psalm 97 - gk daspoort 97,1-7.pdf · en nou's ps 97 nie die eerste psalm wat hierdie baie...

29
Psalm 97 Die HERE is 'n universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf ... in Opperheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig Desember 2014

Upload: others

Post on 26-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Psalm 97Die HERE is 'n universele heilige Koning.

    Die Een wat sy heiligheid handhaaf ... in Opperheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig

    Desember 2014

  • Ps-vooraf Ps 54: 1, 4; Ps 47: 1, 2Ontmoetingsdiens.Votum.“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” Amen

    SeëngroetGemeente van ons Here Jesus:“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”Amen.

    Lofprysing – Ps 68: 1, 12, 13

    Geloofsbelydenis

    Verootmoediging en Versoeningsdiens.Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.Psalm na die wet – Ps 50: 1, 2, 3

    1

  • Gebed om skuldbelydenis en verligting.

    Psalm na gebed – Ps 50: 8, 11

    2

  • Daar is nou die geleentheid vir belydenis van geloof

    Ps 20:1, 5, 7

    Woorddiens.Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 97

    Psalm as antwoord op die Woord – Ps 99: 1, 3

    Ons Fokus op vers 1-7

    Skrifverklaring

    InleidingGeliefdes Ps 97:1 sê: “Die HERE is Koning ...”

    En dis'ie belangrike waarheid van Ps 97. Die HERE is Koning Hy regeer soewerein almagtig oor die ganse heelal.1

    ToepassingOor sterrestelsels. Oor die natuur en weer verskynsels. Oor die wêreld en wêreld-politiek. Oor Suid-Afrika. Ook oor u en my lewe.

    * * * * *TerugblikEn nou's Ps 97 nie die eerste Psalm wat hierdie baie belangrike waarheid verkondig nie. Nee Ps 93 en Ps 95-99 is 'n hele reeks Psalms wat hierdie waarheid verkondig.

    1 1a met יהוה מלך plaas vir my Ps 97 in die kategorie van konings-psalms. יהוה מלך maak 'n stelling oor Jahwe. Dit sê vir my dat Jahwe ewig almagtig soewerein regeer (vgl Psalm 93.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php).

    3

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • Baie mense noem'it dan ook die Koningspsalms.En verlede jaar kon ons al stilstaan by Ps 93 en Ps 95 en Ps 96.

    SaamvatI2 In Ps 93 gaan'it oor die HERE se Koningskap in die skepping en skeppingsorde. Maar ook in die wêreld se geskiedenis.

    II3 In Ps 95 kon ons meer leer oor ons erediens aan ons Koning.

    III4 En in Ps 96 kon ons leer oor die Verlossing wat ons Koning bring en die nuwe lied wat ons daarom vir Hom moet sing.

    * * * * *Terug by vandagMaar nou's ons by Ps 97. En hierdie Psalm kan ons in twee dele verdeel. Vers 1-7 en vers 8-12.5

    En vandag gaan ons fokus op vers 1-7. En wat hier staan is aangrypend. Want die HERE openbaar Hom hier as. Die universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf met sy Koningsheerskappy en sy vernietigende oorwinnende strafgerig.

    OpmerkingAs die HERE wil staan ons volgende week stil by vers 8-12

    2 Vgl Psalm 93.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

    3 Vgl Psalm 95(a).pdf; Psalm 95(b).pdf; Psalm 95(c).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

    4 Vgl Psalm 96,1-6.pdf; Psalm 96,7-13.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

    5 Vir hierdie indeling van Ps 97 sien ook The new Bible commentary Revised, bl 512.

    4

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.phphttp://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.phphttp://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • wat gaan oor die volk van die HERE se reaksie op hierdie openbaring en alles wat daarmee saamgaan.

    Maar vandag dan eers vers 1-7 waar die HERE Hom openbaar as Die universele heilige Koning. Die Een wat sy heiligheid handhaaf in koningsheerskappy en in vernietigende oorwinnende strafgerig.

    En dan gaan ons stilstaan by die waarheid dat die HERE:• 'n Universele Koning is• 'n Heilige koning is• wat sy heiligheid handhaaf

    => met sy koningsheerskappy => met sy vernietigende strafgerig=> as absolute Oorwinnaar=> in Christus

    * * * * *1. So ons begin by die waarheid

    dat die HERE die Universele of wêreld-wye Koning is.

    En dis 'n feit: Die HERE is Koning oor net mooi alles.

    OpmerkingEn vanuit vers 1 leer ons daarvan. So kom ons kyk nou na vers 1.

    Vers 1 sê: “Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!”

    Verduidelik6

    Hoor u dit? Die HERE is Koning. Dit staan vas. 6 1b – תגל = jussief wat hier dui op 'n opdrag (BHNG bl 90, 115-116; NIDOTTE vol 1 bl 855). Dus: 'Die aarde moet

    uitroep met vreugde/ verhoog' ... en dis iets wat hulle regtig uit hulle hart gewillig moet doen. Daar moet gewillige lofprysing wees (Holladay bl 59; NIDOTTE vol 1 bl 854, 855). Die ּו ל ּג handeling is gegrond in dit wat Jahwe is of doen. Hier gaan dit dan daaroor dat Jahwe as Koning en sy koningsheerskappy verhoog moet word – vgl Ps 96:11; Sag 9:9 waar dit ook die geval is (NIDOTTE vol 1 bl 854). 1c – vanuit die konteks van 1b verstaan ek ישמחו dan ook as 'n jussief. Die Lxx wys ook in hierdie rigting. Hulle vertaal met εὐφρανθήτωσαν – aor imperat 3de mv. Vgl OAV; ESV; KJV. ישמחו het dan die betekenis van 'hulle moet verbly'/ 'hulle moet hul verheug' (NIDOTTE vol 3 bl 1251). Net soos by ּו ל ּג is ׂשחמח ook gegrond in dit wat Jahwe is of doen. Hier gaan dit dan daaroor dat Jahwe as Koning en sy koningsheerskappy rede is tot blydskap (NIDOTTE vol 3 bl 1252, 1253).

    5

  • Juis daarom kom daar twee opdragte: “Laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!”

    Sien u? Juis omdat die HERE Koning is moet daar blydskap en lofprysing vir die HERE wees.

    * * * * *Van wie af? Wel vers 1 sê: “laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!”

    Verduidelik7

    Met ander woorde: 'Laat die aarde tot in elke verlate eiland elke verlate hoekie en draaikie juig en bly wees en die HERE as Koning loof-en-prys!'

    So sien u? Vers 1 se opdragte is regtig vir net mooi almal. Daar is nie 'n plek op hierdie aarde waar die HERE nie met blydskap vereer moet word nie.

    * * * * *Hoekom? Wel omdat die HERE nie net Koning oor Israel is nie. Nee die HERE is wêreldwyd Koning.Op elke kontinent in elke land op elke eiland!

    BewysDaarom dat vers 5 praat van die HERE as “die Here (of die Koning8) van die hele aarde ...”

    7 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 966-967; Kidner se Ps komm bl 350; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 448

    8 5a – Jahwe word verder beskryf as אדון כל-הארץ. Wat leer ek hieruit oor Jahwe? Die vokalisasie van אדון wys my dat my moet help om אדון in 'n constructus verbinding staan (Holladay bl 4). Ek meen dat die betekenis van אדון כל-הארץhierdie construtus verbinding reg te verstaan. אדון het die betekenis van 'soewereine heerser/ koning' wat gesag voer oor 'n sekere sfeer. Die contrutus verbinding dui dan die sfeer waaroor אדון heers aan (NIDOTTE vol 1 bl 257-258; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 449). Hier is dit כל-הארץ, wat dan vir my sê dat Jahwe soewerein oor die ganse wêreld heers (NIDOTTE vol 1 bl 275, 519). Ps 47:3 noem Jahwe dan ook 'die groot Koning oor die hele wêreld'.

    6

  • Daarom dat vers 9 sê: “U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde ...”

    Die Een wat in almag en majesteit en verhewenheid9 heers10 oor die hele aarde. Oor elke land. Oor elke volk. Oor elke mens.Oor my en oor u.

    Verduidelik11

    En waarom? Hoekom is die HERE so Koning oor alles? Wel omdat die HERE alles geskep het.

    Daarom dat Paulus in Hand 17:24 oor die HERE praat as “Die God wat die wêreld gemaak het ... Hy wat (daarom12 Koning13) van hemel en aarde is ...”

    Daarom dat Dawid in Ps 24:1 sê: “Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon.”

    En daarom sê Ps 97:1 “Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!”

    Toepassing14

    So wat sê dit vir ons?

    9 9a – met עליון על-כל-הארץ word Jahwe verder beskryf (vgl TWOT vol 2 bl 668; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 450). is 'n benaming vir Jahwe wat wys op sy almag en majesteit, en kan vertaal word met 'Allerhoogste' (TWOT vol 2 עליוןbl 669).

    10 Die על in die frase עליון על-כל-הארץ is 'n metaforiese lokatief wat dui op 'heersend oor' – vgl 2 Sam 8:16 (BHNG bl 238). Dus: Jahwe is die Allerhoogste, almagtige God heersend oor die ganse wêreld.

    11 Baie belangrik is dat Gen 14:19 Jahwe as Allerhoogste ook die Skepper (קנה) van die ganse wêreld noem (vgl; NIDOTTE vol 3 bl 941; TWOT vol 2 bl 669; Hamilton se Gen komm vol 1 bl 411-412).

    12 Vgl Grosheide se Korteverk op hand vol 2 bl 66

    13 Die Griekse Teks het hier κύριος wat ook die betekenis van Koning het.

    14 Vgl Jones, The Gospel truth vs Pagen lies, bl 39-40, 44; Schaeffer, Genesis in space and time, bl 25, 27

    7

  • Wel ons woon in 'n land waar ons menseregte het. Ook die reg om self te besluit oor my Godsdiens en my God in wie ek my wil verbly. Ons raak gewoond daaraan. Ons dink dis hoe'it werk.

    Maar die waarheid is anders. Ps 97:1 sê. Daar is een God. Sy naam is Jahwe. Ons noem Hom HERE. En Hy is Koning oor'ie aarde. Die verste eiland is deel van sy koninkryk.

    So niemand het die reg om te besluit Wie my God en wie my Koning is nie.

    Nee. Die HERE het klaar daaroor besluit. Want Hy is ons Skepper. En daarom ons Koning. Die Enigste Een. Hom alleen moet elke mens dien en eer met blydskap.

    Dis wat Ps 97:1 vir ons sê. Besef ons dit?!* * * * *

    2. Maar daar's nog iets.Die HERE is'ie net die universele Koning nie. Nee. Hy's ook 'n heilige Koning. Dis ons tweede punt.

    En ons leer'it vanuit vers 2 wat sê: “Wolke en donkerheid is rondom Hom ...”Nou hierdie woorde moet ons volmaak met ontsag. Dis woorde wat jou hoendervleis moet gee.

    Verduidelik15

    Dis woorde wat jou moet laat klein voel soos wanneer jy op 'n wye oop karoo-vlakte staan.

    15 Vgl Eseg 38:9; NIDOTTE vol 2 bl 764, vol 3 bl 465; Kidner se Ps komm bl 350

    8

  • En bokant jou van horison tot horison storm daar dik swart tornado wolke op jou af.

    So iets vul jou met ontsag. Dit maak jou bang. En dis wat vers 2 wat praat oor: “Wolke en donkerheid ... rondom (die HERE16) ...” by ons moet bring. Werklike ontsag vir die HERE.17

    VerduidelikJa as vers 2 sê: “Wolke en donkerheid is rondom (die HERE) ...” dan'sit soos daardie keer toe Israel by Sinai-berg gekom het na hulle verlossing uit Egipte.18 En die HERE toe in Eks 19:9 vir Moses gesê het: “Kyk, Ek sal in ‘n dik wolk na jou toe kom ...”

    En toe drie dae daarna so vertel Eks 19:16 “was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk ... gebeef het.”

    Selfs “Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik ...” So vertel Heb 12:21.

    Die Israeliete het gedink hulle gaan sterf. Vertel Eks 20:19.

    Maar dan leer Moses hulle in Eks 20:20 dat die doel van hierdie openbaring was dat hulle kon leer

    16 Die 3de ml ev pron suf by סביביו wys terug na יהוה in 1a. Dus: 2a maak, so meen ek 'n proposisie oor Jahwe – 'wolke en donkerheid is rondom Hom.'

    17 Vgl Reformation study Bible bl 823; NIDOTTE vol 2bl 764; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 448; Kidner se Ps komm bl 350; Calvyn se Ps komm vol 4 bl 60; Boice se Ps komm vol 2 bl 791

    18 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 542-543; Kidner se Ps komm bl 350

    9

  • om altyd ontsag vir die HERE te hê.19

    Toepassing20

    En dis ook die doel van Ps 97:2 as'it sê: “Wolke en donkerheid is rondom Hom ...” Ja as ons hierdie woorde hoor moet ons weet: Hê ontsag vir die HERE vir die Koning van die ganse aarde!

    * * * * *En dis so nodig geliefdes! Hoekom?

    Verduidelik21

    Wel sonder ontsag vir'ie HERE verstaan ons nog nie dat die HERE 'n heilige God is nie. Want mense wat weet dat die HERE heilig is het ontsag vir Hom.

    Ontsag is ons reaksie wat pas by die heiligheid van die HERE.

    Ontsag kom as ons verstaan dat die HERE oneindig groter en magtiger is as ons. Ontsag kom as ons verstaan dat die HERE die Gans-andere is.

    OpmerkingWant dis wat die HERE se heiligheid heel eerste is.Dis sy andersheid.

    Ja ontsag vir die HERE is die besef dat Hy die Almagtige Skepper is en ek 'n kleiner as spikkel-klein skepsel is.

    19 Vgl Mackey se Eks komm bl 356

    20 Vgl Boice se Ps komm vol 2 bl 791

    21 Vgl Vos, Biblical theology – Old and New Testament, bl 150-151, 246-247; Horton, The Christian faith – A systematic Theology for piligrims on the way, bl 268.

    10

  • En Hy die HERE onaantasbaar22 onbegrypbaar die Gans-andere Heilige Eenbokant my uit toring in “Wolke en donkerheid”.

    * * * * *En dis so belangrik. Hierdie ontsag vir ons heilige God.

    Toepassing23 Want hierdie selfde HERE het een aand saam met sy dissipels geëet en toe in Joh 15:15 vir hulle gesê: “Ek noem julle nie meer diensknegte nie ... Maar Ek het julle vriende genoem ...”

    Maar belangrik!!! Toe het die HERE nie opgehou om heilig te wees nie!!

    Maar ons in ons arrogante vermetelheid dink so. Ons maak van die HERE 'my pel'.

    En wat dan? Wel dan gebeur'it dat terwyl ek dink ek het hierdie 'wow' verhouding met die HERE ek eintlik in die verskriklikste opstand is.

    Verduidelik24

    Hoekom? Wel as die HERE vir my net 'n maat isdan's ek en die HERE op die selfde vlak dan't ek nie meer ontsag vir die HERE nie dan's die HERE nie meer vir my 'n heilige God nie.

    22 Vgl Klaagl 3:44; NIDOTTE vol 2 bl 764, vol 3 bl 465; Kidner se Ps komm bl 350.

    23 Vgl Vos, Biblical theology – Old and New Testament, bl 150; Boice se Ps komm vol 2 bl 791

    24 Vos, Biblical theology – Old and New Testament, bl 246-247; Horton, The Christian faith – A systematic Theology for piligrims on the way, bl 268; Jones, Gospel Truth vs Pagan lies, bl 24

    11

  • Dan is ek in skrikwekkende rebellie besig om te maak asof ek en God dieselfde is.

    * * * * *En wat se sonde is dit? Wel dis om 'n navolger van Satan te word wat in die paradys vir Eva gesê het: 'jy kan soos God wees.'25

    Want as die HERE vir ons net 'n vriend is dan's Hy nie meer die Gans-andere heilige God nie.

    En dan? Wel dan wil ek ook niks meer weet van die HERE se wil-en-wet nie. Want dan's die HERE nie meer 'n heilige Koning bo my wat my regeer nie. Nee Hy's net 'n maat.26

    OpmerkingBaie keer sal ons heel vroom iets sê soos: 'Die HERE vra net liefde.'

    Maar dans'sit eintlik net ons sondige manier om sonder ontsag vir die HERE nie te wil luister oor wat Hy vir ons in sy Woord beveel oor hoe sy liefde werk nie.

    En dan? Wel dan's ons sonder ontsag vir die HERE besig om saam met die sondige-wêreld in rebellie te wees teen die heilige God en sy Gans-andersheid en sy goeie wil-en-wet.

    * * * * *

    25 Gen 3:5

    26 Vgl Jones, The Gnostic Empire strikes back, bl 24-26, 46.

    12

  • So sien u hoe belangrik is Ps 97:2 wat sê: “Wolke en donkerheid is rondom (die HERE) ...”

    Dis belangrik! Want hierdie openbaring moet ontsag by ons bring.

    Met hierdie openbaring moet ek erken dat die HERE anders is as ek. Dat Hy al noem Hy sy dissipels sy vriende steeds ons Koning bly. Die Heilige Gans-andere Een.

    Want daar sonder sonder hierdie besef sonder ontsag word ek net nog 'n rebel teen ons heilige HERE se Koningsheerskappy.

    OorgangMaar nou's daar nog iets. Vers 1 openbaar die HERE as die universele Koning. Vers 2 openbaar die HERE as die heilige Koning.

    3. Maar nou openbaar die HERE ook 'n derde ding.En dit is dat Hy in 'n wêreld sonder ontsag sy heiligheid handhaaf.

    OpmerkingEn in Ps 97 openbaar die HERE vier maniere waarop Hy dit doen.

    A. Heel eerste handhaaf die HERE sy heiligheid met sy Koningsheerskappy. Ons kan ook sê: die HERE handhaaf sy heiligheid met sy regering.

    13

  • En ons sien'it as ons verder lees in vers 2. Daar staan: “Wolke en donkerheid is rondom Hom ...” Maar dan gaan vers 2 verder met: “geregtigheid en reg is die grondslag (of die fondament27) van sy troon.”

    Verduidelik28

    Nou die troon van die HERE29 vertel van'ie HERE se regering of die HERE se koningsheerskappy.

    * * * * *Maar nou sê Ps 97:2 dat die HERE se troon

    maw sy regering sy koningsheerskappy se fondament “geregtigheid en reg is”.

    Die Hebreeuse woorde is צדק en פׁשּפ.ט .חמOns kan'it ook vertaal met 'regverdigheid en regspraak'.

    Verduidelik30

    En as die fondament van die HERE se koningsheerskappy “geregtigheid en reg is” beteken'it ook dat die HERE “geregtigheid en reg” doen.

    BewysJer 9:24 leer'it. Daar staan dat die HERE “reg (טּפ)ט( פׁש (צדק) en geregtigheid (מop die aarde doen”.

    Ja hier op aarde kom regeer die HERE met regverdigheid en goeie regspraak.

    27 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 617; TWOT vol 1 bl 433, 434

    28 Vgl TWOT vol 1 bl 448. Ps 103:19 praat bv daaroor as daar staan: “Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.”

    29 Die 3de ml ev pron suf by מכון כסאו wys terug na יהוה in 1a. Dus: 2b maak, so meen ek 'n proposisie oor Jahwe – 'geregtigheid en regspraak is die fondament van sy troon.'

    30 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 761-762, vol 4 bl 839-840; TWOT vol 2 bl 754; Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 420l Waltke, An OT theology, bl 289

    14

  • Dis wat Jer 9:24 sê.

    En dan? Wel dan bring die HERE hier op aarde waar mense geen ontsag het vir Hom nie

    weer reg en geregtigheid.Die HERE bring deur sy regering weer wet en orde en vrede.

    * * * * *En so handhaaf die HERE sy heiligheid. Sy Gans-andersheid.

    Bewys31

    Jes 5:16 vertel daarvan. Daar staan: “hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die regspraak (deur טּפ)ט( פׁש ,32(מen die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid (deur צדק).”

    VerduidelikHoor u dit? Deur die HERE se heerskappy

    wat Hy hier op aarde kom doen handhaaf die HERE sy heiligheid.

    Hy kom handhaaf dit hier waar rebelle sonder ontsag Hom en sy heilige wet verag.

    * * * * *OorgangMaar hoe werk'it prakties? Hoe handhaaf die HERE prakties deur sy regering sy heiligheid? Wel die HERE doen'it deur te straf.33

    31 Vgl Vos, Biblical theology – Old and New Testament, bl 248

    32 Die OAV vertaal met “strafgerig”. Die Hebreeuse woord is egter ook פׁשּפ.ט wat hier in Ps 97: 2 met “reg” vertaal חמword.

    33 Vgl Vos, Biblical theology – Old and New Testament, bl 248

    15

  • B. En dis die tweede manier waarop die HERE sy heiligheid handhaaf. Die HERE doen'it met sy vernietigende strafgerig.

    Ons hoor daarvan in vers 3: “‘n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders (of vyande) rondom aan die brand.”

    Verduidelik34 Hoor u? Die HERE se strafgerig werk met sy vuur. Dis 'n vuur wat vyande aan die brand steek. Dis 'n vuur wat hulle vernietig.

    OpenbaringshistoriesEn lees ons deur'ie Skrif sien ons'it weer en weer. Die HERE straf met vuur.

    Dink maar net wat by daardie Goddelose stede Sodom en Gomora gebeur het. Die HERE het dit met vuur en swael vernietig.35

    * * * * *En hierdie vernietigende strafgerig van die HERE is ontsettend! Dis onkeerbaar verwoestend.

    Bewys36

    Vers 4-5 van Ps 97 vertel daarvan as'it sê: “(die HERE se) bliksems (of sy weerligstrale) verlig die wêreld;

    34 In 3a-b se אש לפניו תלך ותלהט סביב צריו het ek te doen met Jahwe se oordeel oor sy vyande. Dis hulle wat sy regering/ koningskap en wetgewing verag. Hy vernietig hulle totaal – vgl ook Deut 32:22; Jes 10:16-17; 30:27; 42:23-25; Jer 21:14; Joël 1:19-20; Amos 1:4; Sef 1:18; 3:8; Mal 4:1 (NIDOTTE vol 1 bl 534; vol 2 bl 762-764). Vgl ook vgl ook Ps 50:3; Eseg 38:22; 39:6; Dan 7:9-12; Mal 4:1; 2Tes 1:6-9; 2Pet 3:10-12; Openb 20:8-9; Ps 18:9,13; Nah 1:6; Gen 19:24; Lev 10:2; Num 11:1-2; 16:35; Ps 78:19-21

    35 Gen 19:24

    oor Jahwe ,אש van 4a – 'die weerligstrale van Hom' – gaan steeds, so meen ek vanuit die konteks van vers 3 se ברקיו 36se straf-handeling – vgl ook Ps 18:15; Ps 77:19 bring Jahwe se weerligte in verband met sy strafgerig oor Egipte toe Hy Israel uit Egipte verlos het; Ps 144:6; Eseg 21:8-10,28; Nah 2:4; Sag 9:14 (NIDOTTE vol 1 bl 769; Reformation study Bible bl 804). Waar ek in vers 3 Jahwe as Koning se strafgerig-aksie sien ... sien ek in vers 4 die ontsettende grootheid en mag en onweerstaanbaarheid daarvan (Lane se Ps komm vol 2 bl 36).

    16

  • die aarde sien dit en bewe. Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE ...”

    VerduidelikHoor u? Die ganse aarde gaan aan bewe.Selfs die dinge wat gewoonlik nie kan bewe nie. Berge wat vas staan smelt weg voor die HERE se strafgerig.

    * * * * *Maar en hierdie is nou belangrik dan is hierdie vernietigende strafgerig nie 'n wilde woede uitbarsting nie.

    Nee nooit! Met dit alles is die HERE besig om sy heiligheid te handhaaf hier in'ie wêreld sonder ontsag vir die HERE.

    BewysKom ons kyk na 'n paar plekke in die Skrif wat dit vir ons wys.

    I37 Die eerste een is Lev 10. Ons hoor daar van “Nadab en Abíhu”. Hulle het offers gebring op 'n manier wat die HERE nooit beveel het nie.

    En so het hulle gewys hulle gee nie om vir die HERE en sy wet nie. So het hulle die HERE se heiligheid verag. So het hulle gewys

    5a – מלפני יהוה kan die betekenis hê van 'weg van Jahwe' (Gen 47:10)/ 'as gevolg van Jahwe' (1Sam 8:18) (Halladay bl 294; BHNG bl 235). Ek kies vir lg betekenis. Dus: as gevolg van Jahwe se oordeel in vuur en weerligstrale (vers 3-4) smelt die berge – vgl Mig 1:4-5; Nah 1:5; Ps 68:3; ook 2Pet 3:12 wat Jahwe se vuur-oordeel in direkte verband bring met smelt van die elemente (vgl NIDOTTE vol 2 bl 1005). Hierin moet ek die grootheid en mag en ontsettendheid van Jahwe se strafgerig sien ... Nie eers berge, wat simbolies is van mag en krag, permanensie, kan voor Jahwe se strafgerig standhou nie (vgl TWOT vol 1 bl 517; NIDOTTE vol 1 bl 930, 1051).

    37 Vgl Son 47.odt

    17

  • dat hulle geen ontsag vir die HERE het nie.38

    En toe? Wel Lev 10:2 sê: “Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer ...”

    En dan sê die HERE in Lev 10:3 “Ek wil My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik.”

    VerduidelikHoor u? Dit gaan hier oor'ie HERE se strafgerig met vuur net soos in Ps 97:3-5. En wat is die gevolg? Wel die HERE handhaaf sy heiligheid. Die HERE laat Hom as die heilige ken.

    * * * * *II39 Kom ons kyk na nog 'n voorbeeld. Dis een uit Eseg 38. In Eseg 38 profeteer die HERE oor wat “Aan die einde van die dae”40 sal gebeur.

    En dan praat die HERE oor Gog en Magog wat optrek teen sy volk teen die Kerk om haar te vernietig.

    Verduidelik41

    Hierdie Gog en Magog is 'n manier om te praat van oor'ie Goddelose wêreld sonder ontsag vir die HERE.

    38 Lev 10:1

    39 Vgl Son 47.odt

    40 Eseg 38:16

    41 Vgl Reformation study Bible bl 1193

    18

  • Dis hulle so vertel Eseg 38 wat aan die einde van die dae teen die Kerk sal saamtrek.

    Maar dan in Eseg 38:22-23 sê die HERE: “En Ek sal met hom in die gereg gaan deur ... vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs ... So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken ...”

    VerduidelikSien u dit? Weereens! Die HERE se strafgerig met vuur net soos hier in Ps 97:3-5.

    En hoekom kom hierdie strafgerig? Wel in Eseg 38:23 sê die HERE: “So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken ...”

    III En dan vertel Openb 20:8-9 hoe hierdie profesie uiteindelik in vervulling gaan.

    Ons hoor daar van Satan wat “sal uitgaan om die nasies te verlei ... die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

    En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel (dis die Kerk), en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.”

    SaamvatEn so sal die HERE aan die einde van die geskiedenis sy heiligheid handhaaf. Hy sal Hom as die heilige laat ken.

    19

  • En hoe doen die HERE dit? Wel Ps 97:2 sê die HERE doen dit met sy koningsheerskappy. Vers 3-5 sê die HERE doen'it met sy strafgerig.

    So kragdadig dat vers 6 sê dat “al die volke sy heerlikheid sien.”

    Ja net mooi almal sal uiteindelik met ontsag erken: 'Die HERE is die universele heilige Koning.'42

    * * * * *C. Ja so handhaaf die HERE sy heiligheid.Maar dan doen die HERE dit ook as absolute Oorwinnaar.

    OpmerkingEn dis die derde ding wat ons moet raaksien oor hoe die HERE sy heiligheid handhaaf. Die HERE doen dit as absolute Oorwinnaar.

    Ons hoor daarvan in vers 7 wat sê: “Beskaamd staan almal wat die beelde dien ...”

    Verduidelik43

    Nou die mense wat “die beelde dien” is ook die mense wat geen ontsag vir die HERE het nie. Dis hulle wat die HERE se heiligheid verag. Dis hulle wat die HERE se gans-andersheid verag.

    42 6b – Wat opval is dat terwyl 6a sê dat die צדק van Jahwe geopenbaar word, 6b sê dat כל-העמים die כבודו sien. כבוד in konstruk met 3de ml ev pron suf wys op Jahwe se gemanifesteerde sigbare teenwoordigheid, waarin ons Hom baie duidelik erken as die enige ware almagtige heilige Koning (NIDOTTE vol 2 bl 581; vol 4 bl 1248). Dus: Wanneer Jahwe kom om sy reg en orde hier in die skepping te bring en te herstel en dit word sigbaar met allerhande 'natuur-verskynsels' in die hemel ... dan sien/erken כל-העמים Jahwe dan ook dadelik as die enige ware almagtige heilige Koning. Die eerste keer dat ons daarvan hoor is in Eks 16:7,10 ... Toe het Israel dit gesien (NIDOTTE vol 2 bl 581). Wat hier belangrik is, is dat dit nie net Israel is wat כבודו sien nie, maar כל-העמים. Ek het dus hier te doen met 'n werklik universele erkenning van Jahwe as enige ware almagtige heilige Koning (vgl J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 450).

    43 Vgl Ouweneel, Het domein van de Slang, bl 25, 217

    20

  • Dis hulle wat die heilige God wat hoër en anders as sy skepping is gelykstel met sy skepping en 'n beeld hier uit die skepping van die HERE maak.

    BewysPaulus praat daaroor in Hand 17:29 as hy daar sê dat hierdie mense dink “dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is ...”

    In Rom 1:22-23 leer Paulus dat hierdie mense wat beelde dien die is wat “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is ... dwaas geword het en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en ... diere.”

    Sien u wat doen beelde-dienaars? Hulle het geen ontsag vir God nie.

    En hoekom nie? Wel omdat hulle die heilige grens tussen God en sy skepping uitwis.

    Want as hulle God aanbid in 'n beeld van iets hier in die skepping soos 'n mens of 'n dier of wat ook al dan maak hulle asof God en sy skepping eintlik die selfde is.

    En dan't jy geen ontsag vir die HERE nie.Want dan erken jy nie dat die HERE heilig is nie die Gans-ander Een is nie!

    * * * * *

    21

  • En dadelik sal ons sê: 'Maar ons doen darem nie dit nie.' Maar weet u: Ons moet maar nie te vinnig praat nie.

    VerduidelikWant 1Sam 15:23 sê: “eiesinnigheid (of eiewilligheid of ongehoorsaamheid44) is ... beeldediens.” Want ongehoorsaamheid aan die HERE is 'n bewys dat jy geen ontsag het vir die HERE nie.

    Ja ongehoorsaamheid is 'n bewys dat jy nie die HERE as heilige Koning bo jou erken nie. Ongehoorsaamheid is 'n bewys dat jy van die HERE net nog 'n pel van jou gemaak het

    gelyk aan jou wat jy nie so ernstig hoef op te vat nie.

    En dis niks anders as beeldediens nie.Want met ongehoorsaamheid net soos met beeldediens is jy besig om die HERE gelyk aan jouself en die res van die skepping te maak.

    * * * * *En dan? Wel Ps 97:7 sê dat as die HERE in sy regering en strafgerig kom om sy heiligheid te handhaaf elke beelde-dienaar beskaamd sal staan.

    Verduidelik45

    En wat beteken dit?

    44 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 657

    45 Vgl Jes 1:29; 30:5; 42:17; 44:9-11; 45:15-16; Jer 2:36; 9:19; 10:14; Esra 9:6; Dan 9:7 (TWOT vol 1 bl 98; NIDOTTE vol 1 bl 623-625; K&D se Ps komm bl 95).

    22

  • Wel dit is om skaam te wees. En in die OT beteken dit jy's totaal verneder. Jy word totaal verag.

    En daarby is jy angsbevange bang en onder die strafgerig van die HERE.

    En teen hierdie strafgerig kan jy net glad nie weerstand bied nie. Want as die HERE deur sy strafgerig sy heiligheid handhaaf smelt berge sê vers 5.

    En daarom is die HERE net doodeenvoudig die absolute Oorwinnaar ook teen elkeen wat geen ontsag vir hom het nie.

    * * * * *En hierdie waarheid skitter net nog helderder as ons verder aan lees in vers 7. Want kyk wat sê vers 7. Daar staan: “Beskaamd staan almal wat die beelde dien ... al die gode buig hulle voor Hom neer.”

    Hoor u? Ook die al die gode moet voor die HERE neerbuig. En net hier sien ons die HERE weereens as die absolute Oorwinnaar.

    VerduidelikWant al die gode waarvan vers 7 praat is die beelde wat mense dien.46 En dis regtig nikswerdhede.47 Dis niks teen God se almag nie.

    46 7b – Hitpael perf 3de mv van פׁשחה , met die betekenis van 'hulle het neergebuig en bid'/ 'hulle buig nee en bid' (TWOT vol 2 bl 915). לו dui vir my die rigpunt van die פׁשחה handeling aan (BHNG bl 232), en het hier die betekenis van 'tot Hom'. Die 3de ml ev pron suf wys steeds terug na Jahwe van 1a. Dus: 'hulle het neergebuig en tot Jahwe gebid'/ 'hulle buig neer en bid tot Jahwe' (vgl ook NAV). Hierdie 'hulle' = כל-אלהים. In hierdie konstruksie saam met die mv ww verwys אלהים na die afgode van die heiden volke – dus, na die פסל en die אלילים (NIDOTTE vol 1 bl 405; J Ridderbos se Pa komm vol 2 bl 450).

    47 Vgl Holladay bl 81; NIDOTTE vol 1 bl 411, 1035, 1038.

    23

  • Maar agter al hierdie gode sit Satan en sy demone.

    Bewys48

    Deut 32:16-17 sê dit as daar staan: “(Israel) het deur vreemde gode (die HERE se) ywer gewek ... Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is nie ...”

    En in 1Kor 10:20 leer Paulus dat die heidene wat aan afgode offer offers bring aan demone.

    ToepassingEn weet u: So is dit met elke mens wat sonder ontsag vir die HERE in ongehoorsaamheid die HERE se wet verag.

    Hierdie ongehoorsaamheid van ons staan nie los van Satan en sy demone nie.

    Want in ons gehoorsaamheid word ons gehoorsaam aan Satan die groot verleier.49 En so word Satan en sy demone dan die eintlike gode.

    * * * * *Maar nou sê Ps 97:7 “al die gode buig hulle voor (die HERE) neer.”

    Verduidelik50

    Ja hulle is totaal onmagtig. Die HERE as Hy sy heiligheid handhaaf met sy regering en strafgerig is net die absolute Oorwinnaar

    48 Vgl Ouweneel, Het domein van de Slang, bl 57, 117, 123

    49 Gen 3:1-5; Efes 2:1-3

    50 Vgl Ouweneel, Het domein van de Slang, bl 97, 123, 126

    24

  • oor al die gode ook oor Satan en sy demone.

    BewysDie HERE wys'it vir ons as Hy in Eks 12:12 net voor Hy Israel uit Egipte verlos sê: “Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref ... En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE.”

    En dan doen die HERE dit. Ons sien dit in Israel se verlossing uit Egipte. Ja, Farao en sy towenaars

    wat met demoniese magte hulle stawwe in slange kon laat verander51

    kon die die HERE keer nie.

    Die HERE was die Oorwinnaar.Ja “al die gode buig hulle voor (die HERE) neer.”

    En reg aan die einde van die geskiedenis is hierdie oorwinning van die HERE finaal. Want in Openb 20:10 staan daar: “En die duiwel wat (die mense tot opstand en ongehoorsaamheid teen die HERE52) verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp ...”

    D. En weet u: Dit alles sal die HERE deur Christus doen.Ja die HERE sal sy heiligheid uiteindelik finaal deur Christus handhaaf.

    51 Vgl Ouweneel, Het domein van de Slang, bl 97, 126

    52 Vgl Openb 20:8-9

    25

  • OpmerkingEn dis die vierde ding wat ons moet raaksien oor hoe die HERE sy heiligheid handhaaf. Die HERE doen dit deur Christus.

    * * * * *Hoe sien ons dit hier in Ps 97 raak? Wel ek dink ons sien dit raak in vers 6 wat sê dat “al die volke (die HERE se) heerlikheid sien.”

    VerduidelikNou Israel het die HERE se heerlikheid gesien en sy heiligheid daarmee saam.53

    Eks 24:17 vertel bv daarvan as'it sê: “En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg” Sinai.

    * * * * *Maar nou hier in Ps 97:6 staan hier: “al die volke (nie net Israel nie) sien sy heerlikheid.” En dit gebeur uiteindelik by die wederkoms van Christus.54

    Bewys55

    Christus praat daaroor in Mat 24:30. Christus praat in Mat 24:30 oor sy wederkoms en dan sê Hy: “dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.”

    53 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 581; vol 4 bl 1248

    54 Vgl J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 450

    55 Vgl Kidner se Ps komm bl 350

    26

  • En dan sal Christus die HERE se heiligheid handhaaf met sy regering en sy strafgerig.

    BewysWant 2Tes 1:7-8 sê dat Christus sal kom “uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.”

    * * * * *SlotSo geliefdes dis wat die eerste 7 verse van Ps 97 leer. I Die HERE is die universele Koning oor alles. Ook oor u en oor my.

    II En die HERE is die heilige Koning. Die Een vir Wie ons ontsag moet hê. Hy is die Gans-ander Een bo ons verhewe.

    III En Hy handhaaf sy heiligheid met sy regering met sy strafgerig as die absolute Oorwinnaar in Christus.

    * * * * *En ons? Wat moet ons doen as ons hierdie openbaring hoor?

    Wel kom ons erken die HERE as Koning van ons lewens. Kom ons hê ontsag vir die HERE. En kom ons wees gehoorsaam aan die Evangelie van Jesus Christus.

    27

  • Want dan sal ons nie beskaamd staan nie. Maar bly wees saam met die res van die HERE se volk.

    OpmerkingNou as die HERE wil leer ons volgende week meer in vers 8-12 daaroor.

    Amen.

    AntwoorddiensPsalm as antwoord op die Woord – Ps 99: 1, 3Gebed

    Barmhartigheidsdiens

    Psalm tydens kollekte : Ps 95: 1, 2, 3 (sittende) Slotpsalm : Ps 47: 3, 4

    Wegstuurseën.

    Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

    “Die genade van die Here Jesus Christus

    en die liefde van God

    en die gemeenskap van die Heilige Gees

    sy met julle almal!

    Amen.28