protokol vir wynprodusente op primÊre landbouvlak … · wbgv – artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 +...

16
PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK TYDENS DIE COVID-19-PERIODE EN DAARNA APRIL 2020, WEERGAWE 1

Upload: others

Post on 09-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK TYDENS DIE COVID-19-PERIODE EN DAARNA

APRIL 2020, WEERGAWE 1

Page 2: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

2

VOORWOORD ......................................................................................................................................................... 3

INLEIDING TOT PROTOKOL EN RISIKO-ASSESSERING ....................................................................................... 4

ALGEMEEN .............................................................................................................................................................. 5

BLOOTSTELLING AAN COVID-19 BUITE DIE WERKPLEK .................................................................................... 6

SAMESTELLING VAN WERKSMAG ......................................................................................................................... 6

VERVOER VAN WERKNEMERS ............................................................................................................................... 7

TOEGANGSPROSEDURE TOT PERSEEL ................................................................................................................ 8

PERSONEELFASILITEITE ......................................................................................................................................... 8

HIGIËNEMAATREËLS .............................................................................................................................................. 9

BEHUISING ............................................................................................................................................................ 11

OPSOMMING EN AFKORTINGS .......................................................................................................................... 11

BYLAAG A: RISIKO-EVALUERINGSBLAD ............................................................................................................. 12

BYLAAG B: RISIKO-ASSESSERING ....................................................................................................................... 13

BYLAAG C: PBT- EN COVID-19-RISIKOVERLAGINGSRIGLYNE (ILLUSTRASIE) ................................................. 14

BYLAAG C: VRAELYS ............................................................................................................................................ 15

INHOUDSOPGAWE

Page 3: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

3

Na die uitbreking van die Koronavirus in Wuhan in 2019, is COVID-19 tot ‘n wêreldwye pandemie verklaar deur die Wêreldgesondheidsorganisasie in Maart 2020. Hierdie verklaring het regerings in staat gestel om gereedheidsplanne te aktiveer en noodprosedures te onderneem om die publiek te beskerm, soos reis- en handelsbeperkings.

President Cyril Ramaphosa het inperkingsmaatreëls aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig om tuis te bly, tensy hulle ‘n noodsaaklike diens verrig, ‘n noodsaaklike produk of diens wil bekom, ‘n maat-skaplike toelaag invorder, of nood-, lewensred-dende of chroniese mediese aandag benodig.

Die COVID-19-pandemie vereis van alle besighede om vinnig, verantwoordelik en met kalmte op te tree tydens hierdie periode om die kurwe van COVID-19-infeksies te help verplat.

Die gesondheid en veiligheid van werknemers in hierdie tyd is ook die besigheidseienaar se verant-woordelikheid. Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid verplig werkgewers om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te verskaf. As sodanig moet die COVID-19-uitbraak/pandemie begryp

en benader word as ‘n hoë risiko en onmiddel-like maatreëls moet in werking gestel word deur werkgewers om die risiko van kontaminasie in die werkplek te bestuur en om enige positiewe bloot-stelling wat kan lei tot baie hoë risiko en moontlike operasionele sluiting, te vermy.

Agriwerkers sal waarskynlik veral kwesbaar wees vir die Koronavirus- (COVID-19) uitbraak aangesien die spanne naby aan mekaar werk en kan dien as bron van infeksie, asook versterking en verspreiding van infeksie buite die werksbedrywighede.

Dit moet benadruk word dat tydens hierdie onsekere periode, kwesbare werknemers moontlik bedreig kan voel deur die verlies aan werk en dit nodig mag vind om simptome ‘weg te steek’. Daarom moet werkgewers alles in hulle vermoë doen om die vertroue van hulle werknemers in te win en hulle te verseker dat hulle veiligheid en gesondheid voorrang geniet, terwyl die besigheidsbedrywighede voortgesit sal word sover as moontlik tot almal se voordeel.

Die volgende protokol word aanbeveel om hulp te verleen aan plase met maatreëls om die risiko van verspreiding van die infeksie te voorkom en moontlike kontaminasie op hierdie plase te verlaag.

VINPRO-BESTUUR

VOORWOORD

WIETA-BESTUUR

Page 4: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

4

Koronavirussiekte 2019 (COVID-19) is ‘n respiratoriese siekte wat veroorsaak word deur die SARS-CoV-2-virus. Om die impak van COVID-19-uitbraaktoestande op alle werknemers en ander blootgestelde besoekers te verminder, moet alle werkgewers nou beplan vir COVID-19. Hierdie beplanning kan die volgende behels: opdatering van risiko-assesserings en prosedures om die spesifieke blootstellingsrisiko’s, bronne van blootstelling, roetes van oordrag ens. aan te spreek.

Die maatreëls hieronder behoort die risiko van kontaminasie te verlaag. ‘n Risiko-assessering is uitgevoer oor die gevare en ‘n rou risiko is daarvolgens bereken.

Sien ‘n voorbeeld van ‘n risiko-assessering (bylaag B) en risiko-evalueringsblad (bylaag A) wat gebruik is om die rou risiko te bereken aan die einde van hierdie dokument.

INLEIDING TOT PROTOKOL EN RISIKO-ASSESSERING

Page 5: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

5

• ‘n Risiko-assessering moet uitgevoer word in die werkplek om die risiko van blootstelling aan COVID-19 te bepaal, en dit moet gekommunikeer word aan alle werkers.

• Indien die werkgewer meer as 500 werknemers in diens neem, moet daardie werkgewer ‘n rekord indien van hul risiko-assessering saam met ‘n geskrewe beleid rakende die beskerming van die gesondheid en veiligheid van werknemers teen COVID-19 in ooreenstemming met Artikel 7(1) van die WBGV, aan hul gesondheid-en veiligheidskomitee gestig ingevolge Artikel 19 van die WBGV, en aan die Departement van Arbeid en Indiensneming.

• Verbied toegang tot die perseel vir alle nie-noodsaaklike besoekers en kontrakteurs.• Besoekers/kontrakteurs wat wel ‘n plaas moet besoek, moet ‘n besoekersvraelys voltooi en dan

toegangsprosedures volg om die perseel binne te gaan.• Bestuur/eienaars moet die vraelys interpreteer en optree indien toepaslik en volgens die plaas

se prosedure.• Dissiplinêre prosedures moet gevolg en aangeteken word in ‘n geval waar ‘n werknemer nie die

nuwe of opgedateerde praktyke en prosedures nakom nie.• Opleiding en bewusmaking:

o Verseker dat gereelde inligting oor COVID-19 beskikbaar is vir bestuur, toesighouers en werknemers.

o Lei werknemers gereeld op oor die simptome van COVID-19 en hou rekord van opleiding.o Stel werknemers in kennis dat indien COVID-19-infeksie begin versprei in die gemeenskap of

indien werknemers enige matige simptome begin wys, hulle die bestuur of eienaar moet inlig en by die huis moet bly.Voorbeelde sluit in: Vertoon plakkate oor COVID-19 wat inligting oor die volgende bevat: COVID-19-simptome Persoonlike higiëne Sosiale distansiëring Hoe om hande te was Prosedures oor toegang tot perseel.

• Indien ‘n werker gediagnoseer word met COVID-19, moet die werkgewer: die Departement van Gesondheid en die Departement van Arbeid en Indiensneming in

kennis stel; die oorsaak ondersoek insluitend enige mislukte beheermaatreël en die risiko-assessering

daarvoor hersien om te verseker dat die nodige kontroles en persoonlike beskermende toerusting- (PBT) vereistes in plek is; en

administratiewe ondersteuning gee aan enige kontaknasporing-maatreëls deur die Departement van Gesondheid.

hul werknemers op siekverlof plaas ingevolge die WBDV.• Indien die werknemer se siekverlof-geregtigheid uitgeput is ingevolge die WBDV, kan ‘n aansoek

gedoen word vir ‘n siektevoordeel volgens klousule 4 van die instruksie uitgereik op 25 Maart 2020 oor die COVID-19-Tydelike Werkgewerverligtingskema onder regulasie 10(8) van die regulasies gepromulgeer ingevolge Artikel 27(2) van die Wet op Rampbestuur.

• Verseker dat daar nie teen die werknemer gediskrimineer word op grond van hul COVID-19-diagnose nie, ingevolge Artikel 6 Wet op Diensbillikheid, 1998 (Wet No. 55 van 1998).

• As daar bewyse is dat die werknemer COVID-19 opgedoen het as gevolg van blootsteling by die werk, dien ‘n vergoedingseis in ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes, 1993 (Wet No. 130 van 1993) in ooreenstemming met Kennisgewing 193 gepubliseer op 3 Maart 2020.

WBGV – Artikel 7(1) + 8 + 9(1) + 13 + 14 + 19 + 37(2)Wieta Etiese Standaard – 00.01(a); 02.01(e); 03.01(e); 03.03(b); 06.01(c)WBDV – Artikel 22Wet op Rampbestuur, 1993Wet op Diensbillikheid, 1998

REGS- VERWYSING

ALGEMEENRisikogradering

6x6x15=540BHR

Page 6: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

6

• Beperk toegang tot die plaas tot slegs noodsaaklike operasionele personeel.• Werknemers wat op die perseel woon en werknemers wat na die werk vervoer word, moet apart

gehou word en op verskillende werksareas geplaas word indien moontlik.• Hou dieselfde werkers in ‘n werksgroep vir opeenvolgende dae.• Moenie werknemers skuif tussen spanne nie.

• Alle werknemers, kontrakteurs en besoekers moet bewus gemaak word van die COVID-19-virus en alle voorkomende maatreëls. Dit kan gedoen word deur elektroniese inligting, uitdeel van inligtingstukke of in die geval van ongeletterde werknemers, kleingroep-opleidingsessies. NB: Beklemtoon die belangrikheid daarvan om voorkomende maatreëls toe te pas, insluitend sosiale distansiëring buite die werkplek.

WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2)Wieta Etiese Standaard – 00.01(b)

REGS- VERWYSING

WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)Wieta Etiese Standaard – 07.02(c)WBDV-SVP 13(12)

REGS- VERWYSING

BLOOTSTELLING AAN COVID-19 BUITE DIE WERKPLEK

SAMESTELLING VAN WERKSMAG

Risikogradering6x6x40=1440

BHR

Risikogradering6x6x40=1440

BHR

Page 7: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

7

Die wysiging van Regulasie 10(7) van die Regulasies onder Artikel 27(2) van die Wet op Rampbestuur (Wet no. 57 van 2002): Maatreëls om die verspreiding van COVID-19 in openbare vervoer te voorkom en te beveg is duidelik uiteengesit in die bepalings vir openbare vervoer-noodsaaklike dienste.Waar maatskappye voorsiening maak vir die vervoer van hul werkers, word die volgende aanbeveel:

• Taxi of enige ander voertuig wat werknemers vervoer moet ontsmet word, indien moontlik, voor en na elke rit.

• Bestuurderskompartement moet afgeskerm word van passasiers, indien moontlik.• Alle vensters moet oopgehou word vir die duur van die reistyd.• Voertuie mag slegs vol wees tot 50% van die gelisensieerde kapasiteit.• Passasiers moet hande ontsmet voor hulle inklim of raak aan taxi of enige ander voertuig wat

hulle vervoer.• Maskers moet gedra word deur alle persone wat gebruik maak van openbare of enige ander

vervoer.• Werknemers moet ‘n permit hê wat bevestig dat hulle in die landbousektor werk en op ‘n spesifieke

plaas, en dat hulle toestemming het om vervoer te word.• Werkers van verskillende areas moet apart vervoer word.• Vervoer van werkers word slegs toegelaat tussen 05:00 en 20:00.Plaasvoertuie:• Plaasvoertuig moet skoongemaak word voor en na vervoer van werkers – hou rekord van

skoonmaak.• Gebruik een van die volgende middels om voertuie skoon te maak:

1. Natriumhidroksiedsamestelling-skoonmaakmiddel2. Sporekill3. X-Treme XF4. Unique 1005. Sanisoap6. Chloor gebaseerde skoonmaakmiddel.

• Sifting van werknemers moet plaasvind voordat hulle in voertuig gelaai word met ‘n termometer wat ontsmet moet word na gebruik.

• Geen werknemer met ‘n koors bo 37.3 grade Celsius mag in die voertuig klim nie.• Werknemers moet die op- en aflaaitye nakom aangesien die sanitasie- en beheerprosesse baie

lank kan neem.

WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)Wieta Etiese Standaard – 03.07(h)

REGS- VERWYSING

VERVOER VAN WERKNEMERSRisikogradering

6x6x40=1440 BHR

Page 8: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

8

• Ruspouses moet versprei word om opeenhoping en kontak ten alle tye te verminder sodat ‘n afstand van minstens 1.5 meter tussen werknemers gehandhaaf kan word.

• Sosiale distansiëringsaanwysings moet aangebring word waar moontlik.• Alle kontakpunte, bv. deurhandvatsels, stoele en tafels moet ontsmet word na gebruik.• Saniteer hande voor en na ablusie/toilet en ander gemeenskaplike fasiliteite betree word.• Elke persoon moet slegs hul eie besittings hanteer.• Waterhouers of waterbottels met weggooibare bekers moet voorsien word, of elke werknemer

moet hul eie waterbeker/-bottel voorsien.

WBGV – Artikel 8(1) + FRWieta Etiese Standaard – 03.09(a)&(b)SANS 10400

REGS- VERWYSING

PERSONEELFASILITEITE

• Die algemeenste simptome van COVID-19 is die volgende:o Koorso Moegheido Droë hoeso Seer keel.

• Sifting van werknemers, kontrakteurs en besoekers moet plaasvind voor hulle die werksplek binnegaan en volg maatskappyprotokol vir diegene met koors (37.3°C of hoër).

• Wanneer temperatuur bo 37.3°C waargeneem word by die plaasingang, moet die volgende gedoen word:o Die betrokke werknemer moet nie toegelaat word om die perseel binne te gaan nie, en die

lynbestuurder en veiligheidsverteenwoordiger moet in kennis gestel word.o Isoleer die persoon in die toegewyde isolasievertrek en neem weer hul temperatuur na 15

minute.o Bel die tolvrye nommer: 080 0029 999o Begin instruksies uitvoer soos ontvang van die plaaslike hospitaal/kliniek.

• Waar sekuriteitshekke gebruik word, moet dit gereeld ontsmet word.• Ontsmet hande voor en na ‘n temperatuurskandeerder gebruik word, en ook die skandeerder

voor elke gebruik, waar toepaslik.• Temperatuurskandering moet gedoen word vir elke persoon (protokol vir temperatuur bo

37.3°C). Gebruik kontaklose termometers soos draagbare infrarooi termometers waar toepaslik.• Besoekers en kontrakteurs moet die toepaslike persoonlike beskermende toerusting (PBT) dra.

Die minimum vereiste sal ‘n gesigmasker wees.• Alkohol-asemtoetse moet slegs uitgevoer word as daar vermoed word dat ‘n persoon onder die

invloed is.• Asemtoetstoestel moet voor en na gebruik ontsmet word.• Die loopoppervlak van skoene moet waar moontlik gespuit word voor perseel binnegegaan word.

WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)GVP

REGS- VERWYSING

TOEGANGSPROSEDURE TOT PERSEELRisikogradering

6x6x15=540BHR

Risikogradering6x6x15=540

BHR

Page 9: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

9

HIGIËNEMAATREËLS

Higiëne- en skoonmaakmaatreëls:• Persoonlike-higiëneprosedure moet in plek wees.• Alle werknemers moet by die werk opdaag in skoon klere/oorpak.• Waar prakties moet werksklere by die werksperseel gelos word en gewas word in grootmaat deur

standaard veiligheidsmaatreëls te gebruik.• Indien dit nie haalbaar is om die werksklere by die werksperseel te los om gewas te word nie,

moet werknemers aangeraai word om hul werksklere te verwyder by die werksperseel en in ‘n plastieksak te plaas. Hulle moet hulle hande was nadat hulle die werksklere uitgetrek het. Hulle moet dan die werksklere skoonmaak deur dit tuis te was in warm water.

• Indien dit selfs nie haalbaar is om hul klere te verwyder by die werk nie, moet werknemers hul werksklere dadelik verwyder wanneer hulle by die huis kom en dit in ‘n wasmandjie plaas, waarna hulle hulle hande moet was.

• Let asseblief dat klere nie uitgeskud moet word nie aangesien dit die virus kan vrystel.• Die boonste gedeelte van skoene moet afgevee word met alkoholsaniteerder.• Die onderkant van skoene moet nie aangeraak word nie. Indien die ondergedeelte van die skoene

skoongemaak moet word, dra handskoene en was hande deeglik nadat die handskoene verwyder en weggegooi is.

• Werknemers sal genoeg werksklere/uniforms benodig om ‘n daagliks ‘n skoon stel te kan aantrek.• Handsaniteerder met ‘n 70%-alkoholbasis moet voorsien word aan elke werker en hernu of hervul

word wanneer nodig deur die werkgewer.• Saniteerder moet beskikbaar wees in elke plaasvoertuig.• Ten minste 2 maskers moet aan elke werknemer uitgereik word. Geen werknemer mag op die

perseel toegelaat word sonder ‘n masker nie.• Opleiding oor die gebruik van die maskers moet verskaf word aan alle werknemers en moet die

volgende insluit:o Was hande voor masker aangesit word.o Plaas masker met die korrekte kant wat wys na binne oor jou neus en mond. Maak seker dat

beide goed bedek word.o Maak die toutjies vas agter jou kop of indien die masker rubberrekke het, maak seker dat dit

styf vas is.o Sodra jy die lapmasker aangesit het en gemaklik is met hoe dit pas, MOENIE AAN JOU GESIG

OF DIE MASKER RAAK totdat jy die masker weer afhaal nie.

Risikogradering6x6x15=540

BHR

Page 10: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

10

WBGV – Artikel 8(1) + KR11(2) + ORW 6 + FR9Wieta Etiese Standaard – 03.07(b); 03.07(d);03.08(e)SANS 10248-1:2008GVP

REGS- VERWYSING

o Los die masker ten alle tye aan tensy wanneer jy moet eet of drink.o Haal die masker af deur die toutjies of rubberrekke los te maak, en deur dit slegs aan die

toutjies/rekke vas te hou, plaas dit in ‘n houer waarvandaan dit gewas moet word.o Moenie aan die masker self raak wanneer jy dit afhaal nie.o Moenie die masker om jou nek laat hang wanneer jy dit nie gebruik nie.o Was jou hande deeglik nadat jy die masker afgehaal het.o Was die masker in warm water en stryk jou lapmasker daagliks.o Indien ‘n werknemer hul masker moet afhaal deur die loop van die werksdag (bv. vir tee-/

middagete-pouse) en dit dan weer moet opsit, moet daarop gelet word om slegs die maskers aan die toutjies/rekke te hanteer. Die masker moet gebêre word in ‘n papiersak (duidelik gemerk met die persoon se naam) wanneer dit nie gebruik word nie.

• ‘n Haarmasker moet daagliks aan werknemers uitgereik word. Hare kan ‘n bron van biologiese kontaminasie wees.

• Beoefen respiratoriese higiëne, d.w.s. nies en hoes in jou gebuigde elmboog of sneesdoekie wat slegs een keer gebruik word en was/ontsmet hande direk daarna.

• Voorsien geen-kontak-dromme bv. voet beheerde drom.• Drom moet uitgevoer wees met plastieksak vir maklike skoonmaak.• Alle afval gegenereer insluitend maskers, handskoene, papierhanddoeke, ens. moet hanteer

word as algemene gesondheidsorgafval in ooreenstemming met SANS 10248-1:2008.• Geen direkte drink uit ‘n kraan word toegelaat nie.• Stel een persoon aan om beheer te neem oor ‘n werksarea, bv.

o Gereedskapstooro Chemiese stooro Dieseltenko Ens.

• Die verantwoordelike persoon moet toerusting, deurhandvatsels, deurligte, ens. daagliks na gebruik steriliseer.

• ‘n Nuwe paar weggooibare handskoene moet daagliks aan die betrokke verantwoordelike persoon uitgereik word om sy/haar pligte uit te voer.

Sosiale distansiëring:• Werkers moet afgeraai word om mekaar se fone of ander werksgereedskap en -toerusting te

gebruik, waar moontlik.• Elke persoon moet slegs hul eie toerusting en handgereedskap gebruik.• Alle persone moet minstens 1,5 m afstand tussen mekaar handhaaf.• Daar moet geen kontak wees tussen persone wat goedere op die plaas aflewer, en eie personeel

nie behalwe vir die uitruil van noodsaaklike dokumente, waarna hande gesaniteer moet word.• Werkers moet werk in kleiner groepe – nie meer as 50 nie.

WBGV – Artikel 8(1) + KR11(2) + ORW 6 + FR9Wieta Etiese Standaard – 03.07(b); 03.07(d);03.08(e)SANS 10248-1:2008GVP

REGS- VERWYSING

SOSIALE DISTANSIËRINGSMAATREËLS VIR PRIMÊRE PRODUKSIE- EN OPERASIONELE AREAS OP DIE PLAAS

Risikogradering6x6x15=540

BHR

Page 11: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

11

AFKORTINGS

WBGV Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid, No. 85 van 1993

FR Fasiliteiteregulasies

KR Konstruksieregulasies

ORW Omgewingsregulasies vir Werkplekke

SANS Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde

WBDV Wet op Basiese Diensvoorwaardes

SVP Sektorale Vasstelling vir Plaaswerkers

GVP Goeie vervaardigingspraktyke

BHR Baie Hoë Risiko

• Alle werknemers en ander lede van hul huishoudings moet ingelig en opgelei word oor die risiko van die COVID-19-siekte, verspreiding, gevare, hoe om verspreiding vanuit die huis te voorkom en hulself asook ander mense te beskerm.

• Handsaniteerder met 70%-alkoholbasis moet verskaf word aan elke werknemer vir tuisgebruik.• Opleiding moet verskaf word aan huishoudings rakende die ontsmetting van oppervlaktes in die huis.• Werknemers moet aangemoedig word om ver van mekaar weg te bly, om nie in kontak met ander

mense te kom nie en om nie die plaas te verlaat tensy om kos te koop of vir ander noodsaaklike redes nie.

• Geen besoeke na of van bure of vriende moet toegelaat word nie.• Geen ander byeenkomste bv. sport, kerk of sosiaal word toegelaat nie.• Geen verkope van alkohol word toegelaat nie en die gebruik daarvan is beperk tot eie huis.

WBGV – Artikel 8(1) Wieta Etiese Standaard – BehuisingsriglyneGVP

REGS- VERWYSING

BEHUISING OP PLAAS Risikogradering

6x6x15=540BHR

OPSOMMING1. Om COVID-19 te beveg is ons almal se kollektiewe verantwoordelikheid – werkgewers sowel as

werknemers.2. Werknemers moet nie vir werk aanmeld as hulle siek is nie en moet die insident ooreenkomstig

eskaleer.3. Werknemers MOET die tersaaklike COVID-19-beleide en -prosedures nakom.4. Alle werknemers moet die verskafte gesigmaskers dra, soos vereis.5. Liggaamstemperatuur moet gekontroleer word met ingang tot perseel.6. Werksoppervlaktes moet ontsmet word voor en na daar in ‘n betrokke area gewerk word.7. Beoefen sosiale distansiëring, d.w.s. mintens 1.5 m apart of dra gesigmaskers waar ‘n afstand van

1.5 m nie moontlik is nie.8. Beoefen respiratoriese higiëne, d.w.s. nies in gebuigde arm of gebruik sneesdoekie wat dadelik

weggegooi moet word. 9. Was gereeld hande of gebruik handsaniteerder.

10. Kommunikeer COVID-19 voorkomende maatreëls vir die bewusmaking van alle werknemers, insluitend “hoe om ‘n masker aan te sit”, “hoe om hande te was” ens.

Page 12: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

12

Risiko-evalueringsblad

NOTA: OORSAKE WAT OORWEEG MOET WORD – BESERINGS, VERLIESE OF BESOEDELING

WAARSKYNLIKHEID(DIE WAARSKYNLIKHEID VAN ‘N VOORVAL WANNEER DIE GEBEURTENIS WEL PLAASVIND)

WAARDE

Kan net sowel verwag word (gebeur dikwels)Baie moontlikOngewoon, maar taamlik moontlikSlegs vaagweg moontlik (het al gebeur)Denkbaar, maar baie onwaarskynlik (het nog nie gebeur nie)Amper ontmoontlik (een in ‘n miljoen)So te sê onmoontlik (grens aan die onmoontlike)

10631

0.50.20.1

BLOOTSTELLING(DIE GEREELDHEID WAARTEEN DIE GEBEURTENIS PLAASVIND)

DeurlopendGereeld (daagliks)Soms (weekliks)Ongewoon (maandeliks)Raar (‘n paar per jaar)Baie raar (jaarliks)Geen blootstelling

106221

0.50.1

GEVOLGE

Katastrofies (vele noodlottighede, of skade bo – R 10 000 000,00)Ramp (enkele noodlottighede, of skade bo – R 1 000 000,00)Baie ernstig (een noodlottigheid, of skade bo – R 100 000,00)Ernstig (ernstige beserings, permanente ongeskiktheid, of skade bo – R 10 000,00)Belangrik (tydelike ongeskiktheid, of skade bo – R 1 000,00)Waarneembaar (geringe noodhulp, of skade bo – R 100,00)Weglaatbaar ---------)

1004015731

0.4

RISIKO-TELLING RISIKOKLASSIFIKASIE TYDSKAAL

BO 400 BAIE HOË RISIKO: OORWEEG OM BEDRYWIGHEDE TE STAAK NVT

200 – 400 HOË RISIKO: ONMIDDELLIKE REGSTELLING WORD VEREIS 0-3 MAANDE

70 – 200 BEDUIDENDE RISIKO: REGSTELLING WORD BENODIG 3-6 MAANDE

20 – 70 MOONTLIKE RISIKO: AANDAG AANGEDUI 6-12 MAANDE

ONDER 20 AANVAARBARE RISIKO NVT

RISIKOTELLING = (WAARSKYNLIKHEID X BLOOTSTELLING X GEVOLGE)

BYLAAG A: RISIKO-EVALUERINGSBLAD

Page 13: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

13

BYLAAG B: RISIKO-ASSESSERING

Gevaaridentifikasie- en risiko-assesseringsvormBladsy 1 van 1

Verwysing 01 Hersiening 0 Span betrokke: Datum: 20/04/2020

Werkarea Bottelering en prosessering: kelders Algehele werksomvang Processering en bottelering van wyn

Werks- aktiwiteite

Gevare geïdentifiseer

Effek van gevaar Waarskynlikheid Bloot-

stelling Gevolg Risiko- telling Assessering van oorblywende risiko’s Beheer-

maatreëls Waarskynlikheid Bloot-stelling Gevolg Risiko-

telling

Persoon ver-antwoordelik

vir aksie

Voltooiings- datum

Prosessering en bottelering van wyn

Patogene Noodlottigheid, infeksiesiektes, uitbreking deur geïnfekteerde personeel teenwoordig in werkplek, geïnfekteerde besoekers of besigheidsven-note.

6 6 40

1440BHR

- Higiëne- en huishoudingsprosedures - gesigmaskers

3 6 15

270HR

- Sosiale distansiëringsprosedure

- Aparteskofstelsel, met verspreide ruspouses

- PBT-prosedure

[Baie moontlik] [Daag-liks]

[Paar noodlot-tighede]

- Sekuriteitsprosedure insluitend noodsiftingsituasie[Ongewoon maar heel

moontlik] [Daagliks] [Baie ernstig, een noodlottigheid]- Noodprosedure

- Besigheidsgebeurtelikheidsplan: produksie

PERSOONLIKE BESKERMENDE TOERUSTING EN KLERE

Maskers

Naam veiligheidsverteenwoordiger: Handtekening veiligheidsverteenwoordiger: Naam Hoof van Departement: Handtekening Hoof van Departement:

Page 14: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

14

BYLAAG C: PBT- EN COVID-19-RISIKOVERLAGINGSRIGLYNE

MOENIE WERK TOE KOM AS JY SIEK IS NIE: Meld aan by jou gesondheidsorg-verskaffer en verwys na die COVID-19-insidenteskalasie protokol.

GEBRUIK HARDE HOEDE: In areas waar kontruksie aan die gang is of wanneer instruksie gegee word om dit te dra.

GEBRUIK VEILIGHEIDSBRILLE: Beskerm jou oë – gebruik waar toepaslik of soos werksopdrag vereis.

MAAK SELF SKOON: Vee alle oppervlaktes skoon met saniteermiddel aan die begin en einde van skof.

WAS HANDE GEREELD:Was hande gereeld met seep en water vir 20 sekondes.

HANDSKOENE:• Gebruik veiligheidshandskoene

soos toepaslik.• Chirurgiese handskoene word

nie aanbeveel om COVID-19 te beveg nie en sal nie verskaf word volgens NIOS en WHO-riglyne nie.

GEBRUIK VEILIGHEIDSKOENE:Beskerm jou voete teen glas of swaar toerusting.

TEMPERATUURTOETSING MET INGANG:Met ingang tot perseel toets vir liggaamstemperatuur bo 37.3 grade Celsius.

GESIGMASKER:Gebruik materiaalmaskers wat verskaf word om verspreiding van virusdruppels te verminder.

GEBRUIK WEERKAATSENDE KLERE:Verbeter sigbaarheid en beskerm jou liggaam.

BEOEFEN RESPIRATORIESE HIGIËNE:Hoes of nies in jou gebuigde elmboog of gebruik ’n sneesdoekie.

GEBRUIK HANDSANITEERDER:Gebruik individuele handsaniteerder indien handewas-fasiliteite nie beskikbaar is nie.

DRA SKOON KLERE:Klere moet skoon wees ten alle tye.

BEOEFEN SOSIALE DISTANSIËRING:Bly meer as 1.5 m weg van die persoon langs jou of dra ’n gesigmasker indien dit nie moontlik is nie.

1.5

m

Page 15: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

15

BYLAAG D: VRAELYS

Die veiligheid van ons werknemers, verskaffersvennote, kliënte, families en besoekers bly XXX se oorheersende prioriteit. Namate die Koronavirussiekte 2019 (COVID-19)-uitbraak voortgaan om wêreldwyd te ontwikkel en versprei, monitor XXX die situasie noukeurig en sal van tyd tot tyd maatskappyriglyne opdateer gebaseer op huidige aanbevelings van die Nasionale Sentrum vir Oordraagbare Siektes en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Slegs besigheidskritieke besoekers word toegelaat by enige XXX-fasiliteit in hierdie tyd.

Om die verspreiding van COVID-19 te voorkom en die potensiële risiko vir blootstelling aan ons werksmag en besoekers te verminder, voer ons ’n eenvoudige siftingsvraelys uit. Jou deelname is belangrik om ons te help om voorkomende maatreëls toe te pas om jou en almal in hierdie gebou te beskerm. Dankie vir jou tyd.

Naam van besoeker: Persoonlike telefoonnommer (sel/huis)

Besoeker se maatskappy/organisasie: Naam van gasheer:

Naam van fasiliteit:

Self-verklaring deur besoeker

1Het jy binne die afgelope 14 dae teruggekeer van enige van die lande gelys op hierdie lys: Coronavirus FAQs ?

JA NEE

2Het jy enige nabye kontak gehad of iemand versorg wat gediagnoseer is met COVID-19 in die afgelope 14 dae?

JA NEE

3Het jy enige nabye kontak gehad met iemand wat in die afgelope 14 dae gereis het na een van die lande gelys in vraag 1?

JA NEE

4Het jy enige verkoue- of griepsimptome ervaar in die afgelope 14 dae (insluitend koors, hoes, seer keel, respiratoriese siekte, moeilik asemhaal)?

JA NEE

Indien die antwoord “ja” is op enige van bogenoemde vrae, sal toegang tot die fasiliteit geweier word.

Handtekening (besoeker): Datum:

Toegang tot fasiliteit (omkring een): Goedgekeur Geweier

Page 16: PROTOKOL VIR WYNPRODUSENTE OP PRIMÊRE LANDBOUVLAK … · WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2) Wieta Etiese Standaard – 00.01(b) REGS- VERWYSING WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)

16

Eenheid 5, Time Square, 8 Electron Straat, Technopark, Stellenbosch, 7600

www.wieta.org.za

T: +27 (0)21 880 0580 F: +27 (0)21 880 0576 WhatsApp: 063 766 6548

Picardi Plaas, Cecilia Straat, Suider-Paarl, 7646

www.vinpro.co.za

T: +27 (0)21 276 0429 E-pos: [email protected]