praktiese teologie 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/praktiese teologie 1/voorhuw...

33
PRAKTIESE TEOLOGIE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELKIKE DIENS Module 2. Voorhuwelikse Berading. MAN: VROU:

Upload: others

Post on 07-Feb-2020

24 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

PRAKTIESE TEOLOGIE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELKIKE DIENS

Module 2.

Voorhuwelikse Berading.

MAN: VROU:

2

INHOUDSOPGAWE. Bladsy.

1. Inleiding. 3

2. Sessie 1. WIE IS EK? 4

3. Sessie 2. HOE PRAAT ONS? 4

3.1. Vertroue. 5

3.2. Kommunikasie. 5

4. Sessie 3. HOE DINK ONS? 7

4.1. Verstaan die verskil. 7

4.2. Die skoonfamilie. 8

4.3. Finansies in die huwelik. 9

5. Sessie 4. HOE GENIET ONS MEKAAR? 10

5.1. Intimiteit. 10

5.2. Kopkrap en mooi dink. 11

6. Sessie 5. HOE MOET DIT WERK? 13

6.1. Gereedheid vir nuwe verhoudings. 13

6.1.1. Indikatore wat gereedheid vir „n nuwe verhouding aandui. 14

6.1.2. Aanduidings dat daar nog sielkundige probleme is

betreffende die vorige verhouding. 14

6.1.3. Kriteria vir risiko verhoudings. 15

6.1.4. Kyk voor jy trou. 15

7. Sessie 6. HOE WIL GOD Hê DIT MOET WERK? 17

8. Werksopdrag. 19

9. Addendum 1. DISK Gedragsprofiel. 21

10. Addendum 2. VYF LIEFDESTALE PROFIEL. 29

3

1. Inleiding.

Ons leef in „n tyd waar die huwelik nie meer die nodige respek kry wat dit verdien

nie. Dit is byna ongewoon om nog jongmense te kry wat nie reeds saamwoon of in „n

seksuele verhouding betrokke is nie. Navorsing in Amerika het getoon dat 54% van

huwelike wat tussen 1990 en 1994 voltrek was begin het met paartjies wie voor die

tyd saam gewoon het. Navorsing is dit eens dat die meerderheid van jongmense wie

gereed is om te trou reeds een of ander tyd in „n saamwoon verhouding betrokke

was. Dis egter interessant om te verneem dat studies ook getoon het dat huwelike in

Amerika en Verenigde Koninkryk wat „n saamwoon agtergrond het meer geneig is

om in die egskeidingshof te eindig as huwelike waar nie saam gewoon was nie.

Sulke paartjies skei gewoonlik vroeg in die huwelik en as so „n huwelik meer as sewe

jaar duur is die kans vir egskeiding omtrent dieselfde as paartjies wie nie

saamgewoon het voor hulle troue nie. Net meer as 50% van paartjies wie saamwoon

trou uiteindelik (http://marriage.about.com/od/cohabitation/qt/cohabfacts.htm). Suid

Afrikaanse statistieke toon dat in 2007, 182 564 huwelike voltrek was. In dieselfde

jaar was daar egter 39 181 egskeidings geregistreer. Meer as 10,4 miljoen persone is

deel van saamwoon verhoudings vandag.

(http://www.destinyconnect.com/forum/default.aspx?g=posts&t=197).

Wanneer ons egter die geleentheid kry om jongmense te bedien wat daaraan dink

om „n huweliksverbintenis te maak is dit noodsaaklik om hulle met die nodige,

basiese informasie toe te rus vir die huwelik. Dit is egter nie moontlik om paartjies

wie op troue staan alles te probeer leer wat nodig is om „n suksesvolle huwelik te hê

nie aangesien selfs mense wie vyftig jaar en langer reeds in huwelike betrokke is, nie

eens oor daardie kennis beskik nie. Ons het egter van die Teologiese Departement

se kant gevoel om „n kort en bondige kursus saam te stel om die

Huweliksbevestiger, Pastoor of Berader in staat te stel om paartjies wie op troue

staan in ons kerk, met raad te kan bedien. Hierdie kursus strek oor „n tydsbestek van

sewe (7) sessies en kan in een week, een aand in „n week of oor „n naweek

aangebied word.

4

2. Sessie 1. Tema: WIE IS EK?

In hierdie sessie ontmoet ons die paartjies wie wil trou en derhalwe deel wil wees

van die kursus. Dit is voordelig om met nie meer as vyf (5) paartjies op een kursus te

werk nie. Daar moet persoonlike aandag gegee word en die deelnemers moet

vrymoedig wees om net hulself te wees. „n Geskikte plek is nodig vir die kursus waar

elkeen veilig kan voel, daar geen steurings is nie en elke deelnemer op sy/haar

gemak kan wees. Die sitplekke behoort in „n kring te wees sodat elkeen aandag

geniet. In sessie 1 vind die volgende plaas.

Ons kan gebruik maak van „n ysbreker om die deelnemers meer tuis te laat

voel.

Hulle moet ook hulself voorstel en naamkaartjies kan verskaf word.

Ons stel ook die reëls van die groep vas wat gewoonlik behels dat:

- Elkeen „n kans kry om deel te neem.

- Niemand afbrekende kritiek lewer nie.

- Wat ons doelwit is.

- Getrouheid word aangemoedig.

- Konfidensialiteit moet beklemtoon word.

Daar kan na afloop van die sessie verversings wees en dis goed om beurte

vas te stel wie verantwoordelik vir byvoorbeeld die drinkgoed is.

In hierdie sessie kry elke deelnemer „n DISK vraelys om te voltooi wat dan

later bespreek sal word.

In hierdie sessie kry elke deelnemer ook „n vraelys wat hulle verskillende

liefdestale bepaal wat ook dan bespreek word.

Die doel van sessie 1 is om kennis te maak en mekaar te leer ken en dat elke

deelnemer uit die kennis van die vraelyste hulself en hul toekomstige

huweliksmaat kan leer ken.

Die DISK vraelys is Addendum 1 en die 5 Liefdestale Vraelys is Addendum 2.

3. Sessie 2. Tema: HOE PRAAT ONS?

Die sessie kan weer begin word met „n ysbreker. Dit word aangemoedig dat die

deelnemers hulle eie aantekeninge maak omdat ons geneig is om makliker te onthou

dit self wat ons self geskryf het.

5

In hierdie sessie word daar spesifiek gedeel met twee belangrike aspekte van die

huwelik. Hierdie aspekte behels: VERTROUE en KOMMUNIKASIE.

3.1. Vertroue.

Vertroue gaan daaroor dat daar moontlik dinge gebeur het in hulle huidige

verhouding of selfs moontlik in ander verhoudings waar een of selfs albei partye

teleurgestel was deur „n/die ander persoon in „n verhouding. Die paartjies word

geleentheid gegee om alleen eenkant te sit en met mekaar te praat oor hoe hulle

vertroue in mekaar is. Vra soos die volgende word behandel:

Hoe voel ek as „n ander persoon van die teenoorgestelde geslag met jou

praat?

Hoe voel ek as jy laat is vir ons afspraak?

Hoe voel ek as ek jou vorige meisie/vriend sien?

Hoe voel ek oor die gedagte dat jy nog kontak met jou vorige meisie/vriend

het?

Is ek jaloers op jou?

Gun ek jou tyd alleen?

Glo ek jou altyd as jy vir my iets sê?

Het ek jou vergewe vir seer dinge in die verlede?

Dink jy hy/sy sal jou verneuk met „n ander?

Met die terugkoms by die groep moet hulle hulself „n punt uit 10 gee wat dan die

mate van vertroue weergee.

3.2. Kommunikasie.

Daar bestaan 5 vlakke van kommunikasie (Gschwend-Bosch, 2000).

Clichés – Dit verwys na dinge wat ons uit gewoonte sê wat nie veel beteken

nie.

Feite – Dit is „n bietjie dieper as die vorige vlak en is wanneer die jongman vir

die meisie sê hoe warm sy koffie is aan tafel wanneer hulle uiteet.

Opinie – Wanneer ons gedagtes deel leer ons mekaar ken want ek weet hoe jy

voel.

6

Waarheid – Dit is om ons innerlike te deel. Dit is nie meer selfsugtig nie en ons

praat sonder die vrees vir verwerping.

Empatie – Ons stel onsself in die skoene van iemand anders.

Ons moet onthou dat kommunikasie bestaan uit ongeveer:

7 % Woorde (dit wat ons sê).

38 % Emosies (hoe ons dit sê).

55 % Liggaamstaal (My voorkoms wanneer ek dit sê en die dade wat gepaard

gaan daarmee).

Redes vir kommunikasie probleme in verhoudings:

Selfsentrerend (My planne, my idees, wat ek wil bereik).

Trots (Weier om advies te aanvaar).

Vrees vir verwerping (Dit wat ek sê gaan nie sin maak nie).

Vrees vir woede uitbarstings van die ander party.

Konflikhantering.

Vra jou vrou/man om jou berader te wees en praat van jou vrou/man met jou

vrou/man.

Wees spesifiek en moenie veralgemeen in argumente nie.

Spreek die probleem aan en nie die persoon.

Beheer jou emosies.

Luister met empatie en stel jouself in die ander se skoene.

7

4. Sessie 3. HOE DINK ONS?

4.1. Verstaan die verskil.

Dis noodsaaklik om die verskil tussen mans en vrouens te verstaan. Daar is „n

verskil in die funksies van die brein. Die brein bestaan uit „n linker hemisfeer en „n

regter hemisfeer.

Linker hemisfeer.

Dink en redeneer logies stap vir stap.

Beheer taal en leesvermoë.

Werk logies, georganiseerd en met „n doel.

Regter hemisfeer.

Sien alles as „n geheel en in patrone.

Emosies, kuns, intuïsie, spelerigheid.

Spontaan, fisies en sien dadelik „n behoefte raak.

Sensitief, verstaan en werk sintuiglik.

Tussen die twee hemisfere is „n bondel van breinweefsel wat corpus callosum

genoem word. Dié van vrouens is dikker as die van mans wat beteken dat hulle baie

meer van die een kant van die brein na die ander kant oorskakel. Mans verkies ook

om aan die linkerkant te bly omdat hulle nie graag met emosies te kampe wil hê nie.

http://faculty.washington.edu/chudler/split.html

8

Mans wil logies redeneer terwyl dames dit geniet om te “voel”. As gevolg hiervan is

daar die verskille tussen mans en vrouens:

Mans fokus op die dinge waarmee hulle besig is terwyl dames met meer as

een ding gelyktydig kan besig wees.

Dames sê gewoonlik: “Ek voel . . .” terwyl mans sal sê: “Ek dink . . .”

Mans hou nie daarvan om onderbreek te word wanneer hulle werk nie omdat

dit hulle gedisoriënteerd maak en dan voel die dames dat hulle nie belangstel

nie.

In argumente voel dames dat mans te lank vat om dit wat hulle sê te

prosesseer en dat hy dus nie luister nie.

Dames raak gou bewus van atmosfere en het „n sesde sintuig (intuïsie).

Mans hoor nie so goed soos dames en nie daarom praat hulle soms harder.

Dames het gewoonlik meer energie as mans alhoewel mans meer energiek as

dames in die vroeg oggend is.

Mans moet rus om hulle energie op te bou terwyl dames se energie opbou

terwyl hulle werk.

Beide mans en vrouens het „n dominante kant van die brein wat hulle verkies om te

gebruik. Dit is noodsaaklik dat beide bewus moet wees van die verskille om weet om

reg op te tree. Dit is makliker vir die dame om aan te pas by die man as andersom.

Die huwelik is „n verbond, „n ooreenkoms en „n verhouding waarin die een party die

ander moet akkommodeer.

4.2. Die skoonfamilie.

Dit kan mooi in die Engelse taal verduidelik word: “Don‟t let your In-laws become

Outlaws”. Die Skrif verklaar dat die man sy ouers moet verlaat en dat hy een met sy

vrou moet word. Dit is noodsaaklik dat beide die ouers se rokspante moet los en leer

om een te word met mekaar. Daar is niks mee verkeerd om raad by die ouers te kry

nie, maar dit is nie nodig dat die ouers deel van die huishouding word nie. Ouers wie

nie bereid is om te verstaan dat die kinders nou in nuwe poste in die lewe is nie

maak die baie moeilik vir die kinders. Dit is nou nie meer “my seun” nie maar hy is

nou bevorder na “man” wat nou „n belangriker pos is as “seun”. Elkeen behoort

sy/haar bes te doen om met die skoonfamilie oor die weg te kom en dit moet in

gedagte gehou word dat elke familie hulle eie “kultuur” het. Party families is

gewoond om baie saam te kuier en as familie baie dinge saam te doen en ander nie.

9

Die nuut getroude paartjie moet mekaar se gevoelens wat dit betref respekteer

sonder om toe te laat dat dit inmeng met hulle huwelik. Ouers wie toelaat dat „n

getroude kind gereeld daar kom woon en te deel word van gesprekke oor die kind se

huweliksprobleme is baie onwys. Ouers wie vir getroude kinders voorsien van geld

omdat hulle onverantwoordelik daarmee werk bevorder die kinders se probleme.

Sover moontlik moenie saamwoon in een huis of afhanklik raak van ouers nie.

Onthou ook wat jy saai gaan jy maai. Dieselfde probleme gaan dikwels van een

generasie na „n ander generasie.

4.3. Finansies in die huwelik.

Finansies word dikwels „n groot probleem in huwelike. Daar is drie noodsaaklik

dinge wat in plek moet wees om „n suksesvolle huwelik te verseker:

Die paartjie moet die Here dien.

Die intieme sake moet in plek wees.

Die finansies moet reg wees.

Daar is „n ou Afrikaanse spreekwoord wat lei: “as die armoede by die voordeur van

die huis inloop, loop die liefde by die agterdeur uit”. Daar is „n paar belangrike wenke

aangaande finansies:

Maak God deel van jou finansies (Mal. 3:8-11). As jy getrou is sal dit met jou

goed gaan.

Dit is die man se verantwoordelikheid om vir sy huis te sorg. Hy moet

verantwoordelik optree wat sy werksomstandighede betref want hy kan nie

bekostig om werkloos te raak nie. In die tyd waarin ons lewe is dit nog

belangriker aangesien werk nie so beskikbaar is soos dit van te vore was nie.

Ons lewe ook in tye waar dit dikwels nodig is dat die dame ook die

arbeidsmark moet betree sodat die gesin finansieel kan oorleef. As dit nodig is

doen dit. Pasop egter dat die rolle in die huis nie omgeruil word nie want dit

kan lei tot skuldgevoelens, minderwaardigheid, arrogansie en eindelose

huweliksprobleme tot gevolg hê. Wanneer beide werk moet dit duidelik besluit

word tussen die twee watter verantwoordelikheid deur wie hanteer word. Albei

moet altyd geken wees in die finansies.

10

Werk op „n duidelike begroting en bly by die begroting.

Moenie in kompetisie raak met familie en vriende nie en wees versigtig vir

skuld.

„n Eenvoudige voorbeeld van „n begroting lyk in volgorde van belangrikheid

soos volg:

- My tiende en offergawe (Mal. 3:7-11, 1 Cor. 16:1&2, Matt. 23:23).

- Maandelikse permanente verpligtinge (huishuur, versekering, pensioen,

medies ens).

- Ander noodsaaklike maandelikse verpligtinge (motor paaiement, klere

rekening ens).

- Maandelikse noodsaaklikhede (Kruideniersware, brandstof ens).

- „n Bedrag wat gespaar word. Dis beter om dit per debietorder te laat aftrek

van jou rekening).

- Gerieflikheidsoorskot (hiermee koop ons MacDonald‟s, eet roomys, gaan vir

die naweek na „n vakansie oord ens).

5. Sessie 4. HOE GENIET ONS MEKAAR?

5.1. Intimiteit.

Intimiteit sal nie outomaties aan die gang bly nie. Dit neem tyd en aandag. Daar is

ook baie hindernisse wat die groei van intimiteit belemmer. In die Wet (Deut. 24:5)

moes „n man vir die eerste jaar van sy huwelik nie opgeroep word vir die weermag

nie omdat hy eers sy vrou moes leer ken. In vandag se tyd kan „n man dit nie

bekostig om op „n jaar wittebrood te gaan nie, maar daar is „n paar Skriftuurlike

beginsels wat baie noodsaaklik is om in gedagte te hou:

Niks en niemand is so belangrik as gesonde groei en eenheid in jou huwelik

nie.

„n Intieme verhouding moet opgebou word om God te behaag en mekaar te

leer ken en te behaag.

Dit neem tyd om „n goeie fondasie te lê in die huwelik.

Dit is belangrik vir die man om te leer hoe om aan sy vrou se behoeftes te

voldoen. Mans verskil baie van vrouens.

Saamwerk, ondersteun, liefhê en omgee is belangrik veral vir vrouens.

11

Huweliksmaats moet spanmaats wees, spesiaal aan mekaar gegee deur God.

Om suksesvol in „n span te wees neem tyd en die regte atmosfeer.

In die eerste jaar veral moet daar spesiale aandag gegee word aan mekaar.

Om intimiteit te laat groei is dit nodig om:

Baie aandag te gee aan fisiese aanraking. Nie noodwendig

geslagsgemeenskap nie maar drukkies, soentjies ens. Daar moet letterlik aan

mekaar gehang word.

Emosionele akkommodering is baie belangrik. Mans moet hulle vrouens

verstaan aangesien hulle meer gekompliseerd is as mans en met verstand

saam met hulle lewe (1 Pet. 3:7).

Hulle moet hulle innerlike met mekaar deel en alles moontlik moet gedoen

word om dit te bevorder. As daar gedurig kritiek is sal dit nie gebeur nie. Wees

simpatiek om dit te bevorder.

Hulle moet ook intellektueel mekaar verstaan en ondersteun. Mekaar se

werksomstandighede verstaan en respekteer.

Geestelike samewerking is van uiterste belang en as hulle die Here dien sal

hulle saam groei soos die Here hulle denke vernuwe met tyd.

Die paartjie moet waak teen die volgende hindernisse:

Inwoon by ouers. Intimiteit kan nooit floreer as daar moontlike hoorders is nie.

Televisie en ander selfsugtige stokperdjies steel goeie tye en stilstuipe bederf

mooi tye en laat die lewe by jou verbygaan. Onthou jy kan nooit tyd terugdraai

nie.

Moenie trou as jy nie vir jou gesin kan sorg nie. Dit bring baie spanning in die

huwelik en selfs op intimiteitsvlak.

Molestasie en wanopvattings moet mee gedeel word.

5.2. Kopkrap en mooi dink.

Maak „n lysie van die goeie eienskappe van jou maat en bespreek hoe julle dit

kan behou en bevorder.

12

Wat se belangstellings deel julle en hoe gaan julle dit saam doen?

Kom ons kyk na ons ouers (Deel op in pare en bespreek).

- Hoe het hulle konflik hanteer?

- Wat het gebeur wanneer konflik in die huis ontstaan? (Stilstuipe, ontrekking,

ontploffing van woede, gesinsgeweld).

- Het een ouer gewoonlik die argument gewen en die ander een was altyd

verkeerd?

- Was die saak altyd uitgesorteer?

- Hoe gaan ons in ons huwelik dit hanteer?

13

6. Sessie 5. HOE MOET DIT WERK?

Hierdie sessie kan ook met „n ysbreker begin word. Elkeen gaan eerlik wees met

hom/haarself en hulle verhouding in hierdie sessie evalueer.

6.1. Gereedheid vir ernstige/nuwe verhoudings.

Dikwels kom een van die twee of selfs dalk albei uit ernstige vorige verhoudings.

Moontlik kom hulle uit vorige huwelike en dit is dus noodsaaklik om te toets om te

sien of hulle gereed is vir hierdie verhouding en selfs vir „n huwelik. Wanneer iemand

in „n volgende verhouding betrokke raak sonder dat daar gedeel is met die bagasie

van die verlede herhaal die geskiedenis dit self maar net weer. In baie gevalle is die

motiewe van so „n persoon selfsugtig en hy soek net iemand omdat hy nie eensaam

wil wees nie. Die persoon mag dalk „n behoefte na „n pa/ma figuur ervaar en daarna

14

soek in die teenoorgestelde geslag. So „n persoon gaan dan oordrewe afhanklik

wees van die ander persoon en nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Dikwels wil

iemand in „n verhouding betrokke raak om iemand soos hy/sy self te kry. By ander

geleenthede soek iemand „n maat om na hom/haar om te sien. Voordat ons in „n

huwelik betrokke raak moet ons seker maak ons motief is reg.

6.1.1. Indikatore wat gereedheid vir „n nuwe/ernstige verhouding aandui.

Daar word nie meer voortdurend oor die vorige verhouding / egskeiding gedink

of getop nie.

Alleenwees is nie die einde van die wêreld nie.

Skuldgevoelens oor die egskeiding / vorige verhouding is mee gedeel.

Die verhouding met die gewese vriend/in of huweliksmaat is gestabiliseer en

julle kan „n sinvolle geselskap voer.

Jy vergelyk nie jou huidige maat gedurig met die vorige persoon nie.

Verhoudings met die kinders aan albei kante is positief.

Jou funksionering as enkelouer is gestabiliseer indien.

6.1.2. Aanduidings dat daar nog sielkundige probleme is betreffende die vorige

verhouding.

Obsessiewe gedagtes, woede en aggressie manifesteer voortdurend.

Vorige maat beheer jou nog steeds en bepaal hoe jy funksioneer.

Daar is nog steeds pogings om kontak te bewerkstellig soos byvoorbeeld deur

die kinders.

Fantasering en romantisering van verlede kom nog voor.

Poog om gewese huweliksmaat / vriend/in te straf deur kinders te gebruik en

negatief te beïnvloed of konflik te inisieer.

Intense jaloesie op gewese maat.

Voortsetting van seksuele verhouding nadat verhouding verbreek is.

Selfmoord neigings of emosionele uitbarstings.

15

6.1.3. Kriteria vir risiko verhoudings.

Die huidige verhouding moet geevalueer word om te bepaal of dit „n risiko

verhouding is waarvan jy moet los kom.

Beinvloed die verhouding jou gedrag, leefwyse en persoonlikheid negatief?

Moet jy alleen groot veranderings maak in terme van jou persoonlikheid,

aktiwiteite, vriende ens?

Word jou mening, gevoelens, idees geminag en jy geverkleineer veral in die

teenwoordigheid van ander, deur jou huidige maat?

Kry die ander party woede uitbarstings, stilstuipe of onttrek as hy/sy nie

sy/haar sin kry nie?

Is die ander party gedurig buierig sonder enige rede?

Moet jy altyd op jou hoede wees om nie per ongeluk iets verkeerd te sê of doen

nie anders vaar hy/sy uit teen jou?

Laat die verhouding jou minderwaardig, verward, ontoereikend of angstig voel

en optree?

Is jou maat jaloers en besitlik en probeer hy/sy jou weghou van jou vriende en

familie?

Word jy gedurig blameer en verwyt vir al die probleme wat opduik in die

verhouding?

Word daar van jou verwag om gedurig te verander en anders te wees as wie jy

werklik is?

Dra die verhouding by tot positiewe groei van jou persoonlikheid en selfbeeld?

As hierdie vrae die “ja” antwoord verdien is jy in „n verhouding waarin jy misbruik

word. Jy besef dit waarskynlik ook maar wil dit nie beëindig nie omdat die aandag en

intimiteit en ander voordele wat jy dalk kry jou laat goed voel oor jouself. Hierdie

ander persoon gaan nie verander nie en self erger word wanneer julle getroud is.

6.1.4. Kyk voor jy trou?

Protokol: Eerste of laaste? Is jou maat bereid om terug te staan vir jou? Is

hy/sy bereid om ook op te offer? Is jy altyd die een wat moet opoffer?

Politieke Opvatting: Kan julle mekaar vind op hierdie gebied.

16

Televisie: Kyk jou maat na programme van “ontvlugting” of deel hy/sy die

realiteit soos die nuus en wêreld gebeure met jou?

Finansies: Is jou maat suinig of spandabelrig?

Stres: Verval jou maat gou in stres of depressie toestande?

Troeteldiere: Deel jou maat dieselfde gevoel oor troeteldiere as jy?

Kommunikasie: Word daar na jou geluister as jy praat?

Familie: Hoe word jou kinders en familie deur jou maat hanteer?

Godsdiens: Dien hy die Here op die manier wat jy Hom dien?

Agtergrond: Hoe verskil julle agtergrond, kultuur, gewoontes, patrone en

style?

Seksualiteit: Deel julle dieselfde opvattings oor seks?

Prioriteite: Hoe belangrik is julle beroepe vir mekaar?

Konflikhantering: Hoe word konflik hanteer?

Dit is noodsaaklik om na hierdie vrae te kyk en dan besluit of hierdie verhouding

gesond is. As jy nou verkleineer word en jou familie geminag word gaan dit nie beter

word in die huwelik nie. Jy verdien ook nie om met „n huweliksmaat te sit wat kort-

kort selfmoord wil pleeg wanneer hy depressief is nie of met iemand wie te lui is om

te werk nie. Dis ook nie regverdig as daar gedurig konflik is oor jou troeteldiere, as jy

te lyf gegaan word wanneer julle van mekaar verskil, of dat daar van jou verwag word

om jou beroep te beëindig om nou „n huisvrou te word omdat hy baie jaloers is nie.

Daar is ook niks so onaangenaam as om gedurig in geselskappe verkleineer te word

of te moet luister hoe iemand altyddeur spog of selfs blatante leuens vertel terwyl jy

weet dit wat gesê word is onwaar.

Op hierdie stadium van die kursus ken die paartjie mekaar goed en daar het dalk

selfs eienskappe opgeduik waarvan hulle nie van mekaar bewus was nie. Met alles

nou op die tafel moet hulle besluit of hulle bereid om die lewe met die ander een te

deel met dit wat nou op die tafel is.

Opmerkings.

17

7. Sessie 6. HOE WIL GOD HÊ DIT MOET WERK?

Hierdie sessie verduidelik die noodsaaklikheid van die Here as deel van die huwelik

en die berader poog om die paartjie na die Here Jesus te lei as dit moontlik is. Ons

besef dat „n huwelik sonder die Here geen bestaansreg het nie. Die huwelik is juis „n

manifestasie van die verhouding tussen Jesus en Sy Kerk (Efes. 5:23-33).

Die huwelik is „n verbond tussen man en vrou. Mal. 2:14 lees: “. . . die HERE getuie is

tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou

metgesel is en die vrou van jou verbond”. God is getuie in hierdie huwelik. Die

fondasie van die huwelik is liefde. Ons kan egter nie liefde toepas as ons God nie

ken nie, WANT GOD IS LIEFDE. 1 Joh. 4:16: “En ons het die liefde wat God tot ons

het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in

hom”.

In die huweliksverbond verbind ons onsself om:

Mekaar onvoorwaardelik lief te hê.

Mekaar te respekteer.

Mekaar in alle omstandighede by te staan.

Mekaar te ondersteun.

Die terme van hierdie verbond is tot die dood ons skei. Die huweliksertifikaat het nie

„n vervaldatum op nie. Wat God saamgevoeg het mag niemand skei nie (Matt. 19:6).

18

Ons verklaar hiermee dat ons Jesus Christus vandag

die SENIOR VENNOOT in ons huwelikS VENOOTSKAP maak.

Man: vrou:

Datum:

19

8. Werksopdrag.

1. Verduidelik wat in die EERSTE SESSIE van „n Voorhuwelikse Beradingskursus

belangrik is. [20]

2. Skryf kort aantekeninge oor KOMMUNIKASIE en VERTROUE in die huwelik.[15]

3. Verduidelik die verskil in die werking van die manlike en vroulike BREIN. [10]

4. Wat is die rol van die SKOONOUERS in die huwelik? [10]

5. Bespreek FINANSIES en gee „n voorbeeld van „n begroting. [15]

6. Brei uit oor die INTIEME sy van die huwelik. [10]

7. Bespreek die belangrikheid om GEREED te wees vir „n verhouding. Waarna

kan gekyk word om die gereedheid en die regte motief te bepaal. [20]

TOTAAL [100]

20

Vir verdere studie.

ALLES OOR SEKS VIR ALMAL WAT WIL WEET. M. Calderone & E. Johnson. Tafelberg

Uitgewers. ISBN 0 624 03169 1.

GOD SEPLAN VIR „N GELUKKIGE HUWELIK. Ds. Hanan Viljoen. Christelike

Lektuurmaatskappy. ISBN 0 947028 11 0.

HELP YOURSELF-HELP OTHERS. Eldad Gschwend-Bosch. Plumbline Publishing. ISBN 0 620

25425 4.

SEKSUELE GELUK IN DIE HUWELIK. R. Earl Cleveland. Christelike Uitgewersmaatskappy.

ISBN 0 86984 078 9.

THE ACT OF MARRIAGE. Tim & Beverly LaHaye. Zondervan Michigan. ISBN 086984 129 7

21

9. Addendum 1.

PERSOONLIKE GEDRAGSTYLOPNAME / PERSONAL STYLE SURVEY.

Die Persoonlike Gedragstyl Opname stel ons in staat om te bepaal watter Gedragstyl ons het.

Om die toets te voltooi gaan ons soos volg te werk. Die student lees elke vraag deur en kies dan

watter term by elke nommer hom die beste beskryf. Langs die term is ook die betekenis van

die term voorsien. Elke vraag bestaan uit 4 moontlike keuses. Slegs een van die keuses se

simbool word dan omkring. Nadat al 24 vrae deurgewerk is word die betrokke simbool wat by

elke vraag gekies is op die antwoordblad ook omkring. Op die antwoordblad word die totale

vir elke kolom van bo na onder opgetel en ingevul. Elke kolom verteenwoordig ‘n kwadrant op

die grafiek op die volgende bladsy en daar is ook voorsiening gemaak op die grafiek om dit in

te vul. Die grafiek verduidelik die sterkpunte en swak punte van elke Gedragstyl.

The Personal Style Survey enables us to determine our unique personal style. To conduct the test

the following has to be done: The student reads every question and chooses the term that is the

most descriptive of himself. Next to the term the meaning is also provided. Every question consists

of 4 possible choices. Only one of the possibilities has to be marked. When all 24 questions are

dealt with the corresponding symbol is to be indicated on the scoring sheet as well. Every column

on the scoring sheet represents a quadrant on the graph on the next page and has to be added

from the top to the bottom to obtain a score for every quadrant. Provision is made on the graph to

enter the different scores to determine the Personal Style. The strengths and weaknesses for every

Personal Style are indicated on the graph.

1. A. Beheersd. In beheer van jouself en weet hoe om op te tree in alle

omstandighede. B. Wilskrag. Vasberade in wil en opinie. C. Versigtig. Deeglik in die afronding van sake. Weeg voordele en nadele deeglik op. D. Uitgesproke. Openhartig, reguit, sê soos jy voel. A. Restrained. Not displaying emotion, Self-controlled B. Forceful. Convincing, compelling, confident. C. Careful. Cautious, precise, thoughtful. D. Expressive. Eloquent, vivid, moving, telling.

2 A. Ondernemend. Hou van avontuur, nie bang om iets aan te pak nie. B. Korrek. Presies, noukeurig, hou van besonderhede.

C. Opwindend. Maak mense geesdriftig, motiveer. D. Tevrede. Is tevrede met dit wat hul is, het en mee besig is. Geen verwagting vir meer. A. Pioneering. Exploring, taking the lead, show the way, initiate, adventerous.

B. Correct. Accurate, proper, appropriate, right. C. Exciting. Motivate, stir, inspire.

D. Satisfied. Content, be sufficient, satisfied with what you have and who you are.

22

3 A. Gewillig. Bereid om ander by te staan. Wil betrokke wees. B. Lewendig. Vurig, hartstogtelik. Aan die gang.

C. Moedig. Het moed om aan te gaan. Doen jou bes al lyk dit nie of daar sukses is nie. Dapper. D. Presies. Noukeurig, doen dinge met versigtigheid om aan detail te voldoen. A. Willing. Want to be involved, compliant, agreeable, .

B. Animated. Enthusiastic, lively, passionate, spirited. C. Bold. Daring, brave, do your best even if you seem to be unsuccessful. D. Precise. Exact, absolute, do things with great accuracy.

4 A. Twisgierig. Soek rusie of onenigheid. Soek iemand om mee te stry.

B. Twyfelend. Onseker. Bang om iets te doen want dit kan die verkeerde ding wees. C. Besluiteloos. Sukkel om besluite te maak en dinge te prioritiseer. D. Onvoorspelbaar. Weet nie wat om van so persoon te verwag nie. Reageer nie normaal. A. Argumentative. Quarrelsome, contentious, opinionated. B. Doubting. Uncertain, hesitant, indecisive. C. Indecisive. In two minds, uncertain, hesitating, can not make a decision. D. Unpredictable. Unstable, inconsistent, do not know what to expect from the person.

5 A. Eerbiedig. Beleefd, gee aan mense die respek wat hulle toekom. B. Uitgaande. Sosiaal, vriendelik, warm hartig

C. Geduldig. Verdraagsaam, word nie maklik kwaad nie. Het baie geduld. D. Waaghalsig. Vat kanse. Doen dinge wat tot nadeel van self kan wees. A. Respectful. Polite, mannerly, courteous, pay to other people the respect they deserve. B. Outgoing. Sociable, communicative, extrovert, open, warm. C. Patient. Calm, enduring, uncomplaining, do not get upset easily. D. Daring. Brave, daredevil, reckless, ignorant of consequences when acting.

6 A. Oortuigend. Oortuig ander maklik deur dit wat hy sê of doen.

B. Selfstandig. Onafhanklik, kan op sy eie bene staan. Dink vir hulself, vra nie graag hulp. C. Logies. Dit wat jy sê maak sin en is beredeneerd. D. Saggeaard. Goedhartig, gaaf met mense. Liefdevol.

A. Persuasive. Convincing, influential, argument and acts sound and look right/valid. B. Self-reliant. To rely on one’s own abilities and skills. Mature. Independent, self-supporting. C. Logical. Clear, valid, reasonable, sensible, wise. D. Gentle. Compassionate, kind, sweet-tempered, meek.

23

7 A. Versigtig. Sorgvuldig, deeglik met die afronding van take. Weeg voordele en nadele op.

B. Gelykmatig. Bedaard, eweredig, altyd dieselfde. C. Beslissend. Ferm in optrede, hou by standpunt en besluite. D. Ekstrovert. Aandag is gespits op gebeurtenisse / dinge en nie op eie emosies. A. Cautious. Careful, precise, thoughtful. B. Even-tempered. Consistent, reveal no extreme mood changes. C. Decisive. Conclusive, strong-minded, firm in opinion. D. Life of the party. Extrovert, high-spirit. Attention is not focused on emotions. Outgoing.

8 A. Gewild. Populêr, mense is bewus van hom. Baie mense ken hom, gunsteling.

B. Uitdruklik. Ekspressief, dinge met gevoel sê, veelseggend. C. Perfeksionisties. Probeer dinge doen met oordrewe perfeksie. Alles moet net perfek wees.

D. Grootmoedig. Onselfsugtig, groothartig.

A. Popular. Well-liked, favourite, accepted.

B. Assertive. Confident, expressive, strong-willed, emphatic. C. Perfectionist. Precisionist. Expect standards of work and conduct to be overly high.

D. Generous. Kind, giving, big-hearted. 9 A. Kleurvol. Opwindend, interessant, vol planne.

B. Beskeie. Nie trots nie, tree normaal op alhoewel daar rede is vir spog. Vermy roem en eer. C. Sorgeloos. Sonder kwelling, sorge kry hom nie onder. Soms agterlosig t.o.v. verpligtinge.

D. Ontoegeeflik. Koppig, staan vas op eie opinie.

A. Colourful. Bright, vibrant, exciting. B. Modest. Humble, reserved, unpretentious. C. Easy-going. Even-tempered, calm, unconcerned, relaxed.

D. Unyielding. Firm, uncompromising, steadfast.

10 A. Sistematies. Stelselmatig, metodies, stap-vir-stap persoon.

B. Optimisties. Positief, sien die goed in sake en situasies raak. C. Volhardend. Hou nie op totdat die doel bereik is nie.

D. Inskiklik. Gewillig, toegeeflik, val in by besluite.

A. Systematic. Orderly, regular, organized, efficient. B. Optimistic. Positive, confident, see bright side of situation.

C. Persistent. Constant, determined, relentless. D. Accommodating. Helpful, compliant, willing to help, cooperative.

24

11 A. Onverbiddelik. Baie streng, ontoegeeflik, onveranderbaar. B. Beskeie. Nie trots nie, tree normaal op alhoewel daar rede is vir spog. Vermy eer. C. Vriendskaplik. Doen dinge soos dit pas by vriende, inagnemend, gee om. D. Spraaksaam. Praterig, geniet dit om met mense te praat. Hou geselskappe aan die gang. A. Relentless. Persistent, harsh, ruthless.

B. Humble. Lowly, poor, meek, self-effacing. C. Neighbourly. Considerate, caring, helpful, like it should be between friends. D. Talkative. Chatty, voluble, conversational. Maintain conversation.

12. A. Vriendelik. Vriendelik met mense. Maak maklik vriende. Aangenaam in

verhoudings. B. Oplettend. Sien dinge raak wat deur andere mis gekyk word.

C. Speels. Uitgelate, uitbundig, vrolik, grapperig. D. Hardkoppig. Word nie maklik omgepraat of oortuig nie selfs al weet hy dis die waarheid.

A. Friendly. Welcoming, open, sociable, pleasant.

B. Observant. Attentive, alert, watchful. C. Playful. Good-humoured, light-hearted, jokey, teasing.

D. Strong-willed. Determined, inflexible, uncompromising.

13 A. Sjarmant. Innemend, trek mense aan.

B. Avontuurlustig. Hou van avontuur. Geniet uitdagings wat lyk na pret. C. Gedissiplineerd. Selfbeheersing, verwag ander moet dissipline hê, doen dinge reg. D. Vasberade. Vasbeslote, werk volgens die krag van oortuiging, berekend.

A. Charming. Attractive, delightful, appealing, polite, charismatic. B. Adventurous. Bold, risky, brave, audacious, overconfident. C. Disciplined. Well-organized, tidy, efficiently, expect others to conform to his standards.

D. Deliberate. Purposeful, intentional, calculated, planned. 14 A. Teruggetrokke. Saggeaard, in homself gekeerd, introvert, nederig. B. Standvastig. Bly by wat hy glo en ervaar as reg . C. Aggressief. Uitdagend, veglustig, vyandig. D. Aantreklik. Mooi, trek die aandag van mense.

A. Restrained. Not displaying emotion, self-controlled, reserved.

B. Steady. Stable, fixed, sound, solid. C. Aggressive. Violent, hostile, antagonistic, destructive. D. Attractive. Good-looking, beautiful, smart, eye-catching. 15 A. Entoesiasties. Opgewonde, sien uit na dinge, ywerig om dinge te doen.

B. Analities. Ontrafel, probeer verduidelik en verklaar. Wil alles kan definieer.

25

C. Simpatiek. Gee simpatie en voel jammer vir ander. D. Gedetermineerd. Onoorkombaar, gee nie maklik moed op nie, bly by sy besluit.

A. Enthusiastic. Keen, excited, eager, passionate. B. Analytical. Investigative, questioning, diagnostic. Try to explain and define. C. Sympathetic. Understanding, concerned, kind, sensitive, feel sorry for others.

D. Determined. Strong-minded, firm, single-minded, unwavering. 16 A. Oorheersend. Oorheers geselskappe, wil altyd aan leiding staan en mense

domineer. B. Impulsief. Tree vinnig op sonder om te dink aan die gevolge.

C. Stadig. Neem tyd om dinge te doen. Somtyds gepaard met onnodige rituele en aandag. D. Krities. Raak dikwels besig met die negatiewe in die pogings om op die belangrike te fokus. A. Commanding. Demanding, imposing, authoritative, dominating.

B. Impulsive. Hasty, reckless, rash, madcap, act without thinking. C. Slow-paced. Slow, slack, negligent, lazy, sometimes focussing on unnecessary things. D. Critical. Focus on the crucial and vital. Sometimes observing only the negative.

17 A. Konsekwent. Skeer almal en alles onder dieselfde kam, bly by beginsels vir

alles en almal. B. Kragdadig. Doen met krag, energiek. Dinamies. C. Lewendig. Vurig, geesdriftig, aan die gang, kan nie stil sit nie. D. Ontspanne. Kalm, rustig.

A. Consistent. Reliable, steady, constant. Apply same principles to all persons and situations. B. Force of character. Vigorous, dynamic and forceful in demeanour.

C. Lively. Sparkling, active, bubbly, energetic. D. Laid-back. Cool, relaxed, unmoved, carefree. 18 A. Invloedryk. Het groot invloed op mense. B. Gaaf. Aangenaam, bedagsaam, vriendelik.

C. Onafhanklik. Kan volwasse besluite neem, selfstandig, staan op eie voete. D. Ordelik. Volgens plan , op tyd, op die regte manier met orde, alles op sy plek.

A. Influential. Prominent, dominant, leading, influencing people easily.

B. Kind. Pleasant, friendly, helpful. C. Independent. Self-regulating, self-determining, autonomous, self-sufficient.

D. Orderly. Arranged, tidy, need, organized.

26

19 A. Idealisties. Onrealisties, onprakties, naïef. Teenoorgestelde van realisties. B. Gewild. Populêr, bekend by mense.

C. Aangenaam. Vredeliewend, leef in vrede met mense, mooi gesindheid, vermy konflik. D. Uitgesproke. Reguit, draai nie doekies om nie.

A. Idealistic. Unrealistic, impractical, naive. Opposite of realistic.

B. Popular. Well-liked, favourite, accepted. C. Pleasant. Enjoyable, pleasing, lovely, nice, avoid conflict.

D. Out-spoken. Frank. Honest, open, blunt.

20 A. Ongeduldig. Het nie geduld nie, geïrriteerd met mense en omstandighede.

B. Ernstig. Sien die erns van elke saak en van die lewe en het nie tyd vir grappies nie.

C. Uitsteller. Stel altyd die uitvoer van sake uit. D. Emosioneel. Deur sy emosies beheer. Wek emosies en vatbaar vir ander se emosies. A. Impatient. Annoyed, intolerant, irritated. No patience.

B. Serious. Sombre, solemn, stern. No jokes or light-heartedness. C. Procrastinator. Postpone/defer the execution of matters or issues and responsibilities. D. Emotional. Aroused, disturbed and controlled by emotions. Susceptible to emotions.

21 A. Mededingend. Iemand wie wil wen. Hou selfs van fisiese interaksie om te

wen. B. Spontaan. Uit eie beweging, sonder dwang, sonder aansit of voorgee. C. Lojaal. Toegewyd, hou by sy woord, getrou aan „n persoon of saak. D. Sorgsaam. Versorg, ander, oppassend, bekommerd oor ander se welvaart. A. Competitive. Spirited, ready for action, even physical interaction if necessary to win. B. Spontaneous. Unprompted, spur-of-the-moment, unstructured, unplanned.

C. Loyal. Faithful, trustworthy, devoted, committed. D. Thoughtful. Considerate, kind, caring, unselfish, sympathetic. 22 A. Self-opofferend. Kom self te na vir voordeel van ander persone of vir „n

spesifieke saak. B. Bedagsaam. Gee om en stel ander se behoeftes eerste. C. Oortuigend. Kan ander oorhaal na hulle eie sienswyse.

D. Dapper. Moedig, hou van uitdagings, het altyd moed om voort te gaan al lyk dit sleg. A. Self-sacrificing. Unselfish, altruistic, noble, self-denying.

B. Considerate. Thoughtful, kind, understanding. C. Convincing. Persuasive, credible, believable. D. Courageous. Brave, daring, bold, gutsy, audacious.

27

23 A. Afhanklik. Aangewese op andere se ondersteuning, kennis en motivering.

B. Wispelturig. Onstandvastig, vol nukke, veranderlik, dubbelsinnig. C. Gelate. Onderworpe, berus by gebeure of besluite sonder om te protesteer. D. Voorbarig. Opdringerig, altyd te haastig, altyd te vroeg, aanmatigend, voor op die wa. A. Dependant. Overly relying on other people. B. Inconsistent. Contradictory, differing, incoherent, varying, not steadfast or committed.

C. Submissive. Obedient, compliant, accept without protesting. D. Pushy. Assertive, self-confident, interfering, intrusive, arrogant. 24 A. Verdraagsaam. Geduldig, toegeeflik.

B. Konvensioneel. Tradisioneel, hou van beproefde prosedures, metodes en gebeure. C. Stimulerend. Prikkel mense, spoor hulle aan, wek hulle op tot aksie. D. Rigtinggewend. Sy optrede dui die rigting aan, voorskriftelik, beïnvloed in „n rigting. A. Tolerant. Understanding, lenient, forbearing, patient. B. Conventional. Conservative, traditional, straight, unadventurous, usual, old school. C. Stimulating. Inspiring, motivating, exciting, thought-provoking. D. Directing. Indicate the direction, suggestive, influence people’s opinions in a direction.

28

Antwoordblad. Scoring Sheet.

D I S K

1 B D A C

2 A C D B

3 C B A D

4 A D C B

5 D B C A

6 B A D C

7 C D B A

8 B A D C

9 D A C B

10 C B D A

11 A D C B

12 D C A B

13 B A D C

14 C D B A

15 D A C B

16 A B C D

17 B C D A

18 C A B D

19 D B C A

20 A D C B

21 A B C D

22 D C B A

23 D B A C

24 D C A B

T

29

RUSTIG HAASTIG INISIEER REAGEER

Hardwerkend Dominant Volhardend Neem vinnige besluite Verkry onmiddellike resultate Ongeduldig Onsensitief teenoor ander mense Neem te veel op jouself Verwag te veel van ander

Lojaal Stabiel Ondersteunend Betroubaar Bou verhoudings Besitlik Besluiteloos Sloer en stel uit Gebrek aan inisiatief Weerstand teen verandering

Nougeset Gedissiplineerd Deeglik Diplomaties Toegewyd aan kwaliteit Besluiteloos Pessimisties Onbuigbaar met metodes Vermy kontroversie Wantrouig

MENSE

TAAK

Optimisties Oortuigend Vriendelik & ekstroverties Skep ‘ n aangename klimaat Mensgerig Gebrek aan deurvoering Tree impulsief op Maak te gou afleidings Manipuleer ander verbaal Ooroptimisties oor eindresultate

K

S I

D

CALM HASTY INITIATEREACT

Hardworking

Dominant

Persistent

Get things done

Takes charge

Insensitive towards others

Takes on too much

Impatient

Inattentive to detail

Inflexible

Loyal

Stable

Supportive

Reliable

Builds relationships

Procrastinates

Avoids conflict

Lacks initiative

Indecisive

Resists quick change

Conscientious

Self-disciplined

Thorough

Diplomatic

Committed to quality

Overly cautious

Too rigid

Sensitive to criticism

Pessimistic

Suspicious

PEOPLE

TASK

Optimistic

Influential

Friendly

Makes a good impression

Persuasive

Lacks follow-through

Acts impulsively

Over-commits

Jumps to conclusions

Verbally manipulative

C

S I

D

30

10. Addendum 2.

DIE VYF LIEFDESTALE PROFIEL. Omkring slegs die kruisies wat jou behoefte die beste aanspreek. Slegs een kruisie mag per vraag omkring word.

(Omkring die X wat u gevoel die beste aanspreek ) A B C D E

1 Ek wil graag notas van versekering van jou liefde ontvang X

Ek hou daarvan as jy my 'n drukkie gee X

2 Ek geniet dit om 1 tot 1 tyd met jou te spandeer X

Wanneer jy my praktiese hulp verleen, voel ek geliefd X

3 Ek hou daarvan wanneer jy my geskenke gee X

Ek geniet dit om lang wandelings met jou mee te maak X

4 Ek voel geliefd wanneer jy dinge doen om my te help. X

Ek voel geliefd wanneer jy my aanraak X

5 Ek voel geliefd wanneer jy my in jou arms hou X

Ek voel geliefd wanneer ek 'n geskenk van jou ontvang X

6 Ek hou daarvan om saam met jou na plekke te gaan X

Ek hou daarvan om jou hand vas te hou X

7 Sigbare simbole van liefde (geskenke) is baie belangrik vir my X

Ek voel geliefd wanneer jy jou liefde vir my bevestig X

8 Ek hou daarvan om baie naby jou te sit X

Ek wil graag hê dat jy vir my moet sê ek is aantreklik of "handsome" X

9 Ek geniet dit om tyd met jou deur te bring X

Ek hou daarvan om klein geskenkies van jou te ontvang X

10 Jou woorde van aanvaarding is belangrik vir my X

Ek weet jy het my lief wanneer jy my help X

11 Ek hou daarvan dat ons saam is wanneer ons dinge doen X

Ek hou van die mooi woorde wat jy vir my sê X

12 Dit wat jy doen affekteer my meer as dit wat jy sê X

Ek voel vervuld en gewaardeer wanneer ons mekaar omhels en druk X

13 Ek waardeer jou erkenning en lof en vermy jou kritiek X

ʼn Paar klein geskenkies word meer waardeer as een groot geskenk X

31

14 Ek voel naby jou wanneer ons gesels of iets saam doen X

Ek voel nader aan jou wanneer jy dikwels aan my raak X

15 Ek wil graag hê dat jy my moet komplimenteer met my prestasies X

Ek weet jy het my lief wanneer jy dinge vir my doen wat jy nie

geniet om te doen nie X

16 Ek wil graag hê jy moet aan my raak as jy by my verby loop X

Ek hou daarvan wanneer jy simpatiek en met aandag na my luister X

17 Ek voel geliefd wanneer jy my help met my take in en om die huis X

Ek geniet dit werklik om geskenke van jou te ontvang X

18 Ek wil graag hê jy moet my komplimenteer met my voorkoms X

Ek voel geliefd wanneer jy die tyd neem om gevoelens te verstaan X

19 Jy gee my sekerheid wanneer jy my aanraak X

Dinge wat jy vir my doen maak my geliefd voel X

20 Ek waardeer al die dinge wat jy vir my doen X

Ek hou daarvan om geskenke te ontvang wat jy gemaak het X

21 Ek geniet werklik die gevoel wat ek ervaar

wanneer ek jou onverdeelde aandag kry X

Ek geniet werklik die gevoel wat ek ervaar wanneer jy iets vir my doen X

22 Ek voel geliefd wanneer jy my 'n geskenk met my verjaarsdag gee X

Ek voel geliefd wanneer jy my met betekenisvolle woorde,

(gesproke of geskrewe), geluk wens met my verjaarsdag X

23 Ek weet jy dink aan my wanneer jy my 'n geskenk gee X

Ek voel geliefd wanneer jy my help met my huislike en ander pligte X

24 Ek waardeer dit wanneer jy geduldig na my luister

sonder om my in die rede te val X

ʼn Geskenk op spesiale dae of geleenthede word waardeer X

25 Ek geniet dit om te weet dat jy genoeg omgee om my te help

met my daaglikse take X

Ek geniet uitgebreide en lang ritte saam met jou X

26 ʼn Onverwagse soen maak my opgewonde X

ʼn Onverwagse geskenk sonder rede maak my opgewonde X

27 Ek wil graag van jou hoor dat jy my waardeer X

Ek wil hê jy moet na my kyk wanneer ons gesels X

28 Jou geskenke aan my is altyd spesiaal vir my X

Ek voel goed as jy my aanraak X

32

29 Ek voel geliefd wanneer jy 'n taak wat ek jou gevra het,

met entoesiasme uitvoer X

Ek voel geliefd wanneer jy vir my sê hoeveel jy my waardeer X

30 Ek het behoefte aan daaglikse aanraking X

Ek wil daagliks jou woorde van versekering van jou liefde vir my hoor X

Totaal van elke kolom (sototaal van kolomme moet 30 wees)

Hoe om die profieltelling te interpreteer.

Die hoogste telling dui die primêre liefdestaal aan. Die tweede hoogste telling dui

die sekondêre liefdestaal aan. Indien die tellings identies is, is jy tweetalig, ( jy het

twee HOOF liefdestale). Indien die tellings van die primêre en sekondêre lesings

baie naby mekaar is, bv. 9 en 10 onderskeidelik, beteken dit beide is belangrik vir jou.

Enigiets wat jou wederhalf doen in hierdie areas om liefde uit te druk, sal emosionele

punte by jou tel. Die hoogste moontlike telling in enige liefdestaal , is 12.

Om 'n duidelike beeld van jou liefdestale te hê, sal baie van jou gedrag en optrede

van jou verlede verduidelik. Dink na oor die verlede en vra jouself: "Wat het ek die

meeste en die gereeldste van my wederhalf verwag?" Die antwoorde sal

heel waarskynlik in die spektrum van jou primêre en sekondêre liefdestaal lê. Jou

behoefte was na die taal wat jou diepste emosionele liefdesbehoefte sou aanspreek.

Die uitspreek van jou behoefte het dalk uitgekom as kla, neul en kritiseer en het

derhalwe jou wederhelf van jou weg gedryf in plaas van die behoefte aangespreek.

Wanneer jy die liefdestaal van die mense met wie jy in verhouding staan verstaan

en hy of hulle jou liefdestaal verstaan, lei dit tot beter en meer effektiewe verhoudings

wedersyds. U sal weet wat hulle wil hoor of ervaar en so ook sal hulle weet wat u

behoeftes die beste aanspreek.

33

DIE LIEFDESTALE PROFIEL GRAFIES VOORGESTEL

A B C D

E

12

11

10

9

8

7

6

5

4

3

2

1

A: Woorde van Versekering.

B: Kwaliteit Tyd.

C: Ontvang Geskenke.

D: Dade van Diens.

E: Fisiese aanraking.