preke: seisoen van menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... ·...

23
Markus 9:2-9 - Sesde Sondag ná Epifanie (Verheerliking) - 11 Februarie 2018 1 Oorsig.................................................... 1 1.1 Ander tekste...........................................1 1.2 Fokusteks: Markus 9:2-9................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings.................................4 1.4 Ekstra stof............................................4 2 Erediens.................................................. 6 2.1 Tema...................................................6 2.2 PowerPoint agtergrond..................................6 2.3 Liturgie...............................................6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.......................6 3.1 Rus....................................................6 3.2 Liedere................................................9 4 God praat met ons en ons luister.........................12 4.1 Familie-oomblik.......................................13 4.2 Preekriglyn...........................................13 5 God stuur ons om te leef.................................17 6 Volgende erediens........................................ 17 1 Oorsig Sondag van Verheerliking is die Sondag waarop ons die Here Jesus se transfigurasie vier. Die dag dat ons iets van sy hemelse heerlikheid ervaar. Hy word deur die Vader versterk en 1

Upload: others

Post on 08-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

Markus 9:2-9 - Sesde Sondag ná Epifanie (Verheerliking) - 11 Februarie 20181 Oorsig................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..............................................................................................................1

1.2 Fokusteks: Markus 9:2-9...........................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings............................................................................................4

1.4 Ekstra stof................................................................................................................. 4

2 Erediens............................................................................................................................ 6

2.1 Tema......................................................................................................................... 6

2.2 PowerPoint agtergrond.............................................................................................6

2.3 Liturgie...................................................................................................................... 6

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.................................................................................6

3.1 Rus.............................................................................................................................6

3.2 Liedere...................................................................................................................... 9

4 God praat met ons en ons luister....................................................................................12

4.1 Familie-oomblik.......................................................................................................13

4.2 Preekriglyn.............................................................................................................. 13

5 God stuur ons om te leef.................................................................................................17

6 Volgende erediens.......................................................................................................... 17

1 OorsigSondag van Verheerliking is die Sondag waarop ons die Here Jesus se transfigurasie vier. Die dag dat ons iets van sy hemelse heerlikheid ervaar. Hy word deur die Vader versterk en bemoedig vir die lydensweg. Die kleure vir Sondag van Verheerliking is wit en goud.

1.1 Ander tekste2 Konings 2:1-12Elia word in die hemel opgeneem

2 Die tyd het gekom dat die Here vir Elia in ’n stormwind in die hemel sou opneem.

1

Page 2: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

Elia en Elisa het uit Gilgal vertrek, 2en Elia het vir Elisa gesê: “Bly hier, want die Here stuur my na Bet-El toe.”Elisa se antwoord was: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.”Hulle is toe na Bet-El toe. 3Die profete wat in Bet-El was, het na Elisa toe gegaan en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?”Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”4Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my na Jerigo toe.”Maar Elisa het geantwoord: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.”Hulle het saam in Jerigo aangekom. 5Die profete van Jerigo het na Elisa toe gekom en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?”Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”6Elia sê toe vir hom: “Bly hier, want die Here stuur my na die Jordaan toe.”Maar Elisa het geantwoord: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.”Hulle twee is toe saam verder.7’n Vyftigtal van die profete is agterna en het op ’n afstand gaan staan regoor die plek waar Elia langs die Jordaan gestaan het.8Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na links en na regs verdeel, sodat hulle twee op droë grond daar deur is. 9Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?”Elisa het geantwoord: “Mag daar tog ’n dubbele deel van u gees op my kom!”10Toe sê Elia: “Dis ’n moeilike ding wat jy vra. As jy my sien wanneer ek van jou af weggevat word, mag dit dan met jou gebeur; maar as jy my nie sien nie, sal dit nie gebeur nie.”11Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik ’n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in ’n stormwind op, die hemel in. 12Toe Elisa dit sien, het hy uitgeroep: “My vader, my vader, u was vir Israel die strydwa met sy ruiters!”

Psalm 50:1-6Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red

50 ’n Psalm van Asaf.Die Here is God, Hy alleen is God.Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op,van waar die son opkomtot waar hy ondergaan.2Uit Sion, stad van volmaakte prag,verskyn God in glans.3Ons God kom,Hy bly nie stil nie.Voor Hom uit brand ’n vuur,rondom Hom woed ’n storm.4Hy roep die hemel en die aarde opvir die saak teen sy volk:5“Maak bymekaardié wat aan My getrou is

2

Page 3: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

en met ’n offer’n verbond met My gesluit het.”6Die hemel getuig: “God is regverdig,en Hy is die regter.”

2 Korintiërs 4:3-6Die apostels verkondig Jesus Christus, die Here

4 God het Hom oor ons ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos nie. 2Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk nie en ons vervals nie die woord van God nie. Inteendeel, ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God ’n eerlike gewete het.

3As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met ’n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. 4Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. 5Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. 6God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” bhet ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.

1.2 Fokusteks: Markus 9:2-99 Verder het Hy vir hulle gesê: "Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan, wat beslis nie sal sterwe voordat hulle gesien het dat die koninkryk van God met krag gekom het nie."

Die verheerliking op die berg

(Matt 17:1–8; Luk 9:28–36)2Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander, 3en sy klere het blink geword, spierwit soos niemand op aarde dit kan maak nie. 4Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat.5Toe sê Petrus vir Jesus: "Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia."6Hy het nie geweet wat hy sê nie, so verskrik was hy saam met die ander.7Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: "Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom."8En meteens, toe hulle weer kyk, sien hulle niemand meer nie, net Jesus alleen by hulle.

Jesus se dood is naby

3

Page 4: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

(Matt 17:9–13)9Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie.

10Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan.11Hulle vra Hom toe: "Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?"12"Elia kom wel eers om alles weer reg te maak," antwoord Hy hulle. "En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word. 13Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan."

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za.

1.4 Ekstra stofMarkus 9:2-29 - Vir die een wat glo, kan alles

Die driemanskap kry die voorreg om 6 dae (moontlik beïnvloed deur die feit dat Moses 6 dae in voorbereiding op die berg was - Eks 24:15 – Lukas sê 8 dae wat moontlik meer histories korrek is) na die gesprek oor dissipelskap met Jesus op 'n hoë berg (die Hermonberg noord van Seserea-Filippi en nie die Taborberg soos oorlewering dit het nie), heeltemal alleen, Jesus se verheerliking (letterlik: metamorfose) te ervaar.

Sy voorkoms en klere verander terwyl Elia (verteenwoordig die profete) en Moses (verteenwoordig die wet) met Hom in gesprek is (oor sy dood of "Uittog" soos Lukas dit vertel). Sy Goddelikheid skyn deur sy menslikheid en laat 'n mens dink aan Daniël 7:9 se "Ancient of days". Sommige geleerdes verbind dié twee ook met die twee getuies in Openbaring 11:3-12.

Petrus se verskrikte reaksie is om 3 hutte vir Elia, Moses en sy "rabbi" Jesus te probeer bou, maar as die wolk (aanduiding van God se teenwoordigheid – Eks 16:10) sy skaduwee oor hulle laat val, en die stem Jesus as God se geliefde Seun identifiseer, bly hulle agter met Jesus alleen, dié een na wie hulle moet luister. Net Hy kan God se plan in werking stel.

'n Mens kan ook nie anders as om te dink aan Hebreërs 12:2 waar die motivering vir Jesus se aanvaarding van die kruisdood en die skande daarvan aan die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was toegeskryf word. Die verheerliking op die berg berei Hom en sy dissipels voor op die lydenspad wat hierna in intensiteit toeneem.

Die dissipels gehoorsaam Jesus se opdrag om hierdie gebeurtenis geheim te hou tot na sy dood, hoewel hulle oor die betekenis hiervan bly gesels het. Op hulle vraag oor Elia wat eers moes kom (Mal 4:5), wat in die lig van die gebeure op die berg in betekenis vir hulle toegeneem het, antwoord Jesus dat Elia al gekom het (Matteus verbind dit eksplisiet aan

4

Page 5: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

Johannes die Doper). Hy het net soos Elia – onder die hand van die swak koning Agab en sluwe koningin Isebel – gely onder die hand van die swak Herodes en die sluwe Herodias.

Terug by die ander dissipels is daar 'n menigte mense en skrifgeleerdes wat met hulle redeneer oor 'n besete seun, wat volgens die simptome as 'n vorm van erge epilepsie presenteer, wat hulle nie kon genees nie. Let op hoe verras die skare is oor Jesus se verskyning. Sommige dink dat sy klere miskien nog geskyn het, soos Moses na hy van die berg af gekom het.

Die pa van die seun tree dan met Jesus in gesprek om te verduidelik, waarop Jesus ontsteld word oor die ongeloof wat steeds vaardig is onder sy dissipels. Op die smekende versoek van die man dryf Jesus die onrein gees uit die seun, nadat die man sy mate van geloof eerlik bely het: "Ek glo. Help my in my ongeloof." Daarmee help Jesus eintlik beide die pa en die seun, die een in sy gebrekkige geloof, die ander met sy siekte.

Toe hulle weer alleen was, het Jesus die dissipels se verwarring oor hulle onvermoë om iets vir die seun te doen, beantwoord deur te sê: "Hierdie goed kan deur niks anders as gebed uitgedrywe word nie." Dit beteken, net God kan gevra word om só iets te doen. Ongeloof en 'n gebrek aan gebed lei onvermydelik tot geestelike swakheid en oneffektiwiteit.

Matteus en Lukas

Matteus en Lukas vertel beide die verhaal op die berg langer as Markus. Die detail verskil hier en daar, maar kom in breë trekke ooreen. Matteus voeg by dat God oor sy Seun sê dat Hy Hom oor Hom verheug, en Lukas dat Hy sy Seun uitverkies het. Lukas wy kortliks uit oor die gesprek tussen Jesus en die 2 OT figure, terwyl die dissipels aan die slaap was.

Matteus vertel soos Markus van die gesprek tussen Jesus en die 3 dissipels soos hulle die berg afgekom het, en identifiseer Johannes die Doper as die Elia wat moes kom. Lukas volstaan met 'n enkele sin daaroor as deel van die gebeure op die Berg van Verheerliking.

Matteus en Lukas verkort beide die verhaal van die besete seun, met kleiner detail verskille: in Matteus word die seun as geestelik versteurd beskryf, en in Lukas roep die man uit die skare uit voor hy in gesprek met Jesus gaan. Matteus voeg 'n insiggewende beeld by om die dissipels se ongeloof te ontbloot: "As julle maar net geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie … Niks sal vir julle onmoontlik wees nie."

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondTafelberg met kabelkar. Foto bekom met Google advanced search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by

https://www.google.com/search?q=Table+mountain&lr=&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjVpO-

5

Page 6: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

8_f7YAhWCF8AKHaFRCAMQ_AUICigB&biw=1280&bih=642&dpr=1.5#imgrc=MNqWlFHJqRVfkM:

2.3 LiturgieRUSToetrede VONKK 264 vers 1 of Lied 175 Votum (nav Psalm 50)SeëngroetLofsang VONKK 197 of Flam 143 of Lied 202 Wet Psalm 50:1a, 4-15, 23Toewyding VONKK 264 vers 2 of Flam 171 [bekend] 0f Lied 205 GeloofsbelydenisRespons Flam 247 of Lied 215 HOORSkriflesing Markus 9:2-9 met hierdie video Respons Flam 40 of Lied 553 Familie-oomblikPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Lied 223 SeënRespons Lied 223 refrein of Lied 215 vers 1 laaste twee reëls

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeVONKK 264 Kom ons prys sy Naam vers 1 http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0264/ Lied 175 Majesteit

Votum (nav Psalm 50)Voorganger (V): Die Here is God, Hy alleen is God.Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.Gemeente (G):Uit Sion, stad van volmaakte prag, verskyn God in glans.V: Ons God kom, Hy bly nie stil nie.Voor Hom uit brand ’n vuur, rondom Hom woed ’n storm.Hy roep die hemel en die aarde op as getuies van sy glansryke heerlikheid.G: Die hemel getuig: “Die Here is regverdig en Hy is ons God.”Amen.

6

Page 7: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

(Uit: Vir die Erediens – ’n Handleiding in die Nederduits Gereformeerde Kerk. 2007, Bybel-Media.)

SeëngroetV: Genade en vrede van een Skepper-GodG: van alle sienlike en onsienlike dinge.V: Genade en vrede van een Here, Jesus Christus, Lig uit Lig,G: wat sit aan die regterhand van die Vader.V: Genade en vrede van die Heilige Gees,G: wat ons Here en Lewendmaker is.A: Amen.(Uit: Wepener, Cas. Soos ’n Blom na die Son Draai)

LofsangVONKK 197 Kom Sing Voor Die Heer http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00197/ Flam 143 Leeu Van Juda http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f143-in-d/ Lied 202 Lofsing die Heer, buig voor Hom neer

Wet Psalm 50:1a, 4-15, 2350 ’n Psalm van Asaf.Die Here is God, Hy alleen is God.4Hy roep die hemel en die aarde opvir die saak teen sy volk:5“Maak bymekaardié wat aan My getrou isen met ’n offer’n verbond met My gesluit het.”6Die hemel getuig: “God is regverdig,en Hy is die regter.” Sela7“Luister, my volk,Ek wil my saak stel,Ek wil teen jou getuig, Israel.Ek is God, Ek is jou God!8Dit is nie omdat jy nie offerdat Ek rekenskap van jou eis nie;jou brandoffers is immersgedurig voor My.9Ek wil geen jong bul uit jou stal hêof bokke uit jou krale nie,10want al die diere in die bos is Myne,die wild op duisende berge.11Ek ken al die voëls van die berge;

7

Page 8: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

al wat roer op die veld, is Myne.12Ek sou jou nie vraas Ek honger sou kry nie,want die aarde en alles wat daarop is,behoort aan My.13Eet Ek miskien die vleis van die bullewat julle offer,of drink Ek die bloed van bokke?14Lof is die offerwat jy aan God moet bring.Betaal jou geloftesaan die Allerhoogste.15Roep My aanin die dag van benoudheid:Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

23“Die mens wat My eer,is die een wat lof as ’n offer bring.Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.”

Toewyding VONKK 264 Kom ons prys sy Naam vers 2 http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0264/ Flam 171 [bekend] Hosanna In Die Hoogste http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f171/ Lied 205 Bring lof aan die Vader

GeloofsbelydenisVoorganger (V):Ek glo in Jesus Christus, die Woord wat mens geword het.Gemeente (G):Ons het sy heerlikheid gesien, vol genade en waarheid.V: Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.G: Hy is die Seun van God.V: Hy is die brood wat lewe gee.G: Wie na Hom toe kom, sal nooit weer honger ly nie; en wie in Hom glo, sal nooit weer dors kry nie.V: Hy is die lig vir die wêreld.G: Wie Hom volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.V: Hy is die goeie Herder.G: Hy lê sy lewe af vir sy volgelinge (skape). Hy ken sy volgelinge (skape) en hulle ken Hom.V: Hy is die opstanding en die lewe.G: Wie in Hom glo, sal lewe, al sterwe Hy ook.V: Hy is die weg, die waarheid en die lewe.G: Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

8

Page 9: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

V: Hy is die ware wingerdstok.G: As ons in Hom bly en Hy in ons, sal ons baie vrugte dra, want sonder Hom kan ons niks doen nie.(Uit die Evangelie van Johannes)(Uit: Vir die Erediens – ’n Handleiding in die Nederduits Gereformeerde Kerk. 2007, Bybel-Media.)

ResponsFlam 247 Jesus Ons Aanbid U http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f247/ Lied 215 Besing die lof van Jesus saam

3.2 LiedereVONKK 264 Kom ons prys sy NaamTeks: Heri ni jina – tradisioneel Oos-Afrika, oorgelewer deur Deogratias Mahamba; Afrikaanse weergawe: Breda Ludik 2013Melodie: HERI NI JINA – tradisioneel Oos-AfrikaOrrelbegeleiding: Gerrit Jordaan 2012 © Kantoryverwerking: Gerrit Jordaan 2012 ©© Teks, orrelbegeleiding en kantoryverwerking: 2013 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie: Openbare besit RUBRIEK: Multikultureel – Lofprysing / Liefde, Dankbaarheid en Diens

Kom ons prys sy Naam.Kom ons prys sy Naam.Kom verheerlik Jesus se Naam.Kom ons prys sy Naam.Kom ons prys sy Naam.Kom verheerlik Jesus se Naam. (Ons prys Hom)Halleluja! Halleluja!Kom verheerlik Jesus se Naam. (Ons prys Hom)Halleluja! Halleluja!Kom verheerlik Jesus se Naam.

Kom ons volg ons Heer.Kom ons volg ons Heer.Kom ons volg vir Jesus alleen.Kom ons volg ons Heer.Kom ons volg ons Heer.Kom ons volg vir Jesus alleen. (Ons volg Hom)Halleluja! Halleluja!Kom ons volg vir Jesus alleen. (Ons volg Hom.Halleluja! Halleluja!Kom ons volg vir Jesus alleen.

VONKK 197 Kom Sing Voor Die HeerTeks: Uit Brasilië; Afrikaanse teks: Breda Ludik 2011 Melodie: CANTAD AL SEÑOR – Brasiliaanse volksmelodieOrrelbegeleiding: Albert Troskie 2012 (Pro Deo) © Teks en orrelbegeleiding: 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie: Openbare besit RUBRIEK: Multikultureel – Lofprysing

9

Page 10: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

Kom sing voor die Heer, want Hy is ons vreugde.Kom sing voor die Heer, want Hy is ons vrede.Kom sing voor die Heer, want Hy is ons vreugde.Kom sing voor die Heer, kom sing voor die Heer.

Die Here regeer, Hy heers oor die aarde.Die Here regeer, verheerlik sy dade.Die Here regeer, Hy heers oor die aarde.Kom sing voor die Heer, kom sing voor die Heer.

Kom dans voor die Heer en blaas op basuine.Kom dans voor die Heer, sing vreugderefreine.Kom dans voor die Heer, en blaas op basuine.Kom sing voor die Heer, kom sing voor die Heer.

Want Jesus is Heer! Amen! Halleluja!Want Jesus is Heer! Amen! Halleluja!Want Jesus is Heer! Amen! Halleluja!Kom sing voor die Heer, kom sing voor die Heer.

Portugees: Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor, cântai ao Senhor!

Spaans:Cantad al Señor un cántico nuevo.Cantad al Señor un cántico nuevo.Cantad al Señor un cántico nuevo.Cantad al Señor, cantad al Señor!

F143. Leeu Van Juda(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof) Teks en musiek: Retief Burger © 2005 Urial Publis hing(Op 5:3-7, Rom 8:31-39, Kol 2:14-15, 1 Kor 15:54-58, Ps 115:1)

Jesus, die sterke leeu van Juda,Jesus, die vlekkelose lam,Jesus, Oorwinnaar oor die dood,Jesus, U is oneindig groot.

10

Page 11: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

U’s vir ewig, U’s vir altyd en ek weet U’s ook vir my.Word verheerlik, word verhoogdeur al die lof wat juig in my.Kom verander, kom vernuwe weer die passie binne my.Jesus, dit gaan alles net oor U.

F171. Hosanna In Die Hoogste(RUBRIEK: Gemeentesang – Lof) Oorspronklike titel: Hosanna in the highestTeks en musiek: Carl Tuttle Afrikaanse vertaling: Jan de Wet © Mercy Publishing / Universal Songs

1. Hosanna (x3)in die hoogste.Hosanna (x3)in die hoogste.Ons verheerlik u Naamsoos ons nou voor U staan.U’s verhewe, o Here God.Hosanna in die hoogste!

2. Loof Hom (x2)loof die Koning en Heer.Loof Hom (x2)bring aan Hom die lof en eer.Heer, ons bring U die eer,U, ons Koning en Heer.Word verheerlik, o Here God.Hosanna in die hoogste!

F247. Jesus Ons Aanbid U(RUBRIEK: Flam - Verwondering) Oorspronklik: Jesus, We Enthrone You Teks en musiek: Paul KyleAfrikaanse vertaling: 2008 Johan Engelbrecht © 1980 Thankyou! Music

Jesus, ons aanbid U,U ons Koning en Heer.Neem nou ons loflied aan, ons verheerlik u Naam.En soos ons buig hier voor u troon, (x3)Here Jesus, kom bind ons saam.

F40. Soms Wil Ek Net Jubel(RUBRIEK: Flam – Lof) Teks en musiek: Braam Hanekom © 1998 MAR Gospel Music Publishers

11

Page 12: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

(Opgeneem op FLAM, vol 1)

Soms wil ek net jubel in refreine wat U verstaan,want hoe kan ek in woorde U verheerlik vir my bestaan?Soms kom daar ’n stilte oor my lewe as ek kniel,maar soms breek dit uit in lofsang en dit vul my moedelose siel.

Refrein:Halle-, halleluja! Halleluja, o my Heer!Halle-, halleluja, sing en ek innig weer en weer. (herhaal)

4 God praat met ons en ons luisterSkriflesingMarkus 9:2-9Jy kan vir die kinders kaarte uitdeel waarop daar gesigte met verskillende emosies geteken is. Soos wat jy (of iemand anders) die verhaal lees, laat kinders die kaarte ophou wat wys hoe hulle dink die verskillende karakters op daardie stadium voel. Dit help kinders nie net om te konsentreer nie, maar ook om hulle in die verhaal in te leef en daarmee te identifiseer.Jy kan ook hierdie video sonder klank wys terwyl die skriflesing gedoen word.

ResponsFlam 40 Soms Wil Ek Net Jubel http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f040/ Lied 553 Ek is bly ek ken vir Jesus

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblikBetrek die kinders deur die hele liturgie, sodat hulle kan deelneem aan die verheerliking van hierdie Sondag.

God sê ons moet na Jesus luister. Gesels oor die verskillende maniere waarop ons na Jesus luister: deur Bybel te lees, deur te bid en deur te luister wanneer ander vir ons vertel van Jesus.

Hier is ‘n inkleurprent van vandag se Bybelverhaal.

4.2 PreekriglynEk het onlangs weer die voorreg gehad om met die kabelkar op te ry teen Tafelberg. Dit was 'n oop sonskyndag en die versnelling van die karretjie, met die kranse wat onder ons verby geskiet het, het my vlinders op die maag gegee. Ek was so opgewonde soos 'n kind oor die ervaring.

Verskoon tog!

12

Page 13: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

Onwillekeurig het dit my laat dink aan 'n verhaaltjie wat ek een keer gehoor het van 'n ma en haar dogtertjie wat trein gery het. Elke nou en dan het die dogtertjie opgewonde by die venster uitgekyk en vir haar ma gesê: "Kyk die wolke, Mamma!" Nie lank nie of sy roep weer opgewek uit: "Kyk die beeste, Mamma," en kort daarna: "Kyk die blomme, Mamma." So het sy aangehou, maar haar ma het opgemerk dat dit ongemak by die ander passasiers veroorsaak het. Half verleë het sy vir die ander passasiers gesê: "Ag verskoon maar my kind, maar sy is nog opgewonde oor die lewe!"

Iets van daardie opgewondenheid oor die lewe het ek ook daardie oggend ervaar. Toe ons bo-op die berg kom, was dit die asemrowende uitsig wat my nog verder opgewonde gemaak het. Die twaalf apostels, Kampsbaai, Leeukop, Bloubergstrand en die Bolandse berge in die verte, het my laat voel of ek op die kruin van die wêreld was.

Gordyn oopgeskuif

Die skoonheid van die natuur, die see, die fynbos en veldblomme en die skoon lug, kon nie anders nie as om my bewus te maak van die Skepper van dit alles. Dit was asof die Here vir 'n vlietende oomblik die gordyn na die toekoms oopgeskuif het en ek sy teenwoordigheid op 'n besondere wyse ervaar het. Asof Hy my vir 'n breukdeel van 'n sekonde wou laat inloer in die toekoms. Ek het net geweet hierdie ervaring het my verander. God het my aangeraak, ek is, soos die dogtertjie in die trein, nog opgewonde oor die lewe. Dit het my laat voel hier wil ek die hele dag bly, hierdie ervaring wil ek vasvang, dit is heilig.

Maar kort daarna dwaal my oë weg van die horison en kyk ek na die gewoel van die stad hier onder my. Ek sien motors wat soos speelgoed karretjies verby mekaar flits, uitlaatgasse wat die lug grys maak en geraas wat onrustig opdreun. Ek sien woonstelblokke en in my geestesoog mense wat veg teen eensaamheid. Ek sien nou stegies waar kinders onder kartonne die nag moes deurbring. My oë val op Langstraat, bekend vir sy bordele en dwelmverslaafdes. Ek sien kerktorings verdwerg deur wolkekrabbers van groot maatskappye. Twee straatblokke verder sien ek die groen bome van die Kaapse tuine. En langsaan die parlement, waar politci mekaar op daardie oomblik die stryd aansê oor wat hulle reken die beste is vir ons land.

Ek kry 'n beklemming om die bors, want ek besef later vandag gaan die kabelkarretjie ons weer laat afdaal na die werklikheid. Na die plek waar ons ons brood en botter moet verdien in strawwe mededinging. Na die plek waar ons getuies moet wees van bergtopervarings, van 'n lewende God wat sy kinders nie vergeet nie.

Teen die berg uit

Tweeduisend jaar gelede is daar ook 'n groepie teen 'n berg uit – nie met 'n kabelkarretjie nie, maar op uitnodiging van hulle leier. Jesus was op pad om te gaan bid en sy drie binnekringdissipels is saam met Hom – Petrus, Johannes en Jakobus – dieselfde drie wat later in die tuin van Getsemane by Hom moes waak in sy uur van angs. Hierdie drie sien toe hoe Jesus se voorkoms verander. Die voorkoms van Jesus se gesig was anders en sy klere was skitterend wit. Vir 'n oomblik skuif die Vader die gordyn weg – laat Hy die dissipels toe

13

Page 14: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

om die ware heerlikheid van sy Seun vir 'n vlietende sekonde te aanskou – gee Hy vir hulle 'n kykie in die toekoms.

Hulle sien hoedat Jesus in gesprek is met twee groot figure uit die verlede; met Moses as verteenwoordiger van die wet en met Elia as verteenwoordiger van die profete. Ook hulle het in hemelse glans verskyn. Petrus is so oorweldig deur dit wat hy aanskou het, dat hy vir Jesus sê: "Here, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia." Hy wou die oomblik vasvang, hy wou dit giet in beton, hy wou nie van die berg af nie, so eie aan ons menslike aard. Hy wou hierdie bergtopervaring verewig.

Hy was nog besig om te praat toe 'n volgende gebeurtenis afspeel. 'n Wolk het sy skaduwee oor hulle gegooi; en dit het hulle selfs ingesluit soveel so dat hulle bang geword het. Toe kom daar 'n stem uit die wolk wat sê: "Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom." Interessant dat Jesus se Vader nie sê kyk na Hom nie, maar luister na Hom. Dit is asof die Vader wou sê: "Liewe Petrus, Jakobus, Johannes, die toets vir julle geloof lê nie daarin of julle vir Jesus in sy heerlikheid gesien het nie, maar of julle bereid gaan wees om Hom in gehoorsaamheid op sy lydensweg te volg."

Weer berg-af

Die verheerliking van Jesus het vir 'n oomblik geduur. Dit was 'n kykie in die toekoms, maar die toekoms het nog nie aangebreek nie. Die drie dissipels moes weer saam met Jesus van die berg afgaan, terug na die vallei. 'n Vallei waar daar siek mense was wat genees moes word, konflikte tussen mense wat uitgestryk moes word, waar daar honger mense was wat gevoed moes word, waar daar, soos Jesus belowe het, kruis gedra moes word en lyding vir hulle gewag het, selfs die dood. Daar was dus geen manier waarop hulle hierdie glinsterende bergtopervaring kon vas vries, om seker te maak dat hierdie ervaring vir ewig sou duur nie.

Dit was ook Moses se ervaring in die Eksodusverhale, toe hy in die teenwoordigheid van die lewende Here verskyn het. Sy gesig het so geblink omdat hy die heerlikheid van God aanskou het, dat sy broer Aäron en die ander Israeliete bang geword het. Maar ook hy kon nie op die berg bly nie, hy het die verantwoordelikheid gehad om af te gaan na die kamp van die Israeliete om God se wet aan hulle oor te dra, aan 'n ongeduldige en dikwels ongehoorsame volk.

Seldsaam

Hierdie tipe bergtopervarings is seldsaam in ons lewe. Ek glo daar bestaan by ons almal 'n begeerte om soos die dissipels iets van die heerlikheid van God te aanskou. Ek dink ook ons kan in ons gebedslewe vir die Here vra vir sulke ervarings. Maar nou kan dit ook wees dat u al in u lewe op ander maniere, dalk deur gewone lewenservarings iets van die heerlikheid van God beleef het. 'n Oomblik waar u vir 'n breukdeel van 'n sekonde 'n kykie in die toekoms gekry het. Waar iets van die wonder van die lewe u met God in aanraking gebring het.

14

Page 15: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

Dalk was dit iewers in die natuur; deur die aanskoue van die volmaakte simmetrie van 'n groot protea, die grasieuse versnelling van 'n springbokram op volle vaart, die knal-skoot en sproei van 'n brander teen 'n rots. Dalk 'n skaam glimlag van jou seun toe hy sy eerste krieketkolf gekry het of in die glinster van jou dogter se oë toe sy haar eerste liedjie op die klavier gespeel het.

Miskien was dit in die tevredenheid in ouma se oë oor 'n vol lewe voordat die ouderdom of die siekte finaal sy tol eis. Of dalk iewers in 'n preek waar 'n enkele frase jou gedagtes vasgevang het en jy vir 'n oomblik 'n kykie gekry het in die hart van God, waar sy liefde deurgebreek het en sy teenwoordigheid jou oorweldig het. Oomblikke waar die glans van God se heerlikheid soos strale deurgebreek het en jou hele lewe verhelder het, waar jy net geweet het hierdie ervaring het my verander, ek kan nooit weer op dieselfde manier na die lewe kyk nie

Ons probeer vashou

Ons koester daardie oomblikke en soos Petrus wil ons ook daardie momente in beton giet. Omdat dit so kosbaar is, wil ons dit vashou maar ons kan nie. Sulke ervarings kom en gaan in ons lewens, ons kan dit nie bewerk nie. In God se omgang met sy skepping oorweldig Hy ons nie, skryf Hy nie slagspreuke in neon bo in die lug nie, maar kom Hy dikwels in daardie onbewaakte oomblikke. Trek Hy vir 'n moment die gordyn oop en maak Hy ons weer opgewonde oor die lewe soos die dogtertjie in die trein.

Wanneer so 'n ervaring vir ons gegee word, of dit in die natuur is, of dit tussen mense is en of dit op 'n Sondag in die kerkbank is, moet ons dit vertroetel, want dit is 'n gawe, dit is 'n geskenk, dit is 'n openbaring van God. Ons moet nooit probeer om dit vas te gryp nie. Petrus wou daardie oomblik verewig deur drie hutte te bou; hy wou gehad het dit moet vir altyd aanhou maar Jesus laat dit nie toe nie.

Saam met Jakobus en Johannes, op pad na die werk wat in die vallei vir hulle gewag het, moes hulle vir hulleself gesê het: "Dit was ongelooflik!" Maar wat beteken dit nou vir ons?

Hierdie ervaring het hulle nie gehelp om te weet wat hulle volgende moes doen nie. Dit het ook nie hulle twyfel en onsekerheid weggeneem nie. Trouens, ons lees hulle het hieroor stilgebly en vir niemand anders enige iets vertel van wat hulle gesien het nie. Dit was duidelik hulle kon nie hulle geloof op hierdie bergtop-ervaring bou nie. Dit was te vlugtig, te onverstaanbaar.

Maar dit het 'n verskil in hulle lewe gemaak, al was dit net om vir 'n oomblik Jesus in sy heerlikheid te aanskou, om die stem van bevestiging uit die wolk te hoor.

Die pad wat ons moet loop

Die week wat kom, is die begin van lydenstyd, dié tyd van die kerkjaar waar ons saam met Jesus sy lydensweg volg. Waar ons onsself saam met Hom op die nou pad van gehoorsaamheid gaan bevind. 'n Pad wat op Goeie Vrydag in April by 'n kruis tot stilstand

15

Page 16: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

gaan kom. 'n Pad wat beteken dat ons bereid moet wees om met die kabelkar af te sak na die stad, moue op te rol en aan die werk te spring.

Die dissipels se kronkelpad na die vallei is ook jou en my pad, dit is ook die kerk se pad. 'n Pad wat medelye en begrip vra vir kartonbewoners en bordeelbesoekers. 'n Pad wat moed verg om in die hitte van die debatte in die parlement te vra: Is dit reg? Is dit billik? 'n Pad wat by die hospitaalbed die hand van bemoediging moet uitsteek. Wat in die gang van die woonstelgebou of die ouetehuis nie koud kan staan nie vir die medebewoner wat uitroep: Sien my raak!

Leef vanuit die oop gordyn

Ons kán hierdie pad stap omdat ons die glans van God se Seun aanskou op hierdie laaste Epifanie-Sondag. Omdat jou en my ervaring van God se heerlikheid ons so naby aan Hom bring dat sy energie oorvloei in ons lewens. Hierdie energie bemagtig ons om, ten spyte van teenslae, teleurstellings en uitputting, voort te gaan. God, deur die inwoning van sy Gees, gee vir ons die moed, die dissipline van gehoorsaamheid.

Hoekom? Want ons ervaring van God laat vir 'n oomblik die gordyn oopskuif op die toekoms, op die gebeure ná die kruis. Op 'n Sondagoggend toe Christus die dood oorwin het en in volle heerlikheid na sy Vader opgevaar het. Wanneer jy by hierdie kerkgebou uitstap, mag die wêreld dalk nie so rooskleurig lyk soos wat ons hierbinne ervaar het nie. Dit is dalk 'n doodgewone warm Februariedag daarbuite met geen merkbare verskil van netnou toe jy ingekom het nie.

Maar miskien kyk jy anders na die wêreld, omdat jy self verander het. Jy mag dalk vir niemand vertel nie, maar miskien sien iemand tog die glans op jou gesig omdat jy vir 'n oomblik die heerlikheid van Christus aanskou het, die stem gehoor het wat jou laat aanhou tot jou volgende Gods-ervaring. Die stem wat sê: "Dit is my Seun wat ek uitverkies het, luister na Hom." Die stem wat ons opgewonde maak oor die lewe.

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangLied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer

Seën

ResponsLied 223 refrein ofLied 215 vers 1 laaste twee reëls

16

Page 17: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2018/... · Web viewCantai ao Senhor um cântico novo. Cantai ao Senhor um cântico novo. Cantai

6 Volgende erediens1 Petrus 3:18-22

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preek: Ian Nell

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

17