reg no: 2000/027673/06 ‘n gemagdigde finansiele ... · bedryf deur one loyalty one loyalty...

12
NOODBYSTAND VIR REISENDE MOTORISTE SAFIRE BIED VOLKOME GEMOEDSRUS IN GEVAL VAN ‘N NOODGEVAL LANGS DIE PAD OF IN DIE GEVAL VAN ‘N MEDIESE ONGEVAL. WELKOM BY SAFIRE SE NOOD INSLEEPDIENSTE EN MEDIESE BYSTAND PROGRAM. Indien die Telkomverbinding verbreek is, skakel asseblief 071 882 9173 vir noodbystand langs die pad. (0861 SAFIRE) ‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092] Reg No: 2000/027673/06 Skakel 0861 723 473

Upload: others

Post on 23-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

NOODBYSTAND VIR REISENDE MOTORISTESAFIRE BIED VOLKOME GEMOEDSRUS IN GEVAL VAN ‘N NOODGEVAL LANGS DIE PAD OF IN DIE GEVAL VAN ‘N MEDIESE ONGEVAL.

WELKOM BY SAFIRE SE NOOD INSLEEPDIENSTE EN MEDIESE BYSTAND PROGRAM.

Indien die Telkomverbinding verbreek is, skakel asseblief 071 882 9173 vir noodbystand langs die pad.

(0861 SAFIRE)

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

Skakel 0861 723 473

Page 2: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

PAD BYSTAND

Hier val die klem daarop om die begunstigde in staat te stel om die reis te hervat. Hierdie bystand is landswyd in Suid-Afrka beskikbaar, en geld ook in Lesotho en Swaziland. Die dekking is beperk tot R500.

BYSTAND BEHELS:

■ ‘n Pap wiel omruil

■ Voorsiening van brandstof, waarvan die eerste 5 liter gedek is

maar die res deur die begunstigde betaal moet word

■ ‘n Pap battery aan die gang te kry, as dit afgeloop is (indien dit

vervang moet word, moet die begunstigde die koste daarvan dra) ■ Indien die motorsleutels in die motor toegesluit is, word slegs die

oopmaakkoste gedek, dit wil sê, as sleutels vervang moet word, moet die begunstigde daarvoor betaal

* Tolgeld is nie ingesluit in die dekking vir bystand nie, en moet deur die begunstigde self betaal word.

Page 3: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

DIENS VERSKAF DEUR ‘N SLOTMAKER

Indien die pad bystand diens nie die voertuig kan oopmaak om die sleutels wat daarin toegesluit is uit te kry nie, sal die oproepsentrum ‘n slotmaker uitstuur na waar die voertuig staan, om dit oop te maak. Daar is ‘n maksimum dekking van R500 hiervoor. Die Bystandverskaffer sal nie betaal vir herstelkoste, of vir slot- of aansitter vervanging nie, ook nie vir die maak van nuwe sleutels nie.

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

KORTTERMYN VERSEKERAARS,LANGTERMYN VENNOTE

Page 4: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

MOTORHUUR

Indien sy / haar voertuig verder as 100km vanaf die begunstigde se tuiste onklaar geraak het, sal die oproepsentrum die koste dra van ‘n 24-uur, B-groep huurmotor sodat die begunstigde sy / haar reis kan voortsit of terugkeer huistoe. Hierdie diens is onderhewig aan beskikbaarheid. Die bestuurder moet ook ‘n geldige kredietkaart, sowel as ‘n geldige rybewys by hom / haar hê. Die koste van sodanige motorhuur word gedek tot ‘n maksimum van R500, wat die daaglikse motorhuurprys insluit, met onbeperkte kilometers, asook

Die hoofdoel van die Diensverskaffer is om die voertuig in te sleep na die naaste goedgekeurde handelaar (indien dit nog onder waarborg is), of na die naaste herstelsentrum. Hierdie diens is gedek tot ‘n bedrag van R500, wat die eerste 40km, heen en weer insluit, (beginnende by die insleep dienssentrum.) Die diens is beskikbaar dwarsoor Suid-Afrika, asook in Lesotho en Swaziland.

*Tolgeld word nie deur die Diensverskaffer gedek nie en moet deur die begunstigde self betaal word.

MEGANIESE / ELEKTRIESE FOUTE

versekeringsgeld, en die aflewering en terugbesorging koste van die voertuig oor ‘n afstand van maksimum 25km per rit. Brandstof moet deur die begunstigde self betaal word.

Page 5: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

VOERTUIG REPATRIASIE

Indien die begunstigde van die motorhuuropsie gebruik maak en die reis voortsit terwyl sy / haar voertuig herstel word, sal die Diensverskaffer ‘n 24-uur, B-groep huurmotor befonds sodat sy / haar voertuig weer gehaal kan word na die herstel daarvan. So nie, kan ‘n vliegtuigkaartjie voorsien word. Hierdie diens word tot ‘n maksimum van R500 gedek, wat die daaglikse motorhuurprys insluit, met onbeperkte kilometers, asook versekeringskoste, en die aflewering en terugbesorging koste van die voertuig oor ‘n afstand van maksimum 25km per rit. Brandstof moet deur die begunstigde self betaal word.

OORNAG- AKKOMODASIEAs ‘n alternatief vir motorhuur soos hierbo uiteengesit, kan vir die bestuurder en nog vier passassiers oornag-huisvesting tot ‘n maksimum van R500 in totaal gereël word.

*Tolgeld word nie deur die Diensverskaffer gedek nie en moet deur die begunstigde self betaal word.

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

Page 6: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

INSLEEP VANAF ‘N ONGELUKIndien ‘n voertuig wat nie omvattend verseker is nie onder die polis, in ‘n ongeluk betrokke is, sal die oproepsentrum reël dat die voertuig vanaf die ongelukstoneel na die naaste paneelklopper, wat deur die versekeraar geakrediteer is, ingesleep word. Die onkoste van die eerste 40km, vanaf die vertrekpunt van die insleper, heen en weer, word gedek, waarna ‘n tarief van R6.38/km gehef sal word, betaalbaar deur die begunstigde.

Indien ‘n voertuig wat wel omvattend verseker is, in ‘n ongeluk betrokke is, sal die oproepsentrum reël dat die voertuig vanaf die ongelukstoneel na die naaste paneelklopper, wat deur die versekeraar geakrediteer is, ingesleep word.(SAFIRE sal dan ook die volle insleepkoste dek, selfs al sou dit 40km oorskry of ‘n tweede keer ingesleep moet word.)

Alle dienste hierbo genoem word gedek dwarsoor Suid-Afrika, asook in Lesotho en Swaziland.

* Tolgeld is nie ingesluit in die voordeel reg, en sodanige koste , sal vir die begunstigde se rekening.

Page 7: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

BOODSKAPPE VIR NAASBESTAANDES

BERGING / STOOR VAN DIE VOERTUIGIndien nodig, sal gereël word dat die voertuig oornag of vir ‘n naweek, maksimum van vier dae, veilig geberg word. Op die eerste werksdag hierna, sal dit geneem word na die naaste paneelklopper wat deur die versekeraar geakrediteer is. Die begunstigde moet self betaal vir ‘n tweede insleep, tensy die voertuig deur omvattende versekering gedek is.

As ‘n voertuig onklaar raak as gevolg van ‘n elektriese / meganiese fout, of in ‘n ongeluk betrokke is, sal die oproepsentrum enige noodsaaklike boodskappe oordra aan vriende, kollegas of familie van die begunstigde met betrekking tot sy / haar omstandighede.

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

Page 8: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

TERME EN VOORWAARDES

• Dienste sal alleenlik aan Geldige Begunstigdes gelewer word.

• Bystanddienste langs die pad is slegs beskikbaar as die voertuig onklaar raak of in ‘n ongeluk betrokke is in Suid-Afrika, Lesotho of Swaziland. In geen ander land sal die Diensverskaffer enige onkoste dek van enige gevalle waar ‘n voertuig onklaar raak of in ‘n ongeluk betrokke is nie.

• Alle dienste moet eers deur die oproepsentrum goedgekeur, gereël en beheer word. Geen kostes wat deur die begunstigde self aangegaan is sonder sodanige vooraf goedkeuring deur die oproepsentrum sal deur die Diensverskaffer vereffen word nie.

• Indien die voertuig as gevolg van ‘n elektriese / meganiese fout onklaar raak of in ‘n ongeluk beland, moet dit na die naaste fabrikaathandelaar of herstelsentrum ingesleep word.

Page 9: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

• Indien meer as een voertuig ingesleep moet word (by voorbeeld as daar ook ‘n sleepwa, bootsleepwa of karavaan was wat deur die voertuig gesleep was), moet die begunstigde die koste daarvan dra. ‘n Tweede insleep, indien nodig, moet ook deur die begunstigde betaal word.

• ‘n Begunstigde kan slegs aanspraak maak op die voordele van motorhuur, of oornaghuisvesting as sy / haar voertuig deur die Diensverskaffer ingesleep is.

• Die omskrywing van ‘n ongeluk is as volg: skade aan een of meer bakwerkpanele (wat herstel deur ‘n paneelklopper sal verg) as gevolg van ‘n botsing met ‘n voorwerp of ander voertuig. Die term “ongeluk” omvat ook gevalle van ‘n brand in die enjin of die impak van ‘n slaggat, randsteen of sypaadjie wat skade aan die suspensie, wiele of onderstel veroorsaak (dus nie net aan die bakwerk nie.) Dit geld ook wanneer dit vir beide die begunstigde en die Diensverskaffer duidelik is dat die skade ‘n versekeringsrisiko inhou, ongeag of die voertuig verseker is of nie. Waar daar twyfel bestaan, sal die Diensverskaffer uitsluitsel gee oor laasgenoemde omskrywing. Indien daar ‘n insident was as gevolg van ‘n meganiese / elektriese fout, en die voertuig inderdaad nie meer kan ry nie, sal dit as ‘n ongeluk bestempel word.

• Na ‘n ongeluk moet die voertuig ingesleep word na die naaste paneelklopper wat deur die versekeraar geakrediteer is.

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

Page 10: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

DIE BEGUNSTIGDE SAL GEEN AANSPRAAK KAN MAAK OP DIE

DIENSTE INDIEN:

■ Die voertuig onpadwaardig is.

■ Dit ‘n motorwoonwa of ‘n groot paneelwa is.

■ Dit ‘n voertuig van meer as 3.5 ton bruto is.

■ Daar fout is met ‘n sleepwa, bootsleepwa of karavaan.

■ Die voertuig reeds by ‘n herstelsentrum is.

TERUGBETALING DEUR DIE DIENSVERSKAFFER SLUIT DIE VOLGENDE UIT:

■ Koste met betrekking tot arbeid, oortyd, selfoongebruik, tolgeld,

uitroepfooie, naweekheffings, berging-, herwinnings-. insleep- of

invorderingsgelde, asook koste van onderdele.

■ Herstelkoste.

■ Die uitgawes aangegaan deur enige persoon / persone in die

verlening van bystand.

■ Uitgawes vir bystand benodig vir deelname aan enige

motorsportgeleentheid.

‘N ALGEHELE LIMIET VAN R5000 PER POLIS PER JAAR IS VAN TOEPASSING

KORTTERMYN VERSEKERAARS,LANGTERMYN VENNOTE

Page 11: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

Die volgende voordele is slegs tot die beskikking van die begunstigdes.

HIERDIE DIENSTE SLUIT IN:

■ Telefoniese raad en inligting in noodgevalle – 24 uur en 7 dae

per week

■ Verwysing na mediese praktisyns en mediese fasiliteite

■ Kontak met naasbestaandes om hulle op hoogte van sake te hou

■ Versorging en bystand vir gestrande minderjariges

(motorvoertuig botsings)

■ Telefoniese reisinligting en mediese advies

■ Plaaslike begrafnis of vervoer van stoflike oorskot

Hierbenewens, sal mediese werkers enige persoon bystaan in ‘n mediese krisis wat die begunstigde betref. Die begunstigde sal ook geregtig wees op nooddiensadvies of noodsaaklike bystand, deur gebruik te maak van die dienste van die kontaksentrum se geneesheer wat 24 uur beskikbaar is.

HIERDIE DIENS SLUIT OOK VERWYSING NA NOODLYNDIENSTE IN, IN GEVAL VAN:

■ Vergiftiging - hulp is beskikbaar by die oproepsentrum

■ Selfmoord - Life Line

■ Verkragting en MIV- berading

■ Familie en gesinsgeweld

■ Kindermisbruik

■ Trauma en sterfteverliesbegeleiding

DIE VOLGENDE UITGAWES VEREIS VEREFFENING DEUR U MEDIESE FONDS OF DEUR USELF:

■ Nood mediese bystand op ‘n ongelukstoneel.

■ Nood mediese vervoer na die naaste relevante mediese fasiliteit.

■ Lewering van noodmedikasie en / of bloed.

NOOD MEDIESE BYSTAND BESKIKBAARHEID

Let wel: Mediese dekking is alleenlik geldig vir

noodgevalle binne die grense van Suid-Afrika.

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

Page 12: Reg No: 2000/027673/06 ‘n Gemagdigde Finansiele ... · Bedryf deur One Loyalty One Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of

Bedryf deur One LoyaltyOne Loyalty reageer namens hul prinsipale en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hul eie foute of versuim nie, ook nie vir hul agente s’n nie. Alle kwotasies is onderhewig aan beskikbaarheid en mag verander. Let asseblief daarop dat voordele nie gekombineer en saamgebruik mag word met spesiale aanbiedinge, promosies, uitverkopings of saam met enige ander lojaliteitsprogramme nie. Voordele mag verander en hang saam met die verkose produkte. Die terme en voorwaardes wat geld, mag verskil tussen vennote. Sover One Loyalty se kennis strek, was die inhoud van hierdie inligtingstuk korrek met tyd van die druk daarvan. E&OE.

‘n Gemagdigde Finansiele Diensteverskaffer [FDV No: 2092]Reg No: 2000/027673/06

KORTTERMYN VERSEKERAARS,LANGTERMYN VENNOTE