reisiger. die limietberge oor. - scielokaapse lewe speel af omring deur afrikaanse ... en liewers...

25
TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 166 Reisiger. Die limietberge oor. Elsa Joubert. 2009. Kaapstad: Tafelberg. ISBN: 978-0-624-04812-1. Met die verskyning eind 2009 van die tweede en laaste deel van Elsa Joubert se outobio- grafie, Reisger. Die limietberge oor, was dit veral die vertelling van haar intieme verhouding met die Indiër uit Kenia, Mahmoed, waarvan in resensies en boekbesprekings ophef ge- maak is. Natuurlik is daar literêre (die op- vallende parallelle met die verhaalverloop in Die reise van Isobelle) en sosiopolitieke kwes- sies (die konteks van die destydse Nasionale Party se drakoniese kleurbeleid vanaf 1948 en verderaan) wat aan hierdie episode, wat reeds binne die eerste bladsye van die boek op die voorgrond kom, soveel prominensie verleen. Maar eintlik pas dié passievolle ervaring, liriese beskrywings en selfonder- soekende nabetragting van die verbintenis met Mahmoed (sy van bly onvermeld) naat- loos in die uitsonderlike struktuur van tweespalt en teenstrydighede wat vir my nie alleen hierdie outobiografie nie, maar in werklikheid Joubert se hele oeuvre karakte- riseer. Wanneer sy as jong vrou en moeder haar eie lewensloop vergelyk met dié van tydgenote soos Jan Rabie, Marjorie Wallace, Athol Fugard en Maud Sumner, is haar slot- som “ek voel slegs vry as ek geanker is” (109). Dié erkenning dat grootse drome en strewes steeds gerelativeer word deur die alledaagse limiete, artikuleer die ervaring van persoon- like en kreatiewe ambivalensie, en tog ook uiteindelike harmoniese sluiting, wat haar lesers so emosioneel aanspreek en intellek- tueel boei. Die teks het aan my ’n veeleisende en uit- dagende en juis daarom besonder verryken- de leeservaring gebied – dit is informatief, onthullend, prikkelend én roerend, en ek bly onder die indruk van hoeveel aspekte daar nog is waaromtrent ek weer wil lees en dink. Daarom ook dat hierna slegs enkele van die vir my treffendste elemente in meer beson- derhede opgehaal word. Te midde van die toenemende politieke en sosiale onrus van die laat vyftigerjare (die byna algehele afwesigheid van spesifieke datums waaraan episodes geknoop kan word, is opmerklik deur die hele teks) stap Joubert een dag deur die Johannesburgse middestad en vergis haar dat sy Mahmoed daar herken. Die paniekerige emosies rond- om die kwessie van wáár en hoé sy in die apartheidstaat dié ontmoeting gaan hanteer, en ook die besef dat sy die eens só geliefde gesig nie meer goed onthou nie, word mee- voerend beskryf. Sy sluit af met hierdie insig omtrent haar nou veranderde omstandig- hede na daardie hartstog van tien jaar vroeër: “Ek besef waartoe hierdie jare my gebring het. Totale afsluiting. Kloustrofobiese afslui- ting. In my pragtige klankdigte sel met my man en my kinders en my wit katjiepiering- bome. Frustrasie, maar ook hulpeloosheid neem van my besit” (101). Die tweespalt wat verband hou met die konflik tussen die ris- kante ideaal en die koesterende sel, tussen Afrikaanse skrywer en Afrikaner Patriot (60), vorm ’n patroon wat as persoonlike tema en literêre motief deur die hele vertelling herken kan word. Hierdie tweede deel van die outobiografie begin in 1948 as sy haar groot avontuur met die Nyl op in Afrika in onderneem; ’n hoogs onkonvensionele onderneming, dog steeds met die wete dat sy na aan die elite staan en deur die establishment omarm word, en so sal dit bly. Sy kry ’n werk in die ambassade in Portugal omdat die ambassadeur ’n ou vriend van haar Pa is; wanneer sy met Klaas trou, betree sy die binnekringe van die destydse politieke kernsirkel via die wellewende en welvarende minister Klaas Havenga en skryf vol trots van een besoek per amptelike kaval- kade wat “die hele buurt in rep en roer gehad het” (72). In Johannesburg word die jong eg- paar na “verwelkomingetes deur die baie ryk 15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM 166

Upload: others

Post on 24-Dec-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010166

Reisiger. Die limietberge oor.Elsa Joubert. 2009. Kaapstad: Tafelberg.ISBN: 978-0-624-04812-1.

Met die verskyning eind 2009 van die tweedeen laaste deel van Elsa Joubert se outobio-grafie, Reisger. Die limietberge oor, was dit veraldie vertelling van haar intieme verhoudingmet die Indiër uit Kenia, Mahmoed, waarvanin resensies en boekbesprekings ophef ge-maak is. Natuurlik is daar literêre (die op-vallende parallelle met die verhaalverloop inDie reise van Isobelle) en sosiopolitieke kwes-sies (die konteks van die destydse NasionaleParty se drakoniese kleurbeleid vanaf 1948en verderaan) wat aan hierdie episode, watreeds binne die eerste bladsye van die boekop die voorgrond kom, soveel prominensieverleen. Maar eintlik pas dié passievolleervaring, liriese beskrywings en selfonder-soekende nabetragting van die verbintenismet Mahmoed (sy van bly onvermeld) naat-loos in die uitsonderlike struktuur vantweespalt en teenstrydighede wat vir my niealleen hierdie outobiografie nie, maar inwerklikheid Joubert se hele oeuvre karakte-riseer. Wanneer sy as jong vrou en moederhaar eie lewensloop vergelyk met dié vantydgenote soos Jan Rabie, Marjorie Wallace,Athol Fugard en Maud Sumner, is haar slot-som “ek voel slegs vry as ek geanker is” (109).Dié erkenning dat grootse drome en strewessteeds gerelativeer word deur die alledaagselimiete, artikuleer die ervaring van persoon-like en kreatiewe ambivalensie, en tog ookuiteindelike harmoniese sluiting, wat haarlesers so emosioneel aanspreek en intellek-tueel boei.

Die teks het aan my ’n veeleisende en uit-dagende en juis daarom besonder verryken-de leeservaring gebied – dit is informatief,onthullend, prikkelend én roerend, en ek blyonder die indruk van hoeveel aspekte daarnog is waaromtrent ek weer wil lees en dink.Daarom ook dat hierna slegs enkele van die

vir my treffendste elemente in meer beson-derhede opgehaal word.

Te midde van die toenemende politieke ensosiale onrus van die laat vyftigerjare (diebyna algehele afwesigheid van spesifiekedatums waaraan episodes geknoop kanword, is opmerklik deur die hele teks) stapJoubert een dag deur die Johannesburgsemiddestad en vergis haar dat sy Mahmoeddaar herken. Die paniekerige emosies rond-om die kwessie van wáár en hoé sy in dieapartheidstaat dié ontmoeting gaan hanteer,en ook die besef dat sy die eens só geliefdegesig nie meer goed onthou nie, word mee-voerend beskryf. Sy sluit af met hierdie insigomtrent haar nou veranderde omstandig-hede na daardie hartstog van tien jaar vroeër:“Ek besef waartoe hierdie jare my gebringhet. Totale afsluiting. Kloustrofobiese afslui-ting. In my pragtige klankdigte sel met myman en my kinders en my wit katjiepiering-bome. Frustrasie, maar ook hulpeloosheidneem van my besit” (101). Die tweespalt watverband hou met die konflik tussen die ris-kante ideaal en die koesterende sel, tussenAfrikaanse skrywer en Afrikaner Patriot (60),vorm ’n patroon wat as persoonlike tema enliterêre motief deur die hele vertelling herkenkan word.

Hierdie tweede deel van die outobiografiebegin in 1948 as sy haar groot avontuur metdie Nyl op in Afrika in onderneem; ’n hoogsonkonvensionele onderneming, dog steedsmet die wete dat sy na aan die elite staan endeur die establishment omarm word, en sosal dit bly. Sy kry ’n werk in die ambassade inPortugal omdat die ambassadeur ’n ou vriendvan haar Pa is; wanneer sy met Klaas trou,betree sy die binnekringe van die destydsepolitieke kernsirkel via die wellewende enwelvarende minister Klaas Havenga en skryfvol trots van een besoek per amptelike kaval-kade wat “die hele buurt in rep en roer gehadhet” (72). In Johannesburg word die jong eg-paar na “verwelkomingetes deur die baie ryk

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM166

Page 2: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 167

Afrikaners” genooi, tog voel sy meerder-waardig omdat “(s)ommige van hulle nognooit eers in die Kaap was nie” (71) – hoewelsy darem kort daarna kan sê dat “die absoluteselftevredenheid van die ‘Suide’ vir my on-aanneemlik is” (98). Na die aanslag op Ver-woerd word sy saam met haar buurvrouensywerige lede van ’n Randse skietklub. HaarKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse“name”: Audrey Blignault, Anna M. Louw,Rykie van Reenen, Truida van der Horst –“die Afrikaner-gemeenskap van Oranjezichteis ons op” (177). Haar reise na die tuislande,na die Portugese gebiede in Afrika en selfs indie buiteland word vergemaklik deur dievriendskappe met en bemiddeling van am-bassadeurs en koerantredakteurs. Ná aan dieslot van die outobiografie – wat eindig om-trent sestig jaar na die ontmoeting met Mah-moed – kan sy vertel van ’n ervaring wathaar laat met “’n soort euforie oor die heleondervinding” (434) as sy weer toe tree totdie nuwe binnekring: ’n persoonlike uitnodi-ging na ’n intieme ete met Mandela in dieampswoning, Genadendal.

Dit is egter dieselfde vrou wat, al was haarouers na die huwelik met Klaas bly “dat syweer terug in die kraal was” (60), in Afrikaansekringe die reputasie van jukskeibreker verkryhet. Vanaf Ons wag op die Kaptein maar veralna die verskyning van Bonga en Die swerfjarevan Poppie Nongena moes sy nie net van skool-hoofde (152) en deftige dames (264) verwytevan dislojaliteit en kruheid hoor nie, maarselfs haar geliefde Pa vra dat sy, omdat “diemense nie daarvan sal hou nie”, tonele met“basterkinders” uit haar verhale moet uitsnyen liewers oor “iets moois” moet skryf (159,178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n ouvriendin van Joubert se ouers) dat dié ’n ver-setbeweging van vroue teen die apartheids-regering moet lei, bly onerkend en onbeant-woord. Die Burger etiketteer haar aksies asvan “verbygaande berugtheid” (246). DatJoubert byna instinktief buite die kraal en

onder die juk uit geleef het, word veral ge-reflekteer in die relaas oor haar aktivistiesebelewenis van literêr-historiese mylpale (diestigting en verdere bestaan van die Skrywers-gilde; die bedanking uit die Akademie) maarook die veel breër betrokkenheid “oor dielimiete heen” by groepe soos Excelsior, haarbelangstelling in die toe onbekende swartskrywers en verbanne literatuur (238), diediepe vriendskap met Richard Rive, en viaRive, met Mphahlele en Sepamla; haar on-dersteuning van Karel Benjamin. “(S)elf wind-uitgeslaan deur dié nuwe wêreld”, is dit haarerns om daaroor te skryf en te praat waar ensoveel moontlik; tydens ’n lesing oor “Dieswart letterkunde as insig tot ons tyd” by ’nStellenbosse Rapportryersvergadering, lê vandie deftige toehoorders egter op hulle armsen slaap (238).

Maar konflik speel ook af binne die intiemekring. Die gevoeligheid oor die byna minag-tende wyse waarop Maud Sumner reageerwanneer Joubert haar huwelik en kindersamper “verskonend” ophaal en erken dat synie publiseer nie (102), word herhaal in talleander situasies. Haar skoonma se bedenkingeoor werkende vroue, haar eie ma se adviesdat uitrustings nie te manlik moet lyk nie,ongunstige reaksies wanneer sy afsprake kan-selleer omdat Klaas siek is of verlang. Dalkdie treffendste beeld van hierdie teenstrydigesaambestaan van diensbare moeder en self-sugtige skrywer kom voor in die vertellingvan die vaart waarmee sy aan Ons wag op dieKaptein begin skryf terwyl sy haar kinders na’n swemgala neem: “Elsabé swem borslag indie finaal. Ek gaan sit eenkant by die anderouers. Ek het my aantekeningeboek by my,my verbeelding is so op loop, ek kan nie op-hou skryf nie. Ek buk laag en skerm agter dieander ouers voor my en skryf neer, skryfneer”. En wanneer die dogtertjie presteer:”diema’s wens my geluk, ek knik diekant toe endaardie kant toe. Ek laai die kinders op en ryhuis toe en versorg hulle. Ek sit die aan-

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM167

Page 3: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010168

tekeninge vir die storie vir eers in ’n laai weg”(146).

Dit is juis hierdie eie insig in teenstrydig-hede; hierdie ontwapenend eerlike bloot-legging van die eie foute en falinge wat vol-gens my die leser se empatie, byna ver-eenselwiging, wek met wat geskryf word.Hoewel sy kort na die ontmoeting met Mah-moed die kleurbeleid van die Unie uitdruklikverwerp, erken sy by nabetragting “Dit valmy nooit op dat ek die gasvryheid van dieambassade van die land wat ek verfoei, mis-bruik” (40). Hoewel sy weet dat dit die keusevan “ (t)he majority of a minority of thepeople” is, stem sy tog vir ’n Republiek (132);sy erken dat haar leefstyl net in stand gehoukan word deur die opeenvolgende swart kin-deroppassertjies uit Botswana, deur die werkvan die Irene’s en Lucy’s en Eunice’e. En datten spyte van haar uitdeel van geld en gifte,van meelewing en ondersteuning, die witvrou steeds te kort skiet omdat sy haar eiebelange voorop stel en so bittermin weet vandaardie ander lewe – en omdat sy steeds wiken weeg tussen “charity” en “prudence” (344–5, 350). By implikasie maar ook direk ver-woord Joubert die menings en emosies vansoveel van haar tydgenote en lesers; onsherken ons eie tekortkominge in haar verhaal.

In ’n verhandeling getitel “Die vrou asoutobiograaf – Die Suid-Afrikaanse konteks”(2007) het Sandra Nortjé aangetoon dat waardie outobiografie as genre tradisioneel beskouis as “great stories about great lives”, dieoutobiografieë geskryf deur vroue, en veralbinne die Suid-Afrikaanse konteks, meestal’n sterk belewing van eiewaarde verstrengeldmet die besef van die aansprake van entoegewings aan die intieme omgewing én dievan die groter gemeenskap verwoord. Hier-van, soos dit in vele fasette van die verhaalsigbaar word, is Joubert se verhaal eksem-plaries.

Nie alleen is haar verhaal een omtrentgroot gebeure wat die Suid-Afrika van 1948

tot 1994 gevorm het nie, maar is dit ook dieverhaal van haar eie deelname daaraan enrol daarin. Op die noodtoestand van dietagtigerjare reageer sy byna “verspot” metongeposte “vlinderbriefies” aan koerante(355); is verbaas wanneer ’n ou vriend na dieDe Klerk-toespraak van 2 Februarie 1990 vra:“Gaan ons les opsê vir al ons sondes?” en glonaïef dat sy na 1994 nooit “meer die angs enskuld oor die boosheid van my eie mense”sal voel nie (372, 373). Die tweespalt by, selfs“digotomie” (373) in die belewenis van geladebegrippe soos Afrikaner en skrywerskap,speel besonder beeldend uit in die kwessiesrondom taal en haar komplekse reaksies opdie sukses van “die Poppie-ding” (291). Dienogal ironiese situasie dat die groot taallief-hebber (“Waarom gaan ek terug? […] Om-rede my taal …”, 60) se moeder, ooms entantes hoofsaaklik in Engels met mekaarkommunikeer (292) gaan die leser seker nieongemerk verby nie, veral wanneer soveelvan haar reaksies op gebeure en berigte dieou vetes van Boer x Brit, van joiners en hens-oppers, van “pienk” Engelsprekendes in her-innering roep. Haar onvermoë om BeyersNaudé se saak te steun motiveer sy met haarantipatie teen “verraad” (168); ná die groot eninternasionale sukses van Poppie voel sy“papgetrap deur die politieke […] uitbuitingvan die boek veral deur die Engelsprekendes”(277). Wat hier so opmerklik is, is dat die deur-lopende besinning oor die posisie van die Afri-kaner en in toenemende mate oor Afrikaanswat “aan’t gly is” (408) sonder uitsonderinggeknoop word aan diep persoonlike erva-rings en handelinge. Daar is nooit dogmatieseof ideologiese uitsprake nie – die vrees vir dietoekoms van haar taal kry vorm in haar ont-moeting met die boere van Argentinië; diepynlike verhouding tussen swart en bruin enAfrikaans ervaar sy saam met Eunice en Ha-rold Mhlanga. Die vraag “wat maak die Wes-terling in Afrika?” is geen akademiese filo-sofering nie, maar laat by elke nuwe verhaal

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM168

Page 4: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 169

van emigrasie onder kennisse haar “hartinmekaar trek”(338), en verskyn in talrykegestaltes deur haar hele oeuvre en dryf haarskrywerskap.

Iewers gedurende 1981 loop Joubert haaroud-lektor I. D.du Plessis raak wat vertel hoehoog hy die kortverhale in Melk aanslaan.Haar blye reaksie deel sy met niemand, be-halwe haar dagboek: “Dis kleinlik om dit hierneer te skryf, maar ek wroeg so baie dae,waarom nie een dag gelukkig voel nie?” (270).In hierdie eenvoudige sin word nie alleen dieeg-menslike nie, maar ook die selftwyfel enselfkritiek openbaar wat haar outobiografiesewerk so besonders maak. Immer gereed omhaarself te verkwalik wanneer iets verkeerdloop – Mahmoed wat Stockholm toe is, Nicowat siek word tydens ’n Afrika-toer, haarskoonpa wat koue sal kry wanneer hy hulleby die lughawe ontmoet – verwyt sy haarselfhaar “altyd ondeurdagte optrede” (96) maarerken ook “die ewigdurende Calvinistieseskuldgevoel” (143). Hierdie selfkritiek is ’nsimptoom van ’n veel groter maladie, haarunieke belewenis van “bestaansangs” (429).Reeds die jonggetroude ly onder ’n verlam-mende asemnood en kom via homopate by’n geloofgeneser uit wat haar “genees” vandie asma – “’n psigosomatiese siekte” – maarhaar boweal help om “deur die inkeer tot diediep stilte”, ’n “glimps” van ’n nuwe wêreld tekry (84). Hierdie glimpse beskerm haar egternet gedeeltelik teen die terugkerende depres-sies; dié “nonsenssiekte” wat vir ’n groot deelvan die vroeë tagtigerjare haar toenemendmoeg en beangs laat sodat sy onder psigia-triese behandeling in ’n kliniek opgeneemword. Haar toestand word deur dokters eerstoegeskryf aan ’n “skuldgevoel” omdat sy blyleef het na haar vierjarige sussie se dood (286)maar later aan “’n konflik tussen die kon-vensionele establishment en die rebelse” inhaar (288). Joubert self kom met die meestreffende verklaring – innerlike verskeurd-heid – vorendag: “Ek dink nie ek rou oor my

sussie nie, Ek rou oor die dood van die kindvan ses wat ’n Patriot wou wees. Die kind vansestien met ’n brandende fakkel in haar handwat haar wil uitgiet in die brandende olie virhaar volk. Die kind wat deur my verraai is”(288). Deur die vertelling van hierdie innerlikekonflik loop die goue lyn van die mistiekeervaring, van haar lewenslange “stoot teen’n ‘Cloud of Unknowing’” (195), van haar “diepbegeerte na die Onsienlike” (194). Hierdieervarings vind direk neerslag in onder anderehaar “ambivalente” verhouding tot die amp-telike Kerk en in haar skryfwerk soos veral inBonga, Die laaste Sondag, Missionaris en Tweevroue (maar is waarskynlik reeds aantoonbaarin haar “buitensporige” reaksies as kind entiener en later haar wonderlik-evokatiewebeskrywings van die liefde vir Mahmoed). Inhaar weergawe van Klaas se siekte en doodneem die begeerte na die Onsienlike vir my’n besonder oortuigende vorm aan. Klaas, virwie sy sedert hulle eerste ontmoeting “gepro-grammeer was deur my gene, deur my voor-vaders” (80); van wie sy skryf “ek wil nooitbo Klaas presteer nie” (287), en wat vir haarkosbaarder was as sy self, sterf in die wintervan 1998. Kort voor sy dood verduidelik hyaan haar sy siening van die oorgang van lewena dood: ’n duif wat aan die een kant van ’nskadustreep staan, sy pootjie oorsteek na dieligkant, oorstap en dan daar rustig sit. “Dis alwat die dood is, net ’n treetjie gee uit diedonker na die lig” (459).

Met hierdie beeld van die enkele stappiewat dit verg om die Ewigheid in te gaan, worddie verwysings na die pad en die reis wat sulkekernmotiewe in beide die outobiografieëvorm, en wat ook die titel en subtitel vanhierdie tweede deel bepaal, bevestig en tot ’nklimaks gevoer. Haar verhaal begin met dieAfrika-reis en die daaropvolgende langbesoeke aan verskillende Europese landetotdat sy en Klaas saam terugkeer na Suid-Afrika. In die Johannesburgse Jeppestraat-poskantoor word sy daagliks gekonfronteer

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM169

Page 5: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010170

met ’n reuse wêreldkaart wat haar herinneraan die afspraak om daardie groot wêreldoop te skryf. Die loop op die talle paadjieswat so ’n verbeeldingstaak verg, ontwikkeltot ’n indrukwekkende reis – fisies, emosio-neel en binne haar oeuvre. Die verhuising naKaapstad gaan sy tegemoet met “’n nuwehand kaarte. Ek loop ’n nuwe pad” (176); haarverhouding met Klaas beskryf sy as “dieonbereikbare waarheen ons op reis is” (173);na sy dood verklaar sy haar diepe verdrietaan ’n vriendin as “ons was saam op reis aandie soek vir die summum bonum. Dis vir myswaar om my pad alleen verder te kry”(464).Soos wat sy eens gewonder het of die intenseaangetrokkenheid tot Mahmoed (‘n aange-trokkenheid wat sy beskryf as “Ek het weg-gegaan om die bos te soek, dink ek, nou gaanek, weer, die wonderlike, goue bos binne”,18) nie net was (omdat) “hy vir my die be-liggaming was van die romantiek en misterievan die ongrypbare Afrika?” (52). Heel teendie einde van die boek verklaar sy dan ookhaar blydskap met die gala-aand waartydensPoppie as een van die twintigste eeu se honderdbeste boeke uit Afrika geloof word, as uit-eindelike aanvaarding deur Afrika, “wat myas enkeling na hom gelok en my op die reiselaat gaan het” (487).

Ook weer soos in die eerste deel van dieoutobiografie openbaar sy haar as ’n boom-mens, en kan haar kleinseun van haar nuwestudeerkamer in die woonstel opgetoë op-merk “Nou woon Ouma ín die bome” (479).Een van die talryke boomverwysings in dieboek is die herhalende vermelding van diewurgvy wat sy op ’n ‘amptelike’ besoek aanVenda in die Heilige Woud sien groei. Hierdiegroteske boom, wat ’n tweede boom dood-wurg totdat net verkrummelde stof oorbly,versinnebeeld haar vrees dat op soortgelykewyse “ons mense” deur die apartheids-ideologie vermolm is (370, 381). Maar Joubertself sluit haar boek met die beskrywing van’n kamer gevul met blikke op ’n woud van

bewegende bome en blare, en van een af-geskeurde tak wat stukkies groen bly uitstooten wat, soos haar Pa meer as tagtig jaar van-tevore ten opsigte van kindwees opgemerkhet, in die nuwe groei “‘n wonderlike geweld”openbaar. “[D]irek uit die deurweekte donkerbas dring die fyn, sagte puntjies deur, op hullemooiste as hulle oopvou en die son in dieklein aartjies opvang” (488).

En so dra hierdie outobiografie dié on-miskenbare boodskap oor: in jou einde is joubegin (439). Waar die verhouding met Mah-moed haar laat glo het dat donker en lig saamkan wees (32), wéét sy na Klaas se dood datsonlig en skadu één is. Die “deurgeskifde,loshangende stukke tou van my lewe (is) op-getel en vasgebind … die reis van mens totmens (is) afgelê […] die oorlog is verby” (487).

Henriette RoosUniversiteit van Suid-Afrika, Pretoria

Voetstoots.John Miles. 2009. Kaapstad, Pretoria:Human & Rousseau. 364 pp.ISBN: 978-0-7981-5080-4.

“Daar is geen waarborg nie […] Jy kan niejou lewe gaan inruil vir een wat jou geluk-kiger maak nie. Jy kan dit nie terugvat ofinruil vir een wat beter werk nie. As jy solaf was om op iets te bie en die bod wordop jou toegeslaan, dan sit jy daarmee.Voetstoots. Jy moet sien kom klaar” (157).

Binne ’n post-postmoderne era waar een-dagsvlieë en built–in obsolescence slagspreukevan ons perspektief op en kommunikasie metons leefwêreld geword het, klink hierdieargument vir uithou en aanhou opvallend,byna grimmig ouderwets. Maar, die einstestukkie nugter moralisering word onmid-dellik gerelativeer deur ’n hoopvolle weer-

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM170

Page 6: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 171

woord: “… of die bod slaan (dalk) toe op ’nwinskoop” (158). Dit is met die juksta-ponering van dié twee lewenshoudings datMiles se Voetstoots vir my sy besondere tref-krag as narratief en as sosiale kommentaarbereik.

Voetstoots is die verhaal van die tandarts/historikus/huisbaas August Lotz en diepolisiekaptein Tessa en haar seuntjie Otto;Tessa se gewelddadige man Andries Kotze,twee dooie “boemelaars” en die nuuskierigegemeenskap van ’n Weskusdorp en om-gewing. Op die rand van hierdie sirkelbeweeg August en Tessa se families, Miekedie rondreisende fortuinvertelster wat won-derwerke instigeer en ook die alwetende,naamlose verteller – ’n beeldhouer/filmmaker/skrywer. Verweef met die hele hedendaagsenetwerk is die onderwerp van August se toe-gewyde navorsing: die agtiende-eeuse rei-siger en koloniale dagboekskrywer, RobertJacob Gordon. Sommige van hierdie karak-ters moes bly sit met dit waarop hulle gebiehet: ’n ongelukkige huwelik, ’n vernietigendehumeur, ’n slopende siekte, ’n verkeerdeberoepskeuse, die kantelende tydsgewrig.Ander, soos August, Tessa en Otto, ervaar hoehulle bod (ten spyte van vorige slegteervarings) tog ’n winskoop kan oplewer: ’ntoevallige aankoop lei tot ’n nuwe lewenstyl;’n eerste ontmoeting lei tot ’n intieme enwaarskynlik blywende band.

Die intrige draai om gegewens wat lyk ofdit gehaal is uit die stereotipe arsenaal vangewilde lektuur: liefde met die eerste oogop-slag, ’n wunderkind in die halfwoestyn, ’nverskeidenheid liefdesdriehoeke, onafwend-bare geweld en vermoedelike moord en lesbes, ’n gelukkige einde. Miles struktureer hier-die sy vertelling egter opvallend meervoudigen veelseggend – dit word ’n teks wat weeren weer gelees kan word en steeds nuwebetekenisse openbaar.

Die verhaallyn word verdeel in drieepisodes, tipografies aangedui deur afson-

derlike titels, numering en wit blaaie, watvanaf die naweek voor Kersfees tot metOujaar 2006 strek.

“Kersnaweek” (13 hoofstukke, 106 blad-sye) beskryf die ontdekking van die eerstelyk in die waskamer van die vulstasie en dietoevallige ontmoeting van August en Tessa;dit gee die bietjie-bietjies inligting omtrentAugust se verlede, sy ontdekking van Gordonse dagboek en die toevallige aankoop vandie eiendom op die dorp. Die blitsige ont-wikkeling van die verhouding tussen die drie– want ook August en Otto vorm ’n intenseverhouding – word begelei deur waarsku-wende verwysings na die afwesige maardreigende Andries.

In “Opvolg” (13 hoofstukke, 136 bladsye)word die lyne en vlakke van die eerste deelnou met meer detail ingevul terwyl die intrigeverder ontwikkel. Deur August se herinne-ringe word sy familie se belewenis van dieapartheidsjare oopgevlek: sy Pa se onver-mydelike opname in die Weermag en diegevolglike verwydering tussen hom en syseun, in so ’n mate dat ten spyte van ’n jare-lange briefwisseling en debattering Augustskynbaar nie wil erken dat sy Pa uiteindelikselfmoord gepleeg het nie, terwyl August ensy suster hulle in die uithoeke van die wêreld,Australië en Kanada, gevestig het. Deur Tessase gedagtes word die euwels van die heden-daagse maatskappy, binne die konteks vanhaar ervaring van die situasie binne diepolisiediens en die nimmereindigende,gruwelike misdaadvoorvalle (soos die aanvalop die drie Duitse toeriste, 236) weer aan-gesny. Tussendeur loop die draad van Gordonse vroeëre omswerwinge in hierdie streek.Wanneer August besoek ontvang van Han-nah, eienaar van die plaas waarop Gordon sespore teruggevind kon word, vertel sy homvan die Finse argitek wat haar gaan help omdie agtiende-eeuse staanplek weer te herstel.August en Tessa bring Kersnag deur in Han-nah se strandhuis; hier hoor sy die volle weer-

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM171

Page 7: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010172

gawe van hoe sy vrou Corrie dood is, en leessy die Hermansgedig wat hom aan sy eersteen groot liefde laat dink het, en toe die eintlikemotivering was vir August se besluit om homop die dorp te vestig. Hy ontvang uiteindelikdie spoedpospakkie wat al soveel dae agterhom aangestuur is – ’n lang brief van sy susterwat op besoek in Kaapstad was. Hoewel diegeskille met sy luidrugtige huurders voort-duur, ry August Kaap toe vir sy Ma se ver-jaarsdag. Op pad daarheen gaan hy weer byHannah aan, en sien ’n foto van die Finseargitek – hierin herken August die gesig vandie naamlose man wie se lyk ’n week eerderby die vulstasie gevind is. Terwyl August bysy moeder en haar nuwe vriend kuier, keerAndries met Otto na die dorp terug en maakgroot moleste oral waar hy kom.

“Rondom nuwejaar” (9 hoofstukke, 107bladsye) is die afsluitende deel van die romanwat in verskeie opsigte ook die klimaksdaarvan vorm. Die apokaliptiese natuur-elemente – reën en oorstromings wat op ’nsonvloed lyk – word gespiëel in die menslikeverhoudings. Wanneer August van Andriesse aankoms hoor, keer hy per bus terug nadie dorp. Te midde van die voorbereidingsvir en aanvang van ’n langverwagte oujaars-party, breek die storm rondom Tessa en An-dries uit. Hoewel haar broer Karel, ook ’npolisieoffisier, Andries probeer kalmeer, krydié se jaloesie en woede die oorhand en beginhy skiet. August se armsalige huurder, An-dries self en Tessa se prokureur sterf en Tessaword ernstig verwond; August vlug met Ottodie veld in maar keer later terug en hoor datTessa sal oorleef. Op hierdie stadium tree dieverteller skielik op die voorgrond. Hy loopAugust en Otto raak en vertel hulle die goeienuus van Tessa, en hy wend hom direk tot dieleser om die verskillende weergawes vandieselfde soort gebeure, en daarmee saamdie verskillende moontlikhede van die afloopdaarvan, te oorweeg. Die slotsom: soms kry’n mens nog ’n kans; soms kan jy die uit-

mergelende en skynbaar onafwendbare af-loop van ’n gebeurtenis positief omkeer.

Die eerste en laaste van die 35 hoofstukkevorm ’n omarmende raam; albei word verteldeur die anonieme verteller wat nog slegsenkele maande op hierdie (fiktiewe) dorpwoon waar hy met nuuskierige argwaandeur die inwoners beskou word. Iemand watdie week se gebeure gadegeslaan en ditblykbaar ’n ruk na die afloop daarvan oor-vertel het. Hy tree nie heeltemal binne dietradisie van die alwetende vertellersfiguur opnie – of liewer, daar is baie wat hy nie met dieleser deel nie – en sy fokus is op August enTessa. Die leser word egter nie slegs in hierdieraamgedeelte direk aangespreek nie, maarook, hoewel nie dikwels nie, deur die loopvan die hele verhaal. Hierdie twee raam-hoofstukke stel ook dit wat later kernkwessiesblyk te wees, reeds bekend en beklemtoondit: die liefde tussen August en Tessa, die rolvan toeval, en die belang van die verbeeldingen van verskillende moontlikhede en inter-pretasies wanneer daar vertel word.

Miles plaas sy karakters op die (naamlose)dorp wat sowel terminus is as geleë op diekruispaaie na ander bestemmings. Die vul-stasie en polisiestasie, die huurkamers engastehuise versterk die indruk van onstabieleruimtes, tydelike verbintenisse en voort-durende beweging. Beelde van veranderingen oorgang kom voor op verskillende ver-haalvlakke en deur die hele verhaal heers daarafwagting op ’n nuwe periode. Tessa staanaan die einde van haar loopbaan in die polisiemaar aan die begin van ’n nuwe lewe, diebeknopte agterkamer is voorspel tot ’n nuwewoonplek, August sukkel om van die huur-ders ontslae te raak en sy eie huis te betrek,daar is die vooruitsig op die publikasie van syboek, Otto wat moet skool toe. Hierdie skom-melende oppervlakte word egter onderlêdeur die diep ingebedde spore van die ver-lede. Die tekens van vroeëre inwoners is oralssigbaar en herwinbaar: onder die toegeplei-

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM172

Page 8: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 173

sterde gewels, in die deurmekaar stoorkamer,in die herwonne klipspoor van Gordon seroete, in die gesig van die berg wat oor diehele omgewing waak, selfs in die dinosaurusseen skulpe en fossiele waarop klein Otto soversot is.

Dit is ook interessant hoe dieselfde beginselvan fluktuering geld ten opsigte van die struk-turering van die verskillende verhaallyne.Daar is ’n heen-en-weerbeweging in tyd enruimte soos wat afsonderlike verhaallynetelkens opgeneem en weer opsy gelaat word.Die uitsteltegniek is opmerklik; ’n atmosfeervan afwagting en spanning ontstaan wan-neer leidrade en verwysings verskyn wat eersin die latere afloop van die verhaalont-wikkeling (gedeeltelik!) opgehelder word. Diespoedpospakkie met sy suster se ontboese-mende brief kom herhaaldelik ter sprakemaar is telkens soek voordat August dituiteindelik kan lees. Die identiteit van dieeerste “boemelaar” se lyk bly ’n onopgelostegeheim ten spyte van August se speurpogingsen sy uiteindelike vermoede dat die liggaamdié is van die vermiste argitek. Dat Hannahse gesin betrokke by hierdie dood is, worddeurlopend gesuggereer hoewel nooit werk-lik bevestig nie. Net so word die volle verhaalvan Corrie se dood en August se skuldgevoeldaaromtrent slegs geleidelik onthul, terwyldie onheilspellende verwysings na Andriesplek-plek voorkom voordat die werklikegeweld eers aan die einde van die roman los-bars. Die romanstruktuur besit ’n opmerklikesimmetrie: die waterbeelde, die verwysingna Genesis en na “oorlewing op ’n vol enoeroue aarde” (11) in die eerste paar para-grawe, vind ’n pendant in die laaste gedeeltewat teen die agtergrond van die watersnoodafspeel, en in die slotparagraaf wat vereen-selwiging met Afrika benadruk – die plek van“die eerste mense, die oorsprong van ver-wagting” (364).

Hierdie besondere patrone van voorspel-ling en herhaling word bondig verwoord in

August se gewaarwording wanneer hy naTessa kyk en ’n onmiddellike aangetrokken-heid ervaar: “Wie het gesê ons lewe deur her-haling?”, ’n vraag wat hy onmiddellik selfantwoord: “Ons lewe deur herhaling” (62, 68).

Dit is egter nie slegs in die irrasioneleerotiese vonk op die vlak van die intrige waarherhaling aanwesig is nie. Herhaling ontwik-kel ook as ’n sentrale begrip in die roman enword vir my deur veral twee aspekte be-vestig.

Die eerste demonstrasie hiervan is dieontwikkeling van motiewe wat die verskillen-de ruimtes en tye en karakters met mekaarverbind. Verwysings na water vorm ’n digtepatroon deur die hele vertelling. Binne dieorde van die verteltyd kom dit voor vanafdie eerste paragraaf waar Tessa wakkerskrikuit ’n droom en die glas water langs die bedomstamp. Volgens die chronologie van dievertelde tyd is daar die vermelding van diebrakwater waar Gordon en sy gevolg afsaal(10), die verwysing na sy voorspelling vantoekomstige klimaatsveranderinge en onver-wagte watervloede (156), en dat Losberg asdie oorspronklike Ararat beskou is (354). Uit-eindelik sluit die vertelling af met die wolk-breuk wat die oplossing van die konflikbegelei. Dit is dalk paslik dat in ’n half-woestynwêreld, hoewel die see net vyftigkilometer van die dorp is, die pogings tot enhoop op ’n nuwe lewe so direk met waterverbind word. Daarom klink die verbeeldeversugting uit Gordon se mond: “Gee mywater en arbeid en ek tem die wêreld” (152)steeds geloofwaardig.

Dis egter ook opmerklik dat momentevan intense ervaring – seks en dood – ook inwaterbeelde weergegee word. Vir Augustvou Tessa haar lendene “soos water” omhom, is sy vir hom ’n “vasmeerplek” (9); laterlê sy “oop soos ’n strand en voel hoe hy soosdie inkomende gety oral oor haar opstoot.Sy word soos die see, net liggaam” (212). InTessa se gedagtes omtrent die verdwyning

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM173

Page 9: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010174

van haar geliefde onderwyser stel sy haarvoor dat hy tog in die natuur vrede moeservaar het, “Soos ’n bok vol skeppende ener-gie, wat die laaste pan met laaste water opsoekom sy dors te les, juis daar waar die dood lêen wag. Dood by die water, lewegewendewater” (93). Die “boemelaar” vind die doodin die vuil waskamer van die vulstasie op dienat vloer en die beeld word herhaal wanneersy in ’n hewige erotiese droom ervaar die“ekstase word onkeerbaar, alles verdrinkonder haar”, en dan besef dat haar onbekendeminnaar die dooie boemelaar is (63).

Ook by August word die ervarings soverstrengeld herskep as hy droom hy staanin die volgestoomde waskamer met die lyk,die uitlokkende fortuinverteller en Otto ter-wyl die reën buite neergiet. Die drome vandie karakters (Otto se vrees vir dreigende,gewapende “hopliete”, August by wie “geennag deesdae verbygaan sonder ’n droom nie”,173) begelei hulle daaglikse doen en late, ditvorm nog so ’n patroon wat dui op ’n soortalternatiewe maar verbandhoudende werk-likheid.

Die besondere rol van die toeval sluit aanby die ervaring van hierdie alternatiewewerklikheid en is nog ’n motief wat deurherhaling en ontwikkeling die gebeure bind.Wanneer August toevallig die Hermansgedigin die stowwerige plaaswinkel raakloop endaardeur aangevuur word om die eiendomte koop, is dié voorval maar een in ’n magdomvan “toevallighede” wat die vertelling deur-spek (vir my ’n prettige heenwys na diebekende Hermans-uitspraak dat in ’n goed-gestruktureerde roman geen mossie van diedak mag val sonder gevolge vir die res vandie verhaal nie). Sy skaars gekende Oupa hetin hierdie distrik op die plaas “Noodsaak-likheid” geboer; die Boesmanlegende vanvallende sterre wat dood voorspel word waar;hy ontdek toevallig die Gordon-dagboekwaardeur hy weer belangstelling in die lewevind – Gordon wat, soos August se Pa, self-

moord sou pleeg. Die ontmoeting met Tessais pure toeval, en ten spyte van al die wenseen planne en besluite, ten spyte van hoe sterkons is of hoe slim of hoe dapper, op die ouend, so glo August, is dit deur toeval wat onsoorleef (258).

In die tweede plek kom die ou Miles-lesersterk onder die indruk van die boeiendegesprek tussen hierdie roman en die res vanoeuvre; ’n gesprek waartydens by herhalingbekende elemente op die voorgrond tree. Juisdie prominente plek wat toeval inneem,verbind die Voetstoots-wêreld met die erva-rings in Die buiteveld, soos ook die aanwe-sigheid van die emigrasie en diaspora-kwessies, die skuld oor die apartheidsverledeen die houding teenoor politieke en maat-skaplike transformasie. Die spanningslyn watbinne die vertelproses opgebou word – soweluitgebeeld in die onmiddellike aangetrok-kenheid tussen man en vrou wat enige ra-sionele oorweginge oorskry as in die effekvan afwagting op en naderkom van ’n onaf-wendbare gevaar – was reeds uitmuntendekenmerke van Okker bestel twee toebroodjies enBlaaskans.

Dit is egter die verbintenis tussen Voetstootsen Kroniek uit die doofpot. ’n Polisieroman, watmy veral getref het. In daardie ouer teks hetbetrokkenheid by die aktualiteit en literêremeriete op ’n merkwaardige wyse saam-gekom. Met Voetstoots doen Miles dieselfde,en binne dieselfde soort verhaalruimte, maargeplaas binne ’n heeltemal nuwe tydgewrigen bekyk vanuit ’n ander perspektief. Nou isdit ’n ander manifestasie van mensonterendegeweld en intimidasie wat in en deur diepolisiediens onthul word; misdaad veral teenvrou en kind, die gevoel van “verterendeuitsigloosheid”, van die wanhopige “gees vandie tyd” (137). Terwyl ek hier sit en skryf lêtwee knipsels uit Beeld langs my. Die een van19 Oktober 2009 bied ’n lang lys van gesins-moorde wat die afgelope paar jaar binne poli-siegeledere plaasgevind het en suggereer ’n

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM174

Page 10: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 175

verhaal van sosiale verwarring, persoonlikegriewe en individuele katastrofes. Die tweedeis dié van 3 Desember 2009 en berig oor skry-wersreaksies op die selfmoord van ’n be-kende Afrikaanse joernalis onder andereweens, waarskynlik, die oortuiging dat daar“geen meer salf aan die toekoms te smeer isnie” (137). Soos in Kroniek uit die doofpot treedie verteller in die verhaal in, lewer kom-mentaar, en deur “’n verhaal uit ’n toevalligebestaan […] terwyl die meesternarratief vandie land elders uitgepluis word” (9), word diewerklikheid rondom ons ontbloot.

By die aanhaling aan die begin van hierdieresensie is opgemerk dat die “voetstoots”benadering tot die lewe sowel aanvaardingas hoop kan inhou; net so impliseer “herha-ling” dat mens bloot “alles kan aanvaar. Lewedeur herhaling” (319), maar ook kan glo “ jykry nog ’n kans. ’n Vars kans” (364). Die ver-teller erken self dat sy vertelling beïnvloedwas deur vroeëre ervarings – ’n soortgelykevoorval waarvan die afloop so tragies wasdat hy besluit het om hierdie verhaal ’n goeieafloop te gee. En in haar brief skryf sy susteraan August dat ’n mens “ten spyte van om-ringende ellende, onvoorwaardelik voluit(kan) leef, kom wat wil” (187).

Helena skryf ook aan haar broer dat “diegrootste waardes lê anderkant lawaai enhisterie (en die bekken …) (184). In Tessa sebeplande brief oor haar weggaan uit diepolisie wil sy ook nie korrupsie of politiekophaal nie, maar fokus op wat sy beskou asdie eintlike kanker in die hedendaagse same-lewing: “’n gebrek aan respek vir jou mede-mens. (236). En dit is een van die blywendewaardes wat Miles se oeuvre my steeds bied:die teenwoordigheid van figure wat sonderuitsondering moreel integere mense is –karakters vir wie “voluit leef” ook betekenharde werk, die nakom van verpligtinge endie aanvaarding van verantwoordelikhede,die poging om te vergoed vir oortredings engebreke.

Voetstoots verskyn in die jaar wat John Milessy sewentigste verjaarsdag vier en Humanen Rousseau hulle vyftigste bestaansjaarherdenk, en watter voortreflike bewys lewerhierdie roman nie dat kreatiewe voortreflik-heid nooit kan verouder nie.

Henriette RoosUniversiteit van Suid-Afrika, Pretoria

Naweek.Toast Coetzer. 2009. Kaapstad: TafelbergUitgewers. 160 pp. ISBN: 978-0-624-04759-9.

Toast Coetzer se debuutroman handel oor ’nsuksesvolle en aantreklike Afrikaanse rock-ster, Maanhaar Basson en sy vriende wat hullewens wy aan vertonings, dwelmmisbuik enonverantwoordelike seks. Sekerlik nie vreem-de optrede van ’n rockster wat selebriteitstatusgeniet nie, maar ongelukkig lei Maanhaar sehedonistiese lewe tot die dood van ’n agtien-jarige aanhanger. Dié gebeurtenis vorm diekern van die roman, omdat alle voorafgaandeen daaropvolgende gebeure daardeur bepaalword. Die plot sluit direk aan by die titel, omdatdie verhaalgebeure oor die verloop van ’nnaweek afspeel. Die boodskap is duidelik –een onbesonne daad kan jou lewe onherroep-lik verander of jy nou ’n ster is of nie.

Die roman word in ’n omgekeerde tyds-orde aangebied deurdat die verhaalgebeureteen die Sondagoggend begin en die Vrydag-nag eindig. Dié struktuur veroorsaak dat dieleser dikwels meer weet wat die uiteinde vansekere aksies gaan wees as die karakters self.Ons het dus hier te doen met dramatiese iro-nie wat help om spanning te skep, maar dieomgekeerde orde verhoed nie altyd dat dieverhaalgebeure (veral vanaf die tweede deel)tog voorspelbaar word nie, omdat die leserreeds deur middel van sekere mededelingsin die teks ’n goeie idee het wat gaan gebeur.

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM175

Page 11: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010176

Daar word reeds in die koerantberig (wat as’n proloog beskou kan word) op op bls. 5 en6 melding gemaak dat Maanhaar in ’n motor-ongeluk sterf en op bl. 54 word vir die eerstemelding gemaak van die ongeluk waarin dieagtienjarige aanhanger sterf.

Ten spyte van die onkonvensionele struk-tuur is die plot yl en daar gebeur werklik nieveel nie. Die romaninhoud bestaan nie uit veelmeer as seks, suip, dwelms en rockmusieknie. In dié opsig lewer Naweek nie ’n noemens-waardige of vernuwende bydrae nie – ’nouteur soos Irvine Welsh gaan baie meerkreatief met pilletjies en spuitjies om. Na diesoveelste suipepisode, jagse praatjies, beteke-nislose gevloek, desperate seks- en snuifto-neel voel die leser of hy kan skree van ver-veling en frustrasie.

Meer interessant is die surrealisties-absur-de beskrywings van ’n Suid-Afrika wat gebukgaan onder geweld en sosiale verval. Coetzerslaag deur middel van verrassende beeldge-bruik en afstandelike ironie daarin om ’nfatalistiese en apokaliptiese blik te bied op dieSuid-Afrikaanse bestel. In dié opsig sluitCoetzer se roman aan by Jaco Botha se Mis-kruier (2005). Die volgende aanhaling is eenvan talle voorbeelde waaruit ’n pessimistieseen absurde perspektief op die Suid-Afrikaansemaatskappy blyk: “Mense druk messe enskerpgemaakte stukke draad in mekaar sesye in, sny koppe met elektriese vleismesseaf en begrawe die stukke van die stil liggaamsoos paaseiers in hulle voorstedelike voor-tuine. Oor Paasnaweek.”

’n Relatief afstandelike fokalisator is teen-woordig wat ’n satiries-ironiese blik op dieoppervlakkigheid van die hedendaagse stads-bestaan bied soos uit die volgende blyk: “Ver-skeie koffiewinkels en restaurante wat opklein vals piazzas uitloop na die tuine om diemeer is – afhangende van die tyd van die dagof week – dig bevolk met huisvrouens uit diebuurt, drostende skoolkinders, gay ontwer-persmans, nie-gay ontwerpersmans, senior

burgers wat alleen of saam met familie tydverwyl tussen die volgende casino-besoek endie dood …”

Dwelms word as kitsoplossing deur diekarakters gebruik om hul van oppervlakkig-heid te bevry. Die romankarakters is geenhelde nie, maar ’n groepie patetiese mensewat nie weet hoe om verantwoordelikheidte neem nie. Tot ’n groot mate word die al-gemene verval in die kontemporêre Suid-Afrikaanse bestel reflekteer in die karaktersse onstabiele optrede. Daar is ’n noue verbandtussen Maanhaar Basson se individuele vervalen die geleidelike verwording in die groterbestel.

Verder word die eksistensiële krisis vandie jong blanke Suid-Afrikaner belig. Hiermeesluit Coetzer aan by die werk van Jaco Fouchéen die meer onlangse Om na ’n wit plafon testaar (2009) deur Jaco Kirsten. As tema bieddit uiters beperkte moontlikhede aan jongerskrywers, want wat daaroor te sê is, is reedsgesê. Wanneer gaan ’n roman die lig sienwaarin jonger Afrikaanse skrywers met alter-natiewe perspektiewe vorendag kom? Wan-neer gaan hulle wegbeweeg van besope pes-simisme en impotente selfbejammering?

’n Tematiese gegewe wat hierby aansluiten sterk figureer in die roman is ’n nostalgieseblik op die verlede (in die trant van Dana Sny-man) wat pertinent deel vorm van blankeSuid-Afrikaners se bestaanskrisis. Die “lekker-goeie-ou-dae” word ’n gemaksone vir die watnie kan aanpas by veranderende omstan-dighede of nuwe realiteite kan skep nie. ’nVoorbeeld hiervan word op bl. 25 gevind:

Toe sy ma nog gelewe het, het hulle ookhier buite in een van die ou voorstedegewoon, die soort wat nog bestaan hetuit groot woonhuise met ruim tuine,vriendelike parke en ’n hand vol skole.Kafees was eweredig versprei, op hoekegeleë en die buitewyke gepatrolleer deurroomysverkopers op klingende fietse. Hyvoel hoe ’n oranje ysstokkie sy verhemel-

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM176

Page 12: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 177

te brand, die soet geursel wat sy lippedeurtrek met somer en jonk wees. Van-dag is dit net meenthuiskomplekse enverder weg, gholf estates verby die vleievir dié wat dit kan bekostig. Roomys-karretjies is vervang deur vlugtelinge enswendelaars, verkragters en ontvoerders.

Die vraag wat onmiddellik by die leser op-kom is: bied Coetzer ’n geskakeerde perspek-tief op die Suid-Afrikaanse realiteit? Is daarwerklik geen roomyskarretjies, hoekkafeesen groen parke meer oor nie? Ek is genoopom te sê – kyk weer ’n bietjie om jou rond enwaak teen eensydige uitsprake.

Op ’n meer positiewe noot bied Naweek ’ninteressante perspektief op selebriteit enondermyn die roman van die belangrikstemites en wanvoorstellings wat daarmeeverband hou. Coetzer bied aan die leser ’nblik op die binnewêreld van die vermaaklik-heidster – ’n wêreld wat ver verwyderd isvan die rooskleurige beeld wat aan aanhan-gers voorgehou word. In Maanhaar Bassonse skitterbestaan is alles manipuleerbaar – sybeeld, persoonlike geskiedenis en verhou-dingslewe – maar uiteindelik haal sy skadesen skandes hom tog in. Die feit dat Basson diedood van een van sy grootste aanhangersveroorsaak, dui op die parasitiese verhoudingtussen ster en aanhanger – die een kan niesonder die ander nie – letterlik ’n geval vantot die dood ons skei. Coetzer se insigge-wende en oortuigende disseksie van selebri-teit is die roman se grootste aanwins.

Coetzer se debuutroman is ’n verdiens-telike poging wat in sekere opsigte slaag, maarfaal in ander.

Neil CochraneUniversiteit van Suid-Afrika, Pretoria

Over grenzen. Een vergelijkende studievan Nederlandse, Vlaamse en Afrikaansepoëzie.Oor grense.’n Vergelykende studie vanNederlandse, Vlaamse en Afrikaansepoësie.Ronel Foster, Yves T’Sjoen, ThomasVaessens (reds.). 2009. Leuven/ Den Haag:Uitgeverij Acco. 424 pp.ISBN: 978-90-334-7355-5.

Soos die tweetalige titel en ondertitel aangee,bring Over grenzen/Oor grense ’n vergelyken-de studie van die Nederlandse, Vlaamse enAfrikaanse poësie. Die bundel bestaan uit 16opstelle met ’n groot verskeidenheid aanonderwerpe en benaderingswyses: van dievergelyking tussen die Afrikaanse en Neder-landse literêre sisteme, oor tematiese verge-lykings, vergelykings tussen digters en gen-res, tot die analise en vergelyking van indivi-duele gedigte. Die gebruik van ‘Vlaams’ indie titel is ’n bietjie misleidend: die Vlaamseliteratuur kom skaars ter sprake: net aan TomLanoye en Karel Jonckheere word aandagbestee.

Die verskeidenheid aan onderwerpe sou’n aanduiding kon wees van die vrugbaarheidvan ’n vergelykende benadering van dieNederlandse (inklusief die Vlaamse) en dieAfrikaanse literatuur maar eintlik is dieteendeel die geval. Die verskeidenheid wysnie op ’n digte netwerk van verbande en in-vloede nie maar juis op die afwesigheid daar-van. As duidelik aanwysbare verbande ont-breek kan enige onderwerp met ’n ooreen-stemmende een in die ander taal vergelykword. Dit is wat in hierdie opstelbundelgebeur. Uit hierdie soort van vergelykingontstaan daar nie ’n meerwaarde nóg vir dieAfrikaanse, nóg vir die Nederlandse litera-tuurbeskouing nie. Die versamelde opstellekan daardeur die leser nie oortuig van dierelevansie van ’n sistematiese en breë verge-lyking van die Afrikaanse met die Nederland-

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM177

Page 13: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010178

se literatuur nie. Die boek bewys dat daarmin regstreekse aanknopingspunte tussendie onderskeie literature bestaan. En diekontakte en beïnvloeding wat daar wel is, ishoofsaaklik die gevolg van toevallige om-standighede en van die persoonlike interessevan individuele outeurs.

Van ’n “sisteem” kan dus allermins sprakewees. Dit blyk duidelik uit die vergelykingtussen die Afrkaanse en die Nederlandseliterêre sisteme van Hennie van Coller en Ber-nard Odendaal. Uit hulle historiese oorsig vandie ontwikkeling van die kontakte tussen dieNederlandse en Afrikaanse literatuur, wateintlik ’n beknopte oorsig van die Afrikaanseliteratuurgeskiedenis is maar gekrui metenkele Nederlandse ingrediënte, kan afgeleiword dat daar eintlik maar min samewerkingen kontak was. In die literêre werke self is dieneerslag daarvan verwaarloosbaar. Trouensook die gebruik van die term “Afrikaanse en/of Nederlandse literêre sisteem” deurheen dieboek is problematies. Die term “sisteem” sug-gereer ’n bepaalde struktuur en ’n spesifiekefunksionaliteit en doelgerigtheid. Dit is in dieAfrikaanse en Nederlandse literatuur oor diealgemeen nie die geval nie, hoewel aspektevan die literêre bedryf wel geïnstitusiona-liseer geraak het soos die subsidiëring vanskrywers en die promosie van die Nederland-se boek in Nederland en Vlaandere, of deur‘n dominante visie oorheers was soos dieuitgewersbedryf en die literêre kritiek tydensdie apartheidsjare in Suid-Afrika. Op ’nverskynsel wat so divers en onvoorspelbaaris as die literatuur is die term “sisteem” moeiliktoepaslik en selfs misleidend omdat diegebruik van die term ‘n organisasie suggereerwat nie bestaan nie. In die meeste gevallewaarin die term gebruik word, kan dit een-voudigweg deur “literatuur” vervang word.

Ook uit ‘n aantal opstelle blyk die proble-matiese aard van die Afrikaans-Nederlandseewewigsoefening. ’n Aantal bydraes skep ’nindruk van groot willekeur en dus vrybly-

wendheid. In die opstel “Danksy die dinge.Die huis en die Self in enkele naoorlogse Ne-derlandstalige en Afrikaanse gedigte” vanBarbara Kalla en Phil van Schalkwyk worddie gebruik van die konsep “huis” by dieNederlandse vyftigers met ’n aantal wille-keurige Afrikaanse gedigte vergelyk. Dieleser wonder voortdurend hoekom presieshierdie digters en gedigte. Hierdie arbitrêrevergelyking kan nie tot waardevolle uitspra-ke lei nie. Dieselfde geld vir die bydrae vanRonel Foster oor migrante- of verplasings-poësie waarin sy Mustafa Sitou met SyddaEssop vergelyk. Sy kom tot die volgende kon-klusie: “Deur middel van ekstrapolasie kansodanige tekste die leser bewus maak vandie lotgevalle en identiteitsproblematiek vanmigrante en migrantegroepe wêrldwyd”(256). Dis ’n teregte opmerking maar dit duiook aan dat daar nie ’n dwingende rede is ompresies Sitou en Essop met mekaar te verge-lyk nie. Hulle plekke kon ewe goed deur an-der Nederlandse en Afrikaanse digters of deurdigters uit eender welke taal vervang word.Wat is die meerwaarde vir die Afrikaanse enNederlandse literatuur?

Ook die opstel van Yves T’Sjoen oor diebesoek van Karel Jonckheere aan Suid-Afrikaen sy kennismaking met N. P. van Wyk Louwlewer ‘n verdere bewys vir die problematieseaard van hierdie tipe komparatistiese onder-soek. Die besoek het ’n baie beperkte literêr-historiese waarde en ook van enige beïnvloe-ding tussen die twee literatore op hulle werkis geen sprake nie. Vir die literatuur of vir die“literêre sisteem” het hierdie kontakte niksopgelewer nie. Hierdie anekdotiese beskry-wing lewer nie nuwe insigte op nie. Dis ookdie geval in die opstel “‘Kleine Jantje kreegeen vlieger’. Oor die ontwikkeling van dieNederlandse en Afrikaanse smartlap” vanCarel Jansen en Marijke Meijer Drees. Inhierdie artikel handel net twee paragrawe oorAfrikaanse tranetrekkers. Van ‘n vergelykingis geen sprake nie.

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM178

Page 14: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 179

Nederlands en Afrikaans is twee verwantetale. Vanweë die taalverwantskap en die histo-riese bande was daar nou kontakte tussendie Nederlandse taalgebied en die Afrikaanse.En daar is nog steeds. Afrikaanse skrywerssoos Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers,André Brink en deesdae veral Marlene vanNiekerk en Antjie Krog is prominent aanwesigin Nederland. Nederlandse skrywers, behal-we vir Tom Lanoye, is dit in ‘n baie mindermate in Suid-Afrika. Daarteenoor staan ’n baiegroter akademiese belangstelling vir dieNederlandse literatuur in Suid-Afrika en ’nbeperkte aandag vir die Afrikaanse in dieNederlandse taalgebied. Die baie beperktedeelname van Nederlandse en Vlaamse aca-demici aan hierdie opstelbundel gee dit onmis-kenbaar aan. Die verwantskap tussen dieAfrikaanse en Nederlandse taalgebied het niegelei tot ’n intensiewe literêre interaksie enwedersydse beïnvloeiding nie, nie eers in diewerk van Karel Schoeman wat tog die meesNederlands georiënteerde Afrikaanse skry-wer is. Die geskiedenis en die kulturele ont-wikkeling van Suid-Afrika en Nederland indie twintigste eeu is heeltemal verskillend. DieNederlandse en die Afrikaanse literatuur indie twintigste eeu bestaan binne wesenlikverskillende politieke, historiese en kulturelebiotope. Juis om hierdie rede is dit so verry-kend om kennis te maak met die “ander” lite-ratuur. Over grenzen/Oor grense probeer doenwat eintlik nie gedoen kan word nie.

Luc RendersUniversiteit Hasselt, België

Lang reis na Ithaka.Dolf van Niekerk. Pretoria: Protea Boek-huis. ISBN 978-1-86919-293-8.

Die oeuvre van Dolf van Niekerk beslaan ’nwye reis deur verskillende genres. Sy debuut,Gannavlei in 1958 het as tema Dawid as buite-staander-reisiger. Laasgenoemde is ’n deurlo-pende tema in dié veelsydige skrywer sekreatiewe oeuvre. In sy tagtigste lewensjaarverskyn Lang reis na Ithaka, sy vierde dig-bundel. Die reismetafoor en die spreker sesoeke na “tuistelose / ruimtes van die gees”(64) word in drie samehangende afdelingsverwoord.

Die bundel word opgedra “(a)an die ge-liefde wat ver bly” en vorm die matriks virdie soeke na die aangesprokene wat deur ver-skillende landskappe onderneem word. Ditis veral die landskap van die Noord-Kaap watdeurreis word, maar ook die landskapsporevan tyd (16):Maar ek blaai my vasin vesels van die tyd –die twyfelof jy in hierdie dorre land’n koker virmy hart sal bly.

Die bundeltitel verwys ook na Odusseus, helduit die Griekse mitologie se reis terug na“verre” Ithaka en sy vrou Penelope. Dit is dusook ’n terugreis in die mitologiese milieu enlandskap wat die derde afdeling van diebundel beslaan. Die bundeltitel eggo ook indié afdeling en vorm so ’n ikoniese reis deurdie bundel vanaf “Pellafolio” en “Historia” opsoek na die geliefde, maar ook na die woordom die liefdesverklaring te maak soos ver-woord word in die gedig “Boerneef het ’nwoord laat val” (17):ek (soek) ’n woorddat ekvir jou kan sêhoe diep my liefde vir jou lê.

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM179

Page 15: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010180

In afdeling een, “Pellafolio”, staan die sprekerse versugting om die regte woord(e) te kryom die geliefde aan te spreek, sentraal (23):hoe sal ek my woorde skikdat niks beskeie of brutaaltussen die lyne lê;my woorde stroopdat elke woord in naakte taaleenvoudig sêek het jou lief

Hierdie gedig verwoord belangrike elementein Van Niekerk se bundel, naamlik eenvoud,gestrooptheid en beskeidenheid. Die gedigtese “naakte taal” (23) word deur die gebrekaan titels asook eenvoud in vorm ondersteunsodat die spreker se soeke nie in komplekserym en ritme verstrengel raak nie.

Die reismotief suggereer ook die sprekerse “tuiste vir verlange / die kringloop van sei-soene” (19) wat die dood is, want vra hy hoop-vol (18):Moet ek liefde vir die rus verruil,dit soos ’n tent oor my laaste dae spanen hoop dat die geliefdenet voor die laaste nagna my sal kom?

Die samespel tussen landskap en tyd worddeur die gedig “Mahler is ons reisgesel” (19)as “lied van die aarde”, maar ook “lied vanverlies” verwoord. Hierdie element van me-lancholie word ook in die tweede gedeeltevan die bundel, “Historia” verwoord as die“dood wat digby lewe lê”. Die verhaal vanlewe en dood kry dus gestalte in die verwoor-ding van die “drif tot soek en tas” (28), maarwat in spanning verkeer met die stilte en sterf-likheid van groei in die “najaarstuin” (48) en“laatwintertuin” (50). Die spreker se versug-ting “om die vaart van die oomblik te vertraag/ terselfdertyd die geskiedenis / van nader ingevangeskap te sien” (34) word getroef deurdie dringendheid van verlies se gang (35).Dieselfde dringende poging om te bestendig

deur onthou, word in die volgende vers ver-woord:ek wentel dae en jare terugen skommel die tyden tas na ’n fokuspunt waar liggame kon bind;maar niks wil pas,die dag bly onvoltooid en rouen tog het ek nog nooit’n leë nag só graag onthou

Met die laaste afdeling van die bundel wordafgewyk van die kort gedig en is die reisrelaasin epostrant geskryf. Die spreker het gaande-weg deur die reismerkers van ruimte en tydin die vorige twee afdelings gevorder omuiteindelik die stilte te verkry as bestemming(63):Om stil te weesin die suising van lewe en sterwe,om stil te weesvoor die gode wat arbitrêrdie lewensdrade span;om sonder vreesvir stilte stil te wees.

Ithaka word dus vir die spreker metafoor van“tuistelose / ruimtes van die gees” (64). ’nRuimte wat nie met die grenslyne van begripafgetas kan word nie, maar bewoon kanword deur die berusting in sterwe en verlies.Lang reis na Ithaka is ’n bundel wat my saammet die spreker die reisdomeine van die geeskon laat verken. ’n Verkenningstog wat dieleser sal bybly in die gestrooptheid wat ver-driet en verlies (62) meegebring het.

Marthinus BeukesUniversiteit van Johannesburg,Johannesburg

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM180

Page 16: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 181

Bloot mens.Jelleke Wierenga. 2009. Pretoria: ProteaBoekhuis. 93pp. ISBN: 978-1-86919-311-9.

Die titel van die bundel skep sekere verwag-tinge by die leser, naamlik die mens getekenin sy weerloosheid vanweë sy blootheid ofnaaktheid, maar ook “sonder meer” en “slegs”of “eenvoudig” (WAT, 1970: 447). Saamgeleesmet die bundelmotto – “opgedra aan almal /wat nie geoor word nie / wat nie gemond isnie” – is die verse waarin die mens gestroopof “bloot” verwoord word, die sterkste in diebundel.

In ses afdelings verwoord Wierenga (buite-en titelblad se spelling verskil) die mens inverskeie gedaantes: “(w)aar die manne bottel-/ bekkend sport dawer”, “(w)aar vroue wortel-koek / met Wenresepte en sweer Sunlight / seepskottelgoed die skitterendste”. Of as BB(rey-tenbach)-bewonderaar, selfmoordenaars,maar veral die spreker in die afdeling “Profiel”met die gedig “Kantwerk” (25):Tuinwerk.In blou kantbroekie.Son op die land.En lyf.Buurman.Op soldertrap.Sien.Wat jy sien.Hier.Is ek.Kant.En kaal.

Die gedigvorm dra by om die “bloot mens”-likheid te verwoord. Die gestroopte sintaksisgee stukrag aan die waargenome “(k)ant (en)kaal”-kantwerk van die figuur. Die mens watdeur die digter verwoord word, is “sommernet so” (26) – dus in die metafoor van diebundel, “bloot mens”. Die gestaltes waardeurdie vrou geteken word in “Argetipies” (28–9)sluit in “die rebel”, “die bang kind”, “die

soeker”, “die woordemaker”, “die kluisenaar-kunstenaar” , “die saboteur, “die heldin”, “dieminnares-hedonis” totdat sy “weerloos: sy”word.

Die digter teken ook die “Galery GeweseGeliefdes” in bloot menslikheid in die gedigte“Mondwond” (36) en “Van Blou” (38). In diegedig die “Ronde ridder” word afgerekenmet die aangesprokene en “sny die verbin-ding” om haarself te red in die gedig “Hoegaan dit nog met jou adiposity” (40). Die tweegeliefdes se verhouding word menslik ver-woord in “Epos sonder Helde of Heldinne”(43–8). Die strofe:maar geen tongval van die liefdeof enige variant of variëteit soosliefie diefie diertjie duifienet dwingend

stel die aard van die verhouding direk en eerlikwaar die man die vrou tipies kolonialistieskom verower. Dit is nie ’n sentimentele pro-fiel van die twee geliefdes wat in hierdie gedigaan bod kom nie, maar ’n gestroopte en pyn-like verslag van sy geweld en veroweringvan die vroulike liggaamsterrein.

Met die afdeling “Aan- en uitklag” skroomWierenga nie om die mens se vernielhand opdie omgewing aan die kaak te stel nie. In ge-bedstyl (53, 56–7) word mens en dier as dieweerloses aan God opgedra vir regverdige be-handeling:Wel wetendehoe die weerloses onderdie vreeslike voet die inhalige hand die doldomdenkesou steun sou kreun:

God

Wierenga maak ruim gebruik van aanhalingsin die bundel. Gedigafdelings word metmotto’s voorafgegaan, maar ook plek-plekby afsonderlike gedigte. Inderdaad ’n galerymanskrywers met wie sy gesprek voer soos

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM181

Page 17: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010182

o.a. Breytenbach, Milan Kundera, W. G. Sebald,Mike McCormack, Fernando Pessoa en N. P.van Wyk Louw. Laasgenoemde word in diegedig “Dislojale verset” herskryf in nie alleendie prosa-opstel se titel van destyds nie, maarook met die motto-verwysing na Raka enKoki. Dit is egter vir my soms moeilik ommeer betekenis as bloot dekorasie met hierdiewerkswyse te bepaal. Die lang aanhalingsword nie genoegsaam in die afsonderlikegedigte verreken om te oortuig nie.

Gedigte wat my in hierdie bundel sal bybly,is dié waarin die digter nie met ’n patroon-matige klank- en woordherhaling werk nie.Vergelyk die volgende voorbeelde: “Waaromso pervers om uit ’n vers passie te pers?” (11),“geheel heel” (26), “teë die feë” (27), “”volgendevolg” (91). Dit is ook die bewustelike rymspelin “Die situasie” (62) en die twee laastetersienes in “Rekenskap” (89):ek was net potpotpotensiaal

gemorstematmateriaal

wat my nie van die klankkrag van poësieoortuig nie. Afgesien van die p-klankspel-palpitasies in die gedig “Profiel” (23) is daarnie vir my genoegsame kohesie tussen dieklankoordaad en woordbetekenis nie.

Dit is egter die gedigte sonder oordaadtruuks, rymdwang en onoortuigende woord-omruilings wat Bloot mens ’n rakplek kan be-sorg. Gedigte wat my beïndruk het, is “Vliege-lied” (30), “Epos sonder helde of heldinne”(43), die volledige afdeling “Aan- en uitklag”(53–67), “Die geheim van die geheim” (78),“10 September 2007” (86) en “Op pad” (88)asook “Waarneming” (uitgesluit die dwang-herhalings) (91). Die gedig “Kankerkuur” (12)is ’n kragtige verwoording van die pen asinstrument om verby “die pynproses” te dig:

Die antidood bloei blouuit vingers witskrif ná skrifstaar syhoe uit die see sleurselakant na lig na lug:letters woorde sinne.

Bloot mens is ’n versdebuut wat die weerloos-heid van menslikheid aan die orde stel, maaris plek-plek nog te onafgerond en gemaak-slim om my te ontroer. Die irriterende klank-en woordherhalings is net té oordadig sodatdie tema van “bloot mens”-likheid deur ver-fraaiing gekelder is.

Marthinus BeukesUniversiteit van Johannesburg,Johannesburg

Swartskaap.Odette Schoeman. 2009. Kaapstad: KwelaBoeke. 380 pp. ISBN: 978-0-7957-0285-3.

Dit is telkens opwindend om ’n debuutromanin Afrikaans te lees, een van ’n toenemendehoeveelheid nuwelinge wat variasie bring enmeeding om ’n plekkie in die kanon. Soms ishierdie nuwelinge die produk van wedstryde,soms van die kreatiewe skryfskole wat nouaan talle universiteite bestaan, en soms onaf-hanklike pogings van aspirant skrywers wat’n gewillige uitgewer kry (soos dit by Swart-skaap die geval is).

Die eerste paar sinne van die agterplatskets in kreatiewe, oorspronklike letters dieessensie van die roman: “Dit is die eigthties.Die era van Gé Korsten en Bles Bridges, vanJoey Haarhoff en Gert van Rooyen. Dievalley: Benoni, Boksburg, Vaaloewer enVereeniging, en die ander kant van die railwaytracks”. Die paragraaf wat hierop volg, innormale lettertipe, gee verder die leidraad

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM182

Page 18: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 183

dat dit in hierdie roman grootliks om diehoofkarakter se verhouding met haar ma enpa wentel, met die suggestie van iets“donkers” en gevaarliks omtrent die ma, watdie “dertiende kind” was.

Tot dusver lyk alles belowend – die temavan mense wat aan “die verkeerde kant vandie treinspoor” bly is immers al in klassiekewerke van Siener in die suburbs tot Triomfaangeraak. ’n Verdere lokmiddel is JeanneGoosen se woorde wat links bo op die voor-blad van die boek pryk: “Laat ek maar ruiterlikerken dat Swartskaap die eerste Afrikaanseroman is wat my aan’t huil had.” Dié woordemaak ’n mens nog nuuskieriger oor die uit-eindelike inhoud en trant van die roman.

Gevolglik, selfs al het jy geen van die re-sensies en onderhoude gelees wat ten tydevan die publikasie van Swartskaap in die persverskyn het nie, benader jy allermins dieroman sonder voorafopgestelde idees en ver-wagtings. Wat helaas in my geval betekendat ek teleurgestel is.

Swartskaap vertel die verhaal van Claudie,haar enigste “ware” broer, Theuns, en hulletwee halfbroers, Alfie en Bennie. Vir diegrootste deel van die roman bly die vier kin-ders by hul ma aangesien Claudie en Theunsse pa in die tronk is, maar die kinders spandeerook wisselende tydperke in koshuise opverskillende dorpe. Wanneer Claudie se pauit die tronk uit kom, verwerp haar ma virClaudie en Theuns. Die lewe saam met Claudiese pa is allesbehalwe geslaagd en die onver-moë om by enigeen van haar ouers veilig engeborge te wees lei tot toenemende ontwor-teling by Claudie. Die roman eindig met Clau-die wat besluit om eerder self die lewe aan tedurf as om langer in die destruktiewe webvan haar gesin vasgevang te wees.

Die rede vir Jeanne Goosen se trane issekerlik te vinde in die aantal insidente vanhuislike geweld en seksuele molestering indie roman. Dié is beslis ontstellend en be-klemtoon die bose kringloop van armoede

en gebrek aan geleenthede wat dreig omClaudie en haar sibbe te agtervolg. Die ver-wysing na Gert van Rooyen blyk nie bete-kenisloos te wees nie, aangesien Claudie op’n sekere vlak met Van Rooyen se slagofferskan identifiseer en boonop byna deur JoeyHaarhoff opgelaai word. Maar behalwe virhierdie rou gebeure is dit moeilik om werklikbetrokke te voel by die karakters in die ro-man. Die aanvanklike oorweldigende uitda-gings waarmee die kinders te kampe het, dreigkort-kort om te verflou tot ’n tipiese Maas-dorp-agtige jeugroman met middernagfeestein die koshuis of tot ’n saai enumerasie vandie TV-programme en eetgoed waarmee allekinders van die tagtigerjare grootgeword het.

Hoewel die roman genoeg gebeure enontwikkeling het om die verhaal voort te stu,is dit nie ’n boek wat jou teen wil en dank aanhom vasgeketting hou nie. Eerder bly dieleser voortlees met die hoop dat daar nogverrassings voorlê, maar sonder dat dit ge-beur.

Swartskaap maak wel ’n bydrae tot romansmet die tema van kindermolestering soos Ditis ek, Anna (Elbie Lötter) en mees onlangsAnnelie Botes se Thula-thula, en tot veleromans wat ingewikkelde gesinsverhoudin-ge onder die loep plaas. Die eindproduk vol-doen helaas nie aan die verwagtings wat diebuiteblad – en die volop aandag in die media– opgeroep het nie.

Jacomien van NiekerkUniversiteit van Pretoria, Pretoria

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM183

Page 19: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010184

Watermerke.Lucie Moller. 2009. Pretoria: Protea Boekhuis.ISBN: 978-1-86919-312-6.

Die titel van hierdie digbundel verwys na éénvan die belangrike temas daarin, naamlikwater: riviere en oseane (in “Prieelkaart), fon-teine (“Ongekaarte reis”) en reën (“As die reëndan kom”). Dit is die teenoorgestelde vanander terugkerende motiewe soos vuur(“Vuurdoop”, “Vuurproef”, “Brandhout” en“Vlam”). Water is die noodsaaklike lewens-bron vir die bome en plante wat in talle gedigtevoorkom, met hul teenpool in die woestyn-landskappe wat in ander gedigte ’n belangrikerol speel. Maar die ‘merke’ speel ook in opdie motief van kaarte (weer eens “Prieelkaarten “Kaartkamer”) en naamgewing (byvoor-beeld “Aardwolf”). Soos die voorblad sugge-reer, kan die “watermerke” selfs die delikatevloei van water deur die are van ’n blaar wees;só noukeurig plaas Möller die natuur se velefasette onder die vergrootglas.

Möller se debuut is ’n welkome toevoe-ging tot die verskynsel van sogenaamde“groen poësie” in Afrikaans. Dit is ’n uitda-gende genre aangesien beskrywings van dienatuur maklik kan vassteek by, wel, beskry-wing. Daar is enkele gedigte in Watermerkewat nie hierdie slaggat vrygespring het nie.Maar daar is ook talle gedigte waarin dienatuur meesterlik tot metafoor ingespan wordvir die menslike belewenis – op kleiner én gro-ter skaal, byvoorbeeld in “Prieelkaart” (10):Ingesonke aresoos die droë riviere van Afrikavloei nog onderhuids terug

na hoofaar en stingel,maar ook alkant na sy vreemd vernoemde baaie,hawens, inhamme en grenslose oseanewaar ons nou weer anker probeer gooi.

Lucie Möller is ’n pleknaamkundige en diégegewe het ’n onmiskenbare invloed op ge-

digte in Watermerke gehad. Die name vanplekke, fauna en flora word as ’t ware inkan-tasies waarmee vorm aan die natuur gegeeword. Selfs die titels van die bundel se onder-afdelings is verleidelik: “Met fynhout en ster-restof”, “Aan voetsole”, “Die oerbos in”, “Dieresonder maskers” en “Tot alles vloei”. Die bun-del is op vernuftige wyse gestruktureer omgedigte oor mense en plekke (byvoorbeelddie Boesmans van die Kalahari in “Derm-snaardans”) af te wissel met dié oor bosse enbome, diere en voëls en die ganse heelal (by-voorbeeld die openingsgedig, “Rigtingwy-sers”). Die temas en inhoude van die gedigteoorvleuel uiteraard, maar juis hierdie lewen-dige vloei het ’n samebindende effek.

Daar is tye waar sekere woorde en for-mulerings miskien té verleidelik vir die digterwas en waar die betekenis dus uiteindelikvaag bly, byvoorbeeld die slotreëls van “Aard-vark” (65): “die drieklouspoor / ontsyfer enbevry as amulet”. Die retoriese vrae in “Aard-wolf” is werklik nie geslaag nie, en die slot-reëls is meer droog wetenskaplik as poëties.’n Mens hoop dat die digter in toekomstigebundels ’n fermer greep op beelde en anderstylfigure sal hê wat die werklik betowerendetonele en fassinerende verbande van haar ge-digte nog meer tot hulle reg sal laat kom.

In die geheel is die bundel egter ’n belonen-de verkenningstog deur tekste met volopmisterieuse wandelpaadjies. Die bundel besit’n besondere rykheid en omvang – van ge-boorte (“Geboortevure”) tot die dood (onderandere “Melkweg” en “Doodsvoël”), afskeiden liefde. Dit is natuurpoësie waarin die mensse verbondenheid met die aarde oorvloedigblyk. Watermerke is die onpretensieuse debuutvan ’n belowende digter.

Jacomien van NiekerkUniversiteit van Pretoria, Pretoria

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM184

Page 20: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 185

Afrikaners in Angola 1928–1975.Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis.2009. 666 pp. ISBN: 978-1-86919-340-9.

In Herman Giliomee se boek Die Afrikaners:’n biografie wy hy slegs één paragraaf aan dieDorslandtrekkers en die Afrikaners in Angola.Veral in die lig van die Afrikaanse diaspora endie huidige Solidariteit-veldtog “Kom huistoe” is dit belangrik en gewoon insiggewendom kennis te dra van die lotgevalle van dieAfrikaners in Angola. Hoewel daar reeds voor-heen werke oor die Dorslandtrekke en dieAfrikaners in Angola verskyn het, is daar indie verlede veral klem gelê op die heroïese.Stassen neem hierdie stuk Afrikanergeskie-denis nugter onder die loep en beskou dit ge-woon op die keper. Soveel moontlik is gebruikgemaak van die beskikbare argivale bronnein Suid-Afrika, Angola en Portugal. Die Afrika-ners wat teen 1958 nog in Angola gewoonhet, kon byna almal geïdentifiseer word enwaar moontlik is persoonlike onderhoudemet hulle gevoer.

Die werk val in drie dele uiteen. In deel Iword ’n oorsigtelike beskrywing aangebiedvan die belangrikste topografiese kenmerkevan Angola en die mate waarin dit bepalendwas vir lotgevalle van die Afrikaners inAngola. In deel II word die bevolkingsgroepevan Angola en hulle aktiwiteite beskrywe enhoe dit die lewe van die Afrikaners beïnvloedhet. Eers in deel III kom die geskiedenis vangebeurtenisse aan die orde. Dit is die boeiend-ste deel van die boek en beskrywe die weder-varinge van ’n groepie idealiste teen die wyerdoek van die eindelose gang van die geskie-denis soos bepaal deur die mens se strewe na’n beter toekoms vir hom en sy nageslag.

In die meeste studies word die jaar 1928toe die eerste groep vrywillig gerepatrieer is,as eindpunt geneem van die geskiedenis vandie Afrikaners in Angola en word die lotge-valle van die Afrikaners wat verkies het omin Angola agter te bly gevolglik oor die hoof

gesien. In hierdie werk word ook uitvoerigoor hulle lotgevalle verslag gedoen en vandie redes ondersoek waarom ook die meestevan hierdie groep in 1958 besluit het om naSuid-Afrika en die toenmalige Suidwes-Afrikagerepatrieer te word. Die wedervaringe vandie bittereinders wat ook toe verkies het omte bly word uit die doeke gedaan tot en metdie vlug van die laaste Afrikaners uit Angolain 1975.

Die volgende interessante aspekte komaan bod: die invloed van die breë Angolesegeskiedenis en hoe dit bepalend was vir diekleiner Afrikaanse ervaring; alle fasette vanhul leefwyse – ekonomies, opvoedkundig,godsdienstig, maatskaplik en kultureel; dieredes vir besluite om te trek of te bly, en diewyse waarop hulle hul as etniese groep ge-konstrueer het, en hoe dit teenoor ander iden-titeite gehandhaaf is.

In die geheel gesien ’n gedeë studie dusmet selfs meegaande bylaes van name vanAfrikaners wat in 1928 in Angola agtergeblyhet, Afrikanervroue wat met Portugese ge-troud was of saamgewoon het, asook ’nnaamlys van Afrikaners wat teen 1958 steedsin Angola gewoon het. Voorts word ’n uit-gebreide register voorsien met onder anderedie bladsyverwysings van elkeen van die veleAfrikaners wat in die teks voorkom. Soosreeds vermeld vorm deel III die boeiendstedeel van die teks. Dit beslaan altesame 292bladsye volgepak met feite sodat selfs dienuuskierige leser se geduld beproef word.Hierdie punteneurige leser was ook somsgesteurd omdat die styl plek-plek erg lomp isen die boek by ingrypender redigering kongebaat het.

Die werk word ryklik geïllustreer mettwee stelle foto’s wat op sigself ’n verhaal vanontbering, skriele trots en die gevolge vanafsondering en fossilering vertel. Treffend isveral die foto’s wat as figure 19, 86 en 88 aan-gebied word.

Onder die son is daar nooit iets nuuts nie.

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM185

Page 21: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010186

Só word vermeld dat die Dorslandtrekkeplaasgevind het in ’n klimaat van ’n gebrekaan geestelike leierskap wat aanleiding gegeehet “tot die belangrike rol van profete, visioeneen drome.” In die woorde van ds. AndrewMurray was hulle “degenen, die op weg naarJeruzalemen hunne tegenwoordige wonin-gen slechts als rustplaats beschouwen op denweg daarhenen.” Onsekere politieke toestan-de en die angs om die opkomende Britseimperialisme en gewoon ’n ongebreideldetrekgees het verdere stukrag verleen. Nie veelhet dus sedertdien verander nie.

Hierdie trekgees het darem nie heeltemaltot niks gelei nie. So vertel Stassen dat ’n op-vallende kenmerk van die Portugese koloni-sasie was dat hulle hul tegnologie laat vaar engeafrikaniseer het. Die tegnologie van die wielhet weer so onbekend geword dat kruiwaensas dit leeg was op die kop gedra is, terwyl ’nvolgelade kruiwa tot die komieklike situasiegelei het waar dit rondgedra word en iemandin verwondering die wiel in die rondte tol!Die koms van die Afrikaners met hul osse-waens het “’n revolusie in die Angolese ver-voerbedryf teweeg gebring!

Tot aan die einde van die jare vyftig vandie twintigste eeu was transportry ’n be-langrike bron van inkomste. Een van die ver-naamste besware teen die Angola-Boere wasdat hulle ook toe nog ’n lewe uit jag gemaakhet. Ene Pieter Naning het die versugtinguitgespreek: “Mocht de jachtaffére tog maareens en voor altyd de kop ingeslaan worden[…] Elke kind wat hier onder ons menzengeboren word, word geboren met de erf-sonde in zyn kop “jacht” en word niet geborenmet de schone erfenis in zijn kop “arbeid”(191).

Dit volksverhuising het kennelik nie veelsukses geboek nie, want met die tweede re-patriëring in 1958 vermeld ’n verslaggewervan Die Volksblad: “ek het nog nooit ’n groepblankes gesien wat so arm is nie.” Soos eldersin die Britse kolonies in Afrika is hulle deur

armoede, geografiese isolasie en kultureleafsondering gekniehalter tot die “onsigbarewit mense” van Afrika. As gevolg van hulisolasie is beweer dat hulle die vermoë om tewerk afgeleer het. Op bladsy 209 word ’nPortugese besoeker vermeld wat geskat hetdat 80% van die Boere op die rand vanarmoede verkeer het.

Terwyl die Dorslandtrekke idealistiesgeregverdig is as ’n strewe na ’n beter toe-koms vir die nageslag, was ontnugtering enstagnasie die uiteinde – selfs teen 1975 toevlug die laaste uitweg was, het die Voortrek-kerkappies en lang swart rokke van die vrouenog opgeval. ’n Lewende fossiel het in af-sondering ontwikkel. Al wat nou nog oorblyvan die Angola-Boere is dat beeste en ossemet Afrikaanse name (231) steeds in Angolaaangetref word – al heet ’n pikswart os Witliesen ’n bont os Rooiland!

H. P. GrebeUniversiteit van Pretoria, Pretoria

Die tand van die tyd.Opstelle opgedra aan Jac ConradieWillie Burger en Marné Pienaar (reds.).Stellenbosch: Sun Press. 2010. 22699.ISBN 978-1-920338-13-8.

Hierdie bundel opstelle is die jongste toe-voeging tot ’n reeks huldigingsbundels inAfrikaans – ’n tradisie wat ons in die Afrikaan-se Taaldepartemente in Suid-Afrika goed ken.Hierdie festschrift neem onder andere sy plekin naas bundels opgedra aan A. P. Grové, EdithRaidt, Louis Eksteen, Elize Botha, Christo vanRensburg en Vic Webb. Dat kollegas en vak-genote van die betrokke akademikus dit diemoeite werd vind om deel te neem aan so ’nprojek, is altyd ’n teken van toegeneentheiden respek. Die belangstellings en vakweten-skaplike doenigwees van die persoon aan wie

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM186

Page 22: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 187

so ’n bundel opgedra word, weerklink dik-wels in die opgenome opstelle. Trou aan JacConradie se aard, is daar dan ook in hierdiebundel opstelle van ’n wyduiteenlopendeaard, deur die redakteurs in vier afdelingsgerangskik. Dié indeling is ’n refleksie vanJac Conradie, filoloog en historiese taalkun-dige, se belangstelling in die linguistiek en dieletterkunde en gee ook erkenning aan sywerk as navorser, dosent en vertaler.

In Deel I, Vergelykende Taalkunde, is daarbydraes oor Brasiliaanse Portugees (WernerAbraham), die toekenning van genus aanleenwoorde (Camiel Hamans), NubieseGrieks (B. Hendrickx), Swahili (AmaniLusekelo) en die vertaling van ’n Afrikaansevaktaalterminologielys (Marné Pienaar enAnne-Marie Beukes).

In Deel 2, Bemoeienis met die verlede, isdaar ’n ryke verskeidenheid. Wyd uiteen-lopende onderwerpe soos die Viking-invallein Brittanje (Mitzi Anderson), Chaucer seKnightes Tale ( Eugenie Freed), Oud-Engelsepoësie (Leonie Viljoen), Nederlandse priamels(Stanislaw Pr’ndota) en grafstene in Hierdielewe van Karel Schoeman (Willie Burger) wordonder die loep geneem.

In Deel 3, Literêre kritiek, bied WillemBotha binne die raamwerk van die Konsep-tuele Metafoorteorie ’n perspektief op Brey-tenbachmetafore, Thys Human skryf oortraumanarratiewe en Niggie, Marthinus Beu-kes speur die meesterstem van Van WykLouw in Tom Gouws se poësie na en KarinCattell skryf oor (Afrikaner)-identiteits-konstruksie en Van Wyk Louw.

In Deel 4 handel die twee bydraes deurRonél Johl en Jeffrey Zucker oor die relatiefonbekende terrein van ikonisiteit.

Mens is altyd bly wanneer ’n Afrikaanseakademiese publikasie die lig sien omdat ditdeesdae so bitter min gebeur. So ’n bundellaat dikwels sien wat die heersende teoretiesemodelle en raamwerke is – hier spesifiek binnedie hedendaagse taal- en letterkunde hier te

lande en ook elders ter wêreld. Die bundel ispragtig versorg en visueel aantreklik. Voet-note verskyn op dieselfde bladsy as die ver-wysing daarna en vergemaklik die lees soaansienlik. Waarskynlik sal nie alle bydraesewe toeganklik vir alle lesers wees nie, maardie bundel bied wel vir sowel akademici asgeïnteresseerde leke interessante leesstof.

Nerina BosmanUniversiteit van Pretoria, Pretoria

Die tyd van die Kombi’s.Koos Kombuis. 2009. Kaapstad: Human &Rousseau. 256 pp. ISBN: 978-0-7981-5099-6.

In retrospeksie belig Koos Kombuis in hierdieteks aspekte wat in ’n groot mate agterweëgelaat is in sy outobiografie, Seks & Drugs &Boeremusiek (2000) – die dae van opstand teenalle konvensionaliteit toe hy en ander rock-sterre soos Bernoldus Niemand (James Phil-lips) en Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie) dieland deurkruis en ’n rockrebellie ontketen hetmet hulle alternatiewe musiek. In skreiendehiperrealistiese taalgebruik (wat soms erg kruvoordoen) kry die leser ’n intieme blik op dieVoëlvry-toer van die jare tagtig, asook dievoortsetting daarvan in die sogenaamde “wil-dernisjare” van die negentigs – twee aaneen-lopende eras in sy lewe waarna Kombuis ver-wys as “‘Die tyd van die Kombi’s’” (178).

Die toeligting van dié bittersoet tydperkin Koos Kombuis se lewe geskied deur middelvan ’n pynlik-humoristiese vertelwyse, ietswat as wesenskenmerk van die teks uitge-sonder kan word en die aandag vestig op dieparadokse en diskrepansies wat soos gouedrade daardeur loop. Enersyds is daar dieutopie geskep deur ’n oormaat musiek, drank,dwelms en seks; andersyds die distopie vandie verdrukkende apartheidswerklikheid. Ditis teen hierdie werklikheid waarteen Voëlvry

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM187

Page 23: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010188

gerebelleer het, weliswaar deur middel vanontvlugting bewerkstellig deur vergrype aaneksesse van die genoemde elemente, maarhoofsaaklik deur met hulle musiek protes aante teken en felle kritiek teen byna alles te lewer.Kombuis som die ideologie van die hele Voël-vry-beweging op in sy beskrywing van Kerk-orrel tydens een van die gerugte konserte:

Hy is besig om Suid-Afrika te oorrompel met’n shit-hot Afrikaanse rock-band, om hier tekoes en daar te duck, maar orals pop hy uitmet sy boodskap van protes, van onte-vredenheid, van opstand teen die status quo.Oral waar hy gaan, verlos hy mense van diedemone van Calvinistiese skuldgevoelens enNasionalistiese rassisme, hy maak hulle oopvir die wonderlikste nuwe emosies, hy weetpresies hoe om sy web van landwye muiteryte spin, hy verkondig die waarheid hard enduidelik, hy verkondig die evangelie waarnadie jeug smagtend op soek was tot nou toe.(130).

Die tyd van die Kombi’s is ’n waardige toevoe-ging tot Kombuis se outobiografie en bied ’nverdere blik op sy lewe met letterkunde enmusiek. Alhoewel laasgenoemde die spil iswaarom hierdie (aanvullende) outobiografiesentreer, word die intrige nie beperk tot bloteverslaggewing van Kombuis se loopbaan asmusikant en sy betrokkenheid by Voëlvrynie. Die besinnende en belydende aard vandie teks delf diep in die outeur se persoonlikelewe en ontgin fasette wat insig bied in KoosKombuis as individu: sy beskouing van hom-self, sy verhoudings met ander (dikwels pro-minente) figure in die Afrikaanse musiek-bedryf en die destruktiewe aard van ’n leweondergrawe deur drank, dwelms en losban-dige optrede.

Boonop verkry die teks, vanweë die pro-testerende en rebellerende aard van Kombuisse musiek, ’n politiese lading waardeur dieouteur in staat gestel word om deurlopendsosiopolitieke kommentaar te lewer. Aan die

einde besin hy dan ook oor die betekenis vandie hele Voëlvry-toer en wonder of die rebellieteen die dekadente apartheidsamelewingdaarin kon slaag om (figuurlik gesproke) dieoorlog teen Dingaan te verander in ’npiekniek: “Was Voëlvry die eerste tree in dierigting van hierdie piekniek?” (251). Hy komegter tot geen klinkklare antwoord nie enberus by die wete: “[…] die Nuwe Suid-Afrikahet met ’n lied in die hart begin. En hoewelniemand weet hoe die lied gaan eindig nie, ofhoekom so baie ouens nog vals saam singnie, sing ons ten minste saam. So op ’n manier.”(238). Op hierdie wyse bied die teks ’n al-ternatiewe en interessante blik op ’n aantalbrandende sosiopolitieke kwessies. Trouens,alternatiwiteit (oftewel ‘andersheid’) kanbeskou word as ’n sleutelbegrip by die ont-sluiting van die teks.

Ten slotte: Die tyd van die Kombi’s is ver-maaklike leesstof wat boeiend behoort tewees vir aanhangers van Koos Kombuis. Toghinder die seëvierende hiperbool wat deur-lopend voorkom, in so ’n mate dat dit dievertelling kniehalter. Daarom is die grootstewaarde nie geleë in die sosiopolitieke kom-mentaar wat die teks lewer nie, maar in dietoeligting van ’n belangrike era in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis.

Shaun de JagerUniversiteit van Pretoria, Pretoria

Vlerke vir my houteend.Kobus Lombard. 2010. Pretoria: ProteaBoekhuis. 78 pp. ISBN: 978-1-86919-354-6.

Met twee digbundels reeds agter sy naam, isKobus Lombard se derde bundel Vlerke vanmy houteend ‘n voortsetting van die temas inGeknipte naelstring (2001) en Tussen Wysvingeren duim (2005), hoewel die aanslag meer in-getoë is, dalk omdat die digter-spreker nou

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM188

Page 24: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010 189

met een ademstoot uitgespreek kan word(met minimale gebruik van leestekens ofhoofletters), en deur middel van gesels- ensoms kommersiële stylvorme gekommuni-keer: In “Brief” word (kompleet met tweeadresse), ‘n “Liewe”-aanhef en ‘n “u verlan-gende kind”-slot aangetref, met ‘n tipiese (enselfs geykte) eerste sin: “U is seker verbaasom so van my te hoor”. Die “Liewe Jesus” sebetekenis verdig, want dit is nou meer as net‘n eienaam: dit is deel van ‘n aanhef wat in dienormale briefkonteks ‘n toegeneentheid totdie aangesprokene suggereer. Ook die alle-daagse vakante pos wat in koerantkonteksgeadverteer word, kry ‘n nuwe betekenis asgestel word aan watter vereistes die kandi-daat nié hoef te voldoen nie, want “net ‘n her-der word benodig / om sy lammers te laatwei” (“Vakature: Jeugleraar”).

Selde verskyn daar deesdae ‘n digbundelwat nie die metapoëtika op een of andermanier betrek nie. Lombard se bundel volgdie voorbeeld en afdeling II gaan oor diemaak van poësie. Die openingsgedig van dieafdeling is titelloos en eggo die skrywers-intensie: die bedryf van poësie is nie ‘n proseswaaroor die maker daarvan noodwendig be-heer het nie; jy word dikwels op paaie geleiwaarvan jy die oorsprong nooit eens vermoedhet nie. Soms is dit maklik en “stap (jy) droog-voets deur”; op ander kere word daar watergetrap (“my woorde spring …”).

Dat die skeppingsproses jou blootstel,word uiters geslaagd in “Wegskryf” uitgesê(“hoe ver van jou tong / kan jy die bloed / van‘n oop wond proe”), asook in “Uitvoerendekuns” (“maar as die skryfhand / stil moet hang/ en die digter sy woorde / liplangs moet laatklink,”). Tog word beelde soms net te be-wustelik ver gevoer en kom dit oor asof diegedig óórskryf is soos in “Visserman” (“met‘n stukkie regterbrein / vernuftig aan die hoek/ gooi ek so ver my vislyn strek”). Hierteen-oor vloei die natuurbeelde in “Taal” spontaanineen met die woorde (“taal”), en met die

‘n wiser but sadder man is.In afdeling I word op geselstrant met en

oor God gedig: soms bied die verse troos(“Spieëling”) en soms word troos gesoek(“Brief”); andersins word kommentaar ge-lewer op aspekte soos vormgodsdiens (“On-der die wildevy”). En ek dink dit is waarLombard se sterk punt as digter lê: om ‘nonderwerp so diep en so intens, en waaroorso baie al geskryf is, te bewoord sodat dat ditvir die leser wat nie noodwendig ‘n poësie-kenner is nie, sin kan maak, en ‘n reaksieontlok van “ja-dit-is-hoe-ek-dit-ook-aanvoel”.

Deur die bekende aardse word die numi-neuse uitgebeeld: Gobabis word die NuweJerusalem (“Spieëling”), die diere se kraalword God se huis waar die digter-spreker wilvertoef (“Kraal”), en ‘n watergat by Etoshaword die geestelike ruimte waarin die ge-lowige (hoewel behoedsaam en huiwerig) ge-voed word met die ewige water (“Watergat”).God verskyn op onverwagse (maar alledaag-se) plekke in ‘n verskeidenheid van gedaantes:as die besope boemelaar wat “‘n las vra bydie till” in Checkers (“Bedelaar”), of as iemand“wat laer in die straat af woon” (“Beeld-draers”), of bloot as ‘n man wat wag “onderdie wildevy / voor die taksman se huis” (“On-der die wildevy”). Lombard dig met gemakdie onmoontlike en misterieuse los uit dievaste landskap van die alledaagse en die ver-beeldinglose.

Onder die wildevyons dans voor die spreukvan die donkerrooi kleed– die een met die goue tossels aan –’n stem roep van buiteen dit word skielik stilHy wag onder die wildevyvoor die taksman se huis:hiér wil Hy tuisgaan vandag

Die skryfstyl in Vlerke vir my houteend herinneraan dié in Lombard se vorige bundels. Daarword voorkeur gegee aan verse wat as’t ware

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM189

Page 25: Reisiger. Die limietberge oor. - SciELOKaapse lewe speel af omring deur Afrikaanse ... en liewers oor “iets moois” moet skryf (159, 178). Haar pleitbrief aan M. E. R. (ook ’n

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 47 (2) • 2010190

poësie self as te kenne gegee word dat dit juisdie natuurbeelde is wat vir hom die werktuigin sy hand word.

In afdeling III word die metapoëtiese verseplek-plek teruggevind: In “Amptenare” worddie tweestryd en frustrasie van die digter-spreker wat sy brood eintlik in die korpora-tiewe wêreld verdien treffend en woord-eko-nomies uitgebeeld deur die verwysing na dieRorschach-inkklad-toets. Die geskeduleerde“8 tot 5”-bestaan van die amptenaar wordgejukstaposisioneer met die dwalende kuns-tenaar wat kreatief probeer wees in die tyd daar-ná (“5 tot 8”). Die byhaal van die “Rorschach-inkkladtoets versterk die idee van ‘n moei-same proses. (Dié toets word in die psigoana-lise gebruik om ondersoek in te stel na hoepasiënte op ‘n inkblerts reageer. Daardeur kanonderliggende wanfunksies van die denkeuitgewys word by diegene wat nie graag hulledenkprosesse openlik wil bespreek nie.) Deur-gaans in die bundel word verwys na ink assimbool van die skryfproses, en deur die in-bring van die inkkladtoets word die “stilte”(“CB”) waarmee die geboorte van ‘n gedigsoms gepaard gaan, verwoord.

Die klein-apartheidsverse vind ek mindergeslaagd as dié in Lombard se vorige bundel(Tussen wysvinger en duim). In ‘n vers soos

“Klein apartheid” ontbreek die beeld en lydie “boodskap” skade en word bloot ‘n uit-spraak van frustrasie.

Kobus Lombard se poësie het tot dusver‘n sterk outobiografiese inslag getoon, enVlerke vir my houteend is nie ‘n uitsonderingten opsigte hiervan nie. Die verse oor sy bio-logiese en aanneem-moeder bly steeds vandie sterkstes in sy oeuvre. In “Gesprek met ‘nportret” word die onmag en hartseer oor dieafwesige (en tog op ‘n manier aanwesige) hart-roerend uitgesê:

jy glimlag gelatewanneer ek van my hartseer vertelsteek vas in jou raamwanneer ek saam met jou wil wandelselfs al reik ek na jou handebly dit willoos langs jou sye hang

net jou oë volg my getrouwanneer ek dieper in die gang afstap

Verke vir my houteend maak poësie vir allelesers toeganklik. Die gedigte is warm enaards, en dra gemaklik voor, en ráák die ram-kiesnare.

Chrisna Beuke-MuirUniversiteit van Namibië, Windhoek

15 Rev ALMAL 03.pmd 8/2/2010, 8:54 AM190