primêre skool jordaniadie kwartaal is reeds volstoom aan die gang en die akademiese program verloop...

4
Nr. 6/2019 15 Februarie 2019 As deel van ons waardesprogram gesels ons hierdie week met die kinders oor hoe ons met mekaar met respek kan praat. U ken al die ou sêding: Kinders doen wat hulle sien grootmense doen, nie noodwendig wat hulle hulle vertel om te doen nie. Ons as volwassenes het dus ook ‘n les hieruit te leer. Wat sien jou kind elke dag wanneer hy/sy jou met ander mense sien gesels? Sien hulle liefde en respek of sien hulle dalk afsku en disrespek? Daar is ‘n paar sake waaraan ons kan aandag gee wanneer ons met mense gesels. Eerstens moet ons nie afpraat op mense nie. Dit gebeur baie keer wanneer ons met mense praat wie ons dink ondergeskik aan ons is. Tweedens moet ons nie beterweterig wees wanneer ons met mense praat nie. U ken hulle: gewoonlik is dit mense wat nie eers al die feite van ‘n saak het nie, maar dink hulle weet meer as ander mense. Derdens moet ons ons woorde tel. Praat net as dit nodig is, nie maar sommer omdat jy altyd iets terug te sê het nie en som die situasie op. En laastens, let op na die toon van jou stem. Dit bepaal die sukses van ‘n gesprek en wys of jy respek vir iemand het of nie. So, wanneer jy weer met enige iemand oor iets gesels, maak ‘n punt daarvan om te let op hoe jy dit doen. Onthou: praat met ander soos jy wil hê hulle moet met jou praat. Groete. Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700 Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264 Epos: [email protected] www.jordaniaprimer.co.za Uit die kantoor

Upload: others

Post on 11-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Primêre Skool JordaniaDie kwartaal is reeds volstoom aan die gang en die akademiese program verloop ook goed. Hier volg enkele belangrike punte rakende akademie en hoe u as ouer u

Nr. 6/2019 15 Februarie 2019

As deel van ons waardesprogram gesels ons hierdie week met die kinders oor hoe ons met mekaar met respek kan praat. U ken al die ou sêding: Kinders doen wat hulle sien grootmense doen, nie noodwendig wat hulle hulle vertel om te doen nie. Ons as volwassenes het dus ook ‘n les hieruit te leer. Wat sien jou kind elke dag wanneer hy/sy jou met ander mense sien gesels? Sien hulle liefde en respek of sien hulle dalk afsku en disrespek? Daar is ‘n paar sake waaraan ons kan aandag gee wanneer ons met mense gesels. Eerstens moet ons nie afpraat op mense nie. Dit gebeur baie keer wanneer ons met mense praat wie ons dink ondergeskik aan ons is. Tweedens moet ons nie beterweterig wees wanneer ons met mense praat nie. U ken hulle: gewoonlik is dit mense wat nie eers al die feite van ‘n saak het nie, maar dink hulle weet meer as ander mense. Derdens moet ons ons woorde tel. Praat net as dit nodig is, nie maar sommer omdat jy altyd iets terug te sê het nie en som die situasie op. En laastens, let op na die toon van jou stem. Dit bepaal die sukses van ‘n gesprek en wys of jy respek vir iemand het of nie. So, wanneer jy weer met enige iemand oor iets gesels, maak ‘n punt daarvan om te let op hoe jy dit doen. Onthou: praat met ander soos jy wil hê hulle moet met jou praat. Groete.

Primêre Skool Jordania Posbus 474, Bethlehem, 9700

Tel: 058 303 4116 / Faks: 058 303 4264 Epos: [email protected]

www.jordaniaprimer.co.za

Uit die kantoor

Page 2: Primêre Skool JordaniaDie kwartaal is reeds volstoom aan die gang en die akademiese program verloop ook goed. Hier volg enkele belangrike punte rakende akademie en hoe u as ouer u

1. Enkele belangrike punte rakende akademie Die kwartaal is reeds volstoom aan die gang en die akademiese program verloop ook goed. Hier volg enkele belangrike punte rakende akademie en hoe u as ouer u kind kan ondersteun: Beleid: Ons volg die CAPS beleid van die Onderwysdepartement en het ook ‘n interne beleid wat die akademiese program rig. Verryking: Ons gebruik die Future Fun Caps program (e-leer) en is ook geregistreer by die Skole Ondersteuningsentrum (vraestelle en opleiding) om ons standaard van onderrig te verhoog. Lees: Die belangrikheid van lees is reeds ‘n vorige keer beklemtoon. Selfwerksaamheid: U kind moet so gou moontlik selfwerksaam word. Help waar nodig, maar moenie alles vir hulle doen nie, anders leer hulle nooit om self te dink en te doen nie. Dit sluit huiswerk, opsommings, assesserings, werkstukke, take, ens. in. Assesserings: Onthou dat alle assesseringstake deur die kwartaal punte tel. Maak seker u kind handig betyds take in. “Ou” vraestelle: Waak daarteen om voor assesserings en toetsing te veel van ou vraestelle gebruik te maak. Kinders leer dan net wat op die vraestelle staan en het nie noodwendig insig in die vak nie. Algemene kennis: Ons ervaar dat baie leerders se algemene kennis swak is. Stel die wêreld aan u kind bekend wanneer die geleentheid ookal opkom, met vakansie, wanneer u rondry, in die winkel, in alledaagse gesprekke, ens. Onthou die spreekwoord: “KINDERS MOENIE NET LEER NIE, HULLE MOET DINK OOK”. Sterkte vir die res van die kwartaal. 2. Atletiek Tydens die Graanveld byeenkoms het ons atlete weer puik gevaar. Altesaam 40 atlete in 70 items het gekwalifiseer om op 18 Februarie aan die Thabo Mofutsanyana Kampioenskappe deel te neem. Baie geluk! Die volgende atlete het rekords verbeter:

Rileigh Rooiland – 80m Seuns 8 jaar Carli Uÿs – 70m Hekkies Dogters 10 jaar Amy Kotzé – 150m Hekkies dogters 12 jaar Ilné le Roux – Diskus Dogters 12 jaar

Leozé Lottering – Spiesgooi Dogters 12 jaar

MOOI SO!

NB!

Page 3: Primêre Skool JordaniaDie kwartaal is reeds volstoom aan die gang en die akademiese program verloop ook goed. Hier volg enkele belangrike punte rakende akademie en hoe u as ouer u

3. AWSUM App U het reeds ‘n skrywe en ander inligting rondom bogenoemde app ontvang. Ons skool maak nou ook gebruik van die AWSUM App. Ons kan met groot opgewondheid deel dat dié platform meer en beter funksionaliteite skep vir ons skool om met ons ouers te kommunikeer. U kan ook u besigheid daarop adverteer. Kontak mnr. Henro de Bruin in verband daarmee. Ons versoek asb. alle ouers om die app af te laai, omdat dit een van ons primêre kommunikasiemediums met die ouers sal wees. 4. Klasgroepe – WhatsApp As gevolg van die misbruik van die WhatsApp klasgroepe het ons besluit om dit na Broadcast groepe te verander, waarop slegs die administrators boodskappe kan stuur en ontvang. Indien u nog nie op u kind se klasgroep is nie, kontak die klasonderwyser of kantoor. 5. Beeskompetisie Baie dankie aan almal wat reeds moeite gedoen het met ons beeskompetisie. Ons versoek almal se hulp, aangesien dit deel is van ons skool se begrote inkomste. Die sluitingsdatum is 8 Maart. 6. Skoolgelde vir 2019 Die skoolgeld vir 2019 beloop R10200-00 vir die jaar – betaalbaar eenmalig, kwartaalliks of in 10 paaiemente. Rekeninge is verlede week uitgestuur. Kontroleer dit asb. en kontak vir Estelle indien daar ‘n fout op u rekening is. Indien u u rekening per e-pos wil ontvang kan u die finansiële kantoor kontak. 7. Kommunikasiestelsels van die skool

WhatsApp klasgroepe: Sien punt 4 in hierdie nuusbrief. Jordaantjie: Elke Vrydag op die WhatsApp klasgroepe. SMS-stelsel: Vir dringende belangrike boodskappe. School Communicator:www.d6technology.com/downloads

Like ons Facebook blad vir die nuutste foto’s en nuus. Webtuiste by www.jordaniaprimer.co.za vir inligting. AWSUM App: Sien punt 3 in hierdie nuusbrief.

BAIE PRYSE TE WEN!!!

ONTVANG U REKENING PER E-POS

SPLINTERNUUT!

Page 4: Primêre Skool JordaniaDie kwartaal is reeds volstoom aan die gang en die akademiese program verloop ook goed. Hier volg enkele belangrike punte rakende akademie en hoe u as ouer u

VOLGENDE WEEK SE PROGRAM Maandag, 18 Feb: Thabo Mofutsanyana Atletiek (Goble Park) Toetsafbakening gaan uit (Graad 4-7) Woensdag, 20 Feb: HPV inentings (Graad 4 dogters)

Oos-hokkieproewe (Jordania) Alle leerders (behalwe atlete wat nog deelneem) word aangemoedig om by die rugby- en netbaloefeninge in te skakel. Onthou daar is ‘n span vir almal.

“Words are powerful. They can create or they can destroy. So choose your words wisely.”

BANKBESONDERHEDE

Jordania Primêre Skool

Absa Bethlehem

Tjekrekening

Nommer: 770430038

.

JORDANIA – DIE 100% SKOOL

ONTHOU OM ELKE DAG TE LEES!

#LIEFLEES

PERSONEEL GELUKWENSING

Baie geluk aan Inge Pretorius wat op 22 Februarie verjaar. Baie geluk ook aan haar en haar man, Stephanus, met die geboorte van hul dogtertjie, Ruah.

DIE WINTER IS OPPAD

Bekostigbare skooltruie

Langmou: R150

Pullovers: R120

Kontak Alida 0828730859

o/9 Rugby tydens die vakansie

18-19 Maart te Truida Kestell.

Boekstaaf asb. die datum sodat u

u vakansiebeplanning kan doen.