rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-attachment-paasfees-zim… · web viewgroot was die...

9
Paasfees Zimbabwe April 2014 Paddas in my kamer en mielies vir betaling! Sondag 13 April is ons 04:00 sak en pak weg uit Kempton Park. Die pad is lank. 06:00 het ons gestop vir koffie langs die pad, en raai wat? Die slot waarmee Eddie die sleepwa en die bakkie aan mekaar vassluit, het heelpad bly lê agter op die bakkie, net mooi waar Eddie hom gelos het! Toe weet ons ‘n Engel ry saam, wat die slot heelpad vasgehou het! Ons het mieliemeel, aartappels, uie, en baked beans saamgery. Het uit paar oorde gehoor dat dit nie oor die grens mag gaan nie. Die owerhede laat dit net nie meer toe nie. Wat wou, bid bid bid bid! Geseënd sal ons wees in die stad, geseënd sal ons wees in die veld, ons uitgang en ons ingang sal die Here bewaar van nou af tot in ewigheid! Aangekom op die grens, maklik deur die SA kant, nie te besig aan die Zim kant, maar die span is besig, soek karre deur… Dankie Here vir guns! Het al paar keer probleme gehad omdat ons voertuie nie verseker is nie. Of mens nou verseker is of nie, jy moet steeds versekering uitneem vir Zim op die grens, maar het altyd lang stories omdat ons nie briewe van ‘n versekerings maatskappy het nie! Oppad die keer vra ek vir Eddie of ek maar “International Kingdom Insurance” op die papiere kan skryf, en hy glimlag en gee toestemming! Vinnig vinnig is ons deur, nou questions asked! Prys die Here! Niemand het eers gekyk in die rigting van ons voertuig en sleepwa nie! Als is maklik en vinnig gestamp! Was rondom 17:00 in Masvingo by liefste Gerhard en Trudie! Toe ons begin uitpak lag Gerhard kliphard toe hy die plante sien wat ons ook gebring het! “Hoe het julle die oor die grens gebring?” Dis geskenkies van Annemarie (van Pretoria) vir Trudie! Ons vertel hom toe ook die slot storie en hy beaam dat ‘n Engel verseker saam met ons gery het! Ek weet dis maar net ‘n ekstra gratis diens van International Kingdom Insurance! Laat weet as jy sou belang stel! Gratis aansluiting, lewenslange lidmaatskap, baie ekstra voordele, selfs ‘n aftree plan! (Strate van goud om jou net ‘n klein idee te gee…) Heerlik weer saam met die Burgers in Masvingo gekuier! God is getrou! Aan Sy liefde is daar geen einde nie! Goed geslaap in hulle profit’s room! Volgende oggend vroeg Banket toe gery vir twee nagte saam met pastor Gabriel wat destyds die Hotsprings uitreik help organiseer het. Dierbare Taurai het vriendelik kom groet: “Welcome Home!” Gabriel junior en Melorene was ook tuis en ons kon lekker om ‘n kersliggie kuier om die klein nederige kombuis tafel. Eddie en Gabriel kon lank al hulle uitdagings uitpraat en deur bid.

Upload: phamkhanh

Post on 31-Jan-2018

246 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

Paasfees Zimbabwe April 2014

Paddas in my kamer en mielies vir betaling!

Sondag 13 April is ons 04:00 sak en pak weg uit Kempton Park. Die pad is lank. 06:00 het ons gestop vir koffie langs die pad, en raai wat? Die slot waarmee Eddie die sleepwa en die bakkie aan mekaar vassluit, het heelpad bly lê agter op die bakkie, net mooi waar Eddie hom gelos het! Toe weet ons ‘n Engel ry saam, wat die slot heelpad vasgehou het!

Ons het mieliemeel, aartappels, uie, en baked beans saamgery. Het uit paar oorde gehoor dat dit nie oor die grens mag gaan nie. Die owerhede laat dit net nie meer toe nie. Wat wou, bid bid bid bid!

Geseënd sal ons wees in die stad, geseënd sal ons wees in die veld, ons uitgang en ons ingang sal die Here bewaar van nou af tot in ewigheid!

Aangekom op die grens, maklik deur die SA kant, nie te besig aan die Zim kant, maar die span is besig, soek karre deur…

Dankie Here vir guns!

Het al paar keer probleme gehad omdat ons voertuie nie verseker is nie. Of mens nou verseker is of nie, jy moet steeds versekering uitneem vir Zim op die grens, maar het altyd lang stories omdat ons nie briewe van ‘n versekerings maatskappy het nie! Oppad die keer vra ek vir Eddie of ek maar “International Kingdom Insurance” op die papiere kan skryf, en hy glimlag en gee toestemming!

Vinnig vinnig is ons deur, nou questions asked! Prys die Here! Niemand het eers gekyk in die rigting van ons voertuig en sleepwa nie! Als is maklik en vinnig gestamp!

Was rondom 17:00 in Masvingo by liefste Gerhard en Trudie! Toe ons begin uitpak lag Gerhard kliphard toe hy die plante sien wat ons ook gebring het! “Hoe het julle die oor die grens gebring?” Dis geskenkies van Annemarie (van Pretoria) vir Trudie! Ons vertel hom toe ook die slot storie en hy beaam dat ‘n Engel verseker saam met ons gery het!

Ek weet dis maar net ‘n ekstra gratis diens van International Kingdom Insurance! Laat weet as jy sou belang stel! Gratis aansluiting, lewenslange lidmaatskap, baie ekstra voordele, selfs ‘n aftree plan! (Strate van goud om jou net ‘n klein idee te gee…)

Heerlik weer saam met die Burgers in Masvingo gekuier! God is getrou! Aan Sy liefde is daar geen einde nie! Goed geslaap in hulle profit’s room!

Volgende oggend vroeg Banket toe gery vir twee nagte saam met pastor Gabriel wat destyds die Hotsprings uitreik help organiseer het.

Dierbare Taurai het vriendelik kom groet: “Welcome Home!” Gabriel junior en Melorene was ook tuis en ons kon lekker om ‘n kersliggie kuier om die klein nederige kombuis tafel. Eddie en Gabriel kon lank al hulle uitdagings uitpraat en deur bid.

Is genooi om te preek by Gabriel se gemeente (Grace Life Ministries) die Dinsdagaand voor Paasnaweek. Te heerlik! Gabriel junior is ‘n bobaas musikant met sy eie studio tuis, sy musiek is briljant! Hy skryf ook musiek vir hulle gemeente se worship, lekker lewendig!

Melorene het ‘n tydelike pos gekry by ‘n staatskool in Banket, sy geniet die klas gee, alhoewel haar kwalifikasie ‘n graad in bemarking is. Sy vertel dat die huidige president 20 US $ van elke staats amptenaar se salaris afgetrek het, vroeër die jaar, om vir sy dogter se troue te betaal, wat ‘n ‘state affair’ verklaar is, alhoewel weinig van hulle uitnodigings ontvang het... Miga 2 praat van hierdie dinge…

Is voor 06:00 weg by Banket Woensdagoggend en het so teen 08:00 uur by Jesse se stukkie plaas aangekom naby Harare (Same Levi)

Page 2: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

Wat ‘n vreugde! Dit het so baie gereën die land is so baie baie mooi! Groen groen! Die grasse is so hoog, ons kan nie sy opstal sien van die straat af nie! As Eddie dit nie vroeër gemerk het op die GPS nie, sou ons dit mis gery het!

Die Vrede is daar!

Groot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis uit, en later ook ‘n siek moeg Jesse. Gou word die kopdoeke opgesit dat ons gou kan biduur hou onder die klein kerk afdak om dankie te sê vir ons veilige reis! What a faithful God we serve!

Kort daarna het hulle begin met ons ontbyt uit die klei rondawel kombuis. Jesse het begin vertel van hofsaak wat aan die gang is.

Dit gaan maar oor die gemeente in Harare. Die oorlog het al 5 of 6 jaar terug begin. Een van die eerste gemeente lede van United Christian Apostolic Faith Church (UCAFC) wou wegbreek en sy eie ding begin, maar met die selfde kerk naam. Die Bishop van daai tyd het gesê los die bakleiery laat hulle hulle eie ding doen. So gelaat staan.

Nou, het die selfde man moeilikheid gekry by sy eie gemeente lede daar in Harare, hulle wil nou die kerk gebou oorneem onder hom uit, en het hom gedagvaar. Sal ons ooit al die kante van die storie ken? Gaan maar net oor geld en mag. Die kerk gebou staan al ‘n paar jaar, maar intussen word dit uitverhuur vir ‘n kleuterskool en die selfde gronde dien ook as ‘n winsgewende parkeer terrein.

Einste man het vir Jesse ontbied om hom te kom help om die kerk te behou. Soos ons maar weet gaan dit in hierdie wêrled lank al nie meer oor reg en geregtigheid nie, dit gaan oor wie het die meeste geld en wie kan die meeste vir die beste prokureur betaal?

Prys die Here! Goeie plek vir ‘n wonderwerk!

UCAFC se papiere is agtermekaar, die konstitusie is gestempel deur die regte mense ens. Ons het nie nou geld vir hofsake nie, en dit om ‘n gebou te behou, en vir ‘n kerk se naam te baklei? Ek weet sowaar nie of dit die moeite werd is nie.

Na ontbyt is almal reg vir ‘n kerk diens. Het net begin sing, toe is Eddie en Jesse hof toe na ‘n oproep van iewers. Peggy en ek het verder gekerk, prys die Here dat ons tog almal maar net Sy tolke is, niks meer en niks minder nie. Dis Hy wat praat, dis ook Hy wat die luisteraars se harte instem om te hoor wat Hy wil sê.

Justin is al 6 en in graad 1. Die mannetjie het nie goed gelyk met vreeslik geswelde kliere nie, het pampoentjies onderlede volgens sy ma. Ek het hom geroep, my hande om sy gesiggie gevou, hy het sy hande op myne gesit, en toe bid hy agter my aan dat Jesus hom gesond moet maak. Sy blink ogies en sy mooiste smile sal ek in my hart bêre.

Die dierbare Violet was ook daar! Ek het haar Augustus 2012 laas gesien, toe was sy maar 2 jaartjies oud. Sy het nooit gesmile nie. So nors hartseer gesiggie, almal het gesê sy lyk en aard maar na haar Ouma Violet, hulle is maar so. Toe ek haar in Februarie 2012 ontmoet het met Eddie se inhuldiging in Kariba, het die klein Violet ‘n klip of tand ding om haar nek gehad, so aan ‘n leerbandjie. Ek het met haar ma gesels oor die ding, en wou dit net afknip! Dit is nie net so eenvoudig soos afknip nie!

In Augustus 2012 het haar mamma gesê dis reg ek kan maar knip.

Nou in April 2014 is dit ‘n laggende vriendelike Violet wat rondhardloop tussen die ander kinders! Prys die Here! Sy is vry! Die Son van Geregtigheid skyn in en deur haar!

Haar pa se naam is Moses. Hy het intussen ook by die kerk aangesluit. Ek en Moses het ure alleen gehad so onder die kerk afdak. Hy vertel toe vir my die storie…

Moses se ouma is ‘n tradisionele dokter. Sy het Moses se ma laat doodmaak (Ouma Violet) en ook Moses se boetie met haar toordery. Moses was volgende in die ry. Ek het die voorreg gehad om hom mooi te vertel van bloedlyn vloeke, van toordery en van Jesus! Die begin en die voleindiger van die Woord waarin ons glo! Prys die Here! Ons kon saam bid, en verklaar dat hy en sy familie nou in die nuwe bloedlyn is! Die wilde olyf tak is nou ingeënt in die Olyf boom wat Lewe gee! Olie wat genesing bring! Prys die Here!!! Na ons gesprek het Moses vir

Page 3: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

my twee mielies op die vuur gaan braai as ‘n dankie geskenk! Vars gebraaide mielies van die land af! Te lekker vir woorde!

Het daar op Jesse se plaas ook vir Paul ontmoet. Hy is 75, geen tande meer in sy mond nie. Maar n groot selfversekerde glimlag! Te mooi! Hy is ‘n afgetreede polisieman, maar word verplig om steeds te werk in sy omgewing sonder enige betaling. Hy kry slegs betaling as hy iemand sou arristeer. Hy werk nou saam met die hoofman van die area. Ek en Paul het ook goeie alleen tyd gehad. Hy dien die Here van kleins af. Kon eerlik en reguit oor die hartseer politieke situasie praat, maar saam sal ons aanhou hoop! Hy het my verseker ons is veilig saam met hom, hy sal ons op pas. Wil maar net weer sê dis als deel van International Kingdom Insurance! Paul stem van buite af uit vrees vir een party, maar van binne af behoort hy ook aan International Kingdom Insurance! Amen!

Die ander kosbare alleen gesprek was met Catherine Murua. ‘n Netjiese regop vrou, sy weet hoe en wat sy wil hê in die lewe. Vervreemd van haar huidige man, geskei van die vorige een. ‘n kind by elkeen van die twee mans. Haar kinders is pragtig: Mirriam is 20, en Ocean is nou 8. So mooi groot geword, en kan die span sing! Ai jai jai! Dankie Here vir musiek! Haar godsdiens gaan oor goeie werke en ‘n netjiese uniform, en om gesien te word deur die regte mense. Ek het haar biddend en deurdringend aan die Waarheid voorgestel. Die katolieke koshuis en skool het ‘n goeie merk in haar kop gelos, van goeie werke en wette en reëls, wat nou afgeleer moet word en moet plek maak vir die Genade en die Vryheid in Christus. Ai tog! Hoekom sukkel ons mensdom so om die Bybel te lees vir wat daar staan, en dit te glo, en nie dit wat mense daarvan sê nie!!!

Ek het die goeie nuus van genade sonder verdienste probeer verduidelik, oor en oor, die feit dat Jesus die volle prys betaal het, dat ons goeie werke soos ‘n weggooi vuil kar olie lap is in God se oë. Net die Heilige Gees kan die oortuigings werk doen, die hart voorberei en die saad laat ontkiem. Bid seblief dat die Here self die lig in Catherine se hart sal wees!

Laat middag was Eddie en Jesse terug, toe vat ons die pad na die plaas op Banket waar ons in November 2013 ook ‘n draai gemaak het.

Nie Jesse of Peggy was die rondte by nie. Jesse moes voort gaan met reëlings en Peggy moes terug Kariba toe om dinge daar in orde te kry voor die paas naweek. Marko Mugabe en sy vrou het ons hartlik ontvang, ons kamer was reg vir ons. Weer net die kamer, met ‘n leë ingeboude kas tussen die baie vuil mure. Ons het darem die keer ‘n opblaas matras saam gery. Dit was ons en 9 van die gemeentes se leiers. (vanaf 17 gemeentes in 2012, het hulle gegroei na 25 gemeentes net voor Paas naweek 2014.)

Die bakkie se een band het gegroet, is gesny op die ‘wanna-be’ teer paaie. Dis heeltyd ‘n keuse om te maak: is dit beter om op die pad, of liewer langs die pad vol ‘pot holes’ te ry. Die spaarwiel het ons gered, maar moes gou moontlik vervang word.

Vroeg die 17de het ons kerk gehou met al die mense van die omgewing. Die klomp kinders het te mooi al die liedjies wat ons verlede jaar saam geleer het gesing! Marko en Eddie is daar weg om ‘n nuwe band te gaan soek.

Ek het begin met die leiers opleiding: Wat sê die Bybel van gee, tiendes en offergawes. Die Here is getrou! Eddie het vir my sy lesing material gegee en ek het myself gate uit geniet! Teaching is defnitief iewers in my bloed Die blessing is as die mense wat voor jou sit se fronse in glimlagte verander wanneer die lig in hulle harte begin aangaan! Awesome!!!Bid seblief dat dit vir hulle ‘n realiteit sal word: Die Waarheid dat God se wil is om ons bekers te laat oorloop!!! Dit was ‘n heeldag program. Van 11:00 tot 13:00, en toe weer van 14:00 tot baie naby aan 18:00, weer gekerk van 20:00 – 22:00. Die laat middag sessie moes hulle in groepe vir mekaar preek oor wat sê die Bybel van gee. Was heerlik om die terugvoer te kry! (Die beste is dat hulle toe dwarsdeur die Paasnaweek hierdie boodskap by elke kerk diens vir die hele saamtrek span kon oordra, en die geld het ingekom, stadig maar seker! Die kos was oorgenoeg! BAIE BAIE dankie vir almal se bydraes vir die meel die rondte! Meel en boontjies en pampoen het oorgebly! Prys die Here! My 12 mandjies vol droom van 2012 is besig om waar te word! ) Punchline: ‘n toe hand kan nie ontvang nie… ‘n onderstebo beker mis als wat van bo af geskink word! To be in ‘receive mode’ is God’s will, and to position yourself to receive can only be activated by giving!

Page 4: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

Die 18de April het ons vroeg in die pad geval Karoi toe, Zvipane, Jesse se pa se grond. Ja man! Dis waar ons Kersfees 2012 was, waar hulle vir ons ‘n huisie gebou het wat nog nat was toe ons intrek, met die meel sakke vir matte op die mis-klei vloer.

Ai, wat ‘n vreugde was dit nie om al die bekendes weer te sien nie! Jesse het bleikbaar twee weke voor af gaan praat en gesê hulle moet die kerk se grasdak oor dek, maar moenie glo nie, hulle wag tot 4 ure voor die Paas konferensie begin! Hallo Africa! Tell me how you’re doing?‘n Nuwe Kariba gemeente lid: Austin (hy help vir Peggy in haar naaldwerk winkel) en Joel, het bo op die dak gesit, hier en daar het ‘n man en ‘n kind die gras help boontoe gooi, toue en sakke en takke en grasse en elke ding, maar, hulle was betyds klaar! (Africa answered: all is well, thank you! )

Het die spul kinders so geniet! Klaar kerk uniform aan, maar oo wee! Bly ek hoef nie daai wit hempde weer wit te kry nie! Die knope spat ook maar so saam met die spelery! Liewe Natasha het kom roep dat ek moet help met die drapering van die blou en wit lappe voor in die gras afdak kerk skuiling. Stel jou voor, satyn lap, maar die gras en die stof en die luise van die dak dekkery maak alles ‘n heerlike gemors, maar ons sal nie stress, nie, ons is in die bos! Geen probleem, hoe meer natuurlik, hoe beter! Kan nog baie by hulle leer! Ou Ntsisi het elke halfuur weer afgestof en die blare uitgevee, weer en weer, met Moses se jongste, Pride (3mnde oud) vasgemaak op haar rug.

Die ander het gaan help hout en water haal dat die kombuis aan die gang kan kom, so op die klippe. Sal my aanhou verwonder aan die ‘vrouediens’ wie se hande net vir niks verkeerd staan nie.

Stuk stuk het die mense van oral begin aankom. Intussen het Jesse se trokkie ook 2 papwiele gekry en hy moes kilometers loop om ‘n plan te probeer maak met ander stukkende bande wat darem so effe as ‘n uithelp plan kon werk. Met die tydelike gedoente kon hy nie veel vinniger as 60km ‘n uur vorder nie, en het hy skuins voor middernag Goeie Vrydag by ons aangesluit.

Ek het ‘n goeie 72 ure nodig om vir jou alles van Paasnaweek te probeer vertel, maar kom ek probeer dit opsom.

Kom ons begin by die laagte punt. Soggens het Ntsisi hierdie rondte vir ons water gebring om te gaan was. Soos altyd maak hulle die toilet gat ding toe met ‘n klip en sit jou was water langs die klip of soms op die neer. Hierdie keer se klip was nie groot genoeg om die hele gat toe te maak nie…

Aangekom in die wasplek Saterdag oggend, ontdek ek dat ek nie my trouring afgehaal het nie, en die is effe los. Met ‘n seep gedoente is die ring nog losser, so ek het dit heel op my senuwees gehad dat ring sy einde in die gat sou vind, maar heel laas, toe ek klaar gewas en afgedroog is, moet die water in gat gegooi word, laat val ek nie vir ring nie, maar my waslap in die gat! Ai! Was goed vies net vir myself! Net buite die wasplek stap Peggy toe verby, ek vertel haar my storie en sy het lekker dubbel gevou van die lag! Ek het haar net mooi laat verstaan dat ek nooit vir lap wil terug hê nie! Ek dink ek verstaan dalk nou so ietsie van ‘n wegwerplike kleed waarvan die Bybel praat…

Die ewe getikte program het nie veel waarde gehad nie, want die MC besluit sommer self wie se preek hy voor lus het, en elke nou en dan het ek en Eddie ongeskrewe nuwe beurte gekry! God is getrou! Ek skrik nie meer nie! Was die rondte goed voorberei! Kon nog 10 keer gepreek het as hulle dit sou wou! Eddie het Matteus hoofstuk 7 uit elke hoek aangebied, en elke vers soos watte uitmekaar uitgepluis! Wonderlik! Ons was baie bevoorregt! ‘n gesinnetjie van die Salvation Army kerk het ons hele Paasnaweek bygewoon, en so ook ‘n Apostolic Faith Mission man van die omgewing. Die Saterdag het ons selfs ‘n senator van die Zanu PF heeldag in ons midde gehad! Hy en sy body guard het saam met ons geëet, hy het met ‘n oophart die Skrif gevat wat ons met hom gedeel het. Hy ken die Waarheid! Eddie ken hom al lank. Hy was eers net ‘n chief, toe ‘n member of parlement, nou het hy bevordering gekry! Hy het vorentoe gekom met ons bekerings boodskap en gekniel dat Eddie vir hom bid! Halleluja!!!! Bid vir hom seblief! Sy lig alleen kan ‘n verskil maak in elke regerings vergadering! Want by God is niks onmoontlik nie!

Ons het gesing en gesing, gedans en gedans, gebid en gepreek, gebid en gepreek! Baie mense het hulle harte vir Jesus gegee! Baie het gekom vir gebed vir genesing en bevryding! As een groot familie het ons in die donker bos, met paar battery lanterns, nagmaal gehou! Die salwing in Eenheid is mooier as goud en diamante!

Page 5: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

Sondag het ons ‘n leiersvergadering gehou om die hofsaak se hantering te bespreek. Elkeen kon sê wat op sy of haar hart is. Goed die ding bekyk, die geskiedenis van 6 jaar terug af ontrafel. Saam besluit om die Maandag die kerk in Harare te gaan besoek en daar ‘n diens te hou.

Sondag middag het gesinne in groepe stukke van Romeine 8 uit hulle koppe geleer, ons glo as die waarheid in jou kop is, is die kans beter dat dit uiteindelik by jou hart uitkom. Jesse en sy gesin het die eerste 4 versies gekry. Joel was net weg, met my hele hart wou ek hê hy moes deel wees hiervan, en toe kom hy aangehardloop! Liefste Peggy het vir die drie seuns elkeen ‘n pak klere in Lusaka gaan koop vir paasnaweek. Joel het so blink bloue gekry, Jotham sin grys en gereserveerd soos hy, en Justin sin soos ‘n skool navy pak. Toe Joel aangehardloop kom, was hy nog in sy volledige blou blink pak, das en al, die sweet loop in klein riviertjies teen sy gesig af, maar in sy hande is ‘n hoener vir aandete! Ja, agter die skerms het Joel en Jotham die dinge laat gebeur, of dit nou ‘n bees kar is wat moet gaan water haal by die rivier, of hulle loop om nog hout te gaan soek, of hulle help die grasdak bou, of hulle vang hoeners vir aandete! Bid saam met my dat daai twee tiener seuns hulle volle potensiaal sal bereik asseblief! Joel wil gaan medies swot en Jotham se kop is die van ‘n ellektries/ ellektroniese ingeneur.Jesse en sy familie is toe ook eerste aan die woord om hulle versies vir die gemeente voor te dra! Jesse het sy gedeelte gesing! Vandat ek hom ken wil hy nie sing nie! Altyd te skaam of te gereserveerd, of net te ernstig! Dis asof die Here iets in sy hart oopgesluit het die paas naweek! Hy het gesing! Woord gesing, Waarheid wat vry maak! Dit laat my tone omkrul van lekkerkry!

Sondag aand was awesome!Eddie en Jesse het nog verdere detail bespreek terwyl ons solank begin sing het om kerk te hou vir die laaste keer!Die Here was daar!Ons het gesing en gespring en gelag en geskyn! Iemand het groente en vrugte daar aangebring om uit te deel. Ons het ‘n groot suurlemoen gekry, groter as my hand! Wow! Die eerste teken van die beloofde land! Eendag is eendag, die druiwe trosse gaan so groot wees dat twee mans aan een sal moet dra! ‘n Druiwekorrel sal so groot soos ‘n waatlemoen wees, ‘n hele gesin sal van een korrel kan eet!

Eddie het die eerste groep mense huis toe gery, die groot groet het begin. Natasha het saam met my kamer toe gestap. Haar opregte frons en hartseer oë het my swaar laat sluk aan die knop in my eie keel! Sy is nou 12. My liewe Natasha! Sy het weer gevra waarom ons nie maar net asseblief kan bly nie? Sy het my vertel dat die TV sê dat Kariba se damwal gaan breek en dat baie mense gaan dood gaan, sy wou weet of dit die waarheid is. Ek moes sê dat ek ook die nuus gehoor het, maar haar hande gevat en ook Kariba se damwal vir Jesus gegee om uit te sorteer volgens Sy wil. Sy het ook vertel dat sy haar pa mis (Hy is lank reeds oorlede en sy bly mos by Jesse hulle, haar pa was Jesse se oudste boetie, Justin, en Jesse het dus nou al die oudste broer se pligte oorgeneem) Natasha wil ook graag haar eie selfoon hê, maar sy is nie heeltemal bo aan die lys nie… Bid seblief dat die Here haar tiener hart sal beskerm teen hierdie donker wêreld.

Dit was ook die laaste aand saam met die paddas in ons kamer.

Die eerste aand al was daar drie paddas in die hoek van die klei kamer, ek het my bes probeer om nie te gil van gril nie! Eddie het hulle aan hulle rugvelle by die venster uitgegooi. Toe ons die volgende oggend wakker word was hulle weer daar, dalk maak hulle self stilletjies die deur oop, dalk vlieg hulle skelm by die venster in, of dalk het hulle ‘n geheime ingang iewers, maar terug was hulle! Aanvanklik lyk hulle onskuldig en rustig in die hoek, maar in die nag begin hulle ekspidisies. Mens hoor net ‘n geritsel iewers, dan weet jy nou nie mooi of dit by die deur of die venster is nie, dan is dit stil, en dan nes jy aan die slaap raak is die geluid weer daar.As mens nou goed wakker is en jou flits aansit, dan sien jy die waarheid:Ons het ‘n opblaas matras gehad, wat op ‘n paar swartsakke op die klei mis vloer gelê het. Stukkies swart sak het langs die matras uitgesteek, dis net daar waar die paddas in die nag hulle konsert geoefen het. Mooitjies in ‘n ry, spring spring spring! Gooi Eddie hulle uit, is hulle die vlge oggend weer terug, so die beste is, maak vrede met die inwoners en maak jou oë toe en slaap net! Die nag is te kort om oor padda besoekers te wonder! Sal hulle nie mis nie, vir ingeval iemand gewonder het.

Page 6: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

Die vlge oggend het die volk van 4 uur af nader gestaan, party het gegroet, party het sak en pak gekom om saam te ry.Die besluit was om Maandag na paasnaweek die kerk in Harare te gaan terug vat. Ons sou 8 wees. Die plan het oor nag verander, en ons was omtrent 30, party saam met ons, en die res saam met Jesse op sy trokkie. Moet nou maar vrede maak met die feit dat hulle anders dink as ons, en ophou om te probeer verstaan…

Die plus minus 200km na Harare vanaf Zvipane het ons 6 ure geneem. Jesse se gelapde bande kon nie veel vinniger as 60km/uur vorder nie, en ons het hom lojaal gevolg. Justin en Ocean, 6 en 8 jaar oud, was onder andere agter op ons oop bakkie. Binne saam met ons was 4 vrouens en Violet (4) en Pride (3mnde oud). Pride het 5 uur daai oggend ‘n lapdoek aan gekry wat maar net moes hou. Geen doeke sak, geen wetwipes, dummies, of enige ander vorm van gerief nie. Op sy ma se skoot was hy stroop soet. Het dalk elke 3 ure vir ‘n minuut of twee laat weet dat hy honger is, ‘n slukkie of twee van ‘n natuurlike melk bron gekry en rustig voort saam gery. Ongelooflik!

Oppad na Harare het Jesse se trokkie se fanbelt besluit tot hier toe en nie verder nie. Geen probleem. Klim af, hou kerk onder die bome. Eddie het Harare toe gery en ‘n fanbelt gaan koop. Jesse het net ‘n ander hemp aangetrek en die enjin oop gemaak om die besigheid reg te sien. Ons spul vrouens en kinders het gebid onder die bome vir guns om die probleem uit te sorteer. Eddie het terug gekom, die manne het die fanbelt laat pas, Jesse het sy das weer geknoop en weer sy baadjie aangetrek, en toe ry ons weer. So maklik soos dit.

Uiteindelik by die kerk aangekom het ons gekerk, en skuins voor drie is daar vir die eerste keer daai dag geëet. Ons plan was om al teen 4 uur rustig in Masvingo te wees om te bad en reg te maak vir die pad terug SA toe, maar die dinge het anders uitgewerk.Skuins voor 5 het die polisie daar aangekom om die kerk saak verder te vat. Eddie en Jesse moes na die naaste stasie gaan.

Wat sal ons doen? Bid en sing, bid en sing! Dis wat ons gepreek het die paasnaweek: die krag van lofprysing (Handelinge 16), dat Jesus die battery in ons harte is wat ons lig laat skyn, soos ‘n selfoon moet die battery gelaai word, Bybel lees is hoe mens jou battery charge! Eddie hulle was genadiglik met goeie nuus terug binne ‘n halfuur. Toe weer die groot groet en trane.

Daar word toe van ons vriendelik verwag om ‘n vrag mense 50km terug te vat. Die pad is sleg, ons het reeds ‘n band met die trip afgeskryf. Dis donker. Die gemoedere het hoog geloop. Masvingo is nog 300km suid, maar nou eers weer 50km noord.

Net na 11 het ons voor Bora Manzi stil gehou. Ai, die dankbaarheid om veilig daar te stop is elke keer groter! ‘n Vriendelike huis met ‘n bed wat ‘welkom welkom’ sing is wonderlik!

Gerhard hulle was in SA en Johnny het ons verwelkom met koffie en beskuit, ‘n kort kuier, ‘n warm stort en ‘n heerlike bed! Is seker omtrent 10 uur die vlge oggend daar weg, grens was nie te bad nie. Was omtrent 3 uur in SA. Het in Louis Trichardt oorgeslaap.

Toe die heerlike bederf! Vriende het ons genooi om saam met hulle weg te gaan vir ‘n week na ‘n plekkie naby Clarence. Net om te rus. En ons het gerus! Hoe sê mens dankie?

Terug in wat ons ‘beskawing’ noem, jaag die lewe voort. Ek trek hier en daar ‘n bloed monster vir makelaars, gaan vir werks onderhoude, wag en wonder, wag en wonder…

Dankie tog dat ons lewe in God se hande is!

Page 7: rainvest.orgrainvest.org/wp-content/...12-Attachment-Paasfees-Zim… · Web viewGroot was die opgewondenheid toe ons rooi wa daar stop. Die vrouens en kinders peul by die kombuis

Eendag sal ons terug kyk en weet hoe hierdie puzzle stuk ingepas het in die groter prentjie.