rekeningkunde graad 11 - western cape...bs nie) diensgeld, kontant depositofooi,...

18
Direktoraat: Kurrikulum VOO TELEMATIESE ONDERRIG 2014 REKENINGKUNDE Graad 11

Upload: others

Post on 01-May-2021

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

Direktoraat: Kurrikulum VOO

TELEMATIESE ONDERRIG 2014

REKENINGKUNDE

Graad 11

Page 2: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

2

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Liewe Graad 11 Rekeningkundeleerder Welkom tot hierdie Telematiese projek. Hierdie program sal jou hersienings- en studieprogram ondersteun in voorbereiding vir jou finale Graad 11 Rekeningkunde eksamen. Hierdie program bied jou ‘n geleentheid om wat jy in die klas geleer het, te konsolideer. Die aanbieders sal op Begrotings fokus. Wenke vir sukses in Rekeningkunde Om te slaag in Rekeningkunde moet jy na die volgende oplet:

Begin werk vanaf die eerste dag Let noukeurig op in die klas om te verseker dat jy die werk verstaan Voltooi Rekeningkunde huiswerk/oefeninge daagliks

OEFEN…OEFEN…OEFEN Werk netjies en akkuraat Toon berekeninge in hakies Lees instruksies by vrae/aktiwiteite versigtig en maak seker jy verstaan wat

gevra word Wees nougeset in die voltooiing van take en assesseringsaktiwiteite en toetse

asof jy vir die finale eksamen voorberei Maak gebruik van vorige eksamenvraestelle en toetse vir hersiening Verfyn jou eksamentegniek: wanneer jy hersien, kies vrae wat jou in jou

swakker areas sal verryk. Gebruik die tydstoekennings in die vraag om te bepaal of jy die vraag in die beskikbare tyd voltooi.

Voorspoed met voorbereiding tot jou Graad-11 eindeksamen in Rekeningkunde. Glynis Schreuder Senior Kurrikulumbeplanner: Rekeningkunde

Page 3: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

3

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

TELEMATIESE ONDERRIG REKENINGKUNDE ROOSTER – GRAAD 11

Date/Datum Time/Tyd Topic/Onderwerp By the end of this lesson you should know:

Teen die einde van hierdie les behoort jy die volgende te ken:

Wednesday 15 October

Accounting 16:00 – 17:00 Bank reconciliations The purpose of preparing a Bank Reconciliation Statement

The principles of a Bank Reconciliation Statement

The preparation of a Bank Reconciliation Statement

Monday 20 October

Rekeningkunde 16:00 – 17:00 Bankversoening Die doel van ‘n Bankversoeningstaat opstel

Die beginsels van ‘n Bankversoeningstaat

Die opstel van ‘n Bankversoeningstaat

Thursday 23 October

Accounting 16:00 – 17:00 Creditors’ reconciliation The purpose of reconciling the account in the Creditors’ Ledger with the statement received from a creditor

How to reconcile the account in the Creditors’ Ledger with the statement received from a creditor

Tuesday 28 October

Rekeningkunde 16:00 – 17:00 Krediteureversoening Die doel van ‘n rekening in die Krediteuregrootboek met die staat van ‘n krediteur ontvang, te rekonsilieer

Hoe om ‘n rekening in die Krediteuregrootboek met die staat van ‘n krediteur ontvang, te rekonsilieer

Page 4: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

4

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

BANKVERSOENING

Doel van bankversoening:

Hoe hanteer jy die volgende:

Uitstaande depositos (verskyn in die KOJ maar nie op die BS nie)

Uitstaande tjeks (verskyn in die KBJ maar nie op die BS nie)

Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie)

Rente op oortrekking (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie)

Direkte deposito’s Elektroniese oordragte (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie)

Elektroniese betalings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie)

Geweierde tjeks (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie)

Page 5: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

5

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Rente op kredietsaldo’s verdien (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie)

Vooruitgedateerde tjeks ontvang

Vooruitgedateerde tjeks uitgereik

Verouderde tjeks (ouer as 6 maande)

Foute in die Kontantontvangstejoernaal

Foute in die Kontantbetalingsjoernaal

Foute op die Bankstaat

Page 6: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

6

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Aktiwiteit 1: Bankversoening Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Miriam Handelaars. Hulle het jou hulp nodig met die bankversoening aangesien hulle hul rekenmeester afgedank het as gevolg van probleme met die manier waarop hy die banksake hanteer het.

GEVRA: 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of

'onwaar' langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 'n Uitgereikte vooruitgedateerde tjek moet op die dag van uitreiking in die

Kontantbetalingsjoernaal opgeteken word. 1.1.2 Die opstel van 'n Bankversoeningstaat is 'n belangrike deel van interne beheer in

'n besigheid. 1.1.3 'n Kredietsaldo op die Bankstaat is gunstig. 1.1.4 Rente op 'n oortrokke bankrekening word as deel van bankkoste opgeteken. 1.2 Bereken die korrekte totale vir die Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalings-

joernaal vir Desember 2013. 1.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Desember 2013 op. 1.4 Verwys na tjek nr. 520 in die Bankversoeningstaat vir November 2013. Hoe sal dit in die

finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2013 opgeteken word? Gee 'n rede. 1.5 Verwys na Inligting 6 hieronder. 1.5.1 Watter AARP-beginsel is toegepas toe hierdie bedrag afgeskryf is? 1.5.2 Hoe kan 'n soortgelyke probleem in die toekoms vermy word?

INLIGTING: A. Aan die einde van die vorige maand, 30 November 2013, het die volgende items

in die Bankversoeningstaat verskyn: Debietsaldo op Bankstaat R16 300

Uitstaande deposito’s: 25 Junie 2013 30 November 2013

20 000

5 400

Uitstaande tjeks: 302 (gedateer 15 Junie 2013) 514 (gedateer 10 Oktober 2013) 516 (gedateer 25 November 2013) 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

3 250 2 850 4 530 2 550

Kredietsaldo volgens bankrekening 4 080

Page 7: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

7

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

B. Die Bankstaat op 31 Desember 20132 toon 'n ongunstige saldo van R26 217. C. Die voorlopige totale vir die joernale van Desember 2013 voor versoening met die

Bankstaat, is: Kontantontvangstejoernaal – R23 500 Kontantbetalingsjoernaal – R28 640

D. Die volgende items verskyn op die Bankstaat vir Desember, maar verskyn nie in die

kontantjoernale vir Desember nie: Die deposito van R5 400 Tjek nr. 614 en nr. 616

E. Tjek nr. 402 moet gekanselleer word, aangesien dit verouderd is. Dit is oorspronklik as 'n

donasie aan die plaaslike DBV uitgereik. F. 'n Ondersoek het getoon dat die deposito van R20 000, gedateer 28 Junie 2013, nooit by

die bank gedeponeer is nie. Die geld het verdwyn en daar is besluit om hierdie bedrag af te skryf.

G. Die volgende items verskyn slegs op die Bankstaat vir Desember 2013:

Bankkoste, R150 Rente op oortrokke bankrekening, R90 Geweierde tjek van R250, voorheen van 'n debiteur ontvang ter vereffening van

sy rekening van R280 Direkte deposito deur die huurder, R5 500 Debietorder vir versekering, R630

H. Tjek nr. 653, wat op 10 Desember 2013 vir R696 uitgereik is, word foutief in die

Kontantbetalingsjoernaal getoon as R969. Die Bankstaat is korrek. I. Tjek nr. 1446 vir R300 verskyn slegs op die Bankstaat. Na 'n ondersoek is gevind dat dit

'n tjek was wat deur die eienaar uit sy privaat tjekrekening uitreik is. Die bank sal hierdie inskrywing gedurende Januarie 2014 regstel.

J. Gedurende Desember is 'n tjek vir R800 van 'n debiteur ontvang. Dit was 30 April 2014

gedateer en is nie in die Kontantontvangstejoernaal of die Bankstaat opgeteken nie. K. Die volgende items verskyn in die kontantjoernale vir Desember maar nie op

die Bankstaat nie: 'n Deposito van R13 500, gedateer 30 Desember 2013 Tjek nr. 660, R750, gedateer 13 Desember 2013 Tjek nr. 680, R5 600, gedateer 23 Desember 2013

Page 8: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

8

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Aktiwiteit 2 BANKVERSOENINGSTAAT EN INTERNE BEHEER Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Remington Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2014. Alle gelde ontvang word deur Angel Workright gedeponeer. Angel is die afgelope vier jaar vir daaglikse deposito's verantwoordelik. GEVRA:

2.1 Identifiseer die items en die bedrae wat in die Kontantontvangstejoernaal (KOJ) en die

Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) vir Augustus 2014 geboekstaaf moet word. Gee slegs die itemnommer en die bedrag. Moet NIE totale vir elke joernaal gee NIE.

2.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Augustus 2014 op. 2.3 Dit is duidelik dat die onderneming nie sy kontant behoorlik beheer nie. Watter

spesifieke probleme sal die interne ouditeur in sy verslag vermeld? Verduidelik TWEE van hierdie probleme, met syfers om jou verduideliking te ondersteun, en gee 'n moontlike oplossing vir elk. Die ontslaan van werknemers is tans nie 'n opsie nie.

INLIGTING A. Die volgende items verskyn in die Bankversoeningstaat op

31 Julie 2014, die einde van die vorige maand:

Gunstige saldo volgens Bankstaat 74 000

Uitstaande deposito’s:

Gedateer 16 Julie 2014

Gedateer 27 Julie 2014 21 500 34 800

Uitstaande tjeks:

1034 (Gedateer 17 Februarie 2014)

2372 (Gedateer 31 Julie 2014)

2395 (Gedateer 14 Augustus 2014)

2 000 56 000 15 000

Gunstige saldo volgens bankrekening 57 300

Page 9: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

9

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

B. Toe die Augustus 2014-bankstaat, wat van Star Bank ontvang is, met die relevante rekeningkundige rekords van die onderneming vergelyk is, is die volgende opgemerk:

Item 1 Die uitstaande deposito van R34 800 (gedateer 27 Julie 2014) verskyn op die Bankstaat vir Augustus 2014.

Item 2 Angel Workright het die onderneming in kennis gestel dat sy op pad na die bank van 'n deposito van R21 500 (gedateer 16 Julie 2014) beroof is. Die saak is by die plaaslike polisie aangemeld. Die fondse is nie teruggevind nie.

Item 3 Van die uitstaande tjeks op die Julie-bankversoeningstaat, verskyn slegs tjeknr. 2372 op die Bankstaat vir Augustus 2014. Tjeknr. 1034 is as 'n donasie uitgereik.

Item 4 Bankkoste van R620 verskyn op die Bankstaat vir Augustus 2014, maar nie in die joernale nie.

Item 5 Die Bankstaat vir Augustus 2014 toon 'n geweierde tjek van R8 000. Die tjek is oorspronklik ontvang van F Frost, 'n debiteur, ter vereffening van sy rekening van R8 150.

Item 6 Rente van R540 is op die Bankstaat vir Augustus 2014 gekrediteer. Dis nie in die relevante joernaal aangeteken nie.

Item 7 Kommissie-inkomste van R14 000 is direk deur Cute Cellulites in Remington Handelaars se lopende bankrekening gedeponeer. Dit verskyn op die Bankstaat vir Augustus 2013, maar nie in die joernale nie.

Item 8 Tjeknr. 2412 is ten gunste van Redbro Verskaffers, 'n krediteur, uitgereik in Augustus 2014. Dit verskyn korrek op die Bankstaat vir Augustus 2014 as R16 200. Dit is verkeerdelik as R12 600 in die joernaal geboekstaaf.

Item 9 'n Diverse debietinskrywing van R300 verskyn op die Bankstaat op 21 Augustus 2014. Navraag is by die bank oor die item gedoen. Die bank het Remington Handelaars in kennis gestel dat dit 'n fout is en dat hulle dit op die September 2014-bankstaat sal regstel.

Item 10 Die volgende tjeks verskyn in die Augustus 2014-KBJ, maar nie op die Augustus 2014-bankstaat nie:

Tjeknr. 2418 (gedateer 25 Augustus 2014), R8 450

Tjeknr. 2420 (gedateer 28 Oktober 2014), R12 000

Item 11 Twee deposito's verskyn slegs in die Kontantontvangstejoernaal en nie op die Bankstaat nie:

'n Deposito van R15 600, gedateer 26 Augustus 2014

'n Deposito van R18 000, gedateer 28 Augustus 2014

Item 12 Die Bankstaat het op 31 Augustus 2014 met 'n gunstige saldo van R42 000 afgesluit.

Page 10: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

10

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Aktiwiteit 3 BANKVERSOENING EN VERTOLKING Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Rover Juweliers. GEVRA: 3.1 Verduidelik waarom dit vir 'n besigheid belangrik is om elke maand 'n

Bankversoeningstaat op te stel. 3.2 Bereken die korrekte totale vir die Kontantontvangstejoernaal en die

Kontantbetalingsjoernaal vir Mei 2014. 3.3 Bereken die Banksaldo op 31 Mei 2014. (Jy kan 'n grootboekrekening opstel om dit

te doen.) Dui aan of dit 'n gunstige of ongunstige saldo is. 3.4 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2014 op. 3.5 Verwys na Inligting 3 hieronder.

Die vaste deposito van R84 000 verval volgende maand. Watter raad sal jy aan die eienaar in hierdie verband bied? Verduidelik TWEE punte deur geskikte syfers aan te haal om jou antwoord te staaf.

3.6 Verwys na Inligting 4 hieronder.

Verduidelik waarom die interne ouditeur bekommerd behoort te wees oor die

uitstaande deposito van R20 295. Verduidelik hoe tjeknr. 674 hanteer behoort te word wanneer die finansiële

state op 31 Mei 2014 opgestel word. Gee 'n rede vir jou antwoord. INLIGTING: A. Aan die einde van die vorige maand, 30 April 2014, is die volgende items in die

Bankversoeningstaat getoon:

Gunstige saldo in die grootboek van Rover Juweliers, R6 325 Gunstige saldo op die Bankstaat, R12 545 Uitstaande deposito (gedateer 30 April 2014), R12 000 Uitstaande tjeks:

Nr. 261 (gedateer 3 November 2013), R5 000 Nr. 519 (gedateer 14 April 2014), R8 920 Nr. 543 (gedateer 12 Mei 2014), R4 300 LET WEL: Tjeknr. 261 en 519 het ook nie op die Mei-Bankstaat verskyn nie.

B. Op 31 Mei 2014 was die voorlopige totale in die joernale:

KOJ R70 600 KBJ R105 320

Page 11: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

11

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

C. Die volgende items het op die Bankstaat verskyn, maar nie in die joernale vir Mei

2014 nie.

Direkte deposito deur 'n debiteur, K Kwela, R2 400 Bankkoste, R520 Rente op vaste deposito vir Mei, R700 Rente op oortrokke bankrekening vir Mei, R810 Stoporder ten gunste van Rama Versekerings Mpy., R660 Geweierde tjek op 30 Mei 2009, oorspronklik deur 'n debiteur, M Maduna,

vir betaling aangebied, R6 200 D. Die volgende verskille is opgelet:

Tjeknr. 565 vir herstelwerk is in die KBJ as R1 570 getoon, maar op die

Mei-Bankstaat is dit as R1 750 getoon. Die Bankstaat is korrek. 'n Deposito van R12 000 het op die Bankstaat op 1 Mei 2014 verskyn,

maar het nie in die KOJ van Mei verskyn nie. 'n Deposito van R20 295, gedateer 20 Mei 2014, het in die KOJ van Mei

verskyn, maar nie op die Bankstaat van Mei nie. Die volgende tjeks verskyn in die KBJ van Mei, maar nie op die Bankstaat

nie: Nr. 654 (gedateer 23 Mei 2014), R2 800 Nr. 674 (gedateer 29 Augustus 2014), R2 520

Page 12: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

12

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Aktiwiteit 4 Jy word voorsien met ‘n bankversoening opgestel deur ‘n boekhouer in die rekeningkunde departement van Blue Ray Handelaars. GEVRA: 4.1 Assesseer die gegewe inligting noukeurig, en beantwoord die vrae wat volg. VRAE: 4.1.1 Bereken die ontbrekende saldo in die bankrekening en sê of dit gunstig of

ongunstig is. (2)

4.1.2 Indien tjek 1014 nie op die Bankstaat in Maart verskyn nie, watter aksie sal geneem moet word en hoekom?

(2)

4.1.3 Noem drie items wat op die Bankstaat aan die einde van die maand kan verskyn, maar nie in die Kontantjoernale nie.

(3)

4.1.4 Die interne ouditeur is bekommerd aangesien daar groot bedrae uitstaande is vir die afgelope paar maande. Wat vermoed jy doen die kassier wat onwettig is, wat gelei het tot die baie groot uitstaande deposito?

(2)

INLIGTING: Bankversoeningstaat op 28 Februarie 2014

R

Saldo per Bankstaat 8 000 Kt

Uitstaande deposito 13 000

Uitstaande tjeks: Nr.1014 gedateer 13 September 2013 2 200

1052 gedateer 18 Februarie 2014 10 000

1055 gedateer 28 Februarie 2014 4 300

Saldo per grootboekrekening ?

4.2 Die boekhouer van Blue Ray Handelaars het nou net die rekeningstaat van ‘n krediteur, Zulu Verskaffers, ontvang.

GEVRA:

4.2.1 Gebruik die inligting om die rekening van Zulu Verskaffers in die grootboek van Blue Ray Handelaars met die rekeningstaat van Zulu Verskaffers ontvang, te versoen. (11)

4.2.2 Watter aksie kan Blue Ray Handelaars teenoor hulle werkers neem, om die transaksies wat op die rekeningstaat op 15de Februarie 2014, te voorkom? (2)

4.2.3 Die eienaar van Blue Ray Handelaars is bekommerd dat die interne beheer maatreëls nie effektief in die besigheid geimplimenteer word nie. Waarom dink jy voel hy so?

Bespreek deur drie voorbeelde uit Vraag 1 Deel A en Deel B te gebruik om die probleme uit te lig en verskaf oplossings oor wat in die toekoms gedoen kan word, om te verhoed dat dit gebeur. (6)

Page 13: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

13

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Inligting:

KREDITEUREGROOTBOEK VAN BLUE RAY HANDELAARS ZULU VERSKAFFERS

Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet Saldo

2014 Feb 1 Saldo a/b 6 500

5 Tjek Nr. 45 KBJ 5 550 950

Korting KBJ 45 905

12 Faktuur Nr. AA23 KJ 2 560 3 465

18 Debietnota D67 KAJ 380 3 085

25 Faktuur Nr. AA38 KJ 1 890 4 975

27 Tjek Nr. 59 KBJ 2 100 2 875

28 Faktuur Nr. AA51 KJ 770 3 645

ZULU VERSKAFFERS

Rekeningstaat Blue Ray Handelaars Hillstraat34 Hoofweg 20 Pinetown Pinetown 3600 3600 25 Februarie 2014

Datum Besonderhede

2014

Feb 1 Saldo 6500

5 Betaling – Tjek Nr. 45 -5 550

12 Aankope – faktuur Nr. AA23 +2 560

15 Aankope – Invoice Nr. AA25 +500

15 Kontantbetaling -500

18 Debietnota D67 -380

20 Terugbetaling aan ‘n klant -250

22 Aankope – Faktuur Nr. AA32 +1 340

24 Aankope – Faktuur Nr. AA38 +1 980

Saldo soos op 25 Februarie 2014 6 200

Page 14: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

14

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Toe die Krediteure grootboek met die rekeningstaat vergelyk is, is die volgende verskille opgemerk: A. Zulu Verskaffers het vergeet om die korting vir vroegtydige vereffening van rekening

deur Blue Ray Handelaars op 4 Februarie 2014 te boekstaaf.

B. ‘n Ondersoek het getoon dat Faktuur Nr. AA25 ontvang was vir voorraad gekoop deur ‘n werker van Blue Ray Handelaars, vir sy persoonlike gebruik. Die werker het vir die voorraad betaal toe hy dit ontvang het.

C. Na ‘n ondersoek is gevind dat die terugbetaling wat op die rekeningstaat op 20 Februarie verskyn, aan Blue Stationers gemaak is.

D. Faktuur Nr. AA32 op die rekeningstaat (sien 23 Februarie) was aankope deur City Handelaars.

E. Faktuur Nr. AA38 is korrek in die boeke van Blue Ray Handelaars.

Page 15: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

15

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Aktiwiteit 5 Othello Handelaars het die volgende staat van hulle krediteure op 31 Maart 2014 ontvang. 'n Vergelyking toon dat die saldo op die staat nie met die Krediteure grootboekrekening ooreenstem nie. GEVRA: Maak ‘n vergelyking van die Krediteure grootboek en die staat en voltooi die tabel in jou antwoordboek deur die twee saldo’s te versoen. STAAT VAN ROSEBANK VERSKAFFERS OP 31 MAART 2014 ONTVANG

ROSEBANK VERSKAFFERS

Brookestraat 389 25 Maart 2014

Rosebank

Othello Handelaars

Maniestraat Tuscany

DATUM BESONDERHEDE DT KT SALDO

Feb 26 Saldo 22 400

28 Kwitansie 415 5 000 17 400

Maart 1 Faktuur 867 16 400 33 800

6 K/N 312 900 34 700

10 Kwitansie 421 10 450 24 250

Korting 550 23 700

18 Faktuur 872 9 600 33 300

22 Kwitansie 435 4 400 28 900

24 Faktuur 884 7 200 36 100

25 Afleweringskoste 1 100 37 200

Page 16: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

16

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

KREDITEUREGROOTBOEK VAN OTHELLO HANDELAARS ROSEBANK VERSKAFFERS

DATUM BESONDERHEDE FOL DT KT SALDO

Maart 1 Saldo 17 400

Faktuur 867 33 800

6 Debietnota 355 32 900

10 Tjek 746 22 450

Korting 21 350

20 Faktuur 1295 25 050

22 Tjek 374 20 650

24 Faktuur 884 28 650

28 Tjek 762 24 050

Korting 23 590

30 Faktuur 891 38 390

Addisionele inligting: A. Rosebank Verskaffers het slegs ‘n 5% korting op die betaling van die 10de

toegelaat. B. Othello Handelaars het nagelaat om die handelskorting op faktuur 884 toe te

staan. C. Faktuur 1295 was vir goedere wat Othello Handelaars vanaf Green Square gekoop

het. D. Faktuur 872 was vir goedere aan Rooibos Handelaars verkoop. E. In terme van die kontrak hef Rosebank Verskaffers afleweringskoste aan al hulle

debiteure. F. Jy moet die res van die foutiewe inskrywings self bepaal.

Page 17: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

17

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

Aktiwiteit 6 KREDITEUREVERSOENING Jy is die interne ouditeur van Valentine Winkels, 'n geskenkwinkel waarvan Mark Masuku die eienaar is. Die Krediteurekontrolerekening en Krediteurelys is deur die boekhouer, Ditzy Donald, opgestel. Die oorboeking vanaf die joernale is gedoen, maar jy het 'n aantal foute en weglatings aangeteken. GEVRA:

6.1 Die Krediteurekontrolerekening het 'n saldo van R61 417 getoon terwyl die

Krediteurelys van die Krediteuregrootboek 'n totaal van R59 387 getoon het. Verduidelik kortliks waarom dit belangrik is dat hierdie twee syfers ooreenstem.

(2)

6.2 Verwys na Inligting 2: Foute en Weglatings hieronder.

6.2.1 Noem die regstellings wat die boekhouer in die

Krediteurekontrolerekening in die Algemene Grootboek moet maak. Die eerste een is vir jou as 'n voorbeeld gedoen. Indien geen inskrywing van toepassing is nie, moet jy 'GEEN INSKRYWING' skryf.

(11)

6.2.2 Stel 'n korrekte Krediteurelys op 31 Julie 2014 op. Toon bewerkings

tussen hakies om deelpunte te verdien.

(16)

6.3 Verskaf DRIE punte vir goeie interne beheer oor krediteure. (6) INLIGTING 1. KREDITEURELYS OP 31 JULIE 2014

Debiet Krediet

Khan Handelaars R563

Thankful Winkels R30 560

Connel Bpk. R10 890

Yolisa Groothandelaars R18 500

TOTALE R563 R59 950

= R59 387

Page 18: REKENINGKUNDE Graad 11 - Western Cape...BS nie) Diensgeld, kontant depositofooi, kredietkaartheffings (verskyn op die BS maar nie in die KBJ nie) ... 520 (gedateer 9 Februarie 2014)

18

Telematiese onderrig 2014 Rekeningkunde Graad 11

2. FOUTE EN WEGLATINGS A. 'n Kredietfaktuur vir handelsvoorraad wat vir R3 400 by Connel Bpk. op

28 Julie 2014 aangekoop is, is glad nie aangeteken nie. (Sien oplossing in ANTWOORDEBOEK.)

B. Handelsvoorraad op krediet by Connel Bpk. aangekoop, R7 200, is foutiewelik

na die rekening van Yolisa Groothandelaars oorgeboek.

C. R258 rente moet op die agterstallige rekening van Connel Bpk. in berekening

gebring word.

D. Die debietsaldo van Khan Handelaars moet na hulle rekening in die

Debiteuregrootboek oorgeplaas word.

E. Goedere van R8 350 wat aan Thankful Winkels teruggestuur is, is foutiewelik

as kredietaankope hanteer en daarvolgens oorgeboek.

F. Korting van R230 van Yolisa Groothandelaars ontvang, is foutiewelik as R320

na die Krediteuregrootboek oorgeboek. Die Algemene Grootboek is korrek.

G. Die bedrag van R2 100 wat as 'n terugbetaling in die Krediteure-

kontrolerekening getoon is, is eintlik ontvang van 'n debiteur, S Steyn, wie se rekening as oninbare skuld afgeskryf is.

H. 'n Bedrag van R80 in die Krediteure-afslagjoernaal vir handelsvoorraad wat

teruggestuur is, is na die verkeerde kant van 'n krediteur, Thankful Winkels, se rekening oorgeboek.

I. BTW van R490 is weggelaat uit 'n faktuur vir toerusting by Yolisa

Groothandelaars gekoop.

[35]