question 1 - web viewtoepaslike formule vir ... die gesmelte yster word dan in industriële...

21
Kopiereg voorbehou Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Departement Finansiële Bestuur Finansiële Bestuur 200 (FBS 200) Datum: 18 November 2011 Totale aantal punte: 120 Punte Tydsduur: 180 Minute Datum van insae: Maandag 29 November 2011 [09h00 – 11h00] GW 3 - 23 Interne eksaminatore: Mnr F Blom Mnr FJ de Hart Me L Erasmus Eksterne eksaminator: Me Y Erasmus Instruksies: Beantwoord al die vrae. Die vraestel bestaan uit 11 bladsye (uitgesluit die voorblad). U mag nie enige onderrigmateriaal of notas in die eksamenlokaal inbring nie. U mag rofwerk op die eksamenvraestel doen en u mag die vraestel saamneem wanneer u die lokaal aan die einde van die eksamen verlaat. Vraa g Beantwoord asseblief die vraag in die volgende kleur antwoordboek: Punte 1 8-BLADSY BLOU BOEK 29 2 Meervoudige Keuse Blad [KANT EEN] 22 3 4-BLADSY BRUIN BOEK 34 4 8-BLADSY BLOU BOEK 35 Belangrike inligting 1. Slegs eerstejaar studente se eksamen- en hereksamenuitslae sal deur die Fakulteitsadministrasie op die kennisgewingborde langs die Geesteswetenskappegebou aangebring word.

Upload: hoangkien

Post on 02-Feb-2018

237 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

Kopiereg voorbehou

Fakulteit Ekonomiese en BestuurswetenskappeDepartement Finansiële Bestuur

Finansiële Bestuur 200 (FBS 200)

Datum: 18 November 2011Totale aantal punte: 120 PunteTydsduur: 180 Minute

Datum van insae: Maandag 29 November 2011 [09h00 – 11h00]GW 3 - 23

Interne eksaminatore: Mnr F BlomMnr FJ de HartMe L Erasmus

Eksterne eksaminator: Me Y Erasmus

Instruksies: Beantwoord al die vrae. Die vraestel bestaan uit 11 bladsye (uitgesluit die voorblad). U mag nie enige onderrigmateriaal of notas in die eksamenlokaal inbring nie. U mag rofwerk op die eksamenvraestel doen en u mag die vraestel saamneem wanneer u die

lokaal aan die einde van die eksamen verlaat.

Vraag Beantwoord asseblief die vraag in die volgende kleur antwoordboek: Punte1 8-BLADSY BLOU BOEK 292 Meervoudige Keuse Blad [KANT EEN] 223 4-BLADSY BRUIN BOEK 344 8-BLADSY BLOU BOEK 35

Belangrike inligting1. Slegs eerstejaar studente se eksamen- en hereksamenuitslae sal deur die Fakulteitsadministrasie op

die kennisgewingborde langs die Geesteswetenskappegebou aangebring word.

Eerste-, tweede- en derdejaar-, asook nagraadse studente kan uitslae via die MTN-lyn asook op Students Online (SOS) bekom. Uitslae word so spoedig moontlik na die eksamenperiode aan kandidate gepos. Uitslae sal telefonies by telefoonnommer 083 123 1111 beskikbaar gestel word, asook op Students Online (SOS), Intranet adres: http://www.up.ac.za.

GEEN UITSLAE SAL TELEFONIES OF PERSOONLIK DEUR DOSENTE OF ADMINISTRATIEWE PERSONEEL VERSTREK WORD NIE.

2. Hereksamens word nie outomaties toegestaan nie, maar is onderhewig aan heersende departementele beleid.

3. Die FBS200 hereksamen vind plaas op 1 Desember 2011 om 15:30 – 18:30 in GW 4-2. Om vas te stel op welke datum, eksamensessie en plek hereksamens afgelê moet word is die roosters beskikbaar op:

3.1 Kennisgewingborde voor die Hoofingang van die Merensky-biblioteek, 3.2 Students Online (SOS) of 3.3 MTN by telefoonnommer 083 123 1111.

4. Die regulasies met betrekking tot meervoudige keusevrae word onder u aandag gebring.

Page 2: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

VRAAG 1 29 PUNTE

TAKE IT TO TASK (EDMS) BEPERK

Take it to Task (Edms) Bpk het onlangs op ‘n revolusionêre idee afgekom wat vir moeders regoor die wêreld ‘n beter nag rus sal verseker. Die maatskappy het die wêreld se eerste “gloei in die donker” fopspeen (“dummy”) ontwikkel. Die produk sal dit vir babas en mammas maklik maak om hul eie fopspene in die donker te vind en sodoende vermy dat babas onnodig wakker word.

Die besturende direkteur van die maatskappy het ’n standaardkostestelsel geïmplementeer om toepaslike bestuurders verantwoordelik te hou vir hul relevante afwykings. Alhoewel die vooruitskattings baie belowend lyk, weet hy dat verskeie afwykings resultate wesenlik anders kan laat lyk.

Die begrote inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 November 2011 vir die vervaardiging en verkoop van 80 000 fopspene lyk soos volg (gebasseer op die inligting soos op 1 Desember 2010):

RVerkope 3 000 000Koste van produksie BPA-vrye fosfor plastiek (R3 per gram) (1 200 000) 80 000 verpakkingshouers (500 000) Direkte arbeidskoste (R12.50 per uur) (180 000) Veranderlike produksiebokoste (R4.80 per masjienuur) (57 600) Vaste vervaardigingsbokoste (520 000)Netto-wins 542 400

Die bestuursrekenmeester het die volgende gedeelte van die werklike inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 November 2011 in verband met die produksie en verkoop van 78 000 fopspene voorberei (aanvaar as korrek):

NOTA RVerkope 2 730 000Produksiekoste 78 000 verpakkingshouers (530 400) Direkte arbeidskoste (0.2 arbeidsure per fopspeen) (224 016) Veranderlike produksiebokoste (12 000 masjienure) 2 (60 528) Vaste vervaardigingsbokoste (552 414)Netto-wins – voor verantwoording van grondstofkoste 1 1 362 642

NOTA1. Die maatskappy se bestuursrekenmeester onthou nog van sy FBS200 dae op

universiteit dat ’n maatskappy ’n keuse het om grondstofvoorraad op een van twee metodes te waardeer indien die maatskappy van ’n standaardkostestelsel gebruik maak. Dit is egter al wat hy kan onthou. Hy het jou dus voorsien van die volgende inligting rakende grondstofkoste: BPA-vrye fosfor plastiek:

Kilogram KosteAankope 450 R1 440 000Uitreikings 440

1

Page 3: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

Daar was geen beginvoorraad vir hierdie grondstof nie. Aanvaar ook dat die netto realiseerbare waarde van die grondstof die kosprys daarvan oorskry.

2. Veranderlike produksiebokoste word aan produksie toegedeel gebasseer op masjienure.

U mag aanvaar dat die maatskappy ‘n veranderlike koste benadering vir interne verslagdoeningsdoeleindes volg. Daar was geen werk-in-proses sluitingsvoorraad voorhande op jaareinde nie.

VERLANG

a) Verskaf aan bestuur die volgende:

i) Noem die twee verskillende metodes waarteen die grondstof eindvoorraad gewaardeer kan word; en (1)

ii) Die werklike wins (voor belasting) vir die jaar geëindig 30 November 2011, vir elk van die twee metodes verskaf in (i) hierbo, na inagname van die produksiekoste vir BPA-vrye fosfor plastiek. (5)

b) Ten opsigte van ’n rekonsiliasie van die begrote wins met die standaardwins, verskaf die volgende:

i) Die volume afwyking vir die jaar geëindig 30 November 2011; en (4)ii) ’n Kort verduideliking van hoe die antwoord in (i) hierbo geïnterpreteer moet

word.(2)

c) Bereken die volgende prys- en hoeveelheidsafwykings vir die jaar geëindig 30 November 2011:

Toon alle berekeninge en dui aan of die afwykings gunstig (G) of ongunstig (O) is.

i) Verkoopprysafwykingii) Grondstofverbruiksafwyking (BPA-vrye fosfor plastiek);iii) Direkte arbeidstariefafwyking;iv) Direkte arbeidsdoeltreffendheidsafwyking;v) Veranderlike bokoste bestedingsafwyking;vi) Veranderlike bokoste doeltreffendheidsafwyking;vii) Vaste bokoste bestedingsafwyking. (13)

d) Indien aanvaar word dat die standaarde vir die jaar korrek is, verskaf een (1) toepaslike moontlike oorsaak vir elk van die volgende:

i) ’n Ongunstige verkoopprysafwykingii) ’n Gunstige veranderlike bokoste bestedingsafwyking;iii) ’n Ongunstige vaste bokoste bestedingsafwyking; eniv) ’n Ongunstige verpakkingshouers verbruiksafwyking. (4)

2

Page 4: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

VRAAG 2 22 PUNTE

MEERVOUDIGE KEUSE VRAEElk van die volgende meervoudige keuse vrae het net een korrekte antwoord wat u op kant 1 van die meervoudige keuse antwoordblad moet aandui. Maak asseblief seker dat u al die inligting deur die meervoudige keuse antwoordblad vereis, korrek en volledig voltooi. U sal NIE (met negatiewe punte) gepenaliseer word vir enige verkeerde antwoorde NIE.

1. JointByFBS (Edms) Beperk produseer twee produkte B en J in ‘n gesamentlike proses. Die gesamentlike produksiekoste aangegaan gedurende Oktober 2011 het R 40 000 beloop.

Addisionele inligtingEenhede geproduseer Eenhede verkoop

Produk B 14 000 12 000Produk J 6 000 5 000

Die maatskappy gebruik die fisiese eenheidsmetode vir die toedeling van gesamentlike koste. Die gesamentlike produksiekoste vir Oktober 2011 toegedeel aan gesamentlike produkte B en J onderskeidelik, beloop:

A R 20 000; R 20 000B R 22 000; R 18 000C R 28 000; R 12 000D R 28 000; R 20 000E R 12 000; R 28 000 (2)

Die volgende inligting hou net met vrae 2 en 3 verband.

Toepaslike formule vir leerkurwe:

Log (y) = log(a) + [log(LC)/Log(2)]log(x) OF Yx = aXb

Altyd Beter (Edms) Beperk het sopas ‘n bestelling vir 4 eenhede in ‘n totale tyd van 3 240 minute voltooi. Die vervaardiging van hierdie eenhede is onderworpe aan ‘n leerkurwe van 90 %. Die verwagting is dat die leerkurwe na die vervaardiging van die 100ste eenheid sal eindig. Die maatskappy het onlangs ‘n bestelling vir ‘n addisionele 12 eenhede ontvang.

2 Die tyd geneem om die heel eerste eenheid (van die eerste 4 eenhede tot op datum voltooi) te vervaardig was:

A 4 000 minuteB 3 600 minuteC 1 000 minuteD 900 minuteE 810 minute (2)

3

Page 5: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

3 Die totale tyd vereis om die bestelling vir die 12 eenhede te voltooi (afgerond tot die naaste minuut) is:

A 685 minuteB 4 985 minuteC 8 225 minuteD 7 258 minuteE 10 498 minute (2)

Die volgende inligting hou net met vraag 4 en 5 verband.

Only the Best (Edms) Beperk evalueer hul langtermyn projekte deur ‘n koste van kapitaal van 18% per jaar te gebruik. Die volgende onderlinge uitsluitlike projekte is tans onder oorweging:

R’000 Cf0 Cf1 Cf2 Cf3 Cf4Projek 1 (500) 150 200 250 300Projek 2 (500) 450 150 100

4 Welke van die volgende stellings is korrek:

A Die bedrag geïnvesteer in die onderskeie projekte is irrelevant vir die besluitB Die jaarlikse ekwivalente kontantvloei vir elk van die projekte moet bepaal

word vir ‘n regverdige evaluering van die projekteC Die terugbetalingstydperk van projek 2 is beter as die terugbetalingstydperk

vir projek 1D Al die bogenoemdeE Nie een van die bogenoemde nie (2)

5 Welke van die volgende stellings is korrek (tot die naaste Rand):

A Die jaarlikse ekwivalente kontantvloei vir projek 1 is R77 650B Die jaarlikse ekwivalente kontantvloei vir projek 1 is R214 735C Die jaarlikse ekwivalente kontantvloei vir projek 2 is R549 947D Die jaarlikse ekwivalente kontantvloei vir projek 2 is R22 972E Nie een van die bogenoemde nie (2)

6 ‘n Tydelike arbeider is vir 40 klokure indiens gewees gedurende die vorige week;

5 ure waarvan die arbeider ledig was. Ledige tyd is geag normaal tot produksie te wees. Dit het die arbeider 30 minute geneem om elke 5 eenhede te voltooi. Die arbeider is teen R34.30 per klokuur vergoed.

Die direkte arbeidskoste per eenheid vervaardig beloop:

A R 3.92B R 3.43 C R 34.30 D R 19.60 E R 39.20 (2)

4

Page 6: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

Die volgende inligting hou net met vraag 7 en 8 verband.

Absvar (Edms) Beperk het u van die volgende inligting in verband met die eerste jaar van hul bedrywighede voorsien:

Eenhede RandeTotale verkope 75 000 R1 080 000Veranderlike vervaardigingskoste per eenheid R8.00Jaarlikse begrote vaste bokoste verhalingstarief per eenheid R2.40Werklike vaste bokoste -Produksie R185 000

-Nie-produksie R75 000

Eenhede geproduseer 80 000

7 Indien die maatskappy ‘n veranderlike kostestelsel sou gebruik om die maatskappy se resultate te bepaal, sal die netto-wins vir die jaar (afgerond tot die naaste rand) wees:

A R220 000B R225 000C R231 563D R232 000E R239 000 (2)

8 Indien die maatskappy ‘n absorpsie kostestelsel sou gebruik om die maatskappy se

resultate te bepaal, sal die netto-wins vir die jaar (afgerond tot die naaste rand) wees:

A R220 000B R225 000C R231 563D R232 000E R239 000 (2)

9 In ‘n vervaardigingsomgewing waar die produksiekoste vir ‘n tydperk van bedrywighede geleidelik gedaal het, sal welke een van die volgende stellings WAAR wees?

A Volgens die eerste-in-eerste-uit (EIEU) metode sal die koste van verkope hoër wees as die laaste-in-eerste-uit (LIEU) metode.

B Volgens die eerste-in-eerste-uit (EIEU) metode sal die netto-wins hoër wees as laaste-in-eerste-uit (LIEU) metode.

C Volgens die eerste-in-eerste-uit (EIEU) metode sal die totale koste van aankope hoër wees as die laaste-in-eerste-uit (LIEU) metode.

D Al die bogenoemde is waar. E Nie een van die bogenoemde is waar nie. (2)

5

Page 7: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

10 Picasso (Edms) Beperk is ‘n nuutgestigde maatskappy en vervaardig vanaf 1 Desember 2011 geel verf in ‘n enkel proses. Die verf sal in 1 ℓ blikkies verkoop word.

Die produksieproses sal soos volg verloop:‘n Wit basis verf sal aan die begin van die proses bygevoeg word. ‘n Geel poeier sal bygevoeg word wanneer die proses 50% voltooi is. Die toevoeging van die geel poeier sal na verwagting ‘n toename van 1 ℓ vir elke 4 ℓ aanvanklik in produksie geplaas teweeg bring. Die verf sal dan in blikkies getap word. ‘n Normale verlies van 5 % word verwag op hierdie punt waar die verf in die individuele blikkies getap word.

Indien die maatskappy beplan om 5 700 blikkies verf gedurende Desember 2011 te vervaardig, is die minimum benodigde hoeveelheid wit basis verf (in liters) wat in proses geplaas moet word gelyk aan:

A 6 000 ℓB 5 700 ℓC 5 000 ℓD 4 800 ℓE 4 560 ℓ (2)

11 IN-OVER-OUR-HEADS (EDMS) BEPERK

Die kosterekenmeester het die volgende skedule opgestel wat die vaste produksie-bokoste aangegaan deur die maatskappy se onderskeie departemente, weerspieël. Die bokoste aangegaan deur die diensdepartemente (onderhoud en stoor) is egter nog nie aan die produksiedepartemente toegedeel nie:

Departement se vaste produksie

bokoste

Dienste gelewer deur:Onderhouds-

departement (%)Stoor

departement (%)Produksie departement 1 R 262 500 60 % 75 %Produksie departement 2 R 491 250 30 % 20 %Onderhoud departement R 94 500 5 %Stoor departement R 126 750 10 %Totaal R 975 000 100 % 100 %

Indien die gelyktydige-vergelykingsmetode gebruik word om diensdepartemente se koste toe te deel, sal die totale bokoste vir produksie departement 2 gelyk wees aan (afgerond tot die naaste Rand):

A R 454 270B R 522 565C R 549 030D R 425 970E R 449 030 (2)

6

Page 8: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

VRAAG 3 34 PUNTE

RELKAP (EDMS) BEPERK

Relkap (Edms) Beperk is ‘n nuutgestigde maatskappy wat fokus op die lewering van ‘n diens via die Internet. Die produk (diens) het ‘n beperkte leeftyd en die bestuur verwag dat bedrywighede aan die einde van drie jaar ten einde sal kom. Die maatskappy se finansiële bestuurder het die volgende betroubare begroting opgestel in verband met die eerste jaar van bedrywighede; eerstens vir die eerste ses maande en dan vir die jaar (wat die eerste ses maande insluit):

Eerste ses maande

Vir die jaar

Nota Rande RandeVerkope 1 2 250 000 4 950 000

Grondstof 2 720 000 1 692 000Arbeid 525 000 1 155 000Bokoste 3 348 000 744 000Administrasie 96 000 192 000Verkoopsuitgawes 4 67 500 172 500Netto-wins 493 500 994 500Belasting (28%) (138 180) (278 460)

Netto-wins na belasting 355 320 716 040Totale koste (alles-insluitend) per eenheid voor belasting (tot die naaste sent) R58.55 R59.93

Notas:1 Maandelikse verkoopsvolumes is eweredig begroot vir elk van die eerste ses

maande en vir elk van die laaste ses maande. Aanvanklik verwag die maatskappy matige verkoopsvolumes, met hul doelwit verkoopsvlakke wat eers in die tweede helfte van die jaar bereik sal word. Die begrote maandelikse verkoopsvolumes in die laaste ses maande verteenwoordig die verkoopsvolumes wat bestuur verwag in toekomstige jare.

2 Die grondstofkoste is veranderlik ten opsigte van produksie. Die verskaffers daarvan sal ‘n onvermybare prysverhoging na die eerste ses maande van die eerste jaar toepas. In terme van ‘n kontraktuele ooreenkoms met hulle sal geen verdere verhogings gedurende die volgende drie jaar toegepas word nie.

3 Die vaste bokoste sluit waardevermindering van R8 000 per maand in. Dit verteenwoordig die maandelikse koste om die bate te verminder vanaf sy oorspronklike kosprys tot ‘n reswaarde van Rnul na 3 jaar.

4 Die maatskappy het begroot om ‘n tweede persoon aan te stel teen ‘n vaste salaris van R5 000 per maand (wat dieselfde is vir die eerste persoon) sodra die maandelikse volumes 5 500 per maand oorskry.

5 Alle langtermynbesluite word teen die maatskappy se koste van kapitaal van 18% per jaar geëvalueer. Die maatskappy se bates kwalifiseer nie vir artikel 12C toelaes in terme van die Inkomstebelastingwet nie.

6 Tensy andersins aangedui word moet inflasie buite rekening gelaat word.7

Page 9: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

DEEL A 23 PUNTE

VERLANG

a) Bepaal die aantal eenhede wat die maatskappy beplan om per maand te verkoop:

i) gedurende elk van die eerste ses maande (tot die naaste 1 000 eenhede);ii) gedurende elk van die laaste ses maande (tot die naaste 1 000 eenhede); eniii) druk die verandering in begrote volumes vir die eerste ses maande in

vergelyking met die laaste ses maande, in persentasie terme uit. (6)

b) Ten opsigte van die verskeie koste-items beantwoord die volgende:

i) Bereken die koste van grondstof vir elke eenheid gelewer gedurende die laaste ses maande. (2)

ii) Klassifiseer, in terme van kostegedrag, die aard van die arbeidskoste (in ver-houding tot eenhede gelewer). Ondersteun jou antwoord met die nodige berekeninge en teorie. (3)

(3)iii) Bereken die totale vaste bokoste per maand en die veranderlike bokoste per

eenheid. (3)

c) Deur gebruikmaking van die beginsels van koste-volume-wins, bepaal teen welke maand (m.a.w. maand 1, maand 2 ens) die maatskappy se bedrywighede die gelykbreekpunt sal bereik gedurende sy eerste jaar van bedrywighede. (9)

DEEL B 11 PUNTE

Na die voltooïing van hul begroting vir die eerste jaar van bedrywighede, is Relkap (Edms) Beperk deur DynaMix Beperk genader met ‘n voorstel om Relkap onmiddellike toegang tot hul kliënte databasis te verleen. Die huidige kliënte basis van Dynamix verteenwoordig die kliënte wat ‘n behoefte het vir Relkap se diens. Vir die betaling van ‘n eenmalige fooi deur Relkap, waarborg DynaMix ‘n 331/3% toename in die uiteindelike maandelikse teikenvolumes van Relkap. Verder waarborg hulle dat hierdie verkoopsvolumes onmiddellik bereik sal word d.w.s. vanaf maand 1 van jaar 1. Relkap verwag geen toename in die maandelikse vaste koste (uitgesonderd dié vermeld) sou hierdie kontrak deurgevoer word.

VERLANG

Met oorweging van kapitaal begrotingstegnieke en die inligting verkry uit DEEL A:

d) Bepaal die inkrementele kontantvloeie vir elk van die drie jare indien Relkap die aanbod deur DynaMix gemaak, aanvaar; en (8)

8

Page 10: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

e) Bereken die maksimum bedrag betaalbaar wat Relkap sal oorweeg vir die eenmalige fooi. Tensy andersins geïmpliseer, aanvaar dat alle kontantvloeie aan die einde van elke jaar geskied. (3)

9

Page 11: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

VRAAG 4 35 PUNTE

DIE VRAAG BESTAAN UIT TWEE ONAFHANKLIKE DELE.

DEEL A: LE COOKSET (EDMS) BEPERK 19 PUNTELe Cookset (Edms) Beperk is ‘n wêreldberoemde maatskappy wat hoë-gehalte ysterware (braaipanne en kastrolle) vir bo-baas kokke produseer. Hul ysterware beskik oor ‘n buitengewone vermoë om hitte te behou en dit eweredig te versprei. Die maatskappy produseer ysterware sedert 1925.

Die maatskappy gebruik tans die tradisionele (oorhoofse) benadering (met direkte arbeidsure as kostedrywer) om die maatskappy se begrote vaste vervaardigingsbokoste verhalingstarief te bepaal. Die besturende direkteur bevraagteken egter die toepaslikheid van hul huidige benadering en wil vasstel of ‘n aktiwiteitsgebaseerde kostebenadering nie eerder vir kostetoedelings gebruik moet word nie. Hy het u om advies in hierdie verband genader.

Vervaardigingsproses Yster word in bestellings (met ‘n standaard-grootte) vanaf ‘n plaaslike leweransier aangekoop. Die yster word dan in bondels (sien hieronder) vir produksie gegroepeer. Die bondels yster word dan in ‘n industriële oond geplaas en die oond word op die toepaslike temperatuur gestel om die yster te smelt. Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van elke bondel braaipanne gebruik en 8 industriële gietvorms vir die produksie van elke bondel kastrolle gebruik. Elk van hierdie gietvorms maak ‘n aantal van die onderskeie produkte op ‘n slag. Sodra die gesmelte yster in die gietvorm gegiet is, word dit toegelaat om af te koel. Sodra koud, word die produk uit die gietvorm gehaal, die kwaliteit daarvan geïnspekteer en verpak in die maatskappy se unieke verpakkingsmateriaal vir verkoop aan bo-baas kokke. Verliese is minimaal en mag geïgnoreer word.

Die ysterware se begrote direkte koste per eenheid vir 2012 is soos volg: Braaipan Kastrol

Direkte grondstof: Yster (R 40 per kg) R 80.00 R 200.00Direkte grondstof: Verpakkingsmateriaal R 15.00 R 18.00Direkte arbeid (R 8 per arbeidsuur) R 12.00 R 16.80

Die totale begrote vaste vervaardigingsbokoste vir 2012 kan in die volgende aktiwiteite en kostedrywers ontleed word:

Aktiwiteit Kostedrywer Begrote bokoste

Aankope Aantal bestellings geplaas R 1 730 000Smelt van yster Aantal bondels yster in die oond geplaas R 1 240 000Giet van yster Aantal kere wat yster in gietvorms gegiet word R 140 000Kwaliteitsbeheer en verpakking Sien Nota hieronder R 480 000Totale begrote vervaardigingsbokoste R3 590 000

Begrote vervaardigingsdata vir die 2012 finansiële jaar: Braaipanne Kastrolle

Eenhede vervaardig 12 000 20 000Yster bestellingsgrootte (kg per bestelling) 500 kg 800 kgProduksie bondelgrootte (kg per bondel) 2 x yster 1.25 x yster

10

Page 12: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

bestellingsgrootte bestellingsgrootte

Nota: Deur gebruikmaking van aktiwiteitsgebaseerde koste beginsels is hierdie aktiwiteit korrek bepaal as R10 per braaipan.

VERLANG

a) Bepaal die begrote vaste vervaardigingsbokoste verhalingstarief per eenheid vir braaipanne en kastrolle onderskeidelik deur gebruikmaking van die:

i) Tradisionele (oorhoofse) benadering; (3)ii) Aktiwiteitsgebaseerde kostebenadering; (15)

Rond alle finale berekeninge tot die naaste sent af.

b) Die besturende direkteur het die volgende rakende u berekening in (a) hierbo opgemerk (aanvaar as korrek):

‘Die begrote verhalingstarief per braaipan is laer wanneer dit volgens die aktiwiteitsgebaseerde kostebenadering bepaal word as wanneer dit volgens die tradisionele benadering bepaal word. Die teenoorgestelde geld vir die begrote verhalingstarief per kastrol.’

Verduidelik hierdie verskynsel aan die besturende direkteur. (1)

DEEL B: DIE NEUTEKRAKER (EDMS) BEPERK 16 PUNTEDie maatskappy spesialiseer in die uitvoer van geroosterde macadamia neute. Die macadamia neute (reeds geskil) word vanaf plaaslike boere aangekoop. Hul word in ‘n enkele proses gesout, gerooster en verpak vir verkoop aan internasionale klante.

Die vervaardigingsproses (in ‘n neutedop) is soos volg:

Verskeie kilogramme macadamia neute (alreeds geskil) word op ‘n bakplaat aan die begin van die proses geplaas. ‘n Soutwater oplossing word dan gelykmatig oor elke macadamia neut gesproei ten einde die neut ‘n sout smaak te gee (geen gewigsverandering word op hierdie stadium ondervind nie). Die neute word dan in die oond gerooster tot goud-bruin. Sodra hul goud-bruin is, word die kwaliteit van die geroosterde neute geïnspekteer en enige gebrande neute verwyder. 5 % van die inset gewig word normaalweg op hierdie stadium verwyder weens die feit dat dit gebrand is. Gebrande neute word as vee-voer aan ‘n plaaslike boer vir R 3 per kg verkoop. Arbeiders verpak dan die oorblywende neute in 500g sakkies vir verkoop aan internasionale klante.

Koste word op die volgende stadiums in die proses opgeloop:

Direkte grondstofMacadamia neute (alreeds geskil) Aan die begin van die prosesSoutwater oplossing Gelykmatig vanaf die 10 % stadium van voltooïing tot en met

die 40 % stadium van voltooïingSakkies Aan die einde van die proses

11

Page 13: QUESTION 1 - Web viewToepaslike formule vir ... Die gesmelte yster word dan in industriële gietvorms gegiet. ‘n Totaal van 25 industriële gietvorms word vir die produksie van

OmskeppingskosteSproei van soutwater Gelykmatig vanaf die 10 % stadium van voltooïing tot en met

die 40 % stadium van voltooïingRooster Gelykmatig vanaf die 50 % stadium van voltooïing tot en met

die 70 % stadium van voltooïingKwaliteitsbeheer By die 80 % stadium van voltooïingVerpakking Aan die einde van die proses

Die besturende direkteur het u van die volgende inligting in verband die jaar geëindig 31 Oktober 2011 voorsien:

Kilogramme in die proses geplaas gedurende die jaar 18 000 kgKilogramme voltooi gedurende die jaar 13 300 kgKilogramme onvoltooid aan die einde van die jaar 6 000 kgStadium van voltooiing:

Werk-in-proses (openingsvoorraad) Werk-in-proses (sluitingsvoorraad)

45 %30 %

Alle arbeiders is permanent by die maatskappy in diens; hul verdien dus ‘n vaste salaris per maand. Voorraad word op die eerste-in-eerste-uit (EIEU) basis waardeer.

Aanvaar dat die volgende koste gedurende die jaar opgeloop is:

Macadamia neute (alreeds geskil) R 2 880 000Soutwater oplossing R 140 000Sakkies R 26 600Sproei van soutwater R 70 000Rooster R 325 000Kwaliteitsbeheer R56 000Verpakking R 53 200

R 3 550 800 (2)

VERLANGa) Verskaf ‘n skedule wat die insette met die uitsette (in kilogram) rekonsilieer vir die

jaar geëindig 31 Oktober 2011. (3)

b) Berei ‘n ekwivalente eenheidstabel vir die jaar (in kilogramme) in verband met al die tipes direkte grondstof en omskeppingskoste voor. (11)

c) Bereken die ekwivalente koste per eenheid vir slegs die macadamia neut grondstof vir die jaar geëindig 31 Oktober 2011. (2)Rond alle berekeninge af tot die naaste twee desimale plekke.

12