roodekrans · gedagte vir die maand daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal...

24
ROODEKRANS BELANGRIKE DATUMS UITGAWE: 2/2018 DATUM: Maart/April 2018 E-POS: [email protected] WEBTUISTE: www.roodekrans.net TELEFOON: 011-764-2920 FAKS: 011-764-2207 GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die storms wat losbars, as jy kies om dit raak te sien. Simone Trollip UIT DIE HOOF SE KANTOOR Die eerste kwartaal is in ʼn oogwink verby. Dit was ʼn ongelooflike besige kwartaal met uitsonderlike prestasies en gevul met opwinding in die klasse, kultuuraktiwiteite en op die sportvelde. Ek wil almal wat is betrokke is by die aktiwiteite bedank vir die harde werk:leerders, ouers, grootouers en afrigters. Julle tyd en toewyding verseker dat ons besonderse uitslae behaal op alle gebiede. Ek wil graag die leerders aanmoedig om te verseker dat hul te alle tye hul beste op akademiese gebied lewer. Indien daar iets is waarvan jy nie seker is nie gaan dadelik na die betrokke personeellid om te help. Ons personeel is altyd beskikbaar om te help. Daar lê ʼn propvol kwartaal voor van weeklikse assessering en eksamen aan die einde van die kwartaal, ons Opedag vir Gr. RR-, Gr. R- en Gr. 1- leerders van 2019, Ligawedstryde wat begin vir die Rugby- en netbalspanne, Mini-sportwedstryde, skaakkompetisies en verskeie kultuuraktiwiteite en dan laaste maar verseker nie die minste nie, is ons Roodie-naweek wat 4 – 6 Mei plaasvind. Dankie aan elke ouer en leerder wat sover ʼn baie positiewe bydrae gelewer het met die verkoop van die Roodie-afslagboekies; die projek vaar baie goed. Ons wil asb. u versoek om steeds te probeer om soveel moontlik afslagboekies te verkoop; daar is regtig ongelooflike pryse vir al die verskeie wenners. Baie sterkte aan elke leerder, ouer, grootouer en personeellid vir die kwartaal, by voorbaat baie dankie vir u bydraes, ondersteuning en geduld met die verskeie aktiwiteite. Hiermee ʼn opsomming van die aktiwiteite van die eerste kwartaal. Ons gaan dit op ʼn kwartaallikse basis in die nuusflits vir u gee die berigte deur die kwartaal sal onder die onderskeie aktiwiteite gelaai word.

Upload: others

Post on 24-Dec-2019

11 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

ROODEKRANS BELANGRIKE DATUMS

UITGAWE: 2/2018 DATUM: Maart/April 2018 E-POS: [email protected] WEBTUISTE: www.roodekrans.net TELEFOON: 011-764-2920 FAKS: 011-764-2207

GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die storms wat losbars, as jy kies om dit raak te sien. Simone Trollip

UIT DIE HOOF SE KANTOOR Die eerste kwartaal is in ʼn oogwink verby. Dit was ʼn ongelooflike besige kwartaal met uitsonderlike prestasies en gevul met opwinding in die klasse, kultuuraktiwiteite en op die sportvelde. Ek wil almal wat is betrokke is by die aktiwiteite bedank vir die harde werk:leerders, ouers, grootouers en afrigters. Julle tyd en toewyding verseker dat ons besonderse uitslae behaal op alle gebiede. Ek wil graag die leerders aanmoedig om te verseker dat hul te alle tye hul beste op akademiese gebied lewer. Indien daar iets is waarvan jy nie seker is nie gaan dadelik na die betrokke personeellid om te help. Ons personeel is altyd beskikbaar om te help. Daar lê ʼn propvol kwartaal voor van weeklikse assessering en eksamen aan die einde van die kwartaal, ons Opedag vir Gr. RR-, Gr. R- en Gr. 1- leerders van 2019, Ligawedstryde wat begin vir die Rugby- en netbalspanne, Mini-sportwedstryde, skaakkompetisies en verskeie kultuuraktiwiteite en dan laaste maar verseker nie die minste nie, is ons Roodie-naweek wat 4 – 6 Mei plaasvind. Dankie aan elke ouer en leerder wat sover ʼn baie positiewe bydrae gelewer het met die verkoop van die Roodie-afslagboekies; die projek vaar baie goed. Ons wil asb. u versoek om steeds te probeer om soveel moontlik afslagboekies te verkoop; daar is regtig ongelooflike pryse vir al die verskeie wenners. Baie sterkte aan elke leerder, ouer, grootouer en personeellid vir die kwartaal, by voorbaat baie dankie vir u bydraes, ondersteuning en geduld met die verskeie aktiwiteite. Hiermee ʼn opsomming van die aktiwiteite van die eerste kwartaal. Ons gaan dit op ʼn kwartaallikse basis in die nuusflits vir u gee die berigte deur die kwartaal sal onder die onderskeie aktiwiteite gelaai word.

Page 2: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

1. GEMEENSKAPSPROJEKTE

Ma- en dogterdag 2018 Saterdag het al ons Roodie Ma's & Dogters bymekaar gekom saam met Nadia Beukes en Willem Botha, wat gereël was deur Maryna Welman en juffrou Isolde Smit. Hulle het waarlik die tema van geloof, hoop en liefde laat lewend word deur al die pragtige dekor met al sy pastel kleure en ook deur 'The Cradle of Hope' organisasie te nooi sodat 'n skenking van Roodekrans af aan hulle oorhandig word. Mnr. Deon, soos gewoonlik die haan onder die henne, het die oggend besonders geopen deur 'n brief wat 'n ma aan haar dogter geskryf het voor te lees vir die gehoor. Vir 'n pa met twee seuns wil dit nogal gedoen word. Waar geloof, hoop en liefde so skaars is in vandag se tyd, het hierdie twee besonderse mense, Nadia en Willem, hulle eie teenkanting wat hulle in die bekendheidswêreld ervaar met elke ma en dogter kom deel op hulle eie besonderse manier. Nadia het kom getuig dat haar pad na televisie en dramaverhoog nie altyd so maanskyn en rose is soos wat dit voorgee om te wees nie en dat God met elkeen van ons 'n pad stap van geloof, hoop en liefde, en dat 'n mens wel uitkom waar God jou benodig. Die tafels het behoorlik gekreun onder al die mooi gedek en versnaperings wat elke gasvrou met moeite en liefde kom versier het en dis ook hier waar Willem Botha al sy bekende liedjies kom sing het en almal betower het met sy ongelooflike sangtalent en fantastiese verhoog persoonlikheid. Daar is ook toe 'n roos vir elke dogter op die verhoog uitgedeel terwyl Willem die mooiste lied gesing het met al die pragtige dogters saam met hom op die verhoog. Die oggend was waarlik 'n reuse sukses en 'n besonderse geleentheid om bietjie die gejaag van die wêreld vir een oggend opsy te skuif en als oor geloof, hoop en liefde in te drink. Mag geloof, hoop en liefde ons rig vir die jaar wat nog voorlê en mag ons dit ook uitdeel ... As daar nog enige donasies is wat aan 'The Cradle of Hope' geskenk wil word is U meer as welkom om kontak met hulle te maak. The Cradle of Hope, Tel: 011-660 4623, epos: [email protected] of besoek hulle webtuiste: www.thecradleofhope.org. Foto’s: https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1918827794796110.1073742332.173897065955867&type=1&l=c8e54e88e6

Abraham Kriel-kinderhuis - Paaseier en klereprojek 2018

Page 3: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Juf. Mariska het op Paasvrydag al die paaseiers wat Laerskool Roodekrans van ons meelewende Roodie-ouers en kinders ontvang het, by die Abraham Kriel-kinderhuis gaan uitdeel.

“Dit was regtig ʼn ongelooflike nederige ervaring om kinders só opgewonde te sien oor net ʼn klompie paaseiers” het Juf. Mariska opgemerk. Daar is só ʼn behoefte aan liefde, maar a.g.v. instansies wat misbruik maak van hierdie instansies, kan niemand persoonlik by kinders betrokke raak nie, wat eintlik baie hartseerr is”. Nietemin, die 92 kindertjies daar het van oor tot oor geglimlag en die ouers van ons Roodie-leerders moet weet dat hul ʼn groot verskil gemaak het op Paasvrydag in daardie kinders se lewens.

Dan moet ons ook aankondig dat ons soveel klere van Roodies ontvang het, dat dit te veel vir die bussie en sleepwa was om na Abraham Kriel-kinderhuis te vat, dat ons ook klere kon uitdeel aan gemeenskappe om ons waar die nood erg is.

Mnr. Deon Rosseau en Juf. Mariska Visser wil namens die skool elke Roodie-ouer wat bygedra het tot hierdie ongelooflik suksesvolle projek bedank vir die liefde wat saam met die gee van die bydraes gegaan het!! Wat ʼn ongelooflike ervaring – ons as Roodie-familie kan met trots sê dat ons ons gemeenskap met groot liefde dien.

Ons sien uit na die volgende projek!

2. GRONDSLAGFASE

Roodieland Dit was ʼn opwindende 1ste-kwartaal by Roodieland. Ons het die kwartaal afgeskop met ʼn heerlike Sportdag. Klein tot groot het deelgeneem aan kruiwaresies, aartappelresies, hindernisbaan en watersport. Daar was tot ʼn resies vir Oupas en Oumas! Roodieland het ook ʼn nuwe sandput gekry. Baie dankie aan Wayne en Marelize Prinsloo se harde werk. Julle is voorwaar ʼn wenspan! Al die Gr. RR-kleuters het ʼn heerlike dag saam met juffrou Ursula gedeel vir haar verjaarsdag met springkastele en roomys.

Laastens het die paashaas ook ʼn draai kom maak en vir almal paaseiers gebring.

Die Gr. RR-kleuters het omtrent ʼn besige 1ste-kwartaal gehad gaan kyk gerus na die foto’s:

Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1874868009192089.1073742310.173897065955867&type=1&l=2a9c9c7ed0

Roodie Rakkers Roodie Rakkers het die eerste kwartaal met groot afwagting begin.

Page 4: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Hulle het gou besef dat “groot skool” baie prettig is. Stadig maar seker het die kinders hulle voete gevind en met opwinding elke taak entoesiasties aangepak.

Sommer gou het elke Gr. R leerder diep spore getrap en in dapper, selfversekerde Roodies verander.

Baie dankie aan Me. Annemarie Davel vir die pragtige verfwerk wat u by die Gr. R-klasse voltooi het. Dit lyk voorwaar spoggerig.

Ons is opgewonde vir wat die res van die jaar inhou.

Foto’s:

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1918821151463441.1073742331.173897065955867&type=1&l=6df36c4652

3. AKADEMIES

ATKV-Spelathon Uitdunne vir die Gr. 6 en 7 se ATKV-Spelathon is op 14 Maart 2018 gehou. Daar het 36 leerders in totaal deelgeneem en die volgende leerders het deurgedring na die distriksuitdunne wat op Maandag, 23 April 2018 by Leeuwenhof Akademie gehou word. Die volgende leerders het deurgedring: Gr. 6: Jessy Bekker (graadwenner) en Eben Rall. Gr. 7: Lehan Kruger (graadwenner) en Anke Janse van Rensburg Foto’s https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=1918776431467913&id=173897065955867

4. KULTUURAKTIWITEITE

Redenaars Gedurende die eerste kwartaal is daar ʼn interne redenaarskompetisie gehou waaraan 44 senior leerders 38 junior leerders deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende leerders wat as die graad en afdelingswenners aangewys is tydens ons interne redenaarskompetisie. Graadwenners: Gr. 1 – Ruben Kleinsmith Gr. 5 – Liné Allen Gr. 2 - Amerize Kleismith Gr. 6 – Jessy Bekker Gr. 3 – Elri Venter Gr. 7 – Léhan Kruger Gr. 4 - Lara Erasmus en Ruan Pretorius Afdelingswenners:

Page 5: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Gr. 1 tot Gr. 3 – Ruben Kleinsmith (Gr. 1) Gr. 4 en Gr. 5 – Liné Allen (Gr. 5) Gr. 6 en Gr. 7 – Léhan Kruger (Gr. 7) Die volgende 18 leerders wat deelgeneem het aan die interne redenaarskompetisie het deurgedring na die eerste rondte van die ATKV-redenaarskompetisie wat op 22 en 23 Maart by Hoërskool Linden was.

GSF: Intersen: Intersen: Gr. 1 Emma Knop Ruben Kleinsmith Gr. 2 Amerize Kleinsmith Tiaan Pretorius Gr. 3 Elri Venter Chanté Delport

Gr. 4 Jenna Cronjé Lara Erasmus Ruan Pretorius Gr. 5 Liné Allen Dawid-Louis Hattingh Keagan Cooper

Gr. 6 Jessy Bekker Janu Pienaar Gr. 7 Lehan Kruger Gerhard Jooste Reuben Aucamp Lechanté Coetzee

Tydens die eerste rondte by Hoërskool Linden het die deelnemende redenaars in ʼn kompetisie wat straf was waarlik hul staal gewys te midde van talle deelnemers per afdeling met ongeveer 120 leerders per afdeling. Elke Roodie wat deelgeneem het, het met groot trots, selfvertroue en oortuigend hul standpunte gestel en bewys. Daar kan egter net ʼn seker aantal leerders aangewys word wat na die 2de rondte deurdring. Baie baie geluk aan die volgende leerders wat deurdring na rondte 2: Lara Erasmus (Gr. 4), Dawid-Louis Hattingh (Gr. 5) en Léhan Kruger (Gr. 7) ʼn Spesiale woord van dank aan elke Roodie wat so hard geoefen het aan hul toesprake vir deelnamem aan die interne-kompetisie en die wat deurgedring het na die volgende rondtes. Julle het almal pragtig, trots en netjies gelyk met ongelooflike mooi toesprake gelewer wat baie van hulle talle toeskouers en beoordelaars vol hoendervleis gelaat. Daar kan egter net ʼn handjie vol leerders gekies word. Ons is baie trots op elke leerder wat kom deelneem het. Foto’s: https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

Spanredenaars - 8 Maart 2018

Jessy Bekker, Gerhard Jooste, Reuben Aucamp en Léhan Kruger het op 8 Maart aan 'n spanredenaarskompetisie deelgeneem by Helpmekaar Kollege.

Hulle het te staan gekom teen Hoërskool-spanne, nl Helpmekaar en Jeugland en het BAIE goed gevaar.

Page 6: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Hierdie gedugte span het stof in die oë van o.a Hoërskool Jeugland geskop.

Baie geluk met hierdie prestasie en dankie vir ure se harde werk en opoffering.

Ons is baie trots op julle! Foto’s: https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/ Koor

Ons kore het die jaar afgeskop met ʼn lang oefensessie waar die leerders so tussendeur lekker kon pret hê op die “glip en gly” en het sommer gou hulle nuwe liedjies aangeleer.

Op 9 Maart het ons seniorkoor weer ʼn Vrydagmiddag-oefening ingesit en het alreeds pragtig geklink toe hulle tydens ʼn saalopening op 19 Maart vir die skool gesing het. Die Juniorkoor tree alreeds tydens ons Gr. RR-, Gr. R- en Gr. 1-opedag op 21 April in ons skoolsaal op.

Ons Seniorkoor is ook na ʼn paar koorfeeste genooi en ons wil vra dat u asb. die volgende datums van optredes sal aanteken:

24 April: Hoërskool Noordheuwel Koorfees

17 Mei: Hoërskool Monument Koorfees

24 Julie: Foyer: by Suiderlik NG Gemeente Junior- en Seniorkoor tree op saam met Leah.

Finale reëlings en detail i.v.m. elke optrede sal nader aan optredes deurgegee word.

Dankie aan die koorlede en –personeel vir julle harde werk. Foto’s: https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1869163546429202.1073742300.173897065955867&type=1&l=c24f2f3751

5. SPORTAKTIWITEITE

Atletiek

Laerskool Roodekrans se atletiekseisoen het sowaar met ‘n stewige pas begin en voor ons ons oë kon uitvee is hierdie jaar se Roodekrans Kampioenskappe en Gr. R tot Gr. 3 atletiek ook iets van die verlede.... Dankie aan elke liewe atleet wat deelgeneem het en dankie ook aan elke ouer wat die leerder kom ondersteun het. Daar was leerders wat hulleself goed van hulle taak gekwyt het en daarom het die volgende leerders trofees ontvang. Beste Junior Baan Atleet Dogter (o/6-o/9): Denelka Dreyer.

Page 7: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Beste Junior Baan Atleet Seun (o/6-o/9): Zian Maritz. Beste Senior Baan Atleet Dogter (o/10-o/13): Jordan Binneman. Beste Senior Baan Atleet Seun (o/10-o/13): Markus van Zyl Beste Senior Veld Atleet Dogter Jessy Bekker. Beste Senior Veld Atleet Seun: Anrich Liebenberg Beste Middelafstand Atleet Dogter: Cherike Spies Beste Middelafstand Atleet Seun: Quintus Potgieter Beste Hekkies Atleet Dogter: Jessy Bekker. Beste Hekkies Atleet Seun: Anrich Liebenberg Kampioen van Kampioene Dogter: Seniors: Jordan Binneman. Kampioen van Kampioene Dogter: Junior: Denelka Dreyer Kampioen van Kampioene Seun: Seniors: Aiden Gerber Kampioen van Kampioene Seun: Junior: Zian Maritz Victrix Ludorum: Jessy Bekker Victor Ludorum: Llewellyn Terblanche Fotos: https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1845522478793309.1073742291.173897065955867&type=1&l=1656fda62a https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1845648448780712.1073742292.173897065955867&type=1&l=749ff2f179 Uitslae vir Dr. Havinga byeenkoms – Donderdag, 25 Januarie 2018 27 eerste plekke 29 tweede plekke 27 derde plekke Baie geluk ook aan die volgende atlete wat by hierdie byeenkoms rekords opgestel het: Cherike Spies D O/11 1200m - 4:18;34 Ruwan Smith S O/10 Hoogspring - 1.22m Jessy Bekker D O/12 Verspring - 4.44m en 150m Hekkies - 24.25 sek Marize Odendaal D O/6 80m - 14.47 sek Zian Maritz S O/8 80m - 11.59 sek Top 20 byeenkoms Roodekrans het tydens die Top 20 byeenkoms die 21ste plek behaal uit 38 skole.

Page 8: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Twee van ons leerders het ook baie goed gevaar. Zian Maritz het by seuns O/8 80m gesamentlik 1ste met 'n nuwe byeenkoms rekord van 11.89 sek. Suene Steenkamp het by dogters 0/13 Spiesgooi - eerste plek met 'n afstand van 31.59m. Prestige byeenkoms aangebied Laerskool Roodekrans. Ons atlete het voorwaar puik presteer: 35 eerste plekke 40 tweede plekke 33 derde plekke Die volgende leerders het ook met toekennings weggestap: Beste middelafstand atleet dogter: Cherike Spies Beste veldatleet seun: Darius Maritz Beste junior baanatleet seun: Zian Maritz Beste hekkiesatleet dogter: Jessy Bekker Beste hekkiesatleet seun: Darius Maritz Beste seunsatleet wat die hoogste punte op die ABSA puntetabel behaal het: Darius Maritz. Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1867580186587538.1073742297.173897065955867&type=1&l=bf363042ef Laerskool Krugersdorp-Noord aflosbyeenkoms Tydens die aflosbyeenkoms het die skool se atlete ook baie goed gevaar en het hulle die dag ten volle geniet! Selfs die onderwysers aflosspan het 'n tweede plek behaal. Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1867685866576970.1073742298.173897065955867&type=1&l=e291781a63 Interlaer 2018 1e plekke: 22 2e plekke: 26 3e plekke: 21 In totaal het ons 50 leerders wat deurdring na die Roodepoort-Kampioenskappe wat op Maandag 12 Februarie plaasgevind het. Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1867692786576278.1073742299.173897065955867&type=1&l=4769ad6c47

Page 9: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Roodepoort-Kampioenskappe 2018 Roodies is ongelooflik trots op al ons atlete wat besonders goed gevaar het by die Roodepoort-kampioenskappe. Ons het die volgende plekke behaal: 18 - 1ste plekke 15 – 2de plekke 17 – 3de plekke Ons kan met groot trots sê dat Roodies 33 atlete het wat deurdring na die D12-kampioenskappe. Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1869170506428506.1073742301.173897065955867&type=1&l=ab34bcded1

D12-kampioenskappe

Tydens dié byeenkoms het die atlete die Roodie-naam met trots gedra en die volgende plekke behaal:

16 - 1ste plekke 18 - 2de plekke 5 - 3de plekke Baie geluk aan Ruwan Smith wat die 0/10-hoogspring rekord verbeter het.

21 Roodies het gekwalifiseer om aan die Gauteng-kampioenskappe te gaan deelneem wat Vrydag, 2 en Saterdag, 3 Maart plaasvind het by Ruimsig Atletiekstadion. 0/10 Dakota Coetzee – Hoogspring Kayleigh Pienaar – 1200m Ruwan Smith – Hoogspring.

0/11 Anrich Liebenberg – 70m Hekkies Awiante Coetzee – Verspring Cherike Spies – 1200m Darius Maritz – 70m Hekkies en Verspring Johan Zeedijk – Hoogspring Leani Swanepoel – Hoogspring Marion Wolmarans – 70m Hekkies Rachell Wiggill – 70m Hekkies en Hoogspring

0/12 Jessy Bekker 75m Hekkies, 150m Hekkies en Verspring Leonie Zopick – 100m en 150m

0/13 Suene Steenkamp – Skyfwerp, Spiesgooi en Gewigstoot. Anke Janse van Rensburg – Skyfwerp Ruan Welman – Spiesgooi

Page 10: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Emile Odendaal – 150m Hekkies Karli Nicklbauer – Hoogspring Ludelka Dreyer – Spiesgooi

Olivia Strydom – 200m Hekkies Hayley Bothma – Spiesgooi

Baie geluk aan Cherike Spies wat gaan deelneem het by die SA-kampioenskappe in die 1200m, ons is voorwaar trots op jou.

Skaak Vroeg-vroeg moes skaakspelers teen mekaar begin speel om ʼn plek in die span te verdien. Op 16 Maart 2018 het ʼn span wat bestaan het uit 6 seniors en 4 juniors, die “Stryd van die Skaakreuse” gaan speel. Hoewel dit ʼn vriendskaplike toernooi was, was dit die beste skaakspelers in die omgewing. Mnr. S J Breytenbach het al die skole waarby hy betrokke is, genooi om deel te neem. Roodekrans het uitstekend gespeel en het as oorwinnaars uit die stryd getree. Hulle het pragtige trofees ontvang. Foto’s https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=1918815208130702&id=173897065955867 Op 24 Maart 2018 het die drie beste spelers in elke ouderdomsgroep (0/9, 0/11 en 0/13) aan die ROODEPOORT INDIVIDUELE KAMPIOENSKAPPE deelgeneem. Twaalf skole in die Roodepoort D12- area het gespeel. Roodekrans het pragtig gespeel en 5 spelers het die D12 – span gehaal. Karl Black, Jovan Botes, Annika Coetzee, Ruan Coetzee en Liam Poustie. Baie geluk Roodies! Dis ure se oefen en oefen. Foto’s https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=1918820378130185&id=173897065955867

Mini-netbal

Ons seisoen het sommer met ʼn “bang” afgeskop Roodies spog met 58 0/6-dogters, 48 0/7-dogters, 43 0/8-dogters en 34 0/9-dogters wat aan mini-netbal deelneem.

Ons het by albei die Laerskool Helderkruin Mini-sporttoernooie gespeel wat op 7 en 14 Maart plaasgevind het. Tydens die toernooie kon ons van 0/7- tot 0/9- twee spanne elk die geleentheid gee om te speel.

Laerskool Horison se wedstryde het ongelukkig uitgereën, dus is daar spannetjies wat nog nie gespeel het nie. Die rotasie-sisteem van ons massadeelname voorsien gelukkig dat al die speelsters regverdige geleenthede kry om wedstryde te speel.

Page 11: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Ons het ʼn heerlike mini-netbaldag by Maragon Ruimsig gehad op Saterdag, 24 Maart.

Die dogters geniet die netbal ongelooflik baie. Ons het nog lekker baie wedstryde wat voorlê vir die netbalseisoen waarna die dogters kan uitsien.

“Een doel voor oë”

Welpie-rugby

Die opgewondenheid van welpie-rugby was duidelik tasbaar vanaf die eerste oefening. Ons kan met trots sê ons het die volgende aantal seuns wat deelneem aan welpie-rugby 80 0/6-seuns, 64 0/7-seuns en 48 0/8-seuns. Die seuns het hul ouers se harte laat klop met trots tydens beide Laerskool Helderkruin Mini-sporttoernooie wat gespeel is op 7 en 14 Maart. Tydens die toernooie kon ons van 0/6 tot 0/8 3 spanne die geleentheid gee om te speel.

Die wedstryde te Laerskool Horison het ongelukkig uitgereën. Dit het ongelukkig veroorsaak dat al die seuns nog nie ʼn geleentheid gehad het om ʼn wedstryd te speel nie.

Die rotasie-sisteem van ons massadeelname voorsien gelukkig dat al die spelers wat getrou kom oefen regverdige geleenthede kry om wedstryde te speel.

Dit is heerlik om te sien hoe die seuns hulle harte uitspeel en so hul liefde vir rugby ontwikkel. Ons sien uit na die wedstryde en toernooie wat voorlê in die tweede kwartaal.

Netbal

Die einde van die eerste kwartaal en die Roodie-netbal is al in volle swang!

Ons netbalseisoen het al vroeg in Februarie afgeskop met die jaarlikse KHS-toernooi.

Foto’s

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1874773445868212.1073742305.173897065955867&type=1&l=e827af6071

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1874776962534527.1073742307.173897065955867&type=1&l=13e0a57ce1

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1874778379201052.1073742308.173897065955867&type=1&l=18852dfb55

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1874780699200820.1073742309.173897065955867&type=1&l=c8fa7acbf9

Die dogters het ʼn ongelooflike heerlike en leersame netbalkamp by Sportisimo te Zwartkloof (Bela-Bela) saam met Dr. Elsje Jordaan gehad. Dr. Elsje het ons bekwame afrigters gehelp met die voorlopige spankeuses, oulike nuwe oefeninge en tegnieke.

Foto’s

Page 12: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1880832318595658.1073742311.173897065955867&type=1&l=608c6a0741

Die dogters het al welke vriendskaplike-wedstryde gespeel teen die volgende skole: Laerskool Rustenburg, Laerskool Wierdapark, Laerskool Muldersdrift en Weltevredenpark Primary.

Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1904798092865747.1073742328.173897065955867&type=1&l=1cc4a5c7f2 Die 0/10 -0/13-dogters het 28 en 29 Maart aan die Laerskool Middelburg toernooi gaan deelneem. Ons het verseker baie geleer en strawwe wedstryde gespeel terwyl ons by Laerskool Middelburg gekuier het. Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1918846014794288.1073742333.173897065955867&type=1&l=ec8bdb8ed8

Die O/13-A en B-span het vanaf die 1ste tot die 3De April aan Sportisimo se netbaltoernooi te Zwartkloof (Bela-Bela) deelgeneem.

Die O/13 A-span speel in die semi-finaal teen Edleen en wen dié span (13-25) om deur te dring na die finaal. Hulle wen dan ook Pietersburg-Oos in die finaal (13-21) en speel kookwater netbal.

Die A-span ontvang goue medaljes en die Zwartkloof wisseltrofee as wenners van die toernooi.

Die O/13 B-span ontvang brons medaljes.

Ons is ongelooflik trots op al hierdie dogters.

Baie dankie aan Dr. Elsje Jordaan en haar span vir ‘n puik gereelde toernooi.

Dankie ook aan elke ouer vir elkeen se ondersteuning. Ons waardeer dit opreg. Dankie aan Mnr. Deon Rousseau en Mnr. Marius Swanepoel vir die vervoer van ons dogters asook al die ondersteuning langs die baan.

Foto’s

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1925025797509643.1073742334.173897065955867&type=1&l=cbfb462d1a

Baie geluk aan die volgende dogters wat verkies is tot die Gauteng-spanne Roodies is baie trots op julle.

Shalté Boshoff, Suene Steenkamp, Nitalje Nel en Bianca Marx

Foto’s

https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=1918853231460233&id=173897065955867

Page 13: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Ons is ook ongelooflik trots om te kan spog dat Juffrou Hanliëtte Oosthuizen verkies is as die afrigter van die 0/17 Gauteng-span.

Ons harte klop netbal!

“EEN DOEL VOOR OË”

Rugby

Die seisoen het met ‘n ongelooflike tempo afgeskop al het die weersomstandighede ongelukkig soms die oefen geleenthede gekelder. Die manne se opgewondenheid en entoesiasme was tasbaar van die eerste oefening af. Ons is baie opgewonde om te sien hoe al die spanne reeds baie verbeter het van verlede jaar af. Die 0/9-seuns wat nou vir die eerste keer 15-man speel het stadig maar seker hul selfvertroue opgebou en vir almal gewys dat hulle baie potensiaal het om diep spore in Roodie-rugby te maak. Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1918760964802793.1073742329.173897065955867&type=1&l=4000667959 Die 0/10’s verbeter elke wedstryd wat hulle op die veld draf. Die span het die potensiaal om verseker die ander skole se spanne senuweeagtig te maak vir die opkomende ligawedstryde. Die 0/11-rugbyspan is verseker die span om dop te hou. Die groep seuns in Gr. 5 is dalk bietjie uitgedun, maar die manne gee elke keer hul beste. Na ‘n goeie Camp Discovery toer is die manne verseker reg vir die liga. Daar is ‘n paar manne om dop te hou in die toekoms. Die 2de-span speel opwindende rugby wat spog met 4 oorwinnings in 4 wedstryde. Hou so aan met julle toegewyde oefening en passie tydens wedstryde. Die 1ste span het reeds in gesogte toernooie bewys dat hulle gereed is om die groot skole te verras tydens die ligawedstryde. Die St Benedict’s toernooi wat ‘n reuse sukses was,en die seuns het met hart en siel gespeel. Die 1ste Rugby-span het die voorreg gehad om aan dié gesogte “KES EASTER FESTIVAL” deel te neem vanaf 29 Maart – 2 April. Skole van reg oor die land het gekompeteer op die rugbyveld en hokkie-bane.

Ons eerste wedstryd was teen Hurlyvale Primary en Roodekrans het met ʼn telling van 19 - 0 gewen. Die 2de wedstryd van die dag was teen Rynfield Primary, ons seuns het besonderse mooi rugby gespeel en die wedstryd beklink met ʼn wentelling van 22-7, na ʼn lang maar heerlike eerste dag van die toernooi waarin hul beide hul wedstryde gewen het, het die Roodies gaan rus ter voorbereiding vir Saterdag 31 Maart se wedstryde.

Page 14: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Die eerste wedstryd vir die dag was teen Laerskool Jan Cilliers waar die seuns ons weereens trots gemaak het met ʼn wentelling van 24 - 5. Die tweede wedstryd vir die dag met die kompetisie wat al strawwer raak, het ons teen KEPS gespeel en ongelukkig naelskraap met 7 – 5 verloor. Maandag 2 April was die laaste dag van die gesogte toernooi waartydens die seuns weer twee wedstryde moes speel. Die eerste wedstryd vir die dag was teen Aston Manor Primary met ʼn wentelling van 7- 5 was dit was tyd vir Roodies se finale wedstryd van die toernooi, die manne wat al lekker moeg gespeel was, het vol selfvertroue uitgedraf vir die wedstryd teen Monument Primary. Ten spyte van moeë en seer lywe het die seun hul beste gelewer om die toernooi af te sluit met ʼn finale wentelling van 19 – 0.

Die Roodies is ongelooflik trots om te kan sê dat ons uitgetree het as die wenners van die toernooi!

Dit is verseker ʼn baie groot eer is vir ons skool aangesien daar skole van reg oor die land deelgeneem het. ʼn Spesiale woord van dank aan die ongelooflike span ouers wat bankvas agter die seuns gestaan het vir elke wedstryd. Dankie vir u hulp met die vervoer van die seuns tydens die toernooi. Baie dankie aan Mnr. Deon Rousseau en Mnr. Marius Swanepoel wat ons seuns soos altyd getrou kom ondersteun en aangemoedig het tydens die toernooi.

Foto’s https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1925061004172789.1073742335.173897065955867&type=1&l=9f535dbc09 Baie geluk aan die volgende 6 seuns wat verkies is tot die Gauteng-spanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe; dit is vir Laerskool Roodekrans ʼn besonderse prestasie om met 6 seuns te kan spog in die Gauteng-spanne.

0/12 Ruben Claassens (Red Squad), Ivhan J van Rensburg en Kian Snyman. 0/13 Tristan Mostert, Ruan Welman en Aiden Gerber. Foto’s

https://www.facebook.com/permalink.php?story_fbid=1936567246355498&id=173897065955867

Ons sien ongelooflik uit na ʼn kompeterende liga-seisoen wat voorlê, dankie aan elke speler wat getrou die oefening bywoon sodat ons Roodie-rugby kan kookwater wees die jaar, ons is verseker trots om Roodie-afrigters te wees.

Page 15: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

#Roodiesrugby

PERSONEEL-AANGELEENTHEDE

Verjaarsdae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in Maart verjaar het. Ons hoop u het ʼn geseënde dag saam met u gesin en familie gehad, mag daar ʼn geseënde jaar vir u voorlê. 10 Maart – Mnr. Anton van Wyk 18 Maart – Me. Ursula Botha 27 Maart – Me. Antoinette Rousseau 28 Maart – Me. Calinka Kotze Die volgende personeel verjaar in April. Baie geluk; ons wens u ʼn geseënde jaar toe, geniet die dag saam met u geliefdes. 4 April – Me. Mariska Visser 7 April – Me. Jana v Wyk en Mnr. Chris Coetzer 8 April – Me. Allemein Möller 15 April – Me. Mercia Geldenhuys en Me. Yolandé Botha 16 April – Me. Charmaine van Eyssen 17 April – Isaac Kefithile (Algemene assistent) 23 April – Me. Hildegarde Serfontein en Mnr. Abel Wolfaardt 28 April – Me. Suzanne Fourie

Personeel wat ons verlaat

Ons groet vir Juffrou Priscilla Zastron wat die afgelope paar jaar diep in die Roodie-personeel, ouers en leerders se harte gekruip het op alle terreine. Dankie vir jou toegewyde passie om die leerders te help met akademie, LO en sportafrigting. Ons wens dat u seën en geluk saam met klein Zion sal beleef by die huis. Sterkte met u laaste jaar van studies.

Personeel wat by ons aansluit

Baie welkom aan die volgende personeel wat aangesluit het by die Roodie-familie. Ons wens u baie geseënde en vervulde jare toe by die Roodies.

Me. Renette Wessels het by die Roodie-familie aangesluit in Februarie as ontvangdame in die plek van Me. Ronel Botha wat nou alle administrasie van die skool hanteer op SASAMS.

Die volgende onderwys-assistente het ook aangesluit by die Roodies. Sterkte met u studies, ons glo u sal die ondervinding wat u by die skool opdoen kan toepas tydens u studies.

Me. Retzke Ferreira by Gr. R Me. Jomandie Boshoff by Gr. 2

OUD-ROODIES

Die Roodie-personeel en ouers stel altyd belang in die matriekuitslae van die oud-Roodies.

Page 16: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Die leerders het by die Hoërskool Noordheuwel en Helpmekaar Kollege gematrikuleer.

AANTAL ONDERSKEIDINGS Aantal onderskeidings:

9 Aantal onderskeidings:

8 Aantal onderskeidings:

7 Michael Beukman (Asook nasionale top-presteerder in Admaths)

Ruben van Staden Larise Ferreira (Helpmekaar Kollage)

Llewellen Graham

Aantal onderskeidings: 6

Aantal onderskeidings: 5

Aantal onderskeidings: 4

Andrea Dubber Tameeka Heydenrich Biana van Zyl Telani Nell Franco Toua

Ger-Mari Kruger Marain le Roux Alicia Meyer

Anita Myburgh Anelle Tolmay Dylan Vosloo

Elke jaar is ons ongelooflik trots op die oud-roodies en 2017 was verseker ʼn jaar met besonderse uitslae. Ons hoop hierdie uitslae dien as ʼn inspirasie vir die huidige Roodies om altyd net jou beste te lewer. Onthou – Aanhouer wen!

BELANGRIKE DATUMS VIR 2018

Hiermee die voorlopige datums van April tot Desember soos ons dit reeds ontvang het vir die verskillende aktiwiteite.

Indien daar enige veranderings is, sal dit so gou as moontlik op die D6, die web sowel as op die “AWSUM-app” aangebring word.

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

APRIL Sondag, 1- Maandag 2

Rugby: 1ste-span "KES Easter festival".

King Edward Vll School

Maandag, 2 – Dinsdag, 3

Netbal: 0/13-Toer. "Zwartkloof Private Game Reserve" (Bela-Bela)

Maandag, 2 Publieke vakansiedag: Familiedag (Paasnaweek).

Maandag, 9 Netbal: Finale GSS-proewe vir 0/12 en 0/13.

8:00 Hoërskool EG Jansen

Dinsdag, 10 Algemeen: Skool open vir die tweede kwartaal van 2018.

Woensdag, 11 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Ouermiddag. 13:00 - 14:30

Registerpersoneel se klasse

Woensdag, 11 Intersen: Gr. 4 - Gr. 7 (Public 13:30 Personeelkamer

Page 17: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

speaking)

Woensdag, 11 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Oueraand. 17:00 - 19:30

Registerpersoneel se klasse

Woensdag, 11 Intersen: Gr. 4 - Gr. 6 Oueraand.

17:00 - 19:30

Registerpersoneel se klasse

Woensdag, 11 Intersen: Gr. 7-oueraand. 18:00 - 19:30

Skoolsaal

Donderdag, 12 Roodie Rakkers: Gr. R-Individuele fotodag.

Donderdag, 12 GSF: Gr. 4 - Gr. 7 (Public speaking)

13:00 Personeelkamer

Maandag, 16 Audiblox- en RO-klasse: Begin vir die kwartaal.

13:00

Maandag, 16 Intersen: Gr. 7 Hoërskool Bastionbemarking.

Roodekrans

Maandag, 16 Roodiedag: Roodie-Reis, 2de klasverteenwoordigers-vergadering.

18:00 Skoolsaal

Dinsdag, 17 Rugby: Ligawedstryd vs. L/s Florida.

14:00 Roodekrans

Woensdag, 18 GSF: Mini-netbal en Welpie-rugby wedstryde.

15:30 Laerskool Helderkruin.

Woensdag, 18 GSF: Spelfees Ouerinligtingsaand.

18:00 Personeelkamer

Donderdag, 19 Intersen: Assessering - Gr. 4 - 7 - Afrikaans.

Donderdag, 19 Netbal: Ligawedstryde vs. L/s Kenmare.

Verskuif na 22 Mei

Vrydag, 20 Netbal: Mini-netbal vs L/s Muldersdrif.

Roodekrans

Vrydag, 20 Rugby: Welpie-rugby vs L/s Muldersdrif.

Roodekrans

Saterdag, 21 GSF: Gr. RR - Gr. 1: Opedag vir 2019.

08:30 - 11:00

Skoolsaal

Saterdag, 21 Netbal: 0/10 - 0/13 A, B-spanne "Maragon Festival".

8:00 Maragon Ruimsig

Maandag, 23 Intersen: ATKV-Spelaton (Streeksuitdunne) Gr. 6 en Gr. 7.

8:00 Leeuwenhof Akademie

Dinsdag, 24 Intersen: Gr. 4 NW-Olimpiade Distriksuitdunne.

11:30 Distrikskantoor Florida

Dinsdag, 24 Rugby: Ligawedstryd vs L/s Randhart.

14:00 Roodekrans

Dinsdag, 24 Netbal: Ligawedstryde vs. L/s Helderkruin.

14:00 Weg

Page 18: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Donderdag, 26 Intersen: Assessering - Gr. 4 - 7 - Engels.

Vrydag, 27 Publieke vakansiedag: Vryheidsdag.

Maandag, 30 Algemeen: Skoolvakansiedag.

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

MEI

Dinsdag, 1 Publieke vakansiedag: Werkersdag.

Woensdag, 2 GSF: Sanlam WOW-Spelfees - Gr. 3 uitdunne.

14:00 Personeelkamer

Woensdag, 2 Intersen: Gr. 4 – Gr. 7 WOW-Spelfees (eerste uitdunrondte).

In skooltyd.

Lapa

Woensdag, 2 Roodiedag: Roodie-Reis, finale klasverteenwoordigers-vergadering.

18:00 Skoolsaal

Donderdag, 3 Intersen: Assessering - Gr. 4 - 7 - Wiskunde.

Donderdag, 3 Netbal: Ligawedstryde vs. L/s Fairland.

14:00 L/s Fairland

Donderdag, 3 Rugby: Ligawedstryde vs. L/s President Steyn

14:00 Roodekrans

Donderdag, 3 Netbal: Mini-netbaltoernooi 14:00 Roodekrans

Vrydag, 4 RO: Combo 8-opleiding vir Gr. 1.

13:30

Vrydag, 4 Algemeen: Jaarlikse fondsinsameling - Roodie-Reis buitelugfliek-aand.

18:00

Saterdag, 5 Algemeen: Jaarlikse fondsinsameling - Roodie-Reisdag.

08:00 - 13:00

Saterdag, 5 Skaak: D12-individuele uitspele.

8:00 Maragon Ruimsig

Sondag, 6 Algemeen: Jaarlikse fondsinsameling - Dankseggingsdiens.

8:00

Dinsdag, 8 Intersen: Gr. 6 – Gr. 7 ATKV-Spelathon Gauteng-finaal.

Sal bevestig word

Dinsdag, 8 Rugby: Ligawedstryde vs. L/s Orion

14:00 Roodekrans

Woensdag, 9 GSF: Sanlam WOW-Spelfees - Gr. 2 uitdunne.

14:00 Personeelkamer

Page 19: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Donderdag, 10 Intersen: Assessering - Gr. 4 - 6 - NW en Teg.

Donderdag, 10 Intersen: Assessering - Gr. 7 - NW.

Donderdag, 10 Netbal: Ligawedstryde vs. Trinity House Randpark.

14:00 Roodekrans

Vrydag, 11 Roodie-land: Gr. RR Oupa- en Oumadag.

10:00 Skoolsaal

Vrydag, 11 Netbal: Mini-netbaltoernooi vir slegs 0/6-spanne.

14:00 Roodekrans

Vrydag, 11 Rugby: Welpie-rugbytoernooi vir slegs 0/6-spanne

14:00 Roodekrans

Dinsdag, 15 Rugby: Ligawedstryde vs. L/s Fairland

14:00 Roodekrans

Woensdag, 16 GSF: Sanlam WOW-Spelfees - Gr. 1 uitdunne.

14:00 Personeelkamer

Woensdag, 16 GSF: Sonja Herold en Tjokker- vertoning

Donderdag, 17 Intersen: Assessering - Gr. 4 - 7 - SW.

Donderdag, 17 Netbal: Ligawedstryde vs. L/s Bryanston Parallel.

14:00 Roodekrans

Donderdag, 17 Netbal: Mini-netbalwedstryde vs. Weltevredenpark Primary

14:00 Weltevredenpark Primary

Donderdag, 17 Koor: Seniorkoor - Hoërskool Monument Koorfees.

18:00 H/s Monument

Saterdag, 19 Netbal: Mini-netbaltoernooi vs. L/s Rapportryer.

8:00 L/s Rapportryer

Saterdag, 19 Rugby: Welpie-rugbytoernooi vs. L/s Rapportryer.

8:00 L/s Rapportryer

Maandag, 21 Algemeen: 1ste Boelie-dag vir 2018.

Dinsdag, 22 Intersen: Assessering - Gr. 4 - 7 - LV (PSW).

Dinsdag, 22 Intersen: WOW-Spelfees-uitdunne vir Gr. 4 tot Gr. 7.

In skooltyd.

Dinsdag, 22 Netbal: Ligawedstryde vs. L/s Kenmare.

14:00 Tuis

Dinsdag, 22 Rugby: Ligawedstryde vs. L/s Kenmare.

14:00 Tuis

Woensdag, 23 - Vrydag, 25

Redenaars: Redenaars (Public Speaking) Interskole.

8:00 H/s Linden

Donderdag, 24 Intersen: Assessering - Gr. 7 -

Page 20: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

EBW.

Donderdag, 24 GSF: Mini-netbalwedstryde. 14:00 Roodekrans

Saterdag, 26 GSF: Mini-netbaltoernooi. 8:00 L/s Krugersdorp-Noord

Saterdag, 26 GSF: Welpie-rugbytoernooi. 8:00 L/s Krugersdorp-Noord

Maandag, 28 GSF: Mini-netbalafsluitingspiekniek.

13:00 Roodekrans

Dinsdag, 29 Rugby: Ligawedstryde vs. L/s Helderkruin.

14:00 L/s Helderkruin

Donderdag, 31 Intersen: Assessering - Gr. 7 - Teg.

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

JUNIE

Vrydag, 1 Roodie Rakkers: Gr. R-Ouma- en Oupatee.

8:30 Roodekrans

Vrydag, 1 – Saterdag, 2

Netbal: Streeksuitspele 14:00 Sal bevestig word.

Vrydag, 8 – Saterdag. 9

Netbal: Gauteng-kampioenskappe.

8:00 Sal bevestig word.

Vrydag, 8

GSF en Intersen: Redenaars – ATKV-Redenaarskompetisie tweede rondte semi-finaal (Gauteng-Wes)

14:00 Hoërskool Linden

Donderdag, 16 SBST: Audiblox- en RO-klasse: Staak vir die kwartaal.

13:00

Maandag, 18 GSF en Intersen: Produksie 2000 Vertoning - Gr. 1 - Gr. 4

Donderdag, 21 Algemeen: Fotodag: Sport- en kultuuraktiwiteite.

Donderdag, 21 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Ouermiddag. 13:00 - 14:30

Registerpersoneel se klasse

Donderdag, 21 GSF: Gr. 1 - Gr. 3 Oueraand. 17:00 - 19:30

Registerpersoneel se klasse

Donderdag, 21 Intersen: Gr. 4 - Gr. 7 Oueraand.

17:00 - 19:30

Registerpersoneel se klasse

Vrydag, 22 Algemeen: Skool sluit vir einde van tweede kwartaal van 2018.

10:00

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

JULIE Maandag, 16 - Vrydag, 20

Intersen: Gr. 5-Opvoedkundige toer.

05:30 Blyde Rivier Canyon Outdoor Centre

Maandag, 16 - Intersen: Gr. 7-Opvoedkundige 05:30 ATKV-Natalia

Page 21: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Vrydag, 20 toer.

Dinsdag, 17 Algemeen - Skool open vir derde kwartaal van 2018.

Woensdag, 18 - Vrydag, 20

Intersen: Gr. 4-Opvoedkundige toer

07:00 Ukutula Leeuplaas

Woensdag, 18 - Vrydag, 10 Augustus

Kunswedstryd: RAK kunswedstryde

Sal bevestig word.

Maandag, 23 SBST: Audiblox- en RO-klasse: Begin vir die kwartaal.

13:00

Dinsdag, 24 Algemeen: Fotodag Sport- en kultuuraktiwiteite.

Dinsdag, 24 Koor: Junior- en Seniorkoor Foyer Kooroptrede.

18:00 NG Kerk Suiderlig

Saterdag, 28 Skaak: Spankompetisie 8:00 Maragon Ruimsig

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

AUGUSTUS Maandag, 6 - Vrydag, 10

Redenaars: Op-die-Tong-Af-Redenaars.

Sal bevestig word

Donderdag, 9 Publieke-vakansiedag: Vrouedag.

Woensdag, 15 Mini-krieket: Wedstryde. 14:00 Sal bevestig word

Donderdag, 16 GSF en Intersen: Redenaars – ATKV-Redenaarskompetisie nasionale finaal.

8:00 ATKV-Buffelspoort

Woensdag, 22 Mini-krieket: Wedstryde. 14:00 Sal bevestig word

Woensdag, 22 GSF: WOW-Spelfees - Gr. 1 - Gr. 3 finale 10 leerders per graad.

14:00 Personeelkamer

Saterdag, 25 Mini-krieket: "KFC Mini-Cricket Festival"

8:00 Maragon Ruimsig

Saterdag, 25 Skaak: D12-individuele- en spanuitspele.

8:00 Allen Glen Highschool

Woensdag, 29 Mini-krieket: Wedstryde. 14:00 Sal bevestig word

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

SEPTEMBER Woensdag, 05 Mini-krieket: Wedstryde. 14:00 Sal bevestig word

Vrydag, 7 Loslitdag saam met entrepreneurs markdag vir Gr. 3 - Gr. 7.

10:00 - 12:00

Woensdag, 12 Mini-krieket: Wedstryde. 14:00 Sal bevestig word

Woensdag, 12 Roodie Rakkers: Gr. R-diploma-fotodag.

Page 22: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Donderdag, 13 Mini-krieket: Afsluitingspiekniek. 13:00 - 14:00

Vrydag, 14 GSF + Intersen: Sanlam WOW-Spelfees - Gr. 1 tot Gr. 7 Provinsiale uitdunne.

14:00 L/s Helderkruin

Donderdag, 20 SBST: Audiblox- en RO-klasse: Staak vir die kwartaal.

13:00

Saterdag, 22 Cuppa for CANSA

Maandag, 24 Publieke vakansiedag: Erfenisdag.

Donderdag, 27 GSF: Gr. RR - Gr. 3 Ouermiddag. 13:00 - 14:30

Registerpersoneel se klasse.

Donderdag, 27 GSF: Gr. RR - Gr. 3 Oueraand. 17:00 - 19:30

Registerpersoneel se klasse.

Donderdag, 27 Intersen: Gr. 4 - Gr. 7 Oueraand.

17:00 - 19:30

Registerpersoneel se klasse.

Donderdag, 27 Intersen: Gr. 7 Oueraand. 18:00 - 19:30

Skoolsaal

Vrydag, 28 Algemeen: Skool sluit vir einde van derde kwartaal van 2018.

10:00

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

OKTOBER Maandag, 8 - Vrydag, 12

Intersen: Gr. 6-Opvoedkundige toer.

6:00 ATKV-Drakensville (Harrismith)

Dinsdag, 9 Algemeen: Skool open vir vierde kwartaal van 2018.

Donderdag, 11 Algemeen: Fotodag Sport- en kultuur-aktiwiteite.

Maandag, 15 Algemeen: 2de Boeliedag vir 2018.

Maandag, 15 Audiblox- en RO-klasse: Begin vir die kwartaal.

13:00

Maandag, 15 –Vrydag, 26

GSF en Intersen: Revue Gr. 1 tot Gr. 4.

Saterdag, 20 GSF + Intersen: Sanlam WOW-Spelfees - Gr. 1 tot Gr. 7 nasionale finaal.

8:00 Universiteit van Stellenbosch

Vrydag, 26 – Sondag, 28

Pa- en Seunnaweek 2018. Klein Paradys - Brits

Dinsdag, 30 SBST: Audiblox- en RO-klasse: Staak vir die jaar.

13:00

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

Page 23: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

NOVEMBER

Vrydag, 9 – Saterdag, 10

Netbal: Mini-netbal Ma- en Suskamp.

"Zwartkloof Private Game Reserve" (Bela-Bela)

Vrydag, 9 GSF: Roodie-land - Kleedrepetisie vir konsert.

10:00 Skoolsaal

Saterdag, 10 Roodie-land: Konsert.

Woensdag, 14 GSF: Ds. Johan Smit kom praat met Gr. 3-ouers rakende die oorgang van Gr. 3 na Gr. 4.

18:00 Skoolsaal

DATUM AKTIWITEIT TYD PLEK

DESEMBER

Woensdag, 12 Algemeen: Skool sluit vir leerders vir einde van vierde kwartaal van 2018.

07:45 - 09:00

Registerpersoneel se klasse

ROODIES ONTHOU ONS WAARDES!

Roodekrans PA & Seun naweek 26-28 Oktober 2018 Waarmee kamp ons? Met ʼn tent, kampwa of woonwa, 4 chalets is ook beskikbaar. Chalets almal bespreek. Kamppeerplek: Waar: Klein Paradys (± 17km Nood vanaf Brits) (www.kleinparadys.com / Gps: S25°30.474' E27°44.023') Wanneer: Vrydag 26 Oktober 2018 tot Sondag 28 Oktober 2018. Hekke maak oop Vrydag vanaf 08:00 en sluit Sondag 16:00. Oornag geriewe: 80 Geplaveide kampeer staanplekke. 3 x 4 bed Chalets en 1 x 2 bed Chalet. (alle Chalets klaar bespreek) Wat is daar om te doen: Visvang Kanovaarte (Eie reddingsbaadjies) Swem Fietsry Tennis (Eie rakette en balle) Putt-Putt Opelug Skaak Snoepie Glybane Kostes: Staanplekke – R840,00 vir die naweek. 2 Bed chalet – R1 360,00 vir die naweek. 4 Bed chalet – R2 740,00 vir die naweek. 4 Bed chalet by dam – R2 940,00 vir die naweek. R100,00 per addisionele voertuig per nag en R150,00 per addisionele persoon per nag (sien uiteensetting onder). Bespreking en betaling: Epos besprekingsvorm na: [email protected] en [email protected] Epos bewys van betaling na: [email protected] , [email protected] en [email protected] Rekeningnaam: Laerskool Roodekrans

Page 24: ROODEKRANS · GEDAGTE VIR DIE MAAND Daar is geen waarborg dat die lewe net altyd mooi en perfek sal wees nie, maar daar sal altyd iets moois wees om raak te sien te midde van die

Bank: ABSA Rekeningnommer: 1001821365 Takkode: 632005 Verwysing: P&S18 asook naam en van Terugbetalings op kansellasies 6 weke voor die tyd, sal slegs gedoen word indien die staanplek oorgeneem word. LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE WANNEER DIE BESPREKING GEMAAK WORD:

• Alle staanplek pryse sluit 4 persone en 1 voertuig in. Vanaf twee jaar betaal volprys. Getalle word streng deur die oord gemonitor, dus sal slegs die bespreekte aantal persone toegelaat word tot die oord.

• ʼn Maksimum van 6 persone per staanplek word toegelaat.

• Bespreking per staanplek moet vir ʼn volle naweek wees en kan nie net vir een aand bespreek word nie.

• Geen troeteldiere word toegelaat nie.

• Chalets: Bring eie handdoeke, vadoeke, seep, ens. Die 2-bed chalet maak gebruik van die ablusiegeriewe in die

oord.

• Indien u as groep wil saam staan, dui asseblief so aan.

• Indien u ʼn spesifieke staanplek wil bespreek, kontak Glenn (082 377 6358) om staanplek te bevestig.