketberger Maart 2014

28

Wat sê die reg?

meestal ‘n “speel op eie risiko” bordjie êrens opgesit, so waar los dit jou as ouer? Die Kinderwet (38/2005) is die basis van die regsposisie in Suid-Afrika, en sal van toepassing wees indien:

- Die plek van vermaak toeganklik is met deure, trappe, hysers of ander meganiese toegang;

- Die meerderheid mense wat toegang verkry hoofsaaklik kinders is, en

- Die persone, kinders ingesluit, wat die perseel binnegaan meer as 50 is in getal (maw, is die area ingerig om die getal te kan “dra”).

Indien die bogenoemde kriteria aan voldoen word, moet die vermaaklikheidsaanbieder (bv die restaurant) in be-heer van die speelarea verseker dat daar genoegsame helpers is wat behoorlik kan toesig hou oor die kinders, en dat die apparaat veilig is. Die restaurant, as voor-beeld, moet dus alle redelike stappe neem om veiligheid te verseker en die nodige voorsorgmaatreëls tref. Hier-die vereistes word gestel vir binnenshuis sowel as buite-lug vermaak. Ongeag die “eie risiko” bordjie, sal die res-taurant dan aanspreeklik wees indien daar nie veiligheid verseker is nie. Tweedens moet die vermaaklikheidsaanbieder ook vol-doen aan die Munisipale Regulasies wat wetlik gestel word. Dit behels verskeie aspekte, soos byvoorbeeld of die area oppervlak groot genoeg is ensovoorts. Die speelarea moet hiervolgens ingerig word, en die Munisi-paliteit het die reg om enige tyd inspeksie te doen of die area wel aan die voorskrifte voldoen. Gestel jou kind word beseer in hierdie omstandighede (waar die wette wel van toepassing is), sal die ouers (namens die kind) ‘n deliktuele eis kan instel teen die restaurant. Dit is bloot ‘n siviele aksie vir skadevergoed-ing. Nalatigheid moet bewys word op ‘n oorwig van waar-skynlikhede. Hierdie tipe eise, oor die algemeen, is nie so maklik om te bewys nie, maar gelukkig is ons geme-nereg al goed uitgebrei met vaste regsbeginsels in hier-die verband. Indien die wette nie toepassing vind nie (maw gevalle waar die twee wette nie geld nie), is die ouer(s) self verantwoordelik om hul kind se veiligheid te verseker, en sal die tipiese “op eie risiko” bordjie wel die restaurant help teen ‘n eis. Dus sal pappa of mamma maar self moet gaan kyk en vasstel hoe veilig die area is voor die bloedjies losgelaat word.

Christelle de Villiers

Wie’s aanspreeklik as jou kind beseer word by die restaurant…

Daar is deesdae soveel vermaak-likhede vir kinders en kleuters in byvoorbeeld restaurant of kwekerye, en die vraag is altyd — wie is aanspreeklik as my kind beseer word op die klimraam, of in die speelkamer? En boonop is

Te Koop

BILTONG te koop @ R179/kg asook in R15, R20, R25 pakkies verpak.

Bestellings Tony 084 496 2914

Gesoek - Huis Te Huur GESOEK: WOONSTEL/HUIS TE HUUR

Piketberg/Eendekuil/Redelinghuys/ Aurora/omliggende omgewing

Afgetrede egpaar op soek na behuising, verkieslik op ‘n plaas/kleinhoewe. Is bereid om ligte werk te

doen/toesig te hou. Skakel asb vir Gerrit op 0836504404.

Services Offered

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for House-sitting / Pet-sitting as well

as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

OU KLERE GESOEK Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u

NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige persone.

Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat, Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie).

"O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer.

Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.

Gesoek

PLAYSTATION PORTABLE For Sale includes 11 games, PSP bag, USB cable,

2 memory cards, 4GB and 32MB R1 200,00.

Contact 079 496 2719

VACANCY: SENIOR PHASE TEACHER Piketberg Christian School

has a vacancy for a Senior Teacher (Gr. 8-12). Maths & Science are a

prerequisite. Applicants are to see this opportunity as a ministry in a school environment. Please

apply via email to: [email protected]

Page 29: Piketberger Maart 2014

29

WEN

met

WINKELSHOEK Reëls vir die kompetisie:

JOU MOTOR SE REGISTRASIE MOET

CBY wees om in aanmerking te kom vir die trekking per maand.

Koop vir Koop vir Koop vir Koop vir R100R100R100R100 of meer by of meer by of meer by of meer by Total Winkelshoek.Total Winkelshoek.Total Winkelshoek.Total Winkelshoek. Skryf jou besonderhede op die strokie en handig dit in.Skryf jou besonderhede op die strokie en handig dit in.Skryf jou besonderhede op die strokie en handig dit in.Skryf jou besonderhede op die strokie en handig dit in.

WEN WEN WEN WEN Maandeliks ‘n R500 koopbewys om Maandeliks ‘n R500 koopbewys om Maandeliks ‘n R500 koopbewys om Maandeliks ‘n R500 koopbewys om by enige van die WINKELSHOEK by enige van die WINKELSHOEK by enige van die WINKELSHOEK by enige van die WINKELSHOEK

GROEP winkels aan te wend!GROEP winkels aan te wend!GROEP winkels aan te wend!GROEP winkels aan te wend! Kompetisie begin vanaf die Kompetisie begin vanaf die Kompetisie begin vanaf die Kompetisie begin vanaf die 00004de November 2013 vir 6 maande. 4de November 2013 vir 6 maande. 4de November 2013 vir 6 maande. 4de November 2013 vir 6 maande.

Trekkings vind plaas elke laaste dag van die maand en wenners sal telefonies in kennis Trekkings vind plaas elke laaste dag van die maand en wenners sal telefonies in kennis Trekkings vind plaas elke laaste dag van die maand en wenners sal telefonies in kennis Trekkings vind plaas elke laaste dag van die maand en wenners sal telefonies in kennis

gestel wordgestel wordgestel wordgestel word....

Werknemers van Winkelshoek mag nie aan die kompetisie deelneem nieWerknemers van Winkelshoek mag nie aan die kompetisie deelneem nieWerknemers van Winkelshoek mag nie aan die kompetisie deelneem nieWerknemers van Winkelshoek mag nie aan die kompetisie deelneem nie....

Vir meer besonderhede skakel Niek van Niekerk by 022Vir meer besonderhede skakel Niek van Niekerk by 022Vir meer besonderhede skakel Niek van Niekerk by 022Vir meer besonderhede skakel Niek van Niekerk by 022----9138003913800391380039138003 *TERME EN VOORWAARDES GELD*TERME EN VOORWAARDES GELD*TERME EN VOORWAARDES GELD*TERME EN VOORWAARDES GELD

CBYCBYCBYCBY

Page 30: Piketberger Maart 2014

30

PHS Kleure Atletiek Trofeewenners

Ravell Frans, Junior Victor Ludorum vir 1200m jnr se-

uns

Anke Schreuder, Senior Victrix Ludorum vir worpe vir senior meisies, gewig-stoot, langafstand en nael-

lope

Benna van der Westhuizen, Senior Victor Ludorum vir hammergooi beste presta-sie senior seuns en worpe

Juan Nelson, 70m hekkies, junior seuns

Lyle Booys, 100m beste naelloop junior seuns

Foto’s: Marietha Goosen Suzaan Visser, 1200m

junior meisie John Jelliman, gewigstoot

veld junior seuns

Sarine Brink, gewigstoot veld junior meisies

Lahndrick Hendricks, nael-lope beste senior seun en

spronge senior seuns

Juan-Mari Rautenbach, hekkies senior meisies

Ricardo de Villiers, lang-afstand senior seuns

Marike Koch, spronge senior meisies

Page 31: Piketberger Maart 2014

31

Boland Superspar haal Spar Internationaal tydskrif

Geluk PHS Rekordhouers Dit was weer die jaar ‘n groot voorreg om vir die Piketberg Hoërskool

leerders wat Laerskool Kleure atletiek rekords geslaan het ge-

skenkbewyse te gee. Boland Superspar is baie trots op die leerders

wat presteer het. Baie geluk aan die Rooi span met hul vuurwarm

oorwininning tydens die kleuresport byeenkoms.

Piketberg Rolbalklub

Op 8 Februarie het Piketberg Rolbalklub hul

jaarlikse Opedag aangebied. Boland Superspar

het ‘n Geskenkpak en vier geskenkbewyse gegee as pryse vir die wenners.

Valentynsdans Geskenkbewys

To apply for the Disability Parking disc, you

need to submit the completed form that you will

get at the traffic department along with:

• Your identity document (ID)

• the doctor's letter

• two ID photographs

• the prescribed fee

Please contact Piketberg traffic

department for more information.

Please respect the Disability parking space, it

has been designed for people with disability.

Hoërskool Piketberg hou elke jaar ‘n valentyns-

dans om fondse in te samel vir die Graad R-

klas. Dit is weer vir Boland Superspar ’n voor-

reg om die dans te ondersteun.

Toni Smuts (Skakelbeampte) oorhandig die koopbewys aan Schalk Coetzee.

School Stationary Bus Die Skryfbehoefte bus het

die jaar begin, kliënte kon

enige skryfbehoeftes koop

en dit gaan na skole in die

gemeenskap. Ons het on-gelukkig nie genoeg

skryfbehoeftes ingesamel

om vir die drie genomi-

neerde skole te gee nie en het besluit om aan Stawel-

klip die donasie te gee.

Hier oorhandig Veronica

Britz die skryfbehoeftes

aan die skoolhoof mnr D.C Petersen van Stawelklip

Primêr. Dankie aan al die

kliënte wat hierdie inisiatief

ondersteun het.

Ontmoet ons Bestuurspan: Charmaine Mouton, Lynette Gelden-huys, Maria Swartz, Marlene Visagie, Delanie Jooste , Charlene Fortuin, Hester Hagen, Sally Dietrich, Marietjie Pe dro, Elmarie

Taylor, Sharleen Williams en Brighton Wandi.

Boland Superspar is genader vir ‘n artikel in die Spar International

Tydskrif na Dean Jankielsohn verlede jaar ‘n toespraak gelewer het in

Mauritius by die SPAR Internasionale byeenkoms oor Boland Superspar. Dit is ’n groot prestasie vir die winkel.

Page 32: Piketberger Maart 2014

32

“Nogmaals baie baie dankie aan Boland Superspar vir die ongelooflike prys wat ons gewen het met die 4-dag bootreis

vir 2 aan boord van die MSC Sinfonia en dan praat ek nie eers van al die bederf die eerste aand in die 4-ster Victoria

en Alfred Hotel nie. Al die aktiwiteite, etes en vermaak tydens die vaart was van hoogstaande gehalte. Ons kon nie vir 'n beter wittebrood gevra het nie en is van die begin tot die einde bederf!” sê George en Yolandi Loots. Dit was vir

Boland Superspar ‘n groot voorreg om deel te wees van so ‘n spesiale geleentheid in die gemeenskap.

George en Yolandi Loots MSC Sinfonia Bootreis wenners!

Ingredients (Yield: 20)

• 12 marshmallow Easter eggs (any flavour), unwrapped • 60 g SPAR margarine - brick type • 5 ml vanilla essence • 1 litre Rice Krispie cereal (4 Cups) • 250 ml coconut • Optional topping: melted white Chocolate Method 1. Place the marshmallow Easter eggs and margarine together in a pot over low heat. 2. Once the ingredients begin to melt, keep stirring until an even molten mixture results. 3. Remove from the heat and quickly stir in the essence, cereal and coconut. Spoon the mixture into 2 greased SPAR Good Living non-stick loaf pans, pressing down firmly to compact. 4. Chill until firm enough to tap out onto a chopping board and slice into bars.

Optional: Drizzle melted chocolate over the tops and set aside to harden.

Easter Egg Bars - Fun Holiday Recipes Belgian Beer Now available at TOPS!