ridders op reis mosambiek - junie 2016 · groot bome op die kampplek (sien foto 2). die 8 dae wat...

12
1 | Page RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 1. DIE REISVERHAAL Reis in Afrika. Wat kan „n mens sê? Hare op jou tande en brandewyn in jou are. So „n ruk gelede het ek „n storie geskryf oor Indië wat nie vir sissies is nie, maar sowaar Afrika ook nie. Dit help ook as jy 'n baie lang geduld het, veral by die grensposte. Soms as ons so spook by die grensposte, besluit Hans gewoonlik dit is die laaste keer. Nooit weer nie! Hoe lui die Engelse uitdrukking: “Famous last Words!”, want as ons sien dan is ons maar weer oppad in Afrika in. Dit is soos „n verslawing aan tjoklits en as die gogga jou eers gebyt het is daar geen keer nie. Hierdie keer was ons in Mosambiek by Ponta Malongane in die suide van die land. Hierdie pragtige plek is „n duikersparadys en duikers kom van heinde en verre om hier te kom scuba. Dit is ook „n lieflike swemstrand met „n uitsig wat skrik vir niks. „n Ware paradys en een van daardie plekke waarheen jy altyd wil teruggaan. Die heerlikheid van hierdie trippie, was dat ons saam met Elsie se twee sussies en hulle families gereis het. Iets wat ons altyd baie geniet. Elsie en haar twee sussies (Die Coetzees van Ottosdal) is „n besondere hegte familie en daar was nog altyd „n baie spesiale band gewees tussen die familielede. Veral die neefs en die niggies is baie geheg aan mekaar (sien Foto 1). Elsie se oudste sus Annette, is met Peet Venter getroud en die tweede sus Susarie, met Enslin van Velden. Soos ons, het beide families ook 3 kinders waarvan daar slegs 3 nefies is (kroonwild volgens die tannies en ouma Elsa). Daar het ook intussen twee aanhangsels (“plus ones”) bygekom in die Van Velden huishouding en verder is daar twee toekomstiges in die Venter huishouding. Omdat ons eers die Vrydag 11:30 kon ry nadat Elsie se skool gesluit het en dit 750km is tot in Ponta Malongane, het ons besluit om in Piet Retief oor te slaap in die Bali Biasa gastehuis. Ons kan werklik die gastehuis aanbeveel. Dit is bekostigbaar, netjies, skoon en baie veilig. Die Venters en Van Veldens is reeds 3 uur die Saterdagoggend uit Pretoria weg en so het ons mekaar dan 7:30 die oggend by die Wimpy in Piet Retief gekry. Daarvandaan het ons saam gery en op Pongola ontbyt geëet. Die pad vanaf Pongola na die grenspos via Kosibaai is baie besig en daar is groot gedeeltes wat jy stadig moet ry deur die beboude gebiede met etlike spoedwalle in die pad, veral die laaste gedeelte nadat mens afgedraai het van die N2 af. Hou maar by die spoedgrens, want hulle gaan jou roer as hulle jou vang en daar is baie dele waar jy 60 of 80km/uur moet ry. Foto 1: Niggie liefde!

Upload: others

Post on 11-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

1 | P a g e

RIDDERS OP REIS

MOSAMBIEK - JUNIE 2016

1. DIE REISVERHAAL

Reis in Afrika. Wat kan „n mens sê? Hare op jou tande en brandewyn in jou are. So „n ruk

gelede het ek „n storie geskryf oor Indië wat nie vir sissies is nie, maar sowaar Afrika ook nie.

Dit help ook as jy 'n baie lang geduld het, veral by die grensposte. Soms as ons so spook by

die grensposte, besluit Hans gewoonlik dit is die laaste keer. Nooit weer nie! Hoe lui die

Engelse uitdrukking: “Famous last Words!”, want as ons sien dan is ons maar weer oppad in

Afrika in. Dit is soos „n verslawing aan tjoklits en as die gogga jou eers gebyt het is daar geen

keer nie. Hierdie keer was ons in Mosambiek by Ponta Malongane in die suide van die land.

Hierdie pragtige plek is „n duikersparadys en duikers kom van heinde en verre om hier te

kom scuba. Dit is ook „n lieflike swemstrand met „n uitsig wat skrik vir niks. „n Ware paradys

en een van daardie plekke waarheen jy altyd wil teruggaan.

Die heerlikheid van hierdie

trippie, was dat ons saam met

Elsie se twee sussies en hulle

families gereis het. Iets wat ons

altyd baie geniet. Elsie en haar

twee sussies (Die Coetzees van

Ottosdal) is „n besondere hegte

familie en daar was nog altyd „n

baie spesiale band gewees tussen

die familielede. Veral die neefs en

die niggies is baie geheg aan

mekaar (sien Foto 1). Elsie se

oudste sus Annette, is met Peet

Venter getroud en die tweede sus Susarie, met Enslin van Velden. Soos ons, het beide

families ook 3 kinders waarvan daar slegs 3 nefies is (kroonwild volgens die tannies en ouma

Elsa). Daar het ook intussen twee aanhangsels (“plus ones”) bygekom in die Van Velden

huishouding en verder is daar twee toekomstiges in die Venter huishouding.

Omdat ons eers die Vrydag 11:30 kon ry nadat Elsie se skool gesluit het en dit 750km is tot

in Ponta Malongane, het ons besluit om in Piet Retief oor te slaap in die Bali Biasa gastehuis.

Ons kan werklik die gastehuis aanbeveel. Dit is bekostigbaar, netjies, skoon en baie veilig.

Die Venters en Van Veldens is reeds 3 uur die Saterdagoggend uit Pretoria weg en so het ons

mekaar dan 7:30 die oggend by die Wimpy in Piet Retief gekry. Daarvandaan het ons saam

gery en op Pongola ontbyt geëet. Die pad vanaf Pongola na die grenspos via Kosibaai is baie

besig en daar is groot gedeeltes wat jy stadig moet ry deur die beboude gebiede met etlike

spoedwalle in die pad, veral die laaste gedeelte nadat mens afgedraai het van die N2 af. Hou

maar by die spoedgrens, want hulle gaan jou roer as hulle jou vang en daar is baie dele waar

jy 60 of 80km/uur moet ry.

Foto 1: Niggie liefde!

Page 2: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

2 | P a g e

Vanaf die grenspos tot by Ponta Malongane is dit 'n tweespoor sandpad van so ongeveer

13km. Jy ry in 4X4 die hele pad. Ons sleep ook 'n groot 4X4 wa en daarom moet mens nie te

rustig te wees nie. Maak maar bietjie spoed as dit „n opdraende is met lekker dik sand, want

jou momentum is

nogals belangrik as jy

in sand ry. Ry dit

maar in die dag en hou

jou voertuig die hele

tyd in 4X4. Blaas ook

jou bande af tot so

1.5Bar. Moenie „n tier

probeer wees en in

2X4 ry totdat jy vassit,

en dan jou voertuig

oorskakel na 4X4 nie.

Dit is moeilikheid

soek.

Ons het kamp

opgeslaan in die Ponta Malongane ruskamp en omdat swaer Peet en sy hele familie aktiewe

duikers is, het ons in die duikerskamp gebly wat aan die onderpunt van die ruskamp is. Ons

was in kamplek no. 48 gewees en het basies die hele dag koelte gehad met verskeie lieflike

groot bome op die kampplek (sien Foto 2).

Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

kamp se stoepie waar ons gelees of kaart en yatsie gespeel het. Die eerste paar dae het ons

heerlike sonskyn weer gehad en daar is geswem en branderplank gery in die warm

Mosambiekse water. Swaer Peet en sy familie het ook twee keer gaan duik en verder wou ons

baie graag met een van die “Ocean Safaris” uitgaan om te snorkel en dolfyne te sien. As ons

natuurlik gelukkig sou wees. Die eerste dag wat ons wou uitgaan was die dolfyne egter meer

as 50km die diepsee in en het hulle ons afgeraai om te gaan. Die tweede keer was die see te

rof gewees en kon ons weer nie uitgaan nie. Dus sal dit moet wag vir „n volgende keer. Ons

het een van die oggende Ponta do Ouro toe gery en dit is so ongeveer 8km van Ponta

Malongane af. Dit is „n tweespoor sandpad en jy het „n 4X4 nodig. Daar is nie veel meer te

doen of te sien as by Ponta Malongane nie. Daar is darem „n kitsbank waar jy kan Meticais

trek, asook „n vulstasie met diesel en petrol. Verder is daar maar dieselfde informele winkels

as wat jy op Ponta Malongane kry.

Die tyd saam met ons dierbare familie in Ponta Malongane was fantasties. Dit is „n vakansie

wat ons vir enige een kan aanbeveel. Geniet die lieflike strand, swem in die see, duik of

snorkel. Gaan sit op die strand en kyk hoe kom die son op en gaan drink ietsie (“sundowner”)

by „n plaaslike kuierplek terwyl julle kyk hoe die son sak. Sit in die aande om „n lekker groot

vuur en drink „n wyntjie. Geniet die lekker weer en die stukkie vleis wat jy braai en moenie

vergeet om te gaan sterre kyk op die strand nie. Die plaaslike mense is juwele en gaan uit

hulle pad uit om vriendelik te wees en te help. Ondersteun hulle, want toerisme is vir baie van

hulle die enigste bron van inkomste. Ons het „n wonderlike tyd in Mosambiek gehad en sal

gou weer wil teruggaan. Verkieslik saammet ons familie en vriende.

Foto 2: Ons Kampplek.

Page 3: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

3 | P a g e

2. HOE BEPLAN JY VIR REIS IN AFRIKA

Goeie vraag! Verwag altyd die onverwagte. Praat met ervare Afrika reisigers en nie ouens

wat dink hulle weet wat in Afrika aangaan omdat hulle eenkeer in Namibië was nie. Ons

swaer Peet Venter en sy familie het met hulle Cruiser op die ewenaar gaan draai. Hy ken

Afrika beter as suster Annette se kombuis. Hulle het in Afrika getoer lank voordat daar „n

hulpmiddel soos „n GPS was en is hardebaarde as dit by reis in Afrika kom. Peet is letterlik

soos „n lopende Afrika ensiklopedie en verder kan hy ook alles wat breek regmaak. Jy kan

dus maar luister wat hy sê. Hans is ook lief om Johan Badenhorst van Voetspore faam, se

boeke te lees. Hy is natuurlik die moderne David Livingstone en wat hy vergeet het van reis

in Afrika, moet outjies soos ons nog leer.

1. Die belangrikste is 'n deeglike lysie. Ons het met die jare 'n Afrika lysie saamgestel

met die hulp van swaer Peet se lysies asook uit ons vorige reise.

2. Begin voor die tyd beplan en pak. Moenie alles los vir die laaste paar dae nie. Jy gaan

nie betyds klaar kry nie, glo my as ek dit sê.

3. Maak seker jy het „n

ordentlike GPS met die kaarte

van “Tracks for Africa” ook

daarop gelaai saammet die

Garmin kaarte.

4. Sorg vooraf dat jou

voertuig en sleepwa in orde is

(sien Foto 3). Vat ekstra

spaarbande as dit moet. Sien ook:

“Wat om saam te neem”.

5. Kry jou kop reg vir die

grensposte. Moenie kwaad word

nie, moenie ongeduldig word nie,

moenie argumenteer met hulle nie. Drink voor die tyd „n chillpil en haal diep asem.

6. Vat kontant. Daar is nie baie plekke in Afrika waar jy met „n kredietkaart kan betaal

nie. Amerikaanse doller werk gewoonlik vir ons die beste.

7. Wenk: Vat ekstra klere en kos. Jy kom soms daarmee verder as betaalmiddel as wat

die geval is met geld.

8. Moenie alleen ry nie. Probeer om altyd 2 of 3 voertuie bymekaar te wees. Dit is slegs

die ou hardebaarde wat „n kans vat om alleen te ry. As jy alleen is in Afrika en iets

gebeur, het jy dalk meer probleme as wat jy kan hanteer.

3. WAT OM VOORAF TE DOEN

Elke reis verskil van „n volgende, maar hier volg „n paar basiese dinge wat mens vooraf kan

doen om die lewe vir jouself makliker te maak in Afrika.

Voertuig

1. Probeer altyd om jou voertuig te diens net voordat jy in Afrika reis. Maak veral seker

die 4x4 stelsels en sisteme werk honderd persent. Jy gaan nie baie lief wees vir jouself

as jy die dik sand slaan en jou voertuig se 4X4 werk nie.

Foto 3: Ons Jeep met die 4X4 wa

Page 4: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

4 | P a g e

2. Maak seker op die AA se webwerf watter plakkers (stickers) is nodig vir jou voertuig.

Vir Mosambiek is dit „n ZA plakker regs agter en as jy iets sleep „n geel driehoek op

„n blou agtergrond regs voor. Wenk: As jy nie die plakkers op jou voertuig wil plak

nie, plak dit op „n magneetvel en knip dit uit. Dit werk heel goed en is logies nie

permanent nie.

3. Vir Mosambiek het jy „n swart baadjie met helder groen of geel strepe nodig. Dit

moet die hele tyd oor die bestuurder se sitplek hang. Koop een by Midas.

4. Kry jou voertuig se papiere gereed. Vat oorspronklike papiere en as jy afskrifte vat,

sorg dat dit gewaarmerk is. As jou voertuig aan die bank behoort, kry by hulle die

grensbriewe. Wenk: Ons voertuig is by WesBank en Hans kry sommer die

grensbriewe self op hulle webwerf. Hy vul net „n klompie inligting in en dan stuur

hulle die grensbrief as „n pdf lêer na jou e-pos adres toe.

5. Maak seker jy het die volgende in jou voertuig: Spaarband, domkrag, moersleutel,

“jumpers”, sleeptou, pomp wat van jou battery af werk, basiese gereedskap, band

drukmeter, stuff om bande mee reg te maak en rooi driehoeke.

Sleepwa

1. Dit is altyd goed om jou sleepwa se wiellaers (“wheel bearings”) te laat nagaan

voordat jy in Afrika invaar. Het al van vriende gehoor wat die sleepwa se wiel sien

verbykom het, terwyl hulle nog heerlik ry en na Dozi se “Ou Ryperd” luister.

2. Vat genoeg slotte saam om alles toe te sluit in jou wa. Vat ook „n ketting en „n

meneer slot om jou sleepwa vas te sluit aan „n boom of „n paal as dit nodig is.

3. Maak seker op die AA se webwerf watter plakkers (stickers) is nodig vir jou sleepwa.

Vir Mosambiek is dit „n ZA plakker asook „n geel driehoek op „n blou agtergrond.

Beide plakkers kom agterop jou wa.

4. Ek het „n spesiale hoë domkrag vir as die sleepwa „n papwiel kry. Dit is natuurlik

opsioneel.

Dokumente

1. Sorg dat jou paspoort nog geldig is en eers drie maande of langer na jou

terugkomdatum verval.

2. Wat die visum betref, kry jy gewoonlik in die Afrika lande „n stempel in jou paspoort

op die grens wat dien as „n visum vir drie maande. Dit is dan ook so vir Mosambiek.

3. As daar kinders jonger as 18 saam reis, moet jy hulle onverkorte (“unabridged”)

geboorte sertifikate ook by jou hê.

4. Ons het dit nog nooit nodig gekry nie, maar vat maar bewys van mediese versekering

saam. Vat ook jou medies lidmaatskapkaart.

Malaria Medikasie

1. Afrika is Malaria wêreld en ook daar waar ons nou was in die Suide van Mosambiek,

is die muskiete nie jou maat nie. Drie van hulle was besig om my skoonsuster

Annette Venter weg te dra, toe ons op hulle afkom en haar red.

2. Begin jou malaria pille drink voordat jy vertrek en onthou om dit saam te neem as jy

langer as „n week weggaan.

3. Belangrik ook om te onthou is dat jy „n doktersvoorskrif nodig het en nie net die

medikasie oor die toonbank kan koop nie.

Page 5: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

5 | P a g e

Water

1. Vat genoeg drinkwater saam. My sleepwa het „n watertenk met „n kapasiteit van 60l.

Dit is handig om so „n tenk in jou wa in te bou vir die toekoms.

2. As alternatief kan jy ook sommer „n klomp 5l bottels koop en saamneem.

3. Daar is gebottelde drinkwater te koop, maar dit is aan die duur kant en nie altyd

beskikbaar nie. Dit is dus beter om jou drinkwater saam te vat.

4. WAT OM SAAM TE NEEM

Elke persoon of familie het hulle eie styl van kamp en daarom is dit baie moeilik vir ons om

in detail te spesifiseer wat alles saamgeneem moet word. Jy kan egter jou lysie verdeel in die

volgende hoofopskrifte en dan self die res invul. Ons gee enkele voorbeelde om te help:

1. Voertuie en sleepwaens

Bestuurderslisensies

Registrasiepapiere vir die grenspos

Sleeptou

GPS met kabels

“Jumper cables”

ens.

2. Kamptoerusting

Tente met pale, toue en penne

Gasbottels en stofie met vuurhoutjies

Stoele en „n tafel

Kampliggies

Matrasse en 12V opblaser

ens.

3. Ontspanning

Duik- of snorkeltoerusting

Rakette en balle vir die strand

Boeke om te lees

Speelkaarte en dobbelstene vir Yatsie

ens.

4. Medikasie

Pleisters en anti-septiese salf

Pille vir grille soos swaer Peet altyd sê (maag, hoofpyn, ander derglike pyne)

Pille vir allergie en bysteek

ens.

5. Algemeen

Kamera met genoeg geheue en selfiestok

Sambrele vir die strand

Visstokke, katrolle en viskas met hoeke, sinkers ens.

Selfoon en laaier

Muskiet branders (“coils”) en Peaceful Sleep

ens.

Page 6: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

6 | P a g e

5. DIE GRENSPOS

1. 'n Afrikagrenspos is soos „n baie kwaai Uzbekistanse vrou met krullers in haar hare.

Jy weet nooit wat jy gaan kry as jy by die huis kom nie. Soms gaan dit relatief goed,

maar partykeer sak die son vir jou by „n Afrikagrenspos soos vir die De Ridders in

2010 by die Karibadam grenspos tussen Zambië en Zimbabwe. Ons is vir amper 4 ure

opgehou omdat my sleepwa nie „n enjinnommer gehad het nie. Regtig!!??

Verduidelik help niks. Ek het eventueel vir my „n enjinnommer vir my wa “gekoop”

vir 30 Amerikaanse doller. Dus het my wa nou „n enjinnommer, maar steeds nie „n

enjin nie. Belaglik man, absoluut belaglik.

2. Die Kosibaai grenspos is miskien nie so besig nie, maar korrupsie aan die Mosambiek

se kant is aan die orde van die dag. Jy betaal “invoerbelasting” as jy nie wil hê hulle

moet alles deursoek nie. Hierdie keer was dit R200 per voertuig.

3. Eerstens moet jy aan die Suid-Afrikaanse kant jou paspoort laat stempel en daarna

kyk hulle na jou voertuig en jou sleepwa se papiere. Onthou hulle soek die

oorspronklike papiere. Hulle is nie baie lief vir afskrifte nie, al is dit gewaarmerk.

4. As jou voertuig nog aan die bank behoort, moet jy grenspapiere by die bank kry

waarin jy toestemming kry om die voertuig oor die grens te neem.

5. Aan die Mosambiekse kant laat jy weer jou paspoort stempel. Wenk: Maak seker

hulle stempel wel jou paspoort. Daar is slegte stories van mense wat nie uit

Mosambiek kon terugkom nie, omdat hulle paspoorte nooit gestempel is nie. Jy moet

ook jou voertuig en jou sleepwa verklaar. Vul die nodige vorm in en handig dit saam

met jou voertuigpapiere in vir die nodige stempel en „n hekpas, anders kan jy nie ry

nie.

6. Jy moet ook derdeparty versekering uitneem. Dit kos jou enige iets tussen R300-

R500. Sorg dus dat jy kontant by jou het. Jy kan in Rand of Meticais betaal.

7. Dan begin die pret. Daar is poliesmanne wat rondstaan en wag om vir jou moeilike

vrae te vra en jou voertuig te deursoek. Partykeer gee hulle jou „n keuse. Hulle

deursoek alles of jy betaal “invoerbelasting”!! Natuurlik jou keuse. Wees rustig hier

en moenie nukkerig raak nie. Dit gaan nie werk nie!

6. VERBLYF

1. Ons het die eerste aand op Piet Retief geslaap. R300 per persoon on die Bali Biasa

Gastehuis. Pragtig, skoon en veilige parkering. Omdat ons vroeg die volgende

oggend wou vertrek, het hulle vir ons elkeen „n Wimpy Ontbyt Koopbewys van R50

gegee. Dit het ons perfek gepas. Ons het deur “Lekkeslaap” bespreek.

2. In Mosambiek het ons by

die Ponta Malongane ruskamp

(Parque de Malongane) gekamp

(sien Foto 4). Fantasties en heerlik

met lieflike groot koeltebome. Jy

moet vooraf bespreek. Besprekings

word gedoen in Suid-Afrika.

3. Daar is uitgemerkte

staanplekke met nommers en elke

staanplek het 'n kragpunt met Suid-

Afrikaanse driepunt proppe.

4. Die ablusieblokke is heel

aanvaarbaar en daar is gas geysers. Dus meeste van die tyd is daar warm water.

Foto 4: Ingang van die ruskamp

Page 7: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

7 | P a g e

5. Die wonderlikste van die kampplekke is dat dit teen die see is. Ons was 'n volle 70

treë van die see af.

6. Daar is chalets beskikbaar op dieselfde terrein waar ons gekamp het. Ons kan

ongelukkig nie meer inligting daaroor gee nie. Ons is kampers en het as gesin van 5

gekamp teen R135 per persoon per dag.

7. EKSTRA HANDE

1. As jy inboek by die kantoor vra hulle jou of jy graag 'n kamphulp wil hê. Sê

onmiddelik ja. Dadelik! Sonder om tweekeer daaroor te dink.

2. Ortenz was ons engel gewees en het vir R100 per dag ons kamp en swaer Enslin en

swaer Peet hulle se kampe gediens. Sy sou dit vir R80 per dag doen, maar ons het

haar R100 gegee asook 'n bonus, ons orige kos en „n klomp klere.

3. Sy het skottelgoed gewas, ook die vorige aand s'n, die kamp gehark, tentseile

gevee, skottelgoed gewas, die vuurmaakplek skoongemaak en skottelgoed gewas.

4. Dit is vir die Mosambiekers ook „n bron van inkomste. Hulle is regtig arm en toerisme

is hulle hoofbron van inkomste. Ondersteun hulle sover moontlik asb.

8. GELDEENHEID

1. Die geldeenheid is Meticais en vir 'n rand kry jy so ongeveer 4.2 M (Junie 2016).

2. Jy kan meeste plekke in rand betaal, maar jy betaal defnitief meer. Probeer dus om in

Meticais te betaal indien moontlik.

3. Jy kan Meticais trek op Ponta do Ouro by die kitsbank met jou kredietkaart. Daar is

net gewoonlik „n lang ry, maar jy het mos tyd. Staan in die ry, eet neute en kuier met

die plaaslike mense. Hulle is baie vriendelik en oulik.

4. Jy betaal oral in kontant, maar by die duikklub kan jy met jou kredietkaart betaal. Dit

is as jy wil duik of op „n Ocean Safari wil uitgaan. As jy met die kredietkaart betaal is

dit in Meticais en dus goedkoper.

9. WAT IS BESKIKBAAR IN PONTA MALONGANE

1. Daar is op die kampterrein 'n baie klein winkeltjie wat koeldrank, ys en vars gebakte

brood of Pao, soos dit in Portugees bekend staan, aanhou.

2. Aan die buitekant van die kampterrein is daar allerhande "winkeltjies" waar jy bont

Mosambiekse broeke, houtbakke, t-hemde, aandenkings soos armbande en nog vele

meer kan koop.

3. Daar is ook winkeltjies wat die nodige kruideniersware, koeldrank, bier, Pao, vars

groente en vrugte ens. aanhou. Die Mosambiekers is lief vir brood bak. Jy kry oral

Pao te koop by klein bakkerye.

4. Jy hoef nie braaihout en charcoal te vat nie. Dit is oral te koop. Die hout is nie te

waffers nie, maar dit is lekker gesellig om in die aande by „n houtvuur te sit. As jy wil

braai, gooi net „n klompie van hulle tuisgemaakte charcoal op wat glad nie sleg is nie.

Dit maak lieflike kole.

Page 8: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

8 | P a g e

10. AS JY DORS WORD

1. „n R en R is nou-al so sinoniem

met „n vakansie in Mosambiek soos die

Engelse sokkerspan met verloor. Koop vir

jou Tipo Tinto Rum vir R50 „n bottel en

koop dan Raspberry Koeldrank en maak

jou eie Rum en Raspberry (sien Foto 5).

By basies elke kuierplek in Mosambiek

verkoop hulle dit ook en pryse wissel

tussen R20 en R25 vir „n R en R. As jy dit

self maak, is dit natuurlik heelwat

goedkoper.

2. Die plaaslike bier is Dois M of 2

M. Baie lekker. Kos so R13 vir „n

botteltjie.

3. Koeldrank is oral te koop en jy betaal so R20-R25 vir „n twee liter.

11. MAALTYE

Ontbyt

Hier volg 'n paar lip-lek-lekker idees vir ontbyt:

1. Braai dun wors op die kole en gaan koop vars broodjies (Pao) by die winkeltjie. Sny

die Pao eers in die helfte en dan oop soos „n hotdog broodjie, smeer botter, sit die

gebraaide wors in en geniet. Jy kan ook bietjie blatjang of tamatiesous oorgooi (sien

fotos 6 en 7)

2. BraaiPaai: Koop 4 pizza basisse om saam te vat. Maak „n lekker vulsel met uie,

spek, kaas, gebraaide sampioene, Mocerella kaas en blatjang. Sit 2 basisse op die

rooster. Skep vulsel op en sit dan die ander basis bo-oor soos „n toebroodjie. Braai op

die kole (sien Foto 8).

3. Malongane sub: Vat 'n vars Pao en sny dit oop soos 'n hotdog broodjie en smeer dit

botter. Stop dit dan vol met gebraaide spek, kaas, gebraaide sampioene, roereier en

gooi blatjang oor. Eet jouself binne in 'n sooibrand in.

Foto 5: Legendariese R en R

Foto 5: Legendariese R en R

Foto 7: Dun wors op die kole

Foto 6: Vars Pao

Page 9: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

9 | P a g e

Middagetes

1. Die meeste van die tyd eet

mens sommer „n broodjie of „n

vrug omdat ontbyt eers later in die

oggend geëet word.

2. Jy moet een middag by

Alex gaan pizzas eet wat in „n

selfgemaakte oond met 'n houtvuur

gebak word. Alex is „n Italianer uit

Florence se wêreld (of so sê hy) en

as daar mooi dames saam met jou

is, speel hy self kelner. Tipiese

Italianer. Die pizza‟s is baie lekker

en nie duur nie. Dit plek is buite die

ruskamp oppad na Ponta do Ouro.

3. Pak vir jou „n heerlike mandjie en hou piekniek op die strand.

Aandetes

1. Mosambiek is bekend vir sy garnale. Ons het in Ponta do Ouro gekoop vir R125 per

kilogram by „n man op straat wat dit in „n koelboks vol ys hou. Daar is ook 'n

viswinkel in Ponta do Ouro waar jy

R200 per kilogram betaal, maar dit is

bietjie aan die duur kant. Dus, soek

maar vir jou „n plaaslike man met „n

ysboks. Onthou net die garnale moet

nog skoongemaak word.

2. Braai die garnale in „n pan met

botter, knoffel en Aromat (sien Foto 9).

3. Jy braai basies elke aand, want

dit is heerlik om by vuur te

sit. Junie/Julie is lieflike weer in

Mosambiek. Vat dus genoeg vleis en

wors saam om te braai. Al braai jy jou maalvleis of jou weense worsies, is dit ook reg,

solank jy net braai.

4. Maak een van die aande „n potjie sodat jou gesin nie skeurbuik opdoen nie. Wenk:

Belê in „n liggewig aluminium potjie as jy baie reis. Die ou potyster is swaar en breek

maklik.

5. Ondersteun een van die plaaslike eetplekke. Hulle maak heerlike kos en daar is altyd

„n gesellige atmosfeer. Jy gee ook sommer die plaaslike ekonomie „n hupstoot.

12. WAT OM TE DOEN

1. Dit is vakansie so jy doen niks. Sit op die strand en lees of chill net en eet tjoklits.

Swem in die see, want die water is heerlik warm.

2. Dit is 'n duikersparadys. Daar is sestien riwwe in die Malongane area en bied dus „n

groot verskeidenheid aan die manne en vroue wat lief is vir scuba.

Foto 8: Mosambiekse BraaiPaai

Foto 9: Mosambiekse garnale

Page 10: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

10 | P a g e

3. Wees laf en koop vir jou 'n bont Mosambiekse broek in die Malongane Mall, soos die

vrouens die paar informele winkeltjies gedoop het waar hulle en die niggies tog al te

graag inkopies gedoen het (sien Foto 10).

4. As jy nie „n duiker

is nie, bespreek vir jou „n

bootrit by die duikklub om

te gaan snorkel en dolfyne

te kyk.

5. Die houtdek kroeg

by die duikerskamp is

bekend vir die heerlike

atmosfeer wat daar heers

asook die pragtige uitsig

oor die Malongane Baai

(sien Fotos 11 en 12).

6. Staan vroeg op, vat

jou koffie, beskuit en jou

stoel en gaan sit op die strand en kyk

hoe kom die son op.

7. Vat die hele familie vir „n

skemerkelkie by een van die vele

kuierplekke. Ons was twee keer by

“Come to See” (sien Fotos 13). Kyk

hoe sak die son tipies Afrikastyl en

geniet die plaaslike musiekante.

8. Koop vir jou Cashew neute op die

strand en eet jouself dors. Onthou om

te stry oor die prys. Jy kry per-peri,

sout en geroosterde neute.

9. As dit laagwater is gaan

snorkel in die vlak poele by die

rotse.

10. Koop vir jou „n

handgemaakte vrugtebak en vir R10

ekstra kerf hy jou naam en die

datum op die bak. Pragtig!

11. Gaan stap langs die see. Jy

kan strandlangs stap tot by Ponta do

Ouro.

Foto 10: Die bekende bont broeke

Foto 11: Malongane Baai

Foto 12: Kroeg by die duikkamp

Foto 13: Skemerkelkie by Come to See

Page 11: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

11 | P a g e

13. HOOGTEPUNTE

1. Die wonderlike tyd saam met ons familie. Familie is vir ons baie kosbaar en om saam

met hulle te mag reis is „n baie groot voorreg.

2. Die vars Pao wat ons elke oggend gekoop het en op „n verskeidenheid maniere tydens

ontbyt geniet het.

3. Die pragtige sonsopkoms oor die see in die oggende. Dit was elke oggend uniek en

anders.

4. Die aande om die braaivleisvuur. Fantastiese geselskap, goeie wyn en lekker kos. Die

lewe kan nie sommer beter wees as dit nie.

14. EK IS SPYT OOR...

...die feit dat ons nie kon uitgaan op die see en dolfyne gaan soek en snorkel nie.

Volgende keer.

15. ONTHOU

1. As jy in Afrika wil reis moet jy vooraf beplan en basies alles saamneem. Daar is nie

„n SPAR om die hoek nie.

2. Hou die paspoorte in „n veilige plek en pas hulle baie mooi op. As hulle wegraak het

jy jare se moeilikheid. Neem die inligting in jou paspoort af met jou selfoon of jou

iPad sodat jy afskrifte daarvan het.

3. Vat genoeg kontant as jy in Afrika reis. Kitsbanke is skaars en daar is nie baie plekke

wat jy met „n kredietkaart kan betaal nie. Vat ekstra klere en kos. Jy kom soms

daarmee verder as betaalmiddel as wat die geval is met geld.

4. “Travel and fill your life with experiences, not things. Have stories to tell, not stuff to

show.”

16. VYF KITSFEITE VAN MOSAMBIEK

1. Beide Mosambiek en Angola was voorheen Portugese kolonies gewees. Mosambiek

het in 1975 onafhanklik geword nadat dit reeds in 1498 deur die Portugese

gekolonialiseer is. Die amptelike taal in die land is Portugees.

2. Daar was „n aaklige oorlog in Mosambiek gewees (“Mozambican Civil War”). Die

oorlog het geduur vanaf 1977 tot 1992 en was tussen die regerende party (FRELIMO)

en Mosambiekse Weerstandsbeweging (RENAMO). Die oorlog het onherstelbare

skade aangerig aan die land en sy mense met meer as „n miljoen sterftes en

derduisende mense wat vermink is deur landmyne.

3. Daar bly tans ongeveer 26 miljoen mense in Mosambiek waarvan 56.1% Christene en

17.9% Moslems is. Mense is baie arm en slegs „n derde van die bevolking ouer as

vyftien kan lees en skryf. 4. As mens Engelse Scrabble speel, sal die woord “Mozambique” die meeste punte kry

van alle enkel-woord name van lande. Dit sal 34 punte verdien met “Kazakhstan” en

Page 12: RIDDERS OP REIS MOSAMBIEK - JUNIE 2016 · groot bome op die kampplek (sien Foto 2). Die 8 dae wat ons daar was is gevul deur luilekker dae op die strand, langs die vuur en op ons

12 | P a g e

“Kyrgyzstan” in die tweede plek met 30 punte. “Mozambique” is ook die enigste

enkel-woord naam van „n land, wat al vyf die klinkers bevat.

5. Mosambiek het twee medaljes gewen by Olimpiese Speles in die verlede. Beide is

gewen deur Maria Mutolo in die 800 meter. In 1996 by die spele in Atlanta, V.S.A.

het sy brons gewen en in 2000 in Sydney, Australië die goud.

“Travelling leaves memories no one can steal!”

Die 5 ReisRidders

4 Julie 2016