potshot uitgawe 1 2017 - bosveld jagterspotshot ( uitgawe 1 van 2017 ) boodskap van ons voorsitter...

10
POTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar , is ons sterk besig om die reelings te tref vir die jaarlikse trofeemeet. Almal wat inskryf hiervoor is besig om hulle trofees voor te berei vir die groot meeting. My bestuur is ook besig om die jaarlikse eindfunksie te reel wat hierdie jaar by Bundu lapa gehou sal word. Kaartjies beloop R 150.00 per persoon en is beskikbaar by die kantoor of by die bestuurslede. Met die jagseisoen aan die einde begin die visvang seisoen op ‘n hoe noot. Ons bied die jaar weer ‘n visvang kompetisie aan. Dit vind plaas op 12 November 2017 by die Nyl. Inskrywings beskikbaar by die bestuur. Groot opspraak is die afgelope jaar gemaak met die wapenwet en die hofsaak rondom die hernuwing van die wapenlisensies. Soos u verneem het is die hofsaak teen die SAP gewen , maar die SAP het die uitspraak teengestaan met ‘n Apel. Dit beteken nou dat ons die normale prosedures moet volg vir heraansoeke soos voor die hofsaak. Ek doen ‘n beroep op elke wapeneienaar om te sorg dat die hernuwing van so ‘n wapen , 90 dae voor die verval van die betrokke wapen gedoen moet word. Die bestuur wil ons lede bedank vir die bywoning van ons aktiwiteite , veral die Impala aande & skiet dae. Daar is ‘n konstante groei in bywoning die afgelope jaar. Ons tak spog ook met 2 juniors wat die eerste en vierde plekke behaal het op die Chasa skiet ranglys vir juniors. Hulle is Jan ( 1 ste ) & Jane ( 4 de ) Dippenaar. Die tweede plek is geneem deur Brandon van Pietersburg tak en die derde plek deur ‘n junior van Natal jag. Baie geluk julle twee !!!!! Jagtersgroete Dippies Dippenaar. Welkom terug “ POTSHOT “ !!!! Na vele stil eensame dae en aande sonder ons eie nuusbrief , maak hy soos die kat , HY IS TERUG !!! Die redaksie vra julle as lede om ons te help sodat ons hierdie nuusbrief weer ‘n sukses kan maak. Stuur vir ons interresante & belankrike nuusbrokkies wat ons kan gebruik. Stuur vir ons jagfoto’s , jagstories , staalkies en inligting of enige nuus wat tot voordeel van ons lede kan wees. Stuur ook vir ons voorstelle hoe ons die nuusbrief kan verbeter of meer interresant en lesersvriendelik kan maak. Ons maak staat op julle samewerking . Julle kan die bruikbare materiaal vir Debbie by die kantoor stuur , asseblief.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

POTSHOT

( Uitgawe 1 van 2017 )

Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus.

Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar , is ons sterk besig om die reelings te tref vir die

jaarlikse trofeemeet. Almal wat inskryf hiervoor is besig om hulle trofees voor te berei vir die groot meeting.

My bestuur is ook besig om die jaarlikse eindfunksie te reel wat hierdie jaar by Bundu lapa gehou sal word.

Kaartjies beloop R 150.00 per persoon en is beskikbaar by die kantoor of by die bestuurslede.

Met die jagseisoen aan die einde begin die visvang seisoen op ‘n hoe noot. Ons bied die jaar weer ‘n visvang

kompetisie aan. Dit vind plaas op 12 November 2017 by die Nyl. Inskrywings beskikbaar by die bestuur.

Groot opspraak is die afgelope jaar gemaak met die wapenwet en die hofsaak rondom die hernuwing van die

wapenlisensies. Soos u verneem het is die hofsaak teen die SAP gewen , maar die SAP het die uitspraak

teengestaan met ‘n Apel. Dit beteken nou dat ons die normale prosedures moet volg vir heraansoeke soos voor

die hofsaak. Ek doen ‘n beroep op elke wapeneienaar om te sorg dat die hernuwing van so ‘n wapen , 90 dae

voor die verval van die betrokke wapen gedoen moet word.

Die bestuur wil ons lede bedank vir die bywoning van ons aktiwiteite , veral die Impala aande & skiet dae. Daar

is ‘n konstante groei in bywoning die afgelope jaar.

Ons tak spog ook met 2 juniors wat die eerste en vierde plekke behaal het op die Chasa skiet ranglys vir juniors.

Hulle is Jan ( 1 ste ) & Jane ( 4 de ) Dippenaar. Die tweede plek is geneem deur Brandon van Pietersburg tak en

die derde plek deur ‘n junior van Natal jag. Baie geluk julle twee !!!!!

Jagtersgroete

Dippies Dippenaar.

Welkom terug “ POTSHOT “ !!!!

Na vele stil eensame dae en aande sonder ons eie nuusbrief , maak hy soos die kat , HY IS TERUG !!!

Die redaksie vra julle as lede om ons te help sodat ons hierdie nuusbrief weer ‘n sukses kan maak. Stuur vir ons

interresante & belankrike nuusbrokkies wat ons kan gebruik. Stuur vir ons jagfoto’s , jagstories , staalkies en

inligting of enige nuus wat tot voordeel van ons lede kan wees.

Stuur ook vir ons voorstelle hoe ons die nuusbrief kan verbeter of meer interresant en lesersvriendelik kan

maak. Ons maak staat op julle samewerking .

Julle kan die bruikbare materiaal vir Debbie by die kantoor stuur , asseblief.

Page 2: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

Lede betrokkenheid en bywoning van funksies.

Ons as bestuur doen ‘n beroep op julle as lede om betrokke te raak by die aktiwiteite wat aangebied word. Dit is

in elke geval tot jou eie voordeel , veral wanneer julle moet terugvoering gee om julle toegewyde jagstatus ,

sportskiet status ens. te behou.

Woon asb die aktiwiteite & funksies by , die bestuur sit baie ure en werk in om julle as lede te diens en om die

funksies & aktiwiteite ‘n sukses te maak. Indien daar van julle is wat belangstel om te help kontak gerus enige

van die bestuurslede , ons sal dit hoog op prys stel.

Belankrike datums om te onthou.

Hier is net ‘n paar datums wat ons uitlig.

• 14 September - Impala aand

• 30 September - Trofee meet (in die oggend)

• 19 Oktober - Impala aand

• 21 Oktober - Balkie skiet (in die oggend)

• 4 November - Prysuitdeling & Spitbraai met ‘n lekker dans

Dit is maar net ‘n paar datums wat uitgelig is , Hou asb julle kalender dop vir ander belankrike datums.

Ken jou bestuur.

Voorsitter - Andries Dippenaar (Dippies) - 083 230 3313

O/Voorsitter - Johan Bornman - 076 865 3322

O/Voorsitter - Lukas Van Eeden - 076 834 9814

Tesourier - Alric Forssman - 082 870 1911

Sekretaresse - Debbie Oosthuizen - 015 - 491 8449 (Kantoor)

Skiet Beampte - Lukas Van Eeden - 076 834 9814

Nuusbrief - Francois Cilliers - 082 822 1790

Add Lid - Edwin Van Jaarsveldt - 078 606 3279

Add Lid - Frans Cilliers - 076 935 5798

Add Lid - Freddie Smit - 082 873 5845

Add Lid - Marcus Ludike - 082 844 1977

HOOP

As ons al ooit nodig gehad het om op iets of iemand te kan staatmaak , is dit nou. Oral om ons sien ons

hoe dinge verbrokkel. Ons het iets tasbaars nodig om ons hoop op te vestig. Die goeie nuus is dat ons

ons hoop in die Here Jesus Christus kan plaas. Hy bly gister , vandag en vir altyd dieselfde.

Deur Jesus Christus het ons , deurdat ons glo , toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin

ons ons nou bevind , en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee.

- Romeine 5:2

Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek.

- Klaagliedere 3:25

Page 3: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

“Ek weet wat Ek vir julle beplan het.” se die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teespoed nie. Ek wil

he dat julle hoop vir die toekoms moet he.”

- Jeremia 29:11

Hoekom is ek so neerslagtig ? Hoekom so verontrus ? Ek sal op God vertrou ! Ek sal Hom weer prys. Hy is

my redder en my God !

- Psalm 43: 5

Why do you bowhunt ?

Why do you bowhunt ? This is a question I have been asked on many occasions over the past ten years.

Many rifle hunters simply cannot understand that we would sit for hours in a blind or tree stand or spend

countless days walking and stalking to get our animal. So , here are my thoughts on the topic.

Growing up in a home where my dad was a keen hunter , I was introduced to a rifle at a very young age. I

believe most of you can relate to this. After my dad bought me my very first edition of Africa’s Bowhunter

magazine , that was my introduction to bowhunting.

A few years passed until I shot my first arrow at a hunting show – that first shot is still imprinted on my

mind !

After two years and a month , saving my pocket money , that was R 40.00 per month at that stage , I bought

my first bow. After a lot of practice , watching bowhunting DVD’S and reading bowhunting magazines I

hoped I was ready for my first bowhunt. After my first kill , something inside me changed that day and I

knew that is something I wanted to experience again.

Being so close to an aware animal , up to the buck fewer after the shot , is something you can only put in

words once you’ve experienced it yourself. A lack of knowledge and impatience led to a lot of unsuccessful

hunts in the beginning. After all , there is much to be learned as a bowhunter. To me one of the best things is

that I still learn a great deal on each

hunt.

For me the whole experience is to get

close to an animal without the animal

being aware of my presence. It is a

challenge for any person to sneak up to

an animal unnoticed and to be able to

draw your bow without the animal

detecting you. It is just as much fun

hunting from blinds. You get to

experience another side of animals when

you observe them that close. And if you

are lucky you will have sightings you

will remember for the rest of your life.

If you are still deciding whether to take

up archery or not , my advice from my

experience – and I bet that the answer

will be the same from most archers – is that you should try it for youself.

Page 4: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

We are a small group of people who share this passion in our country. We are blessed to call Africa our

home ground. Arguably we have the best hunting spots in the world. This is why I believe that we should

stand together instead of giving inside politics within our close-knit group the opportunity to have the upper

hand.

We are on the same “team” after all.

Danie Geel. (Africa’s Bowhunter-May 2017)

Doodskoot ??!!

In Namakwaland is daar ‘n oom en antie. Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een ,

waarsku die dokter dat die antie se hart nie meer so lekker is nie , en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte

sal oorleef nie.

Die oom en antie skrik , want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood

nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies , maar die ongedurigheid broei in hulle.

Een nag le die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Na ‘n rukkie is

dit stil en hy kyk na haar , net om te sien dat sy hom met groot oe beloer.

“ Jy kyk vi my “ se hy.

“ Ja “ se sy “ ek kyk vi jou. “

“ Nou maar hoekom kyk jy vi my ? “ vra hy.

“ Ek dink “ se sy.

“ Nou maar wat dink jy so innie laatnag ? “ vra hy.

“ Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee….”

Junior 2 opleidings naweek – 2016.

Dit was ‘n reenerige naweek aan die einde van April 2016 op Bertus Moller se plaas op Sterkrivier. Die 4

juniors wat saam gegaan het kon die vrydagaand nie meer hulle opgewondenheid betoom nie. Nadat die

juniors hulle tente opgeslaan het , en‘n lekker ete genuttig het , wat Freddie vir ons voorberei het , het hulle

met groot moeite bedwaarts gekeer.

Vroeg saterdagoggend is almal uit die vere

gejaag terwyl dit nog sag reen. Ons het

beskuit en ‘n beker boeretroos genuttig vir

ontbyt. Gelukkig het die reen opgeklaar en

kon ons veld toe. Alhoewel dit baie

bewolk was en die reen gedreig het om

enige tyd weer neer te sak is die juniors

elkeen saam met hul instrukteurs in

verskillende kampe afgelaai.

Na ‘n harde dag se jag te voet , het al 4

juniors se bokke teen sononder in die

koelkamer gehang.

Met seer voete en moee lywe

het die instrukteurs om die

vuur gesit en die dag se jag

bespreek terwyl die juniors ,

baie stiller as die vorige aand ,

probeer visvang in die dam.

Die kinders het sommer vroeg

Page 5: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

die aand na ete bedwaarts

gekeer.

Die sondag oggend het almal

baie tevrede opgestaan ,

ontbyt geeet , kamp

opgeslaan en reg gemaak om

huiswaarts te keer.

Ons wil net vir Bertus

bedank vir die geleentheid

wat hy ons as die BJV gegee het om ons kinders die avontuur van

jag kon leer op sy plaas en vir die rooibokke wat hulle kon skiet.

Die BJV het meer mense soos jy nodig om in ons kinders

(toekoms van die BJV) te bele en “ jag die sport van prinse “ as fondament by hulle te vestig.

Trofee Meet – 30 September 2017.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse trofee meting.

Hierdie jaar vind dit plaas op 30 September om 09:00 vm te R.C.Brits skietbaan plaas. Die inskrywings

begin om 09:00 vm tot 11:30 vm en die amptelike meting sal stiptelik om 12:00 vm begin. Geen laat

inskrywings sal aanvaar word nie, indien ‘n lid laat gaan wees moet hy vooraf reelings tref met die bestuur.

Die inskrywings geld beloop R50.00 per lid.

Maak seker dat die trofees wat ingeskryf word , SKOON , DROOG & REUKLOOS is asb. Die trofees wat

ingeskryf word moet wettig en eties gejag wees en die verantwoordelikheid le op jou as lid om dit te bewys.

Julle moet julle self vereenselwig met die trofee meet reels , wat beskikbaar sal wees by die BJV se kantoor.

Bring julle trofees en skryf in en help dat dit weereens ‘n sukses sal wees.

Prysuitdeling & Spitbraai – 4 November 2017.

Onthou hierdie datum !!!!!

Dit is ons jaarlikse prysuitdeling en afskeidsfunksie vir die jaar.

Hierdie jaar vind dit plaas by Bundu Lapa om 18:00 , so ‘n entjie uit op die Zebediela pad. Daar word weer

verskeie lip lekker disse voorgesit. Kontant kroeg beskikbaar , geen eie drank word toegelaat.

Die kostes beloop R 150.00 per persoon & R 75.00 per laerskool kind en voorskools vra ons net ‘n donasie.

Skud op en kry jou kaartjies , dit gaan ‘n JOL wees !!!!!

Net ‘n 150 kaartjies is beskikbaar. Kaartjies is te koop by die kantoor en bestuurslede.

O JA !!! amper vergeet ek – daar is musiek en ons gaan LEKKER SKOFFEL TOT LAATAAND !!!!!

SIEN JULLE DAAR !!!!!

Jag Gallery.

Jacques Cilliers het die vlakvark en rooibok

tussen Pietersburg en Dendron gejag die laaste

naweek van Junie 2017.

( Links en Onder )

Page 6: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

Jacques het altwee die diere met goed

geplaaste

hartskote in hulle spore gestop ,

met sy .243 Bruno.

( Onder ) Edwin Van Jaarsveldt met ‘n

Wildebees en baie mooi Koedoe bul wat

hy met sy .308 gejag het op die plaas

Bergsig net buite Mokopane.

( Links ) Andries Dippenaar (Dippies) met ‘n

Wildebees wat hy met sy .375 geskiet het op die plaas

van N.W.Lichthelm in die Mokopane distrik.

Hy en sy twee kinders het ‘n baie suksesvolle

jagnaweek gehad .

(Regs) Jane Dippenaar met ‘n mooi Rooibok ram

geskiet met ‘n .223

Page 7: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

(Onder) Jan Dippenaar met sy Wildebees gejag met ‘n

.375

(Onder) Francois Cilliers was ook gelukkig tydens sy

voeljag.

25 Tekens dat jy nie meer vandag se

kind is nie.

1. Kafoefel op ‘n enkelbed is buite die kwessie.

2. Jy kreun voordat , asook terwyl jy buk.

3. Jou yskas bevat meer kos as drank.

4. Jy geniet dit om blokraaisels te voltooi.

5. 5 vm is hoe laat jy opstaan , nie hoe laat jy gaan slaap nie.

6. Baie van jou sinne begin met “ toe ek jou ouderdom was…..”

7. Nie een van die Kia Top 20 liedjies klink vir jou hoegenaamd bekend nie.

8. Jy het geen idée hoe laat McDonalds of KFC toemaak nie.

9. Bokswyn is nie meer heeltemal so lekker nie.

10. Jy eet ontbyt in die oggend , en nie meer in die middel van die nag nie.

11. 90% van die tyd wat jy voor ‘n rekenaar spandeer , is vir werk.

12. Jou dokter lyk vreeslik jonk.

13. Jou bril het ‘n toutjie , en hang permanent om jou nek.

14. Jy raak aan die slaap voor die TV.

15. ‘n Middagslapie lyk baie aantreklik.

16. Jou sleutels verdwyn gereeld spoorloos.

17. Jy raak lowering na ‘n glas wyn.

18. Jy begin vrywillig in die tuin werk.

19. Jy kyk meer gereeld na die weervoorspelling.

20. Jy trek aan volgens die weervoorspelling.

21. Jy begin die voels in jou tuin kos gee.

22. Die linkerbaan op die snelweg voel veilig.

23. Jy verkies vakansies en troues waar daar geen kinders welkom is nie.

24. Jy voel jy moet altyd se wat jy dink , al is dit onbeskof.

25. Jy het hierdie hele lys gelees in die desperate hoop dat daar dalk een teken op die lys is wat nie op

jou van toepassing is nie. Jy kon egter nie een kry nie , en dis hoekom jy dit vir ‘n klomp van jou

ouer vriende gaan wys , want jy weet hulle gaan dit ook geniet.

***Nou weet julle ook hoekom ek dit geplaas het ……

Page 8: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

Blikbekerbroodjies.

EEN VIR ELK

Jy’t al stokbrood gemaak , maar het jy al blikbekerbroodjies gebak ?

Jy benodig:

( maak 15-20 broodjies)

• 1 kg koekmeel

• 1 eetlepel suiker

• 2 teelepel sout

• 1 pakkie ( 10g ) kitsgis

• 650-750 ml louwarm water

• Olie of botter om die blikbekers te smeer

So maak jy

Meng die meel , suiker en sout saam en roer dan die gis by. Gooi 650 ml van die louwarm water by

en maak die deeg aan – as die mengsel te styf is , gooi nog ‘n bietjie water by. Knie die deeg vir

ongeveer 10 minute tot dit lekker glad en elasties is.

Smeer vir elkeen wat saam kamp , ‘n blikbeker. Sit ‘n vuisgrootte stuk deeg wat jy mooi afgerond

het in elk van die bekers en laat dit rys tot dubbel die volume.

Buig ‘n stukkie draad om die beker en hang die bekers bo die warm kole van jou kampvuur. Bak die

broodjies vir ‘n halfuur of wat tot hulle mooi goudbruin en deurgaar is.

Met hierdie basiese deegresep kan jy ook ‘n potbrood in jou platboompot maak , brood in ‘n

broodpannetjie bak , roosterkoek , broodrolletjies of pizza basisse maak.

Juniors op die skietbaan.

Page 9: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar

Die juniors het dit baie geniet en was ‘n leersame dag.Hulle het probeer om al die

fyner kunsies van skiet toe te pas wat die ouer garde en instrukteurs hulle geleer het.

Ledegeld

Die bestuur doen ‘n beroep op van die lede wat nog nie hulle jaarlikse ledegeld betaal het nie

om dit so spoedig moontlik te doen. Indien daar van die lede is wat ‘n probleem het om die

gelde te betaal moet hulle asseblief met enige van die bestuur reel sodat daar gekyk kan word

hoe om julle te akkomodeer. Dit sal streng vertroulik hanteer word.

( Die inhoud van die artikels in die nuusbrief weerspieel nie noodwendig die

mening van die Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging nie.)

( F.Cilliers )

Page 10: POTSHOT uitgawe 1 2017 - Bosveld JagtersPOTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 ) Boodskap van ons Voorsitter BJV-Potgietersrus. Jagtersvriende met die jagseisoen wat op sy einde is vir die jaar