roodepark school€¦ · web viewhaai - bestaan uit ____ lettergreep. see-skil-pad - bestaan uit...
TRANSCRIPT
Roodeparkskool – COVID-19 Werkkaarte - DCAPSAfrikaans HT: W4 Termyn 2: Pre- Prep
Welkom by COVID – 19 Tuis Onderrig Hoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD te werk??
Liewe Leerders die werkkaart dek die volgende leerinhoud.
1. Lees die storie.2. Begripstoets.3. Soeklees vaardighede.4. Betekenis van woorde5. Spelling.6. Begin en Eindklanke van name.7. Pas die woorde by die prentjie8. Lettergrepe.
INSTRUKSIES:
Voltooi al die aktiwiteite op ‘n aparte vel papier of in jou huiswerk boek. Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke vel papier. Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi. Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen. STERKTE en geniet dit!!!
Groete
Mev. M Jones
1
Lees is oefening vir jou brein …….Soos gym oefening is vir jou spiere!
lees …. lees….lees ! Dit is makliker om te lees as jy met jou vinger elke woord volg. Jy kan ook ‘n liniaal gebruik of ‘n stuk papier om onder elke sin te plaas, sodat jou oë
die reëltjies mooi kan volg. Lees die storie hardop vir jouself. As jy nie met die eerste probeerslag ‘n woord kan lees nie, slaan dit oor en gaan na
die volgende woorde tot aan die einde. Begin weer bo en lees nou elke woord versigtig. Kyk na die letter en klank dit. Sit nou al die klanke van die letters bymekaar en
probeer die woord uitspreek. Lees elke reëltjie totdat jy dit vlot kan lees Maak seker jy verstaan waaroor die storie gaan. Vra iemand by die huis wat kan lees om jou te help.
Dubbelklanke
aa, ee, oo, uu
2
Aktiwiteit 1 Lees die storie“ Wat makeer Leen? Jy lyk bleek.
Is jy dan siek?” vra Ma.
“Ja,” sê Leen.” My keel is seer.”
“ Kom ons meet jou koors,”sê Ma.
Ma vat die koorspen.
“Maak oop jou mond Leen,” sê Ma.
Sy sit die koorspen in Leen se mond.
Sy los dit vir ‘n rukkie in Leen
se mond. Ma kyk na die koorspen.
“Jou koors is hoog,”sê Ma.
“ Neem hierdie pil en klim in die bed.
Jy sal vining weer reg wees,” sê Ma.
“Dankie Ma,” sê Leen.
“Ek gaan in my bed klim.
Ek is vaak en wil gaan slaap.”
3
Aktiwiteit 2 BegripstoetsBeantwoord die vrae in volsinne.
1. Wie is siek?____________________________________________________________________
2. Wat is fout met haar?____________________________________________________________________
3. Wie kyk na haar ?
____________________________________________________________________
4. Waarmee neem ma haar koors?
____________________________________________________________________
5. Hoe neem ma haar koors?
____________________________________________________________________
6. Wat gee ma vir Leen om te drink?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
7. Hoekom wil Leen in die bed klim?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
8. Wat dink jy makeer Leen?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
9. Noem twee dinge wat jy kan doen om nie by Leen aan te steek nie.
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
10.Dink jy Leen sal weer gesond word?
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
4
Aktiwiteit 3 Soeklees vaardighede
Skryf in jou huiswerkboek of op ‘n vel papier. Soek al die “ee” woorde uit die leesstuk, en skryf dit in die blokkies neer.
Soek al die “oo” woorde.
Soek al die “aa” woorde
Aktiwiteit 4 Die betekenis van woorde. Maak ‘n sin met die volgende woorde, sodat die betekenins daarvan duidelik is.
Bleek :
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
Keel:
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
5
Aktiwiteit 5 SPELLINGLees die woorde en skryf dit in die blokkies langsaan
Ken die spelling goed
makeerLeenbleekneemkeelseermeetweerweesmaakgaanvaakslaapkoorskoorspenhoogsiekhierdievinnigklimrukkiedankiemondpilreg
Sigwoorde (Die woorde moet jy in een sekond kan lees)wat ditjy virlyk ‘nis kykdan navra enma ekja mysê wilkom sitons losjou bedvatdieoopsysitsein
6
Aktiwiteit 6 Klanke aan die begin en einde van ’n woord
Skryf die name van ten minste 10 familielede neer in die blokkie.
Skryf in die blokkie langsaan met watter klank begin die naam en met watter
klank eindig die naam.
Naam Beginklank EindklankBv. Patricia p a
Hoeveel van jou klasmaats se name kan jy nog onthou?
Skryf die naam en dan die begin en die eindklank van hulle name neer.
Naam beginklank Eindklank
7
Aktiwiteit 7.1 Pas die woord by die prentjieSoek die regte naam in die woordbank. Skryf dit onder die varswaterdier.
waterskerpioenslakpaddamuskieteendwaterskilpad
__________ __________ ____________
__________ __________ _____________
Aktiwiteit 7.2 Pas die woord by die prentjie
Soek die regte naam in die woordbank. Skryf dit onder die soutwaterdier.
haaikreefseekatwalvisdolfynseeperdjie
8
___________ __________ ___________
___________ ________ ____________
Aktiwiteit 8 LettergrepeKan jy nog onthou hoe ons die dele van woorde uit mekaar kan trek.
Kom ons klap die verskillende dele van die woord sodat ons dit beter kan hoor.
Skryf in die spasie hoeveel lettergrepe hoor jy wanneer jy die woorddele klap.
Kro-ko-dil - bestaan uit _3_ lettergrepe.
Wal-vis - bestaan uit ____ lettergrepe.
Haai - bestaan uit ____ lettergreep.
See-skil-pad - bestaan uit ____ lettergrepe.
Pad-da - bestaan uit ____ lettergrepe.
Mu-skiet - bestaan uit ____ lettergrepe.
Dink nou aan 10 van jou eie woorde.
Skryf dit onder mekaar neer.
Deel jou woorde op in lettergrepe deur dit te klap.
9
Skryf jou woorde in lettergrepe langsaan neer.
10