rapport inrat aug-sept 2014

8
InRat Bylae tot Rapport 28 September 2014 6 Peugeot 2008 is ’n Switserse sakmes 5 Wen! Wen! Wen! Met Toyota Hilux en Rapport/InRat 8 Harley 48 laat ’n groot man huil 6 BMW M3: Sluipmoordenaar in ’n snyerspak 5 Mazda 6, 3 en CX-5 is lus vir baklei 4

Upload: justus-visagie

Post on 04-Apr-2016

260 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die laaste uitgawe van Rapport se motorbylaag, InRat

TRANSCRIPT

InRatBylae tot Rapport 28 September 20146

Peugeot 2008 is ’nSwitserse sakmes 5

Wen! Wen! Wen!Met Toyota Hiluxen Rapport/InRat 8

Harley 48 laat ’ngroot man huil6

BMW M3:

Sluipmoordenaarin ’n snyerspak

5

Mazda 6, 3 en CX­5 is lus vir baklei

4

2 InRat 28 September 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]

AdvertensiesRyan KahnE­pos: [email protected]: 011 713 9515

Rapport en Toyota se Hilux #Where2Next­kompetisie, waarin ons lesers heerlike pryse kankry bloot deur leunstoelreisigers te wees, begin

vandag.Soos jy in vorige uitga­

wes van InRat gesienhet, was Toyota se be­kende bakkie al omtrentoor die wêreld heen: vanAfrika tot Antarktika en deur die Atacama­woestyn.

Om dit en Hilux se 45ste verjaardag te vier nooi onsjou om deel te neem. Blaai verder totdat jy die sleu­telwoord #Where2Next elders in InRat sien, en volgdie instruksies.

Die navorsingsmaatskappy Ipsos het onlangs sy ge­haltepryse toegeken. Vervaardigers soos Toyota, Merce­des­Benz, Mazda, Audi, Volkswagen en Chevrolet hetbaie goed gevaar en verdien elk ’n pluimpie.

Twaalf vervaardigers en verspreiders wat 18 handels­merke verteenwoordig (en ongeveer 83% van die markbesit) het deelgeneem – dus nie alle fabrikate nie.

Volgens Ipsos is motors duidelik van ’n hoër gehalteas tien jaar gelede. Dis te hope, aangesien hulle soduur is. Die meeste klagtes onder eienaars is steedspiep­ en ratelgeluide. ’n Nuwe kopseer is Bluetoothwat nie behoorlik werk nie. Kaapse bestuurders klasteeds motors se flikkerlig­hefboom is buite bereik.

Media24 se Afrikaanse koerante maak nou motorvi­deo’s. Die eerste is van die Jaguar F­Type R en nou tesien op die nuwe nuuswebtuiste netwerk24.com. Indié video ry ons die opwindende F­Type om Chap­manspiek in die Kaap. Daar is ook video­resensies vandie BMW M3, Suzuki SX4 en die Isuzu KB.

Volg die #woordeen kry woema!

KopKrap

Die leidradeDwars4. Praat met ’n stotter (6)7. Hoeveelheid, kwantiteit ofkolleksie (6)8. Bewysstuk op skrif deur ’nbevoegde persoon opgestel(4)10. Klooster (4)11. Jong mans het dit toekagraag op hul opgewarmdekarre geverf! (6)13. In die rondte draai (3)14. Plat voertuie met baieperdekrag en min windweer­stand! (11)19. Wat mans gewoonlik doenas hulle na ’n mooi (duur!)motor kyk (6)22. Gesê van iets wat hewigof skerp gevoel word (3)24. Sangstuk (4)25. Toppunt van ’n grafiek(4)27. Woord waarmee ontken­ning, weiering of afkeur tekenne gegee word (3)28. Ondeunde dade (11)30. As jy in Namibië reis, wiljy nie een van hulle deur jouvoorruit hê nie! (6)31. Houer oor die skouer! (6)

Af1. Ewewig (6)2. Versag (7)3. Sunette Bridges se sanger­pa (4)4. Teenoor laer (4)5. Voortreflik, bekwaam ofvaardig (4)6. Die tyd lui verwyl of niewerk nie (6)9. Weier – van ’n vuurwapenof enjin gesê (4)12. Misdadige bendelid (6)15. Gelyktydig (6)16. Ernstige ongeluk (4)17. Spaanse uitroep wat dik­wels by rugbywedstryde ge­hoor word (3)18. Met ’n besem skoonmaak(3)20. Moerplaatjie of pak­kingring (6)21. Teenoor verweerders (6)22. Stuit en belet (5)23. Ervaringe (5)26. Iemand wat in ’n onder­geskikte hoedanigheid by ’nkantoor in diens is (5)29. As jy niks in jou motorvervoer nie, sal jy ’n __ baga­siebak hê (3)

Mercedes­Benz S 65 AMG

lSuzuki­blokkiesraaisel #8

Stinkrykes kan nou selfs vinnigervan Jan Taks, eks­vroue en sta­kende werkers (probeer) weg­kom. Benz se nuwe S­Klas isnou met AMG­krag te kry. Hoeklink 12 silinders, twee turbo­aanjaers, 463 kW en ’n bona­tuurlike 1 000 Nm wringkrag?Dis genoeg vir ’n 0­100 km/h­versnellopie in net 4,3 sekonde.Die topsnelheid word ouderge­woonte tot 250 km/h beperk,maar onbeperk sal hy 300 km/hlag­lag oorskry. ’n Winskoopteen net R2 842 700. | FOTO:MBSA

NuutMaak myne ’ndubbel-ses

1 2 3 4 5 6

7

8 9

10 11 12

13

14 15 16

17

18 19 20 21

22 23 24 25 26

27

28 29

30 31

Gebruik die lettersin die gekleurde

blokkies om die naamvan een van Suzuki semotors te spel.

SMS jou antwoorden jou naam en van na073 575 1774voor of opWoensdag1 Oktober2014. Diewenner sal’n Suzuki-baadjieontvang.Net een SMS per tele-foonnommer.

Deelname impliseeraanvaarding van dievoorwaardes wat opaanvraag beskikbaar isvan [email protected] wenner van verle-de maand se kompeti-sie is Linza Brand.

Baie geluk!

WenmetSuzuki

@ryveilig &@RapportInRat

facebook.com/Inrat

Gebruik die letters in die gekleurde blokkies om dienaam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

Wanneer jy nie een of twee ton moet karwei nie, maar twee en ’n half ton, het jy een van Ford se nuwe Tran­sits nodig. Die reeks is onlangs omvattend uitgebrei en vir die grotes het jy ’n kode 10­lisensie nodig om ditwettig te bestuur. | FOTO: QUICKPIC

Wanneer ’n ton nie genoeg is nie

Ford Transit

Verskaf deur XWord.co.za

28 September 2014 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

NuutMG3

Die laaities op hul BMX-fietseby die kafee knik goedkeu-

rend die kop en ’n tannie rolamper haar Yaris soos sy skrikvir die nuwe Toyota 86 LimitedEdition (LE) se reuse-agtervlerk.

Dié nuweling in die Toyota86-gesin sal beslis altyd raakge-sien word. Benewens sy druk-vlerk is daar ekstra stukkiesplastiek met ’n koolveselpatroononderaan sy buffers en langs syblaaie, terwyl sy kajuit in rooibekleedsel getooi is. Die 86 LEdeel sy enjin, handratkas enveerstelsel met die gewone 86’s.Hy gebruik ook dieselfde wieleas die High-variant en omdathulle aan die kleinerige kant is,oorskadu daai vlerk hulle effens.

Die onderstel sal maklik ’nsterker enjin kan hanteer, maardaar is reeds baie plesier te vin-de in die 86 LE se bestuurserva-

ring. Die hele reeks se veerstel-sel is onlangs hersien om tesorg vir selfs beter padgedragen sy tweeliter- Boxer-enjin geedie strydkreet van ’n renmotorwanneer die toereteller se naaldnaby die rooi gehou word.

Daardie rooi streep word ge-reeld besoek, want ’n mensmoet hom opwen soos ’n speel-goedmuis om sy beste verrigtingte kan geniet. Hy nael tot by100 km/h in 7.6 sekondes – heel-wat stadiger as ’n blitsbuks soosdie goedkoper Ford Focus ST.Die 86 vergoed egter daarvoordeur die draaie, want sy agter-wielaandrywing sorg vir uitste-kende hantering. Elke kronkelin die pad word ’n ervaring ensy pret word teen ’n relatief laespoed opgedis, danksy lewendi-ge padgedrag en akkurate reak-sie op stuurwiel-bewegings.

’n Vinnige skakelaksie deurdie sesgang-handratkas laat allebeheer in die bestuurder sehande. ’n Beperkteglip-ewenaarsorg dat elke bietjie krag by diepad uitkom. Dié eienskappesorg dat die bestuurder heeltydgrinnik – en dit teen wettigesnelhede en ’n gemiddelde ver-bruik van net 7,8 liter/100 km.

Sportmotors is meestal on-prakties en die 86 Limited is

geen uitsondering nie. Sy baga-sieruim en agtersitplekke isknap en omdat sy dak so laagis, moet lang mense laag bukom in en uit te klim. Sy sitposi-sie is ook lekker laag, met ge-noeg ruimte vir die voorinsitten-des. Sy ritgehalte sal skoonmanie sommer aan die slaap susnie, maar dis ’n geringe prys virsy sportiewe hantering.

Daar’s geen twyfel dat die To-

yota 86 Limited Edition vir baiemense uiters aanloklik sal weesnie. Die geringe sprong vanR5 400 in sy pryskaartjie (bodie High-variant) is nie te veelgevra vir ’n redelik omvattendekosmetiese pakket nie. Die 86 isook een van die genotvolste ag-terwielgedrewe motors wat min-der as R400 000 kos, so dit ismaklik om te verstaan hoekomhierdie plat sportmotortjies so’n lojale aanhang geniet.

Suiwer spoed is nie die enig-ste roete na bestuursgenot nie.– Martin Pretorius;Die renjaer Andrea Bate se on-derneming verskaf uitlaatstelselsvir die 86 wat 8-10% krag by-voeg. Bel 021 448 1325.

PRYS R376 100ENJIN 2,0 liter; plat viersilinder;147 kW en 205 NmRATKAS Sesgang-handratkas,agterwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in7.6 sekondes en 226 km/h topsnel-heid; 7,8 liter/100 kmOORWEEG OOK BMW 118i-drie-deur; tweedehandse Honda S2000

Hoe vinniger dié 86 LE ry, hoe meer afwaartse druk pas die druk­vlerk op die agterwiele toe sodat hulle beter vastrap. Maar eintlik ishy daar net vir ’n sportiewer beeld. Net 86 eenhede van die LE iste koop, so, opskud! | FOTO: JUSTUS VISAGIE

86 puur plesier, al ishy nie die vinnigste

Toyota 86 Limited Edition (LE) Toetsrit

Q U A T T R O P O R T E

Die naam MG mag dalk ’n ver-afkyk in die oë van ’n ouer motor-geesdriftige uitlok, terwyl ’n tuis-

fliek oor bekostigbare sportmotors enjeugdige pret agter die stuur in sy breinafspeel. En nou, ná jare se stilte, is daarweer ’n nuwe, bekostigbare MG wat nadie jong klomp se bankrekeninge vry.

Sedert SAIC (Shanghai Automotive In-dustry Corporation) vir MG Rover ge-koop het, is daar ’n reeks nuwe motorswat die lig onder die MG-vaandel gesienhet. Nie een van hulle het ’n lekkende

afslaandak of probeer om ’n sportmotorte wees nie. Omtrent die enigste eien-skap wat oorgedra het van die slegte oudae is die relatiewe bekostigbaarheid.Die hele reeks is in Engeland ontwerp, alis die moedermaatskappy in China.

MG se jongste model, die klein luikrugMG3, het pas in Suid-Afrika aangekom.Sy treffende stilering, met swart dakpila-re en ’n klein drukvlerkie, trek onmid-dellik die oog. Danksy ’n wye reeks kos-metiese bybehore kan kopers hom selfsmeer uniek laat lyk.

Hy is omtrent so groot soos ’n Volks-wagen Polo Vivo en, soos die meeste nu-welinge in hierdie oorbevolkte markseg-ment, is hy uiters goed toegerus. Selfsdie basiese weergawe bied sluitweerrem-me, ses lugsakke, lugversorging, ’n radioen CD-speler, lugversorging en kragstuur.

Die middelvlak “Wired” voeg allooiwie-le, Bluetooth-versoenbaarheid en radio-knoppies op die stuurwiel by, en dieduurste, die “Style”, het boonop ookparkeersensors agter en leerbekleedsel.

Ondanks die volledige toerusinglys is

die pryse redelik: Dit wissel tussen tus-sen R145 000 en R179 900 en sluit ’ndiensplan vir 60 000 km of twee jaar in.

Al drie MG3-variante gebruik dieselfde1.5-liter-, viersilinder-petrolenjin (sonder’n turbo) en vyfgang-handratkas. Diewerkverrigting is niks om oor huis toe teskryf nie: 78 kW en 135 Nm is deesdaenet-net genoeg om mee oor die weg tekom. Die MG3 verras egter met sy pad-gedrag, want die Engelse ingenieurs hetuitstekende werk met sy veerstelsel ge-doen. Hy ry verbasend gemaklik vir so’n klein motortjie, klou soos ’n neet aandie pad en geniet dit om vinnig deurdraaie te sny. Hy’s beslis een van dieprettigste klein motors op die mark.

Sy kajuit lyk soos te wagte in ’n bekos-tigbare luikruggie: Harde plastiek oral,maar die beheerknoppe is logies uitgelêen voel heel stewig. Daar’s genoeg plekin die kajuit vir ’n 1,95 m lange bestuur-der en normale grootte passasiers kangemaklik agter hom inpas. Sy bagasiebakis teen 285 liter ook verbasend ruim.

Net die tyd sal leer of sy bekostigbarekoopprys en lang lys standaardtoerustinggenoeg sal wees om kopers te lok, maargeesdriftige bestuurders met ’n beperktebegroting behoort die nuwe MG3 ernstigte oorweeg. – Martin Pretorius

Pret wat nie bankrot maak

Hy’s klein, hy’s oulik, en teen’n baie bekostigbare prysbied die MG3 heelwat vandie funksies wat ’n mens in’n duurder motor verwag.

| FOTO: QUICKPIC

4 InRat 28 September 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

45 JAAR SELEGENDARIESETAAIHEID

Worddeelvandietaai familie.DieToyotaHiluxDubbelkajuit-reeks isbeskikbaar in:2.5D-4D4x4SRX,2.5D-4DRaisedBodyRaider,2.7VVT-iRaisedBodyRaider,3.0D-4DRaised Body Raider, 3.0 D-4D Raised Body Raider Outo, 3.0 D-4D 4x4 Raider, 3.0 D-4D 4x4 Raider Outo, 4.0 V6 Raised Body Raider Outo en 4.0 V6 4x4 Raider Outo.

10015815JB/

JHB/A

Toetsrit

Op sy beste vloei Sandton severkeer nie juis nie.

’n Padverlegging hier en daaren baie motors wat stadig deur’n klomp kruisings stotter, lei al-tyd tot ’n erg onaangename ry-ervaring.

Voeg ’n massa-protesaksie en’n spul motorongelukke daarbyen ’n 50-km-reis ontaard in ’ndrie uur lange oefening in ge-duld.

In hierdie nare omstandighe-de is die Mercedes-Benz ML400 ’n kalm hawe, want sy top-gehalte klankstelsel, gladde rit-gehalte en gemaklike sitplekkeverlig die pyn en frustrasie ter-wyl jy tussen die hindernissedeur kruie. En wanneer jy uit-eindelik die snelweg bereik, isdaar hope krag om vinnig diespoedgrens te bereik.

Die enjin se sleutelsyfers enwerkverrigting gee die indrukdat daar ’n V8 tussen sy voor-wiele rus: 245 kW en 480 Nm isomtrent wat die vorige geslagML 450 se groot V8 opgedishet. Maar danksy die neigingom alles (behalwe die bakwerk)kleiner te maak, kruip daar nou’n drieliter-V6-enjin in sy neusweg – met twee turbo-aanjaersen direkte inspuiting om soveelmoontlik krag uit hom te tap.

Dit lei tot een van die meeswringkragtige enjins in sy ver-plasingsklas. Daardie bergwringkrag is van baie lae enjin-toere beskikbaar, en ’n bekwa-me sewegang- outomatiese rat-kas sorg dat die ML400 nooitsukkel om te versnel nie. Dieviertrekstelsel se padgreep helphom om in net 6.1 sekondes tot

by 100 km/h te wip, en hy soumaklik verby 210 km/h kon ver-snel, was dit nie vir ’n elektro-niese “plafon” nie.

Daardie onstuitbare kraglewe-ring geskied darem nie ten kos-te van te veel vloeibare fossielenie, want sy amptelike verbruik-stoetse het ’n gemiddelde van9,4 liter/100 km opgelewer. Ditkan haalbaar wees as die inge-

nieurs hom toets, maar ons ge-middelde syfer was 11,4 liter/100km; steeds goed vir so ’n loggeviertrekker.

Ons toetsvoertuig wou eintlik’n veldwa én ’n verrigtingsmo-tor gewees het, want hy is ookmet ’n opsionele lae-strek-ratkastoegerus en lugvering om sypens te lig. Ons het nie in dieveld gaan rondry nie, want sy

plastieksytrappe is beslis nierotse se maats nie.

Al hierdie gemak, vasvoetigewerkverrigting en veelsydigheidkom teen ’n prys wat verder assy hoë verkoopprys strek. Sy af-metings laat ’n standaardpar-keerplek krimp en sy aansienli-ke gewig maak dat hy effensmoeisaam van rigting verander.Dit maak nie regtig saak nie,want die Mercedes ML 400 pro-beer nie om ’n sportmotor tewees nie. Gemak is sy hoofvak,en hy slaag dit met onderskei-ding. – Martin Pretorius

PRYS R900 452ENJIN 3,0 liter; V6; 245 kW en480 NmRATKAS Sewegang-koppelomset-ter-outokas, vierwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in6.1 sekondes en 210 km/h topsnel-heid (beperk); 9,4liter/100 kmOORWEEG OOK Porsche Cayenne

Mazda 6 en 3

Die ML 400 BE, wat onlangs tot Merc se M­reeks gevoeg is. Die nu­we enjin is uitmuntend en beslis die hoogtepunt van dié ryding. |FOTO: NEWSPRESS

Die Mazda6 . . . Gewis vir diegene wat op soek is na ’n “ordentlike” kar.

Soete oorgawe

Mercedes­Benz ML 400 BE

Ontspanningsterapie

Nuut

Ons wil nie stereotipeernie, maar wanneer boge-middelde Suid-Afrikaan-

se gesinsmense deesdae vir hul-le ’n kar koop, lyk dit of daarnet vyf keuses is: Fortuner, Ran-ger, 3-reeks, C-klas en Audi A4.

Baie mense dink met heim-wee aan brood-en-botter-Cressi-das, Camrys en Cortinas omdatdit deel is van ’n vervloë jeug –en nie omdat hulle hierdie mo-tors se hedendaagse eweknieëwil koop nie.

Tog skrik hierdie neiging mo-tormaatskappye nie af nie, al isdie grafte van die Ford Mondeoen Citroën C5 nog vars en dieVW Passat strompel soos ’n ge-wonde soldaat voort.

Mazda Suid-Afrika het pas metso ’n groot, voorwielaangedrewesedan vorendag gekom, dieMazda6. En as jy op soek is na’n ordentlike kar en jy oorweegnie die Mazda6 nie, is jy vanjou sinne beroof. Dit is hoof-saaklik omdat hy so dekselsmooi is, veral as jy hom van diekant beskou. Dit is dan wanneerMazda se “Kodo”-benaderingvoor jou oë lewe kry.

Hiervolgens is ’n kar nie net’n hoop staal nie, maar ’n le-wende wese. Dit is opeens ’n

ruiter en sy perd, maar ook ’nroofdier op die oomblik waarinhy sy prooi vang. Die Mazda6vertoon iets van daardie lenig-heid van ’n jagluiperd in vollevaart; wanneer sy voor- en ag-terpote die verste van mekaaris. Maar daar is ook ’n vloeien-de gespierdheid te sien bo diewielnisse en veral voor.

Sy lenige ontwerp laat die 6ook groot en substantief lyk.

Tog voel hy nie só nie. Onshet met die outomatiese turbo-dieselweergawe gery en dié 2,2is sterk, seepglad en tjoepstil.

Saam met die 6 se bekendstel-ling het die vervaardiger ook sysplinternuwe Mazda3 onthul,asook ’n opgeknapte CX-5.

Soos voorheen is die 3 beskik-baar as ’n sedan of vierdeur-luikrug en met ’n keuse tussen’n 1,6-literenjin en ’n nuwetweeliter. Ons het die 1,6-luikrugmet ’n vyfgang-handratkas geryen ek was verras deur sy flinkreaksie op versnellerinsette, ’nbeskeie 77 kW en 144 Nm tenspyt. Die tweeliter beloof meer

woema uit sy hoëkompressie-en-jin. Hy is met ’n handrat- of ’noutokas beskikbaar. Elkeen hetses ratverhoudings en die krag-en wringkragsyfers is onderskei-delik 121 kW en 210 Nm. Soosdie 6 het die 3 beïndruk met syritgehalte, padhouvermoë, rat-skakeling, gehalte van die binne-ruim en dieselfde onweerstaan-bare ontwerpstyl.

Die 6 en veral die 3 het so-waar ook wat Mazda “Zoom-Zoom” noem: die motors is lek-ker om te bestuur. Die stuurvoel lewendig en plaas die karpresies waar jy hom wil hê,maar jy voel nie die stampe vanswak paaie deur hom nie. Die 3skiet tekort weens die afwesig-heid van elektroniese stabili-teitsbeheer (net die duurder 3’sis daarmee toegerus). Dit is welprysenswaardig dat die 3 (en 6)onafhanklike agtervering het.

Dit verskaf beter rygerief aswringbalkvering en is in sekeregevalle ook veiliger.

So in die ry dink ’n mens datMazda SA miskien tog nie fanta-seer nie wanneer hy sê hy wilsy motors in BMW en Audi sekwadrant plaas nie. Dis gloreeds in Australië só. Die Maz-da6 staan die beste kans van aldie groot sedans om kopers uitdie Fortuner-en-C-klas-kraal telok. – Justus Visagie

28 September 2014 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Toetsritte

Super­sedan pas in elke rolDis die einde van ’n era: die eerste

M3 met turbokrag en elektriesepleks van hidrouliese kragstuur.

Dis die dinge waaroor BMW-puriste klawanneer hulle oor die nuwe M3 (kode-naam F80) gesels. Maar diegene wat also bevoorreg was om hierdie wonderlikemotor te bestuur, sal net kopskud englimlag. Want hoewel die vyfdegeslag-M3dalk nie die beste M3 is nie, is hy gewisdie beste M-model van die afgelope de-kade.

Die eerste oënskynlike kwelpunt is syenjin, nou ’n drieliter-sessilinder met di-rekte petrolinspuiting en twee turbo-aan-jaers in plaas van die vorige geslag sevierliter-V8. Die hoofrede vir die ou V8-enjin se aftrede is sy groot brandstoflus.

’n Kleiner turbo-enjin is die beste ma-nier om die teenpole van lae petrolver-bruik en verbeterde verrigting te ver-soen. Die amptelike gemiddelde brand-stofverbruik daal van 12,4 na 8,3 liter per100 km, maar dit kos ’n veerligte voetop die versneller.

Met ’n toerebeperker wat by7 400 r/min. halt roep, heelwat laer asdie V8 se 8 400 r/min., klink die nuweM3 verbasend baie soos sy sessilinder-voorsate. Sy turbo’s demp die uitlaat-klanke effens, maar BMW M se inge-nieurs het gesorg dat hy steeds hard ge-noeg brul om soos ’n M-motor te klink.

Sy kraglewering is allermins soos syoupagrootjies s’n, want ’n sewespoed-dubbelkoppelaar-ratkas stoot nou 317 kWen 550 Nm na sy gemartelde agterbande,teenoor 309 kW en 400 Nm uit die V8.

Danksy al daardie krag (en vet rubberaan sy 19-duim-allooiwiele) is sy werkver-rigting verbysterend. Op ’n goeie padop-pervlak skiet hy uit die blokke om in

4.1 sekondes verby 100 km/h te blits, enminder as 5 sekondes later tot in dietronk (160 km/h). Danksy ons toetsmotorse opsionele koolstof-en-keramiek-rem-stelsel het hy net so vinnig gestop. Min-der ervare bestuurders sal wys wees omdie stabiliteitsbeheer heeltyd aangeskakelte hou – sonder die elektroniese vangnetis dit maklik om per ongeluk swart stre-pe op die pad te verf. Daardie vangnet isnet so belangrik as die pad begin kron-kel. Hoewel die M3 normaalweg baie

vertroue inboesem, verg hy ’n ervare be-stuurder om sy stert sonder hulp van dierekenaars in bedwang te hou. Al daardiewringkrag kan veroorsaak dat die bandebegin tol, wat die M3 se agterent maklikwyd laat swaai. ’n Bestuurder moet vin-nige reaksies hê om hierdie bewegingmet die stuurwiel te beheer, maar wan-neer die ideale balans tussen die petrol-pedaal en stuurwiel gevind word, veran-der die nuwe M3 met groot ywer vanrigting en klou hy verbete aan die pad.

Die fanatici se kommer oor die nuweelektriese kragstuur is gedeeltelik gereg-verdig, want die stuurwiel verklap nieveel oor die voorwiele se padgreep nie.

Dit is die enkele eienskap wat maakdat die nuweling nie die E46 M3(2000-’06) se titel as “beste M3 tot nógtoe” kan wegraap nie.

Die voorwiele reageer vinnig en akku-raat op insette en die stuuraksie vergnet genoeg inspanning om die bestuur-der te laat werk vir sy plesier.

Die nuwe M3 is ook net so luuks aswat hy vinnig is, soos dit ’n status-simbool betaam. Met sy elektronies be-heerde skokbrekers in gemaksmodus endie enjin en ratkas verstel om so doel-treffend moontlik te werk, ry hy heel ge-maklik. Die uitlaatgeraas vervaag tot ’nveraf geruis en sy brandstofverbruik daalsoos African Bank se aandeelprys.

Die nuwe BMW M3 is ’n blitsige sport-motor wat ’n behendige bestuurder be-loon en ’n onbeholpe een berispe, maarmet ’n luukse kajuit en beskaafde ritge-halte om verkeersknope se pyn te verlig.

Hierdie veelsydigheid verseker vir dienuwe M3 sy plek boaan die moderneM-motor ranglys. Bedees of boosaardig,die nuwe M3 is die super-sedan wat inelke rol pas. – Martin Pretorius

PRYS R 1 048 092ENJIN 3,0 liter; sessilinder (in gelid);317 kW en 550 NmRATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-ratkas,agterwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 4.1 sek. en250 km/h topsnelheid (beperk);8,3 liter/100 kmOORWEEG OOK Audi RS5; Porsche 911Carrera

Vir die oningeligte kyker lyk dit dalk bloot na net nog ’n BMW 3­reeks. Maar dit is ’nrasegte sportmotor – met plek vir vier mense en hul bagasie. | FOTO: BMW

Peugeot se nuwe oorkruismodel hetmy nogal verras. Met die eerste oog-

opslag lyk hy nie juis hardekwas nie enal die blink afwerkings en bykomstighedeis ietwat oordadig, maar die bestuur-en-gebruiks- ervaring oorloof ’n tweede kyk.

Kom ons begin by wat saak maak, diemotor se hanteringsvermoë. Hy reageergoed, voel stewig op die pad en om diedraaie, versnel maklik as jy wil verby-steek en die remkrag is voortreflik. Diestuurwiel is klein en hy hanteer gevolgliklekker soos ’n resieskar.

Op grondpaaie is hy net so tuis.’n Beheerknop bied die bestuurder

verskeie opsies vir gladde, oneweredigeterrein of grondpad. Dis dalk nuttig,maar selfs die normale modus sorg virmeer as voldoende padvaste rygenot oppad na die naaste klimrotse. Al wat biet-jie gepla het, was ’n vibrasie van iets watek nie kon plaas nie. Die ruitveërs werkgoed, maar die groot ruimte wat weers-kante buite die veërs se bereik is, beperksigbaarheid.

Vir naweekuitstappies in die buitelug isdie Peugeot ideaal. Daar was plek vir myen my drie passasiers se klimtoerustingin die bakruim. Metaalstroke in die baga-siebak laat tasse en sakke maklik in- enuitgly en rekbande hou los waterbottelsin plek. Die beenspasie vir die passasierswat agter sit, is voldoende, maar knapvir die langeres.

Nou vir al die dinge wat die bestuur-der se rit plesierig maak, al dan nie.

Die rathefboom se dowwestaalafwer-king voel luuks en ergonomies perfek.

Ek het wel gevind dat die ratkas nie el-ke slag behoorlik in tru-rat wou inskuifnie, en ek moes daarop let om daardiegrillerige geluid van ’n motor wat nie inrat is nie, te vermy. Die handremont-werp is verfrissend anders, en al dieknoppies en verstellingsmeganismes isvan gehalte. Die hoofligte skakel outoma-ties aan en spoedbeheer hou die gekosesnelheid konstant.

Wat wel ontbreek, is ’n gerieflike hou-er vir daardie op-pad-werk-toe-wegneem-koffie.

Die twee bekerhouers sit reg voor dierathefboom en is te diep vir ’n stan-daardgrootte wegneemkoppie om bereik-baar te wees sonder om te mors. Die pa-neelkassie is ook moeilik om by te komvan die bestuurdersitplek, maar die kis-sie agter die handrem is maklik bereik-baar en dus ’n beter sonbril-bêreplek.

Die USB-verbindingspunt is ’n wenner.Al jou musiek word in ’n oogwink op die

raakskerm vertoon, en kan beheer wordop die skerm of stuurwiel.

Die raakskerm vertoon ook ’n legio an-der nuttighede soos GPS-navigasie, radio-stasies en parkeerhulp. Laasgenoemde isnuttig in Kaapstad se nou straatjies, enparallelparkering millimeters van dierandsteen was verstommend maklik.

Dat die kantspieëltjies vanself gaan platlê, is ideaal vir diegene wat (soos ek)saans buite die huis in ’n nou straatjiemoet parkeer en soggens moet duim vas-hou dat niemand in die nag ’n duurkantspieëltjie afgery het nie.– Yvette Cloete

PRYS R269 900ENJIN 1,6 liter; vier silinders; 88 kW en160 NmRATKAS Vyfganghandratkas, voorwiel-aandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 9.5 sekondes en196 km/h topsnelheid; 5,9 liter/100kmOORWEEG OOK Ford EcoSport 1.5 TDCiTitanium; Nissan Juke 1.6 Acenta+

Die Peugeot 2008, ’n ratse motor vir avontuurlustige stadsbewoners wat hou vanwegbreek en die buitelewe.

Peugeot se2008 altenuttige tjor

Peugeot 2008 1.6 Allure

Lae brandstofverbruik en ’n lae koop-prys is waarskynlik die twee eien-

skappe waarna die meeste kopers vannuwe motors heel eerste soek.

Die nuwe Mirage van Mitsubishi bieddit, asook bekostigbare finansiering,twee gratis versienings en gratis verseke-ring vir die eerste jaar.

Moet egter nie die verrigting van ’nMirage-vegvliegtuig verwag nie. Dis nie’n vinnige karretjie nie, maar omdat hyso min weeg, is die 57 kW en 100 Nmvan sy 1,2-liter-driesilinder-petrolstofie ge-noeg om rats deur verkeer te sny, mitsdie ratkierie geroei word.

Buite die stad hyg hy weens ’n effensegebrek aan wringkrag.

Die Mirage roem hom egter nie opkraglewering nie, maar op doeltreffend-heid. Met reg, want teen sy amptelikegemiddelde petrolverbruik van 4,9 literper 100 km sal een tenk brandstof (35 li-ter) jou 700 km ver neem.

Daar is dubbele lugsakke, lugversor-ging, elektriese vensters en kragstuur inalle variante. Die duurder GLX het ondermeer ook allooiwiele en ’n USB-poort virmusiek. Dit word alles toegedraai in ’nhelderkleurige pakkie met ’n gesiggiewat vir jou ogies maak. Die GLS hetboonop sleutellose toegang, outomatieselugversorging en elektriese agterruite.

As ’n eerste of stadsmotortjie het dieMitsubishi Mirage baie sin. Dis ’n waardi-ge mededinger vir die Suzuki Swift 1.2.– Martin Pretorius.

PRYSEMirage GL – R124 900Mirage GLX – R134 900Mirage GLS – R144 900

BMW M3

Lig op brandstof enop jou beursie

6 InRat 28 September 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

R20 000LOJALITEITSBYSTAND

Sluit by ons aanop FacebookTataMotorsSA

(FFO ÞOBOTJFSJOHTBBOTPFL XPSE BGHFLFVS OJF

TAT6728A

Toetsrit

Ek hou van verrassings, veral as ditvooropgestelde idees omkeer. Ek het

gedink ek sal haar nie mis nie, maar nouverlang ek baie na Black Betty.

Daar is eienskappe waaroor ek nietreur nie. Die tipiese Harley-Davidson sit-posisie, die vasklou om lewe en doodteen hoë spoed, die enkelsitplek en dieklein, amper nuttelose seweliter-petrol-tenk. O ja, en die klipharde vering.

Teenstrydig met Harley se beeld vanlang ritte op Route 66 of Roete 62, hetdie Forty-Eight ’n geheime troefkaart,wat die bekke sal laat oophang: Betty is’n uitstekende en eenvoudige pendel-mo-torfiets. Dis reg, ’n commuter bike. (By ’nHarley-kroeg wou die dissipels my skelen die cougars my slagaar afbyt toe ekdit durf sê.)

Maar dis waar. Wanneer ek ’n motor-fiets evalueer, word die kar weggesit endie motorfiets word vir alles gebruik.Werk toe, winkel toe, aande uit, myseun gaan aflaai by die skool en selfsduimgooiers optel as ek ’n ekstra val-helm by my het. Ongelukkig was die 48’n eenmanspel en dit sal die heel eersteding wees wat ek sou verander aan Bet-ty. Harley-Davidson het gelukkig ’n mag-dom bykomstighede, onder meer passa-siersitplekke.

Die beproefde lugverkoelde 1200cc

Evolution-enjin is fantasties. Daar is oor-genoeg wringkrag, maar dit pluk jou nievan die fiets af nie. Omdat die enjin teenbaie hoë toere begin hyg, gebeur diemeeste giggel-oomblikke tussen 1 000 en3 000 r/min. Dit gebeur blitssnel en daaris geen oormatige of onnodige “kyk-vir-my”-geraas nie. Die hantering is aansien-lik beter as te wagte, maar dit bly ’n laefiets en ’n voetrus skuur as jy te laag lêom ’n draai. Eintlik is dit wonderlik. Ry

haar met die groep Spiderbait se nom-mer “Black Betty” wat uit die (opsionele)luidsprekers skree en jy sal verstaan watek bedoel. Dit is soos ’n moderne en be-ter weergawe van ’n ou classic.

Om deur verkeer te vleg, was verspotmaklik. Teen ’n lae spoed was dit seker-lik een van die maklikste motorfietse watek al gery het omdat die koppelaar enenjin soos ’n tweeling handjies-klapspeel en die lae swaartepunt laat Betty

maklik balanseer.Hoewel dit ’n nuwe weergawe is, be-

hou Harley die ou waardes van styl engevoel. Die Evolution ruk en rol onderjou en die hele fiets vibreer en skud,soos die tweeling stadig met lang halewerk. Jy voel asof jy in die fliek Harley-Davidson and the Marlboro Man is.

Betty was toegerus met ’n windskerm,wat onontbeerlik is. ’n Groter tenk enekstra sitplek is ook ononderhandelbaar.Daarby sal ek ook die agtervering baiesagter stel. (Dit kan glo gedoen wordmet ’n spesiale sleutel.) Die 48 voel somssoos ’n ou swart trapfiets op ’n sink-plaatpad. In die draaie raak dit soms ’nboudeknyp-storie as die padoppervlaknet effens rof is. Menige keer was haarsitvlak in die lug.

Bougehalte is weer van die boonsterak. Die beheerknoppies is stewig enslim – soos die rigtingwysers s’n aanweerskante van die stuurstang. Links virlinks en regs vir regs. En hulle skakelself af. Eenvoudig, nè?

Maar, ai, daardie petroltenk. Dit hetgeen sin om so ’n uitstekende motorfiets’n ritafstand van net 150 km te gee nie.Daar is oorgenoeg spasie op die raam-werk vir ’n groter tenk. Dit sal die 48nog begeerliker maak.

Harley-Davidson ’n fiets gebou wat be-ter is as wat hulle verwag het. Dit wasveronderstel om ’n poser te wees, maartoe is sy ’n droommeisie: ’n rock chickmet ’n harde lyfie wat baie hurk-oefenin-ge doen en net wil kuier.

Dit is die eerste Harley-Davidson watek graag sal wil besit (met veranderingenatuurlik). Hel, ek mis haar. – StephanLourensPRYS R124 995

Die Forty­Eight bring hulde aan die “gestroopte” Harleys wat ná die Tweede Wêreld­oorlog in die VSA gewild was onder oud­dienspligtiges. | FOTO: HARLEY­DAVIDSON

Black Bettymet ’n hartvan goud

Harley Davidson Forty­Eight

28 September 2014 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Promosie

Ons Opel Adam het die Alpe se kronkels soos ’n kampioen gevolg en sy brandstofverbruik was allermins uitspattig.

Die Adam se stilering en grootte wys dat hy met die Mini Cooper, Citroën DS3, AlfaMito, Audi A1 en Fiat 500 sal kompeteer.

Opel Adam

Adam span’n brug naSuid­Afrika

Brûe betower ons. Hulle verteen-woordig nuwe bestemmings, reuse-uitdagings vir ingenieurs en ver-

bind mense en plekke met mekaar. In1899 het Herr Adam Opel, vervaardigervan trapfietse en naaldwerkmasjiene, die-selfde doel gehad toe hy die heel eersteOpel-motor gebou het. ’n Ingenieurs-uit-daging wat mense wêreldwyd verbindhet.

Omdat Opel se besonderse klein luik-rug, die Adam, ’n brug slaan na Suid-Afri-ka, het ons besluit om hom op ’n soek-tog te neem na van die mooiste brûe inSwitserland, Frankryk en Duitsland.

Natuurlik ook om te voel hoe hy ry.Ons het by die Opel-fabriek in Rüssels-

heim (naby Frankfurt am Main) in Duits-land weggespring en in ’n suidelike rig-ting gery. Ons was op pad na die Teufels-brücke, oftewel Duiwelsbrug, inSwitserland. Dié brug oorspan die Reuss-rivier en verleen toegang tot die skou-spelagtige St. Gotthard-pas.

Die eerste brug was van hout en is in1230 gebou. Volgens legende was diekonstruksie daarvan so moeilik dat dieduiwel ingestem het om dit te bou. Syvoorwaarde was dat hy die siel van dieeerste een wat die brug oorsteek sou ont-vang. Toe die brug klaar was, het diemense ’n bok oor die brug gejaag. Byna600 jaar later – in 1820 – is die houtbrugdeur een van klip vervang. Omdat dieverkeer oor die jare al hoe swaarder ge-word het, is ’n dubbellaanbrug in 1958op die oue gebou.

Die klein Adam was dol op die kron-kels van Switserland se bergpasse. Diestuur reageer vinnig en daar’s puik ba-lans in sy hantering.

Daarvandaan is ons regdeur Italië: deurtonnels en oor brûe totdat ons die skou-spelagtige Pont du Gard in Frankryk be-reik het. Dis ’n antieke waterleidingbruguit die jaar 40 nC, wat oor die Gardonri-vier strek. Die brug is deel van die Nî-

mes-waterleiding, ’n struktuur van 50 kmlank wat deur die Romeine gebou is omwater van ’n fontein by Uzès na die Ro-meinse kolonie by Nîmes te lei. Die Pontdu Gard is die hoogste van aldie Romein-se waterleidingsbrûe en een van die besbewaarde voorbeelde. Dit is op Unescose lys van wêreld-erfenisgebiede.

Van die antieke het ons Adam na diemoderne geneem: die indrukwekkendeMillau-oorbrug. Dit bestaan uit sewespantorings wat die brug van 2,4 km aankabels bo die vallei van die Tarnrivierlaat hang. Die vallei se laagste punt is270 m onder die padoppervlak en die

hoogste spantoring is 343 m lank.Die Millau-brug is gebou om verkeers-

nagmerries op die pad van Parys naSpanje deur die Tarn-vallei die hoof tebied. Dis in Desember 2004 geopen endie koste was byna €400 miljoen.

Teen dié tyd het ons byna 3 500 km indie Adam afgelê, maar steeds gemaklikgevoel. Die binneruim se gehalte is goeden die klankstelsel het maklik en ge-bruiksvriendelik met ons slimfone geïnte-greer. Liggies wat waarsku as daar ’n mo-tor in die blindekol is, het ook handig tepas gekom.

Dit was tyd om na Duitsland terug te

keer om die laaste van vele brûe te be-soek. Dis nie so besonders soos die ma-jestueuse brûe wat ons op ons reis teëge-kom het nie, maar dis baie spesiaal virmy. Dis ’n bruggie in Harra*, die dorpiein Duitsland waar ek grootgeword het.Dit oorspan die Saalerivier en verbindHarra met die woud. Dis die brug wat ekal die meeste kere oorgesteek het.

Die Opel Adam is ’n wonderlike kar vir’n road trip. Hy’s stewig en gerieflik teenhoë snelhede op die Autobahn en sy1400cc-enjin (sonder turbo) se gemiddel-de petrolverbruik was 15 km/liter (6,7 li-ter/100km).

Maar dan is die Adam ook ’n lekkerstadsmotor danksy sy grootte en maklikehantering.

Goeie nuus is dat die Adam vroeg vol-gende jaar Suid-Afrika toe kom. Koperssal tussen drie luuksheidsvlakke kan kiesen daar sal ’n omvangryke keuse vanbakkleure, dakkleure, binneruimstyle enander ontwerpselemente wees. Al diékeuses maak 61 000 stylkombinasies virdie buitekant en meer as 82 000 vir diebinneruim moontlik.

General Motors Suid-Afrika het nog niedie enjinkeuses bekend gemaak nie, maardit sal glo die jongste tegnologie verteen-woordig, wat beteken daar sal turbo-enjins wees. Opel beleef ’n opwindenderenaissance en het in die eerste sewemaande van vanjaar ’n hele 52% meermotors in Suid-Afrika verkoop as verledejaar. In die Adam se eerste jaar is 45 000van dié motortjies in Europa verkoop.

Die Adam is verlede jaar by die Johan-nesburg-motorskou gewys en die mediaen publiek het hom hartlik ontvang. Onssien uit na sy koms. – Antonia Heil.

*Harra is padlangs 155 km noord vanNürnberg en naby die grens met die Tsjeg-giese Republiek. Antonia woon al vyf jaarin Suid-Afrika en is getroud met die foto-graaf Desmond Louw. Nog foto’s van dieAdam is te sien by rapportinrat.co.za.

8 InRat 28 September 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Toetsrit

Eerste prys. Retoervlugte en twee nagte verblyfvir twee om ’n Toyota­4x4­kursus op diepragtige Klipbokkop by die Paarl in dieWes­Kaap by te woon.. ’n Nikon Sport Optics Monarch 8x42­verkyker. ’n Fenix Flashlights UC40­flitsligTweede prys. ’n Fenix Flashlights TK35­flitslig. ’n Nikon Sport Optics Monarch 8x42­verkykerDerde prys. ’n Xbox 360 Kinect

; Om deel te neem moet jy nawww.rapportinrat.co.za gaan en op dieKOMPETISIE­skakel klik. Die sluitingsda­tum is 30 November 2014. Deelnameaan die kompetisie impliseer aanvaar­ding van die reëls en voorwaardes, watop die webtuiste gelees kan word.

Skryf in enjy kan wen!

Nuut

Plaaslike motorfiets­media het die 1290 SuperDuke R as motorfiets van die jaargekies. Die kompetisie is aangebied deur Pirelli en “The Bike Show”. | FOTO: KTM

KTM SuperDuke R die beste

Motorfiets van die jaar Volvo XC90

Volvo se lank­in­die­tand­XC90 gaan vervang word deur dié model (bo). Verwag ’n su­perluukse kajuit en verstommende veiligheidstoerusting. | FOTO: QUICKPIC

Volvo wys sy nuwe XC90

Wen!Wen!Wen!

As jy ’n weeldemotor wil hê, gaansoek na hom in Duitsland.

Mercedes-Benz, Audi en BMWhet ’n tegnologiese meesterstuk vir elkeplutokraat.

Italië is egter die vooraanstaande bronvan warmbloedige sportmotors, want hyhuisves Lamborghini en Ferrari.

Maserati wil die status quo omkeermet sy nuwe Quattroporte, ’n vierdeur-sedan wat weelde met die bestuurspretvan ’n renmotor versoen, toegedraai in’n Italiaanse snyerspak.

Sy poging is grootliks suksesvol, wantdie Quattroporte verrig die meeste weel-demotor-take heel goed. Sy kajuit is inmet die hand gestikte leer getooi en hetgemaklike ruimte vir vyf groot menseomdat die nuutste (sesde geslag) Quattro-porte nou ’n skadu werp wat omtrent sogroot is soos díe van ’n nuwe Mercedes-Benz S-klas.

Maar anders as die Duitse sedans isdie Maserati Quattroporte nie regtig vol-geprop met die nuutste tegnologie nie.

Vergeet maar van digitale instrumenteen moenie verwag dat hy, soos dieS-klas, jou rug masseer nie. Hy is ’nsportiewe Italianer.

Dit beteken die bestuurder is die be-langrikste persoon in die kajuit.

Ons toetsmotor, die Quattroporte S, ismet die intreevlak-drieliter-V6-enjin toe-gerus. Dit klink dalk ontoereikend vir ’nmotor wat na R2 miljoen neig; totdat ’nmens onthou Ferrari bou dié kragbron.

Met ’n dubbel-turbo en direkte petrol-inspuiting lewer hy 303 kW en 550 Nm;genoeg om die Quattroporte S in 5.1 sek.tot 100 km/h te laat spring op pad na ’ntopsnelheid van 285 km/h. Ons kan syaluminium-bakwerk ook bedank vir sylewendige verrigting, want al is die nuweQuattroporte heelwat groter as sy voor-ganger, is hy sowat 100 kg ligter.

Die klein V6 se dawerende klankbaanis net so indrukwekkend soos sy werk-verrigting. Wanneer die toereteller senaald die rooi lyn deur ’n gladde agt-gang-outokas jaag, verander die V6 sebrom in ’n strydkreet. Sy verrigting laatdie oë rek. Daar’s geen turbotraagheidnie en hy geniet hoë enjintoere.

Sy aluminium-konstruksie openbaarook voordele op kronkelpaaie, want diebetreklik ligte Quattroporte dans ratserdeur die draaie as enige ander luukse se-dan. Sy stuurstelsel gebruik hidrouliesekraghulp, anders as die meeste van symededingers wat elektriese stelsels ge-bruik. Daarom weet die bestuurder heel-tyd hoeveel greep daar tussen die voor-bande en die padoppervlak is. Sy veringis ook só ontwerp dat hy ligvoets vanrigting verander, met skynbaar nimmer-eindigende padgreep. Hy gedra homselfsoos ’n kleiner, ligter sportmotor endoen dus sy Italiaanse erfenis gestand.

Ongelukkig eis hierdie sportiewe pad-gedrag ’n tol op die Quattroporte se ry-gerief. Sy vering is ferm, en op landelikepaaie dring selfs geringe padskokke deur

na die kajuit. Hy verdien kritiek vir syharde rit, maar geesdriftige eienaars saldit kan vergewe omdat hy so ’n uitbun-dige bestuurservaring bied.

Naas rygerief is die kajuit ’n effenseknelpunt. Hoewel sagte leer deurgaansgebruik word, is daar ’n laer klas afwer-king op die middelkonsole en deure. Disnie blink soos ’n sakpasmotor s’n nie,maar in dié prysklas sal sagte plastiekwelkom wees.

Die Quattroporte kry sy klankstelsel enskakelaars van die Fiat-Chrysler-groep:enige Jeep Grand Cherokee-eienaar saldadelik tuis voel.

Of die Maserati Quattroporte S syR1 977 000 kan regverdig, sal net ’n su-perryke kan sê. Daar is ander weelde-sedans wat gemakliker en tegnologies ge-vorderder is, maar hulle sal nie kan by-hou oor kronkelpaaie nie.

Moet dus eerder nie aan hom dink asnét ’n weeldesedan nie. Hy is ’n sport-motor met vier deure en ’n reuse-baga-sieruim. Met die eksklusiwiteit van dieMaserati-naam daarby kan niks met homvergelyk word nie. Dis baie moontlik alwat sy kopers verlang. – Martin PretoriusPRYS: R1 977 000ENJIN: Drieliter-V6; 303 kW en 550 NmRATKAS: Agtgang-koppelomsetter-outo-kas; agterwielaandrywingVERRIGTING: 0-100 km/h in 5.1 sek. en285 km/h topsnelheid.OORWEEG OOK: Mercedes-Benz S63AMG, BMW 760Li, Audi S8

Onder die weeldepraat hy Italiaans

Die Maserati Quattroporte, wat hom soos ’n veel kleiner, ligter sportmotor gedra.

Maserati Quattroporte