prospektus laerskool - 2014 docx -...

10
“Ons span leef God se plan” PROSPEKTUS 2014 PRIMêRE SKOOL

Upload: nguyenhanh

Post on 11-Apr-2018

237 views

Category:

Documents


6 download

TRANSCRIPT

Page 1: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

“Ons span leef God se plan”

PROSPEKTUS

2014

PRIMêRE SKOOL

Page 2: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

WAT KAN U VERWAG? SKOOLHOOF 2014 Mnr. Wimpie Silver PERSONEEL 2014 Wie gaan jou klasse aanbied? Graad 1: Mev. L. Swart Graad 2: Mev. M. Robberts Graad 3: Mev. Erlin Small Graad 4: Mej. Chrisna v.d. Schyff Graad 5,6,7: Mnr. W.P. Swart Mev. Sarina Vermeulen Mev. Hannelie Coetzee Mnr . Wimpie Silver SIMBOLIEK VAN DIE SKOOLWAPEN Die skoolwapen simboliseer die drie elemente van 'n suksesvolle lewe:

• Kennis van die Woord van God; • Kennis in die algemeen; • Groei en standvastigheid soos die Kameeldoringboom van die Kalahari met sy wortels in die goeie grond

en sy takke wat reik na Bo. • Die son gee lewe en lig.

ONS LEUSE: EXCELLENCE GEKOMBINEERDE SKOOL Gobabis Gymnasium is 'n gekombineerde skool vanaf kleuters tot graad 12. Ons skool bestaan uit die pre-primêre afdeling (kleuters tot graad R), primêre afdeling (graad 1 tot graad 7) en die sekondêre afdeling (graad 8 tot graad 12). Die geboue van ons pre-primêre afdeling is in Makamerstraat geleë. Ons primêre- en sekondêre skoolgeboue is geleë op die hoek van Exhibition- en Roesener straat. Ons ses nuwe klaskamers vir ons Primêre skool was ingebruik geneem vanaf Januarie 2008. Die sewende klas met 'n personeelkamer is in gebruik geneem aan die begin van 2012. Ons Primêre- en sekondêre leerlinge sal dus met skoolopening aan die begin en skoolsluiting aan die einde van elke termyn saam open en afsluit. Ons is een skool met dieselfde waardes, visie en doelstellings. SKOOLTYE: Sluitingstye: Pre-primêr: 07:30 – 12:00

Graad 1 - 2: 07:15 – 12:00 Graad 3 – 7: 07:15 – 13:00 SKOOLGELD

Fooie vir 2014: Die betaling van skoolgeld is verpligtend, soos deur die Direksie bepaal word. 1. N$1000 toelatingsfooi by eerste registrasie (eenmalig) vir graad 1 tot graad 7. 2. Skoolfonds: Graad 1 – 7: N$1 800,00 per maand vanaf Januarie 2014 tot November 2014

of N$19 800,00 vooruitbetaalbaar vir die jaar Afslag: Tweede kind: N$19 800,00 – N$1 700,00 = N$18 100,00 ÷ 11 maande = N$1 645,45 p.m. 3de & 4de Kinders: N$19 800,00 – N$6 900,00 = N$12 900,00 ÷ 11 maande = N$1 172,72 p.m.

3. Boeke: Graad 1 – 3: N$450 boekegeld by eerste registrasie vir die fase Graad 4 – 7: N$600 boekegeld by eerste registrasie vir die fase

4. Sportgronde onderhoud: Graad 1 – 7: N$100 per jaar(betaalbaar by eerste registrasie) 5. EEN riem fotostaatpapier aan die begin van elke termyn.

Posbus 304 GOBABIS Tel. no.: 062-564771 Faks: 062-564773 Webtuiste: gymnasiumgobabis.com

Page 3: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

BETALINGSPROSEDURE: Geen fondse word by die skoolkantoor inbetaal nie, maar wel by Bank Windhoek Gobabis, rekeningnommer: 1189973601 (T) in naam van GOBABIS GYMNASIUM. Die naam van die leerling(e) moet duidelik op die betaalstrokie aangebring word. Bewys van inbetaling moet by die skoolkantoor ingehandig word. EREKODE Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad 8, geken moet word. Ons streef reeds daarna en is dit ons opvoeders se taak om toe te sien, dat ons leerlinge hierdie EREKODE uitleef! AFWESIGHEID VAN SKOOL Probeer asseblief betyds vooraf reël met die skoolhoof of betrokke onderwyser indien ‘n leerder van die skool afwesig sal wees. Na ‘n siekte moet ‘n doktersbrief die leerder vergesel of ‘n skriftelike verklaring indien die leerder nie met siekte afwesig was nie. Met enige ernstige beserings by die skool sal ouers onverwyld in kennis gestel word. Dit is ook hoekom die besonderhede van u huisdokter op ons aansoekvorm so belangrik is. Vir minder ernstige beserings maak ons voorsiening. Leerlinge wat sonder rede afwesig is van die skool sal as afwesig sonder rede beskou word en kan dus belangrike evaluerings daardeur verloor. Die leerlinge wat vir enige ander rede afwesig is sal self verantwoordelik wees om agterstallige werk in te haal. Ouers word versoek om nie vakansie reëlings te tref nie, veral tydens skoolsluiting en skoolopening. DAGBOEK/HUISWERKBOEK Leerlinge word aangeraai om ‘n dagboekie te koop waarin alle tuiswerk en ander belangrike inligting aangedui kan word. Ouers moet toesien dat huiswerk gedoen word en die tuiswerkboek onderteken. Ons beveel graag aan dat ouers goeie diskresie moet gebruik met die instelling van voldoende studietye vir u kind. VERSLAE Elke leerder ontvang ‘n verslag(rapport) aan die einde van elke termyn. SKOOLREëLS Skoolreëls moet streng nagekom word en is die skoolhoof, by afwesigheid van die ouer gedurende skoolure, geregtig om tugmaatreëls toe te pas waar hierdie reëls nie nagekom word nie. BELANGRIK

1. Enige klagtes t.o.v. u kind/ers moet so gou doenlik met die betrokke personeel bespreek word. Ons hoof se deure staan oop vir enige probleme wat mag opduik.

2. Die bywoning van ouer-dae waar sake rakende ons kinders bespreek word, is van baie groot belang. Ons floreer op goeie ondersteuning van ons ouers.

3. Ons belangrikste doelwit is om na elke leerder se individuele behoeftes om te sien en om aan elkeen die beste moontlike kwaliteit aandag te gee.

Page 4: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

4. EKSTRAKLASSE: Maandae en Woensdae vanaf 14:00 tot 16:00 is gereserveer vir akademiese doeleindes. Leerlinge wat probleme ondervind met skoolwerk kan reëlings met onderwysers tref om probleem areas uit te sorteer.

WINKEL : SKOOLDRAG AANKOPE Skoolklere by mev Annamarie Pretorius beskikbaar by Rugby straat 59, tel. No. 081-2446458. Winkeltye is as volg: Maandae tot Vrydae: 08:00 TOT 16:30

SKOOLDRAG

SOMERSDRAG SEUNS MEISIES

Groen gholfhemp van skool Groen gholfhemp van skool Groen “PT”-broek Groen broekrompie Skoolkouse Skoolkouse Kaalvoet/Tekkies Kaalvoet/Tekkies

WINTERSDRAG

SEUNS MEISIES Gholfhemp Gholfhemp Skool se sweetpak Skool se sweetpak Blou jean Blou jean Skoolkouse Skoolkouse Tekkies Tekkies Geel Serpe Geel Serpe

SPORTDRAG Ons skooldrag is ook ons sportdrag.

ALGEMENE VOORKOMS

1. SEUNS: hare Kort om die ore en twee vingers (2cm) weggeskeer agter in die nek, skoon, netjies en goed versorg. Geen gekleurde hare of “gel” word toegelaat nie.

2. DOGTERS: hare a. Skoon, versorg en netjies b. Eenvoudige, gewone style wat maklik netjies gehou word. Geen ekstreme style word toegelaat nie. c. Geen gekleurde hare word toegelaat nie. d. ‘n Lang kuif moet vasgesteek of weggekam word, d.w.s. waar ‘n kuif op die voorkop gedra word, mag dit nie aan

die wenkbroue raak nie en dit moet heeldag netjies bly. e. Haarlengte tot by die onderste deel van die hempskraag (agter die kop) word toegelaat. Langer hare in word

vasgebind in netjiese bokstert of vlegsel. f. Rekkies en bande (maks. 3 cm breed) “Alice-bands” – slegs groen of swart. Haarknippies – silwer, groen wit

plastiek of swart. g. Geen haarversierings word toegelaat nie.

3. GRIMERING Geen grimering word toegelaat nie. 4. NAELS Kort geknip – gelyk met vingerpunte en skoon. Geen naellak. 5. ROKLENGTE Aanvaarbare lengte van die broek-rompie asseblief. Romplengte: 12 cm vanaf vloer. 6. JUWELIERSWARE: Geen armbande, ringe, drade of toutjies om die arms of nek nie. Dogters mag net een oorringetjie of “stud” per oor dra. Seuns mag geen juwele dra nie.

Page 5: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

JUNIOR PRIMêRE FASE (GRAAD 1 – 4)

Graad 1, 2 en 3 word in Afrikaans aangebied. In gr. 4 skakel ons oor na Engels as medium van instruksie. In Graad 1 word die skoolbeginner by ‘n aanvangsonderrigprogram ingeskakel om sodoende die ontwikkelingsvlak van elke leerder te bepaal. Die inligting weerspieël spesiale aanlegte en leemtes waarvolgens die leerders gedifferensieerde onderrig ontvang. Die vroeë identifisering van moontlike leemtes en die inskakeling by ‘n didaktiese hulpverleningsprogram is baie suksesvol en agterstande word vinnig uitgeskakel. In Graad 2 en 3 word die aanvangsleemtes steeds gemonitor en ‘n voortgesette program word gevolg. Leersteunmateriaal is hoofsaaklik by die skool ontwikkel en die drie leerareas, naamlik Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensvaardighede word geïntegreerd met die ander leerareas aangebied. Geletterdheid Die Leesontwikkeling geniet hoë prioriteit en interressante uitstappies, uitstallings, besprekings en aanbiedings prikkel kreatiewe en ondersoekende denke. Ons goeie individuele aandag wat ons onderskei van ander skole, help met die tematiese benadering en is stimulerend vir die leerders. Hulle vorder flink en lees spontaan informele leesboeke teen die einde van die jaar. In Graad 2 word die tematiese benadering geïntegreerd met ander vakke aangebied. Uitdagings tydens klasbesprekings, begriplees en kreatiewe skryfwerk moedig die leerders tot verdere prestasie aan. Die leesstof is uitgebrei en leerders word baie aan informele leeswerk blootgestel. Algemene kennis, woordeskat en taalvaardighede word maksimaal ontwikkel. In Graad 3 word die leeskultuur verder uitgebrei. Eenvoudige naslaanopdragte, waartydens leerders self inligting moet versamel, bevorder die leesproses. Die sifting van relevante inligting en eie weergawe van informele leeswerk berei die leerders outomaties voor vir tegnieke wat in studiemetodes gevolg word. Gesyferdheid Die Probleemgesentreerde benadering strek elke leerder tot voordeel deurdat unieke gawes en vermoëns ontwikkel word. Die leerder vorder teen sy/haar eie tempo en rekenstrategieë word volgens die denkvlakontwikkeling toegepas. Die leerder reageer baie positief teenoor gesyferdheid. Goeie selfbeeld, puik redenasievermoë en verrassende oplossingstegnieke kenmerk die benadering. Gesyferdheid word as gunsteling vak beleef omdat leerders die uitdagings en metodiek geniet. Lewensvaardighede

Page 6: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

Hierdie leerarea ontwikkel die leerder se groepsverantwoordelikheid, leierseienskappe, redenasievermoë, sosiale interaksie, positiewe werkshouding, gesonde deelname en samewerking, konflikhantering ens. Uitkomsgerigte onderwys is gerig op die vorming van lewenswaardes en verantwoordelike, gedissiplineerde landsburgers op te lei. Die geestelike en kulturele waardes is eie aan die skoolgemeenskap en Godsdienstige beginsels word as leefwyse beoefen. Evaluering Die hoofklem is die ontwikkeling van vaardighede en leerders vorder teen hul eie tempo en volgens bepaalde unieke vermoëns.

SENIOR PRIMêRE FASE(GRAAD 5 – 7)

Hierdie fase word in Engels aangebied. Die volgende vakke word as bevorderingsvakke aangebied: Afrikaans English Mathematics Natural Science and Health Education Social Studies Agriculture Die nie bevorderingsvakke is die volgende: Life Skills Basic Information Science Arts Religious Education Physical Education Die graad 5, 6 en 7 leerlinge skryf aan die einde van elke termyn ‘n termyntoets. Die toetspunt is deel van die deurlopende evalueringspunt vir elke termyn. Gedurende November skryf al die grade ‘n volledige eksamen wat 50% van die finale promosiepunt tel. Die inhoud word as volg ge-eksamineer:

• Graad 5 – Termyn 2 en 3 se inhoud • Graad 6 – Termyn 1, 2 en 3 se inhoud • Graad 7 – Termyn 1, 2 en 3 se inhoud

Die graad 7 leerlinge skryf ‘n interne vraestel in November in al die bevorderingsvakke.

Page 7: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

• Ons kinders handhaaf ‘n skitterende akademiese standaard. • Ons behou ouerbetrokkenheid deur middel van ouerdae, inligtingsaande en n

oopdeurbeleid waar ouers direkte navrae kan rig oor akademiese insette en vordering.

• Ons ouers kry deurlopend die geleentheid om vordering van die leerders met

opvoeders en die skoolhoof te bespreek.

ONS

• Bied ondersteuning aan alle leerders met akademiese probleme.

• Maandae en Woensdae tussen 14:00 en 16:00 word gereserveer vir leerders met akademiese probleme.

• Bied gehalte onderrig en maksimale ontwikkeling vir elke leerder. • Onderneem gereelde opvoedkundige uitstappies. • Bied ons eie take en projekte aan.

Die volgende onderskei ons van ander skole:

• Gobabis Gymnasium hou ‘n entrepeneursdag waar elke leerder aan deelneem • Gobabis Gymnasium skep en bou tradisies op wat in die toekoms die grondslag van

alle toekomstige leerders sal vorm (bv. Kaskar, revue, ens.) • Gobabis Gymnasium gee erkenning aan alle akademiese-, kulturele- en

sportprestasies. • Gobabis Gymnasium is direk betrokke by die gemeenskap deur sport, geestelike en

ander aktiwiteite. • Klein klasgroepe vir optimale leer- en individuele aandag.

SPORT

Page 8: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

Die volgende sportsoorte word aangebied by Gobabis Gymnasium. Soos u weet, is sekere spansporte afhanklik van getalle en sal daar aan die begin van jaar vasgestel word watter sportkodes oor voldoende getalle beskik om aan te bied. Die volgende sportsoorte word buite Gobabis Gymnasium aangebied:

UITHOURITTE Wees verseker van ons algehele toewyding om ons leerlinge se potensiaal ten volle te ontwikkel. Ons ondersteun die volgende motto:

KULTUUR

ONS LEERLINGE HET DIE GELEENTHEID EN WORD AANGEMOEDIG OM DEEL TE NEEM AAN DIE VOLGENDE AKTIWITEITE:

ATLETIEK RUGBY

NETBAL KRIEKET

‘n Gesonde liggaam, huisves

‘n gesonde

Gees!

TENNIS

BALLET

Page 9: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

We commit ourselves to the authority of God’s Word: God is the Light of our Lives.

We strive to serve our school and our country and its people in all sincerity.

We honour our national anthem and flag as symbols of our citizenship.

Learners of Gobabis Gymnasium

• are faithful and loyal to their school, • are well-disciplined and in control of themselves, • are neat in appearance, and impeccable in words and deeds, • are always friendly, helpful and co-operative, honest, trustworthy, humble and responsive, • respect and obey their parents and superiors

We furthermore realize that every aspect of life is governed by a system made of rules and regulations, restrictions, requirements and suggestions and that knowledge is the power to

deal with this system.

Therefore we in Gobabis Gymnasium

• know that in order to make it in this world(to be successful), we have to work for it. We believe that all in life, which is worthwhile to achieve, can only be obtained through effort and commitment.

• know that we have to push ourselves to make changes in our lives, to do better, know more, try new things, open up to people, develop new skills and know that the only one person who is really holding me back is none but myself.

KONSERT

THE CODE OF HONOUR

Gobabis Gymnasium

SPELLING

BEE

KINDERMUSIK

Page 10: Prospektus laerskool - 2014 docx - gobabisgymnasiumgymnasiumgobabis.com/assets/prospektus_laerskool_2… ·  · 2015-03-17Aangeheg is ‘n afskrif van ons EREKODE wat vanaf Graad

• realize that we ourselves are our own managers and we know that taking charge of our lives is something we have to do every day.

• also know that positive behaviour leads to positive consequences and the more honest we are with ourselves, the more honest we will be with the world around us.

• know that we will never be able to change a problem until we acknowledge the problem and that life rewards action, not intentions!

• know that we decide how people will treat us, because frequently they are simply reacting to the way we are treating them. We teach them to treat us through our behaviour, attitudes and personality.

Our main aim and motto is: “EXCELLENCE!”