renovatio voorbeeld

7

Click here to load reader

Upload: jimi-le-roux

Post on 13-Mar-2016

240 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die voorblad en eerste dele van Renovatio, ons begeleidingsprogram vir leraars

TRANSCRIPT

Page 1: Renovatio Voorbeeld

renovatio Coaching notas

Jimi le Roux is ‘n geordende leraar en gekwalifiseerde lewensbegeleier (life coach) wat ‘n begeleidingsprogram genaamd renovatio saamgestel het en gebruik. Dit gaan oor die volgende:

� ‘n Weeklikse e-pos met coaching notas word weekliks aan leraars of geestelike leiers van alle denominasies per e-pos gestuur. Ons dek temas soos stres, uitbranding, lewenstyl, tydsbestuur, visioenering, anhedonia, depressie, geestelike vorming, fasilitering van konflik, ens. Dit sluit tipiese life coaching temas in, maar gaan ook oor geestelike begeleiding. Temas uit ‘n kontemplatiewe spiritualiteit is bygevoeg om geestelike diepgang te verseker. Die program duur 40 weke, en kan te enige tyd gestaak word; � Geen huiswerk of terugvoer word van leraars verwag nie. Oefeninge word wel ingesluit wat leraars kan voltooi en instuur, versamel in ‘n coaching portefeulje of kan gebruik in die gemeente; � Die oogmerk is inspirasie en ondersteuning en die deurgee van inligting wat leraars en leiers sal help om fokus te behou, meer effektief te bedien en net om met die goeie stryd vol te hou. Dogmatiese temas, algemene kennis en oppervlakkighede word vermy; � Die materiaal van die kursus is waardevol om weer deur die leraar gebruik te word in die gemeente se eie leiersontwikkeling of opleidingsprogramme; � Die ideaal is dat die leraar NIE hiervoor betaal nie, maar dat hy of sy geborg word deur ‘n lidmaat of deur die kerkraad of gemeenteraad. Die begeleidingsmateriaal is billik geprys teen R150 p.m. wat ook addisionele kursusmateriaal insluit. Daar is ook ander opsies beskikbaar. Leraars kan ook self vir hulle begeledingsprogram betaal. �Leraars werk onder toenemende druk en dit is nodig om hulle hande hoog te hou op verskillende maniere o.a. deur sinvolle portuur mentor-verhoudings tot stand te bring. Renovatio sluit, benewens die weeklikse notas, ook die moontlikheid van so ‘n verhouding in, maar dit is vrywillig.

Meer inligting is beskikbaar by www.jimileroux.com. Ds. Jimi se daaglikse oordenking “Padlangs” word daagliks wêreldwyd deur duisende Christene in Afrikaans en Engels gelees. Ander geestelike kursusse is ook beskikbaar.

Jimi le Roux is ‘n opgeleide geestelike en lewensbegeleier en geregistreer by Comensa. Meer inligting is beskikbaar by www.jimileroux.com en www.comensa.org.za

renovatio is ‘n begeleidingsprogram aan Christelike leraars of leiers, en behels 1) weeklikse notas en 2) persoonlike bege-leiding (opsioneel) Hierdie notas is my vertroulike begeleidingsmateriaal aan jou en mag nie gedupliseer of aangestuur word nie.

He delights in

the teachings

of the LORD

and reflects on

his teachings

day and night.

He is like a

tree planted

beside streams

- a tree that

produces fruit

in season and

whose leaves

do not wither.

Psalm 1

Page 2: Renovatio Voorbeeld

© 2009 ● Jimi le Roux ● www.jimileroux.com ● Alle regte voorbehou – geen duplisering of verspreiding toegelaat nie. p.2

Welkom by renovatio Coaching notas

Dankie dat jy hier lees.

0.1 Ek aanvaar dat jy ‘n besige en professionele geestelike leier is. Jou tyd is beperk en daar is baie wat jou aandag verg. Ek wil myself en hierdie program baie kortliks aan jou bekend stel. Ek het ‘n passie vir die Here, die bediening en leraars – daarby sluit ek ook geestelike leiers en Christenleiers oor die algemeen in. Meer as dit, ek glo die Here het my tot hierdie bediening geroep. Ek is saam met jou bekommerd oor die stand van die kerk en van leraars vandag en het die volgende statistiek gelees, wat ek heeltemal glo:

• 10 % van die leraars wat (met blink oë) die bediening betree as student, tree uiteindelik as leraars af – 90% het langs die pad agtergebly;

• 50% van leraars twyfel oor hulle bediening, beleef ‘n bedieningskrisis of oorweeg om die bediening te verlaat.

Dit is ‘n ernstige situasie. Daar is baie redes waarom die kerk in ‘n krisis is en ons is bekend daarmee, maar dis moeilik om daarmee te deel. Die tye het verander en die kerk sukkel om daarby aan te pas. 0.2 Wat ons wel kan doen, is om ons leraars te versterk. My ervaring en waarneming is dat:

• Leraars onder groot druk werk. Terwyl lidmate dink dat leraars ‘n lekker maklike werk het (immers, hy’s al wéér op verlof, nie waar nie?), besef hulle nie watter spanning kollega-probleme, onrealistiese verwagtings, onvoldoende bronne, werksonsekerheid, ens. meebring nie;

• Leraars dikwels nie in die ondersteunende verhoudings is wat hulle nodig het nie. Trouens, leraars mag ontsettend eensaam wees. Om verskillende redes mag hulle geïsoleer voel van hulle kollegas, lidmate en eggenote. Oral moet hulle die front hou, en hulle ware vrese en onsekerhede mag nooit wys nie.

Geen wonder dat stres en uitbranding sy tol eis, en leraars die bediening verlaat nie. Stanley en Clinton (1992, Connecting: The Mentoring Connections) stel voor dat elkeen in die volgende “konstellasie” van mentorverhoudings staan:

� Mentor – elkeen behoort mentors in sy lewe te hê: persone wat hy ken, vertrou en doelbewus en gereeld mee tyd deurbring om van hulle te leer; � Ko-mentor (subjektief) – elkeen behoort iemand te hê binne-in sy eie situasie en verwysingsraamwerk met wie hy kan deel (soos ‘n kollega/eggenoot);

Soos ‘n hert

wat smag na

waterstrome,

so smag my

siel na U, o

God! My siel

dors na God,

na die lewende

God; wanneer

sal ek ingaan

en voor die

aangesig van

God verskyn?

Psalm 42

0.

Welkom en bekendstelling

Jimi le Roux is ‘n opgeleide geestelike en lewensbegeleier en geregistreer by Comensa. Meer inligting is beskikbaar by www.jimileroux.com en www.comensa.org.za

renovatio is ‘n begeleidingsprogram aan Christelike leraars of leiers, en behels 1) weeklikse notas en 2) persoonlike bege-leiding (opsioneel) Hierdie notas is my vertroulike begeleidingsmateriaal aan jou en mag nie gedupliseer of aangestuur word nie.

Page 3: Renovatio Voorbeeld

© 2009 ● Jimi le Roux ● www.jimileroux.com ● Alle regte voorbehou – geen duplisering of verspreiding toegelaat nie. p.3

� Ko-mentor (objektief) – elkeen behoort iemand te hê op sy vlak, maar buite sy direkte verwysingsraamwerk met wie hy kan deel (soos ‘n vriend/portuur in ‘n ander veld); � Mentorling – elkeen behoort diegene te hê in wie se lewe hy gereeld en doelbewus inbou, soos sy kinders, sy spanlede e.a. van ‘n volgende generasie.

Hierdie verhoudings voeg waarde en energie toe tot ons lewe, en voorsien struktuur en balans tussen invloei en uitvloei. My voorstel is dat hierdie program langs jou kan kom om waarde toe te voeg tot jou bediening deur objektiewe begeleiding te verskaf. 0.3 renovatio as program behels die volgende: � ‘n Gratis diens aan jou – alhoewel Renovatio in die verlede deur borge vir hulle leraars betaal is, bied ons dit nou gratis aan as ‘n bediening aan leraars. � ‘n Weeklikse e-pos soos hierdie met begeleidingsnotas. Die notas het die volgende formaat: -dis kort en kragtig en nie meer as 2 bladsye nie (en ‘n 3de met oefeninge, as jy wil); -dis van ‘n coaching aard: inspirerend, doelgerig, direk, aan jou kant, nie-voorskriftelik, ens.

-dis net die kern-notas oor ‘n tema. Dis nie wydlopig nie, en nie algemene kennis nie. Temas soos leierskap en postmodernisme word goed hanteer elders; ek het eerder ‘n seleksie gemaak van wat ek dink minder bekend is en vir die meeste leraars waarde sal toevoeg.

� Hierdie program sal 40 weke duur (min of meer ‘n jaar se weke) en dan stop. � Die temas wat ons gaan dek is min of meer eweredig verdeel onder die volgende: -liggaam/siel temas soos stres, uitbranding, anhedonie, slaap, seksualiteit, ens. -kontemplatiewe temas soos jou regula, die sirkel van genade, contemplatio, ens. -bedieningstemas soos die trinitariese bedieningsmodel, emerging kerke, geestelike vorming, ens. -bestuurstemas wat aspekte dek soos jou span, hersteltyd, tydsbestuur, jou grense, ens. -coaching temas soos jou waardes, kragte, doelwitte, fasilitering, konflik, ens. � Waarde toevoegings bv. materiaal wat jy kan gebruik in jou gemeente, kleingroepe, ens. � Die moontlikheid om met my ‘n vertroulike coaching gesprek te voer – persoonlik of per e-pos – is altyd daar, maar dit is jou keuse. Ek is ‘n geregistreerde begeleier. 0.4 Wat word van jou verwag? As jy die program wil ontvang, of vir ‘n paar weke wil uitkyk, niks. As jy verseker weet dis nie vir jou nie, reply maar net in die verband. Jy kan te enige tyd onttrek, natuurlik. Tydens die program word ook niks van jou verwag nie – geen huiswerk, selfontbloting (in hemelsnaam!) of enige-iets nie (tensy jy terugvoer wil verskaf). Ek hoop dat ons verhouding ‘n langtermyn een sal wees, en dat dit wedersyds opbouend en geseënd sal wees. Vrede vir jou.

Jimi le Roux

Wie is ek?

Ter wille van bekendstelling

en die bou van ‘n

verhouding, die volgende

inligting oor myself:

● Ek is 48, maar voel nog soos altyd, soos hulle sê! ● Ek is steeds ‘n geordende leraar en het onlangs vier jaar voltydse diens by Mosaïek Gemeente, Johannesburg voltooi. ● Ek het kwalifikasies in teologie, sielkunde en beraad, onderwys en begeleiding (life & business coaching). ● Ek het ‘n vrou en kinders en is ‘n gesinsman en geniet dit; ● Ek het groot geword in die kerk en is al 20 jaar in die bediening; ● Ek behoort aan die Christelike Gereformeerde Kerk en ken die gereformeerde wêreld en sy mooi dinge goed; ● Ek het die vernuwing en gawes van die Heilige Gees beleef en ken die charismatiese wêreld ook baie goed; ● Ek groei tans in die kontem-platiewe spiritualiteit en dis absoluut wonderlik watter diepte dit vir my toevoeg; ● Ek het steeds hoop om my doktoraal klaar te maak! ● Richard Verreynne, Johan Geyser, Koos van der Merwe, Gary Kieswetter, Stefan Joubert, Willem Nicol en Trevor Hudson kan van my iets sê. ● Ekis lief vir die Here, en volg Hom al 32 jaar; ● Ek is lief vir mense en sal jou ook beter wil leer ken; ● Ek het ‘n internet-bediening, Padlangs, wat oor nege jaar wêreldwyd gegroei het.

He delights in

the teachings

of the LORD

and reflects on

his teachings

day and night.

He is like a

tree planted

beside streams

- a tree that

produces fruit

in season and

whose leaves

do not wither.

Psalm 1

Page 4: Renovatio Voorbeeld

© 2009 ● Jimi le Roux ● www.jimileroux.com ● Alle regte voorbehou – geen duplisering of verspreiding toegelaat nie. p.4

Stanley & Clinton se konstellasie-model van verhoudings (1992):

1. Skryf die name van die persone wat die volgende rolle in jou lewe speel (n.a.v. die bg. notas):

� Wie is my mentors? ............................................................................................................................

� Wie is my subjektiewe ko-mentors? ...................................................................................................

� Wie is my objektiewe ko-mentors?......................................................................................................

� Wie is my mentorlinge? ......................................................................................................................

2. Op watter terrein is ek arm? Waar voel my netwerk swak? Waaraan voel ek ‘n behoefte in my hart?

.................................................................................................................................................................. 3. Wat sal gebeur as ek op hierdie terrein swak bly of verder verswak?

.................................................................................................................................................................. 4. Wat is my plan van aksie?

..................................................................................................................................................................

..................................................................................................................................................................

..................................................................................................................................................................

� �

0.

Oefening

Hierdie oefeninge is die toepassing van die week se coaching notas. Dit is vrywillig en hoef nie terug gestuur word nie, tensy jy wil. Bou vir jou ‘n coaching portefeulje op. Jy kan dit ook gebruik vir jou eie opleiding, bera-ding of begeleiding (sien hieronder).

© Kopiereg Gebruik van hierdie oefeninge of materiaal aan derde partye of in groepsverband is onderhewig aan die volgende voorwaardes: ● Die program mag nie as geheel aan derde persone aangebied word nie en nooit teen vergoeding nie. Verwys belangstellendes asb. na ons webruimte. ● Wanneer materiaal uit die program op ad hoc basis gebruik word, moet dit sonder veranderinge gefotostateer word, m.a.w. met outeur, webadres en kopiereg-kennisgewing intak.

Page 5: Renovatio Voorbeeld

© 2009 ● Jimi le Roux ● www.jimileroux.com ● Alle regte voorbehou – geen duplisering of verspreiding toegelaat nie. p.5

renovatio #1 : slaap Coaching notas

Jy slaap te min. 1.1 Dit is min of meer die boodskap hierdie week. Laat ek verduidelik: die biologiese bedoeling van slaap is (o.a.) om die dag se fisiese en psigiese uitputting uit die liggaam te werk. Slaap is die natuurlike herstelproses. Alle lewe slaap, selfs bome en plante. Moet NIE dink dat jy stres kan hanteer deur jouself dood te werk (gepaste uitdrukking!) en te min te slaap, maar dan daarvoor te “vergoed” deur ‘n langnaweek te neem, of te redeneer dat jy jou vakansie gaan gebruik om “uit te rus” nie. Dit doen dalk iets vir jou op psigiese vlak, maar op biologiese vlak het jou jaarlikse vakansie met rus niks te doen nie. Vir die liggaam is rus en herstel gelyk aan slaap. Ek onderstreep: die Here het ons liggame gemaak om elke 24 uur te reset na zero wat jou kragte en jou spanning betref. Voor die Industriële Revolusie was mense baie meer in die natuurlike slaapritme (onthou, slaap hou verband met lig en donker) en het mense baie, baie meer slaap ingekry. Die volgende was tipies:

• Mense het gaan slaap kort na donker.

• Hulle het twee soorte slaap beleef: Hulle “eerste slaap” was hulle regte slaap en het (sê maar) van 20:00 tot 03:00-04:00 geduur. Dan was daar geleentheid vir (bv.) uitgaan, lê en gesels, seks en weer aan die slaap raak. Hulle “tweede slaap” het dan weer geduur tot met dagbreek.

• Opstaantyd was as dit lig geword het, wat hulle tot op 10½ uur slaap gegee het. Na die implementering van kunsmatige beligting was daar tot vandag net “een” slaap, en het die slaap-ure drasties gekrimp. 1.2 Waarom moet ons genoeg slaap inkry? Ons liggame het ‘n sirkadiese ritme (of interne klok) van 25 uur [ja], volgens navorsing. Sonlig reset die klok elke dag met sonsopkoms, deur die hormoon melatonien af te skakel en die opwekkingsvlak van die liggaam te verhoog. Donkerte skakel melatonien weer aan, en bring die meganisme vir slaap in werking. As ons slaap, lyk ons slaap soos volg:

• Ons slaap is verdeel in siklusse van 1½ uur elk. Dit is belangrik om dit te verstaan.

• In so ‘n siklus sak ons deur verskeie fases in al hoe dieper slaap af. Ons liggame ontspan en gaan in ‘n toenemende verlamming soos die spiere “afskakel”. Dit word mos genoem NonREM-slaap.

• Op die diepste van die siklus gaan die liggaam in ‘n REM-slaap in, wat beteken dat ons begin droom: ons oë beweeg heen en weer (REM=Rapid Eye Movement), ons spiertonus kom terug, ons hande en voete twitch en ons mag in ons slaap beweeg en mompel.

• Hierdie REM-slaap (of droomfase) is in die eerste siklus net 2-3 minute, in die tweede siklus dalk 5-6 minute, en so in die volgende siklusse langer en langer. Die laaste siklus se droomfase is langer as alle voorafgaande droomfases saam. Onthou dit, want REM-slaap is belangrik.

Kry jy die prentjie? Die laaste droomfase is die belangrikste, want dit duur die langste!

Tevergeefs

dat julle vroeg

opstaan, laat

opbly, brood

van smarte

eet—net so

goed gee Hy

dit aan sy

beminde in

die slaap!

Psalm 127:2

1.

Slaap

Jimi le Roux is ‘n opgeleide geestelike en lewensbegeleier en geregistreer by Comensa. Meer inligting is beskikbaar by www.jimileroux.com en www.comensa.org.za

renovatio is ‘n

begeleidingsprogram aan Christelike leraars of leiers, en behels 1) weeklikse notas en 2) persoonlike bege-leiding (opsioneel) Hierdie notas is my vertroulike begeleidingsmateriaal aan jou en mag nie gedupliseer of aangestuur word nie.

Page 6: Renovatio Voorbeeld

© 2009 ● Jimi le Roux ● www.jimileroux.com ● Alle regte voorbehou – geen duplisering of verspreiding toegelaat nie. p.6

1.3 Waarom is REM-slaap so belangrik? Wel, navorsing het bevind dat NonREM-slaap se doel die herstel van die liggaam is. As ons fisies hard gewerk het, is ons liggame op biologiese vlak uitgeput en het ons meer nonREM-slaap nodig om die herstelwerk te doen. REM-slaap weer het te doen met die herstel of optimalisering van die brein of gedagtewêreld. Volgens Dr Archibald Hart is drome die byprodukte van ‘n brein wat defrag: die dag se onnodige gedagtes en geheue word verwyder (ge-delete), en die res word rekonsolideer, herintegreer, beter geklassifiseer, ens. Die dag se leer word vasgelê. Terloops, Dr. Hart glo dat drome geen ander “funksie” of “betekenis” het nie. Hier is die crux: As jy veral jou brein gebruik, het jy jou REM-slaap baie nodig. Navorsing dui op allerhande gevolge as ons van hierdie slaap gedepriveer word. Daar is ook ‘n sekere balans tussen REM- en NonREM-slaap nodig: ons probleem is dat ons deesdae nie meer genoeg fisieke aktwiteit doen nie. Ons word dus te vinnig wakker (as die nonREM-proses voltooi is, en ons adrenalien ons wakker maak), terwyl die REM-proses nog nie voltooi is nie. Die oplossing? Meer oefen! 1.4 Goeie slaaphigiëne behels die volgende:

• Dit is belangrik om genoeg te slaap: op grond van die bg. moet jou slaap in ‘n veelvoud van 1½ uur wees, anders kry jy nie die voordeel van die REM-slaap nie. Slaap dus minimum 7½ uur (5 siklusse) of verkieslik 9 uur (6 siklusse) of langer. Die “8 ure” slaap waarvan ons vertel is, is ‘n statistiese gemiddelde en nie wetenskaplik gegrond nie, en is waarskynlik te min.

• Dit is belangrik om ons lig en donker te bestuur. Ons moet toelaat dat ons omgewing donkerder word na die aand toe, en tydens ons slaap moet ons die omgewing pikdonker hou.

• Ons moet ons energievlakke en sirkadiese ritme bestuur: die volgende is hulpmiddele: o Oorstimulasie versteur die ritmes – dis NIE ideaal om tot voor slaaptyd die brein te veel te

stimuleer nie. Die TV en rekenaar moet vroeër reeds afgeskakel word, die huis stil, dieselfde roetines moet elke aand gehandhaaf word bv. gaan bad, ‘n koppie tee, ens.;

o Slaappille, alkohol en kafeïen versteur die slaapsiklusse heeltemal. Dr Hart sê: “kafeïen storm na die slaapsentrum van die brein om dit te versteur!” Sy aanbeveling is geen koffie na 15:00 (hy wil eintlik dat ons koffie heeltemal uitskakel – maar is dit moontlik?).

• Wat betref die oggend, moet ons onthou dat ‘n wekker ‘n demoniese instrument is wat nie gebruik mag word nie! Dit versteur die REM-slaap. Word vanself wakker en kom na opstaan s.s.m. in die sonlig.

1.5 As jy te min slaap, bou ‘n “slaapskuld” op, wat binne sewe dae opgemaak moet word, volgens navorsing (‘n biologiese rede vir ‘n sabbat, nie waar nie?). Daarna het dit ‘n kumulatiewe effek op jou gesondheid en jou lewensduur. Hartprobleme en hoë bloedruk is o.a. die gevolg van die verhoogde stres waarmee jou liggaam moet saamleef. Let op hoeveel resultate deesdae gepubliseer word oor die gevolge van minder as 7 uur per nag se slaap. Minder as 6 ure per nag is letterlik gevaarlik en speel ‘n rol by hartaanvalle. Wat is ons gevolgtrekking? Jou bediening baat nie by min slaap nie – inteendeel, dit ly daaronder! Leef met boundaries en trek ‘n streep onder die dag se werk. Gaan slaap, en geniet dit! Dit is ‘n gawe van God. Seën vir die bediening! Jimi le Roux.

“In ‘n nuwe

Amerikaanse

ondersoek is

gevind dat mense

wat minder as

sewe uur per nag

slaap se

kankerrisiko 47%

hoër is as mense

wat gereeld ‘n

goeie nagrus kry.

Daarteenoor het

mense wat

gereeld oefen net

‘n 25% kleiner

kankerrisiko.”

Huisgenoot,

15 Jan 2009 Psalm 1

Die inligting van

hierdie deel...

...kom uit die

doktorale notas van

Dr Archibald Hart

(emeritus, Fuller

Seminary) en word

met sy toestemming

gebruik. Vir meer

inligting gaan na:

www.hartinstitute.com

“defrag” (v.)

–rekenaarterm wat

dui op die proses om

jou hardeskyf te

defragmenteer.

Lêers word dikwels

fisies op verskillende

plekke op die skyf

gestoor. “Defrag”

ruim die skyf op deur

bymekaar te sit wat

bymekaar pas en die

skyf weeer netjies uit

Page 7: Renovatio Voorbeeld

© 2009 ● Jimi le Roux ● www.jimileroux.com ● Alle regte voorbehou – geen duplisering of verspreiding toegelaat nie. p.7

Verantwoordelike Slaaproetine Oefening:

1. Hoeveel ure slaap ek gemiddeld per nag? Omkring op die onderstaande grafiek:

2. Ek voel aan my lyf dat ek te min slaap? 3. Hoeveel ure wil ek eintlik per nag slaap? Omkring op die onderstaande grafiek:

4. Waarom slaap ek te min (indien wel)?

..................................................................................................................................................................

..................................................................................................................................................................

5. Wat kan ek doen?

..................................................................................................................................................................

..................................................................................................................................................................

Notas:

1. Kom in die gewoonte om jou slaapure elke oggend te tel

2. As jy voel “te veel werk” werklik die geldige rede vir jou min slaap is, moet jy na jou werkgewer teruggaan. Die kans is egter eerder dat

die rede in jouself lê, bv. by swak keuses, swak boundaries, ens.

3. Gaan meer bewustelik met jou slaap om. Jou liggaam is God se tempel.

< 6 6 6 7 7 8 8 9 9 >

< 6 6 6 7 7 8 8 9 9 >

1.

Oefening

Hierdie oefeninge is die toepassing van die week se coaching notas. Dit is vrywillig en hoef nie terug gestuur word nie, tensy jy wil. Bou vir jou ‘n coaching portefeulje op. Jy kan dit ook gebruik vir jou eie opleiding, bera-ding of begeleiding (sien hieronder).

© Kopiereg

Gebruik van hierdie

oefeninge of materiaal

aan derde partye of in

groepsverband is

onderhewig aan die

volgende voorwaardes:

< Die program mag nie

as geheel aan derde

persone aangebied

word nie en nooit teen

vergoeding nie. Verwys

belangstellendes asb. na

ons webruimte.

< Wanneer materiaal uit

die program op ad hoc

basis gebruik word,

moet dit sonder

veranderinge

gefotostateer word,

m.a.w. met outeur,

webadres en kopiereg-

kennisgewing intak.

ALTYD SOMS DIKWELS NOOIT