posbus 160, burgersdorp, 9744 telefaks: 051 - 6531722...

10
Ons leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie net hoor nie. Maar werklik luister. Iets prakties doen om iemand se lewe makliker te maak. Ons nie steur aan skinderstories nie, maar soek na die waarheid. Onsself so besig hou met mooi en goeie dinge dat ons hart oorloop daarvan … Use your voice for kindness, your ears for compassion, your hands for charity, your mind for truth and your heart for love. LEEF POSITIEF Interessante Punte 2 169 Persone is bereik gedurende die boekjaar Mildelike bydraes deur gemeenskap in die vorm van voedsel, komberse,en truitjies ens. Gemeenskaps werk in ons kontrei Voorsittersbrief 2 Bestuur van CMR 3 Werksaamhede van CMR 4 Gesinsinstandhouding 5 Noodhulp 6 Gemeenskaps Projekte 7 Statutêr 8 Bedankings 9 Lees binne CMR BURGERSDORP JAARVERSLAG 1 APRIL 2013 31 MAART 2014 Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 [email protected]

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

Ons leef positief as ons:

‘n bemoedigende woord het vir almal.

Nie net hoor nie. Maar werklik luister.

Iets prakties doen om iemand se lewe makliker te

maak.

Ons nie steur aan skinderstories nie, maar soek

na die waarheid.

Onsself so besig hou met mooi en goeie dinge dat

ons hart oorloop daarvan …

Use your voice for kindness, your ears for

compassion, your hands for charity, your mind for

truth and your heart for love.

LEEF POSITIEF

Interessante Punte

2 169 Persone is bereik

gedurende die boekjaar

Mildelike bydraes deur

gemeenskap in die vorm van

voedsel, komberse,en

truitjies ens.

Gemeenskaps werk in ons

kontrei

Voorsittersbrief 2

Bestuur van CMR 3

Werksaamhede van CMR 4

Gesinsinstandhouding 5

Noodhulp 6

Gemeenskaps Projekte 7

Statutêr 8

Bedankings 9

Lees binne

CM

R B

UR

GE

RSD

OR

P

JAARVERSLAG 1 APRIL 2013—31 MAART 2014

Posbus 160, BURGERSDORP, 9744

Telefaks: 051 - 6531722

[email protected]

Page 2: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

2

Mag ons die vergadering vandag begin met die volgende gedagte:

“Soos ʼn blom na die son draai; soos riviere na die see loop; soos ʼn boom na die hemel opreik; soos

skape agter hulle herder aanloop – so rig ons ons hart op die Here. Rig julle hart op die Opgestane

Here!”

Ek wil graag vanoggend met julle ʼn paar gedagtes deel rondom ons roeping en ons hoop!

Ja, as ons na die realiteite, die ekonomie, die werkloosheidsyfer, die armoede, misdaad en haaglike huislike

omstandighede rondom ons kyk, raak jy met tye moedeloos, wonder jy miskien waar is Christus nou?

Maar die hemelvaart is juis die teken dat Christus nog onder ons werk en besig is, Christus is teenwoordig,

daar is hoop! En ons word geroep om die hande en voete van God te wees. Mag dit liefdevolle en

genadige hande en voete wees wat by mense se huise en harte instap.

Mag ons saamborrel van vreugde oor God se hart, die hart van liefde, en in daardie saamwees gaan die

samelewing verander, in daardie saamwees koester ons hoop en is daar n WOW ervaring van (God hou van

my), in daardie saamwees word gesindhede verander, en nuwe atmosfere gekweek vir ons families, huis-

gesinne, huwelike en gemeenskappe...

Jesus verklaar dat Saggeus se huis gered is as gevolg van Jesus se teenwoordigheid, dit is al, Jesus se teen-

woordigheid. Jesus het ingestap in Saggeus se huis met n Goddelike teenwoordigheid, en dit maak die

wêreld se verskil...

Jesus het bloot ingestap in die huis van Saggeus met n Goddelike teenwoordigheid sonder om fout te vind

met iets of alles, sonder om met n valk oog te soek wat is verkeerd in hierdie huisgesin, hoe lyk hulle pri-

oriteite, hoeveel kere ʼn maand gaan hulle kerk toe, hoe lyk hulle leefstyl, waaroor praat hulle, hoe praat

hulle met mekaar.

Nee, Jesus het in elk geval alles geweet, en dan kom hy ook nie die huis in om te kom bevestig dit wat hy

weet nie, NEE, Jesus kom ingestap en Hy is net lief vir Saggeus en sy mense, Hy aanvaar vir Saggeus net

soos Hy is, Hy was nie skaam vir Saggeus nie, maar Hy wys liefde en aanvaarding, en dit is wat Jesus op

die tafel kom neersit...

Liefde, aanvaarding, respek...

En op hierdie manier sê Jesus vir Saggeus ek droom drome oor jou, Ek sien nie wat verkeerd is in jou huis-

gesin en jou leefstyl nie, maar Ek sien jou dieper potensiaal raak. Ek sien Christus in jou!!! En hulle

beleef en leef die wonderlike ervaring van God hou van my!!!

So gebruik God ook vir ons om mense daagliks te herinner aan die hart van God. Ons is nie hier om

mekaar en ander oor die vingers te tik oor wat jy doen en nie doen nie, maar om bloot die hart van God op

die tafel te sit, om ook vir jou te sê ek het jou net lief, ek aanvaar jou, ek sien nie raak die vuil en die stuk-

kend nie, ek droom drome oor jou en ek sien jou dieper potensiaal raak. Ek sien Christus in jou! Mag God

in Christus ook deur ons in ander se huise en lewens instap en net liefde, aanvaarding en respek op die tafel

neersit en so God se hart uitleef! Mag ons in ander se huise, harte en lewens instap en die WOW ervaring

skep van (God hou van ons) … ʼn atmosfeer van Jesus is teenwoordig en dit maak die wereld se verskil.

Namens die CMR Bestuur van Burgersdorp:

Dankie aan Mariëtte, Toekie en Annelise en Emma vir julle toegewydtheid, julle betrokkenheid en omgee

in en vir die gemeenskap. Dankie vir julle liefde. Mag julle ook aanhou om die hande en voete van God te

wees, liefdevolle en genadige hande en voete.

Aan Tannie Lettie by die klerebank, dankie ook vir daardie bydrae, diens en liefde wat so deurskemer tot

die gemeenskap en ʼn verskil maak.

Aan Ds Frikkie en die kerkraad van die NG Kerk, baie dankie vir die gebruik van die gebou.

Aan almal wat iets aan ons verskaf of geskenk het die afgelope boekjaar, dankie ook daarvoor.

Dankie ook aan die CMR Bestuur vir julle betrokkenheid.

Dankie aan Corne Erasmus, ons Direkteur, en Sannetjie Fourie ons Program Bestuurder, dankie vir julle

werk, bydraes en betrokkenheid by die kantoor.

To the Department of Social Development. Thank you for subsidising us. Without it we could not affort to

appoint a social worker.

Aan Theron & du Plessis ons ouditeure, dankie vir u betrokkenheid regdeur die jaar.

Baie dankie

Groete & Liefde in Christus

Surina van der Berg

UIT DIE PEN VAN DIE VOORSITTER

Page 3: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

3

BESTUURSLEDE VAN DIE CMR Voorsitter Ds. Surina van der Berg

Junie 2013

NG Kerk

STEYNSBURG

5920

ID 870726 0113 081 Tel 048-8840268

Sal: 082 5609305

Onder-voorsitter

Ds. Frederick Greeff

Okt 1990

Posbus 15

BURGERSDORP

9744

ID510331 5112 083 Tel: 051-6530108

Sel: 082 8744087

Lede Mnr. Dolf Koen

Maart 2009

Posbus 283

BURGERSDORP

9744

ID 601020 2004 081 Tel: 051-6530729

Sel: 082 5760215

Ds. Benjamin Companie

Junie 2007

Coetzeestraat 14

STEYNSBURG

5920

ID390725 5006 085 Tel: 048-8840323

Past John Herbert

Maart 2008

Viljoenstraat 2

BURGERSDORP

9744

ID520417 5092 082 Tel: 051-6531009

Sel: 082 4705400

Mev Mona van Eden

Maart 2009—Sept 2013

Sanlam Woonstel 2

BURGERSDORP

9744

ID 421217 0045 089 Tel: 051-6531412

Mev Lettie Venter

Nov 2011

Gereformeerde Kerk

BURGERSDORP

9744

ID 350529 0007 082 Tel: 051-6531017

Past Julius Jooste

Okt 2009

Asterstraat 45

Eureka

BURGERSDORP

9744

ID 590823 5064 085 Tel: 051-6531330

Sel: 082 4469077

Mev Fiona Fortuin

Nov 2010

Adamstraat 1352

EurekA

BURGERSDORP

ID 590204 0099 089 Tel: 051-6530260

Sel: 076 6125654

PERSONEEL

Die personeel van CMR Burgersdorp sien tans soos volg daaruit:

Me Corné Erasmus - Direkteur van CMR

Mev Sannatjie Fourie - Programbestuurder

Mariëtte Langley - Maatskaplike werker

Toekie van Straaten - Administratiewe Beampte

Annelise Bossr - Maatskaplike Werk Assistant

Emma Dyum - Kantoorhulp

Page 4: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

4

Gesinsinstandhouding

VIGS

Statutêre werk

Lewensvaardighede

Huweliksverryking

Egskeidingsberaad

Ouerleiding

Voorkoming van gesinsgeweld

Voorkoming van kindermishandeling

Berading ten opsigte van onsedelike aanranding/ verkragting en

gesinsgeweld

Spelterapie

Ondersteunende dienste aan kinders, vrouens en

bejaardes

Maatskaplike noodhulp en armoede verligting

Voedselprojek Eureka

Ondersteuning en bewusmaking met

betrekking tot MIV/ Vigs

Beskerming van kinders in terme van die

Kinderwet 38 van 2005

Pleegsorgtoesig- en

gesinsherenigingsdienste

Optrede ingevolge Wet 20/92 ten opsigte van die afhanklikheid van dwelms

en alkohol

PROGRAMME VAN CMR

WE

RK

SA

AM

HE

DE

VA

N D

IE

CM

R

WAAR LEWER ONS DIENSTE?

Dienste word binne die landdrosdistrikte van Burgersdorp, Molteno, Steynsburg en Venterstad gelewer. Dienslewering behels drie oorhoofse

programme, naamlik:

Vigs, Gesinsinstandhouding en Statutêre werk.

Page 5: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

5

GESINSINSTANDHOUDING &

NOODHULP

I’m not a perfect person, but when I care I care with all my heart

SPELTERAPIE

Spelterapie is ‘n waardevolle hulpmiddel tydens berading met jong kinders, omdat kinders nie die vermoë het om hulle emosies uit te spreek nie. Deur middel van spel kommunikeer

hulle die trauma wat hulle beleef het.

Die afgelope jaar is 4 kinders deur middel van spelterapie begelei.

Die afgelope jaar is 2 169 persone deur middel van die gesinsinstandhoudingsprogram bereik. Dienste wat gelewer is: Lewensvaardighede programme Ouerleiding Gesinsterapie Kerspakkieprojek Aanneming en Spelterapie

DIE

CM

R V

ER

RYK

GESIN

SLEW

E D

EU

R C

HR

ISTU

S S

E

LIE

FD

E I

N A

KSIE

KLEREKAMER KRY NUWE GESIG

Tannie Lettie Venter wat op CMR se bestuur

dien het die werksaamhede in die klerekamer

oorgeneem.

Baie dankie vir haar

onbaatsugtige diens.

Ons liefde moenie net woorde

en lippetaal wees nie, maar moet met die daad

bewys word, en dan in opregtheid.

1 Johannes 3:18

Page 6: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

6

… VERVOLG

Noodhulp by die CMR behels die volgende: Voedsel, komberse, klerasie, skoolgeld, mediese kostes ens.

Sonder die bydraes van die gemeenskap, is dit vir die CMR onmoontlik om in hierdie behoeftes te

voorsien.

SPAR ONDERSTEUN CMR

SPAR het ons die afgelope jaar op ‘n gereëlde basis van voed-

sel voorsien. Ons koskaste het met tye uit hul nate gebars.

Daar is ook weekliks

gebak afgelewer, en sodoende kon ons Vrydae kospakkies

aan 10 gesinne voorsien.

Ons wil SPAR en hul bestuur hartlik

Bedank vir die skenkings wat so

SNOESIGE KOMBERSE VIR KOUE WINTER

CMR het 101 komberse vir die boekjaar 2013-2014 van

verskillende instansies en individue gekry. Die komberse

is in CMR se werksarea versprei. Uit dankbarheid het ons

16 snoesige komberse aan ‘n paar bejaardes in

Huis Dirk Postma gegee.

Namens elke ontvanger sê ons dankie.

BEJAARDES IN AKSIE

Dirk Postma inwoners het CMR weer

geseën met 15 truitjies vir behoeftige

kinders. Die vlytige vingers van die

inwoners kon wonders verrig met die wol

om jong lyfies warm te hou. Elke truitjie

is uniek en met soveel liefde gebrei.

Die kinders bedank

al die vlytige oumas

vir hierdie

onbaatsugtige

diens.

HULDE BRING

Ons wil hulde bring aan Tannie Mona van

Eden wat so getrou Vrydae die

klerekamer beman het, fondsinsamelings

gedoen het vir CMR en op die Bestuur

gedien het.

Sy is skielik van ons

weggeneem. Haar

gereelde besoekies

aan die kantoor word

baie gemis.

Page 7: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

7

COMMUNITY PROJECTS

FOSTER PARENTS EQUIPED WITH PARENTING SKILLS

During the month of May 2013, thirty foster parents where guided on how to handle children who

display behavior problems. Five sessions were held where skills were taught on how to address

these problems.

FOSTER PARENTS AND CHILDREN FUNCTIONS

Parents of the foster parent group in Burgersdorp volunteered to organise the end of the year

function. On 12 December 2013 a scrumptious braai was held with all the trimmings. Twenty

foster parents and thirty nine children attended. Seventeen foster parents and twenty children in

Steynsburg were treated with cake, cool drink and sweats on 4 December 2013.

BRILLIANT BOXES

An informal educational programme for pre-school children was launched. Three

mothers were trained on how to use the programme. Two started in February 2014. Twenty four

children are benefitting from the programme. The volunteers received the lesson material they

need to cover. Monthly meetings are held to discuss problems and share ideas.

SAMEWERKING MET ANDER DEPARTEMENTE

In samewerking met die Departement Maatskaplike Ontwikkeling en die Departement

Gesondheid het CMR namens die Kinder Forum ‘n bewusmakings programme aangebied by die

Eureka Kliniek en Thembisa Kliniek . 119 Persone is ingelig aangaande voorgeboorte sorg en

baba sorg. Deur middel van hierdie program word jong moeders bewus gemaak van die voordele

van goeie kindersorg.

CMR is genooi deur Korrektiewe Dienste om 100 gevangenes toe te spreek gedurende ‘n

geleentheid wat gehou is om die Sestien Dae van Aktivisme teen die mishandeling van vroue en

kinders te vier.

Gemeenskapsvergaderings word in samewerking met die Polisie Forum gehou om

probleme aan te spreek.

Veertien vrywilligers is bemagtig om sosiale probleme in die gemeenskap te identifiseer.

In samewerking met die Kinderbeskermingseenheid is ‘n bewusmakingsveldtog gehou by

Burgersdorp Primêr. Aspekte wat gedek is: tiener swangerskap, dwelmmisbruik en afknouery.

‘n Vrouedag byeenkoms is gehou in samewerking met die Burgersdorp Hospitaal. Sestig vroue

het die byeenkoms bygewoon. Vrouwees was die hoof tema.

Die Kinder Forum het ‘n bewusmakingsveldtog geloots by twee laerskole. Die praatjies het

gegaan oor mense handel, dwelmmisbruik en HIV/Vigs.

Page 8: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

8

Pleegsorgplasing

Die versorging van kinders

binne gesinsverband wat hul

ouers verloor het deur dood,

gevangenisstraf en verd-

wyning, en as hul ouers nie

bevoeg is om na hulle om te

sien nie.

112

4 0

0 2

3

Veiligheidsplasing

‘n Geskikte plek vir die ty-

delike versorging en bev-

eiliging van kinders wat nie

meer veilig is in hul eie hu-

ishoudelike omstandighede

nie.

Aanneming

Wanneer die verantwoorde-

likheid van ouerskap nie

deur die biologiese ouers

nagekom kan word nie, en

‘n ander persoon dit perma-

nent oorneem.

Kinderhuisplasing

Dit is ‘n fasiliteit waar

kinders geplaas word wan-

neer daar geen ander uitweg

t.o.v. hul versorging is nie.

Verbeteringskool

Dit is ‘n fasiliteit vir jeug-

misdadigers wat volgens die

strafproseswet oorgeplaas is

met die oog op bewaring,

versorging en onderrig.

Nywerheidsskool

Dit is ‘n skool vir die op-

name, versorging en onder-

wys van kinders wat

ingevolge ‘n hofbevel daar-

heen oorgeplaas is.

STATUTêRE WERK

Page 9: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

CMR Sê DANKIE!

Eerstens wil ons ons Hemelse Vader bedank dat U elke dag hier saam met ons is.

Here, help ons om raak te sien al die seëninge wat ons van U kry. Maak ons harte oop om U te dien deur ons in elkeen te verbly.

Weereens wil ons graag die volgende instansies en individue bedank vir hul voortgesette ondersteuning. - Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (Subsidie) - NG Kerk Gemeente van Burgersdorp vir die maandelikse finansiële bydraes en die gebruik van die kantore en die motorhuis. - Gereformeerde Kerk Burgersdorp vir u maandelikse finansiële bydraes. - NG Kerk Steynsburg vir u maandelikse finansiële bydraes. - SPAR Burgersdorp vir die voedsel donasies wat ons op so gereelde basis ontvang. - Donasies van gemeentelede, individue en besighede Baie dankie aan die gemeentes wat getrou elke maand hul eweredige bydraes gee. Die bydraes word spesifiek aangewend om behoeftige mense in hul gemeentes te help. Baie dankie aan die individue wat ook getrou elke maand fondse in ons rekening betaal, ons waardeer dit opreg. Aan Theron du Plessis wil ons net ons dank betuig vir hul dienste deur die jaar. Dankie aan me Sannatjie Fourie, ons huidige programbestuurder vir haar hulp en bystand met ons werksverrigtinge. Die Direkteur van CMR, me Corné Erasmus, wil ons bedank vir al haar insette om ons kantoor te help om in alle opsigte die regte prosedures te volg. Aan almal wat voedsel, komberse, klere en finansiële bydraes lewer sê ons baie dankie.

BEDANKINGS

BANK BESONDERHEDE:

ABSA

Tak: 334320

Rek: 1800230043

Page 10: Posbus 160, BURGERSDORP, 9744 Telefaks: 051 - 6531722 …cmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Burgersdorp.pdfOns leef positief as ons: ‘n bemoedigende woord het vir almal. Nie

10