queens high school afrikaans tweede ... - afrikaans … · moderator mev. l.m. fouche instruksies:...

8
Bladsy 1 van 8 QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E. LAST MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord al die vrae in die FOLIOBOEK. Begin ELKE VRAAG op ‘n nuwe bladsy – ‘n total van een ½punt sal afgetrek word vir ELKE VRAAG wat NIE op ‘n nuwe bladsy begin is nie. Skryf SLEGS aan die REGTERKANT van die BLADSY. Gebruik ‘n BLOUPEN. Skryf netjies en leesbaar. Sterkte.

Upload: others

Post on 22-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

Bladsy 1 van 8

QUEENS HIGH SCHOOL

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL I GRAAD 10

1 ½ UUR

NOVEMBER 2008 PUNTE : 35

EKSAMINATOR MNR. D.E. LAST

MODERATOR

MEV. L.M. FOUCHE

INSTRUKSIES:

Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord al die vrae in die FOLIOBOEK. Begin ELKE VRAAG op ‘n nuwe bladsy – ‘n total van een ½punt sal

afgetrek word vir ELKE VRAAG wat NIE op ‘n nuwe bladsy begin is nie. Skryf SLEGS aan die REGTERKANT van die BLADSY. Gebruik ‘n BLOUPEN. Skryf netjies en leesbaar. Sterkte.

Page 2: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 2 van 8

AFDELING A LEESBEGRIP

VRAAG 1

Begin die vraag op ‘n nuwe BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY. Gee SLEGS die antwoord. Lees die LEESSTUK versigtig deur. Maak seker hy weet wat van jou verwag word met elke vraag.

Die talentvolle swemmer Natalie Du Toit was besig om

haar vir die Olimpiese Spele voor te berei toe sy haar

been in 'n motorfietsongeluk verloor het. Sy was maar

14 jaar oud. Nege maande nadat sy haar been verloor

het, het Natalie die sportwêreld verbaas deur vir die

SA-kampioenskappe te kwalifiseer en dit vir nie-

gestremdes.

Dit was altyd haar doel om aan die Olimpiese Spele

deel te neem.

Natalie, wat in 2002 haar graad 12 by Reddam House

in Kaapstad voltooi het, het 'n rolmodel vir jonk en

oud geword. Sy hou toesprake om mense te motiveer

en het 2 jaar gelede die Vrou van die Jaar-kompetisie

in die sportkategorie gewen.

"As my storie iemand se lewe positief kan verander, is

dit vir my die moeite werd," sê sy. "Ek wil hê mense

Natalie Du Toit

Page 3: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 3 van 8

moet weet dat hulle nooit moed hoef te verloor nie.

Beskou enige terugslag as 'n uitdaging."

Koningin Elizabeth II van Brittanje het Natalie as een

van agt jongmense oor die hele wêreld gekies om in

The Queen's Golden Jubilee Programme 1952 -2002

te verskyn.Sy is 'n jongmens wat die gees van die

toekoms uitdra omdat sy probleme oorkom het en

mense geweldig inspireer.

By die Statebondspele in Julie 2002 in Manchester,

Engeland, het Natalie twee goue medaljes verower en

die prys as die beste deelnemer in die Spele gewen.

In 2004 en 2008 het sy elke keer vyf goue medaljes by

die Paralimpiese Spele gewen.

Sy is ' n ware wenner.

1.1. Waarvoor was Natalie BESIG OM VOOR TE BEREI toe sy in die ongeluk was? (1) 1.2. HOE OUD was Natalie toe sy die ongeluk gehad het? Skryf die NOMMER uit as ‘n WOORD. (1) 1.3. In watter STAD bly Natalie? Gee NET Een woord. (1) 1.4. Skryf SLEGS DIE JAAR waarin Natalie matriek geslaag het. (1) 1.5. In watter KATEGORIE het Natalie ‘n TOEKENNING vir Vrou van die Jaar gewen? (1) 1.6. Wie het Natalie genooi om aan die honderdste eeufeesvieringe deel te neem? (1) 1.7. Hoekom word Natalie gesien as die “gees van die toekoms”? Noem TWEE DINGE. (2) 1.8. Watter prys behalwe 2 medaljes het Natalie by die Statebondspele gewen? (1) 1.9.Hoeveel medaljes het Natalie al in TOTAAL by Paralimpiese Speles gewen? (1)

[10]

Page 4: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 4 van 8

VRAAG 2

STROKIESPRENT

Begin die vraag op ‘n nuwe BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY. Gee SLEGS die antwoord. Lees die STROKIESPRENT versigtig deur.

2.1.Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. (1)

Net seuns gaan van nou af na Margaret se partytjies toe uitgenooi word.

2.3. Dennis was op BAIE MANIERE STOUT by die partytjie. Noem EEN. (1)

2.3. Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan wat sê dat sy pa teleurgesteld is met sy gedrag. (1)

[3]

Is die partytjieal verby?

Vir my is dit.

Margaret het my bedankdat ek haarma oorreedhetom van nou afnet meisies na haar partytjies te nooi.

Wat hetgebeur? Tydensdie

speletjies…

…het ek diedonkiestert aan

Margaretvasgesteek…

Ek het OOK ‘nblompot

omgestamp…

AG, NEE! Moenie

bekommerd wees nie

pa…

Die tanniehet gesê dit sal onmoontlik

wees om te vervang.

Is die partytjieal verby?

Vir my is dit.

Margaret het my bedankdat ek haarma oorreedhetom van nou afnet meisies na haar partytjies te nooi.

Wat hetgebeur? Tydensdie

speletjies…

…het ek diedonkiestert aan

Margaretvasgesteek…

Ek het OOK ‘nblompot

omgestamp…

AG, NEE! Moenie

bekommerd wees nie

pa…

Die tanniehet gesê dit sal onmoontlik

wees om te vervang.

Toe het ek verf op die tannie se nuwe mat

gemors…

Is die partytjieal verby?

Vir my is dit.

Margaret het my bedankdat ek haarma oorreedhetom van nou afnet meisies na haar partytjies te nooi.

Wat hetgebeur? Tydensdie

speletjies…

…het ek diedonkiestert aan

Margaretvasgesteek…

Ek het OOK ‘nblompot

omgestamp…

AG, NEE! Moenie

bekommerd wees nie

pa…

Die tanniehet gesê dit sal onmoontlik

wees om te vervang.

Is die partytjieal verby?

Vir my is dit.

Margaret het my bedankdat ek haarma oorreedhetom van nou afnet meisies na haar partytjies te nooi.

Wat hetgebeur? Tydensdie

speletjies…

…het ek diedonkiestert aan

Margaretvasgesteek…

Ek het OOK ‘nblompot

omgestamp…

AG, NEE! Moenie

bekommerd wees nie

pa…

Die tanniehet gesê dit sal onmoontlik

wees om te vervang.

Toe het ek verf op die tannie se nuwe mat

gemors…

Page 5: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 5 van 8

VRAAG 3 ADVERTENSIE

Begin die vraag op ‘n nuwe BLADSY. Nommer in die MIDDEL van die BLADSY. Gee SLEGS die antwoord. Lees die ADVERTENSIE versigtig deur.

3.1. Wat is Mitsubishi se SLAGSPREUK? (1)

3.2.Noem EEN manier hoe Mitsubishi GEKONTAK kan word. (1)

[2]

Die motor wat Suid-Afrika al lankal bewonder het sopas beter geword met die vervaardiging van ons nuwe reeks wiele.

Die lewe is nie speletjies nie

Die motor wat Suid-Afrika al lankal bewonder het sopas beter geword met die vervaardiging van ons nuwe reeks wiele.

Die lewe is nie speletjies nie

Page 6: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 6 van 8

VRAAG 4

KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK.

Begin die vraag op ‘n NUWE BLADSY. Voltooi die paragrawe soos aan die regterkant aangedui. Skryf net die VRAAGNOMMER en die ANTWOORD.

Almal is opgewonde oor die sokkerwêreldbeker wat in 2010

in 4.1.(Suid-Afrika) aangebied gaan word.

Daar word hard gewerk om AL die 4.2. (sokkerstaduim) reg

te kry vir die 4.3. (klein) gebeurtenis.

Daar word ook druk 4.4. (werk) aan die paaie sodat dit die

baie verkeer in 2010 sal kan hanteer.

Almal is Suid-Afrika, grootmense en klein 4.5. (kinders) sal

deel wees van die gebeurtenis.

4.1. Gee die AFKORTING van die woord. 4.2. Gee die MEERVOUD van die woord. 4.3. Gee die ANTONIEM van diw oord. 4.4. Gee die KORREKTE VORM van die woord. 4.5. gee die VERKLEINING van die woord.

[5]

Page 7: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 7 van 8

VRAAG 5

Lees eers die sin / sinne in die BLOKKIE. Skryf daarna die sin / sinne oor soos aangedui SONDER OM DIE

BETEKENIS TE VERANDER. Skryf elke keer DIE HELE SIN UIT en ONDERSTREEP die gedeeltes wat jy

invul. Die woorde in HOOFLETTERS is jou LEIDRADE.

5.1. Natalie Du Toit het haarself voorberei TOE sy

haar been in 'n motorfietsongeluk verloor het.

5.2. Die 17-jarige leerder van Kaapstad is nog

besig om te oefen.

5.3. Natalie het die sportwêreld verbaas.

5.4. Sy het gesê: “Dit was nog altyd my doel om

aan die Olimpiese Spele deel te neem.”

5.5. Natalie slaag graad 12 in Kaapstad WAARNA

sy 'n rolmodel vir jonk en oud word.

5.6. Koningin Elizabeth II van Brittanje kies

Natalie.

5.7. Sy is 'n jongmens wat "die gees van die

toekoms" uitdra omdat sy probleme oorkom het.

5.1. Herkskryf die sin maar begin met

TOE. (3)

5.2. Skryf die sin in die NEGATIEF. (2)

5.3. Skryf die sin in die LYDENDE

VORM. Begin met “Die sportwêreld…”(2)

5.4. Skryf die sin in die INDIREKTE

REDE. (3)

5.5. Skryf die sin in die VERLEDE TYD

maar begin met die VOEGWOORD

“Nadat”. (3)

5.6. Skryf die sin in die VERLEDE TYD.

(1)

5.7. Skryf die sin oor maar gebruik die

VOEGWOORD “daarom”. (1)

[15]

Page 8: QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ... - Afrikaans … · MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Volg die instruksies by ELKE vraag. Beantwoord

GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2008

Bladsy 8 van 8

AFDELING B

VRAAG 5

Nommer in die MIDDEL van die BLADSY. Lees die INSTRUKSIES versigtig.

5.1.Skryf ‘n sin van 10 OF MINDER woorde oor wat die seun by NOMMER 1 kan sê wat pas by wat hy doen. (2)

5.2. Skryf ‘n sin van 10 OF MINDER woorde oor wat die seun by NOMMER 2 kan sê wat pas by wat hy doen. (2)

5.3. DRIE van die volgende DIREKTE woorde is KORREK. Kies die een wat NIE REG is NIE en skryf net

die NOMMER en die LETTER neer.

a. Die seun by NOMMER 3 sê: “Ek hou van musiek en dans daarom sit ek nie.”

b. Die meisie by NOMMER 4 sê: “Ek is nie veveeld nie daarom gaap ek.”

c. Die meisie by NOMMER 5 sê: “Omdat al die hele aand nog niks gedrink het nie, is ek dors.”

d. Die seun by NOMMER 6 sê: “Aangesien nie geeët het nie, is ek honger is.” (1)

[5]

1

3

4

6 2

5