Êrens tussen halloween en kersees jana de lane d · te vier, veral gelowiges wat in die afgelope...

4
Dis amper Kersfees, maar ek wil eers terugkyk voor ek vorentoe kyk na die koms van die Lig en Lewe na die wêreld. Op 31 Oktober is daar ook fees gevier. Vir meeste van ons, as goeie gereformeerde Christene, is dit die fees van Hervormingsdag. Tog vir meeste van die Westelike wêreld (en ook wyer) is dit Halloween. Daardie vreemde fees waar mense vreesaanjaende kostuums aantrek, gesigte uit pampoene kerf en waar kinders rondgaan by huise en vir lekkers vra. Uit vrees vir die onbekende en die vreemde kostuums voel baie Christene dat dit n demoniese fees is en moet ons eintlik ver wegbly en eerder net die Reformasie vier. Tog, so vreemd soos Halloween vir baie van ons is, het dit nie heeltemal los van die groter Christelike kerk ontstaan nie. Vir eeue lank op 1 November vier die meeste Westerse kerke Alle Heiliges Dag”, in Engels is dit All Saints Dayof All Hallows Dayn dag ter viering en herdenking van alle gelowiges deur die eeue en oor die wêreld. Gevolglik dan is die aand voor dit (31 Oktober) All Hallows Eveen daaruit kom toe die woord wat ons vandag beter ken as Halloween”. Die idee van die dag, as Christelike fees, is om God te dank vir alle gelowiges wat ons voorgaan en voorgegaan het in geloof, die skare geloofsgetuies(Heb 12:1) wat om ons is, en om hulle lewens te vier, veral gelowiges wat in die afgelope jaar gesterf het. Die sterk klem op dié wat afgesterf het, het gelei tot die dra van vreemde kostuums in sekere kulture. Ten spyte van die kostuums is daar wel iets te sê vir hierdie fees waar ons Alle Heiliges, die wat nog lewe en die wat reeds gesterf hetaan God opdra en God vir mekaar dank. In n jaar waar menige van ons n geliefde verloor het, onverwags of dalk na n lang siekbed, is dit goed om ook vir n oomblik sl te staan bymekaar en te sê: Ons dank God vir die lewe van ons geliefdes, ons eer hulle nagedagtenis, ons mis hulle, maar ons weet ook dat hulle tans in God se ewige teenwoordigheid leef.Die dood van ons geliefdes en die wat ons voorgaan in geloof, staan nie los van die Lewe wat ons vier op 25 Desember nie. Jesus se koms as brose baba, as mens van vlees en bloed, bring vir ons nuwe hoop en moed wanneer selfs die dood ons bedreig het. Omdat Lig en Lewe na die aarde gekom het in die lewe van Jesus Christus, kan ons ook die verlies en dood van n geliefde met n bietjie meer krag en moed dra, want die dood is nie die einde nie. So broos soos ons lewe en die lewe van ons geliefdes is, so broos was ons God. Daarom net so lewenskragg en ewig soos ons God is, so sal ons ook wees. Om Kersfees te vier met een geliefde minder aan tafel, is nie maklik nie en lê dalk soos n berg voor sommiges. Maar mag die koms van Christus, die Ewige Lig en Lewe, ook weer lig en lewe in ons harte kom skyn en die versekering gee dat dit nie net ons Verlosser is wat leef nie, maar ons geliefdes ook. Êrens tussen Halloween en Kersfees -Jana de Lange GEDAGTE VIR DIE MAAND No. 671 Desember 2019

Upload: others

Post on 18-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Êrens tussen Halloween en Kersees Jana de Lane D · te vier, veral gelowiges wat in die afgelope jaar gesterf het. Die sterk klem op dié wat afgesterf het, het gelei tot die dra

Dis amper Kersfees, maar ek wil eers terugkyk voor ek vorentoe kyk na die koms van die Lig en Lewe na die wêreld. Op 31 Oktober is daar ook fees gevier. Vir meeste van ons, as goeie gereformeerde Christene, is dit die fees van Hervormingsdag. Tog vir meeste van die Westelike wêreld (en ook wyer) is dit Halloween. Daardie vreemde fees waar mense vreesaanjaende kostuums aantrek, gesigte uit pampoene kerf en waar kinders rondgaan by huise en vir lekkers vra. Uit vrees vir die onbekende en die vreemde kostuums voel baie Christene dat dit ‘n demoniese fees

is en moet ons eintlik ver wegbly en eerder net die Reformasie vier.

Tog, so vreemd soos Halloween vir baie van ons is, het dit nie heeltemal los van die groter Christelike kerk ontstaan nie. Vir eeue lank op 1 November vier die meeste Westerse

kerke “Alle Heiliges Dag”, in Engels is dit “All Saints Day” of “All Hallows Day” – ‘n dag ter viering en herdenking van alle gelowiges deur die eeue en oor die wêreld. Gevolglik dan is die aand voor dit (31 Oktober) “All Hallows Eve” en daaruit kom toe die woord wat ons vandag beter ken as “Halloween”.

Die idee van die dag, as Christelike fees, is om God te dank vir alle gelowiges wat ons voorgaan en voorgegaan het in geloof, “die skare geloofsgetuies” (Heb 12:1) wat om ons is, en om hulle lewens te vier, veral gelowiges wat in die

afgelope jaar gesterf het. Die sterk klem op dié wat afgesterf het, het gelei tot die dra van vreemde kostuums in sekere kulture.

Ten spyte van die kostuums is daar wel iets te sê vir hierdie fees waar ons Alle Heiliges, “die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het” aan God opdra en God vir mekaar dank. In ‘n jaar waar menige van ons ‘n geliefde verloor het, onverwags of dalk na ‘n lang siekbed, is dit goed om ook vir ‘n oomblik stil te staan bymekaar en te sê: “Ons dank God vir die lewe van ons geliefdes, ons eer hulle nagedagtenis, ons mis hulle, maar ons weet ook dat hulle tans in God se ewige teenwoordigheid leef.”

Die dood van ons geliefdes en die wat ons voorgaan in geloof, staan nie los van die Lewe wat ons vier op 25 Desember nie. Jesus se koms as brose baba, as mens van vlees en bloed, bring vir ons nuwe hoop en moed wanneer selfs die dood ons bedreig het. Omdat Lig en Lewe na die aarde gekom het in die lewe van Jesus Christus, kan ons ook die verlies en dood van ‘n geliefde met ‘n bietjie meer krag en moed dra, want die dood is nie die einde nie. So broos soos ons lewe en die lewe van ons geliefdes is, so broos was ons God. Daarom net so lewenskragtig en ewig soos ons God is, so sal ons ook wees.

Om Kersfees te vier met een geliefde minder aan tafel, is nie maklik nie en lê dalk soos ‘n berg voor sommiges. Maar mag die koms van Christus, die Ewige Lig en Lewe, ook weer lig en lewe in ons harte kom skyn en die versekering gee dat dit nie net ons Verlosser is wat leef nie, maar ons geliefdes ook.

Êrens tussen Halloween en Kersfees -Jana de Lange

GEDAGTE VIR DIE MAAND

No. 671 Desember 2019

Page 2: Êrens tussen Halloween en Kersees Jana de Lane D · te vier, veral gelowiges wat in die afgelope jaar gesterf het. Die sterk klem op dié wat afgesterf het, het gelei tot die dra

Vakansietyd: Oggend se preek word herhaal in die aand.

Sondag 15 Desember Jana de Lange

Maandag 16 Desember - Versoeningsdag 8:00 Gesamentlike diens by Nederduitsch Hervormde Kerk Pretoria-Oos

Sondag 22 Desember Arno Meiring

Woensdag 25 Desember - Kersdag 8:00 Jana de Lange

Sondag 29 Desember Jana de Lange

Dinsdag 31 Desember - Oujaarsdiens 19:00 Jana de Lange

Sondag 5 Januarie Arno Meiring

Sondag 12 Januarie Ronél Meylahn

Sondag 19 Januarie Arno Meiring

Maandag 20 Januarie Eerstejaarskamp Ontvangsdag 11:00 Jana de Lange

Sondag 26 Januarie 9:30 Arno Meiring Gesinne: Fritz Snyman 19:00 Ronél Meylahn

Sondag 2 Februarie 9:30 UP Teologiese Fakulteit Gesinne: Ronél Meylahn 19:00 Jana de Lange

Sondag 9 Februarie: Preekreeks Fritz Snyman

Sondag 16 Februarie: Preekreeks Ronél Meylahn Gesinne: Arno Meiring

Sondag 23 Februarie: Preekreeks Jana de Lange

26 Februarie: Aswoensdag Jana de Lange

Sondag 1 Maart: Preekreeks Arno Meiring Gesinne: Jana de Lange

EREDIENSROOSTER LIEF EN LEED

Kersboodskap

Ons wens vir u ‘n baie geseënde kersfees toe! Ons bid dat jy en jou familie die Here se

nabyheid sal ervaar.

Die Gesinskerssangdiens op 17 November was weer ‘n heerlike saamsing, luister

en lofprys geleentheid. Die gemeente se kinders het gehelp om dit ‘n vreugde-fees

te maak. Op die foto regs speel Adeline en Elize Cilliers Beethoven se “Ode to Joy”.

Op 4 November het 4 jongmense Belydenis van geloof afgelê. Hulle is: Niël Smith,

Franco Volschenk, Pieter-Jan Pretorius en Danica Booyens. Ons wens hulle en

hulle ouers hartlik geluk.

Page 3: Êrens tussen Halloween en Kersees Jana de Lane D · te vier, veral gelowiges wat in die afgelope jaar gesterf het. Die sterk klem op dié wat afgesterf het, het gelei tot die dra

MARTUS

Taizé Pilgrimage of Trust - Paul Vaandraager

Mens dink ‘n Pelgrimstog is ‘n

reis na ‘n heilige plek; en dit is gedeel-telik waar. Tog gaan dit minder oor die bestemming en meer oor die mense wat saamreis. Die heilige word dan in jou medemens raakgesien, en saam word iets van die Koningkryk van God geskep.

Die Taizé Pilgrimage of Trust wat in September in Kaapstad plaasgevind het, was só ‘n reistog. Na meer as twee jaar se beplanning deur Suid Afrikaanse vrywilliges en die broers van die Taizé gemeenskap in Frankryk, kon dit uiteindelik weer in Suid Afrika plaasvind.

Daar was ‘n paar duisend jong-mense van diverse agtergronde wat in Kaapstad bymekaar gekom het. Ook ’n groepie hier uit ons geledere.

Die eerste dag by St. Joseph’s Marist College was soos ‘n miernes - daar was groepe van oral oor Suid-Afrika, Lesotho, Namibië, Kenya en Nigerië, selfs Europa. Katoliek, Anglikaan, Ortodoks, Protestant – en baie wat beswaarlik ooit tuisgevoel het in ‘n kerk.

Die vrywilligers van Kaapstad het almal verwelkom. Mense uit ver-skillende kerke regoor Kaapstad het hul wo-nings beskikbaar gemaak. Som-miges bly in Khayelitsha en Mitchells Plain, ander in Rondebosch en Kampsbaai. Huisouers en pelgrims was maar benoud oor die verblyfreëlings. Maar dit was die doel: om opnuut te leer om op mekaar te

vertrou, as mede-Suid-Afrikaners en gelowiges. Ons het klein bietjie van ons lewens met mekaar gedeel, en spesiale, heilige, genesende momente sodoende geskep.

Elke oggend het begin met sang, meditasie en gebed. Daarna het ons aan werkswinkels deelgeneem, waar die klem veral op hoop geplaas is: ons is blootgestel aan onder-wysuitreike, sopkombuise en gesond-heidsop-heffing. Oral waar Christene hoop gee.

Smiddae het almal weer by Rondebosch bymekaargekom vir mid-dagete en aanbidding. Daarna is daar verskeie opsies van praatjies gewees om na te luister. Sommige sessies is deur die Taizé broeders aangebied en sommige deur bekwame sprekers vanaf Kaapstad. Die onderwerpe was relevant en ryk: hoe om in eenvoud te leef; hoe om met mense van ander gelowe oor die weg te kom; hoe om op ‘n klein manier te begin om ‘n posi-tiewe verskil in jou lewe te maak.

Een van die sprekers was die Aartsbiskop van York in Engeland, John Sentamu. Die vreugde en hoop wat hy uit sy geloof uit put was tasbaar, en sy toespraak het baie mense diep geraak.

Benewens die formele praatjies was daar vele informele gesprekke tussen die jongmense. Hier is daar werklik gepráát: oor klimaatsverande-ring, grondhervorming, ongeregtigheid en vele ander onderwerpe wat ons diep raak. Maar die gesprekke was in liefde en met groot respek vir mekaar

gevoer, want die ruimte wat daarvoor geskep is, was heilig.

Die hoogtepunt van elke dag was gebed, sang en meditasie saam met die Taizé broeders, selfs al was dit vir meeste, ‘n vreemde aanbiddingstyl. Maar dit is die geheim: dit is vreemd vir álmal. Maar dit is eenvoudig en ryk in simboliek, dus is dit toeganklik vir almal. Dat die jeug veral so gretig daar-in deelneem sê ook baie van die dol, raserige wêreld wat ons vir onsself skep, en die groot behoefte aan een-voud en stilte; aan heilige tye met an-der gelowiges.

Ons het maar maar vyf dae so saam met mekaar spandeer, maar dit was ‘n kosbare vyf dae. Ek het vir Broer Luc, wat ‘n paar keer Universi-teitsoord besoek het, gevra wat sy gevoel oor die sukses van die pelgrims-tog was. Sy antwoord het my diep ge-raak:

“Wanneer mens ‘n koringsaad plant, lewer dit eers ‘n oes na ‘n paar maande. Met ‘n vrugteboom, eers na baie jare. Met ‘n mens? Dan vat dit ‘n leeftyd. Die saad is geplant.”

Toe ons weer in die bus oppad terug Pretoria toe is, ry ons deur die droë Karoo. Die bus was stil, maar ons was gelukkig. Ons was veilig in mekaar se heilige geselskap. Ons is in vertroue en liefde aan mekaar gebonde.

Soos die son gesak het, het dit swaar begin reën oor die dorre aarde. Dit was soos ‘n teken dat die oes goed sal wees.

‘n Klompie Universiteitsoord studente uit Ami-

cus-wyk het op 12 Oktober gaan kuier by die SAVG se Margaretha Ackerman Tehuis. Hier is wat Ditlhare Mokhema, maatskaplike werker by die tehuis te sê het oor die besoek:

“On behalf of the residents, management and the staff members of SAVF Margaretha Ackerman Tehuis, I would like to thank you and the team of students for a wonderful philanthropic gesture of spending a morning at our facility.

We appreciate the humane manner in which the rest of the team interacted with our residents while serving them tea and cupcakes as well as for the mind

and soul affirming conversations during the course of the event. We thank you once more for a very brilliant and hilarious puppet show which left us in stitches and it is such acts of kindness that remind old people that they are respected and still considered as valuable members of society.

Rest assured that the seed of friendship you have planted in our hearts will remain with us for the longest time and we hope that NG Universiteitsoord will grow from strength to strength.”

Dit is lekker om te hoor van nog ‘n geleentheid waar ons studente ‘n verskil gaan maak het.

Amicus SAVF-uitreik

Page 4: Êrens tussen Halloween en Kersees Jana de Lane D · te vier, veral gelowiges wat in die afgelope jaar gesterf het. Die sterk klem op dié wat afgesterf het, het gelei tot die dra

BOEKERUBRIEK

Art as Biblical Commentry -Gerhard van der Linde

Exum, J. Cheryl. 2019. Art as Biblical commentary: visual criticism from Hagar the wife of Abraham to Mary the Mother of Jesus. London: t&t clark.

Die skilderkuns bied al eeue lank visuele toeligting tot die Bybel. Vir die ongeletterde kerkgangers van vroeër tye was kunswerke in ka-tedrale `n sleutel tot hulle verstaan van die Woord. Dit was anatema vir die Reformasie, met hulle slag-spreuk van sola Scriptura, wat gelei het tot die beskadiging en ver-nietiging van tallose kunswerke deur groepe ikonoklaste.

In Universiteitsoord het veral Ronél Meylahn al dikwels visuele materiaal gebruik om aspekte van haar prediking te verduidelik.

Cheryl Exum, Emeritus Pro-fessor in Bybelstudies by die Uni-versiteit van Sheffield het jare lank `n kursus aangebied oor “The Bible and the Arts” (bl. ix), en hierdie boek is as’t ware die kulminasie van haar werk op die terrein. Sy beskryf hoe ons persepsies van die Bybel deur kuns gevorm is. Een voorbeeld is die opvatting dat Eva alleen was in die tuin van Eden toe die “slang” haar in die versoeking gelei het, en dat sy, na sy die “verbode vrug” geëet het, wat ge-woonlik verkeerdelik as `n appel geïdentifiseer word, na Adam gaan soek het om vir hom ook `n happie aan te bied.

Sy skryf dat kunshistorici tradisioneel min aandag gegee het aan die interpretasie van Bybel-tekste as sodanig; hulle was eerder begaan oor sosiale en kulturele faktore wat op die kunstenaar ingewerk het. Exum sluit aan by die begrip “visuele eksegese”, wat sy in navolging van Paolo Berdini verstaan as “the dynamics of an artist’s visualization of a text in its historical circumstances” (bl. 6).

Visuele eksegese beskryf die skilderwerk as lesing van `n teks, saam met die sosiale en politieke konteks wat dit moontlik maak, en die effek wat die teks op die kyker het via die visuele materiaal.

Exum beskryf haar eie be-nadering as “visual criticism” (bl. 7). Dit konsentreer op die verhalende aspek van visuele beelde, en lees die visuele kunswerk as `n verhaal, wat dan afgespeel word teen die verhaal van die Bybelse verteller. So kan die visuele materiaal die kyker lei na problematiese aspekte van die verbale teks, of help om elemente daarvan raak te lees wat andersins misgekyk word, of dit kan die ver-bale teks in `n nuwe lig plaas. Die kunstenaar kan langs verskillende roetes by `n bepaalde teks uitkom, en verskillende benaderings volg in sy respons daarop.

Exum se fokus is eerder “the relation between verbal narrative and visual narrative, and…using the visual narrative as a commentary on the verbal narrative…” (bl. 8). Sy lys `n aantal vrae wat die kyker kan stel rondom die konneksies tussen die twee narratiewe.

Die res van die boek word gewy aan breedvoerige analises van `n aantal voorstellings van vrouefigure in die Bybel. In haar bespreking van die Bateseba-figuur wys Exum daarop dat die Bybelse verteller swyg oor Batseba se eie reaksies en moontlike intensies. Dit laat allerlei opsies vir die kuns-tenaar. Jan Massys stel haar byvoorbeeld in 1562 voor as `n halfnaakte vrou wat sonder skroom haar bates vertoon vir Dawid se boodskapper.

`n Ander voorbeeld is Dante Gabriel Rossetti se voorstelling van die Aankondiging (1850). In die skildery is Maria allermins `n gewillige dienares van God, eerder

“an unwilling recipient of unwel-come news” (bl. 224).

Die uitbeelding van die Le-viet en sy dooie vrou, geïnspireer deur Rigters 19 verskaf ewe min as die Bybelse teks `n antwoord op die vraag hoekom die Leviet sy vrou se liggaam in stukke gekap het om Israel tot die wapen op te roep. Die Leviet sit peinsend en kyk na die naakte liggaam, sonder eni-ge tekens van verdriet of ontstel-tenis, terwyl die vrou se liggaam geen tekens toon van die lyding wat sy deurgemaak het nie. Vol-gens Exum is dit nie eers duidelik in die Hebreeuse teks of sy reeds dood was toe die Leviet haar op-gekap het nie. Eerder as om die Bybelverhaal op te helder maak die visuele vertelling dit selfs meer raaiselagtig.

Wat Exum se benadering interessant maak, kort gestel, is dat die kunswerk nie gebruik word om Bybeltekste te illustreer nie, maar dat visuele en verbale ver-tellings in gesprek tree met me-kaar. Dit vereis natuurlik dat die kyker/leser aktief vrae stel, en nie bloot `n ontvanger van betekenis sal wees nie.