rs ns - ngsuidkus.co.za · in sy hand. immanuel- god is met ons in ons drama. en dit verdring en...

4
Die Kerkraad wens u ‘n Geseënde Kerstyd en ‘n Voorspoedig 2016 toe! Oggenddiens 9:00 --- Ds Henry Eagleton Mooihawens 9:00 --- Ds Frans Klopper Aanddiens 18:00 --- KERSSANGDIENS Engelse Diens 8:00 --- Ds Gerald Winkel

Upload: others

Post on 19-Oct-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: RS NS - ngsuidkus.co.za · in sy hand. Immanuel- God is met ons in ons drama. En dit verdring en oorskadu alles! Dit maak dat ons met moed ons kruise kan opneem, onsself en ons situasies

Die Kerkraad wens u ‘n Geseënde

Kerstyd en ‘n Voorspoedig 2016 toe!

Og

gen

dd

iens 9:0

0 --- D

s Hen

ry Eagleto

n

Mo

oih

awen

s 9:0

0 --- D

s Frans K

lop

per

Aan

dd

iens 1

8:00

--- KER

SSAN

GD

IENS

Eng

else Dien

s 8:0

0 --- D

s Gerald

Win

kel

Page 2: RS NS - ngsuidkus.co.za · in sy hand. Immanuel- God is met ons in ons drama. En dit verdring en oorskadu alles! Dit maak dat ons met moed ons kruise kan opneem, onsself en ons situasies

PREEKPROGRAM

DATUM ENGELS SUIDKUS Mooihawens AAND

2015/12/06 Ds Frans Klopper

Ds Frans Klopper Peet van Zyl Geen

2015/12/13 Gerald Winkel

Ds Frikkie Neser

Christo van Eeden Geen

2015/12/20 Arnold Smit Arnold Smit

Ds Frans Klopper Geen

2015/01/25 Gerald Winkel

Ds Frans Klopper

Ds Mauritius Pienaar Geen

2015/12/27 Gerald Winkel

Ds Mauritius Pienaar Doop

Ds Frans Klopper Geen

Baie geluk

Ons dink aan al ons vriende wat in die volgende maand verjaar

en bid die Heer se seën oor julle. Mag jou beker van vrede en

vreugde van Jesus in hierdie nuwe jaar oorloop!

Noodspens

Baie dankie vir al die kos wat ons die afgelope

tyd ontvang het. Dit stel ons in staat om baie

gesinne te help.

Daar bly egter ‘n konstante behoefte vir nie-

bederfbare kos en alle bydraes word waardeer

Kontakbesonderhede

Kantoor: Marietjie du Preez Telefoonnommers: 031 903 6567/903 8248 Faksnommer: 086 667 2387 E-Pos: [email protected] Webadres: www.ngsuidkus.co.za Kantoorure: Maan – Vry 8:00 – 14:00 Adres: Posbus 583, Amanzimtoti, 4125 Erediensleiers: Ds Mauritius Pienaar - 031 903 4321/082 468 8780 [email protected] Ds Frans Klopper - 031 916 4055/083 445 3470 [email protected] Ds Chris de Vries - 031 903 4754/084 258 4556 [email protected] Engelse Dienste: Gerald Winkel - 031 903 4106/076 508 2627 [email protected] Karavaanparke: Martin Prinsloo - 031 903 4593/083 650 5315 [email protected] Vrouediens: Zurika Pienaar - 031 903 4321/073 244 6771 Voorsitter van Kerkraad: Peet van Zyl - 031 903 8466/083 305 0884 [email protected]

Bankbesonderhede: NG GEMEENTE SUIDKUS

ABSA Bank Galleria: Tjekrekening 3300 144 054 Takkode 63 20 05

Suidkus se Dapper Stappers!

Parkeer jou motor in die kerk se parkeerterrein en kom stap saam.

Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 7:30 tot 8:30

Page 3: RS NS - ngsuidkus.co.za · in sy hand. Immanuel- God is met ons in ons drama. En dit verdring en oorskadu alles! Dit maak dat ons met moed ons kruise kan opneem, onsself en ons situasies

inf

Ons bid vir Gemeentelede

Ds Johan Deetlefs Grobbie en Lisa Grobbelaar (031 903 4518)

Poenie Liebenberg (084 515 8297)

Tertia de Wet (031 903 6910)

Willie Rossouw

ONDERLINGE VERSORGING BEDIENING

Welkom aan alle lidmate wie se lidmaatskapbewyse

ontvang is

Besoekers en nuwe lidmate skryf asb u name in die boek in die voorportaal

Ps 125 Bly hoop…die ruines sal herbou word! Wat ‘n ongelooflike ervaring om te sien hoe ds Mauritius se pastorie in enkele minute afbrand! Wat ‘n geweldige skok en trauma vir hom en Zurika en Suzaan, wat dit sien gebeur het! In Ps 125 het die stad Jerusalem geval en is deur Babilon plat geslaan, net ruines bly oor. Daar is totale ontnugtering. Die Godstad het ‘n puinhoop geword. Ps. 125 gee hoop . Die Ps digter kyk verby die ruïnes van Jerusalem – Hy kyk verby dit alles en sien nie die stad nie, maar hy sien die berg waarop die stad gestaan het – die berg wat self nie vernietig kan word nie. Die berg wat vasstaan. Dan kyk hy verby die berg tot by die Here wat daardie berg gemaak en gevestig het. Hy sal op sy tyd ingryp, en uit hierdie puinhoop sal daar weer lewe spruit. Die volgende oggend staan ek saam met Mauritius en sy dogter tussen die ruines waar hulle slaapkamer eens was. Niks het in daardie stukkie puin oorgebly nie. Nie ‘n enkele kledingstuk, net die klere aan hulle lyf. Ons vorm ‘n kringetjie, ek doen ‘n gebed terwyl die trane uit ons oe loop, maar dit is ‘n gebed van hoop. “Here, soos U die ruines van Jerusalem herbou het en soos U die doodsbeendere in Esegiel weer lewend gemaak en nuwe lewe gegee het deur U Gees, so vertrou ons U om weer nuwe lewe oor hierdie ruines te bring. Veral in die lewe van hierdie getroue dienskneg van U wat al vir soveel jare sy lewe in die bediening in Suidkus en U koninkryk gee.” Gemeente, baie dankie vir al U liefde en omgee en diepe besorgdheid. Ons sal die gemeente op hoogte hou wanneer en hoe ons die Pienaars kan bystaan.

Baie dankie aan al die eredienshelpers

en teeskinkgroepe vir julle diens

die afgelope jaar.

Page 4: RS NS - ngsuidkus.co.za · in sy hand. Immanuel- God is met ons in ons drama. En dit verdring en oorskadu alles! Dit maak dat ons met moed ons kruise kan opneem, onsself en ons situasies

Kersfees is elke jaar vir my opnuut ‘n hoogtepunt- Dis tog asof ons die Christuskind se nabyheid nóg nader ervaar in hierdie tyd… As elkeen van ons omring is met mense wat ons voor lief is, maak dit seker sin dat ons die God van liefde meer tasbaar ervaar. Saam met kersfees kom daar ook altyd ‘n klein stukkie drama, en dis dalk om ons net weer daaraan te herinner dat ons eg menslik is. Dalk is dit die poeding wat flop, of die kinders wat ‘n ruit uitskop. Miskien lê dit op nog ‘n dieper vlak, so by so dat dit jou kersfees tot ‘n mate bederf en steel. Ons weet mos dat elke huis sy kruis het, en dis asof hierdie kruise nog swaarder op ons kom druk in die tyd waarin ons wens dat ons almal perfekte gesinne gehad het. Maar, dit is nie die realiteit nie. Die lewe ontnugter ons almal van tyd tot tyd- Dalk is die jou eerste kersfees sonder jou pa of ma. Of ‘n kleinkind… Hierdie letsels lê so diep, en tog so vlak, dat net een kerslied dit oopkrap, en dan vloei ons trane. Moenie in hierdie kersfeestyd dink dat jy moet, en kan weghol van jou kruise nie… Want dis in die ontkenning en vermyding van ons kruise waarin ons vals moet voorgee, en waarin Kersfees maar net ‘n opgeblase maand vol niks is nie. NEE. Dra jou kruis. Besef wat dit is. Face dit. Jesus se geboorte was net so vol drama- Hy is deur ‘n ongetroude vrou in die wêreld gebring. Tussen stink diere. In ‘n krip vol ou strooi, wat tien teen een nie vars was nie. Sonder die nodige mediese sorg. Geboortes is morsig. Die eerste, oorspronklike kersfees was nie romanties en perfek nie. Dit was morsig. En dit was eg. Saam met die morsigheid en kruise, kom ook die ongelooflike gawe van lewe, en genade. Die egtheid en lewe waardeur ons regtig kan lewe. Daar, in die vuil stal, aan die agterkant van ‘n herberg, deur ‘n eintlik sosiaal verwerpte vrou, neem Immanuel sy eerste asem. En so word die morsige, sleg, hartseer, onnodige kruise wat ons dra, getroef deur die Jesus kind. Ons verlosser… Ek dink, deur al die ‘guts & glory’ van my lewe, DIS hoekom kersfees elke jaar vir my opnuut ‘n hoogtepunt is. Want ek word intens daarvan bewus dat Christus se koms ALLES troef wat in ons lewens kan en kon gebeur het. Hy is konstant. Hy is verewig. Hy het die werklikheid in sy hand. Immanuel- God is met ons in ons drama. En dit verdring en oorskadu alles! Dit maak dat ons met moed ons kruise kan opneem, onsself en ons situasies in die gesig staar, en glimlag. Met ‘n egte opregte glimlag en liefde. Want Jesus is gebore, en dit gee ons HOOP! Dit maak Kersfees mooi in elke omstandigheid… Mag jou kersfees vanjaar een wees waar die genade en liefde en teenwoordigheid van God jou dramas en hartseer omhels. En mag jy in die midde van die omhelsing die lied hoor- O die goeie tyding! O die blye tyding! Kom met krag in die kersfeestyd! Hy die hemel koning, maak by mense woning! Hy gebore in die volheid

van die tyd!

Aan die einde van nog ‘n jaar kan Suidkusgemeente maar net saam met die volk Israel

sȇ: Die Here is goed vir Sy volk. Loof die Here, Israel, prys jou God, Sion !

Suidkusgemeente is net soos die volk Israel deur die Here geroep om Sy gemeente

hier te wees. En soos ons hulle geskiedenis lees, die goeie tye en ook die tye van

donkerte, tye van gehoorsaamheid en tye van ongehoorsaamheid, sien ons maar net

hierdie een uitstaande werklikheid: God is by hulle teenwoordig. Hy het hulle hulle by

die naam geroep, hulle is Syne. Maar ons lees nie net van die volk nie maar ook oor

die lewe van individuele gelowiges – Josef, Dawid, Maria en Josef, Petrus en Paulus en

sovele meer. En ons lees ook van hulle wedervaringe, hulle lewens maar net soos die

wat ons elke dag ervaar.

En ons sien God is met hulle.

Mag ons hierdie Kerstyd juig oor die Here wat vir ons deur Jesus Christus mens geword

het en by ons kom woon het, Wat ook Sy Gees in ons kom uitstort het om ons te

verseker het, Ek is met julle en in julle, oppad.

Paulus maak dan hierdie gevolgtrekking in Rom 8:31 – 39: God is vir ons, wie kan dan

teen ons wees.

Mag ons geborge, met geloof, hoop, liefde en met vrede in ons harte, hierdie seisoen

ingaan.

Suidkusgemeente, liewe lidmaat, laat ons doen wat in Ps. 147: 7 geskryf staan: Sing

vir die Here ‘n danklied, sing tot tot eer van ons God.