pryse: voordrag en toneel - kunswedstryd · die atkv stel twee pryse van r300 elk beskikbaar om...

17

Upload: others

Post on 15-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die
Page 2: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Pryse: Skryfkuns, Voordrag en Toneel

10

Pryse: Voordrag en Toneel

1. Elsa Krantz-wisseltrofee vir die skool met die meeste inskrywings. Die grootte van ’n skool

sal in aanmerking geneem word.

2. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste groepitem van graad 4 tot 7.

3. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste groepitem van graad 8 tot 12.

4. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste spreekkoor van graad 1 tot 3.

5. Petro Müller-wisseltrofee vir die beste spreekkoor van graad 4 tot 7.

6. Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die

bestuur besluit.

7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die beste poppekas-item in die primêre skool.

Pryse: Skryfkuns

1. In die afdeling Poësie (Graad 7 en 8) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant

van die ATKV.

2. In die afdeling Prosa (Graad 7 en 8) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant

van die ATKV.

3. In die afdeling Poësie (Graad 9 en 10) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant

van die ATKV.

4. In die afdeling Prosa (Graad 9 en 10) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant

van die ATKV.

5. In die afdeling Poësie (Graad 11 en 12) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant

van die ATKV.

6. In die afdeling Prosa (Graad 11 en 12) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant

van die ATKV.

7. In die afdeling Poësie (Ope) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant van die ATKV.

8. In die afdeling Prosa (Ope) ontvang die beste inskrywing R1000 kontant van die ATKV.

Page 3: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Skryfkuns

11

SKRYFKUNS

POËSIE

Aangesien hierdie ’n Afrikaanse kunswedstryd is, moet alle skryfstukke vir beoordeling in

Afrikaans ingehandig word (slegs aanlyn).

TEMA: Alles moet val / eindig OF Móét alles val / eindig?

Skryf oor waarnemings en ervarings ten opsigte van die bostaande tema. Probeer om in die

prosa te dink aan ’n bepaalde struktuur (bou) waarin die volgende aspekte belangrik is:

• Die titel

• Motiewe / Tema en idee

• Woordkeuse

In die poësie is rym nie noodsaaklik nie, maar wél:

• Bepaalde bindmiddele soos klank, assosiasie, herhaling, beeldgebruik.

• Onthou dat die poësie verskil van die prosa deur konsentrasie of inkorting op bykans alle

vlakke. Met ander woorde, tipiese aspekte soos alliterasie, assonansie, ritme en rym,

beeldspraak, klanknabootsing, herhaling, ens.

• Beelde, byvoorbeeld vergelykings, metafore en personifikasie

WEDSTRYD NR BESKRYWING MIN MAKS TYD KOSTE

1 Graad 7 en 8

3 tot 6 strofes (minimum 3 versreëls)

1 N.V.T. R 50,00

2 Graad 9 en 10

5 tot 10 strofes (minimum 3 versreëls)

1 N.V.T. R 50,00

3 Graad 11 en 12

7 tot 12 strofes (minimum 3 versreëls)

1 N.V.T. R 50,00

4 Ope: studente en volwassenes

8 tot 12 strofes (minimum 3 versreëls)

1 N.V.T. R 50,00

Page 4: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Skryfkuns

12

PROSA

Aangesien hierdie ’n Afrikaanse kunswedstryd is, moet alle skryfstukke vir beoordeling in

Afrikaans ingehandig word (slegs aanlyn).

TEMA: Alles moet val / eindig OF Móét alles val / eindig?

Skryf ’n storie of gebeurtenis waar jou perspektiewe, idees, gedagtes en gevoelens oor die

bostaande onderwerp of tema, uitgedruk word. Dit kan persoonlik of subjektief aangebied

word. Dit kan ’n hele register van emosies bevat en kan dus byvoorbeeld humoristies, ernstig

of tragies wees.

• Probeer om iets te skep wat (dalk) dieselfde emosie sal wek by die leser.

• Probeer om die leser se aandag gevange te hou deur ’n boeiende storie, deur raaisels te

skep of op ander wyse spanning te skep, goed te formuleer en jou styl te laat aanpas by

die soort storie of betogende stuk wat jy skryf.

• Beklemtoon sensoriese besonderhede om die leser toe te laat om die onderwerp intens te

ervaar.

• Gebruik beskrywende elemente. Die keuse van die woorde word merendeels bepaal deur

die konnotasies van woorde eerder as die akkuraatheid van die denotasie.

WEDSTRYD NR BESKRYWING MIN MAKS TYD KOSTE

5 Graad 7 en 8

Maksimum 450 woorde

1 N.V.T. R 50,00

6 Graad 9 en 10

Maksimum 800 woorde

1 N.V.T. R 50,00

7 Graad 11 en 12

Maksimum 1000 woorde

1 N.V.T. R 50,00

8 Ope: studente en volwassenes

Maksimum 2000 woorde

1 N.V.T. R 50,00

Page 5: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Komitee

3

KOMITEE

SKRYFKUNS, VOORDRAG EN TONEEL

Voorsitter:

Riekie Venter, Langeberglaan 7, Bainsvlei, Bloemfontein

[email protected]

072 221 3008

Sekretarisse:

Graad 2, 4, 6, 8, 10, 12:

Anita Smith, Von Ludwigstraat 8, Hospitaalpark, Bloemfontein, 9301

084 582 7217

Graad 1, 3, 5, 7, 9, 11, Ope:

Tim Taylor, Gladstoneweg 29, Noordhoek

082 781 8856

Addisionele lede:

Petro Müller, Agstestraat 6, Bloemfontein, 9301

082 560 3286

Marnie van Wyk, Paul Rouxstraat 83, Dan Pienaar

079 405 9650

Page 6: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Algemene Inligting

4

ALGEMENE INLIGTING

Alle navrae waarop ’n skriftelike antwoord verwag word moet per e-pos geskied na

[email protected]

INSKRYWINGS

Die inskrywingsproses behels die volgende:

Vanaf Februarie 2017 kan inskrywings aanlyn gedoen word by www.kunswedstryd.org.za.

Vir meer instruksies kan u vanaf Februarie 2017 na die inskrywingsbladsy op die webtuiste

gaan. Die Skryfkuns-afdeling (Voordrag en Toneel) kan slegs elektronies inskryf.

Inskrywingsvorms kan ook gefaks word na

086 656 9113

Hierdie is ’n 24-uur per dag, 7 dae per week fasiliteit.

Faks 10 bladsye of minder per keer asseblief.

Alle bladsye (op elke bladsy) wat gefaks word moet die spesifieke bladsynommer

sowel as die totale aantal bladsye van die faks duidelik aandui.

Indien dit vir u onmoontlik is om aanlyn- of faksinskrywings te doen, kan inskrywings per

hand gedoen word by Grey Primêr personeelkamer (sien sluitingsdatum) en sal slegs

aanvaar word as die voorgeskrewe inskrywingsgeld ingesluit is.

METODE VAN BETALING

Elektroniese inbetaling – hierdie is die veiligste metode en word sterk aanbeveel.

Kontant of tjek deposito by die bank.

Kontant of tjek per hand, wat inskrywingsvorms vergesel. Vir aanlyn- of faksinskrywings

kan betaling ook per hand gedoen word.

Bankbesonderhede:

Bank: ABSA

Tak: Brandwag

Takkode: 334334

Rekeningnommer: 470 940 778

Let ook op die volgende:

Tjeks moet uitgemaak word aan die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging. Geen

vooruitgedateerde tjeks sal aanvaar word nie.

Elke afdeling se inskrywingsgeld moet dienooreenkomstig op die betaalvorm (sien

middelblad) uiteengesit word.

Page 7: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Algemene Inligting

5

Indien u ’n elektroniese inbetaling of deposito by die bank doen, sal dit waardeer word

indien u sover moontlik kan probeer om u skool/instansie se inskrywings in een transaksie

te betaal. Gebruik die skool/instansie se naam as verwysing (of die spesifieke

verwysingsnommer wat vir die aanlyn-inskrywings aangedui word) en faks die

betaalvorm (uiteensetting) na 086 656 9113, tesame met die bewys van inbetaling.

Voordat die volledige inskrywingsgeld nie ontvang is nie, sal die betrokke inskrywing(s) nie

as geldig beskou word nie; ongeag die inskrywingsproses wat gevolg word.

Die laaste datum vir betaling van inskrywingsgeld is 17 Maart 2017. Enige betalings

daarna sal onderhewig wees aan die laat-inskrywingsfooi.

SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS

Aanlyn- en faksinskrywings: 17 Maart 2017 tot 16:00

Per hand-inskrywings: 17 Maart 2017, vanaf 12:30 tot 16:00 by Grey Primêr

personeelkamer.

Geen laat-inskrywings sal na 17 Maart 2017 aanvaar word nie.

INSKRYWINGSGELD

Die inskrywingsgelde word spesifiek by elke wedstryd aangedui en moet streng by gehou

word.

Die inskrywingsgelde soos dit in hierdie handboek verskyn, is die enigste finale bedrae wat

geldig is. Enige vroeëre kommunikasie of vorige jare se handboeke kan slegs as riglyne

gesien word.

HANDBOEK EN ROOSTERBOEK R 50,00 elk

ROOSTERBOEK VAN DIE KUNSWEDSTRYD

Hoewel die onderskeie komitees alles in hulle vermoë doen om buite-Bloemfonteinse

deelnemers op dieselfde dag (per stad/dorp) te akkommodeer, is die rooster – soos wat dit in

die roosterboek verskyn – finaal en kan veranderinge op daardie stadium slegs aangebring

word as ’n deelnemer per abuis in verskillende afdelings (lokale) op dieselfde tydgleuf ingedeel

is. Spesifieke versoeke moet voor die sluitingsdatum vir inskrywings direk met die betrokke

voorsitter of sekretaris van die betrokke afdeling(s) gekommunikeer word.

Die rooster met die tye van deelnemers en die nommers van deelnemers sal nie later nie as

2 weke voor die kunswedstryd ’n aanvang neem, beskikbaar wees by

DV Village Music (Victorian Square, Tweede Laan, Bloemfontein) 051 447 9754/7116

http://bothners.co.za/dv-village-bloemfontein/

M & M Boekhandel (Bloemgate, Nelson Mandelarylaan, Bloemfontein) 051 522 5877

Page 8: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Algemene Inligting

6

ONTTREKKINGS

Onttrekkings moet so gou as moontlik deurgegee word om moontlike verleentheid en

verwarring te voorkom. Dit sal die sekretaris se taak om die program so glad as moontlik te

laat verloop, vergemaklik. Inskrywingsgeld is nie terugbetaalbaar nie en inskrywings wat reeds

ingehandig is (ongeag die metode wat gevolg is) maar nog nie betaal is nie, moet steeds betaal

word.

FORMAAT VAN HANDBOEK-INLIGTING

Die inligting vir elke wedstryd in hierdie handboek word nou in ’n vriendeliker formaat

weergegee. Vir ekstra sekerheid word die doel van elke kolom kortliks verklaar:

WEDSTRYD NR Dit is die unieke wedstrydnommer wat ook op die inskrywingsvorm aangedui

moet word. Dit is baie belangrik dat hierdie nommer presies reg moet wees op

die inskrywingsvorm.

BESKRYWING Die ouderdomsgroep/graad/kategorie van die spesifieke wedstryd.

MIN Die minimum aantal individue wat aan die item moet deelneem.

MAKS Die maksimum aantal individue wat aan die item mag deelneem. Indien die

maksimum nie aangedui word nie, is daar nie ’n beperking nie.

By wedstryde waar ’n leerder/onderwyser kombinasie van toepassing is, word

die maksimum as 1 aangedui, met geen minimum nie, aangesien slegs die

leerder ’n sertifikaat ontvang.

TYD Die tydsbeperking vir die betrokke wedstryd. Die werklike tydsduur van die

gelewerde item mag korter wees.

KOSTE Die inskrywingsgeld van toepassing op die betrokke wedstryd.

Page 9: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Algemene Wedstrydreëls

7

ALGEMENE WEDSTRYDREËLS

IN ALLE GEVALLE IS DIE BESTUUR SE VERTOLKING VAN DIE VOLGENDE REËLS,

WAT VIR ALLE AFDELINGS GELD, FINAAL.

1. Die kunswedstryd is in die eerste plek vir amateurs bedoel, maar professionele persone

met lisensiaat-diploma (wat hoofsaaklik geld verdien deur die onderwys en beoefening van

die besondere vak, of in hul lewensonderhoud voorsien) mag meeding indien dit spesiaal

vermeld word. Die komitee behou hom die reg voor om te besluit wie professioneel is.

2. Die ouderdom van ’n deelnemer word bepaal volgens sy/haar ouderdom op die dag waarop

die betrokke afdeling ’n aanvang neem. Waar grade genoem word, word bedoel die klas

waarin die leerders in 2017 is.

3. Geen oorspronklike werk mag meer as een keer aangebied word in ’n wedstryd van die

Vrystaatse Kunswedstrydvereniging nie.

4. Deur in te skryf vir enige wedstryd in enige afdeling van hierdie kunswedstryd, gee die

deelnemer (ook geïmpliseer deur middel van ’n inskrywing wat deur ’n

onderwyser/dosent/organiseerder/ens. gedoen word) die reg aan die Vrystaatse

Kunswedstryd Trust, handeldrywend as die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging (VKV), om

foto’s en/of videosnitte van die spesifieke optrede tydens die kunswedstryd op die VKV se

webtuiste (http://www.kunswedstryd.org.za/) en/of sosiale media (Facebook, YouTube,

ens.) te publiseer, asook vir bemarkingsdoeleindes van die VKV. In die geval van

oorspronklike werke van enige aard wat tydens die kunswedstryd aangebied word, staan

die deelnemer ook kopiereg en publikasiereg toe aan die VKV, hetsy vir gebruik op die VKV

se webtuiste, sosiale media of in gedrukte formaat, of enige ander elektroniese formaat

wat van toepassing mag wees.

5. Geen deelnemer mag meer as een keer in dieselfde wedstryd deelneem nie: bv. in die

Afdeling Duet 10 jaar mag die deelnemer nie meer as een keer deelneem nie.

6. Die beslissing van die beoordelaar(s) is finaal.

7. Geen persoon (behalwe komiteelede) sal toegelaat word om met die beoordelaar(s) in

verbinding te tree onmiddellik voor, gedurende of ná die beoordeling van ’n

wedstrydnommer of item nie.

8. Die vereniging kan nie aanspreeklikheid vir inskrywings, navrae of korrespondensie

aanvaar nie, tensy dit spesifiek gerig is aan die sekretarisse/voorsitters van die betrokke

afdelings.

9. Vir besondere wedstrydreëls wat vir die verskillende afdelings geld, word verwys na die

programme van die betrokke afdelings.

10. Deelnemers moet ’n halfuur voor die tyd in die saal wees.

11. Geen inskrywings sal aanvaar word sonder die regte inskrywingsgeld nie.

Page 10: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Algemene Wedstrydreëls

8

12. Vir groepe met 10 of minder individue kan elke persoon se naam op die inskrywingsvorm

aangedui word; elkeen sal dan sy/haar eie sertifikaat ontvang vir die betrokke item. Merk

die name egter duidelik as ’n groep. Vir groter groepe word slegs 1 sertifikaat uitgereik en

hoef daar slegs ’n groepnaam op die inskrywingsvorm geskryf te word. Hierdie bepaling

geld nie vir Voordrag en Toneel, waar dit slegs uitgesoekte items is waar meer as 1

sertifikaat uitgereik sal word, nie.

13. Die VKV behou die reg voor om ’n prys nie toe te ken nie indien die gelewerde item(s) nie

op standaard is nie.

Page 11: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

Afdelingsreëls

9

SKRYFKUNS, VOORDRAG EN TONEEL

SIMBOLE

A++ 95 – 100%

A+ 90 – 94%

A 80 – 89%

B+ 75 – 79%

B 70 – 74%

C 60 – 69%

AFDELINGSREËLS

1. (a) In die geval van gedigte, monoloë, samesprake, ens. moet die teks op A4 papier (getik

of duidelik geskryf) met die deelnemer se nommer daarop onmiddellik voor die

wedstryd begin, by die sekretaris ingelewer word. Die beoordelaar mag nie genader

word nie. Hierdie teks is vir die gebruik van die beoordelaar bedoel en nie vir die

sekretaris om voor te sê nie. GEEN TEKSBOEKE SAL AANVAAR WORD NIE.

(b) Titels van voordragte hoef nie op die inskrywingsvorms vermeld te word nie.

(c) Vir die Skryfkuns-afdeling mag slegs aanlyn ingeskryf word, vanaf 1 Februarie 2017

tot 17 Maart 2017 om 16:00 op die VKV se webtuiste, www.kunswedstryd.org.za

2. In die afdeling Toneel: Eenbedryf is elke opvoerende groep verantwoordelik vir sy eie

kostumering, toneeldekor, ens. In die afdeling Poppespel moet elke groep hul eie poppekas

voorsien. Die komitee aanvaar beslis geen verantwoordelikheid in dié verband nie. NB: Vir

die opstel en verwydering van toneeldekor word hoogstens vyf minute toegelaat.

3. In die afdeling vir Primêre Skole mag daar nie meer as tien (10) deelnemers, ongeag die

geslag, uit ’n skool of ateljee vir ’n bepaalde nommer ingeskryf word nie, met ander woorde

alle wedstryde sluit seuns en dogters in. Ingeskrewe deelnemers mag nie vervang word

nie. Geen deelnemer mag meer as een keer deelneem aan dieselfde item nie.

4. Deelnemers moet hou by die tydsbeperking (waar dit aangedui word), aangesien ’n klokkie

sal lui wanneer ’n deelnemer so ’n tydsbeperking oorskry. Die deelnemer sal dan die

verhoog moet verlaat.

5. Deelnemers en toehoorders moet 15 MINUTE voor die aanvangstyd van die wedstryd in

die betrokke lokaal wees.

6. SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: Sien bladsy 5.

Page 12: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

13

Page 13: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

27

Page 14: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die

28

Victorian Square

Tweede Laan

Bloemfontein

051 447 9754

051 447 7116

http://bothners.co.za/dv-village-bloemfontein/

Page 15: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die
Page 16: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die
Page 17: Pryse: Voordrag en Toneel - Kunswedstryd · Die ATKV stel twee pryse van R300 elk beskikbaar om toegeken te word soos deur die bestuur besluit. 7. Jomaré Botha-wisseltrofee vir die