rif makitilynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/sep15.pdf · esmé pretorius by 082 879 8704 of...

2
Rif Makiti Om die wereld in 40 jaar 29 Augustus 2015 Rif Makiti Program Die“Extreme Slide” is 20x6x5 meter groot. Die boekwinkel gaan ‘n massiewe uitverkoping hê! Kom tel jou winskopies op! By die Wit Olifanttafel kan jy n spotgoedkoop item koop! Heerlike pannekoek. Smullekker melkkos. Tradisionele boereworsrolle. Lekker kebabrolle. Breakfastmet Bekker ontbytbroodjies vir die early birds. Moenie die liplekker poeding en n koektafel misloop nie! Daar gaan ook baie vermaak vir die jongspan wees! Rif Makiti Stalletjies 08:00 skop die Rif Makiti met n pretloop af! Bel Hercules by 082 841 7634 om in te skryf. Die koste is R20. 09:00 kompeteer ons woefies vir n prys in die hondeskou. Bel Averil by 083 456 9138 om jou hond in te skryf. Die koste is R20. 10:00 meet ons CONTACT tieners kragte teen ons sterkman! 11:00 moet die kleinspan nie Ollie die singende Nar mis nie! Toegang is gratis. 12:00 tree die musiekduo Heuningop! Toegang is gratis. 13:00 word heerlike wors, pap en sous bedien. Die koste is R30. n Bonsai-boom en pragtige handgemaakte glasvaas gaan opgeveil word. Kom raai wat is die pragtige Barbie bruidspop se naam vir R10 en staan die kans om haar huis toe te neem. Skyfskiet en kettieskiet vir pret! Gly op die reuse glybaan! Geniet n salige koppie tee of koffie in die kuiertuin! Koop iets mooi by een van die talle stalletjies van pragtige damesklere tot popklere. Kinders kom verf jul gesiggies en kom droom, kies en keur wat lekker is by die pragtige lekkergoed- tafel! DAGBOEK SEPTEMBER www.lynnwoodrif.co.za 012 348 5135 kommunikasie lynnwoodrif.co.za Voetspore Kom na My toe....in die voetspore van Jesus september 2015 MAANDBRIEF NO.2 LYNNWOODRIF GEMEENTE Saterdag 5/9 Vrydag 18/9 Saterdag 19/9 Donderdag 24/9 Genealogie- & Familie Erfenisfees Romeinedag Better Short-Term Mission Kreado Kuier en Kuns MultimediaGo! Kids Kuier in Mamelodi Braaifees Heelheidreeks Afsluiting Mooiloop deur Nico Smit Hartlik geluk aan die volgende seniors (80 jaar en ouer), wat gedurende September hulle geboortedag herdenk. Baie liefde en Gods rykste seëninge vir elke lidmaat in die gemeente, wat gedurende September verjaar. Riana Nel het 'n liedjie met die titel: Dansen Bouwer Bosch het ook 'n liedjie met die titel: Kan ek met jou dans?Die laaste ruk is ek besig om deur tekste in die Bybel te werk waar mense in Bybelse tye vreugde ervaar het. Soveel vreugde dat hulle borrel, wil dans en wil sing! Jesaja is een van die besondere voorbeelde in die Bybel. 'n Kil-koue winterreën het ewe skielik aan die einde van Julie opgedaag en almal meen dit is baie vreemd dat dit in Gauteng reën in die winter. Die winter is nié een van my gunsteling seisoene nie, maar tog weet ek dit is een van dié nodigste seisoene. 'n Seisoen van skoonmaak, vernuwe en waar my doodsbeendere skoongeblaas kan word deur die Ruach* van die Lewe. Terwyl ek vanaand snoesig in my bed sit en skryf lê my Maine coon-kat langs my. 'n Baie groot, vet kat! Sy het eendag by die Smit-gesin se huis opgedaag so twee jaar gelede en is nog nooit weer weg nie. Dit is mý kat, omdat sy, wanneer ek by die huis is, die heeltyd by my is. En ek kan nou nie dink dat ons haar nooit gehad het nie. By die Smit-gesin se woning in die Oos- Rand is daar nie iets soos laat slaap nie! Veral nie in vakansietye nie. Daar is te veel aan die gebeur daarvoor. Eerstens lek twee Yorkshire terriers, Proffie en Abby, jou wakker. Charlie, die ringnek begin dan fluit en Kibo, die Maine coon is dan opsoek na haar daaglikse brood.So, dit is letterlik 'n gejaag en gedans só vroeg in die oggend! Ek wens ek was 'n beter danser ek kan myself help maar dit is omtrent waar dit stop. Moet my asseblief net nie vra om te Ramba, Samba of Tango nie. As ek 'n vreemde meisie móét vra om te dans, sal ek twee keer daaroor moet dink, sodat sy nie dink: Die ou kan nie links of regs van mekaar onderskei nie.Gelukkig is my vriendinne altyd gewillig om saam my te dans. Danielle, my vriendin en klasmaat, lag haarself altyd morsdood as sy saam my dans. Só, dalk moet ek maar eerder nie dans nie... Tog dink ek dat 'n mens se hart ook van vreugde en oorvloed kan dans! Net die feit dat ons losgekooptes is, deur die Ewige Vader van dié lewe, maak dat my hart wil dans. Dawid het voor die ark gespring en rond gedans. Mikal maak 'n futlose opmerking teenoor hom en Dawid antwoord hom: Voor die Here sal ek dans.Die Bybel vertel baie van vreugde, dans en gelukkigheid. Die Bybel vertel van beelde van bome wat hande klap en berge wat jubel. Dit is besonderse beskrywings uit die Woord van God. Daarom wil ek net soos Dawid sê: Voor die Here sal ek dans.Al weet ek dat my dansvernuf nie van die beste is nie. Die Here maak my hart bly oor baie dinge. Sy seën is so baie! Ek kan nie eers alles opnoem nie. Ek hoop dit is in jou lewe ook so en wanneer dit nie so voel nie, weet dat Hy nooit ons hand in die dans van die lewe los nie. Jeremia het gebid dat niks vir die Here onmoontlik is nie, al het dit droewig gegaan. Vanaand is sy seën en dit wat Hy vir my gee helder in my gedagtes en ek kan nie anders as om te sê my siel is verkwik met sy vreugde nie. Hy het die vloek geword, sodat ons kan lewe. Daarom wil ek in stereo uitroep: Voor die Here, Vredevors, Verlosser, magtige Koning, sal ék dans! *Ruach is die Hebreeuse woord vir gees of wind. Tydens ons September-samekoms gaan ons speel met Multimedia. Dit behels die plak en verf van verskillende mediums met verskillende teksture om 'n 3D voorkoms te bewerkstellig. Dit is groot pret om abstrakte kunswerke te maak van sand, tou, gekreukelde papier en vele meer. Kom kuier saam om hierdie Multimediakunstafel op 19 September om 09:00 die oggend. Vir registrasie en meer inligting skakel Esmé Pretorius by 082 879 8704 of Yvonne en Blackie Swart het Sondag 16 Augustus na Ierland vertrek. Hul keer op Maandag 21 September 2015 terug. Ons wens hul n voorspoedige reis toe! Emma Kruger sal in hierdie periode vir hul instaan. Emma se besonderhede is soos volg: Selnommer: 082 753 8668 E-pos: Chris Crafford - 5 Sep Bettie Marx - 2 Sep Minnie Haines - 2 Sep Martie Coetzee - 7 Sep Marie Nieuwoudt - 7 Sep Corrie De Jager - 9 Sep Hannetjie Engelbrecht - 11 Sep Nancy Schoeman - 12 Sep Mollie Myburgh - 12 Sep Andries Vermeulen - 18 Sep Liesbet Endres - 19 Sep Noreen Kotze - 19 Sep Petro Prinsloo - 24 Sep Babs Strydom - 24 Sep Alta Cloete - 25 Sep Flip Myburgh - 26 Sep Johan Swarts - 30 Sep Atrium Lynnwoodrif Gemeente Saterdag 05.09.2015 08:30 13:30 Toegang gratis Het jy nog altyd gewonder waar om met jou familienavorsing te begin, waar om aan te klop en hoe om n geslagregister saam te stel? Kom kuier saam met familie/vriende ook saam met 'n verskeidenheid uitstallers by die agtste jaarlikse fees. Bring jou leidrade t.o.v. jou voorouers (name, plekke en datums) saam en stel vrae aan die ervare navorsers. Inligtingsessies: 09:30 & 10:30 - bespreek jou plek. Iets te ete, te drinke en boeke/CD's te koop. Vir meer inligting, kontak organiseerder, Isabel Groesbeek, by: Facebook-blad 'Families Info SA' of Kreado Kuns Arbeidsentrum se werksaamhede loop voor Verjaarsdae Genealogie- & Familie Erfenisfees 90 jaar en ouer 80 tot 89 [email protected]. [email protected] http://isabelgroesbeek.wix.com/expo Hondeskou Ollie die Nar Heuning

Upload: others

Post on 28-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Rif Makitilynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Sep15.pdf · Esmé Pretorius by 082 879 8704 of Yvonne en Blackie Swart het Sondag 16AugustusnaIerlandvertrek.Hulkeer op Maandag 21

RifMakitiOm die wereldin 40 jaar

29 Augustus 2015

Rif Makiti ProgramDie“Extreme Slide” is20x6x5 meter groot.

Die boekwinkel gaan ‘nmassiewe uitverkoping hê!Kom tel jou winskopies op!

By die Wit Olifanttafel kan jy‘n spotgoedkoop item koop!

Heerlike pannekoek.

Smullekker melkkos.

Tradisionele boereworsrolle.

Lekker kebabrolle.

“Breakfast” met Bekkerontbytbroodjies vir die “earlybirds”.

Moenie die liplekker poedingen ‘n koektafel misloop nie!

Daar gaan ook baie vermaakvir die jongspan wees!

Rif Makiti Stalletjies

08:00 skop die Rif Makiti met‘n pretloop af! Bel Herculesby 082 841 7634 om in teskryf. Die koste is R20.

09:00 kompeteer onswoefies vir ‘n prys in diehondeskou. Bel Averil by083 456 9138 om jou hondin te skryf. Die koste is R20.

10:00 meet ons CONTACTtieners kragte teen onssterkman!

11:00 moet die kleinspannie Ollie die singende Narmis nie! Toegang is gratis.

12:00 tree die musiekduo‘Heuning’ op! Toegang isgratis.

13:00 word heerlike wors,pap en sous bedien. Diekoste is R30.

’n Bonsai-boom en pragtigehandgemaakte glasvaasgaan opgeveil word.

Kom raai wat is die pragtigeBarbie bruidspop se naamvir R10 en staan die kansom haar huis toe te neem.

Skyfskiet en kettieskiet virpret!

Gly op die reuse glybaan!

Geniet ‘n salige koppie teeof koffie in die kuiertuin!

Koop iets mooi by een vandie talle stalletjies vanpragtige damesklere totpopklere.

Kinders kom verf julgesiggies en kom droom,kies en keur wat lekker is bydie pragtige lekkergoed-tafel!

DA

GBO

EK

SEPTEM

BER

www.lynnwoodrif.co.za 012 348 5135 kommunikasie@ lynnwoodrif.co.za

V o e t s p o r eKom na My toe....in die voetspore van Jesus

september 2015

MAANDBRIEF NO.2

LYNNWOODRIF GEMEENTE

Saterdag 5/9 Vrydag 18/9 Saterdag 19/9 Donderdag 24/9

Genealogie- & FamilieErfenisfeesRomeinedag

“Better Short-Term Mission”

Kreado Kuier en Kuns“Multimedia”Go! Kids Kuier inMamelodi

BraaifeesHeelheidreeks Afsluiting

Mooiloop

deur Nico Smit Hartlik geluk aan die volgendeseniors (80 jaar en ouer), watgedurende September hullegeboortedag herdenk. Baie liefdeen Gods rykste seëninge vir elkelidmaat in die gemeente, watgedurende September verjaar.

Riana Nel het 'n liedjie met die titel:“Dans” en Bouwer Bosch het ook 'nliedjie met die titel: “Kan ek met joudans?” Die laaste ruk is ek besig omdeur tekste in die Bybel te werk waarmense in Bybelse tye vreugde ervaarhet. Soveel vreugde dat hulle borrel, wildans en wil sing! Jesaja is een van diebesondere voorbeelde in die Bybel.

'n Kil-koue winterreën het ewe skielikaan die einde van Julie opgedaag enalmal meen dit is baie vreemd dat dit inGauteng reën in die winter. Die winter isnié een van my gunsteling seisoenenie, maar tog weet ek dit is een van diénodigste seisoene. 'n Seisoen vanskoonmaak, vernuwe en waar mydoodsbeendere skoongeblaas kanword deur die Ruach* van die Lewe.

Terwyl ek vanaand snoesig in my bedsit en skryf lê my Maine coon-kat langsmy. 'n Baie groot, vet kat! Sy het eendagby die Smit-gesin se huis opgedaag sotwee jaar gelede en is nog nooit weerweg nie. Dit is mý kat, omdat sy,wanneer ek by die huis is, die heeltyd bymy is. En ek kan nou nie dink dat onshaar nooit gehad het nie.

By die Smit-gesin se woning in die Oos-Rand is daar nie iets soos laat slaap nie!Veral nie in vakansietye nie. Daar is teveel aan die gebeur daarvoor. Eerstenslek twee Yorkshire terriers, Proffie enAbby, jou wakker. Charlie, die ringnekbegin dan fluit en Kibo, die Maine coonis dan opsoek na haar “daagliksebrood.” So, dit is letterlik 'n gejaag engedans só vroeg in die oggend!

Ek wens ek was 'n beter danser – ekkan myself help – maar dit is omtrentwaar dit stop. Moet my asseblief net nievra om te Ramba, Samba of Tango nie.As ek 'n vreemde meisie móét vra om tedans, sal ek twee keer daaroor moetdink, sodat sy nie dink: “Die ou kan nielinks of regs van mekaar onderskei nie.”Gelukkig is my vriendinne altyd gewilligom saam my te dans. Danielle, myvriendin en klasmaat, lag haarself altydmorsdood as sy saam my dans. Só,dalk moet ek maar eerder nie dansnie...

Tog dink ek dat 'n mens se hart ook vanvreugde en oorvloed kan dans! Net diefeit dat ons losgekooptes is, deur dieEwige Vader van dié lewe, maak dat myhart wil dans. Dawid het voor die arkgespring en rond gedans. Mikal maak 'nfutlose opmerking teenoor hom enDawid antwoord hom: “Voor die Heresal ek dans.” Die Bybel vertel baie vanvreugde, dans en gelukkigheid. DieBybel vertel van beelde van bome wathande klap en berge wat jubel. Dit isbesonderse beskrywings uit die Woord

van God.

Daarom wil ek net soos Dawid sê: “Voordie Here sal ek dans.” Al weet ek dat mydansvernuf nie van die beste is nie. DieHere maak my hart bly oor baie dinge.Sy seën is so baie! Ek kan nie eers allesopnoem nie. Ek hoop dit is in jou leweook so – en wanneer dit nie so voel nie,weet dat Hy nooit ons hand – in die dansvan die lewe – los nie.

Jeremia het gebid dat niks vir die Hereonmoontlik is nie, al het dit droewiggegaan.

Vanaand is sy seën en dit wat Hy vir mygee helder in my gedagtes en ek kan nieanders as om te sê my siel is verkwikmet sy vreugde nie. Hy het die vloekgeword, sodat ons kan lewe.

Daarom wil ek in stereo uitroep: Voor dieHere, Vredevors, Verlosser, magtigeKoning, sal ék dans!

*Ruach is die Hebreeuse woord vir geesof wind.

Tydens ons September-samekomsgaan ons speel met “Multimedia”. Ditbehels die plak en verf van verskillendemediums met verskillende teksture om'n 3D voorkoms te bewerkstellig. Dit isgroot pret om abstrakte kunswerke temaak van sand, tou, gekreukelde papieren vele meer. Kom kuier saam omhierdie “Multimedia” kunstafel op19 September om 09:00 die oggend. Virregistrasie en meer inligting skakelEsmé Pretorius by 082 879 8704 of

Yvonne en Blackie Swart het Sondag16Augustus na Ierland vertrek. Hul keerop Maandag 21 September 2015 terug.Ons wens hul ‘n voorspoedige reis toe!Emma Kruger sal in hierdie periode virhul instaan.

Emma se besonderhede is soos volg:

Selnommer: 082 753 8668

E-pos:

Chris Crafford - 5 Sep

Bettie Marx - 2 Sep

Minnie Haines - 2 Sep

Martie Coetzee - 7 Sep

Marie Nieuwoudt - 7 Sep

Corrie De Jager - 9 Sep

Hannetjie Engelbrecht - 11 Sep

Nancy Schoeman - 12 Sep

Mollie Myburgh - 12 Sep

Andries Vermeulen - 18 Sep

Liesbet Endres - 19 Sep

Noreen Kotze - 19 Sep

Petro Prinsloo - 24 Sep

Babs Strydom - 24 Sep

Alta Cloete - 25 Sep

Flip Myburgh - 26 Sep

Johan Swarts - 30 Sep

Atrium Lynnwoodrif Gemeente

Saterdag 05.09.2015

08:30 – 13:30

Toegang gratis

Het jy nog altyd gewonder waar om metjou familienavorsing te begin, waar omaan te klop en hoe om ‘n geslagregistersaam te stel? Kom kuier saam metfamilie/vriende ook saam met 'nverskeidenheid uitstallers by die agtstejaarlikse fees. Bring jou leidrade t.o.v. jouvoorouers (name, plekke en datums)saam en stel vrae aan die ervarenavorsers. Inligtingsessies: 09:30 &1 0 : 3 0 - b e s p r e e k j o u p l e k .Iets te ete, te drinke en boeke/CD's tekoop.

Vir meer inligting, kontak organiseerder,I s a b e l G r o e s b e e k , b y :Facebook-blad 'Families Info SA' of

Kreado Kuns

Arbeidsentrum se

werksaamhede loop

voor

Verjaarsdae

Genealogie- & Familie

Erfenisfees

90 jaar en ouer

80 tot 89

[email protected].

[email protected]://isabelgroesbeek.wix.com/expo

Hondeskou

Ollie die Nar

Heuning

Page 2: Rif Makitilynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Sep15.pdf · Esmé Pretorius by 082 879 8704 of Yvonne en Blackie Swart het Sondag 16AugustusnaIerlandvertrek.Hulkeer op Maandag 21

Wat is

JESUS.LIFE.COMMUNITY

(JLC) Bediening van

ons sendingpaar Albie

en Lizzy

Toward Better

S h o r t Te r m

Mission

Sendingstories

Ons hou partytjie en

droom drome ……

JLC Lynnwoodrif fokus op mense wat niemeer kerk toe kom nie of mense wat nognooit kerk toe gekom het nie, deur 'nalternatiewe manier van dienste watgehou word in die Lifestyle Cafe. JLCbied dus 'n geestelike tuiste vir mensewat nie meer tuis voel in die tradisionelekerk nie.

Die fokus is om die Goeie Nuus teverkondig en mense te help om by dievoete van Jesus te sit. Mense wordgeleer dat jou lewe (familie, vriende,werk ens.) jou bediening is. Die klem lêop verhoudings en die feit dat jy aan 'ngeestelike familie behoort wat jou liefdenodig het. Daar is ook 'n fokus op kinders,sodat gesinne welkom en tuis voel.

JLC konferensies: Maandeliksekonferensies fokus op die GoeieNuus van God se genade en dietoepass ings daarvan in d iealledaagse lewe, bv in die huwelik, inouerskap, in gebed ens.

Pastorale gesprekke: Pastoralegesprekke met lede van die JLCgemeenskap.

Facebook: Verskeie 'pages' opFacebook word gebruik om uit te reikna mense in die kuberruim. 'n 30dagstukkie reeks Sensitief vir dieHeilige Gees het 2080 likes bereik. 'nVolgende 30 dagstukkie reeksVerstaan die Goeie Nuus van God segenade begin op 1 September

Grace Connection: Hierdie is 'n nuweinisiatief wat pas in Augustus beginhet. Ons doel is om soveel moontlikpastore te bemagtig met die GoeieNuus van God se genade op 'n manierwat nie bedreigend is vir pastore watvir jare miskien die Goeie Nuusvermeng het met lering wat nie suiwerwas nie. Die byeenkomste fokus opdie bespreking van geestelike temasen die genade van God.

Die familie bestaan uit 5 takke watsaamgebind word deur 'n passie vir dieGoeie Nuus Evangelie.

JLC Lynnwood Ridge-Albie en Lizzy

JLC Mamelodi East- Pastoor Steven

JLC Mamelodi West- Pastoor Steven

JLC Donkerhoek- Pastoor Steven

Strong Tower Global Mission-Pastoor Joseph

Sendingleiers word gekonfronteer metpraktiese realiteite met korttermynuitreike. Ervarings tydens korttermynuitreike kan tot positiewe groei in sendinglei of so negatief wees dat dit skadelik isvir koninkryksuitbreiding. Building HopeFoundation en Shiselweni Home BasedCare tesame met langtermyn vennoot,Lynnwoodr i f gemeente b ied 'nkonferensie oor korttermyn Uitreike aanom hierdie gaping te oorbrug en dit“beter” te maak.

Kom luister na en neem deel aan diein te rak t iewe perspek t iewe vanstuurgemeentes en organisasies,spanne, gashere en donateurs.

·Die huidige tendense in korttermynuitreike identifiseer

·Aspekte identifiseer wat die gapingtussen positiewe en negatiewe ervaringswil oorbrug en

·Riglyne vasstel en 'n gespreksforumdaarstel wat Suid-Afrikaans gebaseerdekorttermyn uitreik-inisiatiewe kanondersteun en bystaan.

Registreer by op

Vrydag 18 September

08:30 – 16:30

100 sitplekke beskikbaar @ R30 p.p.

Lynnwoodrif Gemeente Ouditorium

Predikante van die NG Kerk wat diekonferensie bywoon, kwalifiseer vir 6VBO punte

Skakel Hannes de Villiers by012 345 1158 of 083 443 0278 virnavrae of

André en Anna-Marie is onlangs Mtwaratoe om 'n nuwe motor en meule te gaankoop. Hy en die Chefe do Posto (dieBurgermeester op Quionga) het met diehoof van doeane by die grenspos gaanpraat, om gesprek te voer oor dieinvoerbelasting. Die man het gesê hullehoef nie invoerbelasting te betaal nieaangesien dit 'n diens aan diegemeenskap is.

skryfAndré.

Jonny Ndlovu het sopas teruggekeer vanZimbabwe na 'n konferensie waar hy asspreker opgetree het. Hy skryf “I feel likeI'm growing in teaching the word of thegrace of God”. Die tema van diekonferensie was

wat opHeb. 6:1-2 gebaseer is. Jonny was eenvan 4 Suid-Afrikaanse predikers by diekonferensie. Mense van regoorMalawi, Suid-Afrika, Zambië enZimbabwe het d ie konferens iebygewoon.

1. Bid asseblief vir Annette Rossell watna 'n suksesvolle operasie 'n terugslaggekry het as gevolg van ontsteking. Bidasseblief ook vir Sergio wat skryf:“Sometimes it is difficult to be cheerfulunder these circumstances”

2. Gabriel bied in September 'n kinderevangelisasie program vir weeskindersaan. Hulle beoog om 60 kinders tebereik oor 2 dae. Hulle benodig nogfinansies spesifiek vir 'n projektor om dieprogram aan te bied.

3. Gabriel noem voorts dat 'n onlangseBoko Haram aanval by 'n mark 15 mensegedood en meer as 100 gewond het.Hulle ondervind nou dat mense vrees omuit te gaan en vra voorbidding vir dieeredienste Sondagoggende waar menseten spyte van hulle vrees kies om kerktoe te kom. Bid asseblief vir Chad en diesituasie daar waarin Gabriel bedien.

Nog maniere hoe die Evangelie gedeelword vanuit JLC

Die groter JLC Familie:

Konferensie oor Korttermyn Uitreike

Hierdie konferensie wil graag:

Konferensie besonderhede:

“Ons is die Vader baiedankbaar vir hierdie voorsiening en virdie fondse vir 'n nuwe motor en meule”

“Leaving elementarythings and going into maturity”

Nuwe meule op Quionga

Zimbabwe konferensie 'n grootseën

Gebedsversoeke van onssendelinge

www.shorttermmission.org.za

[email protected]

Diens van Barmhart igheid hougewoonlik twee keer per jaar partytjie byHuis 18 van Jakaranda Kinderhuis – inJunie vir die dogters wat in die eerstehelfte van die jaar verjaar, en inNovember om die tweede helfte van diejaar se verjaarsdae te vier en sommerook die jaar af te sluit saam met diedogters.

Hierdie jaar was ons 'n bietjie laat wantdie huismoeder se man is skielik oorledeen was dit vir ons nodig om hulle tyd tegee om die verlies te verwerk. Diehuismoeder het as gevolg hiervan ookdadelik bedank en 'n nuwe huismoedermoes gesoek word. 'n Pragtige,liefdevolle dame is aangestel en dit lyk ofal die dogters gelukkig is met hul nuwe“mamma”.

Daar is tans 11 dogters in die huiswaarvan drie in hulle matriekjaar is enons kon lekker saam met hulle dromedroom oor mooi matriekafskeidrokke enhaarstyle en alles wat daarmee gepaardgaan.

Dit was vir ons 'n voorreg om saam methulle te kon kuier om 'n tafel wat gekreunhet onder al die lekkernye wat die DvB-lede saamgeneem het. Om in dienormale daaglikse behoeftes tevoorsien is daar ook melk, blikkies Milovir die koue, en hope lekker vars groenteen vrugte saamgeneem.

Met ons besoek daar het ons gevind datdie sitkamer van die huis ysig koud is endaarom ons versoek, oftewel onsdroom, vir 'n “outydse terme 9 x 12” mat- alhoewel, enige grootte mat of mattewelkom sal wees omdat van dieslaapkamers nie eens 'n bedmatjie hetnie.

Ons is mos “Vry om te droom” …….

Op 18 Julie het lede van dieMission4HIV-groep VIVA Foundation inMamelodi besoek as deel van vieringeop die Nelson Mandeladag. Dieentoesiastiese groep Mission4HIV-ledesaam met 'n paar gemeentelede het kos,mussies, lekkergoed en bederfpakkiessaamgeneem. Hulle het persoonlik diebederfpakkies gaan uitdeel aan 10s p e s i f i e k e w e e r l o s e g e s i n n e ,geaffekteer deur HIV, wat maandeliksdeur VIVA ondersteun word. Vir die helegroep was dit 'n 'eye opener'. Nie eenvan die lede was al ooit binne in dieplakkerskamp nie. Een lid se opmerkingweerspieël die groep se ervaring: “Onshet almal al daar verby gery, ja, maar dieswaarkry tref mens eers werklikwanneer jy daar tussen die sinkhuisiesstaan en met kinders gesels wie seouers oorlede is aan HIV of met vrouensgesels wat haar eie kinders envreemdelinge se kinders probeergrootmaak omdat daar nie volwassenesin die gesin oor is nie”.

Vir die Mission4HIV-groep was dit 'nbelewenis wat hulle altyd sal bybly. Nienet is hulle lywe getoets met strawweoefening van al die stap tussen diesinkhuisies na die gesinne toe nie, maarook is hulle perspektief en gedagtesrondom HIV verseker uitgedaag. Hulgebed is dat God se liefde en genadedaardie weerlose gesinne sal vul en datGod se seën sal rus oor VIVAFoundation, wat God se liefde praktiesuitlewe in 'n honger wêreld in nood.

Hoërskool Die Wilgers se GIIG-groep enLynnwoodrif Jeugraad het onlangs 'nMaandagoggend se blou weggevat toehulle leerders van dié skool bederf hetmet 'n lekker koppie hot chocolate. Ditwas 'n egte koue wintersoggend en diebietjie warmte het aan elkeen se dag 'nverskil gemaak. Nico Smit, onsjeugwerker, sê dat hulle altesaam 350koppies hot chocolate uitgedeel het. Diewoorde “hoop jy het 'n awesome dag!”het 'n glimlag op elkeen se gesiggeplaas. Dit was 'n besonderse ervaringvan sommer net Jesus-liefde wys – onsis mos Passievol oor mense!

Die groep jongmense gaan ook elketweede Sondagmiddag om half 5 opdie berg bid. Almal is welkom om byhulle in te val. Ons is opgewonde oorhierdie groep tieners en jongmense!

Niel Kotze die vorige bestuurder vanLynnwoodrif Arbeidsentrum het nie grasonder sy voete laat groei, na hulle skuifKaapstad toe in Maart vanjaar nie. Asnuwe lidmate van die NG gemeenteDurbanville, het hy met sy droom enpassie vir werkloses begin met 'nArbeidsentrum-model.

Die gemeente vat reeds hande metander gemeenskapsrolspelers soosMES-aksie om daagliks 'n sopkombuiste bedryf aan hawelose, werklosepersone. Niel het by hierdie aksieingeskakel om werklose mense op 'nMaandag- en Dinsdagoggend op 'ndatabasis te registreer, waarna hy danvanaf Woensdae tot Vrydae by diegemeente beskikbaar is vir werkgewerswat opsoek is na huishulpe. Hy beginook einde Augustus met 'n tak vanJakob-se-put in hierdie gemeente. Disheerlik om te hoor van mede-broers wathulle roeping en passie bly uitleef.

Kom deel saam in die Geesvervulde dagwaar Dr. Jacobus de Koning die boek,Romeine in diepte bespreek.

Saterdag 5 September 2015

09:00 - 12:30

Ouditorium

Aanbieder: Dr. Jacobus de Koning

Toegang: Gratis.

Verversings beskikbaar

Almal welkom!

Kontak Elize Snyman 012 361 3180

‘n Honger wêreld in

nood

Bloulose Maandag

Vorige Arbeidsentrum

bestuurder dupliseer

Lynnwoodrif se model

Romeinedag

Op die foto is vlnr ds Chris Malan, Mari-Claire vanHeerden (sosiale verteenwoordiger), ChristiaanMalan (voorsitter), Nico Smit (Jeugwerker) enArnoMeyer (skakelpersoon na die skool)